Slegs vir Dieregebruik DECTOMAX Reg Nr: G1726 Wet 36/1947 RSA Namibië: N-SR 0657 Zimbabwe alleenlik: 98/80.12.10/9483 HR(Vet) n Langwerkende 1 % Inspuitbare Oplossing in Beeste, Skape, Bokke en Varke EIENSKAPPE VAN DIE PRODUK DECTOMAX is n langwerkende, inspuitbare, breëspektrum parasietdodende middel vir beeste, skape, bokke en varke. Een laevolume inspuiting is doeltreffend in die beheer van n wye reeks nematode van beeste, skape, bokke en varke sowel as eksterne parasiete van beeste, skape, en varke, wat die gesondheid en produktiwiteit benadeel. DECTOMAX inspuitbaar word goed verdra en het n baie goeie spuitbaarheid wat dit veral geskik maak vir die beheer van parasiete in beeste, skape, bokke en varke. VERSIGTIG BERGINGSINSTRUKSIES Bewaar onder 30 C. Beskerm die inhoud teen lig. SAMESTELLING Doramektien 1% m/v BESKRYWING VAN DIE PRODUK DECTOMAX inspuitbare oplossing bevat doramektien, n avermektien wat deur Pfizer ontdek is. Doramektien is n unieke, fermentasiebereide produk in die avermektienklas van hoogs aktiewe, wye-spektrum antiparasitiese middels. Doramektien word geïsoleer uit die fermentasie van n geneties veranderde stam van Streptomyces avermitilis. DECTOMAX is n gereed-om-te-gebruik liggeel, steriele oplossing wat 1% m/v (10 mg/ml) doramektien bevat. Dit is geformuleer om die aanbevole dosis vir beeste en skape (200 µg/kg liggaamsmassa) te lewer met binnespiers of onderhuidse toediening teen 1 ml/50 kg liggaamsmassa, en varke (300 µg/kg liggaamsmassa) teen 1 ml/33 kg liggaamsmassa binnespiers. METODE VAN WERKING Die primêre metode van werking van avermektiene, die familie van verbindings waaraan doramektien behoort, is om die chloriedioon kanaliseringsaktiwiteit van die senustelsel of die spiere van nematodes en artropode te moduleer. Avermektien bind aan die reseptore wat die membraandeurlaatbaarheid tot chloriedione verhoog. Dit inhibeer die elektriese aktiwiteit van senuwee-en spierselle in nematodes en artropode en veroorsaak derhalwe verlamming en dood van die parasiete. In soogdiere word die neuronale reseptore waaraan die avermektiene bind beperk tot die sentrale senuweestelsel. Aangesien doramektien nie geredelik deur die sentrale senuweestelsel van soogdiere kan deurdring nie, besit dit derhalwe n wye veiligheidsgrens in diere wanneer dit volgens aanbeveling gebruik word. WAARSKUWINGS BEESTE Diere mag nie binne 35 dae na behandeling vir menslike gebruik geslag word nie. Moet nie in diere gebruik wat melk vir menslike gebruik produseer nie. Diere mag nie binne 35 dae na behandeling vir menslike gebruik geslag word nie. 9 Diere mag nie binne 28 dae na behandeling vir menslike gebruik geslag word nie. Hou buite die bereik van kinders en oningeligte persone. Alhoewel hierdie middel breedvoerig onder n verskeidenheid toestande getoets is, mag dit faal as gevolg van verskeie redes. Indien dit vermoed word, raadpleeg n veearts en verwittig die registrasiehouer.
VOORSORGMAATREëLS Skape en bokke moet ingeënt wees teen Bloednier voor behandeling. 'n Vooraf inenting teen die breëspektrum van klostridiale siektes (byvoorbeeld sponssiekte, kwaadaardige edeem) word sterk aanbeveel in beeste, skape en bokke. INDIKASIES (AANSPRAKE): DECTOMAX, n langwerkende, inspuitbare oplossing word aangedui vir die behandeling en beheer van gastro-intestinale rondewurms, parafilaria, spykerwurms, suigende luise, skurftemyte en enkelgasheer bosluise. DOELTREFFENDHEID: Hierdie lys bevat die belangrikste endoparasiet spesies. Die ontwurmingsmiddel mag ook effektief wees teen ander spesies. Vir verdere inligting, kontak u veearts. 1. BEES RONDEWURMS BEES RONDEWURMS ONVOLWASSENES VOLWASSE WURMS BESKERMINGS PERIODE (DAE) Haarwurm 21 (Haemonchus placei) Bruinmaagwurm 21 (Ostertagia ostertagi) Bees bankrotwurm 14 (Cooperia spp) Haakwurm - (Bunostomum phlebotomum Knoppieswurm 21 (Oesophagostomum radiatum Parafilaria bovicola (Vals Kneusing) Effektief H Verduideliking: * Beheer ( 90% effektief) H n Tydspan van 70 dae moet toegelaat word na behandeling in die genesing van letsels 2. BEES EKTOPARASIETE: PARASIETE BEES SPYKERWURM Chrysomyia bezziana BLOU BOSLUISE Boophilus decoloratus SAND TAMPANNE Ornithodoros savignyi SUIGENDE (BLOU) LUISE Haematopinus eurysternus Linognathus vituli Solenopotes capillatus SKURFTE MYTE Sarcoptes scabiei Psoroptes bovis BESKERMINGS BEHANDELINGS PERIODE (DAE) AANBEVELINGS 35 DECTOMAX dood spykerwurms aanwesig tydens behandeling en beskerm beeste teen aanvalle vir 35 dae. 14 DECTOMAX beheer blou bosluise en herinfeksie vir 2 weke. Vir suksesvolle beheer moet behandeling elke 5 weke herhaal word. 35 n Enkele DECTOMAX inspuiting dood sand tampanne vir 5 weke. - n Enkele DECTOMAX inspuiting dood suigende (blou) luise - n Enkele DECTOMAX inspuiting dood skurfte myte
DECTOMAX inspuitbare oplossing word aangedui vir die behandeling en beheer van die volgende parasiete van skape en bokke teen die aanbevole dosisse: DOELTREFFENDHEID: Hierdie lys bevat die belangrikste endoparasiet spesies. Die ontwurmingsmiddel mag ook effektief wees teen ander spesies. Vir verdere inligting, kontak u veearts. 1) SKAAP EN BOK RONDEWURMS: 1 ml/ 50 kg (200 µg/kg) RONDEWURMS ONVOLWASSENES VOLWASSENES Haarwum (Haemonchus contortus) Bankrotwurm (Trichostrongylus colubriformis) Langnek bankrotwurm ** (Nematodirus spathiger) Bruin maagwurm (Teladorsagia circumcincta) Knopieswurm (Oesophagostomum columbianum) Haakwurm (Gaigeria pachyscelis) Grootbek maagwurm (Chabertia ovina) Wit bankrotwurm (Strongyloides papillosus) Longwurm (Dictyocaulus filaria) Verduideliking: * Beheer ( 90% effektief) ** Hulpmiddel in beheer (60-89% effektief)
2) SKAAP EKTOPARASIETE: a) 1 ml/ 50 kg (200 µg/kg) PARASIET SKAAP BRANDSIEKTE MYT Psoroptes communis ovis NEUSWURM Oestrus ovis BROMMER AANVALLE Lucilia cuprina JEUKMYT Psorergates ovis b) 1,5 ml/ 50 kg (300 µg/kg) PARACITE SKAAP BRANDSIEKTE MYT Psoroptes communis ovis NEUSWURM Oestrus ovis BROMMER AANVALLE Lucilia cuprina JEUKMYT Psorergates ovis BEHANDELINGS AANBEVELINGS DECTOMAX dood skaapbrandsiek myte en beheer n uitbraak met twee inspuitings 7 dae uitmekaar DECTOMAX beheer alle stadia van neuswurm DECTOMAX help in beheer van brommer aanvalle DECTOMAX beheer jeukmyt infestasies by skape. BEHANDELINGS AANBEVELINGS DECTOMAX dood skaapbrandsiek myte en beheer n uitbraak met n enkele inspuiting. DECTOMAX beheer alle stadia van neuswurm DECTOMAX help in beheer van brommer aanvalle DECTOMAX beheer jeukmyt infestasies by skape. LET WEL: Wanneer n uitbraak van skaap brandsiek behandel word is dit noodsaaklik dat: a) Alle skape op die plaas akkuraat met die volle dosis behandel en gemerk word. b) Alle diere moet 7-10 na behandeling herondersoek word en enige ongemerkte diere moet behandeling kry. c) Alle diere moet die volle dosis ontvang. DECTOMAX inspuitbare oplossing beheer rondewurms (Ascaris suum, Oesophagostomum dentatum, Oesophagostomum quadrispinulatum en Trichuris suis) en longwurms (Metastrongylus spp). Dit dood ook sarkopties skurfte myte en luise van varke. DOSERING: DECTOMAX inspuitbare oplossing moet teen 200 µg doramektien/kg (1 ml/50 kg) liggaamsmassa toegedien word. Sien die tabel hieronder vir n maklike verwysing. LIGGAAMSMASSA (kg) DOSIS (ml) LIGGAAMSMASSA (kg) DOSIS (ml) 50 1 251 300 6 51 100 2 301 350 7 101 150 3 351 400 8 151 200 4 401 450 9 201-250 5 451-500 10 DECTOMAX inspuitbare oplossing moet teen 200 µg/kg doramektien (1 ml/50 kg) ligaamsmassa of vir skape alleenlik 300 µg/kg doramektien (1,5 ml/50 kg) ligaamsmassa toegedien word. Sien die tabel hieronder vir n maklike verwysing. MASSA (kg) DOSIS (ml) TEEN 1 ml / 50 kg MASSA (kg) 25 0,5 25 0,75 26-50 1 25 50 1,5 51 75 1,5 50 75 2,25 75 100 2 75-100 3 DOSAGE (ml) TEEN 1,5 ml / 50 kg
DECTOMAX inspuitbare oplossing word toegedien teen 300 µg doramektien/kg (1 ml/33 kg) liggaamsmassa. Sien die tabel hieronder vir n maklike verwysing, MASSA (kg) DOSIS (ml) MASSA (kg) DOSIS (ml) 33 1 201 233 7 34 67 2 234 267 8 68 100 3 268 300 9 101 133 4 301 333 10 134 167 5 334 367 11 168-200 6 368-400 12 TOEDIENING: DECTOMAX inspuitbare oplossing kan binnespiers of onderhuids toegedien word. Spuit die produk onder die sagte vel van die nek of skouerarea in of in die nek spiere. Dien die produk toe met n 16-maat naald van 15-20 mm in lengte. Gebruik steriele toerusting en volg aseptiese prosedures. Dien DECTOMAX binnespiers of onderhuids toe. Spuit die produk onder die sagte vel van die nek of skouerarea in of in die nek spiere. Gebruik steriele toerusting en volg aseptiese prosedures. Spuit met n skoon droë 16-18 maat naald van 15 mm in lengte. Dien DECTOMAX binnespiers toe. Maak seker dat die diere goed onder beheer is tydens toediening sodat die korrekte dosis toegedien kan word. Gebruik steriele toerusting en volg aseptiese prosedures. Spuit in die nekarea in met n skoon, droë 18-20 maat naald van 35 mm in lengte. Wanneer die temperatuur van die formulasie 5 C of minder is, word dit dik en die spuitbaarheid daarvan word derhalwe verlaag. Deur die produk en spuittoerusting tot by 15 C te verhit sal die spuitbaarheid van die produk heelwat verbeter. Gebruik skoon droë toedienings apparaat. VERPAKKINGSINLIGTING: DECTOMAX inspuitbare oplossing is beskikbaar in veelvuldige dosis houers in die volgende gereed-om-tegebruik groottes : 20, 50, 200 & 500 ml. REGISTRASIEHOUER: Pfizer Laboratories (Pty) Ltd Reg. Nr. 1954/000781/07 Bute Laan 85 SANDTON 2146 Tel. (011) 320 6000