Wapport 7 24 Februarie 2017
Belangrike datums DATUM ITEM WIE WAAR 24 25 Februarie NAPSOvakgroepvergaderings Personeel WAP 2 Maart WAP-OPEDAG Belangstellendes WAP en Treintjieskool 3 Maart WAP VERJAAR Personeel en leerlinge WAP en Treintjieskool 6 7 Maart Anre s Boekuitstalling WAP 7 Maart TS Individuele foto s Kleuters TS 7 Maart HS Praatberaad HS-leerlinge WAP 9 11 Maart Veldskool Gr 7 s Hodygos 11 Maart Dragonboat Personeel en leerlinge Heja Lodge 14 Maart LS Praatberaad LS-leerlinge WAP 17 Maart Boffinuitstalling Gr 1 3-leerlinge Andries du Plessissaal 18 21 Maart Termynbreek WAP-leerlinge
NAPSO: Komende Saterdag het ons die NAPSO vergadering by die WAP. TS is die aanbieders van preprimêre vergadering. DANKSEGGING: Ons het Vrydag n dankdag vir reën gehad by die skool net om dankie te sê dat ons gebede verhoor is. Elke kleuter het n takkie, n blommetjie of n blaartjie gebring. Ons het dit na die tyd op die groengras gegooi om die betekenis water is lewe uit te beeld. Jaco Jacobs: Die skrywer Jaco Jacobs besoek WAP op Maandag die 27ste Februarie. Hy sal n praatjie in die saal lewer vir alle leerders van Graad 1-11. HS om 07:30 en LS om 08:45. Ouers welkom! Verjaarsdagvieringe: 3 Maart 2017 Alle laerskoolleerlinge gaan die kleure van die reënboog voorstel met hulle kleredrag, piekniekmandjies en ballonne. Elke graad het reeds n kleur ontvang. Graad 1: groen, Graad 2: blou, Graad 3: pers, Graad 4: oranje, Graad 5: rooi, Graad 6:pienk, Graad 7: geel Ons gaan die reënbooglied sing en elke graad sal n spesiale verjaarsdagboodskap aan die skool oordra!
Akademiese Prysuitdeling 2016 Op 22 Februarie 2017 het die jaarlikse akademiese prysuitdeling van die hoȅrskool plaasgevind. Leerlinge het erkenning gekry vir akademie en diens. Baie geluk in besonder aan ons leerlinge wat ook vir diens vol-kleure verwerf het. Sareez Basson en Helé Steenkamp is hiervoor beloon. Baie geluk aan die beste presteerder in elke graad: Graad 8: Christo Boshoff (92,5%), Graad 10: Dianca Jordaan (84,9%) en Graad 11: Lida-Marié Calitz.(84,2%). Die Junior Dux leerling vir 2016 is Caro Horn met n gemiddelde persentasie van 91,1%. Baie dankie aan SGA, PWC en die ATKV wat weereens ons verdienstelike leerlinge in Wiskunde, Rekeningkunde en Afrikaans Huistaal beloon het. Baie geluk aan elke leerling wat n toekenning ontvang het.
Gung Ho: Van sot tot ware WAPPER Die Gung Ho-klokseremonie het verlede Vrydag plaasgevind, waar die sotte amptelike deelgeword het van die skool. Dit was n baie spesiale geleentheid wat ouers ook bygewoon het. Welkom graad 8 s!
Edugate Atletiek 73 atlete van Windhoek Affies Laerskool het verlede Vrydag op Otjiwarongo hulle staal gaan wys. Dit was n heerlike byeenkoms en ons is trots om te rapporteer dat 17 goue, 16 silwer en 13 brons sertifikate aan Windhoek Affies oorhandig is. Ons is veral trots op Lisa le Roux (foto) wat, met haar 2 rekords in die 60m en 80m naellope, aangewys is as die beste o/7 dogter van die byeenkoms. Die Hoërskool kon die Saterdag n span van 24 atlete na Otjiwarongo stuur. Die doel van die byeenkoms was dat elke skool die maksimum punte met sy 24 atlete in hul onderskeie items behaal. Die samestelling van die span atlete wat gaan deelneem het, was dus baie belangrik. Windhoek Affies het aan die einde van die byeenkoms 191 punte verwerf wat 4 eerste plekke, 4 tweede plekke en 6 derde plekke ingesluit het. Jurgen-Leigh Human het n nuwe rekord vir Gewigstoot So/19 opgestel. Baie geluk aan al die atlete met die skitterende prestasies! Julle was waardige ambassedeurs vir ons skool. Dankie ook aan al die beamptes en ondersteuners wat saamgegaan het. Atletiek Baie sterkte aan al die hoërskoolatlete wat vanaf Donderdag tot Saterdag aan die Khomas Streeksatletiekbyeenkoms deelneem. Hou Windhoek Affies se naam hoog. Daar is elke dag atletiekafrigting vir die atlete. Ouers moet asseblief toesien dat hul kinders, wat gekies is vir die Streeksatletiek- en Privaatskole atletiekbyeenkoms, steeds oefen tot en met 22 Maart 2017. Sien die Afrigtingspamflet op School Communicator vir die oefentye. Skaak Saterdag 11 Februarie 2017, was daar n skaaktoernooi by Hoërskool Academia. Windhoek Affies het as volg presteer: Emma Oberholzer o/9 tweede Anri Engelbrecht o/11 tweede Mica Oberholzer o/11 tweede Joshua Oberholzer o/13 tweede Baie geluk aan die skaakspelers! Rugby en Hokkie: Rugby- en hokkie-oefeninge is ook klaar in volle swang. Sien die Afrigtingspamflette op School Communicator vir spesifieke oefentye. Die meeste junior spanne (o/7 tot 0/12) sal egter eers na die Privaatskole Atletiek (24 & 25 Maart), d.w.s. Maandag 27 Maart, begin oefen. Netbal: Netbaloefeninge het reeds vir die volgende spanne o/11, o/12, o/13, o/15, o/17 en o/19 begin. o/7,o/9 en o/10 netbaloefening begin Dinsdag 28 Februarie 2017. Sien die Afrigtingspamflet op School Communicator vir die oefentye.
Sportbus na AffiesPark Neem asseblief kennis dat die sportbus vanaf Maandag 27 Februarie 2017, om 14:00 en 15:00 vanaf die skool na AffiesPark sal vertrek om kinders betyds vir alle sporte by die velde te besorg. Tokens vir die bus is teen N$10 by ontvangs by die skool te koop. Ouers word daaraan herinner dat die bus nie leerlinge terug vervoer skool toe nie. U moet self u kind by AffiesPark gaan haal. Swem Baie geluk aan Corley Viljoen wat deel was van die Namibiese Swemspan wat 8ste uit 13 lande by die CANA Zone IV Swemkampioenskappe in Zimbabwe gekom het. Swem: Baie sterkte aan al die swemmers wat vanaf Donderdag tot Saterdag aan die Namibiese Nasionale Langbad Swemgala deelneem. Hou Windhoek Affies se naam hoog. Sokker Timothy du Plessis was deel van DTS se o/8 sokkerspan wat Saterdag 19 Februarie 2017, die DTS Futsol Sokkertoernooi gewen het. Ons is veral trots op Timothy wat aangewys is as die voorste doelskieter van die toernooi! Dag, datum en tyd Sportkode Affies Span Opponent Plek Donderdag-Saterdag 23-25 Feb Vrydag-Saterdag 10-11 Mrt Vrydag-Dinsdag 17-21 Mrt Vrydag-Saterdag 24-25 Mrt Donderdag-Saterdag 6-8 Apr Maandag-Donderdag 10-13 Apr Woensdag-Vrydag 26-28 Apr Saterdag-Dinsdag 20-23 Mei Woensdag-Saterdag 10-13 Mei Vrydag 26 Mei Khomas Streeksatletiek HS Independence Stadion Khomas Streeksatletiek LS Independence Stadion WHS 100jaar HS eerste WHS Sportfees spanne Napso Privaatskole o/7 o/19 Swakopmund Atletiek Woestynfees HS eerste Walvisbaai spanne Khomashokkieproewe o/14 Windhoek o/16 o/18 Coca-Cola o/13 o/19 Swakopmund Nasionale Atletiek Cravenweek- o/13 o/19 Windhoek proewe Cossasa Atletiek o/13 0/19 Harare, Zimbabwe Nasionale o/14 o/19 Windhoek hokkieproewe