HOЁRSKOOL FRAMESBY JAARVERSLAG 2011 GELEWER DEUR MNR. JAN STROEBEL TYDENS DIE PRYSUITDELING OP 20 OKTOBER 2011

Vergelijkbare documenten
Les 14: Entrepreneurskap

HOËRSKOOL WONDERBOOM HOËRBOOM WONNIEBELEID

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2012

1. JUNIOR PRIMêRE FASE: GR. 1-3

RESPECT 4 U. L e s 1. Jou vermoëns en sommige van jou verwagtinge en drome indentifiseer

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

Paulus kritiseer sy tyd se manier

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Gemeenskaplike Vraestel GRAAD 10: AFRIKAANS HT VRAESTEL 3: STELWERK INSTRUKSIES EN INLIGTING. OOS-KAAP Onderwysdepartement UITENHAGE DISTRIK

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3.

Groepsdruk kan sowel negatief as positief wees. Goeie maats is dié wat n positiewe invloed op jou gedrag het

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS HUISTAAL V 3 SEPTEMBER 2014

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

GRAAD 12: AFRIKAANS HT VRAESTEL 3: SKRYF

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 FEBRUARIE/MAART 2011

Uit die hoof se kantoor

Skiet: Interprovinsiaal. Skiet: Interprovinsiaal. Netbal: O/14 O/18 GSS Proewe. Kopiereg 2017 Hoërskool Linden. Alle regte voorbehou.

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II SKRYF EN AANBIED (LU3) TAAL (LU4)

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

HOËRSKOOL KAMPSBAAI AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 9 JUNIE 2014 TYD: 1½ UUR TOTAAL: 80

LAERSKOOL DE TYGER GRONDWET. 1. WOORDOMSKRYWING beheerliggaam : Die beheerliggaam van die Laerskool De Tyger soos in artikel 16(1) van die Wet bedoel.

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 FEBRUARIE/MAART 2012

HOËRSKOOL OOS-MOOT OOS-MOOT RAAD GEDRAGSKODE

Kan Ons Asseblief in U Nuusbrief of Advertensie Blad adverteer?

SUKSES vir 2006 I Gedagtes

Só kan u n blywende impak maak

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRFA.3 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 FEBRUARIE/MAART Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.

Geagte graad 9-Ouer/Voog en leerder VAKKEUSES VIR VOO-FASE

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

HELPHETTA VERSLAG JULIE 2018

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

MENTAL MATHS IN DIE KLASKAMER

Doel. Agtergrond. Bid dat... Begroting... R1,2 miljoen sal dit moontlik maak dat daar in 2011 met hierdie projek voortgegaan kan word.

Lewensoriëntering Vraestel 12 Graad 6 Totaal: 35

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 FEBRUARIE/MAART 2011

SPANVERBAND : Algeheel 1-3 in A Bond Interhoër INDIVIDUEEL: Verwerf 950+(J) en 900+(S) ABSA 2007 punte 2 x Verwerf in seisoen

education Departement van Onderwys MPUMALANGA PROVINSIE

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

RESPECT 4 U. L e s 1 5. Bespreek hoe om n behulpsame, ondersteunende vriend/vriendin te wees waar geweld is of mag plaas vind

LITURGIE VIR N OOP GESPREK

ANDRIES VAN DER POLL KLIPDRIFT MALMESBURY

Les 11: Tegnologie in die sake-omgewing

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT (NSS) GRAAD 11 HALFJAAR EKSAMEN AFRIKAANS HUISTAAL DERDE VRAESTEL (NSC11-06) D C

VADERSDAG. Een van die raadslede van die sinagoge, 'n man met die naam Jaïrus, kom toe daar aan. Net toe hy vir Jesus sien, val hy op sy

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10

Tygienuus. SATERDAG 28 April Meneer Peet Schoeman verjaar! Juffrou Anje Swanepoel verjaar! Juffrou Estelle Kriek verjaar!

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

1 Waar ek vandaan kom

Ingevolge artikel 185 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 55 van 1995, het elke werknemer die reg om nie onbillik ontslaan te word nie.

RESPECT 4 U. L e s 4. Populêre idees verduidelik oor wat ʼn man/seun of ʼn vrou/meisie is en hoe hierdie idees problematies kan wees

Leerders wat sonder n mediese sertifikaat afwesig is, sal nie toegelaat word om die vraestel te skryf nie en sal n 0-punt vir die vraestel ontvang.

Johannesburg Cluster Common Examination Vraestel 3

Preek deur ds. Jaco van Sittert Sondag, 2 Julie Skriflesing: Matteus 5:5; Matteus 11:28-30

Skriflesing: Dordtse Leerreëls Hoofstuk 2 paragraaf 8 Sing- Ps. 25:4; Ps. 19:5; Ps. 23:2 volkome vrye raadsbesluit, genadige wil en voorneme van God

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

Gemeenskap. Wat is n gemeenskap? n Gemeenskap het n hoof/hoof?

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

GROOTFONTEIN KUIERFEES

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

VLEISINVOERE VANAF NAMIBIË GERHARD SCHUTTE OOS-KAAP RPO JAARVERGADERING 20 MEI 2015

LAERSKOOL SAAMTREK. Grond-en-gebouebeleid

Sentraalbeplande stelsel

Vasberade op Arendsvlerke

Paulus en sy vriende vertel ander van God

GOUDVELD - HOëRSKOOL VOERTUIG EN VERVOER BELEID I N H O U D S O P G A W E

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II LEERUITKOMS 3 & 4 LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

HUISWERKRIGLYNE - INTERSENFASE: GR

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

Les 7: Uitdagings vir die Suid-Afrikaanse ekonomie

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

HOËRSKOOL WATERKLOOF. Ons bou in geloof

HUISWERKRIGLYNE - SENIORFASE: GR

Kingswood College Departement Afrikaans AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 9 VRAESTEL 2

LAERSKOOL ROODEKRANS INTERMEDIÊRE FASE GRAAD 4-6 AKADEMIESE INLIGTING JANUARIE 2018 AKADEMIESE HOOF (DPS): ME. SUZANNE FOURIE

Preek 1 oor gesag (vyfde gebod)

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies?

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

GRAAD 11 NOVEMBER 2014 AFRIKAANS HUISTAAL V3

Voor hulle lê Kanaän. Daar kan hul in huise woon, wingerde en lande bewerk. Voor hulle lê n toekoms waar hul hulself kan vestig.

Laerskool Wonderboom BELEID OOR MERIETE (GRONDSLAGFASE: GRAAD 1 TOT 3)

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

GOUDVELD-HOËRSKOOL VOERTUIG EN VERVOER BELEID

Die Hoërskool DF Malan

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

GRAAD 12 SEPTEMBER 2015

P A U L R O O S Gymnasium / Gimnasium

Skriflesing: 2 Tim 2:14-26(word gelees deur gemeentelede uit die banke)

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

Transcriptie:

HOЁRSKOOL FRAMESBY JAARVERSLAG 2011 GELEWER DEUR MNR. JAN STROEBEL TYDENS DIE PRYSUITDELING OP 20 OKTOBER 2011 Geagte Seremoniemeester, Dr. Bosch voorsitter van die Beheerliggaam en mev. Bosch, lede van die beheerliggaam, ons ere-gaste mev. Stander en mnr. Stander, mev. Smith en mnr. Smith, mnr. Johan Staphorst van FOV en mev. Staphorst, dames en here en leerlinge. Dit is my voorreg vannaand om die 46ste Jaarverslag van die Hoërskool Framesby, aan u voor te hou. Wat n opwindende voorreg om by hierdie uitstaande skool betrokke te wees en ek hoop dat u my optimisme oor Framesby sal deel. Dames en here, as u die geleentheid moes kry om hier te staan wat sou u as n trotse ouer sê! Byvoeglike naamwoorde soos puik, uitstaande, uitstekend, briljant spring dadelik in my kop om ons skool te beskryf. 2011 was, in baie opsigte, weereens n uiters suksesvolle jaar. Alle ouers behoort baie trots te wees dat ONS skool, die een waaraan u en ek behoort, jaarliks hulself so uitpresteer en soveel bereik. Hoe behaal ons hierdie suksess jaar na jaar? Slegs deur n toegewyde, bekwame personeel wat daarna streef om die skool se slagspreuk uitleef van waar potensiaal verwesenlik word n Personeel vir wie dit op die hart lê om die kind se ontwikkeling te laat realiseer. En dan natuurlik ons kinders wat die geleenthede wat die skool bied met albei hande aangryp en die wil het om te presteer. Hier kan elkeen n wenner is sy eie reg wees! Maar dit is geen maklike taak nie! Alhoewel ons voorbereiding en beplanning in groot detail gedoen word, moes ons tog soms krisisbestuur toepas met gebeure wat nie onder ons beheer was nie. Traagheid van die Departement van Onderwys met aanstellings en

betaling van salarisse, sommige leerders wat swak gedrag openbaar en leerders wat net eenvoudig nie take en dringende werk inhandig nie. Met ons eie innoverende strewe word ook foute begaan, maar die strewe na uitnemendheid op alle terreine bly behoue. Bovermelde negatiewe faktore is egter heeltemal oorskadu deur soveel positiewe gebeure wat ons skool in n nuwe, hoër en beter wentelbaan plaas. Ouers en die gemeenskap word aangemoedig om ons skool beter te ondersteun in woord en daad. Daar is soveel om op trots te wees en elkeen se bydra word ernstig benodig om ons skool n groter, beter en sterker skool te maak. Laat staan die negatiewe kritiek en afbrekende praatjies en lewer eerder n positiewe bydrae. Die primêre doel van n dinamiese skool is die gebalanseerde opvoeding van sy leerders. By Framesby is akademie ons hoofdoel wat verder ondersteun word deur n verskeidenheid van sport, kultuur en ander buitemuurse aktiwiteite. Hiervoor is ons gerat en vanjaar se suksesse is n weerspieeling dat dit goed gaan met die skool. Ons matrieks van 2010 het n gemiddelde slaagpersentasie van 99, 1% behaal en ons is trots op die 21 leerders wat n A-gemiddelde behaal het. Hierdie is weereens n bewys dat ons skool se akademiese standaard van hoogstaande gehalte en kern gesond is. Vanjaar was n uitsonderlike jaar wat sport betref. Dames en here vir individuele presteerders verwys ek u graag na die skool se volledige Jaarverslag. Die prestasies van 24 Nasionale en 118 provinsiale verteenwoordigers sal my die hele aand besig kan hou. Ek lig egter van die prestasies uit. Ons O18 A en O16 A netbalspanne is die Oos-Kaap kampioene en neem in Johannesburg deel aan die Nasionale Netball Challenge. Die O18 A span is ook die wenners van die plaaslike Mayoral Cup. Ons meisie muurbalspan speel vir die soveelste keer in die Top Schools kompetisie en eindig as die 2de beste in die land - voorwaar voortreflik. Die skaakspan neem vir die 2de keer deel aan die Top Schools kompetisie en eindig 5de in Suid Afrika.

Op die rugbyveld het ons 1ste span n uitstekende seisoen beleef en het baie ander skole onder die stof gespeel. Ons voortgesette deelname aan die Wildeklawer Super Skole Toernooi bevestig ons as n top rugbyskool en ons spog vanjaar met?? spelers in verskeie OP ouderdoms groepe. Landloop, Atletiek, Tweekamp en Swem lewer vanjaar weereens groot getalle provinsiale sportmanne en vroue. In moderne vyfkamp, hokkie, seunskrieket, sowel as dogterskrieket, Tennis en Karate lewer ons eerste wêreldkampioen op en twee leerders neem deel aan die Statebondspele in Australia terwyl verskeie ander SA titels wen. Op kultuur-vlak vaar die skool besonder goed. Die koor lewer uitsonderlike optredes en verskeie leerders slaag hul Unisa musiek eksamens met lof. Die skool se toneelgroepe wen verskeie kompetisies en behaal individueel uitstaande prestasies sover as tot in Kaapstad. Verskeie redenaars en debatgroepe presteer besonder goed, terwyl eerste plekke aan verskeie leerders in Olimpiades en Expo s toegeken is. Personeel Die nie-aanstelling van personeel bly die grootste probleem en ons is hoopvol dat alle vakatures gedurende die volgende paar maande gedoen sal kan word. Die meegaande finansiële las rus op die skouers van die skool hierdie gelde kan sekerlik beter en tot voordeel van die skool se fasiliteite aangewend word. Aan die einde van die jaar verloor ons die dienste van 2 gewilde en staatmaker-personeel. Ons sê dankie aan mnr Johan Langner vir?? jare diens aan die skool en wat gaan aftree. As Departementshoof het hy onskatbare waarde toegevoeg tot die baie suksesse van die skool. Hy het nie net die skyfskiet in die skool na hoë hoogtes geneem nie, maar sal eerder onthou word vir die baie lewenslesse wat hy aan kinders geleer het. Baie dankie - ons sal jou mis.

Mev. Miriam Tait tree ook af en sal verseker n groot leemte laat in die Lewenswetenskap-afdeling van die skool. Die geouditeerde finansiële state van 2010 is by die skool beskikbaar ter insae vir ouers. Stiptelike betaling van skoolgelde is belangrik om noodsaaklike instandhouding, verbeteringe en groei by ons skool te verseker. Dit is egter jammer dat talle ouers die ontwikkeling by die skool demp deur hul versuim om skoolgelde te betaal en direk n negatiewe impak op die skool se begroting te hê. Ons leef in die 21ste eeu met snelle veranderinge op baie gebiede en kan nie bekostig om agter te raak en ons kinders van die nuutste tegnologie, tendense en vooruitgang te ontneem nie. Framesby gaan in die toekoms die gesogste skool in Port Elizabeth word en dis hier waar uitnemendheid verseker moet word. Ons mag nooit agter raak nie! Herstelwerk aan die skoolgeboue en terrein kos jaarliks duisende rande en ons moet verseker dat ons geboue en fasiliteite te alle tye in n netjiese toestand is. Daar sal later meer oor die ontwikkeling van die geboue, toerusting en terrein gesê word. Ek glo ook dat die vennootskap tussen ouer en onderwyser verstewig moet word. Saam moet ons ons kinders opvoed en soms kry ons die gevoel dat dit ouer en kind teenoor die skool is. As iets verkeerd loop en dissipline word by die skool toegepas, is die onderwyser baie gou verkeerd en eerste om blameer te word. Hierdie is ongevraagd en ouers en personeel moet eerder hande vat en saamwerk om die beste voordeel vir die kind te gee. Gelukkig het ons BAIE ouers wat ons voortdurend ondersteun en ons is baie dankbaar daarvoor. Daar is baie uitstaande, goed manierde en lojale leerders by ons skool. Leerders wat n hoë mate van verantwoordelikheid toon, eerlik, betroubaar en hulpvaardig is. Leerders wat omgee oor die skool se tradisies en wie n plesier is om te onderrig. Dankie aan julle op wie ons kan staatmaak. Die toekoms lê in julle hande en ons weet julle sal n sukses van jul lewe maak.

Ek wil graag namens die personeel, leerlinge en ouers aan die Beheerliggaam baie dankie sê vir hulle bydrae tot die uitbou van ons skool gedurende die afgelope jaar. Die wyse hoe sake op n weldeurdagte en met n positiewe gesindheid benader is, is bevorderlik vir ons skool. In die besonder n groot dank aan die voorsitter, dr Bosch en die voorsitters van die onderskeie sub-komitees vir u ondersteuning en waardevolle insette gedurende 2011. My dank ook aan die Framesby Ondersteunersvereniging vir hulle onbaatsugtige hulp en ondersteuning aan die skool. Die skep van n klubhuis atmosfeer word toenemend beleef en ek wil ouers aanmoedig om by FOV in te skakel. Daar is baie van u wat net eenvoudig goeie staatmakers is en ons skool het sulke vriende nodig. n Groot dankie aan mnr. Ernst Pienaar en sy span vir wat julle vanjaar gedoen het en voorspoed met al die beplande projekte vir 2012. Die Monitorbestuur, onder leiding van Lindi Stander, Ansell Smit, Emile Smith en Steyn Laubser het n kritiese rol onder ons leerders gespeel. Hulle, tesame met alle Monitors, Klasverteenwoordigers en Mediaprefekte speel n belangrike rol in die gladde funksionering van die skool en die toerus van hierdie leerlinge vir hul taak word al hoe belangriker. Dankie aan julle leerlinge wat altyd die voorbeeld moet stel. Geen sukses kan behaal word sonder n hoë standaard van dissipline deur beide personeel en leerders nie. Ek wil dit beklemtoon dat ons leerders nodig het wat saam met ons sal HANDHAAF en BOU wat kosbaar vir ons is. Dankie ook aan, Lindi Stander en Liza-Mare Victor vir die belangrike rol wat julle op die Junior Stadsraad speel. Dames en here ek sluit af: 'n Groot dankie weereens aan elke persoon wat ons skool die afgelope jaar met woord en daad bygestaan het. Dankie aan daardie persone wat opbouende kritiek en raad aan ons voorsien het. Dankie aan besighede vir mooi borgskappe en aan Hoofde van ons voeder Laerskole vir hul samewering en ondersteuning. Ek wil ook graag my dankbaarheid betuig teenoor ons Hemelse Vader vir al die sëeninge wat Hy oor ons skool uitgestort het en laastens dankie aan my vrou, Lindsay

vir die baie opofferinge wat sy deur die jaar vir my onthalwe, moes maak. Ek dank u. J. Stroebel SKOOLHOOF 20 Oktober 2011