Begripstoets. Lees die leesstuk en antwoord dan die vrae in vol sinne.

Maat: px
Weergave met pagina beginnen:

Download "Begripstoets. Lees die leesstuk en antwoord dan die vrae in vol sinne."

Transcriptie

1

2 2 Lees die leesstuk en antwoord dan die vrae in vol sinne. My broer, Coenie, sit op die vloer. Hy het sy groen broek aan en hy is besig om sy deftige nuwe skoen aan te trek. Vanaand gaan hy en n groep maats snoek eet by Ocean Basket. Ek is sommer jaloers, want ek wil ook graag proe hoe snoek smaak. Toemaar, kleinsus! troos hy my toe. Ek sal vir jou n stukkie van die vis huis toe bring. Begripstoets 1. Waar sit Coenie? 2. Wat is hy besig om te doen? 3. Waar gaan Coenie gaan eet? 4. Saam met wie gaan Coenie uiteet? 5. Wie vertel vir ons die storie? 6. Hoekom is die storieverteller jaloers?

3 3 Zak, die sopnat kat. Zak die kat hou van stap. Hy stap en stap. Zak trap op n slak. Die slak gaan grtts onder sy poot. Hy skud sy poot heen en weer en voel nou skoon vies. O, gaats! n Plas water reg langs Zak. Pasop, Zak! Zak skud en skud sy poot hy kyk nie waar hy trap nie en daar beland hy pens en pootjies binne die vlak water. Die water spat in alle rigtings. Buks die hond blaf en blaf vir die snaakse papnat kat. Beantwoord die volgende vrae. 1. Hoekom was Zak vies? 2. Waarom het Zak in die water beland? 3. Wie het vir Zak geblaf?

4 4 n Vrydag in Zak se lewe Verlede Vrydag was n rowwe dag vir Zak die kat. Vroeg die Vrydag oggend het hy al sy stert in die venster vasgeknyp. Buks die hond wou met Zak speel, maar hy het hom sopnat gekwyl. Net toe Zak wou weg hardloop het hy op n kryt gegly wat Jan op die vloer vergeet het. Zak was sommer baie vies. Buite wou hy op sy gunsteling plek onder die roosboom gaan slaap, maar Kloek Kalkoen het hom gejaag. Hen-Pen het hom ook gejaag en het hom op sy neus gepik. Zak wou op San se bed gaan slaap, maar die wind het die deur in sy gesig toegeslaan. Toe was Zak sommer boos. Hy het onder die wit kas op die stoep ingekruip. Hy was so kwaad dat hy nie eers sy kos wou eet nie. San het hom onder die kas gesien en hom opgetel. Foeitog, Zak het San getroos.

5 5 Lees weer die storie en beantwoord dan die vrae! 1. Watter dag was dit? 2. Wat het vroeg oggend al met Zak gebeur? 3. Vir wie het Zak weggehardloop? 4. Waarop het Zak gegly? 5. Watter twee diere het hom gejaag toe h yonder die roosboom wou gaan slaap. 6. Wat het gebeur toe Zak op San se bed wou gaan slaap? 7. Waar het Zak toe gaan lê? 8. Wie het vir Zak jammer gekry? 9. Gee drie woorde wat hulle in die storie gebruik het, wat vertel dat Zak ontsteld was.

6 6 Winter is hier! n Seun en n ou vrou woon op n plaas, Wouterskraal, naby Knysna. Dit is winter en dit is baie, baie koud. Die winter het ons in sy kloue. sê die ou vrou vir die seun. Gaan haal asseblief, vir ons hout in die woud? Dan kan jy n vuur in die kaggel maak, sodat ons huisie warm kan word! sê die ou vrou weer. Trek net jou wolkouse, leerstewels en jas aan. Dan sal jy nie koud kry nie. Die seun loop en loop in die woud. Oral tel hy klein en groter stukke hout op. Die sak oor sy skouer is naderhand al swaar van al die hout. Sy hande is later al baie vuil. Sy voete is yskoud en hy voel skoon stokflou toe hy terug kom by die huis.

7 7 Hy maak toe vinnig n vuur in die kaggel om die koue te verjaag. Dit is baie beter! sê die vrou bly vir die seun. Gaan was jou hande gou, dan drink ons lekker warm sjokolade. Begripstoets 1. Waar woon die ou vrou en die seun? 2. Dink jy dat die ou vrou en die seun ryk of arm mense is? Ek dink hulle is (ryk/arm), want.. 3. Wat moes die seun in die woud gaan haal? 4. Hoekom moes die seun eers warm aantrek? 5. Wat wou die ou vrou hê die seun moes met die hout maak? 6. Waarin het die seun die hout gedra? 7. Wat het die ou vrou en die seun gedrink nadat hy sy hande gaan was het? 8. Hoekom dink jy moet jy jou hande was, voor jy eet of drink?

8 8 Lees die gedig en leer die alfabet! A..b..c..d Kom ons gaan hou vakansie by die see. e.f..g.. Pappa sê: O nee! h..i..j. Ousus lag verleë k..l m.. Pa dink hy gaan ons tem. n.o..p.. Mamma bring vir hom koek en tee. q.r..s t.. Ek en Sus gaan hom n druksoen gee. u.v..w.. Hy begin so effentjies toegee. x.y.z Hoera! Ons wen die stryd net-net.

9 9 Stillees oefening Boeglam geskrik Strepies is Jan se mak bobbejaan, en Zak sy kat. Vandag is Strepies daarop uit om skoor te soek. Hy hou daarvan om vir Zak te pla. Wat steek daar agter die boom uit? Aha! Dit is Zak die kat se stert. Strepies is baie bly. Vandag gaan ek Zak se stert gryp, dink hy. Versigtig sluip Strepies al hoe nader aan die boom, want Zak kan baie goed hoor en hy wil nie hê Zak moet hom hoor nie. Treetjie vir treetjie sluip hy nader. Hup, spring Strepies en gryp Zak se stert. Maar o wee! Dit is dan nie Zak se stert nie, dit is n slang! Strepies skreeu benoud, en val op sy rug. Hy spring op en hardloop weg. Hy het nie weer probeer om Zak se stert te vang nie. Hy en Zak het groot maats geword.

10 10 Beantwoord die volgende vrae met volledige sinne. 1. Is Zak, Jan se hond? Nee, 2. Is Strepies n slang? Nee, 3. Hou Zak daarvan om Strepies te pla? Nee, 4. Steek Zak se poot agter die boom uit? Nee, 5. Wil Strepies Zak se poot gryp? Nee, 6. Is dit Zak se stert wat Strepies gryp? Nee,

11 11 Hen-Pen raak weg. Ben! roep sy ma. Jy moet vir Hen-Pen gaan soek. Sy is al lank weg! Ben is sommer smoorkwaad vir Hen-Pen. Spoorloos weg! Ben is nie lus om vir Hen-Pen te gaan soek nie. Hy loop en brom en kla, maar hy gaan trek sy bruin broek en stewels aan. Hy sit sy bril op en begin vir Hen-Pen soek. Buks die hond loop saam met Ben. Hy soek ook vir Hen-Pen. Ben soek agter die skuur. Hy gaan soek onder die groot boom in die tuin, maar hy kry vir Hen-Pen nêrens nie. Hy loop oor die brug wat pappa oor die stroompie gebou het. Ben soek en soek. Buks soek en snuffel agter elke bos. Buks begin skielik opgewonde te blaf. Jippie! skree Ben. Buks, jy is baie oulik! Jy het vir Hen-Pen gekry! prys Ben vir Buks.

12 12 Buks waai sy stert en is baie bly. Ben probeer vir Hen-Pen optel om haar huis toe te neem, maar Hen-Pen raas en kloek hard. Sy klap haar vlerke en maak n verskriklike lawaai. Ben staan weg en wonder wat vandag met Hen- Pen aan die gang is. Toe sien Ben die klein kuikentjies, in n nes onder die bos. Hy tel een, twee, drie, vier, vyf, ses, sewe, agt klein kuikentjies. Hen-Pen is baie trots op haar kleingoed! Ben is bly en hardloop vinnig huis toe om vir ma die goeie nuus te gaan vertel. Begripstoets Skryf die antwoorde in jou werkboek. a) Vertel die storie oor in jou eie woorde. b) Dink jy Ben wou vir Hen-Pen gaan soek het? Hoekom dink jy so? c) Wat het Ben aangetrek om vir Hen-Pen te gaan soek? d) Wie loop saam om vir Hen-Pen te soek?

13 13 e) Noem twee plekke waar Ben orals gesoek het? f) Wie het op die ou end vir Hen-Pen gekry? g) Hoekom het Hen-Pen geraas en gekloek toe Ben haar wou optel? h) Hoeveel kuikentjie was daar in die nes? i) Vir wie wou Ben die goeie nuus gaan vertel? Tant Miem en Mietjie tier. Jan en San kuier by Tant Miem op Tiersvlei. Tant Miem is baie lief vir diere en op die plaas is daar n spesiale kamp vir siek wilde diere. Haar man, oom Piet is n veearts en hy werk op n wildsplaas. Vandag is Tant Miem baie opgewonde. Oom Piet het n klein tier welpie huis toe gebring. Oom Piet het die welpie alleen en honger in die veld gekry. Hy vermoed dat n wilddief haar mamma gesteel het.

14 14 Die klein welpie is baie swak en siek. Tannie Miem en oom Piet versorg die klein welpie baie goed. Oom Piet maak spesiale melk aan en Tant Miem voer die welpie met n baba bottel. Die welpie begin gulsig te suig. Almal is bly, nou sal die welpie gou gesond word. Tant Miem doop die welpie, Mietjie. Daardie aand laat gesels Jan en San nog oor die klein welpie. BEGRIPSVRAE (BEANTWOORD AL DIE VRAE IN JOU WERKBOEK.) 1. By wie kuier Jan en San? 2. Wat is Tant Miem se plaas se naam? 3. Watter soort werk doen oom Piet? 4. Wat dink oom Piet het van die klein welpie se mamma geword? 5. Hoe weet hulle dat die welpie gesond sal word?

15 15 Op soek na die klein groen boek. Mamma soek en soek. Pappa soek en soek. Hulle soek mamma se klein groen boek. Mamma soek in elke hoek van die huis. Pappa roep: Jan! San! Help asseblief soek na mamma se klein groen boek. Jan soek! San soek! Zak slaap, hy soek nie na mamma se boek nie. Almal voel moeg en moedeloos gesoek. Mamma gooi vir hulle lekker koeldrank in n glas. Buks spring op en af. Ag nee, Buks. Hou nou op met woel! raas mamma. Gaan na jou hok! Buks luister nie. Mamma raak kwaad vir Buks. Sy vat Buks na sy hok. En wat lê daar in sy hok? Mamma se klein groen boek. Mamma lag en sê: Woef wou seker ook koek gebak het! Begripsvrae (Beantwoord die vrae in jou werkboek.) 1. Wie soek almal vir die klein groen boek? 2. Wie soek nie na mamma se boek nie?

16 16 3. Aan wie behoort die klein groen boek? 4. Waar was die boek die hele tyd? 5. Kan jy sê watter soort boek dit is wat mamma gesoek het? 6. Skryf die sin in die storie neer wat vir ons n leidraad gee oor watter soort boek mamma soek. OUMA EN DIE OU KOOLSTOOF Ouma is lief om te bak en te brou. Sy kook nog op n ou koolstoof. Oupa wou al lankal vir haar n elektriese stoof koop, maar sy sê, sy weet nie hoe om met die nuwerwetse goed oor die weg te kom nie.

17 17 Vandag wil sy n lekker skaapboud maak vir middagete. Sy gooi sout oor die boud en maak n lekker sous. Nou moet die boud in die oond. Ouma haal hout uit die houtkis. Sy sit die fyn houtjies onder in die stoof en die groot stompe bo-op. Sy steek die klein houtjies aan die brand, maar vandag is hier groot fout. Die stoof wil nie warm word nie. Die hout wil nie brand nie. Die koolstoof bly koud. Ou man! roep sy oupa benoud. Kom help tog gou! Anders bly die skaapboud rou! Oupa kom vinnig nader. Gou-gou brand die hout en is die stoof warm. Nou sal die kos gou gaar word! sê ouma. Ek is bly! sê oupa Dan gaan ons lekker kou!

18 18 BEGRIPSTOETS (Beantwoord die vrae in volsinne.) 1. Waarop kook ouma nog haar kos? 2. Wat wil ouma gaarmaak? 3. Hoekom sit ouma fyn houtjies onder die groot houtstompe? 4. Wie het ouma geroep toe die stoof nie wou warm word nie? 5. Watter ander kos kan ouma nog saam met die skaapboud gaarmaak? n Telefoon gesprek (Dialoog) Ouma is nog besig met middagete en oupa skil die aartappels. Ouma wil nog braai aartappels maak saam met soetpatats en die

19 19 groenbone. Die telefoon begin te lui! Trieng Trieng Trieng Ouma: Piet, tel jy sommer op dit is seker die kinders. Oupa stap na die telefoon en tel die gehoorstuk op. Oupa: Mnr. Piet Bester. Goeiemôre. Jan: Môre oupa. Hoe gaan dit met oupa? Oupa: Dit gaan goed met ons, Jan. Ouma is nog besig met middagete. Hoe laat gaan julle hier wees? Jan: Oupa, dit is hoekom ek bel. Ma sê ons gaan so bietjie laat wees. Vanoggend is daar n nuwe verskalf gebore en pa kyk net of alles reg is. Oupa: Ag, dit is goeie nuus. Jan: Ja, oupa. Dit is n baie mooi kalfie. Ons sien oupa-hulle dan later. Totsiens, oupa! Oupa: Totsiens, Jan!

20 20 BEGRIPSVRAE 1. Wie gaan vir ouma en oupa kom kuier? 2. Wat maak ouma saam met die skaapboud vir middagete? 3. Waarmee is oupa besig toe die telefoon lui? 4. Hoekom gaan Jan-hulle laat wees? MANIE MUIS KUIER BY OUPA. Manie kuier by oupa op die plaas. Hy gaan vir n hele week by oupa kuier. Oupa woon in n huisie tussen die wortels van n struik.

21 21 Manie sit en wag vir oupa wat vir hulle ontbyt gaan haal het. Skielik storm oupa die huisie binne met n groot tros pers druiwe in sy voorpote. Hy is skoon uitasem. Sjoe! sê oupa benoud. Zak die kat het my nou amper gevang! Manie loer by die huisie se venster uit en daar sit Zak net buitekant oupa se huise. Manie se hartjie klop doef, doef. Manie is so bang dat hy eintlik sy duim suig. Jy hoef nie bekommerd te wees nie, Manie sê oupa. Zak sal nou-nou moeg raak om te wag en terug gaan na sy huis. Manie Muis wag en wag. Zak wag en wag. Zak raak lui en gaap. Hy krul homself op onder die boom en raak vas aan die slaap.

22 22 Jan kom speel in die tuin met sy groot bruin leerbal. Hy skop die bal. Die bal trek ver en doef val dit reg langs Zak. Zak skrik baie groot en hardloop vinnig terug huis toe. Jan lag vir Zak wat so groot skrik. Manie Muis is bly dat Zak weg is. Hy en oupa eet te lekker aan die groot pers druiwe korrels.

23 23 Begripstoets (Beantwoord die vrae in jou werkboek.) 1. Waar kuier Manie Muis? 2. Wie het amper vir oupa gevang? 3. Wat het oupa buite gaan doen? 4. Wat het Manie gedoen toe hy so bang geword het? 5. Waar het Zak aan die slaap geraak? 6. Waarmee het Jan gespeel? 7. Skryf die sin neer uit die storie wat oupa vir Manie probeer moed inpraat. 8. Wat het oupa en Manie vir ontbyt geëet? 9. Manie het n week by sy oupa gekuier. Hoeveel dae is daar in n week? 10. Skryf die dae van die week neer.

24 24 Liewe mense kinders My naam is Oupa Uil. Ek en Manie Muis is groot vriende. Ons ken mekaar vandat ons nog klein was, maar dit is n storie wat ek julle later sal vertel. Uile eet mos eintlik muise, maar ek sal nooit vir Manie eet nie. Manie het my gevra om vir julle te vertel van sy avonture toe hy oorsee was. Hy sê hy sukkel soms met woorde en dat ek mos n slim uil is en dit maklik kan doen. Manie het vir sy neef in Spanje gaan kuier en toe beland hy op n verkeerde vliegtuig. Wag ek moenie die storie vooruit loop nie. Manie sê dat julle sommer n klomp slim kinders is en dat julle van sy stories sal hou. Julle moet nou mooi vir julle juffrou luister en hard leer. Groete OUPA UIL

25 25 Begripstoets Beantwoord die vrae in volsinne 1, Wie het die brief geskryf? 2. Watter stories wil Oupa Uil later vir julle vertel? 3. Vir wie het Manie gaan kuier toe hy op die verkeerde vliegtuig geklim het? 4. Wat vertel Oupa Uil ons van uile in die storie? 5. Wie het vir Oupa Uil gevra om vir julle n brief te skryf? 6. Wat het Manie vir Oupa Uil oor julle vertel? 7. Na wie moet julle mooi luister? Manie Muis en n noue ontkoming Liewe maatjies Oupa Uil het vir my geskryf en gevra dat ek julle moet vertel, hoe ons sulke groot maats geword het. Almal sê ek moet

26 26 versigtig wees vir Oupa Uil, omdat hy eintlik muise eet, maar ek weet dat hy my nooit sal vang nie. Ek woon onder n klomp struike in die skool se tuin. Ek wil julle vertel van die noue ontkoming wat ek en my neef gehad het, verlede Desember, in die skoolvakansie. Ek en my neef het rustig onder die struike gespeel en gesnuffel vir iets om te eet. Skielik sommer van nêrens het n baie groot rot voor ons ingespring. Hy het ons met sy ronde, glaserige ogies aangestaar. Ons het albei so groot geskrik, dat ons in ons spore gevries gestaan het met ons sterte in ons voorpote. Stadig het die yslike rot nader en nader na ons toe beweeg. Hy was so groot soos n kat en ek oordryf glad nie hoor. Dit was asof ek n nare droom het. Die rot het sy bek oopgemaak en ons kon sy groot slagtande sien en sy vrot asem ruik. Ek weet nie waar Oupa Uil vandaan gekom het nie, maar hy het onder die takke ingevlieg gekom met n duikslag. Dit het die rot se aandag lank genoeg van ons weggetrek. Ons het soos blits daar weggespring en gehardloop soos nog nooit tevore nie. Ons het net betyds in die muisgat ingeduik.

27 27 Sjoe, ouens dit was verskriklik! Oupa Uil het vir my en my neef uit n benarde situasie gered. Hy is verseker ons held! Groete Manie Muis Begripstoets Beantwoord die vrae in volsinne 1. Waar woon Manie Muis? 2. Saam met wie het Manie Muis gespeel onder die struike? 3. Waarvoor het die twee muise gesoek tussen die struike? 4. Beskryf die rot wat Manie en sy neef wou vang? 5. Hoe groot was die rot vir Manie? 6. Wie het tot Manie en sy neef se redding gekom?

28 28 Waarheen het die twee neefs gehardloop toe Oupa Uil die rot se aandag afgetrek het?

Naam: Ek is Oupa Muis. Ek woon in n huis onder n groot struik. In my huis voel ek sommer tuis.

Naam: Ek is Oupa Muis. Ek woon in n huis onder n groot struik. In my huis voel ek sommer tuis. Naam: Ek is Oupa Muis. Ek woon in n huis onder n groot struik. In my huis voel ek sommer tuis. In my kombuis sit ek by my tafeltjie en eet n pers druif wat ek elke oggend in die wingerd gaan pluk Ek is

Nadere informatie

Woordlys. ou vrou bouvallig hout kou blou woud goue goud Louwrens Douw tou gou-gou hou jou gou flou boud. Die ou vrou en die voël wat kon praat.

Woordlys. ou vrou bouvallig hout kou blou woud goue goud Louwrens Douw tou gou-gou hou jou gou flou boud. Die ou vrou en die voël wat kon praat. Naam: 1 Die ou vrou en die voël wat kon praat. Woordlys Lees die woorde n paar keer hardop. ou vrou bouvallig hout kou blou woud goue goud Louwrens Douw tou gou-gou hou jou gou flou boud 2 Stillees Oefening

Nadere informatie

Luister en praat. Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun?

Luister en praat. Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun? Luister en praat Naam: Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun? 3. Waaraan, dink jy, dink die kat? 4. Hoekom dink jy is daar ʼn slot aan

Nadere informatie

EKURHULENI NORTH. Die emmer met die gaatjie

EKURHULENI NORTH. Die emmer met die gaatjie fdeling : Leesbegrip Die emmer met die gaatjie 1. Eendag, lank, lank gelede was daar n nare monster wat in die bos gewoon het. n Dogtertjie met die naam Mamela het altyd in die bos gespeel. Elke dag, net

Nadere informatie

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk Doel van les: Voordat ons kan leer van ons nuwe identiteit in Christus, moet ons eers stil staan by wat Jesus vir ons kom doen het en dat ons die nuwe mens

Nadere informatie

Antonieme en sinonieme

Antonieme en sinonieme Antonieme en sinonieme Naam Oefening 1 1. Die motor is nie groot nie. smal 2. Die skaap is nie slim nie. buite 3. Die koffie is nie soet nie. naby 4. Die kind is nie soet nie. klein 5. Die straat is nie

Nadere informatie

Direkte en indirekte rede. Naam:

Direkte en indirekte rede. Naam: Direkte en indirekte rede Naam: Direkte en indirekte rede Direkte rede is iemand se eie woorde en dit staan in aanhalingstekens. Ryan sê: Ek weet nie wat die Afrikaanse woord beteken nie. Andrew sê: Ek

Nadere informatie

Is jy seker dis nie n voorry nie. Ek wonder of die kinders weet wat n voorry doen.

Is jy seker dis nie n voorry nie. Ek wonder of die kinders weet wat n voorry doen. Op pad vir Christus NG Kraggakamma Le Roux Familie POPPEKASKAPERJOLLE : Frikkie! Frikkie! Hoekom is jy so stadig vandag? Frikkie: (Nog af. Haal hard asem) Want ek is moeg. Hoekom is jy moeg? Frikkie: Ek

Nadere informatie

Die Wensknoop. Sanette Smit. Antoinette Smit. Storie deur: Geillustreer deur:

Die Wensknoop. Sanette Smit. Antoinette Smit. Storie deur: Geillustreer deur: Die Wensknoop Storie deur: Sanette Smit Geillustreer deur: Antoinette Smit Die wensknoop: Deur Sanette Smit Met Illustrasies deur Antoinette Smit Die tienjarige Petrus stap stadig huis toe. Sy donker hare

Nadere informatie

Jakkals lê eendag heerlik en

Jakkals lê eendag heerlik en Leesbegrip Naam: Jakkals en Hettie die heuningvoëltjie Jakkals lê eendag heerlik en slaap onder ʼn koelteboom toe hy skielik die geflap van vlerke hoor. Dit is Hettie, die heuningvoëltjie. Sy druk haar

Nadere informatie

Ons gaan sommer lekker leer en werk! Op elke bladsy gaan n vrugte vlieg wegkruip. So, kyk baie mooi!

Ons gaan sommer lekker leer en werk! Op elke bladsy gaan n vrugte vlieg wegkruip. So, kyk baie mooi! Naam: Ons gaan sommer lekker leer en werk! Op elke bladsy gaan n vrugte vlieg wegkruip. So, kyk baie mooi! 1 As jy die prentjie sien is daar iets wat jy moet doen. So lees die opdrag mooi. Skryf al die

Nadere informatie

EKURHULENI NORTH November 2015 Graad 05 Afrikaans EAT

EKURHULENI NORTH November 2015 Graad 05 Afrikaans EAT Afdeling A: Leesbegrip EKURHULENI NORTH Lees die storie en beantwoord die vrae Samantha en Tinkerbel se nuwe maats 1 2 3 4 Eendag was daar n dogtertjie met die naam Samantha. Sy het saam met haar ma en

Nadere informatie

Wat gebeur hier? Vertel vir jou maat.

Wat gebeur hier? Vertel vir jou maat. Week 3 Datum: Wat gebeur hier? Vertel vir jou maat. 25 Uittelrympies Lees die rympies vir jou maat. Wie is aan, en wie is uit? 1 Een, twee, drie, vier, vyf, ses, water in die fles, olie in die kan - weg

Nadere informatie

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN Skep Die Geleentheid Vir Veilige Kommunikasie Bou Vertroue & Dra Waardes Oor Versterk Verhoudings Ontwikkel Jou Kind Se Emosionele Intelligensie SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN Created by REËLS VIR

Nadere informatie

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees Doel van les: Vandag leer ons van die Vrugte van die Heilige Gees en hoe dit in ons lewens werk. INLEIDING: Sjoe, ons het nou al so baie van die Heilige Gees

Nadere informatie

Abu Ali tel sy donkies

Abu Ali tel sy donkies 8 Abu Ali tel sy donkies Luistertyd: n Storie uit die Midde-Ooste Luister eers na die woorde en herhaal hulle. een twee drie vier vyf ses sewe agt nege Luister daarna na die kort storie. Abu Ali koop nege

Nadere informatie

Muis. Arme fyn gesiggie sit hongerig en loer dan skielik gaan daar n vaal streep oor die vloer.

Muis. Arme fyn gesiggie sit hongerig en loer dan skielik gaan daar n vaal streep oor die vloer. Tema 3: Seisoene Week 7 Datum: Muis Arme fyn gesiggie sit hongerig en loer dan skielik gaan daar n vaal streep oor die vloer. Arme fyn gesiggie kruip weg die lange dag. Arme fyn gesiggie kom peusel elke

Nadere informatie

Letterlike en figuurlike taalgebruik

Letterlike en figuurlike taalgebruik Letterlike en figuurlike taalgebruik Naam: Letterlik: Woorde funksioneer presies soos dit beskryf word. Die motor is blou. Hy vang die sokkerbal. Figuurlik: Hier moet jy uitvind wat dit beteken. Dit is

Nadere informatie

Kyk op watter bladsye jy Rob die Robot kan sien wegkruip? Hallo maats. My naam is Rob die Robot. In hierdie boek gaan ons die volgende klanke aanleer.

Kyk op watter bladsye jy Rob die Robot kan sien wegkruip? Hallo maats. My naam is Rob die Robot. In hierdie boek gaan ons die volgende klanke aanleer. Naam: 1 Hallo maats. My naam is Rob die Robot. In hierdie boek gaan ons die volgende klanke aanleer. Waar jy die sterretjie sien is daar n opdrag. Kyk mooi!! Kyk op watter bladsye jy Rob die Robot kan

Nadere informatie

Toe God alles gemaak het

Toe God alles gemaak het Bybel vir Kinders bied aan Toe God alles gemaak het Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: Bob Davies; Tammy S. Vertaal deur: Hannelie Niemandt Vervaardig deur:

Nadere informatie

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg: Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg: 1. Jy MOET n sondaar wees 2. Jy kan Hom volg al glo jy nog nie

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man Bybel vir Kinders bied aan Ryk man, Arm man Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: M. Maillot; Lazarus Aangepas deur: M. Maillot; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible for Children

Nadere informatie

Toe God alles gemaak het

Toe God alles gemaak het Bybel vir Kinders bied aan Toe God alles gemaak het Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: Bob Davies; Tammy S. Vertaal deur: Hannelie Niemandt Vervaardig deur:

Nadere informatie

Een oggend sê pappa: Kom ons gaan hou piekniek by die dam. Al die kinders roep: Ja pappa, ons hou van piekniek. Dan moet almal help, sê Pappa.

Een oggend sê pappa: Kom ons gaan hou piekniek by die dam. Al die kinders roep: Ja pappa, ons hou van piekniek. Dan moet almal help, sê Pappa. Week 9 Datum: _ Piekniek by die dam Een oggend sê pappa: Kom ons gaan hou piekniek by die dam. Al die kinders roep: Ja pappa, ons hou van piekniek. Dan moet almal help, sê Pappa. Mamma en sus maak broodjies

Nadere informatie

Die brief aan die Filippense

Die brief aan die Filippense Ontmoeting 19 Die brief aan die Filippense Teks: Fillippense 1:4; 4:4; 4:13 Hulpmiddels: Toue Ballonne Oupa Pietie Preekstoel se brief Kopie van prentjie met Fillipense 4:4 Woorde van Fillipense 4:13,

Nadere informatie

PIPPIE GAAN WOON IN HUIS WINDERUIS

PIPPIE GAAN WOON IN HUIS WINDERUIS Datum: Naam en Van: Vraag 1 Begripstoets Lees die storie en antwoord die vrae wat volg. PIPPIE GAAN WOON IN HUIS WINDERUIS Aan die een end van 'n klein stadjie lê 'n verwaarloosde ou tuin. In die tuin

Nadere informatie

7. Versies en liedjies. opgesit.

7. Versies en liedjies. opgesit. 7. Versies en liedjies opgesit. 77 My hande Ek kan klop met my hande: Klop, klop, klop! Ek kan klap met my hande: Klap, klap, klap! Ek kan wieg met my hande: Wieg, wieg, wieg! Week 1 en 2 78 Kom in en

Nadere informatie

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus Doel van les: Ons leer meer oor Wie ons is in Christus. Ysbreker: Bome Uitbeeld: In die Bybel lees mens baiekeer dinge oor bome. God praat van bome om ons as

Nadere informatie

die ark en neem jou gesin saam. Van almal op die aarde het jy die naaste aan my geleef. Binne 7 dae stuur Ek reën.

die ark en neem jou gesin saam. Van almal op die aarde het jy die naaste aan my geleef. Binne 7 dae stuur Ek reën. Ontmoeting 4 God is lief vir Noag Kinders hoor in die storie van Noag dat God regverdig is. Hy sien mense raak wat aan Hom gehoorsaam is en Hy maak n duidelike plan om sy kinders te red. Teks: Genesis

Nadere informatie

Dit verg net n paar minute om n groot verskil te maak!

Dit verg net n paar minute om n groot verskil te maak! Hoe kan ons ons babas ondersteun terwyl hulle leer? Babas word gebore met die wil om te leer. Selfs klein babatjies gebruik hulle sintuie om die wêreld om hulle te verken. Ouers, sorggewers en VKO-praktisyns

Nadere informatie

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie Ontmoeting 7 God gebruik n dogtertjie wat ver van haar eie huis af is, om n belangrike generaal in Hom te laat glo. Teks: 2 Konings 5: 1-14 Hulpmiddels: Sandboks met huise, paleis, rivier en karakters

Nadere informatie

Soek al die woorde met n y klank en skryf dit in jou woordeboek.

Soek al die woorde met n y klank en skryf dit in jou woordeboek. Week 3 Datum: Bosluis se huis Ben Bosluis sit op n grassie. Hy wag vir n huis om verby te kom. Hy soek n huis, en hy soek kos. Hier kom Ietermagô verby. Sal ek lekker op sy skubbe bly? wonder Ben Bosluis.

Nadere informatie

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk Doel van les: Voordat ons kan leer van ons nuwe identiteit in Christus, moet ons eers stil staan by wat Christus vir ons kom doen het. Vandag gaan ons gesels

Nadere informatie

Klein Klaas se avonture!

Klein Klaas se avonture! Voorbeeld NAAM: Klein Klaas se avonture! In die werkboek leer: ons wat n hipotese is en hoe om n onderhoud te voer, ons die ie- klank, ons woorde in alfabetiese volgorde rangskik, ons oor voorvoegsels,

Nadere informatie

qwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyui opasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfgh jklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvb nmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwer

qwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyui opasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfgh jklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvb nmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwer qwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyui opasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfgh jklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvb Leesbegrip nmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwer Dieretuine/Hannes en die koek/zak bak koekies tyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopas

Nadere informatie

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12 14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12 Tema Jesus het uit liefde sy lewe vir ons afgelê en Hy gee ook hierdie liefde in ons sodat ons mekaar kan liefhê. Agtergrond en interpretasie Johannes

Nadere informatie

Ouderdom: Gr1-6 Tema: Veg saam met Jesus teen die duiwel Teks: 1 Samuel 17:34-37

Ouderdom: Gr1-6 Tema: Veg saam met Jesus teen die duiwel Teks: 1 Samuel 17:34-37 Ouderdom: Gr1-6 Tema: Veg saam met Jesus teen die duiwel Teks: 1 Samuel 17:34-37 DOEL: Die kinders moet verstaan dat ons saam met Jesus teen die duiwel moet stry. Ons moet hom geen vastrapplek in ons lewe

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL VRAESTEL 2: SKRYF NOVEMBER 2008 PUNTE: 80 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye. Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2

Nadere informatie

Fanie en die vuilgoedblikke

Fanie en die vuilgoedblikke Week 6 Datum: Fanie en die vuilgoedblikke Fanie is sewe jaar oud. Hy is n oulike seun, maar Fanie doen een ding altyd verkeerd. Hy gooi nooit vuilgoed in n vuilgoedblik nie. Fanie gooi sommer al les wat

Nadere informatie

Jona en die Groot Vis

Jona en die Groot Vis Bybel vir Kinders bied aan Jona en die Groot Vis Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun Bybel vir Kinders bied aan Die Verlore Seun Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

Pragtige Koningin Ester

Pragtige Koningin Ester Bybel vir Kinders bied aan Pragtige Koningin Ester Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Vertaal deur: Gert Badenhorst Aangepas deur: Ruth Klassen Storie 30 van 60 www.m1914.org Bible

Nadere informatie

Kingswood College Departement Afrikaans AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 9 VRAESTEL 2

Kingswood College Departement Afrikaans AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 9 VRAESTEL 2 Kingswood College Departement Afrikaans AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 9 VRAESTEL 2 Eksaminator: Mnr. D. Koen Tyd: 2 UUR Moderators: Mnr. T. Scholtz Totaal: [100] Me. M. Muller November 2014 Me.

Nadere informatie

Jesaja sien die Toekoms

Jesaja sien die Toekoms Bybel vir Kinders bied aan Jesaja sien die Toekoms Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

Paulus en sy vriende vertel ander van God

Paulus en sy vriende vertel ander van God Ontmoeting 20 Paulus en sy vriende vertel ander van God In hierdie deel van Paulus se verhaal sien ons weereens hoe God vir ons sorg. Hy het vir Paulus vriende gegee om hom te help met sy taak om die boodskap

Nadere informatie

Ek gaan gereeld tandarts toe. Selfs as jy geen tandpyn het nie, moet jy twee keer per jaar die tandarts besoek.

Ek gaan gereeld tandarts toe. Selfs as jy geen tandpyn het nie, moet jy twee keer per jaar die tandarts besoek. Week 2 My tande Ek gaan gereeld tandarts toe. Selfs as jy geen tandpyn het nie, moet jy twee keer per jaar die tandarts besoek. Ek het nog baie van my eerste tande of melktande. Party tande het ek self

Nadere informatie

1 Waar ek vandaan kom

1 Waar ek vandaan kom 1 Waar ek vandaan kom Groepaktiwiteit 1. Lees Psalm 139:13. Leer die Here jou eers ken nadat jy gebore is? Wanneer dan? 2. Waar of vals: Die doel van n baba se doop is om vir hom of haar n naam te gee.

Nadere informatie

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie. 1 Johannes 14b WH Belydenisaflegging en Nagmaal Kinders, doen julle wat mamma en pappa vra? Altyd? Partykeer eers later nè? Hoekom sal jy iets doen as jou ouers vra? Doen jy wat die Here vra? Wat is jou

Nadere informatie

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30 4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30 Tema Die goeie Herder hou al sy skape veilig in sy hand. Agtergrond en interpretasie Kyk weer na Agtergrond en interpretasie by Ontmoeting 1, asook na die aantekenings

Nadere informatie

3-6 MAANDE BABAPROGRAM

3-6 MAANDE BABAPROGRAM 3-6 MAANDE BABAPROGRAM Kopiereg Baby & Tots Guide 2017 Kommunikasie vaardighede ten minste twee verskillende klanke maak bv. ah, uh, eh, oh... Ek begin om klanke agter in my keel te maak bv. h, k, g...

Nadere informatie

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was nie om limate te gaan werf of om mense te gaan bekeer nie, maar om dissipels te gaan maak, mense wat Jesus volg. Net soos wat n mens nie noodwendig

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2017 PUNTE: 80 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye. Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 2 DBE/November

Nadere informatie

GRAAD: 3 VAK: HUISTAAL KWARTAAL EEN FORMELE ASSESSERINGSTAAK (FAT) 1

GRAAD: 3 VAK: HUISTAAL KWARTAAL EEN FORMELE ASSESSERINGSTAAK (FAT) 1 GRAAD: 3 VAK: HUISTAAL KWARTAAL EEN FORMELE ASSESSERINGSTAAK (FAT) 1 Naam: Klas: Datum: Skool: Onderwyser: FAT Aktiwiteit/ Vorm Leerder se punt Leerder % TOTAAL VAK: HUISTAAL FORMELE ASSESSERINGS TAAK

Nadere informatie

LIMPOPO DEPARTEMENT VAN ONDERWYS LAERSKOOL WARMBAD

LIMPOPO DEPARTEMENT VAN ONDERWYS LAERSKOOL WARMBAD LIMPOPO DEPARTEMENT VAN ONDERWYS LAERSKOOL WARMBAD INSTRUKSIES:Skryf jou naam en van op elke antwoordblad en jou nommer 1. Voltooi al die vrae. 2. Lees die vrae behoorlik deur voordat jy dit antwoord.

Nadere informatie

n Tempel Leier besoek Jesus

n Tempel Leier besoek Jesus Bybel vir Kinders bied aan n Tempel Leier besoek Jesus Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: M. Maillot; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible

Nadere informatie

Ontmoeting 40. Welkom. Wyding. Woord. te maak, in vorms te giet en te laat droog word.)

Ontmoeting 40. Welkom. Wyding. Woord. te maak, in vorms te giet en te laat droog word.) Ontmoeting 40 Kinders kan vir grootmense van God vertel. Teks: 2 Konings 5; Jesaja 44:6 Hulpmiddels: Bordkryt om teen n muur of op die vloer te skryf (Of maak afwasbare kryt deur waspoeier met kleursel

Nadere informatie

Jona en die Groot Vis

Jona en die Groot Vis Bybel vir Kinders bied aan Jona en die Groot Vis Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Vertaal deur: Yvonne Kriel Aangepas deur: Mary-Anne S. Storie 26 van 60 www.m1914.org Bible for

Nadere informatie

Jesus as Kind Teks: Matteus 2, 13: 55-56, Lukas 2

Jesus as Kind Teks: Matteus 2, 13: 55-56, Lukas 2 Jesus as Kind Teks: Matteus 2, 13: 55-56, Lukas 2 Hulpmiddels:: Bordspeletjie: Laai af by http://www.livingwaterbible games.com/christmas-board-game.htm Drukker, papier, gom, skêr, dobbelsteentjies, kleeflint

Nadere informatie

INTERMEDIÊRE FASE GRAAD 6 NOVEMBER 2016 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2

INTERMEDIÊRE FASE GRAAD 6 NOVEMBER 2016 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 INTERMEDIÊRE FASE GRAAD 6 NOVEMBER 2016 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 PUNTE: 40 TYD: 1½ uur *6AFAL2* Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye. 2 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/NOVEMBER 2016)

Nadere informatie

Mondelinge werk aan die begin van die dag (Daagliks)

Mondelinge werk aan die begin van die dag (Daagliks) Week 5 Werkboek 1: bl. 39-52 Spellingboek: bl. 17-19 Skrifboek: bl. 16-18 1. Luister en praat Mondelinge werk aan die begin van die dag (Daagliks) Bespreek die weerkaart en pas dit aan. Wens leerlinge

Nadere informatie

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene Bybel vir Kinders bied aan Daniël die Gevangene Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

Onderwyser lees die vergrote leesstuk Ben en Vis voor terwyl die leerlinge volg en met aandag luister.

Onderwyser lees die vergrote leesstuk Ben en Vis voor terwyl die leerlinge volg en met aandag luister. Week 8 Dag 1 Leermateriaal: Klaskoerant Letterkaart en prent v vir vis Klankstorie: v (bl. 13) Leesstuk: Ben en Vis (bl. 284) Leesboek 2 bl. 28 en 29 Werkboek 2 bl. 112 Witborde en witbordmerkers Aktiwiteit

Nadere informatie

EK KAN LEES E. TISMEER, L. B. HOSKING, DEUR. Departementale lnstruktriese vir Kindertuin~Metodes. in die Kaapprovinsie

EK KAN LEES E. TISMEER, L. B. HOSKING, DEUR. Departementale lnstruktriese vir Kindertuin~Metodes. in die Kaapprovinsie EK KAN LEES DEUR E. TISMEER, Departementale lnstruktriese vir Kindertuin~Metodes in die Kaapprovinsie EN L. B. HOSKING, vroeer onderwyseres vir Kindertuin~Metodes aan die Opleidingskollege Wellington,

Nadere informatie

God eer Josef die slaaf

God eer Josef die slaaf Bybel vir Kinders bied aan God eer Josef die slaaf Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: M. Maillot; Lazarus Vertaal deur: Yvonne Kriel Aangepas deur: M. Maillot; Sarah S. Storie 8 van 60 www.m1914.org

Nadere informatie

Welkom by Die Storie God se storie

Welkom by Die Storie God se storie Welkom by Die Storie God se storie Hierdie boek vertel die belangrikste, aangrypendste storie ooit: die storie van n ware God wat lief is vir sy kinders, wat gesorg het dat hulle gered is, en wat vir hulle

Nadere informatie

Skoolgereed in 10 weke: Week 1

Skoolgereed in 10 weke: Week 1 Skoolgereed in 10 weke: Week 1 www.kinderwerf.co.za Vaardigheid 1: Kan jou kind al skoenveters vasmaak? Indien hy/sy nog sukkel, oefen dit met hierdie oulike skoenveter-rympie! Hasie-gaatjie om die draaitjie,

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Storie 6 van 60.

Bybel vir Kinders. bied aan. Storie 6 van 60. Bybel vir Kinders bied aan Jakob die Bedrieër Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: M. Maillot; Lazarus Vertaal deur: Yvonne Kriel Aangepas deur: M. Kerr; Sarah S. Storie 6 van 60 www.m1914.org Bible

Nadere informatie

Hoe kies n mens n troeteldier?

Hoe kies n mens n troeteldier? Naam: Lees die onderstaande leesstuk aandagtig deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. Hoe kies n mens n troeteldier? Honde en katte Knaagdiere n Hond kan jou beste vriend wees, maar onthou dat honde

Nadere informatie

Lewensoriëntering Vraestel 12 Graad 6 Totaal: 35

Lewensoriëntering Vraestel 12 Graad 6 Totaal: 35 Lewensoriëntering Vraestel 12 Graad 6 Totaal: 35 Vraag 1 GROEPSDRUK Vul die ontbrekende woorde in. 1. Hierdie scenario is n voorbeeld van en groepsdruk vind hoofsaaklik plaas tussen mense van dieselfde

Nadere informatie

Datum: My tone. Teken jou tone:

Datum: My tone. Teken jou tone: Week 3 Datum: Sarel die Seepman In tant Lena se winkel lê n groen koekie seep. Almal ken hom as Sarel. Hy lê al so lank daar dat hy vuil is van die stof en niemand stel meer belang om hom te koop nie.

Nadere informatie

En die ma het getreur daar onder die afdak, en Kootjie het getreur daar in die bos, maar dit help niks.

En die ma het getreur daar onder die afdak, en Kootjie het getreur daar in die bos, maar dit help niks. 1 Kootjie Totjie se ma, die ou varksog van die mensoom, oom Karel, het onder 'n afdak gewoon waar dit lekker warm was in die nag, en bedags was daar koelte. Sy had altyd vars droë strooi om op te lê en

Nadere informatie

HOËRSKOOL ROODEPOORT AFRIKAANS EAT KWARTAAL 3 KWARTAALTOETS

HOËRSKOOL ROODEPOORT AFRIKAANS EAT KWARTAAL 3 KWARTAALTOETS HOËRSKOOL ROODEPOORT AFRIKAANS EAT KWARTAAL 3 KWARTAALTOETS Eksaminator: M. Swanepoel 11 September 2015 Moderator: C. van Niekerk, B. Oliphant 40 punte 60 minute Naam: Memorandum Graad 8/ Instruksies:

Nadere informatie

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

DIE VLEUELS VAN GEBED (9) DIE VLEUELS VAN GEBED (9) DIE VLEUELS VAN GEBED (9) Jan van der Watt Dankie Here! Dankie sê is om jou skuld te betaal. In die tyd van die Bybel was dankie sê iets anders as vandag. Vandag is dankie n woord

Nadere informatie

Aktiwiteit 1: Persoonlike en sosiale ontwikkeling. Aktiwiteit 2: Uitvoerende kuns: Musiek

Aktiwiteit 1: Persoonlike en sosiale ontwikkeling. Aktiwiteit 2: Uitvoerende kuns: Musiek Dag 1 Aktiwiteit 1: Persoonlike en sosiale ontwikkeling Uitstappie na die Spoorwegstasie. Aktiwiteit 2: Uitvoerende kuns: Musiek Sang Sing die woorde van die liedjie: Hoor die trein Dramatiseer S.A. Sing

Nadere informatie

Hersiening. Die aksentteken op die letter a wys dat ʼn mens die letter ʼn bietjie harder uitspreek

Hersiening. Die aksentteken op die letter a wys dat ʼn mens die letter ʼn bietjie harder uitspreek Hersiening Naam: A. Skryftekens: die kappie (bv. ê) die deelteken (bv. ë) die aksentteken (bv. é, á, ó) die afkappingsteken (bv. s) die koppelteken (bv. twee-uur) a) Die vrou het iets gesê toe sy na die

Nadere informatie

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL Votum en seën Psalm 118 : 2 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 4 : 3 Gebed Skriflesing: Johannes 19:17-27 (AV 1933/53) Teks: Johannes 19:26-27

Nadere informatie

GENERAL EDUCATION AND TRAINING AFRIKAANS HUISTAAL JUNIE EKSAMEN 2012 GRAAD 6

GENERAL EDUCATION AND TRAINING AFRIKAANS HUISTAAL JUNIE EKSAMEN 2012 GRAAD 6 GENERAL EDUCATION AND TRAINING AFRIKAANS HUISTAAL JUNIE EKSAMEN 2012 GRAAD 6 PUNTE : 60 TYDSDUUR: 60 MINUTE Bladsy 1 van 10 Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye INSTRUKSIES: 1. Beantwoord al die vrae.

Nadere informatie

Tema 6: Energiebronne

Tema 6: Energiebronne Tema 6: Energiebronne Week 7 Datum: Lees die strokiesprente van mnr. Mannetjies. 1. Ek sal vandag n bietjie by die strand met n boot vaar, sê mnr. Laf, en weg is hy om te gaan pret hê. 2. By die strand

Nadere informatie

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid Bybel vir Kinders bied aan Die Kerk Kry Moeilikheid Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

Nadere informatie

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp. SKRIFLESING: Johannes 18:28-40 TEKS: TEMA: INHOUD: Johannes 18:37-38b Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp. Die waarheid verwerp Psalm 105 : 2, 3 Psalm 73 : 12 Skrifberyming 18 (17-2)

Nadere informatie

Jesus lewe! Kruisiging en opstanding. Teks: Mat 21:1-11 en Joh 3:16

Jesus lewe! Kruisiging en opstanding. Teks: Mat 21:1-11 en Joh 3:16 Jesus lewe! Kruisiging en opstanding Teks: Mat 21:1-11 en Joh 3:16 Hulpmiddels: 3 stelle van 3 bordjies wat elkeen n gesigsuitdrukking het: n bly gesiggie, n hartseer gesiggie en n bang gesiggie 2 Handskoenpoppe

Nadere informatie

GRAAD 10 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL MEMORANDUM VREASTEL 1 JUNIE 2018 PUNTE : 120 TYD : 2 ½ UUR. Hierdie memoranduml bestaan uit 6 bladsye

GRAAD 10 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL MEMORANDUM VREASTEL 1 JUNIE 2018 PUNTE : 120 TYD : 2 ½ UUR. Hierdie memoranduml bestaan uit 6 bladsye Onderwys en Sportontwikkeling Lefapha la Thuto le TlhabololoyaMetshameko Dept. Van Onderwys en Sportontwikkeling Dept. of Education and Sport Development NOORDWESPROVINSIE GRAAD 10 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Man van Vuur

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Man van Vuur Bybel vir Kinders bied aan Die Man van Vuur Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: E. Frischbutter Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

VERSPREI GOD SE LIEFDE (2) VERTEL ANDER VAN GOD SE LIEFDE 13 Augustus 2006, Ds Freddie Schoeman

VERSPREI GOD SE LIEFDE (2) VERTEL ANDER VAN GOD SE LIEFDE 13 Augustus 2006, Ds Freddie Schoeman VERSPREI GOD SE LIEFDE (2) VERTEL ANDER VAN GOD SE LIEFDE 13 Augustus 2006, Ds Freddie Schoeman Die basis van ons verhouding met ander is dieselfde as die basis van ons verhouding met God en mekaar: GENADE.

Nadere informatie

eboeke word ontwikkel en gratis verskaf deur die

eboeke word ontwikkel en gratis verskaf deur die Ons praat baie van dinge wat in verhouding tot mekaar is, sonder om dit regtig agter te kom! As jy byvoorbeeld sê dat jy twee van die ses stukke van n pizza geëet het, het jy n verhouding beskryf: Die

Nadere informatie

Jnr. Kategese 22 Januarie 2017 Visvang vir Jesus! Matteus 4: 12-23

Jnr. Kategese 22 Januarie 2017 Visvang vir Jesus! Matteus 4: 12-23 Benodighede: Visse op karton afgerol en uitgeknip Skuifspelde Stok met tou en magneet Jnr. Kategese 22 Januarie 2017 Visvang vir Jesus! Matteus 4: 12-23 Wenke: Lees die VERLOOP hier onder deur en maak

Nadere informatie

SKOOL AFRIKAANS - GR 6 JUNIE 2010 AFDELING A: KREATIEWE SKRYFWERK TOTAAL: 100 NAAM:

SKOOL AFRIKAANS - GR 6 JUNIE 2010 AFDELING A: KREATIEWE SKRYFWERK TOTAAL: 100 NAAM: SKOOL AFRIKAANS - GR 6 JUNIE 2010 Eksamen TYD: 120 min TOTAAL: 100 NAAM: Instruksies 1. Vul eerstens jou naam en van op die antwoordblaaie neer. 2. Lees jou vrae noukeurig voordat jy antwoord. 3. Alle

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Storie 24 van 60.

Bybel vir Kinders. bied aan. Storie 24 van 60. Bybel vir Kinders bied aan Die Man van Vuur Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Vertaal deur: Yvonne Kriel Aangepas deur: E. Frischbutter Storie 24 van 60 www.m1914.org Bible for Children,

Nadere informatie

LIMPOPO DEPARTEMENT VAN ONDERWYS LAERSKOOL WARMBAD

LIMPOPO DEPARTEMENT VAN ONDERWYS LAERSKOOL WARMBAD LIMPOPO DEPARTEMENT VAN ONDERWYS LAERSKOOL WARMBAD INSTRUKSIES:Skryf jou naam en van op elke antwoordblad en jou nommer 1. Voltooi al die vrae. 2. Lees die vrae behoorlik deur voordat jy dit antwoord.

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer Bybel vir Kinders bied aan Joshua neem Beheer Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

VADERSDAG. Een van die raadslede van die sinagoge, 'n man met die naam Jaïrus, kom toe daar aan. Net toe hy vir Jesus sien, val hy op sy

VADERSDAG. Een van die raadslede van die sinagoge, 'n man met die naam Jaïrus, kom toe daar aan. Net toe hy vir Jesus sien, val hy op sy VADERSDAG Teks: Markus 5:22 24, 35-42 Hulpmiddels: Sirkel en sirkel met vyfde uitgesny om saam met die verhaal te gebruik Split pin A4-kartonne A4-papier om hemp-kaartjies te vou Inkleurkryte en ander

Nadere informatie

Simson, God se sterk Man

Simson, God se sterk Man Bybel vir Kinders bied aan Simson, God se sterk Man Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Lyn Doerksen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart? STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart? - Lees Rom 10:1 - By hierdie stasie gaan elke persoon hulle polsslag neem - Laat elke persoon hulle wysvinger op hulle pols sit om hulle hartklop te voel. - Laat hulle

Nadere informatie

STUDENTEVERSLAG VISUELE VAARDIGHEIDSVERSLAG DATUM VAN VERSLAG: KURSUS VLAK: 3

STUDENTEVERSLAG VISUELE VAARDIGHEIDSVERSLAG DATUM VAN VERSLAG: KURSUS VLAK: 3 STUDENTEVERSLAG GEBRUIKER NAAM: GEBRUIKER NOMMER: Darius Pfaff PFA20070801E02 DATUM VAN VERSLAG: 2018-12-04 KURSUS VLAK: 3 Lesse voltooi: 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 VISUELE VAARDIGHEIDSVERSLAG Perseptuele

Nadere informatie

INTERMEDIÊRE FASE GRAAD 6 NOVEMBER 2014 AFRIKAANS HUISTAAL V2 MEMORANDUM

INTERMEDIÊRE FASE GRAAD 6 NOVEMBER 2014 AFRIKAANS HUISTAAL V2 MEMORANDUM INTERMEDIÊRE FASE GRAAD 6 NOVEMBER 2014 AFRIKAANS HUISTAAL V2 MEMORANDUM PUNTE: 40 Hierdie memorandum bestaan uit 7 bladsye. 2 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (NOVEMBER 2014) AFDELING A: LEESBEGRIP WENKE VIR NASIEN

Nadere informatie