Almal verstaan Sosiale Wetenskappe Graad 4 Leerderboek P Ranby

Vergelijkbare documenten
Wiskundige Geletterdheid. Data Hantering. Opsomming van Data. Kwartiele

FAKTORE EN VEELVOUDE

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 FEBRUARIE/MAART 2014

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Luister en praat. Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun?

Antieke Egipte en die Nylrivier

Hierdie toets bestaan uit 9 bladsye, die voorblad uitgesluit.

GRAAD PUNTE: TYD: 1 uur NAAM: VAN: *3AFHL*

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 FEBRUARIE/MAART 2012

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

die ark en neem jou gesin saam. Van almal op die aarde het jy die naaste aan my geleef. Binne 7 dae stuur Ek reën.

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

NAAM: GRAAD: LAERSKOOL DALVIEW. AFDELING A [30] 3.2 n Sterk / Swak punt verwys na iets waarmee jy goed is. GRAAD 4 NOVEMBER 2016

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

eboeke word ontwikkel en gratis verskaf deur die

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

RESPECT 4 U. L e s 4. Populêre idees verduidelik oor wat ʼn man/seun of ʼn vrou/meisie is en hoe hierdie idees problematies kan wees

n Tempel Leier besoek Jesus

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2012

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies?

JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING 2013 GRAAD 3 AFRIKAANS HUISTAAL TOETS

SENIOR FASE GRAAD 7 NOVEMBER 2017 WISKUNDE

Hersiening. Die aksentteken op die letter a wys dat ʼn mens die letter ʼn bietjie harder uitspreek

Kingswood College Departement Afrikaans AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 9 VRAESTEL 2

Terug in die klas moet jy mooi dink en die besighede in die volgende tabel indeel

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

education Departement van Onderwys MPUMALANGA PROVINSIE

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT (NSS) GRAAD 11 HALFJAAR EKSAMEN AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL DERDE VRAESTEL (NSC11-07) D C

GRAAD: 2 VAK: HUISTAAL KWARTAAL EEN FORMELE ASSESSERINGSTAAK (FAT) 1

NOORDWES PROVINSIALE ASSESSERING GRAAD 6

Jakkals lê eendag heerlik en

RESPECT 4 U. L e s 1. Jou vermoëns en sommige van jou verwagtinge en drome indentifiseer

BASIESE KONSEPTE-PROGRAM PROGRAM. n Toets ontwikkel deur dr. Louis Benjamin, Naam van leerder: Ouderdom van leerder: Geslag: Graad: Skool:

Hoërskool Montana SW Graad 8 Eindeksamen: 22 November 2011 LU1 AS2a; LU2 AS1, 2; LU3 AS2. Naam & Van:

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II LEERUITKOMS 3 & 4 LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR

Omgekeerde bewerkings Getalsinne

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

Plantstruktuur en Plant Voedsel

EKURHULENI NORTH November 2015 Graad 05 Afrikaans EAT

Breedte. Oppervlak = Lengte X Breedte. Ons kan nou enige reghoek se oppervlak bereken met hierdie formule, nie waar nie?

Dit verg net n paar minute om n groot verskil te maak!

Johannesburg Cluster Common Examination Vraestel 3

6 Strukture. Vrae. 1. Noem drie belangrike dinge wat strukture vir ons kan doen. 2. Watter twee soorte strukture kry ons?

1. Energie is iets binne-in mense, diere en dinge wat hulle laat. 2. Waarvandaan kom alle energie op aarde?

Watter koek se dele lyk vir jou die grootste? Dis Reg! Die koek wat in 3 dele gesny is se dele is groter as die koek wat in 4 dele gesny is.

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Pragtige Koningin Ester

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Abu Ali tel sy donkies

NOORDWES PROVINSIALE ASSESSERING GRAAD 6

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

10 Die bou van n plant

Vervoer - 01 * Siyavula Uploaders. 1 AFRIKAANS HUISTAAL 2 Vervoer 3 OPVOEDERS AFDELING 4 Memorandum

GRAAD 12 SEPTEMBER 2013 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Credo Musiekteorie-opleidingsprogram GRAAD 1 Deur S. J. Cloete

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 FEBRUARIE/MAART 2011

Onderwyser lees die vergrote leesstuk Ben en Vis voor terwyl die leerlinge volg en met aandag luister.

Week 5. Dag 1. Aktiwiteit 1: Luister en praat. Aktiwiteit 2: Klanke. Leermateriaal

ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING SOSIALE WETENSKAPPE FINAL DRAF

qwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyui opasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfgh jklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvb nmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwer

GRAAD: 3 VAK: HUISTAAL KWARTAAL EEN FORMELE ASSESSERINGSTAAK (FAT) 1

ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING SOSIALE WETENSKAPPE

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Paulus en sy vriende vertel ander van God

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

GRAAD 11 NOVEMBER 2016 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3

Kom ons kyk nou gou net na die getalle van nul to by 999 en selfs groter, as n hersiening van plekwaardes. Bewerkings met telgetalle

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Bring jou inligting en prente klas toe, want soos gewoonlik werk ons in die klas.

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRFA.3 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 FEBRUARIE/MAART Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

Verduidelik nou vir die kinders die insamelingsmetodes wat vir jul gemeente / skool sal werk.

Lewensoriëntering Vraestel 12 Graad 6 Totaal: 35

FASILITEERDERSGIDS SOSIALE WETENSKAPPE: GEOGRAFIE GRAAD 4

Jesaja sien die Toekoms

RESPECT 4 U. L e s 1 5. Bespreek hoe om n behulpsame, ondersteunende vriend/vriendin te wees waar geweld is of mag plaas vind

Nota vir die onderwyser/es:

Die gebruik van 'n persoonlike joernaal of dagboek

INTERMEDIÊRE FASE GRAAD 6 NOVEMBER 2014 AFRIKAANS HUISTAAL V2 MEMORANDUM

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 FEBRUARIE/MAART 2011

Ons speelgoed. 1. Kan jy onthou waarmee jy gespeel het toe jy nog klein was? 2. Het jy dit nog? 3. Wie het dit vir jou gegee?

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

Mondelinge werk aan die begin van die dag (Daagliks)

Inleiding Tot Die Jagluiperd

Jnr. Kategese 22 Januarie 2017 Visvang vir Jesus! Matteus 4: 12-23

GRAAD 12 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

VADERSDAG. Een van die raadslede van die sinagoge, 'n man met die naam Jaïrus, kom toe daar aan. Net toe hy vir Jesus sien, val hy op sy

Hoërskool Roodepoort Afrikaans HT Graad 8 Taak 11: Vraestel 3. TAAK 11 : Opstel en Langer transaksionele tekste

LIMPOPO DEPARTEMENT VAN ONDERWYS LAERSKOOL WARMBAD

ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING SOSIALE WETENSKAPPE

Transcriptie:

Almal verstaan Sosiale Wetenskappe Graad 4 Leerderboek P Ranby

Inhoud Onderwerp 1: Plekke waar mense woon 1 Eenheid 1: Mense en plekke 2 Eenheid 2: Bakens en hoe om die pad te verduidelik 12 Eenheid 3: Mense en hulle behoeftes 16 Opsomming van Onderwerp 20 Formele assesseringstake 21 Onderwerp 2: Plaaslike geskiedenis 23 Eenheid 1: Hoe ons oor die hede in n plaaslike omgewing uitvind 24 Eenheid 2: Hoe ons oor die geskiedenis van n plaaslike omgewing uitvind 26 Eenheid 3: Om oor die plaaslike omgewing uit te vind vir n geskiedenisprojek 28 Projek: Maak n museumtentoonstelling vir n klaskamermuseum (formele assessering) 34 Opsomming van Onderwerp 37 Formele assesseringstake 38 Onderwerp 3: Kaartvaardighede 39 Eenheid 1: Syaansigte en planaansigte 40 Eenheid 2: Tekens, sleutels en kaarte 42 Eenheid 3: Ruitverwysings 44 Eenheid 4: Kompasrigtings 46 Eenheid 5: n Kaart van Suid-Afrika 48 Eenheid 6: n Aardbol en kaart van die wêreld 50 Opsomming van Onderwerp 52 Formele assesseringstake 53 Onderwerp 4: Leer by leiers 55 Eenheid 1: n Goeie leier 56 Eenheid 2: Lewensverhale van leiers fokus op Nelson Mandela 58 Eenheid 3: Die lewensverhaal van Mahatma Gandhi 62 Eenheid 4: Wat ons by Mandela en Gandhi kan leer 66 Opsomming van Onderwerp 67 Formele assesseringstake 68

Onderwerp 5: Kos en boerdery in Suid-Afrika 69 Eenheid 1: Mense en kos 70 Eenheid 2: Maniere van boerdery 72 Eenheid 3: Saaiboerdery in Suid-Afrika 76 Eenheid 4: Diere- of veeplase 80 Eenheid 5: Onverwerkte en verwerkte kos 82 Eenheid 6: Van die plaas na jou huis 84 Opsomming van Onderwerp 86 Formele assesseringstake 87 Onderwerp 6: Vervoer deur die tye 89 Eenheid 1: Vervoer op land 90 Eenheid 2: Vervoer op water 104 Eenheid 3: Vervoer in die lug 110 Opsomming van Onderwerp 115 Formele assesseringstake 116 Onderwerp 7: Water in Suid-Afrika 117 Eenheid 1: Gebruike van water 118 Eenheid 2: Water as hulpbron 120 Eenheid 3: Hoe mense hulle water kry 126 Eenheid 4: Besoedeling en afvalwater 132 Opsomming van Onderwerp 135 Formele assesseringstake 136 Onderwerp 8: Kommunikasie deur die tye 137 Eenheid 1: Die oudste vorme van kommunikasie 138 Eenheid 2: Moderne vorme van kommunikasie 142 Opsomming van Onderwerp 153 Formele assesseringstake 154 Toetse 155

1 Onderwerp Plekke waar mense woon Waaroor gaan hierdie onderwerp? Waar mense woon Die geboue waarin mense woon Watter werk mense in verskillende plekke doen Mense se behoeftes in verskillende plekke Kyk na die prent Watter geboue sien jy? Hoe gebruik mense die geboue? Watter werk dink jy doen die mense hier? Plekke waar mense woon

Eenheid 1: Mense en plekke Woordbank A B C dorp n gebied met baie geboue, paaie en huise dorpie n groep hutte of huise wat gewoonlik in n plaasgebied is landelike plekke waar daar plase en dorpies is gebiede nedersettings die plekke waar mense woon plaas n oop gebied met n paar geboue waar mense kos produseer en diere aanhou stad n groot gebied waar mense woon en werk, met baie geboue, winkels, fabrieke en paaie stedelike plekke waar daar baie huise, paaie, winkels gebiede en ander geboue is 1. Plekke om in te woon Waar woon jy? Woon jy op n dorpie, n dorp, n plaas of in n stad? Die plekke waar mense woon word nedersettings genoem. 1 Daar is net n paar geboue op n plaas. Sommige van die geboue is vir mense, en die ander geboue is vir plaasdiere. n Plaas n Dorpie bestaan uit groepe huise of hutte. Daar kan n paar klein winkels, n polisiekantoor of n kerk wees. Daar kan n laerskool en partykeer n hoërskool wees. Die meeste mense loop tussen plekke in n dorpie. 2 Plekke waar mense woon n Dorpie

3 n Dorp n Stad is n groot gebied met baie mense, huise en winkels. Daar is dikwels fabrieke, n lughawe, groot paaie en spoorweë. Die meeste mense in Suid- Afrika woon in dorpe en stede. Ons noem dorpe en stede stedelike gebiede. Plase en dorpies is in landelike gebiede. Die meeste mense in landelike gebiede werk op die land. 4 Klaskameraktiwiteit 1.1 n Stad Vergelyk prente Kyk na al die prente op bladsye 2 en 3. 1. Watter plek dink jy het die meeste mense? 2. Noem twee maniere waarop prent 1 van prent 4 verskil. 3. Noem twee verskille tussen prent 2 en prent 3. 4. Watter prente wys landelike gebiede en watter prente wys stedelike gebiede? Plekke waar mense woon

2. Die werk wat ons in verskillende plekke doen Watter soort werk doen die mense in jou gesin? Kan hulle hierdie werk op enige plek in Suid-Afrika doen? 1 Hierdie mense werk op n plaas. 2 Hierdie man werk in n fabriek. Klaskameraktiwiteit 1.2 Voltooi n tabel 1. Kyk na al die foto s op hierdie bladsye. 2. Trek die tabel op bladsy 5 na. 3. Skryf jou antwoorde op die vrae in jou tabel neer. Plekke waar mense woon

3 Party mense werk op straat. 4 Party mense werk in spesiale geboue. Vrae Foto 1 Foto 2 Foto 3 Foto 4 Wys die foto n landelike of stedelike gebied? Wys die foto mense wat besig is om iets te maak? Indien ja, wat maak hulle? Wys die foto mense wat besig is om iets te doen? Indien ja, wat doen hulle? Plekke waar mense woon

Woordbank boumateriaal materiale A B C goed wat mense gebruik om geboue te maak goed wat ons gebruik om voorwerpe te maak, soos hout, kledingstof, yster, ens. 3. Geboue in verskillende plekke Die prente hieronder wys n paar geboue in landelike gebiede. Mense maak geboue van materiale soos hout, modder, bakstene en sement. Dit word boumateriaal genoem. Kyk na die geboue en die boumateriaal in hierdie foto s. 1 2 3 4 5 Geboue in landelike gebiede Klaskameraktiwiteit 1.3 Vergelyk geboue 1. Kyk na die vyf prente van landelike geboue. Pas hierdie woorde by een van die prente: winkel, hut, skool, ou plaashuis, plek vir diere. Plekke waar mense woon

2. Trek die tabel na. Beantwoord die vrae in die tabel. Waarvoor word die geboue gebruik? Noem n paar van die boumateriale in elke prent. Prent 1 Prent 2 Prent 3 Prent 4 Prent 5 Klaskameraktiwiteit 1.4 Teken n prent en noem dele daarvan 1. Trek die prent van die skoolgebou hieronder na. 2. Noem die boumateriale by punt A D. 3. Noem twee ander boumateriale wat mense gebruik om skoolgeboue te bou. A C D B Huiswerkaktiwiteit 1. Teken n prent van n gebou wat jy in n landelike gebied gesien het. 2. Noem die verskillende boumateriale. 3. Hoe sal mense die gebou gebruik? 4. Gee jou tekening n opskrif. Plekke waar mense woon

4. Geboue en hulle gebruike Mense bou verskillende soorte geboue. Sommige geboue word bewoon. In ander geboue word gewerk. Daar is huise, skole, fabrieke, hutte, winkels en kerke. Elke gebou het n spesiale werk. Mense bou huise om in te woon. Mense werk in winkels en fabrieke. Mense bid in kerke. Die prente hieronder wys n paar geboue in n stedelike gebied. 1 2 Klaskameraktiwiteit 1.5 Vergelyk geboue 1. Praat oor die geboue in elke foto. 2. Trek die tabel op bladsy 9 in jou oefeningboek na. 3. Beantwoord die vrae in die tabel. Plekke waar mense woon

Beskryf die grootte van die geboue. Foto 1 Foto 2 Foto 3 Foto 4 Hoe gebruik mense die geboue? 4. Beskryf n paar van die ander dinge wat jy in die foto s sien. 3 n Paar geboue in Kaapstad 4 Huiswerkaktiwiteit 1. Teken n prent van n gebou wat jy graag in n landelike of stedelike gebied wil sien. 2. Gee jou gebou n naam om te verduidelik hoe mense die gebou gaan gebruik. 3. Gee jou prent n opskrif. Plekke waar mense woon

Woordbank snelweg sypaadjie teer verbind voetgangers A B C n baie groot pad waarop baie motors, busse en vragmotors ry n sementvoetpaadjie aan die kant van die pad, gewoonlik in n stedelike gebied harde, swart materiaal wat gebruik word om paaie te maak om plekke te verbind of n skakel tussen plekke te wees mense wat op voetpaadjies en sypaadjies loop 5. Paaie en voetpaadjies Mense maak paaie en voetpaadjies om van een plek tot by n ander te kom. Paaie en voetpaadjies verbind plekke. Paaie is groter as voetpaadjies. Voetpaadjies is paadjies waar mense loop. Motors word nie op voetpaadjies toegelaat nie. Paaie kan van sand of teer gemaak word. Mense bestuur motors, busse en taxi s op paaie. Sommige paaie het n voetpaadjie langsaan wat n sypaadjie genoem word. Mense loop op sypaadjies. Motors word nie op sypaadjies toegelaat nie. Ons noem mense wat op voetpaadjies en sypaadjies loop, voetgangers. 1 2 3 4 Plekke waar mense woon Soorte paaie en voetpaadjies

Klaskameraktiwiteit 1.6 Bestudeer n prent 1. Vind die prent op bladsy 10 wat n grondpad wys. 2. Vind die prent op bladsy 10 wat n voetpaadjie wys. 3. a) Vind die grootste pad en die kleinste pad. b) Noem twee maniere waarop die grootste pad en die kleinste pad verskil. c) Noem twee maniere waarop die grootste pad en die kleinste pad dieselfde is. 4. Identifiseer die prent wat n sypaadjie het. 5. Hoe steek mense die besige pad oor? 6. Watter een is die gevaarlikste pad vir voetgangers? Hoekom is dit so? Paaie en voetpaadjies in n landelike gebied Klaskameraktiwiteit 1.7 Identifiseer paaie en voetpaadjies 1. Vind hierdie paaie en voetpaadjies op die tekening: snelweg, sandpad, teerpad, voetpaadjie, sypaadjie 2. Skryf hierdie sinne af. Skryf die woorde hieronder in die korrekte plekke. sypaadjie voetgangers voetpaadjie a) Vind die grootste pad en die kleinste pad. b) Noem twee maniere waarop die grootste pad en die kleinste pad verskil. c) Noem twee maniere waarop die grootste pad en die kleinste pad dieselfde is. 3. Teken die roete van jou huis tot by jou skool. Wys verskillende soorte paaie of voetpaadjies in jou tekening. Plekke waar mense woon

Eenheid 2: Bakens en hoe om die pad te verduidelik Woordbank bakens natuur 1. Bakens A B C voorwerpe in die omgewing wat uitstaan alles in die wêreld wat nie deur mense gemaak is nie, bv. diere, klippe, bome Bakens is voorwerpe in die omgewing wat uitstaan. Ons neem meer kennis van hierdie voorwerpe as van ander voorwerpe. Sommige bakens is deel van die natuur, soos bome en klippe. Ander bakens word deur mense gemaak, soos geboue en paaie. Klaskameraktiwiteit 1.8 Klassifiseer prente 1. Identifiseer die bakens in die prent hieronder wat deel van die natuur is. 2. Watter bakens het mense gemaak? Voorbeelde van bakens Plekke waar mense woon

2. Beskryf en teken n kort reis Huiswerkaktiwiteit Teken bakens Dink aan n voetpaadjie of pad waarlangs jy dikwels loop. 1. Teken jou voetpaadjie of pad. 2. Teken prente van jou vyf bakens langs die voetpaadjie of pad. berg hoë geboue snelweg hawe n Paar bakens in n stad Klaskameraktiwiteit 1.9 Beskryf bakens 1. Kyk na die foto van die stad. Watter bakens staan uit in hierdie stad? 2. Noem drie bakens in die foto wat deur mense gemaak is. 3. Noem n baken wat deel van die natuur is. 4. Verbeel jou jy is in n motor op die snelweg. a) Wys na die snelweg. b) Jou motor ry in die rigting van die berg. Wys na die berg c) Noem n paar bakens waarby jy gaan verbyry. Plekke waar mense woon

Woordbank A B C aan jou regterkant beteken aan die regterkant van jou lyf kaarte eenvoudige tekeninge wat plekke van bo af wys kaartsleutel n blok wat die betekenis van goed op die kaart wys straat n ander woord vir pad 3. Om die pad te verduidelik Ons noem bakens wanneer ons die pad na n plek verduidelik. Ons gebruik ook woorde soos links, regs en reguit om die pad te verduidelik. Klaskameraktiwiteit 1.10 Identifiseer links en regs 1. Steek jou regterhand op. 2. Noem n paar voorwerpe naby jou regterhand. Ons sê dat hierdie voorwerpe aan jou regterkant is. 3. Draai nou om. Is die voorwerpe steeds naby aan jou regterhand? Wat het verander? Verskoon my Mevrou, waar is die biblioteek? Van hier af gaan jy reguit in die pad af. Jy gaan verby die taxi s aan jou regterkant. Jy draai links by die mark. Hierdie straat is Markstraat. Neem die eerste pad aan jou regterkant. Hierdie is Kerkstraat. Die biblioteek is aan jou linkerkant langs die kerk. Om die pad na n plek te verduidelik Plekke waar mense woon

Klaskameraktiwiteit 1.11 Teken n rit 1. Maak beurte om die woorde in die prente op bladsy 14 hardop te lees. 2. Noem al die bakens wat die vrou noem. 3. Teken die pad na die biblioteek. Teken al die bakens op jou tekening. 4. Watter een verduidelik die pad beter: die prente of die tekening? Ons noem tekeninge wat ons help om die pad te vind, kaarte. Kaarte wys bakens en straatname. Ons teken bakens op kaarte. Ons verduidelik wat hierdie tekeninge beteken in die kaartsleutel. Jy sal in Onderwerp 3 meer oor kaarte leer. n Kaart van die Paarl Klaskameraktiwiteit 1.12 Volg n rit op die kaart 1. Sit jou vinger op die woord BEGIN op die kaart van die Paarl. 2. Volg die rit wat in stap a) c) hieronder beskryf word. Kies die korrekte antwoord. a) Draai links van die N1 af by Afrit 47. Die naam van hierdie pad is die R44/R47. b) Ry verby n woud aan jou linkerkant/regterkant. c) Volg die pad tot jy n groot berg sien. Dit is Paarlberg/Tafelberg. Plekke waar mense woon

Eenheid 3: Mense en hulle behoeftes Woordbank A B C energie iets wat dinge laat werk, soos elektrisiteit gesondheidsorg medisyne en sorg wat mense help om gesond te bly munisipaliteit deel van die plaaslike regering wat n stad bestuur 1. Wat alle mense benodig Mense benodig sekere dinge om te kan lewe. Hulle benodig kos, water, klere en n huis. In die verlede kon mense al hierdie dinge in die natuur vind. Vandag koop mense die meeste dinge wat hulle benodig. Mense werk vir geld sodat hulle die dinge kan koop wat hulle benodig. Die regering in Suid-Afrika help om sekere van die dinge wat mense benodig te voorsien, soos water, paaie en die polisie. Hulle voorsien ook elektrisiteit en gesondheidsorg soos medisyne, klinieke en dokters. huis water kos klere energie Sekere van die dinge wat alle mense benodig Ons benodig elektrisiteit. Ons benodig behoorlike toilette. Ons benodig skoon water. Ons moet veilig in ons huise voel. Die munisipaliteit moet ons vullis verwyder. Sekere dinge wat mense in n stedelike gebied benodig Plekke waar mense woon

Klaskameraktiwiteit 1.13 Skryf oor behoeftes 1. Kyk na die prent op bladsy 16. Maak beurte om die spraakborrels in die prent hardop te lees. 2. Maak n lys van die dinge wat mense in die stedelike gebied sê hulle benodig. 3. Teken n spraakborrel in jou oefenboek. Skryf iets in die spraakborrel oor iets anders wat die mense mag benodig. Ons het n kliniek nodig wat naby aan ons huise is. Die pad is sleg. Dit breek die taxi s. Ons het beter paaie nodig. Die höerskool is te ver. Ons het n skool hier nodig. Ek het elektrisiteit nodig vir kosmaak en ligte. Ons benodig skoon water. Die rivier is vuil. Sekere dinge wat mense in n landelike gebied benodig Klaskameraktiwiteit 1.14 Skryf oor behoeftes 1. Lees hardop wat die mense van die landelike gebied sê hulle benodig. 2. Maak n tabel soos die een hieronder. Maak n lys van die dinge wat mense in stedelike en landelike gebiede benodig. Stedelike behoeftes Landelike behoeftes Plekke waar mense woon

Woordbank A B C klinieke plekke waar mense medisyne en hulp van dokters en verpleegsters kry 2. Stories oor hoe mense in hulle behoeftes voorsien Vier uit elke tien Suid-Afrikaners woon in landelike gebiede. Party landelike mense trek na dorpe en stede om werk te soek. Ek woon in n dorpie naby Eshowe in KwaZulu-Natal.Ek kry water by die rivier. Die water is nie skoon nie. Ons kook die water sodat dit veilig is om te drink. Daar is geen elektrisiteit hier nie. Ons maak vuurmaakhout bymekaar om vuur te maak om kos te kook. Volgende maand gaan die dokter my oë opereer sodat ek beter kan sien. Mev. Zungu Klaskameraktiwiteit 1.15 Daar is n groot winkel naby ons huis wat n supermark genoem word. Een keer per maand koop my ouers byna al die kos wat ons vir die maand benodig. Ons sit daarvan in die vrieskas. Paul Isaacs Mnr. Radebe Lees n persoon se storie 1. a) Waar kry Mev. Zungu haar water? b) Waarom kook sy die water? 2. a) Waar kry Paul Isaacs se gesin hulle kos? b) Hoe gereeld koop sy gesin kos? c) Waar dink jy kry Mev. Zungu haar kos? d) Hoe weet jy dat sy nie n vrieskas het nie? 3. Waarheen gaan Mnr. Radebe om sy oë te laat opereer? 4. Noem nog een ding wat jy dink elke persoon benodig. Plekke waar mense woon

Alle mense benodig sekere dinge: 1. n Plek om in te woon 2. Kos en water 3. Energie 4. Skole en klinieke Wat benodig hierdie mense? Huiswerkaktiwiteit 1. Kies een van die prente hierbo 2. Is die prent oor: n plek om te woon, kos en water, energie, skole of klinieke? 3. Dink n storie uit oor wat jy in die prent sien. Gebruik die vrae hieronder om te help om jou storie te beplan. a) Waar is hierdie plek? b) Wie is die mense? c) Wat is die mense se behoeftes? d) Wys die prent n goeie of n slegte ding? e) Wat wil die mense verander? 4. Vertel jou storie aan n familielid of n vriend. Plekke waar mense woon

Opsomming van Onderwerp Stedelike nedersettings is plekke waar daar baie huise, paaie, winkels en ander geboue is. Landelike gebiede is plekke waar daar plase en dorpies is. Daar is gewoonlik meer werk in stedelike gebiede as in landelike gebiede. Geboue in landelike gebiede lyk anders as die geboue in stedelike gebiede. Mense maak paaie en voetpaadjies om plekke te verbind. Bakens is voorwerpe in die omgewing waarvan ons meer kennis neem as van ander voorwerpe. Mense benodig sekere dinge om te lewe, soos kos, water, klere en n huis. Die regering in Suid-Afrika help om sekere van die dinge wat mense benodig te voorsien. Dit is makliker vir mense in sommige plekke om te kry wat hulle benodig. Party landelike mense trek na dorpe en stede om werk te soek. Plekke waar mense woon

Formele assesseringstake Aktiwiteit 1 (10 punte) Pas die woorde en betekenisse in die tabel hieronder. Skryf die nommers 1 5 op jou bladsy neer. Skryf die letter van die regte betekenis langs elke woord. (5 x 2) Nota aan die onderwyser: Daar is nog voorbeelde van formele assesseringstake in die Onderwysersgids. Woorde Betekenisse 1. Kaarte a) Voorwerpe in die omgewing wat uitstaan 2. Landelik b) Deel van die plaaslike regering wat n stad bestuur 3. Voetgangers c) Plekke waar daar plase en dorpies is 4. Bakens d) Mense wat op paaie of strate loop 5. Munisipaliteit e) Eenvoudige tekeninge wat die land van bo af wys Aktiwiteit 2 (10 punte) Die munisipaliteit moet ons vullis verwyder. Swaar reën het verlede jaar ons grond weggespoel. Ons moet ver na die kliniek en skole reis. Ons nedersetting is baie beknop. Baie mense trek vanaf die landelike gebiede hiernatoe. Ons kan nêrens speel nie. Ons benodig n park en n sportveld. a) b) c) d) e) 1. Kyk na die spraakborrels. Besluit watter borrels praat oor landelike gebiede. (2) 2. Watter borrels praat oor stedelike gebiede? (3) 3. Trek die tabel hieronder na. 4. Skryf die stellings in elke spraakborrel onder die korrekte opskrif. (5) Dinge oor landelike gebiede Dinge oor stedelike gebiede Plekke waar mense woon

Aktiwiteit 3 (10 punte) Kyk na die foto hieronder. 1. Is dit n landelike of n stedelike gebied? Hoe weet jy? (2) 2. Noem drie soorte boumateriale in die foto. (3 x ½) 3. Teken een gebou. Benoem die verskillende boumateriale wat gebruik word om die gebou te maak. (3 x ½) 4. Identifiseer n sypaadjie. Wat is n sypaadjie? (2) 5. Maak n lys van drie soorte geboue in die foto. Hoe gebruik mense hierdie geboue? (3) Aktiwiteit 4 (5 punte) 1. Kies een van die prente op bladsye 4 5. 2. Skryf vier volsinne oor wat die prent van mense se behoeftes wys. 3. Volg die voorbeeld hieronder. Sin 1: Sê watter behoefte die prent wys. (1) Sin 2: Wys die prent n landelike of n stedelike gebied? (1) Sin 3: Noem een ding waarvan jy dink die persoon of mense van hulle werk hou. (1) Sin 4: Noem twee dinge wat jy dink die mense graag sal wil verander. (2) Plekke waar mense woon

2 Onderwerp Plaaslike geskiedenis Waaroor gaan hierdie onderwerp? Hoe ons oor die hede in n plaaslike omgewing uitvind Hoe ons oor die geskiedenis van n plaaslike omgewing uitvind Hoe om n projek oor die plaaslike omgewing te doen Kyk na die prent Wat is die voorwerp in die foto? Wat noem ons sulke plekke? Waar vind ons sulke plekke? Wat dink jy doen die kinders? Was jy al by so n plek gewees? Wat kan jy by hierdie plekke leer? Plaaslike geskiedenis

Eenheid 1: Hoe ons oor die hede in n plaaslike omgewing uitvind 1. Inligting van prente, geskrifte, mense en voorwerpe Die prent wys n Suid-Afrikaanse gesinswoning. Wat is in die prent? Daar is n paar foto s. Daar is n paar geskrifte. Daar is ook mense in die prent. Daar is voorwerpe soos speelgoed in die prent. 1 4 2 RAPPORT 10 3 5 Hoe kan ons oor hierdie gesin uitvind? 6 9 7 Klaskameraktiwiteit 2.1 Voltooi n tabel 1. Noem die name van al die dinge wat 1 10 in die prent genommer is. 2. Trek die tabel hieronder na. Maak n lys van die goed onder die korrekte opskrif. 8 Prente Geskrifte Mense Voorwerpe 3. Praat oor wat jy oor die gesin kon uitvind van die voorwerpe wat 3 en 9 genommer is. Plaaslike geskiedenis

Woordbank plekke van aanbidding voorwerpe A B C godsdienstige plekke, soos kerke, tempels en moskees iets wat jy kan sien of aan kan vat 2. Plaaslike geskiedenis Die plaaslike omgewing is die buurt waar jy woon. Die plaaslike omgewing sluit jou huis, jou skool, plekke soos bushaltes en taxistaanplekke, plekke van aanbidding, winkels en jou vriende se huise in. Ons kan inligting oor die plaaslike omgewing uitvind uit: prente geskrifte mense voorwerpe. Ons kan oor die plaaslike omgewing uitvind uit verskillende soorte geskrifte. Ons vind oor die plaaslike omgewing uit deur met mense te praat en na hulle te luister. Ons kan oor die plaaslike omgewing van verskillende soorte prente uitvind. Ons kan na mense oor die radio luister of TV kyk om oor die plaaslike omgewing uit te vind. Ons kan oor die plaaslike omgewing uit voorwerpe soos geboue uitvind. Plaaslike geskiedenis

Eenheid 2: Hoe ons oor die geskiedenis van n plaaslike omgewing uitvind Woordbank A geskiedenis die tyd voor die hede B 1. Hoe ons oor die verlede uitvind C In die vorige eenheid het ons gesien hoe ons oor mense kan uitvind uit geskrifte, prente, deur met mense te praat en uit voorwerpe. Ons kan dieselfde maniere gebruik om oor die verlede uit te vind. Die verlede is die tyd voor die hede. Sekere dinge het baie jare gelede in die verlede gebeur, soos 100 jaar terug. In geskiedenis bestudeer ons dinge wat in die verlede gebeur het. Die verlede is die tyd voor die hede. Ons gebruik verskillende soorte prente om oor die verlede uit te vind. Ons kan geskrifte gebruik om oor die geskiedenis van die plaaslike omgewing uit te vind. Ons kan uit voorwerpe oor die verlede uitvind. Ons kan uit mense se stories oor die verlede uitvind. Plaaslike geskiedenis

2. Plaaslike geskiedenis Die kinders in die foto hieronder berei vir n geskiedenisprojek voor. Die projek gaan oor die geskiedenis van die plaaslike omgewing naby hulle skool. Hulle skool is in n omgewing genaamd Kensington in Johannesburg. Die kinders het gesê hulle sal inligting uit prente, geskrifte, mense en voorwerpe kry. Desmond Astrid Samantha Kajal Mario Vuyelwa Die projekspan vir geskiedenis Samantha en Desmond sal prente en geskrifte gebruik om oor die geskiedenis van die plaaslike omgewing uit te vind. Astrid and Mario het gesê hulle sal oor die geskiedenis van die plaaslike omgewing uitvind deur met mense te praat wat in die plaaslike omgewing woon. Vuyelwa en Kajal sal na voorwerpe in die plaaslike omgewing kyk om oor die geskiedenis uit te vind. Plaaslike geskiedenis

Eenheid 3: Om oor die plaaslike omgewing uit te vind vir n geskiedenisprojek Woordbank A B C begraafplaas plek waar dooie mense in die grond begrawe word datums n manier om n tydstip te verduidelik, bv. April 1994 1. Inligting uit prente Samantha en Desmond het in n ou fotoboek na ou foto s van hulle skool gesoek. Hulle het n foto van 1972 gekry. Klaskameraktiwiteit 2.2 n Standerd 5-klas van die Bez Valley Laerskool in 1972 Kyk na n foto Kyk na die foto van die Standerd 5-klas in 1972. 1. Hoeveel seuns is in die klas? 2. Hoeveel meisies is in die klas? 3. Wat is die totale getal kinders in die Standerd 5-klas? 4. Wat noem ons Standerd 5 vandag? 5. Beskryf twee maniere hoe die kinders in dieselfde skool vandag anders lyk. Desmond en Samantha het uitgevind dat die plek waar die skool is, eers n plaas was. n Gedeelte van die ou plaas is nou n park. Die kinders het na die park gegaan om te kyk hoe dit lyk. sokkervelde begraafplaas ou plaashuis Hierdie area was eers deel van n plaas. Vandag is dit n park wat Bezuidenhout-park of sommer Bez-park genoem word. Plaaslike geskiedenis

Klaskameraktiwiteit 2.3 Vertolk n foto Kyk na die foto van Bez-park op bladsy 28. 1. Waarom dink jy word hierdie area nie meer as n plaas gebruik nie? 2. Noem twee maniere waarop mense die park vandag gebruik. 2. Inligting uit geskrifte Die Bezuidenhout-familie was boere op die grond naby die kinders se skool. Die familie se begraafplaas is steeds in die park. Desmond en Samantha het die familie se begraafplaas besoek. Hulle het na die datums op die grafstene gekyk. Hulle het opgelet dat party mense lank terug gebore is. Samantha het die name van die mense wat in die grafte begrawe is, afgeskryf. n Grafsteen in die Bezuidenhout-familie se begraafplaas. Hierdie grafsteen is vir n familie, nie net vir een persoon nie. Klaskameraktiwiteit 2.4 Bekyk prente en geskrifte 1. Kyk na die foto van die grafsteen. Watter name kan jy lees? 2. In watter taal is hierdie name? Kyk na die name wat Samantha in haar notaboek geskryf het vir ekstra leidrade. 3. Kies n woord om die sin te voltooi. Hierdie name sê die mense was... (Zoeloes, Pedi, Afrikaners). 4. n Meisie genaamd Susan Viljoen is in die begraafplaas begrawe. Susan is in 1910 gebore. Sy is in 1917 oorlede. Hoe oud was Susan toe sy oorlede is? Plaaslike geskiedenis

Woordbank onderhoud A B C om mense n lys vrae te vra om inligting te kry 3. Inligting van mense Astrid en Mario weet dat Mnr. Johannes Maluleka al vir n baie lang tyd by die skool werk. Hulle het vrae neergeskryf om aan Mnr. Maluleka te vra. Mnr. Maluleka werk al vir baie jare by die kinders se skool. Die vrae wat Astrid en Mario Mnr. Maluleka gevra het Astrid het Mnr. Maluleka die vrae op hulle lys gevra. Mario het Mnr. Maluleka se antwoorde neergeskryf. Wanneer jy n persoon vrae vra om inligting te kry, voer jy n onderhoud met die persoon. Astrid en Mario voer n onderhoud met Mnr. Maluleka. Plaaslike geskiedenis

Die notas hieronder is Mnr. Maluleka se antwoorde op nommer 3 op die kinders se lys. Vraag 3. Wat het verander sedert jy by die skool begin werk het? Mario se notas van Mnr. Maluleka s se antwoord op Vraag 3 Antwoorde Daar is nou meer geboue as voorheen. Vroeër was hier net wit kinders by die skool. Nou kom alle kinders na die skool. Die skool se uniform het verander. Nou gebruik meeste kinders vervoer om skool toe te kom. In die verlede het meer kinders skool toe geloop. Die kinders beoefen nou ander sportsoorte. Daar is nou meer rugby. Huiswerkaktiwiteitwiteit 1. Voltooi die sin: Wanneer jy n onderhoud met iemand voer, vra jy.... 2. Trek die tabel hieronder na. Voltooi die tabel. Beskryf hoe die volgende drie dinge verander het: Kinders Vervoer Sportsoorte Drie dinge wat volgens Mnr. Maluleka verander het a) Kinders b) Vervoer c) Sportsoorte Hede Verlede Plaaslike geskiedenis

Woordbank gedenkpark laan n plek wat ter herinnering aan mense wat oorlede is, opgerig word n breë pad wat soms bome aan weerskante het 4. Inligting uit voorwerpe A B C Kajal en Vuyelwa wou oor die geskiedenis van die plaaslike omgewing uit voorwerpe uitvind. Hulle wag elke dag vir hulle vervoer langs n pad wat Enoch Sontonga-laan genoem word. Kajal en Vuyelwa wou uitvind wie Enoch Sontonga was. Kajal en Vuyelwa het uitgevind dat Enoch Sontonga n gedeelte van Suid-Afrika se nasionale volkslied geskryf het. Enoch Sontonga het meer as 100 jaar gelede die wysie en die woorde van die eerste twee verse van ons nasionale volkslied geskryf. Die eerste twee verse van Suid-Afrika se nasionale volkslied Plaaslike geskiedenis