GRAAD 12 REKENINGKUNDE JUNIE EKSAMEN 2008

Vergelijkbare documenten
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS PROVINSIALE EKSAMEN NOVEMBER 2016 GRAAD

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT REKENINGKUNDE GRAAD 12 NOVEMBER 2014 SPESIALE ANTWOORDEBOEK

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT REKENINGKUNDE GRAAD 12 FEBRUARIE/MAART 2011 SPESIALE ANTWOORDEBOEK

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT REKENINGKUNDE GRAAD 12 NOVEMBER 2012 SPESIALE ANTWOORDEBOEK

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 REKENINGKUNDE ANTWOORDEBOEK VOORBEREIDENDE EKSAMEN 2008

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT REKENINGKUNDE GRAAD 12 NOVEMBER 2011 SPESIALE ANTWOORDEBOEK

REKENINGKUNDE: VRAESTEL I

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT REKENINGKUNDE GRAAD 12 NOVEMBER 2015 SPESIALE ANTWOORDEBOEK

GRAAD 12 SEPTEMBER 2015 REKENINGKUNDE ANTWOORDEBOEK

Jy word voorsien van inligting uit die rekords van Dunne Beperk. Die finansiële jaareinde is op 28 Februarie 2018.

REKENINGKUNDE Gr 12 SEPTEMBER 2015 SPESIALE ANTWOORDBOEK

REKENINGKUNDE - GRAAD 12 JUNIE EKSAMEN

GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS PROVINSIALE EKSAMEN GRAAD 11 REKENINGKUNDE ANTWOORDBOEK

GRAAD 12 REKENINGKUNDE MODEL 2008 NAAM VAN LEERDER: ANTWOORDEBOEK

GRAAD 11 NOVEMBER 2012 REKENINGKUNDE ANTWOORDEBOEK

GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS PROVINSIALE EKSAMEN NOVEMBER 2016 GRAAD: 11 REKENINGKUNDE ANTWOORDBOEK

GRAAD 12 LEERDER ONDERSTEUNINGSPROGRAM

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT REKENINGKUNDE GRAAD 12 FEBRUARIE/MAART 2015 SPESIALE ANTWOORDEBOEK

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT REKENINGKUNDE GRAAD 12 FEBRUARIE/MAART 2010 SPESIALE ANTWOORDEBOEK

GRAAD 10 REKENINGKUNDE MODELVRAESTEL ANTWOORDEBOEK. Hierdie antwoordeboek bestaan uit 18 bladsye.

2. Voorlopige kolomtotale van die Kontantjoernale op 30 September 2018:

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS PROVINSIALE EKSAMEN GRAAD 10 REKENINGKUNDE

GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS PROVINSIALE EKSAMEN NOVEMBER 2016 GRAAD

INHOUDSOPGAWE. HOOFSTUK 1: Boekhouding van publieke maatskappye bl HOOFSTUK 2: Hersiening om vordering te bepaal bl.

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT REKENINGKUNDE GRAAD 12 FEBRUARIE/MAART 2014 SPESIALE ANTWOORDEBOEK

"ESLOTE $EBITEURE $EBITEURE $EBITEURE KREDITEURE /NTLEDING BANKVERSOENING )NLEIDING "ELASTING VOORRAADSTELSEL OP )TEMS WAARDE

REKENINGKUNDE: VRAESTEL I INLIGTINGSBOEKIE

AFRIKAANSE HOËR SEUNSKOOL VAK: Rekeningkunde Graad 12 DATUM: 4 Augustus 2016 NAAM EN VAN : SLEUTEL:

GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS PROVINSIALE EKSAMEN NOVEMBER 2016 GRAAD

GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS PROVINSIALE EKSAMEN GRAAD 10 REKENINGKUNDE MEMORANDUM

Op 1 September 2016 het J Brown sy besigheid Brown Handelaars begin. Hy het besluit dat die besigheid n wins van 25% op verkoopprys sal handhaaf.

(6) Laste Niebedryfsbates

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT

GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS PROVINSIALE EKSAMEN NOVEMBER 2016 GRAAD

REKENINGKUNDE: VRAESTEL I INLIGTINGSBOEKIE. VRAAG 1 VERVAARDIGING (37 punte; 22 minute)

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS PROVINSIALE EKSAMEN NOVEMBER 2016 GRAAD

GRAAD 12 SEPTEMBER 2012 REKENINGKUNDE

BTW VRAESTEL ANTWOORDBOEK

Peter Dladla besit Dladla s Sokkerwinkel. Die onderneming vervaardig en versprei sokkerballe. Die finansiële jaar eindig op 30 Junie elke jaar.

MEMORANDUM KWARTAAL 1

2. Die volgende saldo s verskyn in die Debiteurgrootboek op 1 Mei 2018: U. Bolt J. Gatlin Totaal

REKENINGKUNDE VRAESTEL 1 VAN 1 GRAAD 12 JUNIE EKSAMEN 2014 MEMORANDUM

PROEFBALANS. Die proefbalans is n opsomming van al die grootboekrekeninge se totale.

Nadat al bogenoemde nagegaan is, sal n kredietlimiet aan die debiteur toegeken word. Dit is die maksimum bedrag waarvoor die debiteur mag koop.

Nadat al bogenoemde nagegaan is, sal n kredietlimiet aan die debiteur toegeken word. Dit is die maksimum bedrag waarvoor die debiteur mag koop.

Direktoraat: Kurrikulum VOO REKENINGKUNDE VOORBEREIDING VIR GRAAD 10. Werkboek

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

Rekeningkune November Eksamen Graad 10 MEMORANDUM. Eienaars- No.

REKENINGKUNDE GRAAD 12 SEPTEMBER 2015

A R5 152 op die bankstaat weerspieël 2 Produksie BTW B Gedebiteer op die Bankversoeningstaat

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

INHOUDSOPGAWE. HOOFSTUK 1: Hersiening van vorige temas bl HOOFSTUK 2: Etiek bl HOOFSTUK 3: Interne beheer bl

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

REKENINGKUNDE: VRAESTEL II LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR

Die volgende inligting is uit die finansiële rekords van Menlyn Elektrisiëns vir Junie 2016 verkry.

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

GRAAD 11 NOVEMBER 2016 REKENINGKUNDE

SKOOL Eksamen - Gr 7 - EBW 3 Desember 2010

DEBITEURE REKONSILIASIES

SPESIFIEKE TRANSAKSIES VASTE BATES.

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

REKENINGKUNDE: BEGELEI JY OF ONDERRIG JY NET?

Departement Rekeningkunde

GRAAD 12 SEPTEMBER 2015 REKENINGKUNDE

STUDIEBRIEF 201 VIR FAC1502 OPLOSSING WERKOPDRAG 01/1/2011 (EERSTE SEMESTER)

Ouditdokumentasie GEYSER & DU PLESSIS. Geregistreerde Rekenmeesters & Ouditeure Registered Accountants & Auditors

INHOUDSOPGAWE. HOOFSTUK 1 Verduideliking en opsomming van rekeningkundige konsepte. bl. 8-21

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 REKENINGKUNDE VOORBEREIDENDE EKSAMEN 2008

REKENINGKUNDE JUNIE EKSAMEN GRAAD 11

VERKOPEJOERNAAL EN DEBITEUREGROOTBOEK

DEPARTEMENT REKENINGKUNDE REKENINGKUNDE 2B

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

GRAAD 10 REKENINGKUNDE NOVEMBER Hierdie vraestel bestaan uit 11 Bladsye en n aparte antwoordboek van 12 bladsye.

REKENINGKUNDE GRAAD 10 NOVEMBER 2015

GRAAD 11 NOVEMBER 2014 REKENINGKUNDE

TYGERBERG SKOOLFONDS 2015

1 VOORBEREIDING VIR GR 12 REKENINGKUNDE

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 REKENINGKUNDE

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

REKENINGKUNDE: VRAESTEL II INLIGTINGSBOEKIE

E. Boshoff & S.de Bod. Studiegids. Rekeningkunde. Graad 12

Om kontanttransaksies van dienste- en handelsondernemings te boekstaaf

Departement Rekeningkunde

GRAAD 11 NOVEMBER 2012 REKENINGKUNDE NASIENRIGLYN (MEMORANDUM)

Notas Onderwerp 5 Hulpjoernale en grootboek Deurlopende voorraadstelsel

KASBOEK & BANKREKONSILIASIE

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING EKONOMIESE BESTUURSWETENSKAPPE HALFJAARLIKSE EKSAMEN JUNIE 2015 GRAAD 8

DESIGN REKENINGKUNDE EKSAMENRIGLYNE GRAAD 12. Hierdie riglyne bestaan uit 18 bladsye.

Produsente TUSSENTYDSE RESULTATE. Belegging. Belegging. Beleggers. Toedeling SENWESBEL. Prestasie. Beleggers. Samewerking. Toedeling.

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

Notas Onderwerp 5 Hulpjoernale en grootboek Deurlopende voorraadstelsel

Finansiële Wiskunde ENKELVOUDIGE RENTE

47 ACN101M/101/3 BYLAE F: OMVATTENDE OEFENING MET VOORGESTELDE OPLOSSING

Transcriptie:

NASIONALE STRATEGIE VIR LEERDER PRESTASIE GRAAD 12 REKENINGKUNDE JUNIE EKSAMEN 2008 PUNTE: 300 TYD : 3 UUR Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye en n antwoordboek van 18 bladsye.

INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Jy word voorsien van 'n vraestel en ANTWOORDEBOEK. 2. Hierdie vraestel bestaan uit SES verpligte vrae. Beantwoord AL die vrae. 3. Gebruik die formate in die antwoordeboek wat voorsien word om die vrae te beantwoord. 4. Waar van toepassing moet bewerkings getoon word om deelpunte te verdien. 5. Jy moet poog om by die voorgestelde tye te hou. 6. Nie-programmeerbare sakrekenaars mag gebruik word 7. Jy mag 'n donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te beantwoord

Rekeningkunde 3 GRAAD 12 REKENINGKUNDE JUNIE EKSAMEN 2008 PUNTE: 300 MINUTE: 180 VRAAG 1: 45 punte; 27 minute Die onderwerp van die vraag is Die leeruitkomste gedek is: Debiteure, Krediteure en Bank Rekonsiliasies Interne Beheer LU1: Finansiële rekeningkunde AS4: Ontleed en vertrok bank, debiteure en krediteure rekonsiliasies LU3: Bestuur van hulpbronne AS6: Toepassing van interne beheerprosesse VRAAG 2: 90 punte; 54 minute Die onderwerp van die vraag is Die leeruitkomste gedek is: LU1: Finansiële rekeningkunde Maatskappy Balansstaat en notas AS5: Opstel en vertolking van finansiële state LU3: Bestuur van hulpbronne AS3: Vertolk en rapporteer oor vaste bates VRAAG 3: 40 punte; 24 minute Die onderwerp van die vraag is Die leeruitkomste gedek is: LU1: Finansiële rekeningkunde AS2: Grootboekrekeninge Maatskappy grootboekrekeninge en etiek AS5: Ontleding en vertolking van finansiële state LU3: Bestuur van hulpbronne AS5: Etiese kode VRAAG 4: 55 punte; 33 minute Die onderwerp van die vraag is Die leeruitkomste gedek is: Maatskappy verslagdoening Kontantvloeistaat en verhoudings LU1: Finansiële rekeningkunde AS5: Opstel en vertolking van finansiële state AS6: Ontleding van n ouditverslag LU3 Bestuur van hulpbronne AS5: Etiese kode VRAAG 5: 45 punte; 27 minute Die onderwerp van die vraag is Die leeruitkomste gedek is: LU3: Bestuur van hulpbronne Voorraadwaardasie en probleemoplossing AS4: Voorraadwaardasiemethodes AS6: Pas Interne beheer prosesse toe VRAAG 6: 25 punte; 15 minute Die onderwerp van die vraag is Die leeruitkomste gedek is: LU1: Finansiële rekeningkunde BTW AS7: Pas die beginsels van BTW toe LU3: Bestuur van hulpbronne AS5: Etiese kode

Rekeningkunde 4 VRAAG 1 DEBITEURE, KREDITEURE EN BANKREKONSILIASIES (45 punte; 27 minute) 1.1 REKONSILIASIES EN INTERNE BEHEER Jy word voorsien van twee voorbeelde van rekonsiliasies wat deur Y Zola van Cia Handelaars op 29 Februarie 2008, hul jaar-einde opgestel is. GEVRA: Bestudeer die inligting voorsien en beantwoord die vrae wat volg. BANKREKONSILIASIE Bankrekonsiliasiestaat op 29 Februarie 2008 R Debietsaldo volgens Bankstaat 1 520 Uitstaande deposito (gedateer 29 Februarie 2008) 6 410 Uitstaande tjeks: Nr. 1200 (gedateer 4 Augustus 2007) 600 Nr. 4100 (gedateer 12 Desember 2007) 220 Nr. 4234 (gedateer 23 Februarie 2008) 155 Nr. 4625 (gedateer 31 Julie 2008) 2 600 Nr. 4626 (gedateer 29 Februarrie 2008) 600 Foutiewe debiet op Bankstaat 315 Saldo volgens Bankrekening? KREDITEUREREKONSILIASIE DI HANDELAARS KREDITEURE-REKONSILIASIESTAAT OP 29 FEBRUARIE 2008 Saldo volgens Krediteurestaat op 29 Februarie 2008 Debiet 18 386 Foutiewe bedrag op Krediteurestaat Krediet 4 500 Faktuur nie op staat gereflekteer nie: Nr. 134 2 000 Betalings nie op staat gereflekteer nie: Gedateer 29 Februarie 2008 (Tjek nr. 288) 5 000 Terugsendings nie op staat gereflekteer nie: Debietnota nr. 67 400 Saldo volgens Krediteuregrootboek op 29 Februarie 2008?

Rekeningkunde 5 VRAE: 1.1.1 Het Cia Handelaars n gunstige of oortrokke banksaldo volgens die bank se rekords? Gee die bedrag asook n rede vir jou antwoord. (4) 1.1.2 Cia Handelaars het tjek nr. 1200 foutiewelik opgeteken. Wat sal die korrekte inskrywing in die boeke van Cia Handelaars wees? Voorsien n rede vir jou antwoord. (4) 1.1.3 Noem DRIE stappe wat jy sal volg wanneer n Bankversoeningstaat voorberei word. (6) 1.1.4 Verduidelik hoe tjek nr. 4625 behandel sal word wanneer die finansiële state opgestel word. (4) 1.1.5 Verduidelik waarom n vooruitgedateerde tjek wat deur Cia Handelaars op 26 Februarie 2008 ontvang is en vir 26 Maart 2008 gedateer is, nie op die Bankversoeningstaat verskyn nie. (2) 1.1.6 Bereken die korrekte bedrag wat deur Cia Handelaars aan DI handelaars verskuldig is. (5) 1.1.7 Die ouditeure het vasgestel dat n werknemer, mnr Latecomer, bedrog teen Cia Handelaars gepleeg het deur persoonlike goedere vir homself vanaf krediteure te bestel. Cia Handelaars het vir hierdie goedere betaal. Verduidelik kortliks DRIE maniere hoe die interne beheer verbeter kan word. (6)

Rekeningkunde 6 1.2 DEBITEURE-OUDERDOMSONTLEDING Jy word van die debiteure-invorderingsbeleid en die debiteureouderdomsontleding van Cia Handelaars voorsien. Bestudeer die debiteure-ouderdomsontleding en beantwoord die vrae wat volg. Debiteure-invorderingsbeleid 1. Debiteure wat binne 30 dae betaal kom vir n 5%-korting vir stiptelike betaling in aanmerking. 2. Rente word soos volg gehef: 2% op rekeninge wat vir 31 60 dae uitstaande is 4% op rekeninge wat vir 61 90 dae uitstaande is 3. Rekeninge wat meer as 90 dae uitstaande is, word aan prokureurs vir invordering oorhandig. Debiteure-ouderdomsontleding op 29 Februarie 2008 Huidig 31-60 61-90 > 90 Totaal J Jiya 5 120 2 082 7 202 K Keith 5 280 5 280 L Late 5 908 5 908 T Truter 1 120 3 000 4 120 W Waja 1 890 1 890 Totaal 6 400 8 120 3 972 5 908 24 400 VRAE: 1.2.1 Watter debiteur se rekening is nie agterstallig nie? (2) 1.2.2 Het Cia Handelaars voldoende beheer oor sy debiteure? Verduidelik. (4) 1.2.3 Watter twee matreëls sal jy instel om debiteure aan te moedig om hul rekeninge stiptelik te betaal? (4) 1.2.4 Is daar debiteure wat aan prokureurs oorhandig moet word? Indien wel, identifiseer die debiteur(e) en bespreek een gevolg wat dit vir die debiteur(e) sal inhou. (4) 45

Rekeningkunde 7 VRAAG 2 MAATSKAPPY FINANSIËLE STATE (90 punte; 45 minute) Jy word voorsien van n uittreksel uit die voor-aansuiweringsproefbalans van Zabs Beperk op 29 Februarie 2008. Die gemagtigde aandelekapitaal bestaan uit 1 000 000 gewone aandele met n pariwaarde van 50 sent elk. GEVRA: 2.1 Gebruik die onderstaande inligting en voltooi die Balansstaat op 29 Februarie 2008. (30) 2.2 Voltooi die volgende notas tot die Balansstaat op 29 Februarie 2008: 2.2.1 Tasbare/Vaste Bates (20) 2.2.2 Handels- en ander ontvangbare bedrae (9) 2.2.3 Behoue Inkomste / Opgehoopte wins (10) 2.2.4 Handels- en ander betaalbare bedrae (15) 2.3 Watter aspekte moet in gedagte gehou word wanneer daar besluit word om meer fondse vir die maatskappy te genereer deur die verhoging van lenings òf die uitreik van addisionele aandele? Verskaf drie punte. (6) Uittreksel uit die VOOR-AANSUIWERINGSPROEFBALANS OP 29 FEBRUARIE 2008 DEBIET KREDIET BALANSSTAATREKENINGE-AFDELING R R Gewone aandelekapitaal 400 000 Aandelepremie 24 500 Behoue inkomste / Opgehoopte wins 49 500 Lening: Zar Bank 50 000 Vaste deposito: Zen Bank 50 000 Opgehoopte waardevermindering op voertuie 42 700 Handelsvoorraad 61 000 Voorsiening vir oninbare skulde 1 600 Bank 2 030 SAID Inkomstebelasting 42 930

Rekeningkunde 8 NOMINALE REKENINGE-AFDELING Verkope 525 500 Koste van verkope 265 400 Debiteureafslag 6 500 Korting toegestaan 200 Huurinkomste 31 500 Kommissie-inkomste 25 600 Direkteursgelde 48 000 Verpakkingsmateriaal 6 500 Oninbare skulde 1 200 Aflewerings-uitgawes 2 700 Versekering 2 600 Lone en salarisse 79 700 Ouditgeld 4 800 Rente op vaste deposito 4 250 Rente op lening 4 200 Dividende op gewone aandele 17 500 Aansuiwerings en Addisionele Inligting: 1. Die direkteure word R40 000 p.j. volgens hul kontrak betaal plus n reistoelae van R20 000 p.j. Maak die nodige aansuiwerings. 2. n Debiteur het beskadigde voorraad met n verkoopprys van R1 500 teruggestuur. n Winsopslag van 50% op die kosprys word gehandhaaf. Hierdie voorraad is onmiddellik aan die leweransier teruggestuur, maar tot dusver is vir die transaksies geen inskrywings gemaak nie. 3. Voorsien vir rente op lening vir 12 maande teen 17% p.j aan Zar Bank. Volgens die leningsooreenkoms met Zar Bank, moet n bedrag van R10 000 op 31 Augustus elke jaar afbetaal word. 4. n Fisiese voorraadopname op 29 Februarie 2008 toon die volgende: Handelsvoorraad R63 200 Verpakkingsmateriaal 720

Rekeningkunde 9 5. Die bankstaat is ontvang nadat die voor-aansuiweringsproefbalans opgestel is en toon die volgende: n Bedrag van R350 wat deur n debiteur, wie se rekening gedurende November 2007 afgeskryf is, is direk in die lopende bankrekening van Zabs Bpk gedeponeer. Bankkoste, R300 Rente op ongunstige banksaldo, R133 R Tate, n debiteur, wat R420 skuld vereffen sy rekening met n tjek van R400. Hierdie tjek is weens onvoldoende fondse geweier. 6. Die skuld van n debiteur, J Zimo, moet as oninbaar afgeskryf word, R300. Die voorsiening vir oninbare skulde moet tot 5% van uitstaande debiteure aangesuiwer word. 7. Aangesien die huurder, wat die gebou sedert 1 Mei 2005 huur, met vakansie oorsee is, het hy reeds die huur vir Maart en April 2008 gedurende Februarie 2008 betaal. 8. Die afleweringsvoertuig wat op 30 November 2004 vir R45 000 aangekoop is, is teen boekwaarde aan GS Motors op 29 Februarie 2008 ingeruil. n Nuwe voertuig is op dieselfde dag vir R75 000 aangekoop en die betaling daarvan sal gedurende Maart 2008 geskied. Geen inskrywings is tot dusver vir beide die nuwe voertuig, asook die een wat ingeruil is, gemaak nie. Waardevermindering op voertuie word bereken teen 20% p.j op die vastebedragmetode. Waardevermindering op toerusting word bereken teen 10% p.j op die verminderde saldo metode. 9. n Afleweringsvoertuig word deur Zabs Bpk gehuur teen n koste van R250 per maand plus 75 sent per kilometer afgelê. Al hierdie kostes word teen die afleweringsuitgawesrekening gedebiteer. Die uitgawes vir Februarie 2008, waartydens 580 kilometers afgelê is, is nog verskuldig. 10. Versekering vooruitbetaal beloop R200. 11. n Leweransier het nog nie die kommissie verskuldig aan Zabs Bpk vir Februarie 2008: R1 600 betaal nie. Die bedrag sal op 10 Maart 2008 ontvang word. 12. Rente op vaste deposito, R4 250, moet gekapitaliseer word. 13. n Rekening is van die bouer vir die volgende ontvang: Uitbreidings aan geboue, R30 000 Herstelwerk, R5 000 14. Die direkteure het n finale dividend van 3½ sent per aandeel verklaar. 15 Die inkomstebelasting vir die rekenpligtige tydperk beloop R43 965. 90

Rekeningkunde 10 VRAAG 3 MAATSKAPPYE (40 punte; 24 minute) Bewafa Bpk het n gemagtigde aandelekapitaal van R400 000. Die pariwaarde van elke aandeel is R2. Al die aandele is aan die publiek uitgereik. GEVRA: 3.1 Voltooi die volgende grootboekrekeninge vir die jaar geëindig 29 Februarie 2008 : Behoue inkomste / Opgehoopte wins (10) SAID - Inkomstebelasting (12) Dividende op gewone aandele (8) 3.2 Bereken die netto batewaarde per aandeel. (5) 3.3 Jy het n aanbod ontvang om van jou aandele teen R2,80 elk te verkoop. Sal jy dit oorweeg? Motiveer jou antwoord deur syfers aan te haal. (5) Besonderhede geneem uit die Balansstaat op 29 Februarie 2007 Aandele-kapitaal en reserwes R440 000 Handels- en ander betaalbare bedrae: SAID - Inkomstebelasting 8 422 Aandeelhouers vir dividende 10 000 Die volgende transaksies het gedurende die jaar plaasgevind: 2007 Maart 24 Tjek nr. 3462 en 3463 is uitgereik om uitstaande bedrae ten opsigte van inkomstebelasting en dividende op gewone aandele onderskeidelik te vereffen. Augustus 31 Die rekenmeester het bereken dat R40 000 voorlopige inkomstebelasting aan SAID verskuldig is en tjek nr. 4120 is dienooreenkomstig uitgereik. Oktober 17 n Interim dividend van 10 sent per aandeel is deur die direkteure van die maatskappy verklaar. Oktober 24 Tjek nr. 4878 is aan die aandeelhouers uitgereik, ten opsigte van die dividende verklaar. 2008 Februarie 18 Die tweede betaling vir voorlopige inkomstebelasting is bereken, R41 400 en tjek nr. 4911 is uitgereik. Februarie 29 Die netto inkomste vir die jaar beloop R207 500. n Finale dividend van 15 sent per aandeel is verklaar. Die totale belasting verpligting vir die jaar beloop R83 000. 40

Rekeningkunde 11 VRAAG 4 MAATSKAPPY KONTANTVLOEISTAAT EN ONTLEDING (55 punte; 30 minute) Jy word voorsien van inligting rakende JoJo Beperk, n publieke maatskappy op die JAB (Aandelebeurs) genoteer. Die maatskappy het nuwe aandele in die helfte van die finansiële jaar op 31 Augustus 2007, uitgereik. Geen premie was aan die uitreiking van hierdie aandele verbonde nie. GEVRA 4.1 Verduidelik kortliks die funksie van die Direkteure en Ouditeure van n maatskappy. (4) 4.2 Verwys na die uittreksel uit die kontantvloeistaat en bereken die bedrae wat deur (A) tot (K) verteenwoordig word. (24) 4.3 Die direkteure is tevrede met die maatskappy se likiditeitsposisie. Stem jy saam met die direkteure se mening. Lewer kortliks kommentaar deur syfers uit die onderstaande tabel aan te haal. (7) 2007 2008 Bedryfskapitaal verhouding 0,7 : 1 1,47 : 1 Vuurproefverhouding 0,3 : 1 0,59 : 1 Voorraadperiode 73 dae 53 dae 4.4 Die direkteure is van mening dat die aandeelhouers met die resultate van die maatskappy tevrede behoort te wees: 4.4.1 Bereken die skuld/aandeelhouersbelangverhouding vir 2008. (5) 4.4.2 Deel jy die mening van die direkteure ten opsigte van die resultate van die maatskappy? Verduidelik kortliks deur vyf punte te bespreek en haal syfers aan uit die finansiële aanduiders in die onderstaande tabel om jou antwoord te staaf: 2007 2008 Verdienste per aandeel 200 sent 137,5 sent Dividend per aandeel 50 sent 50 sent Netto batewaarde per aandeel R11,80 R12,00 Verdienste op gemiddelde 26 % 23,08 % aandeelhouersbelang Verdienste op aandeelhouersbelang 19 % 14,19 % Skuld/aandeelhouersbelangverhouding 2 : 1? (10) 4.5 Volgens die kontantvloeistaat het die banksaldo met R69 000 verbeter. Stem jy saam met die strategieë wat die direkteure gebruik het om die saldo te verbeter? Verduidelik kortliks. (5)

Rekeningkunde 12 INLIGTING Uittreksel uit die Inkomstestaat vir die jaar geëindig op 29 Februarie 2008: Notas R Waardevermindering 16 000 Rente op geleende geld 18 000 Netto wins voor belasting 42 000 Inkomstebelasting (20 000) Uittreksel uit die Balansstaat op 29 Februarie vir die afgelope twee jaar: Notas 2008 2007 R R BATES Nie-bedryfsbates 310 000 220 000 Tasbare bates 310 000 220 000 Finansiële bates Bedryfsbates 100 000 82 000 Voorraad 60 000 50 000 Handel- en ander ontvangbare bedrae 40 000 32 000 Kontant en kontantekwivalente --- --- TOTALE BATES 410 000 302 000 EKWITEIT EN LASTE Aandelekapitaal en reserwes 192 000 118 000 Aandelekapitaal 160 000 100 000 Behoue inkomste / Opgehoopte wins 32 000 18 000 Nie-bedryfslaste 150 000 60 000 Verbandlening 150 000 60 000 Lening van Dollar Bank --- --- Bedryfslaste 68 000 124 000 Handel- en ander betaalbare bedrae 45 000 32 000 Oortrokke bank 23 000 92 000 TOTALE EKWITEIT EN LASTE 410 000 302 000 Addisionele Inligting: 2008 2007 Dividende op gewone aandele (betaal) 8 000 6 000 Aandeelhouers vir dividende 2 400 3 500 SAID (Inkomstebelasting) (Kt.) 2 000 5 000 55

Rekeningkunde 13 VRAAG 5 VOORRAADWAARDASIE EN PROBLEEMOPLOSSING (45 punte; 27 minute) 5.1 VOORRAADWAARDASIE: CoCo Handelaars koop mandjies van Lesotho en verkoop dit dan weer aan baie kleinhandelsondernemings in Suid-Afrika. Hulle maak van die EIEU metode van voorraadwaardasie gebruik. GEVRA: 5.1.1 Gebruik die EIEU metode en bereken die koste van verkope vir die jaar geëindig 29 Februarie 2008. (11) 5.1.2 Bereken die bruto wins vir die jaar geëindig 29 Februarie 2008. (4) 5.1.3 Bereken die waarde van handelsvoorraad voorhande op 29 Februarie 2008. (4) 5.1.4 Stel die Handelsrekening volgens die deurlopende voorraadstelsel op. (8) 5.1.5 Die eienaar van CoCo Handelaars is ontevrede omdat die onderneming die EIEU voorraadwaardasiemetode gebruik en sou liefs die Geweegde Gemiddelde metode wou gebruik. Hy het die volgende berekeninge volgens die Geweegde Gemiddelde metode gemaak: Koste van verkope R 16 044,60 Bruto wins R 7 355,40 Waarde van voorraad voorhande R 7 405,20 Hy nader jou vir raad. 5.1.5.1 Bespreek waarom die EIEU metode van voorraadwaardering verkies word bo die geweegde gemiddelde metode. (4) 5.1.5.2 Sal dit vir die eienaar eties wees om die voorraadwaardasiestelsel vir hierdie jaar te verander? Verskaf EEN rede vir jou antwoord. (4)

Rekeningkunde 14 INLIGTING 1 Maart 2007: Voorraad voorhande: 50 mandjies R30 elk 31 Mei 2007: Aankope van mandjies: 150 mandjies teen R35 elk Vraggeld op aankope, R450 30 September 2007: Aankope van mandjies: 200 mandjies teen R40 elk Vraggeld op aankope, R600 31 Januarie 2008: Aankope van mandjies: 170 mandjies teen R42 elk Vraggeld op aankope, R510 Totale aantal mandjies verkoop vir die jaar: 390 teen R60 elk. 5.2 PROBLEEMOPLOSSING Funky Kids, wat hul voorraad volgens die EIEU metode waardeer, het hul jaarlikse voorraadopname voltooi ten einde die finansiële state op te stel. Die volgende syfers is aan die eienaar van Funky Kids gegee, maar hy is nie tevrede nie. Die rede is dat die syfers volgens die voorraadopname nie met diè van die Handelsvoorraadrekords ooreenstem nie. GEVRA: Bestudeer die syfers en reik n verslag uit waarin u die volgende uitwys: 5.2.1 Drie aspekte wat u bekommer en die redes daarvoor. (6) 5.2.2 Twee maatreëls wat kan help om die situasie te verbeter. (4) VOORRAAD ITEMS AANTAL ITEMS VOLGENS VOORRAAD- REKORDS AANTAL ITEMS IN VOORRAAD (FISIESE VOORRAAD- OPNAME) + (SURPLUS) OF - (TEKORT) Kids voorskote 232 230-2 Lil Bratz T-hempie 63 51-12 Barbie Sonbrille 45 60 +15 Spider-Man T-hempie 24 24 0 Cars Sonbrille 50 120 +70 Spider-Man Kortbroeke 186 50-136 45

Rekeningkunde 15 VRAAG 6 BTW (25 punte; 30 minute) Mizi Winkels, word deur Mia Mizi besit, en is geregistreer vir BTW volgens Kategorie B (die faktuurbasis) wat op gelyke maande eindig. GEVRA: 6.1 Bereken die bedrag BTW wat aan SAID oorbetaal moet word vir die periode geëindig 29 Februarie 2008. (15) INLIGTING VIR DIE PERIODE GEEINDIG 29 FEBRUARIE 2008: Kredietverkope volgens uitgereikte fakture nr. 24-87 R37 821 Kontantverkope volgens kasregisterrolle R22 965 Verkoop van oortollige rekenaar R 2 500 Uitbetaling van n versekeringseis op gesteelde afleweringswa R40 000 Koop n nuwe rekenaar (vir kantoorgebruik) op krediet R12 000 Handelsvoorraad gekoop en bokoste betaal per tjek R20 000 Kredietnotas uitgereik R 1 580.

6.2 Lees die volgende uittreksel en beantwoord die vrae wat volg: VYF MENSE GEARRESTEER VIR BTW BEDROG VAN R35m 13/03/2008 20:18 - SA Johannesburg Vyf mense was gearresteer in verband met BTW bedrog ter waarde van R35 miljoen rand het n woordvoerder van SAID Dinsdag gesê. Hulle was gearresteer in n klopjag deur die polisie en SAID op vyf verskillende persele in en rondom Johannesburg, het Adrian Lackay, die woordvoerder gesê. n Vorige werknemer van SAID het waargeneem as boekhouer van twaalf maatskappye, wat na bewering betrokke was met oneerlike BTW eise, het hy gesê. SAID ondersoeke na beweerde onrëelmatigheid het aangedui dat die boekhouer op n oneerlike manier n paar besighede in haar naam en ander verdagtes geregistreer het. Hierdie besighede het na bewering oneerlike BTW eise aan SAID ingedien, het Lackay gesê. Die vyf is in aanhouding in afwagting op hulle eerste verskyning Vrydag in Germiston se Landroshof. Aangehaal uit Sake24 van 13 Maart 2008 VRAE 6.2.1 Wat verstaan jy onder BTW bedrog? (2) 6.2.2 Hoe was die beweerde bedrog gepleeg? (2) 6.2.3 Waarom is dit eties korrek om BTW te betaal? Verskaf twee redes. (4) 6.2.4 Watter optrede neem SAID wanneer n verkoper laat is met die betaling van BTW? (2) 25 TOTAAL: 300