Hoërskool McLachlan. Posbus 3 Joubertina 6410 LSEN TOTAAL SEUNS

Vergelijkbare documenten
Hoërskool McLachlan * Julie 2015

HOËRSKOOL WONDERBOOM HOËRBOOM WONNIEBELEID

1. JUNIOR PRIMêRE FASE: GR. 1-3

Hoërskool McLachlan JAARVERSLAG 2018

Tygienuus. SATERDAG 28 April Meneer Peet Schoeman verjaar! Juffrou Anje Swanepoel verjaar! Juffrou Estelle Kriek verjaar!

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

BROEDIE NUUS. Maandprogram is aangeheg. Welkom Mnr André! Sien Jaarkalender op Communicator

Skiet: Interprovinsiaal. Skiet: Interprovinsiaal. Netbal: O/14 O/18 GSS Proewe. Kopiereg 2017 Hoërskool Linden. Alle regte voorbehou.

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

Laerskool Wonderboom BELEID OOR MERIETE: KULTUUR

Elizette Nel Opvoedkundige Sielkundige Paarl-skool

Is jy seker dis nie n voorry nie. Ek wonder of die kinders weet wat n voorry doen.

education Departement van Onderwys MPUMALANGA PROVINSIE

Indien daar n gelykopuitslag is, sal daar van die 8 sekondestrafhou gebruikgemaak word aangesien dit by Noordvaal ook gebruik gaan word.

NOTULE VAN DIE BOLAND TWEEKAMP JAARLIKSE ALGEMENE VERGADERING WAT GEHOU IS OP 27 MEI 2016 IN DIE PAARL TE CALEDONVILLE

HOËRSKOOL McLACHLAN JAARPLAN 2015 KWARTAAL 1

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2012

GRAAD 12 SEPTEMBER 2015

Hoërskool McLachlan. Graad 8 tot 9: (Leerders kan kies tussen voorbereid en onvoorbereid.) waarheid beelde deure

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Groepsdruk kan sowel negatief as positief wees. Goeie maats is dié wat n positiewe invloed op jou gedrag het

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

LAERSKOOL ELARDUSPARK MERIETE BELEID

SPANVERBAND : Algeheel 1-3 in A Bond Interhoër INDIVIDUEEL: Verwerf 950+(J) en 900+(S) ABSA 2007 punte 2 x Verwerf in seisoen

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

Laerskool STULTING Primary School

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS HUISTAAL V 3 SEPTEMBER 2014

Uit die hoof se kantoor

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 FEBRUARIE/MAART 2011

Matriekeindeksamen begin. Kopiereg 2017 Hoërskool Linden. Alle regte voorbehou.

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10

Laerskool Olifantsvallei

LAASTE UITGAWE BULLETIN 29 NOVEMBER 2017

GROOTFONTEIN KUIERFEES

JAARPROGRAM KWARTAAL 1

Omsendbrief 19/ Junie 2015

GRAAD 12: AFRIKAANS HT VRAESTEL 3: SKRYF

Laerskool Olifantsvallei

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

HOËRSKOOL OOS-MOOT OOS-MOOT RAAD GEDRAGSKODE

GRAAD 12 SEPTEMBER 2014 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3

Tema 1: Ek en my nuwe skool Week 1, 2 en 3

GRAAD 12 SEPTEMBER 2013 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

HOëRSKOOL PORTERVILLE

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II SKRYF EN AANBIED (LU3) TAAL (LU4)

Kingswood College Departement Afrikaans AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 12 VRAESTEL 2

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

Skenk ons n helder Somerkersfees in hierdie land, o Heer. Hoor jy hoe sag die klokke beier in eeueoue

HOËRSKOOL KAMPSBAAI AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 9 JUNIE 2014 TYD: 1½ UUR TOTAAL: 80

GRAAD 11 NOVEMBER 2016 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Jnr. Kategese 22 Januarie 2017 Visvang vir Jesus! Matteus 4: 12-23

Dit gaan nie oor hoeveel jy omgestamp word nie; dit gaan oor hoeveel keer jy agterna opstaan.

Rooikat-nuus. Hoërskool Elspark. Uitgawe # 36. Tel: /4. Faks: NUUSBRIEF 7/ Mei 2018 SPORT.

Doel. Agtergrond. Bid dat... Begroting... R1,2 miljoen sal dit moontlik maak dat daar in 2011 met hierdie projek voortgegaan kan word.

Die Hoërskool DF Malan

Omsendbrief 27/ Oktober 2018

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT (NSS) GRAAD 11 HALFJAAR EKSAMEN AFRIKAANS HUISTAAL DERDE VRAESTEL (NSC11-06) D C

QUEENS HIGH SCHOOL AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL VRAESTEL I GRAAD 10 1 ½ UUR NOVEMBER 2008 PUNTE : 35 EKSAMINATOR MNR. D.E.

HOËRSKOOL McLACHLAN JAARPLAN 2016 KWARTAAL 1

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRFA.3 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 FEBRUARIE/MAART Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11)

Hier trap ons diep spore...

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 FEBRUARIE/MAART 2011

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

DIE OOSTELIKE PROVINSIE TWEEKAMPVERENIGING. TEGNIESE REëLS VIR ATLETE

Geagte graad 9-Ouer/Voog en leerder VAKKEUSES VIR VOO-FASE

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur

Kingswood College Departement Afrikaans AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 12 VRAESTEL 2

RESPECT 4 U. L e s 1. Jou vermoëns en sommige van jou verwagtinge en drome indentifiseer

GROOTFONTEIN KUIERFEES

Wapport 7 24 Februarie 2017

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

Preek 1 oor gesag (vyfde gebod)

Kultuur: Erkenning vir Groepe S K O O L P R O D U K S I E

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II LEERUITKOMS 3 & 4 LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR

Hoërskool McLachlan * Julie 2012

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

Leerders wat sonder n mediese sertifikaat afwesig is, sal nie toegelaat word om die vraestel te skryf nie en sal n 0-punt vir die vraestel ontvang.

Tygienuus. 18 Oktober 2017 PROGRAM VIR DIE WEEK:

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

STUDIEVELD A SPORTSTORIES LES 1

Welkom by Die Storie God se storie

MENTAL MATHS IN DIE KLASKAMER

GRAAD 11 NOVEMBER 2014 AFRIKAANS HUISTAAL V3

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

Skaak: Oefening (kamer 59) 13:00 14:00 (gr. 1-2), 14:00 15:00 (gr. 3-7)

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

HUISWERKRIGLYNE - INTERSENFASE: GR

Transcriptie:

Hoërskool McLachlan JAARVERSLAG 2016 1. SKOOLPROFIEL 1.1 NAAM: HOЁRSKOOL McLACHLAN 1.2 EMIS NO: 200100315 1.3 KWINTIEL: 4 1.4 STATUS: Artikel 21 1.5 TIPE: OPENBARE SKOOL 1.6 TUISDORP: JOUBERTINA, SKOOLDISTRIK: UITENHAGE 2. SLAAGSYFERS EINDE 2015 Graad 1: 86% Graad 2: 96% Graad 3: 100% Graad 4: 100% Graad 5: 89% Graad 6: 88% Graad 7: 88% Graad 8: 70% Graad 9: 84% Graad 10: 73% Graad 11: 84% Graad 12: 100% Posbus 3 Joubertina 6410 042-273-1335 042-273-1210 info@hsmclachlan.co.za www.hsmclachlan.co.za 3. LEERDERGETALLE 2016 SEUNS 152 DOGTERS 215 TOTAAL 367 4. GRADE WAARIN ONDERRIG IS LSEN 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 TOTAAL SEUNS 5 16 13 9 10 14 12 7 15 12 7 14 18 152 DOGTERS 6 17 19 18 17 21 14 19 16 18 22 16 12 215 TOTAAL 11 33 32 27 27 35 26 26 31 30 29 30 30 367 1

5. POSTEVOORSIENING 2016 Posbeskrywing Posbekleër Vakonderrig Status / 1. Skoolhoof Mnr Botes C Gresse Geografie 10-12 SW 8 9 2. Departementshoof (H/S) Mnr Stanley Pienaar Wisk 8, 9 WG 10, 11, 12 3. Departementshoof (L/S) Me D Bohnen Eng 5, 6 Afr 6, 7 4. Posvlak 1-opvoeders Me Lizbe Strydom gr 1 Me M de Kock - gr 2 Me Tania Potgieter gr 3 Me Elaine Strydom gr 4 Me Riana Ferreira gr 5 Alle vakke Alle vakke Alle vakke Afr; Eng; Wisk; SW 4 Afr, SW, 5 LV 4; 5, 6 SW 6, 7 SK 7-9 LO 8-9 Mnr Rudi Kritzinger gr 6 NW & Teg 4-7 Teg 8, 9 Me Karin Jordaan gr 8 Wisk 5, 6, 7 EBW 7, 8 Me Marie Strydom gr 7 NW 7, 8, 9 Lewenswetenskap 10 12 ; Me Madelein Vangeel 12 EBW 9 Rek 10, 11, 12 BS 11, 12 Me Marietjie Strydom 11 Afr 10 12 Toerisme 10 12 Mnr. Johan Schlechter Wisk 10, 11, 12 Me Roethilda Oelofsen Mnr M. van Dyk Me Alet Engelbrecht Me Janine Kritzinger - 10 FW 10, 11, 12 Gasvryheid 10-12 RTT 10, 11, 12 Eng 7, 8 Afr 8, 9 V-Kuns 10, 11 (deeltyds) Drama 10, 11, 12 Eng 9 12 Mnr Ken Kennedy - 9 LO 7 Me Alida Kritzinger LO 8-12 Sportorganiseerder 5. LSOB Me Aurelia Olivier LSOB 1-6 6. Administratief Me Daleen Strydom Ander Me Augusta Mattheus 7. Sport / Skoolterrein Mnr Rieco van der Linde Sporthoof Afrigter Faktotum 8. Koshuis Mnr BC Gresse Me Miriam Chabeli Me Maria Sebia Mnr M. Van Dyk Ontvangs, skooladministrasie Finansies, boekestoor, skryfbehoeftes Koshuissuperintendent Assistent Assistent Diensdoenende pers. Jaarlikse aanstelling 9. Grondepersoneel en Skoonmakers Me Doleen Masimla Mnr Nicolaas Elbrecht Mnr Cheetah Elbrecht 2

Mnr Justin Sebia Me Dina Pietersen (deeltyds) 10. Busbestuurder Mnr M Jaftha 6. PERSONEELAANGELEENTHEDE Met die onverwagte bedanking van me. Roux aan die begin van die jaar en die vertrek van mnr. Dries Struwig aan die einde van 2015 was die skool met groot uitdagings getrotseer. Hierdie vakatures is in die loop van die eerste kwartaal gevul met die aanstelling van mnr. Rudi Kritzinger en me. Karin Jordaan. Beide hierdie twee persone verlaat ook weer die skool aan die einde van 2016. Groot dank en waardering aan me. Liesbet Erasmus wat die skool in tye van afwesigheid van personeel bygestaan het haar ervaring en kundigheid was die skool die afgelope jaar tot groot hulp. Ons verloor ook die uiters kundige en ervare me. Alet Engelbrecht in die tale departement. Ons dank ook aan haar vir die uiters waardevolle insette wat sy gelewer het. Ons wens haar n aangename rustydperk toe. Aan me. Alida Kritzinger wat ons ook verlaat nadat die pos weens finansiële redes afgeskaf moes word, groot dank aan haar vir die besondere wyse waarop sy die LO-klasse en sportorganisasie hanteer het. Ons wens al hierdie persone net die beste toe vir die toekoms. Die volgende persone is aangestel in die vakante poste vir aanstaande jaar : Mnre. Steve Kruger (NW/TEG/SPORT) en Daniël Terblanche (WISK/EBW/SPORT) en me. Gerda-Mari Carstens (AFR/ENG/LO). Ons vertrou dat hierdie nuwelinge op die personeel baie gelukkig sal wees in hul nuwe omgewing en ons wens hulle slegs die beste toe vir 2017. 7. SKOOLKOSHUIS Na verskeie vergaderings en besprekings met die departement van onderwys, is die koshuis vir die derde kwartaal van 2016 geopen. Ongelukkig het die departement weereens nie hulle ooreenkoms aangaande die betaling van die goedgekeurde koshuissubsidie nagekom nie en is ons gedwing om die koshuis weer te sluit. 8. AKADEMIE Die uitdagings op akademiese terrein word by die dag groter. Leerders oor die totale spektrum ervaar groot agterstande, veral leesvaardighede en gesyferdheid. Daar word aansienlike ingryping vir 2017 beplan in die sin van remediërende klasse wat op geskeduleerde tye in die skoolrooster aangebied sal word om leerders te ondersteun wat hulp benodig. Daar word n beroep op ouers gedoen om hul kinders te ondersteun en saam met die skool te werk wanneer daar sekere ingrypings gedoen word. Die afwesigheid van n vaste studieroetine tuis, toegewydheid tot leer en n gedissiplineerde lewensstyl is van die grootste probleme wat die skool daagliks ervaar en moet hanteer. Die sukses van die LSOB-klas kan nie genoeg beklemtoon word nie. Die vooruitgang wat hierdie leerders toon is merkwaardig en gee hulle n definitiewe ervaring van sukses en vooruitgang. Dankie aan me. Olivier vir haar leiding en insette aan wie leerders en ouers groot dank verskuldig is. Die jaar 2016 het dan ook die begin van n besondere samewerkingsooreenkoms tussen Hoërskool Kaap Recife en McLachlan gesien. HS Kaap Recife het besluit om n uitreikaksie na McLachlan te inisieer aangesien hulle oortuig is dat die werk wat hier gedoen word om leerders met leerprobleme en ander leerhindernisse te help, dit regverdig om hul gespesialiseerde personeeldienste aan ons beskikbaar te stel om leerders te assesseer en waardevolle kliniese, sielkundige, verskeie terapeutiese leiding/advies te verskaf. Ons sien uit na 2017 om hierdie pad saam met hulle te stap om sodoende net die beste vir alle leerders in McLachlan te beredder. 3

Ons gelukwense en waardering aan al die leerders wat die afgelope jaar werklike moeite gedoen om net hul beste te lewer, dikwels onder baie moeilike omgewingsomstandighede, en steeds susksesvol presteer het. Julle is die wenners en toekoms van die land. Opregte dank aan al die personeel van 2016, tesame met die administratiewe en ondersteuningspersoneel, vir volgehoue harde kwaliteitwerk om ons skool se naam hoog te hou en te verseker dat daar aan die toekoms van ons leerders gebou word om n suksesvolle volwasse lewe te verseker. Sonder die ondersteuning en aktiewe betrokkenheid van die Skoolbeheerliggaam sal al bogenoemde pogings nie kan vlot nie en dra ons ook ons dank aan hierdie besondere manne en vroue op. Mag hierdie besondere band van samewerking in 2017 voortgesit word. 9. KULTUURAANGELEENTHEDE RADIKALE REDENAARS Redenaars en lesers van poësie en prosa het gedurende 2016 die eerste keer aan die Radikale Redenaars kompetisie deelgeneem. Ria-Mi Ferreira het n besondere prestasie behaal om as wenner van die Oos-Kaap Radikale Redenaars in haar kategorie, aan die Nasionale finaal in Garsfontein, Pretoria deel te neem. SKAAK Bertram Madott het vir twee dae by die skool kom skaak afrig. Hy is die afrigter van Jesse February, die Afrikaskaakkampioen, asook van vyf Springbokskaakspelers wat vanjaar in Rusland gaan deelneem het. Skaak is baie gewild in McLachlan. LAERSKOOLKULTUURWEEK Tussen 15 tot 19 Augustus het die laerskool n baie suksesvolle kultuurweek aangebied. Hierdie kultuurweek gaan n jaarlikse instelling word. Een van die hoogtepunte van die week was die besoek van Jesse February, die Afrikaskaakkampioen. KUNSUITSTALLING Op 4 Mei het De Oude Galerij n kunsuitstalling in die skool aangebied en n skildery ter waarde van R2500 geskenk. STULTINGKUNSFEES McLachlan het 13 deelnemers na die Stultingfees gestuur wat aan fotografie, visuele kuns en drama deelgeneem het. Vier leerders het 100% in hulle onderskeie afdelings behaal. DESPATCH-KUNSTEFEES Op 9 en 10 Mei het McLachlan aan die Despatch-kunstefees deelgeneem. MNR. EN MEJ. McLACHLAN Die VRL het Mnr. en Mej. McLachlan aangebied. Die wenners hier was Tarine Strydom, Danie de Vos, Kyla Kennedy en Jan-Jacob Kritzinger. DIE BLAKER Die skool het n skoolkoerant waarop ons baie trots kan wees en wat elke semester verskyn. Tania Deist vervang Danie de Vos as redakteur vir 2017. Dankie vir die praguitgawes van die afgelope jaar. 4

J.P. DU PLESSIS-TONEELGESELSKAP Die J.P. du Plessis-toneelgeselskap besoek jaarliks die skool om die graad 12-voorgeskrewe roman, Kwart-voor-sewelelie te vertolk. Die graad 12 s vind besondere baat by hierdie aanbieding. MAKIETIE Aan die begin van die jaar het die leerders weer makietie gehou om die skooljaar in die regte gees af te skop. Dis n geleentheid wat hulle het om hulle talente vir die res van die skool te toon en om selfvertroue te bou om voor n gehoor op te tree. Hierdie was n baie genotvolle geleentheid soos al die ander jare. 9. ATKV-NUUS Die skool het weer vanjaar aan verskeie ATKV-projekte deelgeneem. ATKV-REDENAARS Vier ATKV-redenaars van HS McLachlan het tydens die uitdunrondte in Port Elizabeth na die semi-finale rondte van die Oos-Kaap en Wes-Kaap redenaars in George deurgedring. Hannes Strydom het aan die onvoorbereide toespraakafdeling deelgeneem, terwyl Miencke en Carla Strydom en Elzé Potgieter aan die voorbereide toespraak-afdeling deelgeneem het. Carla het in dié rondte n derde plek behaal. Leerders word aangemoedig om aan die kultuuraktiwiteit deel te neem, want dit berei jou voor om makliker voor mense te praat. ATKV-LEESPROJEK Verskillende grade neem aan die ATKV-leesprojek deel en het die voorreg om boeke wat deur die ATKV verskaf word deur te lees vir beoordeling. ATKV-R62-KAMERADE Hierdie jeuggroep was besonder aktief gedurende 2016 en het verskeie opwindende, interessante en leersame aktiwiteite vir die leerders aangebied. Tydens die eerste kwartaal is n redenaarsinligtingsaand aangebied waar leerders ingelig is hoe om n toespraak te skryf en hoe om dit interessant aan te bied. n ATKV-applousaand is ook gehou waar deelnemers met verskillende rekwisiete n idioom as n toneelstukkie op die planke moes bring. Die uitbeelding van n spreekwoord tydens die ATKV-civviedag het ook groot aftrek gekry. Tydens die laerskool kultuurweek gedurende Augustus is n Taal-Toffie vasvra vir laerskoolleerders gehou. Sommige antwoorde het die gehoor lekker laat lag. Met die Langklooffees het die nuwe R62-ATKV Kamerade-bestuur ook n heerlike boeresport vir alle leerders aangebied. ATKV-VLYMSKERPVASVRA McLachlan het vanjaar vir die eerste keer aan die ATKV-vlymskerpvasvra deelgeneem. Ons was die jongste span en het glad nie vir die groot kanonne teruggestaan nie. Die deelnemers was Tarine Strydom, Anton van der Mescht, Elzé Potgieter en Tiffany Lyons. ATKV-AFRIKAANSOLIMPIADE Carla Strydom, Leanette Maarman en Chardonay Lindoor het aan die sr. olimpiade deelgeneem en baie goed gevaar. 5

ATKV/LAPA-LEKKERLEESFEES Altesaam 113 ywerige lesers het vir die tweede jaar aan die leesfees deelgeneem. McLachlan het 34 gratis storieboeke van die ATKV ontvang. Hierdie projek poog om n liefde vir lees by kinders aan te moedig. ATKV-TIENERTONEEL McLachlan het vanjaar weer aan die ATKV-tienertoneel deelgeneem en deelnemers het uitstekende ervarings en leergeleenthede ervaar. 10. OLIMPIADE DEELNAMES WêRELDKENNISOLIMPIADE Agt leerders het aan die wêreldkennisolimpiade deelgeneem. CONQUESTA OLIMPIADE Leerders neem graag aan die olimpiade deel om hul kennis te verbreed en hul vaardighede te verbeter. Ses graad drie leerders het aan die Olimpiade deelgeneem. Ria-Mi Ferreira en Pieter Strydom het 100% in die Afrikaanse vraestel behaal. Die intermediêre fase was ook goed verteenwoordig met drie en dertig leerders wat deelgeneem het. Nerine-Mari Pienaar het 100% in die Afrikaans Vraestel 2 verwerf. Alle leerders het reeds met trots hul sertifikate ontvang. 11. VCSV 2016 was n VCSV-jaar sonder juffrou Susan en waarin mnr. Johan saam met die Kringleiergroep die VCSV aksie in die skool organiseer het. Die jaar skop af met die kringindelings van ons Hoërskoolleerders saam met die 19 Kringleiers olv van die bestuur. Die laerskool gr 4-7 klasse het VCSV-interaktiewe lesse onder leiding van juff. Riana, Marie, Elaine en Tania elke tweede week beleef. Ons 2016 Tema was: Liefde bepaal, met kringe oor God se liefde, my identiteit in Christus, my emosies onder Sy beheer, versoening en ingeskakel wees by mede-christene. Die kringleiers het n opleidingseminaar olv die Diensjaar vir Christusspan meegemaak in Feb 2016 om ons almal ingestel en gefokus te hou vir die jaar. Die hele skool het n paar interessante en besielende lesse saam met die WHOspan beleef. Daar was n gr. 3 en 4 kamp in Maart waarna 23 leerders saam met juffrou Janine en tannie Engela gegaan het. Hulle het die opwinding van die aktiwiteite en geestelike samesang baie geniet. In die Maartvakansie was dit die groot Imagine Provinsiale Saamtrek te Mentoorskraal waar ons 18 gr 10- tot 12- leerders unieke en baie diep belewings gehad het met al die #-onderwerpe; #See God sien jou en my raak, #Building Bridges - van ons rol in n gebroke samelewing, #Go Tell ons onbeskaamde getuienis. Dit het beslis n reuse impak op ons lede en maats gehad. Die Meimaand kampe is ook deur van ons lede bygewoon, waartydens hulle baie goeie geestelike pitkos gekry het, veral voor die groot Junie-eksamen. Die winter-serpe-koekverkoping op een Vrydag was n lekker pretaktiwiteit vir die hele skool met musiek en kompetisies. Die kringleiers se smulhappies is baie vinnig uitverkoop. Op Donderdag, 28 Julie 2016, het ons die 120ste bestaansjaar van die Verenigende Christen Studente Vereniging in SA gevier. Hierdie vereniging is op 28 Julie 1896 te Stellenbosch gestig onder voorsitterskap van dr. Andrew Murray. Ons het vroegoggend n spesiale kringgebed onder die vlagpale van die skool gehou n simbool dat ons die hele skool, 6

kinders, onderwysers en ouers onder gesag van Jesus plaas. Ons het n spesiale muntlegging eerste pouse gehou om die 120 jaar se genade en seën te vier, asook die voorreg wat ons as n Christenskool het om by so n dinamiese organisasie betrokke te wees. Die sakke vol munte is gewas en getel deur mnr. Schlechter se Wiskundeklasse en ons het R2 300 inbetaal wat onder andere ons ledegeld gedek het. Tweede pouse het die hele skool n verjaarsdagsuigstokkie gekry nadat n krone-parade gehou is en wenners aangewys is. Die gr. 5- en 6-leerders het ook in September n lekker Imagine Kidz kamp op Jeffreysbaai bygewoon saam met ander laerskole in ons sirkel. Hulle het die speletjies en slippyslide baie geniet. Behalwe die kringleiers se kringe het ons ook n tienervriendelike saalbyeenkoms gehou vir die res van die skool, n heerlike praise and worship saam met juffrou Madelein en ons eie kringafsluitings vir die jaar in die vierde kwartaal. Baie dankie vir die kringleiers en bestuur van 2016 vir n opwindende geestelike reis in ons VCSV-tak ons dank die Here vir n geseënde jaar onder Sy Alwyse genade! Bestuur o.l.v. mnr Johan Schlechter 12. ANDER AKTIWITEITE EXPO Twee leerders het die afgelope jaar aan die ESKOM Expo vir Jong Wetenskaplikes deelgeneem: Sarah Labuschagne en Cyle Thornton Smith het deelgeneem. Sarah het n silwer medalje ontvang tydens die eerste rondte en Cyle het by die nasionale ESKOM Expo in Pretoria n silwer medalje vir sy projek verwerf. Baie geluk met hierdie mooi prestasie. OPVOEDKUNDIGE UITSTAPPIES Die graad 11-toerismeklas het vanjaar gedurende toerismemaand, September, die Tsitsikamma en Stormsrivier besoek. Daar het hulle kennis gemaak met avontuurtoerisme en werksgeleenthede in die toerismesektor. Die canopy -toer oor die boomtoppe van die Tsitsikamma was n hoogtepunt van die geleentheid. 13. VRL-JAARVERSLAG 2016 Die VRL het reeds hul jaartermyn in Oktober 2015 begin met n leierskapskamp na die eindeksamen in PE, waartydens waardevolle insigte verwerf is en beplan is vir 2016. Die Verteenwoordige Raad van Leerders skop 2016 af met baie skoolverpligtinge om te help met die skoolorganisasie en leerders se welstand. Dink maar net aan die Gr 1-leerders se instapseremonie met die Matrieks. Die Valentynssokkie was n lekker pret en groepsbou sosiale-aand wat hulle vir die hoërskool leerders gereël het met die tema Rooikappie in die Woud, waar Danie die sterke Rooikappie was en Gerald die lelike wrede wolf!! Natuurlik het hulle eers op Valentynsdag gehelp om Cupido te speel met al die laerskoolbriefies en blomme. Later die kwartaal het die VRL en hul ouers vir ons n vrolike Mnr en Mej McLachlan-aand gereël waaraan ons Juniors en Seniors kon deelneem. Dit was weer n hoogtepunt op ons leerders se sosiale kalender. In die tweede kwartaal het ons VRL n Vrydag Civvie en Verkopings-dag gehou, wat sommer ook die koue en honger verdryf het. Ons het sodoende ons VRL-beursie lekker volgemaak sodat ons vir die skool in die 3de kwartaal as geskenk n spoggerige nuwe seremoniële banier kon laat maak. Die nuwe skoolvlag het hulle in die 4de kwartaal laat maak namens die Matrieks van 2016 en Uitvoerende-Komitee. 7

Die demokratiese verkose leiers het ook gereeld tydens saalopeninge opgetree asook hul eie saalbyeenkoms behartig saam met hul skakelonderwyser, mnr. Johan Schlechter. Die gereelde verjaarsdagwense en skouerruikers het onderwysers heeltyd herinner aan hierdie waardevolle jeugleiers in ons skool. Die VRL-lede se evaluering van hul jaar het uitgewys dat leerders se dissipline besig is om te verswak en dat respek vir gesag moeiliker raak. Die VRL-detensie se tande was nie skerp genoeg om gereelde oortreders kort te vat nie. Tog voel hulle dat die groep goed saam gewerk het en getrou op hul poste was om te help met die skoolorganisasie, dissipline en dienste. Onder Hannes en Arnell as hoofleiers se sensitiewe leiding het elke lid gegroei en geleer. Ons as skool bedank elke lid saam met sy/haar gesin vir die 2016 dienstydperk in HS McLachlan en vertrou dat die lewenslesse wat hulle in die leiersposisies geleer het vorentoe nog baie vrug sal dra. Johan Schlechter Skakelonderwyser 2016 14. SKOLESPORT Hoërskoolnetbal Die Hoërskool het n netbalspan vir elke ouderdomsgroep. Ons was gelukkig om wedstryde vir al hierdie spanne te kon reël. By die o/14 en o/15 dogters kon ons selfs twee spanne saamgestel het vir elke groep. Die deelname aan die Oos-Kaap netbalproewe was n goeie ondervinding vir n hele aantal van ons dogters. Marli van Zyl, Elze Potgieter, Mekayla Leeuw, Kyla Kennedy, Eqaile Mtshaulana, Shenique Lindoor, Marinda Strydom, Tarine Strydom, Leanette Maarman en Carla Strydom het almal uitstekend gevaar. Marli van Zyl was ons netbalster wat by die proewe gekies was vir die o/14 Oos-Kaap span. Daar het sy uitmuntend gevaar en ons trots gemaak. Marli het die seisoen begin op n HV posisie, haarself as VV bewys en die seisoen as n flukse, bedrywige S afgesluit. Al die spanne het heelwat wedstryde tuis en weg gespeel. Ons was selfs die gasheer vir n Engelse Toerspan, Park House Sports College. Ons 0/17 span het goed gevaar maar PHS College het gewen. McLachlan se o/15 span het die Engelsespan egter n ding of twee gewys en die wedstryd oortuigend gewen. Die O/19-netbalspanne het verskeie wedstryde gespeel en uitstekend gevaar. Dit was veral tydens die Markötterdag dat die span almal verras het met hul puik spel. Die o/14 en o/15 spanne was ook aangewys as die Koukamma-netballiga wenners. Ons is trots op hulle en alhoewel hulle nie provinsiaal deurgedring het nie het hulle uitstekend gespeel. Dit was n baie besonderse en aangename seisoen waarin ons dogters baie gegroei het in hul netbalvaardighede en met trots kan sê dat ons meerderheid van ons wedstryde gewen het. Die netbaldogters se potentiaal is groot en hul netbaltoekoms lê blink voor hulle. Laerskoolnetbal Die laerskool netbalspanne is georganiseerd, gemotiveerd en oefen hard om sukses te behaal. Al die spanne van 0/7 tot 0/13 het aan verskeie sportdae deelgeneem. Tydens Hoërskool McLachlan se Kermis was al 8 laerskoolnetbalspanne in aksie. Die 0/11-span het uitstekend gevaar en was ook die wenners van die streek se ligawedstryde. Tydens die Stulting-sportdag is hul ook met n besondere toekenning beloon. 8

Tennis Hoërskool Dit het hierdie jaar baie goed gegaan met die tennis. Ons het aan ligawedstyde deelgeneem. Die seuns tennisspan het al hulle wedstryde gewen. Die meisies het min wedstyde gespeel a.g.v. skole wat wedstryde aanhoudend gekanselleer het. Die seuns en meisies het baie goeie tennis gespeel. Dankie aan elkeen wat so gereeld kom oefen het en hulle beskikbaar gestel het vir wedstryde. Laerskool Ons laerskool het die hele jaar op weeklikse basis tennisoefeninge gehad. Hoërskool Paul Sauer het teen ons kom speel. Daar het heelwat spelers die geleentheid gekry om deel te neem. Dit was vir baie spelers n groot geleentheid. Ons het hierdie jaar weer vir mnr. Ronnie Petersen as professionele afrigter gehad wat met ongeveer 50 spelers werk. Dit lyk belowend vir die toekoms as ons sien hoeveel kleintjies afrigting ontvang. Ons het groot waardering vir sy afrigting. Atletiek Die atletiekseisoen by Hoërskool McLachlan is altyd n hoogtepunt vir al die hoër- en laerskoolatlete. Tydens die kleuresport het die gedugte rooi- en geelspan die toeskouers vermaak met hul kleurryke uitrustings. Baie rekords is ook tydens dié byeenkoms verbeter. Op 29 Januarie 2016 het Hoërskool McLachlan die Hoërskool Koukamma Atletiekbyeenkoms aangebied. Elf skole het aan hierdie warm, maar geslaagde byeenkoms deelgeneem. Hoërskool McLachlan het ook n spog SOK-atletiekbyeenkoms aangebied. n Asemrowende massavertoning deur graad 3 tot 12 leerders het toeskouers na hul asem laat snak. Verskeie spanbekers is die dag verower. Die hoërskoolatlete het met die skild weggestap. Natuurlik was McLachlan weer vir die agste opeenvolgende jaar die algehele wenner van SOK 2016. Weer eens baie dankie aan die borge en die ouergemeenskap wat die dag n onvergeetlike ervaring vir die deelnemende skole gemaak het. Die elfjarige, Sanmari Potgieter het tydens die Oos-Kaap Atletiekkampioenskappe n kwalifiserende tyd in die 80 meter gehardloop en het sy haar plek in die Oos-Kaap Atletiekspan verseker. Gedurende 11 en 12 Maart het sy aan die Suid- Afrikaanse Atletiekkampioenskappe vir laerskole in Port Elizabeth deelgeneem. Danie de Vos (0/19) het op sy beurt kwalifiserende afstande in hamergooi aangeteken en is gekeur vir die Oos-Kaap Atletiekspan en het ook die Oostelike Provinsie verteenwoordig. Hierdie byeenkomste was onderskeidelik in Bloemfontein en Germiston. Tydens die Oos-Kaap Atletiekkampioenskappe het Carla Strydom (0/17) ook n kwalifiserende afstand in spiesgooi behaal en is sy ook in die Oostelike Provinsie Atletiekspan opgeneem. Hoërskool McLachlan wil al die ouers bedank wat altyd bereid is om as afrigter of beampte in dié bedrywige atletiekseisoen op te tree. Rugby- en netbaltoer Die 0/13 rugby- en netbalspelers was gedurende 26 tot 28 Augustus 2016 op n onvergeetlike toer na Hartenbos. Die Saterdag het hul aan die Blanco sportdag deelgeneem. Weer eens wil ons die borge bedank, want sonder u toegewyde finansiële ondersteuning sou dié toer nie moontlik gewees het nie. 9

Laerskool rugby Hoërskool McLachlan spog met twee opkomende jong rugbyspelers. Jaco Mostert het die 0/12-Kouga Subunie-span verteenwoordig. Ruben Barnard, het weer vir die OP-0/13-laerskool Cravenweekspan wat vanaf 3 tot 8 Julie by Paarl Gimnasium in aksie was, uitgedraf. Hoërskool rugby Hoërskool McLachlan se rugbyspanne gaan van krag tot krag. Verskeie spelers het hul plek in streekspanne volgestaan. Anton van der Mescht, Raymondo Draai, Nicholas Douglas en Cameron le Vack het die 0/15-Subunie Kougaspan verteenwoordig. Die 0/19-spelers Danie de Vos, Cameron Botha en Davian Draai het weer hul hart in die OP- Plattelandspan uitgespeel. Danie de Vos het geskiedenis gemaak om die eerste rugbyspeler van HS McLachlan te word wat gekies is vir die Itec 0/19 SA Platteland rugbyspan wat gedurende die Oktobervakansie in Engeland rugby gaan speel het. Karate Hoërskool McLachlan spog ook met Mienke Strydom wat n besondere prestasie in karate behaal het. Sy is gekies om aan die JKS-Shoto-Federasie-Karate-Do Kampioenskappe in Glasgow Skotland deel te neem. Dis beslis die eerste keer dat so n prestasie Hoërskool McLachlan te beurt val. Die Suid-Afrikaanse span het n algehele sesde plek tydens die kampioenskappe verwerf. Wanneer ons terugkyk op die pad van 2016 is dit met n hart van opregte dank vir al die geleenthede wat daar vir ons leerders was waaraan hulle kon deelneem om sodoende te ontwikkel en te groei na wasdom. Dankie aan elkeen wat n bydrae gelewer het en insette gemaak het sodat McLachlan kon streef na groter hoogtes en horisonne kon verbreed. Dank aan ons Hemelse Vader vir Sy hand van leiding, beskerming en voorsiening. Voorspoed vir 2017! Die uwe BotesGresse Skoolhoof: Hoërskool McLachlan 10