HOËRSKOOL LUTZVILLE HIGH SCHOOL 6, LUTZVILLE, 8165 (027) (027) Aan alle Ouers

Vergelijkbare documenten
WEEKBRIEF 9 VAN 2018 UIT DIE KANTOOR

KLEREBANK Alle ouers wat nog ondersteunersbaadjies wil koop moet voor interskole dit kom doen. Baadjies moet nog borduur ook word.

WEEKBRIEF 17 VAN 2017 UIT DIE KANTOOR

WEEKBRIEF 15 VAN 2018 UIT DIE KANTOOR

Laerskool Olifantsvallei

WEEKBRIEF 21 VAN 2018 UIT DIE KANTOOR

WEEKBRIEF 26 VAN 2018 UIT DIE KANTOOR

Tygienuus. SATERDAG 28 April Meneer Peet Schoeman verjaar! Juffrou Anje Swanepoel verjaar! Juffrou Estelle Kriek verjaar!

1. ALGEMENE INLIGTING

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Indien daar n gelykopuitslag is, sal daar van die 8 sekondestrafhou gebruikgemaak word aangesien dit by Noordvaal ook gebruik gaan word.

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Hier trap ons diep spore...

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

REKORD- EN EINDEKSAMEN

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

HOëRSKOOL PORTERVILLE

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

education Departement van Onderwys MPUMALANGA PROVINSIE

Geagte graad 9-Ouer/Voog en leerder VAKKEUSES VIR VOO-FASE

IN AFRIKAANS DIE VERLEDE TYD

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II LEERUITKOMS 3 & 4 LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR

Soos in die verlede sal GLB verversings te koop aanbied (sien grondplan vir die kiosk ).

SAWA - Gebied Goeie Hoop Plus Aangebied deur Albatros 7 tot 9 September 2018 Bergrivier

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2012

Laerskool Olifantsvallei

Laerskool Olifantsvallei

MENTAL MATHS IN DIE KLASKAMER

OB2/2017. FOTO S Ons vra asseblief dat alle fotogeld nie later as Woensdag, 17 Mei 2017 by mnr Malan inbetaal sal wees.

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

Omsendbrief 19/ Junie 2015

Rooikat-nuus. Hoërskool Elspark. Uitgawe # 36. Tel: /4. Faks: NUUSBRIEF 7/ Mei 2018 SPORT.

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

BROEDIE NUUS. Maandprogram is aangeheg. Welkom Mnr André! Sien Jaarkalender op Communicator

2 nd Chances... Wiskunde

Dit gaan nie oor hoeveel jy omgestamp word nie; dit gaan oor hoeveel keer jy agterna opstaan.

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

Het jy enige onnodige bekomstighede, hetsy vir die woonwa of huis, stuur gerus n epos met besonderhede aan my:

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 FEBRUARIE/MAART 2011

Die Hoërskool DF Malan

Is jy seker dis nie n voorry nie. Ek wonder of die kinders weet wat n voorry doen.

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

Skaak: Oefening (kamer 59) 13:00 14:00 (gr. 1-2), 14:00 15:00 (gr. 3-7)

Skiet: Interprovinsiaal. Skiet: Interprovinsiaal. Netbal: O/14 O/18 GSS Proewe. Kopiereg 2017 Hoërskool Linden. Alle regte voorbehou.

GRAAD 12 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

Paulus en sy vriende vertel ander van God

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

Watter koek se dele lyk vir jou die grootste? Dis Reg! Die koek wat in 3 dele gesny is se dele is groter as die koek wat in 4 dele gesny is.

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Algemene Grootboek. DIT IS BAIE BELANGRIK NOU OM TE WEET WATTER REKENINGE IS BATES, EIENAARSBELANG en LASTE.

Pragtige Koningin Ester

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Paulus kritiseer sy tyd se manier

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

Laerskool STULTING Primary School

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT (NSS) GRAAD 11 FINALE EKSAMEN AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL DERDE VRAESTEL (NMY-79)

RESPECT 4 U. L e s 1 5. Bespreek hoe om n behulpsame, ondersteunende vriend/vriendin te wees waar geweld is of mag plaas vind

Skenk ons n helder Somerkersfees in hierdie land, o Heer. Hoor jy hoe sag die klokke beier in eeueoue

GEAGTE OUERS VOLGENDE WEEK SE PROGRAM. 19 Mei 2017 Webtuiste: \ Gimmieraadsokkie

Wiskundige Geletterdheid. Data Hantering. Opsomming van Data. Kwartiele

1 Waar ek vandaan kom

HUISWERKRIGLYNE - INTERSENFASE: GR

Hoërskool Fichardtpark Sportdag 2-3 Maart

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Tankwa Karoo : Augustus 2010 Johan Snyman

My denke bepaal my geluk. Omsendbrief 097 van April 2017 KUNSWEDSTRYD 2017

Baie geluk en sterkte aan Artisticulta vir 2018 ons as gemeenskap sê dankie en wees verseker van ons koestering en deurlopende steun.

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 FEBRUARIE/MAART 2014

1. SPORT 1.1 Krieket Dankie aan die o.9 krieketspelers wat Saterdag aan wedstryde deelgeneem het.

GEAGTE OUERS VOLGENDE WEEK SE PROGRAM PICK N PAY-PROJEK. 26 Julie 2018 Webtuiste: Uitgawe: 21

DAAR IS NOG 18 WEKE OOR VOOR DIE GROOT GEBEURTENIS

RESPECT 4 U. L e s 1. Jou vermoëns en sommige van jou verwagtinge en drome indentifiseer

NOTULE VAN DIE BOLAND TWEEKAMP JAARLIKSE ALGEMENE VERGADERING WAT GEHOU IS OP 27 MEI 2016 IN DIE PAARL TE CALEDONVILLE

Bergsig Lantern. Conspirito Musiekfees

Groepsdruk kan sowel negatief as positief wees. Goeie maats is dié wat n positiewe invloed op jou gedrag het

1. JUNIOR PRIMêRE FASE: GR. 1-3

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur

LEEUWENHOF AKADEMIE LAERSKOOL NUUSBRIEF NR. 23/ JULIE 2017

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

AANSOEK OM TOELATING TOT HEBRON CHRISTENSKOOL

HOËRSKOOL KAMPSBAAI AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 9 JUNIE 2014 TYD: 1½ UUR TOTAAL: 80

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 FEBRUARIE/MAART 2011

AANSOEK OM STUDIELENING

Ons hoor graag wat jy dink van hierdie boek! Gaan na soek hierdie titel en kliek op resensies. Of praat saam op Facebook by

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

INHOUDSOPGAWE. Voorwoord Doen God al die skuifwerk hier op aarde? God se genade bepaal sy planne God se meesterplan...

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

HOËRSKOOL WONDERBOOM HOËRBOOM WONNIEBELEID

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Bybel vir Kinders. bied aan. Storie 6 van 60.

WAT BETEKEN GESLAGSGELYKHEID BINNE N VERHOUDING?

Transcriptie:

HOËRSKOOL LUTZVILLE HIGH SCHOOL 6, LUTZVILLE, 8165 (027) 2171006 (027) 2172114 admin@hslutzville.co.za Aan alle Ouers WEEKBRIEF 23 VAN 2017 BLOM/GROEI WAAR JY GEPLANT IS UIT DIE KANTOOR GROEI.. Baie dankie aan Lammie Geldenhuys vir die spuit van onkruiddoder vir die skool se grasperke. Ons wil graag die volgende mense hartlik bedank vir bydraes gelewer vir die Lambertsbaai rugby- en netbaltoer: Brahm en Mercia vir die vleis vir die potjiekos. Marzaan Louw vir die groente vir die potjiekos. Johan Coetzee vir die hout vir die naweek. Boetie Mouton vir die gebruik van sy waentjie. Johan Rupping vir die gebruik van sy bussie om die spelers te vervoer. Spesiale dank aan Eben Visagie, Erasmus Verwey en Danie de Klerk, sonder jul hulp sou die Mnr. & Mej. HS Lutzville nie so n groot sukses gewees het nie. MNR. & MEJ. HS LUTZVILLE 2017 Mnr. en Mej. Lutzville 2017 was 'n groot sukses! Baie dankie aan een en elkeen van julle wat 'n bydrae gelewer het, veral die ondersteuners en deelnemers wat die aand moontlik gemaak het. Baie geluk aan die leerlinge wat die volgende titels verower het: Mej. Lutzville - Ansoretha Hugo, Mnr. Lutzville - Branden Owies, 1ste Prinses - Lené Eygelaar, 1ste Prins - Teigh-Jay Mannel, 2de Prinses - Lané Coetzee, 2de Prins - Jessé Boks, Mej. Fotogenies - Lané Coetzee en Mnr. Fotogenies - Branden Owies. Jo-Anri Barnes GRAAD 12 SEPTEMBEREKSAMEN Die Graad 12's doen reeds op 30 Augustus hulle RTT-prakties. Die rekordeksamen duur egter van 4 tot 22 September. Ons vertrou die matrieks is tussen alle bedrywighede deur reeds besig om voor te berei vir hierdie belangrike eksamen. Die rooster volg binnekort. Engela Adriaanse OUERAAND 21 AUGUSTUS Oueraand vind op 21 Augustus in die saal plaas vanaf 5uur tot 9uur nm. Leerders sal Donderdag, 17 Augustus die briefies ontvang met u afspraaktyd. Hoërskool leerders moet hul ouers vergesel en hulle kan gewone klere aantrek. Indien u om een of ander rede nie die afspraak kan nakom nie, kontak asb. die betrokke opvoeder om die afspraak te kanselleer. Ronel Wickens TAALBONDEKSAMENUITSLAE Ons het vanjaar 10 leerders gehad wat die Nasionale Tweetaligheidseksamen geskryf het. Die eksamen is van 'n baie hoë standaard aangesien tale op Huistaalvlak getoets word. In die Seniorafdeling het Lané Coetzee, Lené Eygelaar en Sulize Olivier op Graad 2 geslaag en Sjaan Coetzee op Graad 3. In die Junior Afdeling slaag Elsamari Lombard en Armand van Dyk op Graad 2 en Hugo Pienaar op Graad 3-vlak. (Graad 2 = 60%, Graad 3 = 50% gemiddeld) Eljeandra Ramsden, Dané Kenny en Lieske Naude het ook die eksamen afgelê, ons glo die ervaring was leersaam en positief. Engela Adriaanse WES-BOLAND EISTEDDFOD Baie geluk aan Lieske Naudé wat deelgeneem het aan Wes-Boland Eisteddfod. Sy het Cum Laude vir Voordrag verwerf, asook Goud vir Poetry. Ons is sommer baie trots op jou, Lieske!

AKADEMIE Vrydag, 4 Augustus, het Alta du Toit in samewerking met Claasen en Stone en Lombard en Kie vir ons Gr 11 en 12 Rekeningkunde leerders n wyer wêreld kom oopmaak. Hulle het hulle baie beter ingelig oor die verskeie kursusse wat aangebied word in die syferwêreld asook watter tipe werk gedoen word in watter beroep. Die moontlikhede van indiensopleiding en UNISA is ook deurgegee en ons leerlinge kan nou n meer ingeligte besluit oor hul toekoms neem. Arina Conradie WOW SPELFEES Die graad 1-7 leerders het op 7 Augustus 2017 aan die streekskompetisie deelgeneem en het baie goed gevaar. Onderstaande leerders dring deur tot die streekskompetisie en het ook die volgende plekke behaal. Graad 1: eerste plek: Kita Vlok, tweede plek: Caro-Leigh Jansen Graad 2: eerste plek: Olivia Olivier,tweede plek: Chelsea Love en vierde plek: Mischa Raymond Graad 3: tweede plek: Sunell Coetzee vierde plek: Lisa Rossouw Graad 4: derde plek: Hesre Genis Graad 5: vierde plek: Leschwin Stevens Graad 6: eerste plek: Tjaschne Mannel, vierde plek: Janika Lourens en sesde plek: Mateo Cloete Ons beste wense vergesel hulle na die volgende rondte. Annalise Nieuwoudt NOUVEAU SPORTDAG SATERDAG 12 AUGUSTUS Die bussies vertrek om 07:30 na Nouveau Kollege. Netbalprogram: 0/7 Teen: Olifantsvallei: 09:15, Longacres 12:00, CPM 12:45 0/8 Teen: Nouveau 09:45, CPL 11:00, Olifantsvallei 11:15 0/9 Teen: Olifantsvallei 09:15, Longacres A 11:30, CPM 12:15, Longacres B 12:45 0/11 Teen CPM 08:45, Olifantsvallei 10:00, CPL 12:00 0/13 Teen Longacres 09:15, Augsburg 09:45, CPM 11:45. Ons Laerskoolspanne speel Saterdag op Nouveau Kollege. Baie sterkte aan al die spelers. Ons vertrou dat dit goed sal afloop. O/12 NWB RUGBYPROEWE NWB O/12 rugbyproewe vind plaas Maandag 14 Augustus te Laerskool Vredendal om 14:30. Die bussie vertrek om 14:00. Betrokke spelers het kennis ontvang. UITSLAE SKOUWEDSTRYDE LS Netbal vs Vredendal: 0/7A wen, 0/8A wen, 0/8B gelykop, 0/9A wen, 0/9B gelykop, 0/10A verloor, 0/10B wen, 0/11A verloor, 0/11B wen, 0/13B gelykop een en verloor een, 0/13A verloor, O/12, 13C verloor, 0/12, 13D gelykop. Ons het regtig baie goed gespeel teen Vredendal en is baie trots op ons leerders wat so hulle kant gebring het. LS Rugby vs Vredendal: Ons O/8 en O/9 spanne het goeie oorwinnings na harde wedstryde behaal. Baie geluk. Die ander spanne moes ongelukkig die onderspit delf. HS Netbal vs Vanrhynsdorp: Vanjaar se skouwedstryde was weereens 'n baie groot sukses. Ons het teen HS Vanrhynsdorp meegeding en het goeie sportmanskap gewys. Enanda Haasbroek HS Rugby vs Vanrhynsdorp: Die skou het soos ons al gewoond geraak het weer sy dosis opwinding opgelewer en die rugby van die dag was geen uitsondering nie. Die 0/15 s het hul wedstryd gewen 25-19. En al was dit nie altyd mooi nie was dit 'n wen. Die 0/17 s het mooi rugby gespeel en 22-7 in 'n harde kragmeting gewen. Die 0/19A s was in 'n klipharde wedstryd betrokke teen 'n gedetermineerde span. Harde rugby is gespeel en verdediging was hard. Op die einde verloor ons die wedstryd 16-15 teen 'n span wat hul kanse beter benut het. Koos Scheepers SPARTOERNOOI - 0/19 EN 0/16 NETBALSPANNE Elke ouderdom was in 2 groepe van 5 spanne elk verdeel, dus altesaam 10 spanne. Die 0/16 span het ongelooflike netbal gespeel en 9de geëindig. Die 0/19 span het die eerste dag 1 wedstryd teen

Vredendal verloor wat veroorsaak het dat hulle vir die finaal uitgeskakel was. Hulle het die rieme weer bymekaar getrek en die volgende 4 wedstryde gewen. Hulle eindig 3de. UITSLAE LAMBERTSBAAI O/13 NAWEEK Netbal: Netbal O/13A speel teen Seodin, Oranje Noord, Springbok en Op die voorpos. Hulle wen teen Springbok en verloor teen die ander spanne. Die 0/13B spanne speel teen Steenberg Cove, Olifantsvallei en Lambertsbaai. Hulle wen teen Lambertsbaai en verloor teen die ander spanne. Dit was n heerlike Saterdag van lekker netbal en ons kinders het die kuier, kamp en konsert vreeslik geniet. Ons het 3 baie harde wedstryde gespeel en kon wegstap met n oorwinning van 10-5 oor Hartswater. Ons het ongelukkig verloor teen Op-die-Voorpos en Laerskool Vredenburg. Beide die wedstryde se tellings was 25-15. LS UITSLAE TEEN CEDERBERG PRIMÊR Netbal: 0/9 wen, 0/13 wen, 0/11 wen, 0/13B verloor, 0/13A wen. Ons is regtig trots op hierdie spanne wat ons skool se naam hoog gehou het op Clanwilliam. Hierdie was ons laaste liga wedstryd. Ons het Dinsdag teen Cederberg Primêr gespeel en die tellings was as volg: O/9 wen 40-14, die O/11 gelykop 12-12 en die O/13 wen 31-19. Wel gedaan. UITSLAE HS CALVINIA HS Netbal: Donderdag 10 Augustus het 4 van ons spanne teen Calvinia gespeel. Die meisies het hulle harte uitgespeel vir ons laaste tuiswedstryd. Al die spanne het met 'n oorwinning van die baan afgestap. Baie dankie vir almal se harde werk. Kom ons sit die laaste bietjie tyd en moeite in vir die voorbereiding vir interskole! Enanda Haasbroek HS Gister het ons spanne teen HS Calvinia gespeel. Hierdie wedstryde was oor die jare ook altyd baie hard en fisies. Die 0/15 s wen oortuigend 33-7 en die 0/17 s wen hul wedstryd teen Calvinia 35-0. Ons 0/19A s was weer in 'n klipharde wedstryd en het 16-12 gewen. Baie geluk aan al drie hierdie spanne. Koos Scheepers ORIGE BYBELS??? Indien daar enige ongebruikte Bybel iewers in n huis stof vergader, stuur dit asseblief skool toe. TINA COWLEY KURSUS IN STUDIEMETODES (GR 4-9) Daar word op 1, 2 en 8 September 'n drie-dag-kursus in Studiemetodes by die Tina Cowley Leessentrum op Vredendal aangebied waar leerders onder andere effektiewe memoriseringsmetodes, opsommings en tydsbestuur geleer word. Indien u belangstel, stuur asb n epos na tcleessentrumvdal@telkomsa.net, of sms 0828651091 vir meer besonderhede. MARLIDA LOMBARD SKOOLHOOF 11/08/2017 ONTVANGSERKENNING: Weekbrief 23 van 2017 INHANDIGING: 14/08/17 NAAM:...(Kind) GRAAD:... Hiermee erken ek ontvangs van weekbrief 23 van 2017 HANDTEKENING:...... (Ouer) DATUM:...

VERVOER: Hopefield 19 Augustus 2017 Ek,. (naam van ouer) ry op my eie na Hopefield op Saterdag 19 Augustus. My kind(ers)..(name en graad) sal dus nie van busvervoer gebruik maak nie. Kontaknommer:.. Handtekening:..(Ouer) VS INTERSKOLE 2017!! Kan ek jou Superman, Batman, Ironman, Spiderman wees... Dames en here, kan HS Lutzville jou SUPER HERO wees!! Maak die kind in jou wakker en kom raak saam met ons opgewonde oor vanjaar se interskole. Saterdag 19 Augustus is n hoogtepunt op ons kalender wanneer HS Lutzville Interskole te Hopefield gaan hou. Neem asb. in ag dat dit ongeveer 300 km na Hopefield is. PRAKTIESE REËLINGS Soos u reeds weet is 14 18 Augustus n uiters bedrywige week, gevolglik gee ons alle inligting deur rondom die Interskole. Eerstespanne Dinee: Woensdagaand, 16 Augustus 2017 om 19:00 in die kerksaal. Uitnodigings is reeds aan alle spelers en hul ouers gegee. Donderdag - Leerders trek aan volgens die tema om verder gees te vang!! Sing-songs: Sing Songs vanaf 18h45 19h10 en van 19h10 20h00 vind n sokkie plaas. Al ons leerlinge (hoërskool en laerskool) is welkom. Bring BAIE entoesiasme saam!! Dit is slegs vir ingeskrewe leerlinge van ons skool. Tref asseblief vroegtydig die nodige vervoerreëlings. Indien u kind nie wil sokkie nie, kan hul 19h10 opgelaai word. Groot Brag: Vrydag: Eerste twee periodes normaalweg. Om 10:30 begin hierdie groot geleentheid. ALLE ouers en belangstellendes is baie welkom om hierdie joligheid saam met ons te geniet. Alle leerders, Graad 1 tot 12 kom om 13h00 uit. Busse vertrektyd: Stiptelik Saterdagoggend om 04:00 vertrek die busse vanaf die skool. Ons beplan om DV die aand om nege-uur weer terug te wees by die skool. Tref asseblief ook vroegtydig vervoerreëlings met u kinders. (Aangeheg vervoerbriefie) Neem maar n warm kombers saam. Toegang: Neem asb. kennis dat die Interskole plaasvind by Hopefield se sportgronde, nie by hul skool nie. Gedrag: Kom ons handhaaf te alle tye ware sportmanskap, ook langs die veld. Dis belangrik dat ons kritiek, veral teenoor skeidsregters, langs die regte kanale hanteer en ons weerhou van enige negatiewe kommentaar. Kleredrag: Alle leerlinge (of jy in n span speel of nie) trek n volle skoolsweetpak of skooldrag aan. Geen leerlinge word in siviele klere toegelaat nie. (Ook nie ná n wedstryd klaar gespeel is nie.) Verder is daar n vriendelik versoek dat alle Lutzville ondersteuners rooi of swart aantrek. Baadjies is nog by Optimaks te koop vir alle ondersteuners. Hoofwedstryde: Ons eerste formele optrede as skool vind plaas om 11:20 voor die 0/18A-netbalspan se wedstryd. Gevolglik MOET alle leerlinge om 11:00 by baan A aanmeld. Om 14:45 MOET alle leerlinge op die paviljoen hul sitplek inneem vir die dirigente se optog en rugbyseremonie. Ons verwag van alle leerlinge om tot na die 0/19A-rugbywedstryd teenwoordig te wees. Ouers moet asb. nie tussen kinders op pawiljoen sit nie, eerder by aangeduide plekke of die agterste rye van HS Lutzville se afgebakende gebied.

Oom Jan Se Slaghuis Ck 2008/121229/23 Vat no.4470248156 10 Namakwa Ave, Lutzville Tel. 027-2172254 Fax 0866008728