AANSOEK OM GEBRUIK VAN TERREIN(E), FASILITEIT(E) OF GEBOU(E) (RUIMTES) VAN DIE UNIVERSITEIT EN VEILIGHEIDS- EN SEKURITEITSBEPLANNING VIR GELEENTHEDE

Vergelijkbare documenten
HUGO LAMBRECHTS OUDITORIUM - HUURKONTRAK

Karoo Meat of Origin Sertifiseringskema

TYGERBERG SKOOLFONDS 2015

VRYWARINGSVORM VIR JEUGKAMP:

OOS-RAND AKADEMIE NASKOOLSENTRUMVRYWARING

GOUDVELD - HOëRSKOOL VOERTUIG EN VERVOER BELEID I N H O U D S O P G A W E

ROBERTSON. AANSOEK OM TOELATING Vir graad 1-3 VOORBEREIDINGSKOOL - PREPARATORY SCHOOL

Tjokkerjol Speelgroepie

AANSOEK OM STUDIELENING

2015 AKADEMIESE JAAR

GOUDVELD-HOËRSKOOL VOERTUIG EN VERVOER BELEID

AANSOEK OM TOELATING TOT DIE ATKV-Postmatriekjaar

EIS OM VERGOEDING INGEVOLGE DIE WET OP MINERAAL- EN PETROLEUM-HULPBRONONTWIKKELING

Die Gemeente met Oop Deure: Verhurings 2018

KLIËNT INLIGTING KLIËNT. Voornaam: Identiteitsnommer / Geboortedatum: Posadres: Kode: Woonadres: Kode: PERSOON AANSPREEKLIK VIR REKENING.

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE

DIENSKONTRAK MEMORANDUM VAN OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: hierin verteenwoordig deur behoorlik daartoe gemagtig (hierna die WERKGEWER genoem)

Plot 40 Posbus 249 Tel: Bon Accord Bon Accord

DNK TRUST NASORG AANSOEKVORM 2017 n Aparte vorm moet vir elke kind voltooi word

Die verhuurder verleen aan die huurder die eerste opsie om die kontrak te hernu vir n verdere termyn.

NASIONALE LUSERNHOOI GRADERINGS- EN KWALITEITSKEMA (NLT SKEMA) AANSOEK OM REGISTRASIE EN/OF AKKREDITASIE

Pre-Graad R / Graad R

MEMORANDUM VAN HUURKONTRAK

1. SKOOLFONDS: R per leerder periaar

VOORWAARDES VAN VERKOPING VAN ONROERENDE EIENDOM. Die volgende sal voorwaardes van verkoping wees waarvolgens sekere vaste eiendomme bekend as :

GRONDWET. Centurion Kunsvereniging (hierna genoem die Kunsvereniging) Die naam van die Kunsvereniging sal wees CENTURION KUNSVERENIGING.

UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT BELEID. Ondernemingsbeleid. Senior Direkteur: IKT-dienste UBK. Jaarliks

AANSOEK VIR KUNS- EN KOSMARK. 7-9 Augustus 2015

Dokumentnommer: HUUROOREENKOMS

KALAHARI KUIERFEES 2-4 NOVEMBER 2017 STALLETJIE AANSOEKVORM

Bladsy 1 van Die Nasorgsentrum behou die reg voor om toelating tot die sentrum te weier sonder om redes te voorsien vir sodanige besluit.

Dokumentnommer: HUUROOREENKOMS

VEILINGSOOREENKOMS. NADEMAAL die Verkoper begerig om onder die beskerming van S.A. Holstein 'n veiling te reël op te,

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN DIE PRE-PRIMÊRE SKOOL SENEKAL

LAERSKOOL EVERSDAL AANSOEK OM TOELATING VAN N LEERDER

KONSTITUSIE. Van die. Hoedspruit Plaaswag. ( die Plaaswag )

DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL

Morsjorsie Reëls. Die Doel van Skool Reëls

BOEREMARK & BRAAIFEES STALLETJIE AANSOEK

WELKOM BY HOëRSKOOL LINDEN 2019

MODULE 3: GEBOUE. Ja. Dit ís n huis. En hierdie is versekering. Eenvoudige, verstaanbare, duidelike versekering.

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN LAERSKOOL RUSTENBURG

BESONDERHEDE VAN KLEUTER JAAR TOEGELAAT: KLAS EN JUFFROU (KANTOORGEBRUIK) VOLLE NAAM / NAME: NOEMNAAM: SEUN / DOGTER: HUISTAAL: GEBOORTEDATUM:

Gladdebek Kommentatorsoektog Standaard Terme en Voorwaardes

P A U L R O O S Gymnasium / Gimnasium

uniq Huiswerk Sentrum n Unieke Huiswerk Ervaring

TERME EN VOORWAARDES

VEILINGSVOORWAARDES VASTE EIENDOM. Koper(s): ERF 207 en ERF 208 te Karoo Hoogland Munisipaliteit, WILLISTON. Opgestel deur :

STUDIESENTRUMBELEID. Leerders word die geleentheid gebied om na skool buitemuurse aktiwiteite by te woon en huiswerk te doen tydens n studiesessie.

KONSTITUSIE VAN DIE SCHOEMANSVILLE OEWERKLUB

REGLEMENT VAN DIE ADMINISTRATIEWE PERSONEELVERENIGING

GROENIE NESSIE KLEUTERSKOOL

AANSOEK: GEASSOSIEëRDE LID

BELEID TEN OPSIGTE VAN OOV UITGAWES

LAER VOLKSKOOL NASKOOLSENTRUM AANSOEKVORM EN KONTRAK

AANSOEK OM TOELATING HOËRSKOOL TUINE

IMPAK leerders NASKOOLSENTRUM 2016 VOORWAARDES EN ReëLS (een kontrak per gesin)

DIE RAAD BEHOU DIE REG VOOR OM N KORTING TOE TE STAAN, AL DAN NIE. AFDELING A

Posbus 31, KLERKSDORP, 2570 AANSOEK VIR DIE OPNEEM VAN SENWESBEL AANDELE

Wher e l ittle is gre at

1. LEERLINGBESONDERHEDE 2. ALGEMENE INLIGTING

DAT op hierdie (dag) dag van (maand) in die jaar Twee Duisend en... (jaar) (20.. )

KOOPKONTRAK VIR N VOLTOOIDE DEELTITEL EENHEID

Ingevolge artikel 185 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 55 van 1995, het elke werknemer die reg om nie onbillik ontslaan te word nie.

SWANGERSKAPBELEID erken die verantwoordelikheid en invloed van die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel ten opsigte van leerderswangerskappe; en

BELEID OOR GESLOTEKRINGTELEVISIE. 1. Inleiding

PERSONEELADMINISTRASIEMAATREËLS (PAM)

AANBOD OM TE KOOP AAN. F J D TRUST IT2390/1995 Hierin verteenwoordig deur FRANCOIS JOSEPHUS DERCKSEN (hierna genoem die Verkoper)

Bepalings en voorwaardes vir die gebruik van die Noordwes-Universiteit se webtuiste

UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT BELEID. Senior Direkteur: IKT-dienste UBK. Jaarliks

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA. REGULASIE EN PROSEDURE VIR DIE AANSTELLING VAN UITVOERENDE DIREKTEURE EN DIE REGISTRATEUR (Rt326/10)

SNIPPER-SNIP KLEUTERSKOOL EN CRÈCHE

TENDERVOORWAARDES. GRAAN SUID-AFRIKA Blok C Alenti Park, 457 Witherite Road, The Willows, Pretoria (hierna genoem die Verhuurder )

Slegs vir kantoorgebruik. Leerderbesonderhede

KONTANT BESTUUR BELEID

DURBANVILLE SKOOLKOSHUIS POSBUS 175 QUEENSTRAAT 8

Willem's Rus: Voorwaardes van Verblyf

Hierdie beleid moet saam met die skool se veiligheidsbeleid gelees word.

MUNISIPALITEIT BEAUFORT-WES. Kennisgewing nr. 145/2005

NASKOOLSENTRUMBELEID

AANSOEK OM N ONDERWYSPOS BY LAERSKOOL LA HOFF

AANSOEK VORM 1.KIND(ERS) Registrasie datum. Van Volle naam Noemnaam Geslag Geboorte datum Huis taal Voldag, Halfdag, Naskool?

AANSOEK OM TOELATING SLEGS VIR KANTOOR GEBRUIK. Aangeheg. Familie Kode: Toelatingskode:

Huurkontrak (vir woon - huisvesting vanaf 1 Januarie 2015 en die einddatum 30 November 2015)

HOOFSTUK 8 Die Nasionale Raad

BELEIDSDOKUMENT. Eksamens / Mini-eksamens Grey Kollege

LAERSKOOL SAAMTREK. Grond-en-gebouebeleid

Les 14: Entrepreneurskap

FASILITEITSBESTUUR SE PLANON-STELSEL

Huurvoorwaardes: Ouplaas, Dowefontein, De Kroon.

Naskool Tel:

AANSOEK OM TOELATING TOT HOëRSKOOL VREDENDAL

HOËRSKOOL OOS-MOOT OOS-MOOT RAAD GEDRAGSKODE

Goedere in Transito Module 6. Kopiereg Santam Bpk Kursuskode: ASSESS123 / Module 6

DISSIPLINERE KODE VIR STUDENTE DIE JOU SAKGIDS VIR:

MUNISIPALITEIT VERHURING VAN KARAVAAN- /KAMPEERSTAANPLEKKE EN CHALETS IN MATZIKAMA MUNISIPALE GEBIED

AANSOEK OM LIDMAATSKAP VORM 1

AANSOEK VIR ONDERSTEUNING TEN OPSIGTE VAN N NAVORSINGSPROJEK / STUDIEBEURS

HERTZOGVILLE LANDBOUFEES 2015 VRYDAG EN SATERDAG 13 EN 14 MAART 2015

Hoërskool Swartland SWANGERSKAPBELEID ALDUS AANVAAR TE OP HIERDIE DAG VAN. Beheerliggaamvoorsitter. Skoolhoof

Transcriptie:

AANSOEK OM GEBRUIK VAN TERREIN(E), FASILITEIT(E) OF GEBOU(E) (RUIMTES) VAN DIE UNIVERSITEIT EN VEILIGHEIDS- EN SEKURITEITSBEPLANNING VIR GELEENTHEDE WOORDOMSKRYWING 1. Ruimtes is alle terreine, ook parkeerareas, fasiliteite of geboue ook afdakke en store van die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit. 2. Verantwoordelike persoon is die betrokke personeellid van die Universiteit wat binne n onderafdeling van die Universiteit aangewys is om alle reëlings en verhurings van n bepaalde ruimte(s) te hanteer. 3. Onderafdelings van die Universiteit is alle fakulteite, skole, departemente, institute, buro s of enige afdeling wat binne die organisasiestruktuur van die Universiteit funksioneer. 4. Veiligheids- en sekuriteitsbeplanning vir geleenthede is om te bepaal of die geleentheid as n hoë, medium of lae risiko geleentheid geklassifiseer moet word ingevolge die bepalings van SA Nasionale Standaarde (SANS 10366:2005) Gesondheid en Veiligheid by Vermaaklikhede en Wet 2 van 2010 : Veiligheid by Sport en Vermaaklikhede. Aansoeke moet in geval van die Potchefstroomkampus skriftelik ingedien word by Me. Adelé Beukman-Hyland, Tegniese Dienste, Gebou G14 kamer G05 ten minstens dertig (30) dae voor die aanvangsdatum ingedien word. Aansoeke moet vergesel word van die volledige besonderhede wat hieronder gevra word alvorens die aansoek geprosesseer kan word. Aansoekers word daarop gewys dat gebruik van die Universiteit se ruimtes slegs met die toestemming van die Universiteit en die nakoming van die neergelegde voorwaardes, waaronder die betaling van die voorgeskrewe tariewe waar toepaslik, mag geskied. Enigeen wat sonder sodanige toestemming aangetref word, sal as n ongemagtigde betreder hanteer word. Aansoek vir gebruik van fasiliteite ALGEMEEN 1

BESONDERHEDE VIR DIE AANSOEK OM GEBRUIK VAN UNIVERSITEITSRUIMTES EN AANBIEDING VAN N GELEENTHEID 1. Naam van die geleentheid... Beskryf die tipe van geleentheid... Beskryf die doel van geleentheid... * heg n volledige program en uiteensetting aan van die geleentheid * 2. Watter spesifieke ruimte, area en of lokaal word benodig...... 3. Watter oudiovisuele toerusting van die Universiteit gaan u gebruik...... 4. Datum van beoogde gebruik - heg n volledige program aan Aanvangsdatum... Datum eindig... Tye :... 5. Watter risiko s voorsien u ten tye van die aanbieding van die geleentheid...... 6. Is u bewus van enige sosiale, ekonomiese, politieke of sekuriteitsfaktore wat n invloed kan uitoefen uit n veiligheids- en sekuriteitsoogpunt... 7. Aantal persone wat beoogde aktiwiteite sal by woon... 8. Samestelling van die groep (bv. Dosente/studente, ouderdomme, geslag, familie- of ander verwantskap):... 9. Spesifieke behoeftes, soos parkering, toiletgeriewe, verbruik van kos of verversings: (aparte vorm moet voltooi word vir die gebruik van toerusting) 10. Word enige verversings bedien tydens geleentheid... (JA/NEE) Indien JA, deur wie word die verversings voorberei of watter spysenier word gebruik... Aansoek vir gebruik van fasiliteite ALGEMEEN 2

11. Voorsien u dat mense wat aan die beoogde aktiwiteit deelneem enige alkoholiese drank of gewoontevormende middele kan gebruik: Bevestig asb. met u antwoord of indien alkoholiese drank gebruik word dit GRATIS of VERKOOP gaan word (JA/NEE)...... NB! Vir n kontant kroeg word daar n dranklisensie benodig en die aansoek moet ten minste TWEE WEKE voor die funksie-datum voltooi en ingehandig wees by die Bestuurder Kafeteria. 12. Koste vir die gebruik van Universiteitfasiliteite:... 13. Kan die beoogde aktiwiteit op enige manier die speel van musiek, gedans, gedrang of maak van geluide meebring, wat vir enige iemand wat redelikerwys aan n kernaktiwiteit van die Universiteit wil deelneem, steurend kan wees of andersins geheel of gedeeltelik van die geleentheid daartoe kan ontneem (JA/NEE)?... 14. Indien u antwoord op enige van vrae 5, 9, 10 of 11 positief is, moet u in besonderhede verduidelik watter maatreëls u in werking gestel het om toe te sien dat die institusionele kultuur van die Universiteit en die goeie orde op sy kampusse geensins deur die optrede van deelnemers aan die beoogde aktiwiteit in die gedrang gebring kan word nie (Beskryf)... 15. Het u of die groep waarvoor u hierdie aansoek rig ooit vantevore van enige van die Universiteit se ruimtes te gebruik gemaak? Gee besonderhede:...... Voorwaardes a) Besprekings geskied slegs deur middel van hierdie ooreenkoms. Geen telefoniese of mondelinge besprekings is geldig nie. b) Geen ruimte wat nie in die huurkontrak ingesluit is, mag gebruik word nie. c) BTW sal in alle gevalle op bestaande tariewe gehef word, tensy die Huurder bewys lewer dat hy van BTW-betaling vrygestel is. d) Die huurder onderneem om niks te doen, en om toe te sien dat niks gedoen word, wat die versekeringspolisse wat verband hou met die betrokke ruimtes en/of aanverwante ruimtes of gedeeltes daarvan, sal benadeel of ongeldig sal maak nie. e) Onthale word nie binne formele ruimtes toegelaat nie maar wel in die foyer (informele ruimte) indien beskikbaar en indien vooraf deur die verantwoordelike persoon goedgekeur. Geen verversings mag in die formele ruimte genuttig word nie. f) Die gebruiksooreenkoms verleen nie aan die huurder enige reg om eie spyseniering of ander handelsaktiwiteite in die betrokke ruimte te beoefen nie. Die huurder het ook geen reg om enige reklame- of advertensiemateriaal /-apparaat in die betrokke ruimte of enige ander gedeelte van die kompleks uit te stal, aan te bring of te gebruik nie. Aansoeke om bogenoemde regte te bekom kan vir oorweging aan die verantwoordelike persoon voorgelê word. Aansoek vir gebruik van fasiliteite ALGEMEEN 3

g) Waar spyseniering deel van die aanbieding/funksie uitmaak moet sodanige reëlings vooraf met die Kafeteriabestuurder en verantwoordelike persoon uitgeklaar word. h) Daar moet te alle tye aan die Universiteit se voorskrifte in verband met rookvrye ruimtes uitvoering gegee word. i) Geen departementele plakkate of kennisgewings mag verwyder word nie. j) Die huurder moet daarop let dat vir verspreiding van plakkate of ander reklamemateriaal op die kampusse van die Noordwes-Universiteit goedkeuring (stempel) van die Studenteraad (SR) van die betrokke kampus verkry moet word. Oortreding van hierdie bepaling word deur die oplegging van n vasgestelde boete per plakkaat deur die betrokke SR gevolg. k) Die huurder is self verantwoordelik vir die aanbring van plakkate op die kampus en wel op die voorgeskrewe plekke soos die betrokke SR van die NWU bepaal. Verwydering van plakkate na afloop van die aanbieding/funksie moet ook deur die huurder onderneem word. l) Die ruimte mag onder geen omstandighede oopgelaat word as daar niemand is wat toesig hou nie. Die huurder/gebruiker sal aanspreeklik gehou word vir enige verlore of beskadigde toerusting. m) Die ruimte moet vooraf deur die huurder en verhuurder geïnspekteer word en hulle moet skriftelik bevestig dat die ruimte en toerusting in n goeie toestand ontvang is en na afloop van die huurtermyn moet albei partye weer die ruimte inspekteer en enige moontlike skade of verlies bepaal. n) Die verhuurder behou die reg voor om enige gedeelte van die deposito terug te hou tot tyd en wyl daar redelikerwys bepaal kan word watter verlies, indien enige, die verhuurder gely het as gevolg van skade wat by afsluiting van die huurtermyn nog nie bekend was nie. Die huurder is aanspreeklik vir enige skade van watter aard ook al. o) Indien enige skade of verlies ontstaan as gevolg van die direkte of indirekte nalatigheid van die huurder, sy agent of werknemer, is die huurder ten volle aanspreeklik daarvoor. Hierdie bepaling geld vir alle skade, van watter aard ook al, aan die perseel, meublement, toerusting, toebehore, gordyne, of enige ander eiendom van die verhuurder. Alle skade moet sonder versuim by die verhuurder aangemeld word om die verhuurder in staat te stel om die nodige herstelwerk op die huurder se onkoste te verrig of te laat doen. p) Die Verhuurder is nie teenoor die huurder of enige ander persoon aanspreeklik vir enige verlies of skade, van watter aard ook al, wat direk of indirek uit die huurder se aanbieding of hierdie gebruiksooreenkoms voortspruit nie. Hierdie bepaling geld ook vir enige skade aan aangrensende ruimte, hetsy dié van die huurder of nie, of indien die ruimte vir sy aanbieding gebruik word of nie. Die huurder vrywaar ook hiermee die verhuurder teen enige eise, insluitende eise in verband met dood of persoonlike beserings, wat teen die verhuurder ingestel kan word en wat direk of indirek uit, of in verband met hierdie gebruiksooreenkoms van die huurder spruit. q) Die huurder moet verseker dat geen keroseen, of petroleum of ander ontvlambare of vlugtige vloeistof op die perseel gebring, geberg of gebruik word nie. r) Die huurder is aanspreeklik vir die betaling van alle kostes ten opsigte van parkering en ander kostes soos ooreengekom. Aansoek vir gebruik van fasiliteite ALGEMEEN 4

s) Die huurder moet hom bepaal by die brandreëls van die NWU en mag geen apparaat wat n oopvlam veroorsaak binne die perseel gebruik nie. t) Die huurder moet seker maak dat die instruksies en bepalings van die brandweerdiens van die Stadsraad van Potchefstroom behoorlik nagekom word. u) Die huurder moet sorg dat daar aan enige regmatige bevel of opdrag komende van die direkteur Beskermingsdienste, Verkeershoof of enige ander behoorlik gemagtigde ampsdraer van die NWU, die Stadsraad van Potchefstroom, die SA Polisie, of enige ander bevoegde gesagspersoon, voldoen word. v) Geen meubelstuk of enige artikel, van watter aard ook al, wat aan die verhuurder behoort of wat in n ruimte is, mag uit die ruimte verwyder word, of van een deel van n ruimte na n ander verskuif word sonder die verhuurder se toestemming nie. w) Die verhuurder aanvaar geen aanspreeklikheid vir enige meublement, toebehore of toerusting of enige ander item wat die huurder in of op die perseel of in die ruimte bring, of vir skade aan sodanige artikels nie. Indien die huurder sou versuim, sal sodanige artikels aan die einde van die dienstermyn, op die huurder se koste verwyder en geberg word. Indien sodanige artikels egter nie binne een (1) maand opgeëis word nie, kan hulle deur die verhuurder verkoop word om verwyderings- en bergingskoste te delg. x) Geen skoonmaakdienste, loketdienste, plekaanwysers of enige ander dienste word verskaf nie. y) Die ruimte moet nie later nie as die afgespreekte tyd ontruim word. z) Die verantwoordelike persoon in die geval van kategorie 1 en 2 verhuring is self verantwoordelik vir die oop- en toesluit van die betrokke ruimte. Dit behels die volgende: die gaan haal van die sleutel by Beskermingsdienste die uitteken vir die sleutel die oopsluit van die ruimte die toesluit van die ruimte wat insluit die sluit van al die binnedeure, dit wil sê om seker te maak dat die nooddeure ook van binne gesluit is, die af- en aanskakel van die alarmstelsel die onmiddellike terugbesorging van die sleutels by Beskermingsdienste. aa) In die geval van kategorie 3-verhurings (buitestaanders) moet die oop- en toesluit van die ruimte slegs deur die betrokke verhuurder of Beskermingsdienste gedoen word. bb) Enige bespreking moet indien n ruimte nie meer gebruik gaan word nie, betyds gekanselleer word. Die huurder kan die besprekingsdeposito verbeur indien sodanige kansellasie nie ten minste 7 kalenderdae voor aanvang van die huurtydperk ontvang word nie. cc) Die verhuurder is nie aanspreeklik vir enige ongerief of verlies voortspruitend uit die onderbreking van water- of elektrisiteitsdienste, of enige ander voorval wat verband hou met die voorsiening van genoemde dienste nie. dd) Die verhuurder aanvaar geen verantwoordelikheid ten opsigte van enige ongeval of ongeluk wat n werknemer of gas van die huurder mag oorkom nie en die huurder sal Aansoek vir gebruik van fasiliteite ALGEMEEN 5

self reëlings tref in verband met versekering ingevolge die Ongevallewet of enige ander Wet, Ordonnansie of Regulasie. ee) Spesifieke reëlings waar nodig rakende die beskikbaarstelling van ruimtes word in die elektroniese epos wat gesirkuleer word vervat en vorm deel van die huurkontrak wat aangegaan word Aansoeker se Besonderhede (Voltooi asb in drukskrif) Aansoeker se Volle Name Aansoeker se Noem Naam Aansoeker se Van Personeel of Studente Nr Instansie / Organisasie Fakulteit/Skool/Departement/Afdeling/koshuis/Komitee/Maatskappy/Ander Beskryf Naam van organisasie volledig Posadres Woonadres Telefoonnommer Faxnommer Selfoonnommer E-pos adres ORGANISEERDER EN ANDER KONTAKPERSONE Hoedanigheid Naam Van Kontak selfoonnommer Aansoek vir gebruik van fasiliteite ALGEMEEN 6

ONDERNEMING Hiermee aanvaar ek,... (volle name en van), die ondergetekende, volle verantwoordelikheid vir my persoonlike nalatigheid en waarborg ek dat my optrede op geen manier die institusionele kultuur of die handhawing van goeie orde aan die Universiteit in die gedrang sal bring nie. Verder verbind ek my daartoe om die Universiteit volkome skadeloos te stel indien daar vir enige iemand skade of nadeel uit my nalatigheid sou voortvloei. Ek waarborg hiermee laastens dat ek redelikerwys met die Universiteit se gemagtigde amptenare sal saamwerk om die institusionele kultuur en orde aan die Universiteit, en die veiligheid van die deelnemers aan die beoogde aktiwiteit en hulle eiendom tydens die beoogde aktiwiteit, te probeer verseker. Geteken te... op die dag van...201... ID-Nommer van aansoeker Handtekening van aansoeker KOSTE VERBONDE / KOMMENTAAR : VIR KANTOORGEBRUIK...... Datum wat aansoek ontvang is...... AANBEVELING: ME ADELE BEUKMAN-HYLAND Aansoek vir gebruik van fasiliteite ALGEMEEN 7