Woordlys. ou vrou bouvallig hout kou blou woud goue goud Louwrens Douw tou gou-gou hou jou gou flou boud. Die ou vrou en die voël wat kon praat.

Vergelijkbare documenten
KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

Toe God alles gemaak het

Toe God alles gemaak het

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

die ark en neem jou gesin saam. Van almal op die aarde het jy die naaste aan my geleef. Binne 7 dae stuur Ek reën.

Jakkals lê eendag heerlik en

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer

Paulus en sy vriende vertel ander van God

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Luister en praat. Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun?

Direkte en indirekte rede. Naam:

Wat gebeur hier? Vertel vir jou maat.

Naam: Ek is Oupa Muis. Ek woon in n huis onder n groot struik. In my huis voel ek sommer tuis.

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

Pragtige Koningin Ester

EKURHULENI NORTH. Die emmer met die gaatjie

Jesaja sien die Toekoms

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Jesus as Kind Teks: Matteus 2, 13: 55-56, Lukas 2

VADERSDAG. Een van die raadslede van die sinagoge, 'n man met die naam Jaïrus, kom toe daar aan. Net toe hy vir Jesus sien, val hy op sy

Kyk op watter bladsye jy Rob die Robot kan sien wegkruip? Hallo maats. My naam is Rob die Robot. In hierdie boek gaan ons die volgende klanke aanleer.

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

Bybel vir Kinders. bied aan. Storie 6 van 60.

Petrus en die Krag van Gebed

n Tempel Leier besoek Jesus

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

Is jy seker dis nie n voorry nie. Ek wonder of die kinders weet wat n voorry doen.

Ouderdom: Gr1-6 Tema: Veg saam met Jesus teen die duiwel Teks: 1 Samuel 17:34-37

Debora. Wyding Sing die Temalied en doen die Stilword-ritueel soos by ontmoeting 1.

Van Vervolger tot Prediker

Die Kerk se Geboorte

Ons hoor hulle het in die land Kanaän gaan woon. (kaart) Kanaän Egipte.

Datum: My tone. Teken jou tone:

Abu Ali tel sy donkies

Jona en die Groot Vis

3-6 MAANDE BABAPROGRAM

Welkom by Die Storie God se storie

Letterlike en figuurlike taalgebruik

Breedte. Oppervlak = Lengte X Breedte. Ons kan nou enige reghoek se oppervlak bereken met hierdie formule, nie waar nie?

qwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyui opasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfgh jklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvb nmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwer

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Die Groot Muur van Nehemia

Van Vervolger tot Prediker

Ontmoeting 40. Welkom. Wyding. Woord. te maak, in vorms te giet en te laat droog word.)

Jona en die Groot Vis

Ons gaan sommer lekker leer en werk! Op elke bladsy gaan n vrugte vlieg wegkruip. So, kyk baie mooi!

FAKTORE EN VEELVOUDE

PIPPIE GAAN WOON IN HUIS WINDERUIS

Die Groot Gebod dennis de wet

Antonieme en sinonieme

Baie welkom by vanoggend se erediens. Doen asb moeite om ander mense rondom jou te groet

Ontmoeting 13. roomystokkies plak.)

Bybel vir Kinders. bied aan. Storie 24 van 60.

God eer Josef die slaaf

1 Waar ek vandaan kom

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

Samantha en die pienk vlieënde piering. Luistervaardighede

Een oggend sê pappa: Kom ons gaan hou piekniek by die dam. Al die kinders roep: Ja pappa, ons hou van piekniek. Dan moet almal help, sê Pappa.

Goeie Konings, Slegte Konings

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

26. Ek kies om die Here te dien Daniël 6

Die brief aan die Filippense

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

HOËRSKOOL ROODEPOORT AFRIKAANS EAT KWARTAAL 3 KWARTAALTOETS

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

WAT BETEKEN GESLAGSGELYKHEID BINNE N VERHOUDING?

KINDERKERK LES: Vrugte van die Gees Geduld & Selfbeheersing

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Samantha en die pienk vlieënde piering. [Type the document subtitle] Ons sintuie: Luistervaardighede

Jesus is ons Koning Die einde van Jesus se aardse lewe

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12

Lees: Lukas 19 verse 1 tot 10. Teks: Lukas 19 verse 5 en 10. Sing: Psalm 68 vers 9 Gesang 253 vers 1 Gesang 230 verse 1 en 3

LITURGIE VIR N OOP GESPREK

Klein Klaas se avonture!

reageer.) Kinders kry tyd om oor die verhaal te dink:

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

sodat jy n gestuurde van die Here kan

Jnr. Kategese 22 Januarie 2017 Visvang vir Jesus! Matteus 4: 12-23

INTERMEDIÊRE FASE GRAAD 6 NOVEMBER 2014 AFRIKAANS HUISTAAL V2 MEMORANDUM

12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies?

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Man van Vuur

Watter koek se dele lyk vir jou die grootste? Dis Reg! Die koek wat in 3 dele gesny is se dele is groter as die koek wat in 4 dele gesny is.

Ontmoeting 16. Welkom. Wyding. Woord. (Klein stukkies sjokolade kan dan aan elke kind uitgedeel word.)

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

Voorgrond- Agtergrond Voorgrond-agtergrond is die vermoë om voorwerpe op die voorgrond en agtergrond waar te neem en hulle sinvol te skei.

GRAAD: 3 VAK: HUISTAAL KWARTAAL EEN FORMELE ASSESSERINGSTAAK (FAT) 1

Sondag, 20 April 2014 Skriflesing: Matteus 28:1-10 Tema: Opstanding Francois Lampreht

'n Man gestuur deur God

by die werk Mm, ek moet hierdie nuwe assistent n bietjie beter leer ken.

Transcriptie:

Naam: 1

Die ou vrou en die voël wat kon praat. Woordlys Lees die woorde n paar keer hardop. ou vrou bouvallig hout kou blou woud goue goud Louwrens Douw tou gou-gou hou jou gou flou boud 2

Stillees Oefening Lees die storie saggies vir jouself. Antwoord dan die vrae. Die voël wat kon praat. Baie, baie lank terug in n digte woud het n ou man en sy ou vroutjie gewoon. Hulle huisie was bouvallig en as die wind gewaai het kon die ou man en sy ou vrou die ruite hoor ratel. Saam met hulle in die huisie het n pragtige blou en rooi papegaai in n kou gewoon. Elke dag wanneer die ou man in die woud hout gaan kap het, het die ou vrou met die papegaai gepraat. Sy was baie eensaam so alleen in die bouvallige ou huis. Eendag toe die ou vrou nog so met die papegaai gepraat het, het die papegaai haar terug geantwoord. Sy het baie groot geskrik. Kan jy haar verkwalik. As n voël skielik met my of jou begin praat sal ons ook baie groot skrik. Van daardie dag af was die ou vroutjie glad nie meer eensaam nie, want sy het nou n vriend gehad wat met haar kon gesels. 3

Baie gou het almal geweet van die slim papegaai wat kan praat. Twee skelms, Louwrens en Douw, het ook van die papegaai gehoor. Die een skelm het vir die ander een gesê: Haai ou Louwrens, kom ons vat n tou en gaan steel die kou met die papegaai wat kan praat. Mense moet dan met goue munte betaal as hulle die papegaai wil hoor praat. So kan ons gou-gou skatryk word. Goed Douw, ek hou van jou plan, het Louwrens vir Douw gesê. Met n tou steel ons die kou met die papegaai wat kan praat. 4

Daardie nag toe die ou man en sy vrou geslaap, het, het Douw en Louw gekom om die kou met die papegaai te steel. Wees versigtig met die leer Douw jy kap my raak! Toe loop nou! Ons is nou daar. Die maan het flou geskyn teen die ruite van die huis. Douw het die leer wat hy saam gebring het teen die muur gesit, maar o wee, die leer was n bietjie te kort. 5

Die gedoente moes julle aanskou het. Douw het teen die leer opgeklim totdat sy voete op die boonste sport van die leer was. Hy balanseer toe soos n vink daar bo-op die leer. Toe nou Louwrens, gee gou die tou, ek sal nie lank so kan staan nie anders sal ek val, roep Douw toe. Louwrens het saam met Douw teen die leer opgeklim en staan toe onder hom met die tou in sy hand. Dê, vat nou die tou, het Louw gesê en gerek om die tou in Douw se hand te druk. Douw het die tou met die ysterhaak deur die ruit gestoot en die kou in die hande gekry. Maats, maar toe moes julle die lawaai hoor soos die pappagaai raas en skreeu. Die papegaai het begin skree. Ou vrou, ou vrou, maak gou. Hulle wil my steel met my kou. Maak gou! Maak gou! Douw het hom byna flou geskrik. Hy het gegil en die tou gelos. Sy hande het in die lug in gevlieg en daar hang hy toe tussen hemel en aarde. Louwrens het net een kyk gegee en begin om teen die leer af te klim, maar te laat. Douw het van bo-af getuimel sodat jy het net arms en bene gesien het. 6

Met die afkom het Douw sy val probeer stuit, maar al wat hy kon raakvat was Louwrens se baadjie. Daar tuimel die twee diewe soos n inmekaar gevlegde koeksuster in n bondeltjie en beland reg voor die ou man se voete wat intussen kom kyk het wat aan gaan. Nie een van die twee kon vinnig genoeg opstaan nie. Die ou man het die stuk tou gegryp en voordat Douw en Louwrens nog mooi tot verhaal gekom het, het hulle elkeen n harde hou met die stuk tou op die boud gekry. Louwrens en Douw het skreeuend daar weggehardloop. Hulle het n goeie les geleer en het nooit weer probeer om te steel nie. Begripstoets 1. Wie het in die digte woud gewoon? 2. Wie het saam met hulle in die huis gewoon? 3. Hoe het die papegaai gelyk? 4. Watter soort werk het die ou vrou se man gedoen? 5. Wat het die ou vrou gedoen terwyl haar man gaan werk het? 6. Wat het eendag gebeur toe die ou vrou met die papegaai gepraat het? 7. Wie het almal geweet van die slim papegaai? 8. Wie wou die papegaai gaan steel? 9. Wat wou hulle met die papegaai doen? 7

10. Waarmee moes die mense hulle betaal? 11. Hoe wou hulle die papegaai steel? 12. Wat het gebeur toe hulle die kou vat? 13. Waarom kon hulle nie weghardloop nie? 14. Wat het die ou man gedoen? Kennis en insig vrae! 1. Wat is n woud? 2. Wat is n bouvallige huisie? 3. Wat is n kou? 4. Dink jy die papegaai was slim? 5. Wat is n muntstuk? 6. Wat beteken dit om jou flou te skrik. 7. Wat beteken dit as mens sê iemand leer n les. 8. Is daar diere in n woud? 9. Noem ander soort voëls wat n mens kan leer om te praat? Ons soek inligting 1. Soek n prent van n papegaai. 2. Wat eet n papegaai. 3. Waar bly papegaaie in die natuur? 4. Hoe moet jy n pappegaai versorg as dit jou troeteldier is? 8

n Rympie (Lees die rympie hardop!) Die papegaai Ons buurman het n papegaai In n kou daar op die stoep. Sy bek is krom, sy vere fraai, Hy sit daar: fluit en skree en roep. Papegaai, wat is jou naam? Hy maak sy oë toe en gaap, En sê met kop so skeef en skaam: Ag, loop slaap jy in die Kaap! Is dit wysheid in jou kop, Wat ons heeldag by jou soek? Maar toe moet ek my ore stop, Want daardie taal is in g n boek! (Helena J.F. Lochner) 9

10