GOUDVELD-HOëRSKOOL ASSESSERINGSBELEID

Vergelijkbare documenten
Laerskool Stellenbosch

KONSEP BELEID T.O.V. DIE BEHEER EN KONTROLE VAN HANDBOEKE EN LEERHULPMIDDELS

BELEIDSDOKUMENT. Eksamens / Mini-eksamens Grey Kollege

Geagte graad 9-Ouer/Voog en leerder VAKKEUSES VIR VOO-FASE

JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING GRAAD 1 AFRIKAANS HUISTAAL STEL 1: 2012 MODELVRAE

ASSESSERINGSBELEID INTERMEDIëRE FASE.

HUISWERKRIGLYNE - INTERSENFASE: GR

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS HUISTAAL V 3 SEPTEMBER 2014

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

REKORD- EN EINDEKSAMEN

n Uitkomsgebaseerde model vir die assessering van die ontvangsjaarkind

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Laerskool Wonderboom BELEID OOR MERIETE (GRONDSLAGFASE: GRAAD 1 TOT 3)

LAERSKOOL GEORGE-SUID ASSESSERINGSBELEID

JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING 2013 GRAAD 1 AFRIKAANS HUISTAAL EKSEMPLAAR VRAESTELLE

GOUDVELD - HOëRSKOOL VOERTUIG EN VERVOER BELEID I N H O U D S O P G A W E

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II SKRYF EN AANBIED (LU3) TAAL (LU4)

HUISWERKRIGLYNE - SENIORFASE: GR

Prosedures vir die implementering van die Assesserings- en Modereringsbeleid van die NWU

GRAAD: 6 VAK: LEWENSVAARDIGHEDE SKEPPENDE KUNSTE KWARTAAL VIER FORMELE ASSESSERINGSTAAK (FAT) 4

GOUDVELD-HOËRSKOOL VOERTUIG EN VERVOER BELEID

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2012

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

ASSESSERINGS- MODERERINGS/MONITERINGS- VAKBELEID VAN DURBANVILLE VOORBEREIDINGSKOOL

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

GOUDVELD-HOËRSKOOL GEDRAGSKODE OPVOEDERS

OOS-KAAP PROVINSIE ONDERWYS DEPARTEMENT

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

OOS-KAAP PROVINSIE ONDERWYS DEPARTEMENT

STAATSKENNISGEWING SKEDULE NASIONALE BELEID OP ASSESSERING EN KWALIFIKASIES VIR SKOLE IN DIE ALGEMENE ONDERWYS- EN OPLEIDINGSBAND AKRONIEME

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

SAOU 15de HOOFDESIMPOSIUM

JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERINGSRIGLYNE 2015 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 5

JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING GRAAD 1 WISKUNDE STEL 1: 2012 MODELVRAE

A Hoe Ram en sy vrou vir Luiperd en Jakkals uitoorlê het A Die luiperd, die ram en die jakkals

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II LEERUITKOMS 3 & 4 LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR

GRAAD 12 SEPTEMBER 2015

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur

TYGERBERG SKOOLFONDS 2015

GRAAD: 4 VAK: LEWENSVAARDIGHEDE SKEPPENDE KUNSTE KWARTAAL VIER FORMELE ASSESSERINGSTAAK (FAT) 4

LPENGPN. Studiebrief 101/0/2018. Taalvaardigheid. Jaarmodule. Departement Taalonderwys, Kuns en Kultuur

Wiskundige Geletterdheid. Data Hantering. Opsomming van Data. Kwartiele

Ingevolge artikel 185 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 55 van 1995, het elke werknemer die reg om nie onbillik ontslaan te word nie.

Vereistes vir Fica. Tipe dokumentasie wat vereis word

BASIESE KONSEPTE-PROGRAM PROGRAM. n Toets ontwikkel deur dr. Louis Benjamin, Naam van leerder: Ouderdom van leerder: Geslag: Graad: Skool:

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1

AANSOEK VIR ONDERSTEUNING TEN OPSIGTE VAN N NAVORSINGSPROJEK / STUDIEBEURS

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

HOËRSKOOL OOS-MOOT OOS-MOOT RAAD GEDRAGSKODE

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE

GOUDVELD-HOËRSKOOL VERKIESINGSBELEID VIR DIE VERKIESING VAN DIE VERTEENWOORDIGENDE RAAD VAN LEERDERS EN MATRIEKRAAD AANVAAR:

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1

GRAAD 11 NOVEMBER 2014 AFRIKAANS HUISTAAL V3

LAERSKOOL ROODEKRANS INTERMEDIÊRE FASE GRAAD 4-6 AKADEMIESE INLIGTING JANUARIE 2018 AKADEMIESE HOOF (DPS): ME. SUZANNE FOURIE

JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING 2013 GRAAD 2 AFRIKAANS HUISTAAL EKSEMPLAAR VRAESTELLE

GRAAD 7 SOSIALE WETENSKAPPE

BELEID TEN OPSIGTE VAN OOV UITGAWES

SWANGERSKAPBELEID erken die verantwoordelikheid en invloed van die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel ten opsigte van leerderswangerskappe; en

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN DIE PRE-PRIMÊRE SKOOL SENEKAL

GESKIEDENIS EKSAMENRIGLYNE GRAAD

Graad 7-inligtingsbrief

Inleiding Tot Die Jagluiperd

HANDLEIDING VIR AKADEMIE BY GOUDVELD-HOëRSKOOL KWARTAAL 1. Handleiding. Januarie 2015

Assesseringsrubrieke

A B C Toekenning. 15 Februarie 2003

OpenStax-CNX module: m Om tyd te leer lees. Siyavula Uploaders

WISKUNDE SKOOL GEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE

RELIGIESTUDIES EKSAMENRIGLYNE SENIOR SERTIFIKAAT (SS)

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

SENIOR FASE GRAAD 9 NOVEMBER 2017 AFRIKAANS HUISTAAL V3 NASIENRIGLYN

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Hoërskool Roodepoort Afrikaans HT Graad 8 Taak 11: Vraestel 3. TAAK 11 : Opstel en Langer transaksionele tekste

SENIOR FASE GRAAD 7 NOVEMBER 2017 WISKUNDE

DIE VOORTREKKERS PRESIDENTSVERKENNER PROSPEKTUS VANAF 2016 PRESIDENTSVERKENNER PROSPEKTUS 2016: 2015/04/27 BLADSY 1 VAN 9

DESIGN RELIGIESTUDIES

HOëRSKOOL PIONIER VAKKEUSE 2012 VERPLIGTE VAKKE. AFRIKAANS ENGELS WISKUNDE OF WISKUNDIGE GELETTERDHEID LEWENSORIëNTERING KEUSE VAKKE

RIGLYNE EN PROSEDURES VIR KEURING: BEd (GRONDSLAGFASE ONDERWYS)

WISKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE KABV GRAAD 12 ONDERWYSERGIDS

SENIOR FASE GRAAD 9 NOVEMBER 2016 AFRIKAANS HUISTAAL V3 MEMORANDUM

RIGLYNE EN PROSEDURES VIR KEURING: BEd (INTERMEDIêRE FASE ONDERWYS)

GRAAD 12 SEPTEMBER 2013 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3

BARRETT SE TAKSONOMIE

Hierdie toets bestaan uit 9 bladsye, die voorblad uitgesluit.

JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING 2014 GRAAD 9 WISKUNDE MODELVRAE

HOËRSKOOL ALBERTON BESIGHEIDSTUDIES : GRAAD 12

Menslike Hulpbronne Mentorskapprogram vir US personeel

HOOFSTUK 5 SAMEVATTING, GEVOLGTREKKING EN AANBEVELINGS

HOËRSKOOL WONDERBOOM FINANSIËLE BELEID

Amptelike Tale Huistaal Eerste Addisionele Taal Tweede Addisionele Taal. Taal in konteks

JUNIE-EKSAMEN GRAAD 10

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

1. SKOOLFONDS: R per leerder periaar

RESPECT 4 U. L e s 1. Jou vermoëns en sommige van jou verwagtinge en drome indentifiseer

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 FEBRUARIE/MAART 2011

RESPECT 4 U. L e s 1 5. Bespreek hoe om n behulpsame, ondersteunende vriend/vriendin te wees waar geweld is of mag plaas vind

Toets: Tegnologie en die Ontwerpproses

2 nd Chances... Wiskunde

1. JUNIOR PRIMêRE FASE: GR. 1-3

Transcriptie:

GOUDVELD-HOëRSKOOL ASSESSERINGSBELEID 1. INLEIDING Die Assesseringsbeleid van Goudveld-Hoërskool is gebaseer op die riglyne van die HNKV, die NKV, die Nasionale Protokol vir Assessering, asook die Assesseringsriglyne van die onderskeie vakke. Assessering is n proses van identifisering, versameling en interpretasie van n leerder se prestasie, soos gemeet teen die uitkomste en assesseringstandaarde vir n bepaalde leerfase waaroor nasionaal ooreengekom is. Dit behels vier stappe: die generering en versameling van bewyse van prestasie, die evaluering van hierdie bewyse teenoor die uitkomste, dokumentering van die bevindinge van die evaluering en die gebruik van hierdie inligting om met die leerder se ontwikkeling behulpsaam te wees en die proses van leer en onderrig te verbeter. Dit is derhalwe belangrik om op n voortdurende grondslag geldige en betroubare inligting oor die prestasie van die leerder te versamel teenoor duidelik bepaalde kriteria deur van n verskeidenheid metodes, instrumente, tegnieke en kontekste gebruik te maak. Die bevindinge moet aangeteken word en daar moet daaroor verslag gegee word op n gereelde basis, deur positiewe, ondersteunende en motiverende terugvoering te verskaf aan opvoeders, leerders, ouers en ander rolspelers. Assessering moet in n outentieke konteks plaasvind en in n omgewing wat omgee en nie-veroordelend is. Dit moet dien 1

as n positiewe bevestiging van die leerder en erkenning verleen aan watter bevoegdhede en uitkomste die leerder tot op datum verwerf het en deur die vorige bemeestering van uitkomste in ag te neem. Onder geen omstandighede moet enige vorm van assessering nadelig wees vir die ontwikkeling van die leerder nie. Opvoeders moet verseker dat Uitkomsgebaseerde Assessering geldig, regverdig en prakties is. 2. DIE DOEL VAN ASSESSERING Volgens die HNKV en die NKV is die algemene doel met die assessering van leerders groei, ontwikkeling en steun. Assessering moet ruim genoeg wees om houdings, prosesse, waardes en vaardighede, sowel as konsepte en kennis in te sluit. Die doel van assessering is om n leerder se vordering in n vak te monitor, sodat besluite geneem kan word oor die beste wyse waarop verdere leer gefasiliteer kan word ten opsigte van verwagte kennis, vaardighede, houdings en waardes. Assessering moet ten alle tye deursigtig, geregverdig en verantwoordbaar wees. Leerders leer teen verskillende tempo s en gebruik verskillende leerstyle. Kriteria-verwysende assessering onderlê alle assessering wat plaasvind. Die opvoeder moet gedurende die assessering standaarde gebruik wat die leerder se vordering in die bereiking van die leeruitkomste toon. Assesseringstandaarde vir elke graad en fase sal die minimum standaarde per graad wees. Dit sal die beweging van die leerders tussen skole, streke ens. fasiliteer. Dit skryf nie voor 2

wat opvoeders moet onderrig nie, maar dui die leeruitkomste en assessering standaarde vir elke graad aan. Dit verskaf n bykomende instrument vir die bepaling van areas van steun waaraan opvoeders moet aandag skenk na afloop van elke assesseringsproses. Die opvoeder dra die algehele verantwoordelikheid vir die assessering van leerders. Die werklike vorm van assessering wat onderneem word, bepaal die besluit oor wie betrokke moet wees. Opvoeders assesseer leerders ten einde groei en ontwikkeling te steun. Dit behels n vennootskap tussen opvoeder, leerder, ouers, die Distrikassesseringspan (DAS) en die Skoolassesseringspan (SAS). 3. PROSEDURES 3.1 Deurlopende Assessering Deurlopende assessering is die proses waarvolgens geldige en betroubare inligting oor die prestasie van die leerder op n deurlopende grondslag versamel word. Dit word gedoen deur gebruik te maak van n verskeidenheid metodes, instrumente, tegnieke en kontekste, die opteken van bevindings en die verslaglewering aan leerders, ouers, ander opvoeders, en ander rolspelers. Deurlopende assessering moet die volle reeks vaardighede, kennis, waardes en houdings in die leer- en onderrigproses dek. Die totale oogmerk van deurlopende assessering is om die ontwikkeling van die leerder te steun en om terugvoering te verskaf oor die onderrig- en leerproses. Deurlopende assessering stel opvoeders in staat om enige beplande leerervaring te gebruik om leerderprestasie en vordering te assesseer. Assessering kan formeel of informeel wees. 3

BELANGRIK: Slegs formele assessering deur die opvoeder mag gerekordeer word. 3.2 Asseseringsprosedures Assesseringsprosedures moet daaraan erkenning verleen dat leerders kennis op unieke en verskeie wyses verwerk. n Verskeidenheid metodes en gepaste instrumente en tegnieke, wat met die leerder se behoeftes vergelykbaar is, moet gebruik word. Gekose metodes, instrumente en tegnieke moet n reeks geleenthede aan leerders verskaf om kennis, vaardighede, waardes en houdings te demonstreer. Die oogmerk met assessering het n groot impak op die assesseringsmetodes, -instrumente en tegnieke wat gebruik word. n Gebalanseerde kombinasie van hierdie metodes, instrumente en tegnieke moet gebruik word ten einde die prestasie van leerders so regverdig en deursigtig moontlik vas te stel. n Assesseringsmetode verwys hier na n prosedure om tydens die assessering van leerders te volg. Die opvoeder se keuse van metodes hang grootliks af van wat geassesseer moet word. n Instrument is enige middel wat die opvoeder gebruik wanneer geassesseer word. n Tegniek is n spesiale wyse waarop die opvoeder die metode en instrument gebruik ten einde aan leerders geleenthede te verskaf om hul bewyse van prestasie op verskillende maniere te demonstreer. 4

3.3 Hoofdoelstellings van assessering 3.3.1 Grondlyn-assessering: Dit is die assessering wat n opvoeder gebruik by die aanvang van n nuwe stel aktiwiteite. Grondlyn-assessering word gebruik om vas te stel wat die leerders alreeds weet en kan demonstreer, ten einde n besluit te neem oor die vlak van eise wat in die leerervaring ingebou moet word. 3.3.2 Formatiewe assessering: Dit behels n ontwikkelingsbenadering en is ontwerp om die leerervaring te monitor en te ondersteun. Dit is op n deurlopende grondslag in leeraktiwiteite ingebou, en dit lei die leerder en die opvoeder deur middel van konstruktiewe terugvoer. Dit verskaf ook aan die opvoeder inligting vir sy / haar besluite met betrekking tot die keuse van gepaste opvolgaktiwiteite. Formatiewe assessering sal aandui watter situasies die leerder se sterk punte bevorder of belemmer. Dit dui ook aan watter assesserings-instrumente, - metodes en tegnieke geskik is om in die assessering van leerders te gebruik. 3.3.3 Diagnostiese assessering: Dit is assessering wat spesifiek daarop gerig is om die aard en oorsaak van n leerprobleem te bepaal. 3.3.4 Summatiewe assessering: Dit behels n reeks assesseringsaktiwiteite wat op n totale verslag van die leerder se prestasie uitloop. Summatiewe assessering vind gewoonlik aan die einde van n leereenheid plaas, bv. in die vorm van toetse of eksamens. Toetse Toetse word geskryf volgens vakvoorskrifte en riglyne in die Assesseringsriglyne vir elke vak of leerarea. 5

Toetspunte moet tot die DASS-punt bydra. Elke vak het n vakbeleid wat gevolg moet word. n Behoorlik getikte toets met n memorandum moet vir kontrole-doeleindes beskikbaar wees in die onderwyser se portefeulje. Toetsresultate word op die korrekte puntelyste aangeteken. Eksamens Alle Graad 10 12 vraestelle moet volgens die taksonomie van Bloom opgestel word, volgens die vereistes van die Onderwysdepartement. Afrikaans Huistaal kan volgens Bloom of die taksonomie van Barett op gestel word. Engels eerste Addisionele taal word volgens die taksonomie van Barett opgestel. Sommige vraestelle in die VOO-fase, sal deur die Onderwysdepartement opgestel word. n Eksamenrooster sal dan ook deur die Onderwysdepartement beskikbaar gestel word. Eksamenvraestelle moet kwartaalliks deur vakhoofde gekontroleer en korrek gesertifiseer word. Na elke eksamen moet 10% van die betrokke antwoordstelle gemodereer/gekontroleer word. Alle vraestelle word self op die rekenaar gedoen. Alle vraestelle word by die sekretaresse verantwoordelik vir afrolwerk, ingehandig vir afrol. Onderwysers moet hou by datums soos op die jaarprogram bepaal. Die volgende moet bo-aan die vraestel verskyn: - Naam van skool. - Vak. - Graad. - Tydsduur. - Totale punt. 6

- Eksaminator. - Datum van eksamen. Daar word geen eksamen in die eerste kwartaal geskryf nie. Eksamens vir Graad 8 tot 12 word gedurende die tweede, derde en vierde kwartaal geskryf. - n Eksamenvraestel mag op geen ander dag of tyd as op die eksamenrooster aangedui, geskryf word nie. - Indien n leerder n vraestel nie skryf nie, moet die nodige dokumentasie ingehandig word. - Vir Graad 8 en 9 word die kwartaalpunt verwerk na die rapportpunt. - Vir Graad 10 12 word n Afwesig gegee op die rapport. - Alle onderwysers wat deel is van n vak, moet kennis dra van die inhoud van die vraestel en memorandum vir n spesifieke eksamen of toets. 4. ASSESSERINGBEPLANNING Daar moet jaarliks n assesseringsprogram in alle vakke opgestel word deur die vakhoof. Duidelike riglyne moet neergelê word vir die volgende: Hoe deurlopende assessering beplan en geïmplementeer gaan word. Rekordering, versameling en byhou van assessering. Assesseringskodes. Moderering. Gereeldheid van assessering en -metodes of -tegnieke gebruik. Leeruitkomste en assesseringstandaarde wat gebruik word. 7

Die aantal assesseringstake wat per jaar gedoen word. n Assesseringsplan moet ontwikkel word uit die werkskedules. n Afskrif van die assesseringsplan moet in die opvoeder se portefeulje gehou word. Definisies vir verskillende tipes assessering Navorsing of Ondersoek Onbekende inligting wat die leerder self moet ontdek. Werksopdrag - Reeds bestaande kennis wat daagliks getoets mag word. Projek Verskillende afdelings van die vak (bv. assessering) word gebruik om deur bestaande kennis n praktiese probleem op te los (1 per jaar). Tydsduur van projek: 2 4 weke. Gevallestudie n Praktiese voorbeeld van reeds bestaande kennis (d.w.s. n ware lewenssituasie) word gegee. n Leerling moet dan reeds-bestaande kennis gebruik om die probleem op te los. Toets / eksamen Word afgelê onder gekontroleerde omstandighede. Dit is formele summatiewe assessering. 5. REKORDERING EN VERSLAGGEWING VAN ASSESSERING a. Nie alles wat gedoen en geleer word, word deur die onderwyser geassesseer nie. Selfassessering, maatassessering en groepassessering moet ook aangewend word by formatiewe prosesse. b. Slegs formele assesseringstake wat deur die onderwyser geassesseer word, mag gebruik word vir die formele formatiewe punt. c. Puntestate moet altyd beskikbaar wees in die opvoeder se portefeulje. 8

d. Verslagvorms moet akkuraat en deurlopend wees. e. Informele rapportering en terugvoering aan die ouers is belangrik. Sodanige terugvoering geskied deur oueraande, telefonies, briewe en onderhoude. 6. Indien van Werksopdragte Opdragte vir formele assessering moet ten minste 1 week, wat n naweek insluit, voor die inhandigingsdatum aan die leerder gegee word. 7. KODES Indien hierdie opdrag nie op die voorgeskrewe datum ingehandig word nie, sal die volgende reels geld: - 1 dag laat - -10% - 2 dae laat - -50% - 3 dae laat - 0 vir opdrag en die ouer word in kennis gestel. Die volgende kodes moet gebruik word wanneer assessering gedoen word: % Beskrywing Vlak 80 100% 70 70% 60 69% 50 59% 40 49% Uitstaande prestasie 7 Verdienstelike prestasie Bevredigende prestasie Gemiddelde prestasie 6 5 4 Voldoende prestasie 3 30 Basiese prestasie 2 9

39% 0-29% Ontoereikende prestasie 1 8. RAPPORTE EN SLAAGVEREISTES 8.1 Graad 8 Die leerder slaag indien hy / sy drie of minder vlak 1-simbole behaal het. Leerder druip indien hy / sy vier of meer vlak 1-simbole het. Afrikaans en Engels is aparte vakke. 8.2 Graad 9 Die leerder moet die volgende bereik; Vlak 3 in een taal; Vlak 3 in Wiskunde; Vlak 2 in n ander taal; Vlak 3 in 4 ander vakke Kondonering: Een van die volgende (Daar mag slegs net in EEN van die volgende vakke gekondoneer word): Vlak 2 in taal. Vlak 2 in Wiskunde. Vlak 2 in een van die 4 vakke waarin eintlik 3 s moes wees. 8.3 Graad 10, 11 en 12 Die leerder moet die volgende bereik: 8.3.1 Vir gewone Nasionale Senior Sertifikaat: Vlak 3 in drie vakke waarvan een n amptelike taal op huistaalvlak moet wees. Vlak 2 in drie ander vakke. In n 7e vak minstens n volledige portefeulje as bewys van skoolgebaseerde assessering. 10

40%+ in een van drie keusevakke. 30%+ in twee ander keuse vakke. Kondonering Geen. 8.3.2 Toelating vir graaddoeleindes Moet in vier erkende vakke n minimum van 50% (Vlak 4) behaal. 8.3.3 Toelating vir diplomadoeleindes Moet in vier erkende vakke n minimum van 40% (Vlak 3) behaal. 8.3.4 Nie-erkende vakke volgens Goudveld-Hoërskool se vakkeuse Lewensoriëntering RTT Toerisme 8.3.5 Erkende vakke volgens Goudveld-Hoërskool se vakkeuse Twee erkende Ekonomie Verbruikerstudies tale Rekeningkunde Lewenswetenskappe Wiskunde Besigheidstudies Fisiese Wetenskappe Wiskundige Geletterdheid Ingenieursgrafika & Ontwerp Geografie 9. RAPPORTE GEEN veranderinge mag op n rapport aangebring word nie. Rapporte word met n swart pen voltooi. Omkring alle druipvakke by Graad 8 12 in rooi (VLAK, nie persentasie of punt nie). Stel vas of die kandidaat kwalifiseer vir graad- of diplomatoelating (Sien bo). Die volgende opmerkings moet op die rapporte gebruik word: Graad 8 en 9 (gedurende die jaar) Jannie voldoen aan die slaagvereistes. Baie geluk. 11

Jannie voldoen nie aan die slaagvereistes nie. (Gebruik noemnaam op die rapport). Eksamen onvoltooid indien daar meer as een a is. Eerste kwartaal: Toetsreeks. n Persoonlike opmerking mag daarna op die rapport geskryf word. Graad 8 en 9 (einde van die jaar) Jannie voldoen aan die slaagvereistes en word bevorder na Graad 9 of 10. (Gebruik noemnaam op rapport). Jannie voldoen nie aan die slaagvereistes nie en moet Graad herhaal. Eksamen onvoltooid indien daar meer as een a is. Slaag op jaarpunt. Eksamen onvoltooid. Druip op jaarpunt. Graad 10 12 (gedurende die jaar) Jannie voldoen aan slaagvereistes vir graad-doeleindes. Baie geluk. (Gebruik noemnaam op die rapport). Jannie voldoen aan slaagvereistes vir diploma-doeleindes. Baie geluk. Jannie voldoen nie aan die slaagvereistes nie. Gee meer aandag aan Eksamen onvoltooid indien daar meer as een a is. Eerste kwartaal toetsreeks. n Persoonlike opmerking mag daarna op die rapport geskryf word. Graad 10 11 (einde van die jaar) Jannie voldoen aan die slaagvereistes en word bevorder na Graad 11 of 12. (Gebruik noemnaam op rapport). Jannie voldoen nie aan die slaagvereistes nie en moet Graad herhaal. 12

Jannie voldoen aan die slaagvereistes vir graad-doeleindes en word bevorder na Graad 11 of 12. Jannie voldoen aan die slaagvereistes vir diploma-doeleindes en word bevorder na Graad 11 of 12. Eksamen onvoltooid indien daar meer as een a is. Word bevorder na Graad 11 od 12 op jaarpunte. Eksamen onvoltooid indien daar meer as een a is. Druip jaarpunt. LET WEL: Die eerste kwartaal is dit TOETSREEKS en nie eksamen nie! Rapporte word deur die registeronderwysers by die volgende persone op datums soos dit op die jaarprogram verskyn, ingehandig vir kontroledoeleindes en ondertekening: Graadvoog of aangewese persoon soos op werksprogram aangedui. 10. SKEDULES 10.1 Puntelyste Lyste vir die invul van eksamenpunte in elke vak word op die rekenaar voorberei en aan elke vakonderwyser voorsien. Die punte word ingevul en opgetel. Die onderwyser moet die totaal kontroleer en seker maak dat dit reg opgetel is. Puntelyste moet deur die vakhoof gekontroleer en geparaffeer word alvorens dit ingehandig word. Punte moet na afloop van elke eksamen op die eerste dag van die kwartaal voor 13:40 ingehandig word. Vierde kwartaal: soos deur die akademiese hoof bepaal. Alle antwoordstelle moet deeglik met leerders gekontroleer word. 10.2 Kwartaalskedules 13

Vir die eerste drie kwartale word slegs n finale punt by die rekenaarkamer ingehandig, nadat die punte met elke kind persoonlik gekontroleer is. Indien daar n verskil is: Kontroleer met puntestate in die personeelkamer. Indien die punt wat die leerders gegee het, ooreenstem met die puntestate, verander die punt op die skedule. Verskille ten opsigte van die punte op die skedule, moet met die vakonderwyser uitgeklaar word. Dui enige verandering BOKANT die gedrukte punt in rooi aan. Moenie die gedrukte punt deurhaal nie! Maak n kruisie in rooi aan die linkerkant van die naam indien daar enige verandering is. Vir kwartaal 4 (promosie-eksamen) word die punte as volg ingehandig: Graad 8 en 9 Tale en Wiskunde: 60% DASS + 40% Eksamenpunt. Die res van die vakke: 75% DASS + 25% Eksamenpunt OF volgens vakvoorskrifte. Graad 10 12 Volgens vakvoorskrifte. Die registeronderwysers teken op die skedule wanneer korrek en neem persoonlik terug na die rekenaarkamer. Leerders mag onder GEEN omstandighede die skedules hanteer nie. 10.3 Promosieskedules Promosieskedules word aan die einde van elke jaar deur n skedulehoof en die betrokke registeronderwysers gedoen. Voorskrifte word jaarliks deur die Onderwysdepartement aan die skole gestuur. Die uitgangspunt van die promosies is om seker te maak dat elke leerder wat dit verdien, slaag. 14

11. Onreëlmatighede in die eksamen Indien n leerling hom/haar skuldig maak aan oneerlikheid gedurende n eksamen of toets, word verwys na die beleid vir die Matriekeksamen. Die komitee belas met ongerymdhede sal die saak hanteer. Komitee: Skoolhoof Lid van die bestuurspan Lid van die beheerliggaam Lid van die vakbond Onderwyser. Aanvaar deur die Beheerliggaam van Goudveld-Hoërskool tydens n beheerliggaamvergadering gehou te Welkom op 16 September 2010....... A. Nieuwoudt S. W. P. Scott Voorsitter Beheerliggaam Skoolhoof 15