AANKONDIGINGE 24 SEPTEMBER 2017

Vergelijkbare documenten
AANKONDIGINGE 8 OKTOBER 2017

AANKONDIGINGE 17 SEPTEMBER 2017

AANKONDIGINGE 7 OKTOBER 2018

AANKONDIGINGE 22 OKTOBER 2017

Ned. Geref. Kerk Kuilsrivier-De Eike

Ned. Geref. Kerk Kuilsrivier-De Eike

AANKONDIGINGE 13 JANUARIE 2019

Ned. Geref. Kerk Kuilsrivier-De Eike

AANKONDIGINGE 18 FEBRUARIE 2018

AANKONDIGINGE 16 SEPTEMBER 2018

AANKONDIGINGE 19 AUGUSTUS 2018

AANKONDIGINGE 5 AUGUSTUS 2018

AANKONDIGINGE 11 MAART 2018

Ned. Geref. Kerk Kuilsrivier-De Eike

AANKONDIGINGE 25 MAART 2018

AANKONDIGINGE 2 SEPTEMBER 2018

AANKONDIGINGE 29 APRIL 2018

AANKONDIGINGE 10 JUNIE 2018

AANKONDIGINGE 18 MAART 2018

AANKONDIGINGE 28 OKTOBER 2018

AANKONDIGINGE 12 NOVEMBER 2017

AANKONDIGINGE 4 NOVEMBER 2018

Januarie Sondag Maandag Dinsdag Woensdag Donderdag Vrydag Saterdag. 24 Sopkombuis 08:00 Snr Kuier 09:30 Kerkraad 18:00

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

Jesaja sien die Toekoms

AANKONDIGINGE 26 NOVEMBER 2017

AANKONDIGINGE 20 MEI 2018

AANKONDIGINGE 11 FEBRUARIE 2018

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

AANKONDIGINGE 26 AUGUSTUS 2018

Tel: (018) Faks: (018) Webwerf: Epos:

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

Iederark. Wat gebeur DV hierdie week.

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Welkom by Die Storie God se storie

AANKONDIGINGE 13 MEI 2018

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

Preek Romeine 1:16-17

Iederark. hom oor die waarheid. Bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles. Dit sê

Wat gebeur DV hierdie week. Gebedskrygers Oggenddiens Dankofferfees Koffiediens. 07:30 09:15 17:30 Maandag 9 November

Tel: Eerste kwartaal OM GOD TE KEN Statistiek: Oggend: 09:00. Johann Pieters Sel:

SKOLE HEROPEN 20 WEEK VAN GEBED :30 Vroue Bybelstudie

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

GEMEENTE REËLINGS Augustus EREDIENS. Ds. Chris Barnardo (NG Gemeente Kuilsrivier De Eike) Kategese en teedrink na die erediens

Wellington Moeder en -Noord NG Gemeentes. Algemene vrae. * 1. Is jy manlik of vroulik? * 2. Hoe sou jy jou verhouding met Jesus Christus beskryf?

die ark en neem jou gesin saam. Van almal op die aarde het jy die naaste aan my geleef. Binne 7 dae stuur Ek reën.

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

Inhoudsopgawe. Voorwoord

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)?

AANKONDIGINGE 11 NOVEMBER 2018

BY EMILY SE HUIS. Emily, ek het jou gesê om vir my bier en sigarette te gaan koop.

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2012

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap.

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

Sondag Maandag Dinsdag Woensdag Donderdag Vrydag Saterdag. i iti. Sopprojek begin - groep A. Sopprojek-groep B. Gebedsgeleentheid.

Iederark. Uitgawe 22/ Junie Wat gebeur die week: Sondag 18 Junie Erediens 09:15 Koffiediens 17:30 Doop

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Goeie Konings, Slegte Konings

Paulus en sy vriende vertel ander van God

n Tempel Leier besoek Jesus

23 WEEK VAN GEBED 24 WEEK VAN GEBED :30 Senior Burger Bybelstudie :30 Vroue Bybelstudie

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

Aanbieding 1 Agtergrond. Skrywer van 2 Petrus

AANKONDIGINGE 29 OKTOBER 2017

Pragtige Koningin Ester

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 6: TEKS: 1 Korintiërs 6:19 HK 1:1. Ook ons liggame behoort aan die Here. Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

KERK-IN-SUID Nuwe Gewoontes Nuwe Werklikhede. "waar die Gees lewens en gemeenskappe verander" 9 Skole begin

Les 14: Entrepreneurskap

Luister en praat. Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun?

Hoe om die geboorte van jou kind te registreer

Tygienuus. SATERDAG 28 April Meneer Peet Schoeman verjaar! Juffrou Anje Swanepoel verjaar! Juffrou Estelle Kriek verjaar!

SKOLE HEROPEN 17 WEEK VAN GEBED 18 WEEK VAN GEBED :30 Vroue Bybelstudie :30 Senior Burger Bybelstudie

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

Verduidelik nou vir die kinders die insamelingsmetodes wat vir jul gemeente / skool sal werk.

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

Kerksaal, Eerstelaan 38, om 08:30: Ds. Hendrik Saayman lei die Nagmaal. Tema: Onthou om te onthou

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

LITURGIE VIR N OOP GESPREK

Ontdek God Saam. (v 1.0) n Riglyn om nuwe groepe te lei

JANUARIE 2018 Sondag

Tema van die dag is ons bekommernisse, en wat om daarmee te maak.

Iederark (018) (018) jou vriende. (Persiese spreuk)

Toe God alles gemaak het

SUKSES vir 2006 I Gedagtes

Die Groot Gebod dennis de wet

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

KERK-IN-SUID. Waar die Gees lewens en gemeenskappe verander. 17 Skole begin

Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees?

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

Transcriptie:

AANKONDIGINGE 24 SEPTEMBER 2017 Posbus 272 021 903 3818 E-pos adres: ngkeike@cybersmart.co.za Kuilsrivier Faks 021 903 9541 info@ngkeike.co.za Webwerf : www.ngkeike.co.za Kantoorure: Maandag tot Vrydag08:00 12:00 Bankbesonderhede: ABSA takkode 632005; Rekeningnommer 3010590069 Leraars: Ds. H Burger Ds. C Barnardo Ds. J Morkel Ds. J Viljoen 021 903 1798 021 982 7076 021 903 6654 084 383 7427 Saakgelastigde Mariana van Schalkwyk 021 903 3818 Sekretaresse Cathy Fullard 021 903 3818 Koster Tim Burrows 021 903 3818 of 082 444 5677 koster@ngkeike.co.za Kinderkerk Riëtta Odendal 021 903 4963 Snr Kategese Anien Heydenrych 074 496 6519 Orrelis René Ferreira 021 981 4806 (h) W E L K O M B Y D I E E R E D I E N S! NUWE INTREKKERS : Baie welkom in die gemeente. By die deure is nuwe intrekkervorms beskikbaar. Voltooi dit asb. sodat ons jou kan kontak. VANDAG SE PROGRAM SESTIENDE SONDAG IN KONINKRYKSTYD Tyd Diens/Geleentheid Prediker/Lokaal 09:00 Samekoms van kerkraadslede Koster se kantoor 09:30 EREDIENS Deuroffer: Magdalenahuis Erediensspan 2 Charl van Zyl Ds. Jandré Viljoen Geen Geen Geen Kinderkerk a.g.v. langnaweek Informele Aanddiens Senior Kategese

GEMEENTE DAGBOEK G E B E D S O N D E R W E R P V I R D I E W E E K : Skoolvakansie L E E S R O O S T E R T E K S T E V I R D I E W E E K : F i l 2 : 1-1 3 ; E k s 1 7 : 1-7; P s 7 8 : 1-4, 1 2-1 6 ; M a t t 2 1 : 2 3-32 MAANDAG, 25 SEPTEMBER Openbare vakansiedag geen Bybelstudiebyeenkomste DINSDAG, 26 SEPTEMBER Senior Burgers geen byeenkoms 19:00 Pannie se kleingroep byeenkoms by Pannie se huis 19:00 Kerkkoor oefen in kerk WOENSDAG, 27 SEPTEMBER 09:30 Senior Burger Lente tee alle Senior Burgers welkom Vrouelidmate geen byeenkoms DONDERDAG, 28 SEPTEMBER 09:30 Dienssentrum vir Seniors by NGK Moedergemeente se kerksaal Sopkombuis - Othello Aftree-oord, Elize van Wyk SKOLE SLUIT 09:30 Gebedsgeleentheid in Moederskamer VRYDAG, 29 SEPTEMBER SATERDAG, 30 SEPTEMBER SONDAG, 1 OKTOBER BIDDAG VIR BEJAARDES BIDDAG VIR BEDIENING AAN JODE 09:30 Oggenddiens bevestiging van kerkraadslede Slegs deurkollekte ten bate van gemeente se eie fonds Erediensspan 3 Johan Norman Geen Kinderkerk Geen Informele aanddiens Geen Senior kategese

VANDAG SE DEUROFFER MAGDALENAHUIS Die Magdalenahuis Beradingsentrum is al meer as n eeu oud en fokus op drie diensterreine naamlik swangerskapsberading, aanneming en herkomsnavrae. n Veilige hawe word geskep vir swanger getraumatiseerde meisies/vroue deur middel van inwoning en inskakeling by n omvattende ontwikkelingsgerigte program. Dit sluit in mediese versorging, individuele/groeps-berading, ontwikkeling van lewens- en entrepreneurs vaardighede en pastorale sorg. Persone kan, indien verkies, ook op buite-pasiënte basis inskakel. n Groot aantal inwoners kom vanuit swak maatskaplike omstandighede en het nie ondersteuningstelsels nie. Die sentrum is grotendeels afhanklik van bydraes van gemeentes. Kontakbesonderhede: Mev S du Plessis 021-948-3637 info@magdalena.org.za VERJAARSDAE VIR DIE WEEK EN DIE KOMENDE VAKANSIE 24/09 Johan Nel, Janita Brits,Jacques Pienaar, Nikita van Aswegen 25/09 Marcelle Schreuder, Jandré Swanepoel, Celésti van Zyl, Hannes Matthee, André le Grange, Leeanne de Wit, Pop Swart, Janelle Smit 26/09 André Smuts, Dori-ann Schäfer, Gerhard Swart, Jannie Carstens, Carli Carstens, De Wet Groenewald 27/09 Wynand Deysel, Danie Bruwer, Nora van der Merwe, Kyler Celentano, Jorina Botha 28/09 Tielman Roos, Jean-Pierre Toua, Estelle Hugo, Gerhard Vremaak, Caylem du Plessis, Daniël Gresse 29/09 Marja van Dalen, Karen de Reuck, Estelle le Roux, Charl Nel, Johan Carstens 30/09 Jacques Boonzaaier (jnr), Riaan van Zyl, Petra Wickens, Ruald Coetzee, Anré Louw, Pieter -Willem van Wyk, Annelize Engelbrecht 01/10 Susan Enslin, Dihan Vorster, Johan Weber, Manie Engelbrecht 02/10 Marieke Swanepoel, Lizaan Maré, Johanné Orffner, Leon Vermaak 03/10 Marte-lize van Eeden, Charl van Zyl, Adri Burger, Emrich Westenberg 04/10 Dane Laing, Rochelle Louw, Natasha Smit 05/10 Suzette Steyn, Lorraine Louw, Piet Grundlingh, Tertius le Roux, Andren du Preez, Lenie Nell 06/10 Chris Traut, Jerome Losper, Trevor Langridge, Delina van der Westhuizen, Rentia Kleinhans, Jeanette Smit, Leandri van der Westhuyzen, Juanita Geyer, Francien Johannes 07/10 Luandi Engelbrecht, Margaret Valentine, Marina Stemmet, Ronelda Visser, Christie Myburgh, Fafa Kotze, Botha Vorster DANKSEGGING EN VOORBIDDING 1. Tannie Lenie Muller (Huis de Kuilen, voorheen Sarphati Park) is oorlede. 2. Derick Smit (Salmonstraat 4) is oorlede. Die roudiens is Maandag om 11:00 in ons kerk. 3. Meyer van der Walt (Othello Aftree-oord) is in die hospitaal. 4. Oom Pietie de Wit is steeds in Intercare. 5. Pieter van Greunen is steeds onder sedasie in die hospitaal. Ons vra voorbidding vir hom en sy gesin. 6. Anita Jonas (Brackenfell) is tans in die hospitaal nadat sy n operasie ondergaan het. 7. Maret Joubert (Othello) is in die hospitaal.

VAN ALLES EN NOG WAT 1. Versoeke vir gebedsvoorbidding kan deurgegee word na enige van die gebedsgroepe by die volgende lidmate: Lerina Venter (021 903 9069) en Marita Koen (021 903 7820). 2. Liedere Versoekboek: indien daar n spesiale lied is wat jy graag wil versoek deur die gemeentegesing moet word, skryf dit gerus in die versoekboek wat in die vakkie in die voorportaal is. 3. Die Mediasentrum is gedurende die skoolkwartale elke Sondag na die erediens oop. 4. Ons is nog steeds op soek na ou tydskrifte om te versprei na minderbevoorregtes. Bring gerus na die kerkkantoor. Enige ou klere somer sowel as winterklere is ook welkom, sowel as beddegoed, handdoeke, gordyne, ens. 5. Sopkombuis: Lidmate wat graag n brood vir die sopkombuis wil skenk, kan dit in die mandjies by die deure plaas of na die kerkkantoor neem. Hulle versoek dat dit asb. gesnyde brode moet wees. 6. Alta du Toit Nasorg bied aan KLASSIEKE KONSERT 2017 met Charl du Plessis en die Tygerberg Kinderkoor op 29 Oktober 2017 om 16:00 by die Hugo Lambrechts Ouditorium in Parow. Kaartjies teen R120 per persoon (R100 vir pensionarisse) is beskikbaar by Computicket. 7. River Challange Saterdag 21 Oktober, Jan Kriel Skool. Ten bate van die Kuilsrivier Jeugtrust. Meer inligting is beskikbaar op Kuilsrivier Jeugtrust se Facebook. 8. Eredienstye vanaf Sondag 15 Oktober 2017 sal die oggenddiens om 9:00 begin. Die aanddiens se tyd bly onveranderd. 9. POSDAG Die Akker en die Tiende Maand Dankofferkoeverte is vandag beskikbaar. Blokleiers, wykleiers en dienswerkers moet dit asb. kom afhaal. 10. Tygerberg 104FM Sakebyeenkoms Donderdag 12 Oktober 2017 om 06:30 by die Willowbridge Barnyard. Die gasspreker is Jean de Villiers. Toegang is gratis, maar plek moet bespreek word by 0861 104 104 teen 6 Oktober 2017. 11. NGK Kerk Parow-Panorama se Snuffelmark vind plaas op Saterdag 30 September 2017 vanaf 09:00 tot 12:00. Behalwe vir al die wit olifante sal daar ook heerlike lekkernye te koop wees. Vir navrae skakel 021 930 3100. 12. Gebedsforum die volgende byeenkoms is Sondag 1 Oktober 2017 om 16:00 by Andanté Aftree-oord. 13. Ds. Chris is die naweek af waarna hy twee dae met verlof sal wees.

DIE KOMMISSIE VIR VROUELIDMATE GEDAGTE VIR DIE WEEK As n mens in God glo en Hom ken, vra jy nie langer: Wat is die sin van my lewe? nie. Jy lewe die sin van jou lewe. Karl Barth (1886 1968) SENIOR BURGER TEE Die jaarlikse SENIOR BURGER TEE, n hoogtepunt op die jaarprogram, vind vanjaar plaas op Woensdag 27 September 2017 om 09:30 in die kerksaal. Die toneelgroep STORIESKIP gaan ons kom vermaak met n komiese toneelstuk. Alle seniors is welkom by die geleentheid. Toegang is gratis en heerlike verversings sal beskikbaar wees. SKOOLVERLATERS Die kommissie gaan weer soos in die verlede aan al ons skoolverlaters n geskenkie gee op Sondag 15 Oktober 2017. Ons het die name van die volgende skoolverlaters op ons rekords. Indien jy bewus is van nog kinders wat vanjaar klaarmaak met skool, stel asseblief die kerkkantoor in kennis. Helené Britz, Danika Bruwer, Jandré du Raan, Monica Fourie, Cobus Groenewald, Alexander Klose, Zanelle Kotze, Henk Lategan, Carina Odendaal, Brad-Lee Prinsloo, Kirsten Small, Rynard Summers, Gerhardus Theron, Esli Triegaardt, Jana van der Merwe, Oscar van der Westhuizen, Philip Venter en Seané Venter DAMESOGGEND MET WANDA BAM Ons nooi al die dames uit na ons Damesoggend op Saterdag 14 Oktober 2017 om 09:30. Kom geniet 'n heerlike ontbyt en luister saam na Wanda Bam as gasspreker. Kaartjies teen R120 per persoon is beskikbaar by die Kerkkantoor (021 903 3818) of by ngkeike@cybersmart.co.za. VERSAMELDE WERK VAN CJ LANGENHOVEN Ons het n volledige stel van CJ Langenhoven se Versamelde werke 16 boeke. Dit is te koop ten bate van die basaarfonds. Ons het by n kenner uitgevind wat die waarde daarvan is. Indien jy belangstel in die stukkie letterkunde geskiedenis, gaan kyk gerus daarna by die kerkkantoor en maak n aanbod. Na 2 of 3 weke sal dit verkoop word aan die hoogste bod. Daar is n reserweprys van toepassing.

DANKOFFERFEES 29 OKTOBER 2017 Die koeverte en inligtingstuk vir ons Dankofferfees is vandag beskikbaar vir die Blokleiers sodat dit by ons as lidmate kan uitkom. Indien julle nie een kry nie, vra asb by die Dienswerker of Kerkkantoor. Vir ons denke oor Dankoffer: Jy kan dalk dink: my krag en my sterk hande het vir my al hierdie rykdom verwerf. Maar jy moet die Here jou God nie vergeet nie, want dit is Hy wat jou die krag gee om die rykdom te verwerf. Deut 8:17-18 Oor Dankoffer het Paulus o.a. geskryf: As die goeie goeie wil daar is en iemand gee volgens wat hy het, neem God die gawe aan. Hy verwag nie van hom wat hy nie het nie. (2 Kor 8:12) KHULA GROENTETUIN PROJEK De Eike Gemeente is gasheer vir n projek wat aangebied word deur ds. Sydney Saayman in organiese tuinbou. Die program kan gesien word as die kerk se getuienis ten opsigte van die groen erfenis en God se skepping wat aan ons toevertrou is om te bewaar. Organiese groente- en landbou maak nie gebruik van enige sintetiese stowwe of chemikaleë nie, maar gaan terug na die natuurlike manier van verbouing. Daar is verskeie redes/motiverings vir organiese verbouing: - kos wat ons in die winkels koop, is nie gesond nie - kos gaan al duurder word in die toekoms - droogtes sit al meer druk op die landbousektor om te voorsien vir die groeiende bevolking Die werkswinkels word aangebied op 21 en 28 Oktober (Saterdae) en die koste beloop R497 per persoon. Belangstellendes kan hul name by die kerkkantoor opgee. Is daar dalk n lidmaat wat bereid is om vir Sydney te help sodat die groentetuine op ons kerkgronde onderhou kan word? Hierdie persoon ontvang gratis opleiding tydens die werkswinkel. #IMAGINE KIDZ EXPERIENCE Gedurende die komende skoolvakansie word n vakansieprogram aangebied vir laerskoolkinders (ouderdom 10-12) in Hoërskool De Kuilen se aktiwiteitssentrum. Speletjies, handwerk, lof en aanbidding is op die program. Wanneer: 3 tot 5 Oktober 2017 Tyd: 08:00 tot 12:30 Koste: R100 Inskrywingsvorms is by die kerkkantoor beskikbaar.

VAKATURE: ORRELIS Ons het n vakature vir n orrelis om diens te aanvaar op 1 Januarie 2018 of so spoedig moontlik daarna. Volledige inligting en aansoekvorms is by die kerkkantoor beskikbaar. Sluitingsdatum vir aansoeke is 31 Oktober 2017. KOMMUNIKASIE IN DE EIKE Lidmate is welkom om oud-lidmate, kinders wat ver of selfs in die buiteland woon, vriende, ens. ook aan te moedig om in te skryf op ons weeklikse e-nuusbrief. Stuur bloot hul e-pos adresse na info@ngkeike.co.za. Gaan loer ook na ons webwerf by www.ngkeike.co.za. UITREIK NA NUWERUS GEMEENSKAP Ds Chris en sy belydenisklas gaan teen einde Oktober op n uitreik na die gemeenskap van Nuwerus. Ons ondersteun hulle nou al geruime tyd met gereelde bydraes van klere en ander items. Daar word tans naaldwerkklasse aangebied vir die inwoners en hulle benodig die volgende: - lappe, wol, breipenne, enige ander naaldwerkbenodighede Bydraes kan by die kerkkantoor afgegee word en sal dan saam met die uitreikspan na hulle gestuur word. PROJEK NUWERUS KOS VIR DIERE Die uitreik na Nuwerus maak nuwe energie los in ons Gemeente. Die uitreikspan gaan voer vir die diere saamneem. Johan Carstens is ons projekleier vir die voervir-diere. Ons neem mielies saam na Nuwerus. Vir R200 per sak kan jy deel wees van dié projek. Betaal jou R200 by die kerkkantoor. Kontak Johan Carstens by 083 628 0197 vir meer inligting. Tot op hede het lidmate ruimhartig reageer en is daar alreeds 5 ton voer beskikbaar vir ons na Nuwerus. Baie dankie aan almal. Dalk kan ons 15 ton voer ons doelwit maak!

. PREEKSKETS 24 SEPTEMBER 2017 PREDIKER: DS. JANDRé VILJOEN Skriflesing: Johannes 8:1-11 Liedere: Loflied: Lied 200:1-2 Toewydingslied: Lied 329 UitstuurliedL Lied 245:1-2 As n familie, het ons vir so rukkie op n kleinhoewe tussen Nylstroom en Warmbad gebly. Dit is op hierdie kleinhoewe waar ek vir die eerste keer lief geraak het vir grond die reuk en hoe dit lewe gegee het vir ons as familie. Hierdie lewe gewende grond laat my nou veral dink, hoe God lewe gegee het aan die mens, vanuit grond. Jesus kom doen dit in Johannes 8: 1-11. Gebruike en Wette Die skrifgeleerdes kom daag Jesus uit in hierdie teks. Hulle het geweet wat die wette van die tyd was. Hulle was n klomp jong arrogante manne met n baie sterk agenda. Klip harte Jesus sien hulle arrogansie en ontbloot hulle klip harte deur in die grond te skryf. Omvou Deur in die grond te skryf vereenselwig Jesus homself met die vrou, en gee haar menswaardigheid vir haar terug. Daardeur kom skep Jesus skoonheid vanuit stof. Jesus kom blaas weer nuwe lewe in die vrou se menswees in. Omvou - In wese is dit dan presies wat ons ook moet doen. Deur om mense lief te he, vanuit ons eie gebrokenheid, skep ons beautiful things out of Dust. Klip harte - Maar vir dit om plaas te vind gaan ons, ons eie klip harte moet deursoek. Ons gaan ons eie sonde eerstens, in die grond wat lewe gee, moet skryf. Gebruike en Wette - Ons gaan die wet van die lewe moet deur dink en toelaat dat die wêreld deur Jesus gered word. Ons gaan moet besef dat Jesus die lig in die wêreld is, en dat Hy die lig vir almal wil wees. Ons gaan hierdeur ons eie selfsugtige wette moet deur dink. As ons dit gaan regkry, gaan ons soos goeie grond lewe kan gee. Binne dit, le daar dan vir ons die grootste uitdaging as gelowiges om soos Jesus waarheid, nederigheid, en geregtigheid te gebruik om skoonheid vanuit stof te skep.