Afleidings en samestellings Naam: A) Afleidings Ons kan maklik nuwe woorde in Afrikaans maak. Een manier is deur middel van afleidings. Wat is ʼn afleiding? ʼn Afleiding is wanneer jy ʼn voor- en/of agtervoegsel aan ʼn stam of basisvorm van ʼn woord voeg. Wanneer ek ʼn voor- en/of agtervoegsel aan ʼn woord voeg, verander die betekenis van die woord, byvoorbeeld: Stamwoord Voorvoegsels Agtervoegsel slaap verslaap slapende leef geleef lewende droog afgedroog/verdroog droogste Let wel: ʼn Voor- en agtervoegsel kan nie as ʼn woord op sy eie gebruik word nie, maar wanneer dit voor of agteraan ʼn woord gevoeg word, verander dit die betekenis van die woord. O efening 1 : Gebruik voor- of agtervoegsels by die volgende woorde om hul betekenis te verander. Gebruik die woorde dan in goeie sinne. Gebruik die voor- en agtervoegsels in die volgende woordblok. a) her- -erig ver- -like ona) stel (set) b) huil (cry) c) gaan (go) d) werk (work) e) gelukkig (happy)
b) c) d) e) Dit is ʼn baie winderige en reënerige dag.
B) Samestellings Wat is ʼn samestelling? ʼn Samestelling is wanneer twee of meer basisvorme aanmekaar gelas word, byvoorbeeld: skool + kind = skoolkind, klas + kamer = klaskamer. Soms word ʼn verbindingsklank gebruik om die basisvorme te verbind, byvoorbeeld: kind + tuin = kindertuin, wa + huis = waenhuis. O efening 2: Vorm samestellings van die volgende woord en skryf ʼn sin met elke woord. a) hond + hok = b) tafel + doek = c) os + wa = d) vrug + boom =
Woordlyste Voorvoegsels ge- ver- te- be- on- hergeleef verstaan tevrede besorg ongehoorsaam herstel geloop verkoop tekort beveel ongeloof herroep gestaan verbode teregwys besin ongelukkig herskep gery verander terug bekommer ongeskik hervat geskryf vergaan tevore beseer ongesteld herwin gehardloop verstom tesaam besonders ongeval hervorm gespring verslag teveel beskik ongevraag herstelwa Agtervoegsels 1 -ike -ige -tjie -jie Woorde wat eindig met ʼn t en ʼn d kry altyd die agtervoegsel jie in die meervoud -pie Woorde wat eindig met ʼn m kry gewoonlik die agtervoegsel pie in die verkleinwoord -e/-s heerlike lastige seuntjie badjie naampie muise vreeslike ouerige deurtjie katjie vormpie neuse werklike vetterige vingertjie perdjie stormpie seuns oulike wollerige tafeltjie badjie boompie pierings verskriklike sommige dogtertjie stertjie stroompie sleutels Gebruik van die ike en ige woorde in die sinne hier onder. 1. Dit is vandag ʼn sonskyndag. 2. Ek het ʼn nagmerrie gehad. 3. Ek hou daarvan om met die katjie te speel. 4. Die omie stap oor die straat. 1 Agtervoegsels soos ie, pie, -tjie, -jie, -etjie, ens. verander woorde na verkleinwoorde. Agtervoegsels soos s en e verander die woorde na meervoude.
Antwoorde O efening 1 : Bespreek die betekenis van die woord met leerders en laat hulle die woorde in die verklarende woordeboek opsoek. Laat leerders die woorde in hul persoonlike woordeboek skryf en goeie sinne met die woorde skryf. Gebruik voor- of agtervoegsels by die volgende woorde om hul betekenis te verander. Gebruik die woorde dan in goeie sinne. Gebruik die voor- en agtervoegsels in die volgende woordblok. her- -erig ver- -like onherstel huilerig vergaan werklike ongelukkig a) stel (set) b) huil (cry) c) gaan (go) d) werk (work) e) gelukkig (happy) a) Ouma was in die hospitaal en bly nou ʼn rukkie by ons totdat sy heeltemal herstel het. Ons was in ʼn motorongeluk en die motor is nou ingegee om herstel te word. b) huil (sinoniem: ween) Die hond huil (letterlike betekenis). 2 Die wind huil om die huis (figuurlike betekenis). Die babatjie is huilerig. c) Ek vergaan van honger. Die skip het met man en muis vergaan (strand/sink). d) Eendag sal ons nog die werklike redes hoor vir die oorsaak van die tragedie. e) Ek raak baie ongelukkig wanneer jy so met my praat. Dit maak nie my gelukkig nie. O efening 2: Vorm samestellings van die volgende woord en skryf ʼn sin met elke woord. a) hond + hok = hondehok Die hond slaap in die hondehok. b) tafel + doek = tafeldoek Daar is ʼn mooi tafeldoek op die tafel. 2 Hersien ook figuurlike en letterlike betekenis. Ek sing (letterlik). Die polisie laat die man sing soos ʼn kanarie (figuurlik). Die emmer is blou (letterlik). Hy het die emmer geskop (figuurlik (idioom) beteken hy het dood gegaan.
c) os + wa = ossewa Die voortrekkers het met ossewaens oor die Drakensberge getrek. d) vrug + boom = vrugteboom Ons wil ʼn vrugteboom in die agterplaas (yard) plant. Gebruik van die ike en ige woorde in die sinne hier onder. 1. Dit is vandag ʼn heerlike sonskyndag. 2. Ek het ʼn verskriklike nagmerrie gehad. 3. Ek hou daarvan om met die wollerige katjie te speel. 4. Die ouerige omie stap oor die straat.