KOSHUISHANDLEIDING 2019

Vergelijkbare documenten
HOERSKOOL DIAMANTVELD KOSHUISE

Hoërskool Porterville. Sedert Huis van Riebeeck. Brosjure. HvR Huishoudelike reëlings 1

Huis van Riebeeck Brosjure

DNK TRUST NASORG AANSOEKVORM 2017 n Aparte vorm moet vir elke kind voltooi word

Hoërskool Porterville. Sedert Huis van Riebeeck. Brosjure. HvR Huishoudelike reëlings 1

LUTHER CROWTER KOSHUIS: KOSHUISREëLS

KOSHUISREËLS. 1. As die eerste oggendklok lui moet alle ligte aangeskakel word en aan bly.

HOËRSKOOL OOS-MOOT OOS-MOOT RAAD GEDRAGSKODE

LAER VOLKSKOOL NASKOOLSENTRUM AANSOEKVORM EN KONTRAK

Morsjorsie Reëls. Die Doel van Skool Reëls

DISSIPLINERE KODE VIR STUDENTE DIE JOU SAKGIDS VIR:

uniq Huiswerk Sentrum n Unieke Huiswerk Ervaring

ONDERNEMING EN GEDRAGSKODE. Naam van leerder: Graad 2019:

HUISWERKRIGLYNE - INTERSENFASE: GR

OOS-RAND AKADEMIE NASKOOLSENTRUMVRYWARING

STUDIESENTRUMBELEID. Leerders word die geleentheid gebied om na skool buitemuurse aktiwiteite by te woon en huiswerk te doen tydens n studiesessie.

GOUDVELD-HOËRSKOOL VOERTUIG EN VERVOER BELEID

GOUDVELD - HOëRSKOOL VOERTUIG EN VERVOER BELEID I N H O U D S O P G A W E

HUISWERKRIGLYNE - SENIORFASE: GR

HUIS WALTERS KOSHUISBELEID Posbus 262 Telnr/Faks: Hofstraat 13 Hopefield 7355 ALGEMENE INLIGTING

Geagte graad 9-Ouer/Voog en leerder VAKKEUSES VIR VOO-FASE

KROONSTAD HOëRSKOOL KOSHUIS

LAERSKOOL EVERSDAL SELFOONBELEID

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II LEERUITKOMS 3 & 4 LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR

Hierdie beleid moet saam met die skool se veiligheidsbeleid gelees word.

Yinlanstraat 4 Crèche phone: Vredekloofhoogte Patricia Cell: Brackenfell Adie Cell: INSKRYWINGSVORM

NASKOOLSENTRUMBELEID

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

GRONDWET. Centurion Kunsvereniging (hierna genoem die Kunsvereniging) Die naam van die Kunsvereniging sal wees CENTURION KUNSVERENIGING.

DIENSPERSONEELLEDE... 3 DAGPROSEDURE IN HUIS MCFARLANE... 4 REËLS/ REËLINGS VAN HUIS MCFARLANE...

ROBERTSON. AANSOEK OM TOELATING Vir graad 1-3 VOORBEREIDINGSKOOL - PREPARATORY SCHOOL

Hierdie dokument is die beleid van Primêre Skool Universitas oor algemene dissipline en optrede teenoor leerders wat hulle skuldig maak aan wangedrag.

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2012

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur

GOUDVELD-HOËRSKOOL GEDRAGSKODE OPVOEDERS

REGLEMENT VAN DIE ADMINISTRATIEWE PERSONEELVERENIGING

REKORD- EN EINDEKSAMEN

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

Inligtingshandleiding

TYGERBERG SKOOLFONDS 2015

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

1. LEERLINGBESONDERHEDE 2. ALGEMENE INLIGTING

HUISHOUDELIKE REËLS BRITS RUSOORD TEHUIS

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

Pre-Graad R / Graad R

DURBANVILLE SKOOLKOSHUIS POSBUS 175 QUEENSTRAAT 8

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Ons Prospektus 1. WELKOM

Teorie: Gr. 5 en 6 (UNISA en Royal Schools)

AFWESIGHEDE TYDENS EKSAMEN U

Dit is egter ook die tyd van die jaar wat ons alweer moet beplan en reëlings tref vir die nuwe akademiese jaar.

Laerskool Bakenkop. Underbergstraat 5, Wierdapark, Centurion. Posbus 51928, Wierdapark, Tel nr faks

Bladsy 1 van Die Nasorgsentrum behou die reg voor om toelating tot die sentrum te weier sonder om redes te voorsien vir sodanige besluit.

IMPAK leerders NASKOOLSENTRUM 2016 VOORWAARDES EN ReëLS (een kontrak per gesin)

Tjokkerjol Speelgroepie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

KONSEP BELEID T.O.V. DIE BEHEER EN KONTROLE VAN HANDBOEKE EN LEERHULPMIDDELS

HTS Drostdy. Gedragskode vir koshuise

Huis Eureka. Koshuisbeleid

GRAAD 12 SEPTEMBER 2013 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3

Tygienuus. SATERDAG 28 April Meneer Peet Schoeman verjaar! Juffrou Anje Swanepoel verjaar! Juffrou Estelle Kriek verjaar!

Inligtingsbrief aan Koshuisinwoners

Tema 1: Ek en my nuwe skool Week 1, 2 en 3

-15- SIMBOLIEK: GESKIEDENIS:

BELEIDSDOKUMENT. Eksamens / Mini-eksamens Grey Kollege

HOËRSKOOL KAMPSBAAI AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 9 JUNIE 2014 TYD: 1½ UUR TOTAAL: 80

Nota vir die onderwyser/es:

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

BASIESE KONSEPTE-PROGRAM PROGRAM. n Toets ontwikkel deur dr. Louis Benjamin, Naam van leerder: Ouderdom van leerder: Geslag: Graad: Skool:

RESPECT 4 U. L e s 1. Jou vermoëns en sommige van jou verwagtinge en drome indentifiseer

AANSOEK OM TOELATING: NUWE INSKRYWING

LAERSKOOL SAAMTREK. Grond-en-gebouebeleid

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS HUISTAAL V 3 SEPTEMBER 2014

WELKOM BY HOëRSKOOL LINDEN 2019

1. SKOOLFONDS: R per leerder periaar

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

AANSOEK OM TOELATING TOT DIE ATKV-Postmatriekjaar

LAERSKOOL DE TYGER GRONDWET. 1. WOORDOMSKRYWING beheerliggaam : Die beheerliggaam van die Laerskool De Tyger soos in artikel 16(1) van die Wet bedoel.

HUISHOUDELIKE REËLS BRITS RUSOORD TEHUIS

Hoërskool Pretoria-Noord. Wiskunde Geletterdheid GR 10. November Eksamen 2015 : Vraestel 2

MIDDAGSTUDIEPROGRAM & REëLS

AANSOEK OM TOELATING TOT HEBRON CHRISTENSKOOL

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

2 nd Chances... Wiskunde

education Departement van Onderwys MPUMALANGA PROVINSIE

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Laerskool Stellenbosch

MODULE 3: GEBOUE. Ja. Dit ís n huis. En hierdie is versekering. Eenvoudige, verstaanbare, duidelike versekering.

Kontrak MISSIE TOELATINGSVEREISTES

Volksdanse Spesialisasie vir PD en Verkenners

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT (NSS) GRAAD 11 HALFJAAR EKSAMEN AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL DERDE VRAESTEL (NSC11-07) D C

LAERSKOOL EVERSDAL AANSOEK OM TOELATING VAN N LEERDER

Luister en praat. Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun?

Toepaslike Eenheidstandaarde

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

VRYWARINGSVORM VIR JEUGKAMP:

OMSENDBRIEF NR. 1/ Januarie 2019

Transcriptie:

KOSHUISHANDLEIDING 2019 Geagte Ouers NUWE GR 8-KOSHUISLEERDERS 2019 Ons is saam met u opgewonde dat u kind se keuring vir toelating tot Die Hoërskool Menlopark se koshuis suksesvol was. Ons weet dat hy / sy gelukkig en tuis sal wees en weet verseker dat ons moeite doen om u kind te help om dadelik aktief in te skakel by die opwindende koshuis- en skoollewe. Betrokke Parkies is sonder sukkel gelukkige Parkies. By ons vibreer die avontuur en opwinding en elke dag is vol verrassings en nuwe geleenthede. Ten einde hierdie inskakeling seepglad te laat verloop, gee ons graag vir u die volgende inligting en reëlings deur: 1. Nuwe koshuisleerders moet op 7 Januarie 2019 tussen 10:00 en 15:00 by die koshuis aanmeld vir registrasie en intrek in hulle kamers. 2. Om 15:00 sal hierdie groep en hulle ouers formeel in die sitkamer verwelkom word deur mnr. Chris van Blerk (koshuisvader) vir ʼn inligtingsessie wat sal duur tot ongeveer 17:00. U word daarop gewys dat alle graad 8-koshuisleerders vir die eerste twee naweke in die koshuis sal inbly en dus die naweek van 25 Januarie sal kan huis toe gaan. Vergewis u asseblief ook van die inhoud van die inligtingsboekie wat vir graad 8 s saamgestel is en let beslis op al die bedrywighede in u kind se eerste week as nuwe leerder van Die Hoërskool Menlopark wat elke nuwe Menlo-leerder sal help vestig. Weet asseblief dat u en u kind hartlik welkom is in ons Menlo-skool- en koshuisgesin. U is welkom om ons te skakel indien u enige navrae het - ons help graag. Menlo-Koshuisgroete Chris van Blerk Harm van Helsdingen KOSHUISVADER ADJUNKHOOF: KOSHUISSAKE EN-FINANSIES

ETOS/WAARDES Die skool se waardes: Integriteit Lojaliteit Respek Ywer is onlosmaaklik deel van die koshuislewe. Christelike norme en waardes is hiermee heg verweef. Koshuisreëls is noodsaaklik vir die handhawing van goeie dissipline en orde om die koshuis se totale werking en funksionering te rig. Die gedrag van die leerders moet ten alle tye van hoogstaande gehalte wees. Hierdeur word die skool se waardes verder uitgedra. Die koshuis van die Hoërskool Menlopark is ʼn huis en funksioneer soos ʼn gesin, maar sodat elke Koshuis-Parkie kan blom waar hy/sy geplant is, is ʼn duidelike struktuur nodig. Oortreding van koshuisreëls het die toekenning van debietpunte tot gevolg wat lei tot sanksies soos deur die koshuisbestuur bepaal word (sien die aangehegte lys van oortredings). KOSHUISEIENDOM 1. Elke leerder is verantwoordelik vir die netheid van sy/haar kamer, bed, matras, trommel en kas wat aan hom/haar toegeken word. 2. Enige beskadiging van eiendom moet dadelik aan die senior koshuisvader gerapporteer word en moet herstel of vervang word deur die verantwoordelike leerder. 3. Geen verskuiwing tussen kamers mag plaasvind sonder die toestemming van die senior koshuisvader nie. 4. Vandalisme van enige aard is onaanvaarbaar. Oortreding op hierdie gebied impliseer onmiddellike skorsing uit die koshuis. 5. Leerders mag nie op sitkamerbanke lê of hul voete op sitkamermeubels sit nie. 6. Geen eetgoed of drinkgoed word in die sitkamer toegelaat nie. PERSOONLIKE BESITTINGS 1. Die koshuispersoneel kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir enigiets van ʼn leerder wat beskadig of verlore raak nie. Alle waardevolle items moet in die trommel of kas toegesluit word. Dit word aanbeveel dat sleutels van slotte aan die persoon gehou word. 2. Alle kaste moet gesluit gehou word. Kaste en sluitmeganismes mag nie gemodifiseer word nie. 3. Die aanhou van enige elektriese toebehore is onderworpe aan die goedkeuring van die senior koshuisvader. Geen elektriese ketels, verwarmers, elektriese komberse, waaiers of broodroosters mag in die kamers aangehou word nie. Leerders mag met die nodige verlof van die senior koshuisvader wel ʼn skootrekenaar hê, maar alleenlik nadat hul ouers skriftelik daarvoor aansoek gedoen het. Sodanige rekenaars mag alleenlik vir studiedoeleindes en stuur

van e-posboodskappe gebruik word. Onder geen omstandighede mag dit vir enige ander doel gebruik word nie. Geen ander leerder mag die rekenaar op enige wyse sonder verlof van die eienaar gebruik nie. Indien enige van die gebruiksmaatreëls oortree word, sal die rekenaar gekonfiskeer en veilig bewaar word tot aan die einde van die kwartaal wanneer die leerder dit weer kan terug kry. 4. Geen besittings van enige leerder mag sonder verlof gebruik of verwyder word nie. Betoon die nodige respek vir ander se eiendom. 5. Hou kontant by jou, of sluit dit veilig in jou trommel of jou kas toe. Die skool kan geen verantwoordelikheid aanvaar vir enige verlies nie. KOSHUISINSPEKSIES 1. Elke leerder se bed moet voor ontbyt netjies opgemaak wees en moet netjies bly gedurende die dag. Kamers moet ten alle tye in ʼn netjiese toestand wees, veral as daar in die namiddag sportaktiwiteite bygewoon word. 2. Die eetsaal en sitkamer moet smiddae en saans in ʼn netjiese toestand gehou word. 3. Kamerinspeksies sal gereeld deur dienspersoneel en koshuisraad gehou word. 4. Geen meubelstukke mag geskuif word sonder toestemming van die senior koshuisvader nie. 5. Badkamers en toilette moet altyd skoon gehou word. Enige gebreke moet onmiddellik aan die dienspersoneel of koshuisraad gerapporteer word. REËLS VIR ETENSTYE 1. Koshuisgangers moet altyd netjies geklee wees tydens etes. Kaalvoete, frokkies, geskeurde t-hemde, plakkies of pantoffels is nie aanvaarbaar tydens etenstye nie. 2. Goeie tafelmaniere word van koshuisgangers verwag. 3. Koshuisgangers mag nie sonder toestemming van die senior koshuisvader vir ekstra klasse, sportoefeninge of enige privaat sake afwesig wees van etes nie. 4. Die kombuis en deurgang is heeltemal buite perke vir leerders. 5. Alle leerders moet 5 minute voor ete buite die eetsaal aantree. 6. Leerders moet sorg dat hulle betyds vir ete terug sal wees van skoolaktiwiteite. 7. Leerders mag nie sonder toestemming etes misloop nie. 8. Indien leerders etenstyd misloop, moet hulle name en die aktiwiteit waarby hulle betrokke is tydens etenstyd, soggens in die eteboek aanteken om te verseker dat daar vir hulle aandete uitgehou sal word. 9. Geen selfone word in die eetsaal toegelaat nie.

UITTEKEN & SEKURITEIT 1. Dit word van alle koshuisgangers verwag om soggens tydens ontbyt by die diensdoende personeellid in die uittekenboek aan te dui waarheen hulle gaan wanneer hulle die koshuis met die nodige toestemming verlaat. Geen leerder sal na ontbyt uitgeteken word nie. 2. Slegs ʼn personeellid of ouer mag ʼn leerder uitteken en slegs met die toestemming van die senior koshuisvader, voogde of personeellid aan diens. 3. Ouers word versoek om Vrydae persoonlik die Vrydag uittekenregister in die sitkamer getrou te voltooi. 4. Dit is die plig van die leerder om die uittekenboek volledig in te vul en toe te sien dat die nodige handtekening verkry is. 5. As die leerder nalaat of afwyk van die inskrywingsprosedures in die uittekenboek, kan die senior koshuisvader of diensdoende personeellid geen verantwoordelikheid aanvaar vir die leerder se welsyn of veiligheid nie. (Leerders word gepenaliseer indien hulle nie volgens die reëls uitgeteken word nie.) 6. Indien ʼn leerder uitgaan na iemand anders as sy ouers, moet sy ouers die koshuisvader, seuns- of dogtersvoog kontak om dienooreenkomstige reëlings te tref. Indien die leerder na ʼn dagleerder toe gaan, moet laasgenoemde se ouers ook kennis gee dat hulle van die reëling bewus is en die koshuisleerder persoonlik uitteken. 7. Leerders moet by hul terugkeer onmiddellik in die uittekenboek terugteken. BESOEKE & VERLAAT VAN KOSHUISTERREIN 1. Ouers mag koshuisgangers in hul vryetyd besoek. Hierdie reëling is net van toepassing op ouers. Dit sal opreg waardeer word as dit nie tydens etenstye en studietye is nie en nie in leerders se kamers sal wees nie, maar wel in die sitkamer. 2. Geen leerder mag na skool die koshuisterrein verlaat, tensy dit vir sport-, kultuur- of ander skoolaktiwiteite is nie. (Alle uitteken prosedures is hier ook van toepassing.) 3. Met toestemming van die senior koshuisvader/dienspersoneellid mag leerders Woensdae SPAR toe gaan. In ʼn werklike noodgeval kan die senior koshuisvader om spesiale toestemming genader word. 4. Geen besoekers mag die koshuis sonder verlof binnegaan nie en geen skoolleerders word onder enige omstandighede sonder toestemming op die koshuisterrein of in die koshuis toegelaat nie. 5. Geen koshuisleerder mag in die loop van die week of inblynaweek enige partytjies bywoon nie. 6. Geen leerder mag op ʼn Vrydagaand uitslaap en dan die res van die naweek in die koshuis oorbly, of dan na Saterdagsport nie huis toe gaan nie. Indien ʼn leerder ʼn naweek inbly, word Vrydagaande in alle opsigte as ʼn gewone weeksaand beskou. Leerders kan nie bloot vir die pret die aand uitgaan nie. 7. Indien ʼn leerder ʼn naweek inbly word ouers versoek om met die personeellid aan diens so ʼn reëling telefonies te bevestig. Leerders moet reeds Donderdagoggende inteken in die naweekboek indien hulle die naweek inbly. 8. Koshuisleerders mag nie op weeksaande by dagleerders gaan oorslaap nie.

9. Leerders moet voor 19:00 saans terug wees by die koshuis indien hulle ʼn dagleerder besoek het om aan take ens. te werk. Die nodige toestemming hiervoor moet ook verkry word. SIEKTE 1. Indien leerders soggens siek voel, moet hulle dit tydens ontbyt persoonlik aan die senior koshuisvader of voog gaan rapporteer. Niemand mag sommer net soggens bly lê nie. 2. Leerders wat tydens skoolure ongesteld raak, moet by die senior koshuisvader toestemming kry om koshuis toe te gaan. Daarna moet hulle by die senior matrone rapporteer. 3. Wanneer ʼn leerder siek rapporteer, word ouers versoek om, indien nodig, so spoedig moontlik by ʼn dokter ʼn afspraak te maak. 4. Enige medikasie wat op ʼn gereelde basis deur ʼn leerder geneem moet word moet by die koshuisvader geregistreer word. Alle akute medikasie moet duidelik gemerk word. Geen leerder mag in besit wees van enige ongeregistreerde medikasie nie. Die bestuur beskou hierdie as ʼn baie ernstige oortreding en daar sal ernstig opgetree word teen ʼn leerder wat ongeregistreerde medikasie in sy/haar besit het. Voorskrif medikasie moet vergesel word deur ʼn afskrif van die toepaslike voorskrif. 5. Elke koshuisleerder moet ʼn afskrif van sy/haar mediesefondskaart by hom/haar hê. ALGEMEEN 1. Leerders moet daarop let dat die koshuis soms gedurende die skoolkwartaal deur toergroepe of tydens toernooie deur ander leerders / gaste gebruik word. Dit mag daartoe lei dat leerders versoek mag word om hul kamers te ontruim. Die skool aanvaar geen verantwoordelikheid vir verlore of beskadigde goedere indien sulke kamers nie ontruim word nie. 2. Leerders moet almal tydens skoolvakansies die koshuis ontruim. 3. Koshuiskamers is voorsien van aansteekborde, dus mag geen plakkate of prente teen die mure van die kamers of teen kaste geplak of opgehang word nie. 4. Wasgoed word twee maal weekliks ingegee. Slegs skooluniforms en amptelike skoolsportdrag word by die koshuis gewas. Geen ontspanningsdrag word by die koshuis gewas nie. Alle klere moet duidelik gemerk word. Klere wat nie gemerk is nie, sal nie gewas word nie. Leerders moet ʼn duidelik gemerkte wasgoedsak hê met ʼn notaboekie waarin daar aangeteken word watter wasgoed ingehandig is. 5. Stiltetyd in die oggende en aande is vir godsdiensbeoefening bedoel. Respekteer hierdie tyd. Leerders moet in hul eie kamers wees tydens stiltetyd. 6. Daar mag nie na of gedurende stiltetyd nog gestort word nie. 7. Die volgende is ononderhandelbare koshuis- en skoolreëls. Oortreding van enige van hierdie reëls impliseer onmiddellike uitsetting en moontlike skorsing uit die koshuis: 7.1. Rook en die gebruik van alkoholiese drank of enige middel wat gewoontevormend of nadelig is vir die gesondheid, is verbode. Leerders mag ook geen van bogenoemde in hul besit hê nie.

7.2. Geen pornografie in enige formaat word toegelaat nie. Leerders mag ook geen van bogenoemde in hul besit hê nie. 7.3. Seksuele wangedrag of seksuele teistering. Hierby ingesluit is die bogenoemde reëling dat geen leerder op die gang van die teenoorgestelde geslag mag wees nie. 7.4. Boeliery, afknouery of vernederende optredes word nie in die koshuis geduld nie. 8. Geen koshuisganger mag, terwyl hy/sy inwoon, ʼn motor by die koshuis aanhou nie. 9. Leerders wat ekstra vakke elders neem of wat ekstra onderrig ontvang, se ouers moet skriftelik die nodige reëlings met die senior koshuisvader tref ten opsigte van inrigting/onderrigpersoon, dag, tyd en datums. 10. Alle skoolreëls is ook van toepassing op die koshuis. SEKURITEIT/VEILIGHEID 1. Die onderwyser aan diens is verantwoordelik vir die oop en toesluit van die koshuis. 2. Koshuisdeure: Oop - 06:00 Toesluit - 21:00 3. Koshuisleerders kan Sondae vanaf 15:00 tot 21:00 inteken. Die koshuis word om 21:00 gesluit. STUDIETYD 1. Studietye is saans van 18:55 tot 21:00. (Studietye word gedurende eksamens verleng.) 2. Verlof vir studietyd ná ligte uit kan verkry word van die onderwyser aan diens of die senior koshuisvader. 3. Studietyd moet vir aktiewe, individuele studie gebruik word. Geen groepwerk of hulpverlening word tydens studietyd of in die sitkamer toegelaat nie. 4. Geen etery/aflewering van kos/pakkies/besoeke tydens studietyd nie. 5. Geen elektroniese toerusting mag sonder toestemming tydens studietyd gebruik word nie. 6. GEEN selfone word in die eetsaal/studiesaal toegelaat nie. Indien ʼn leerder sy/haar selfoon tydens studietyd of etenstye gebruik sal die selfoon afgeneem word en aan die einde van die week weer terug gegee word. 7. Koshuisgangers moet alles wat hulle nodig het vir studie, by die aanbreek van studie by hulle hê. 8. Koshuisgangers moet reeds by studietafels sit wanneer die studietyd aanbreek. 9. Daar sal ernstig opgetree word teen leerders wat studietyd ontwrig. 10. Niemand mag tydens studie rondloop nie. 11. Almal moet studietye bywoon. Geen verskonings sal aanvaar word nie. 12. Die studiesaal moet skoon en netjies wees na studietyd. 13. Leerders wat dit op grond van akademiese meriete verdien, mag tydens studietyd in hulle kamers werk. Alle ander leerders (matrieks ingesluit) MOET in die studiesaal werk.

DAAGLIKSE ROETINE Opstaantyd 05:45 Ontbyt 06:30 Uitbeweeg skool toe 07:15 Middagete 14:00 14:20 Aandete 17:30 18:30 Studietyd 18:55 21:00 Stiltetyd 21:30 22:00 Ligte uit 22:00 NETHEID 1. Skoonmaakroosters word deur koshuisraadslede opgestel en moet gevolg word. 2. Inspeksie word soggens voor ete deur die koshuisraad gedoen. 3. Netheid het betrekking op: Badkamers (storte en toilette) Kamers (beddens en kaste) Gange Studie/Eetsaal/Sitkamer/Area rondom koshuis NAVRAE AAN Mnr. Harm van Helsdingen Adjunkhoof (Koshuis en finansies) harm@menlopark.co.za Mnr. Chris van Blerk Koshuisvader chris.vanblerk@menlopark.co.za 081 594 9245 Me. Roché van Blerk Koshuismoeder roche.vanblerk@menlopark.co.za Annette Willemse Hoofmatrone Koshuis-landlyn: 012 348 5610 DOKTERS Dr. Ronel Oosthuisen 13de Straat 67 (012) 346 8709/ Menlopark Apteek: en Menlopark (012) 460 9884 (012) 460 7266 Dr. Minée Moolman Pretoria (012) 460 9063

Koshuis: Kontrolelys Het jy die volgende ingepak en is jou goed gemerk? NB!! MERK jou goed (ALLES) voordat jy begin pak! MERK! MERK! MERK! MERK! MERK! MERK! MERK! 1. Bybel 2. Klein hangslot vir trommel 3. Fietsslot met plastiek omhulsel vir klerekas 4. Wasgoedsak vir vuil klere 5. Notaboekie om wasgoed wat jy ingee neer te skryf 6. Toiletware (skeersakkie, handdoek, tandeborsel, tandepasta ens.) 7. Beddegoed (duvet, lakens, kussings, duvetoortreksel) 8. Skoolklere, sportoefenklere en skoolsweetpak (skoene, skoenpolitoer, kouse Somersdrag, uitgaandrag, ens.) Absolut Menlo en Absolut Koshuis T-hemde onderskeidelik by skool en koshuis te koop. 9. Skooltoebehore (skooltas, penne, potlode, liniaal, kleurpenne, sakrekenaars ens.) 10. Sporttoerusting (rugbybal, krieketkolf, hokkiestok, tennisraket, ens.) 11.Persoonlike medikasie (gereël met koshuisvoog) en afskrif van Mediesefondslidmaatskapkaart. 12. Sakgeld 13. Selfoonlaaier 14. Eetgoedjies vir die soettand 15. Haardroër 16. Twee-punt en gewone drie-punt prop 17. Prestik / duimdrukkers vir aansteekborde in kamer JA NEE