SWARTVLEI SEEKAMP 2017 Liewe Swartvlei Vories 8 Junie 2017 BAIE WELKOM BY DIE 25ste SWARTVLEI SEEKAMP Kampdatums : Sondag 02 Julie 2017 om 09h00 tot Saterdag 8 Julie 2017 om 14:00 Ons kampterrein is by die Streeksdiensteraad Woonwapark Swartvlei, Sedgefield. Selfoon nommers vir noodgevalle: 082 852 6171 / 083 415 2186 Busse vertrek reeds op Saterdag 01 Julie 2016 om 14:00 Almal moet aanmeld om 13:00 by Pretoria Rugby Klub (56 Totius St, Groenkloof Pretoria) Busse word weer terug verwag Sondag 9 Julie 17 tussen 09:00 en 10:00 by Pretoria Rugby Klub. Let asb dat Unika, Klipfontein, Weltevrede en Johanna vd Merwe Kommandos se bus vertrek vanaf Mosaiek Kerk in Fairlands in Johannesburg. Almal meld aan om 13:30, sodat bus kan vertrek @ 14:00 Alle ander Kommando s wat langs die pad op klim, sal verwittig word van die tye. Selfone & Elektroniese toestelle MOET ASSEBLIEF BY DIE HUIS GELAAT WORD: DIT KAN OOK INGEGEE WORD OP KAMP, ONS NEEM GEEN VERANTWOORDELIKHEID VIR VERLORE FONE! ELKEEN BRING SAAM, DIT WORD BY AANKOMS BY VERTREKPUNT INGENEEM: 1 pakkies koekies met vulsel 1 leë roomysbak (Pak sommer jou padkos in die bak vir die bus) Items vir ons Gemeenskapsprojek. Sien Inligtingblad aangeheg. SAKGELD VIR SNOEPIE OP DIE KAMP Geldjies vir snoepie moet in n banksakkie saamgestuur word, indien dit nie reeds oorbetaal is na Swartvlei nie. Die gelde word inbetaal op die kamp. Enige gelde wat na die kamp nie gebruik is nie sal aan die kind teruggegee word. DIE KAMPBESTUUR NEEM GEEN VERANTWOORDELIKHEID VIR SAKGELD WAT NIE INBETAAL WORD en VERLORE RAAK. BAGASIE: SKRYF JOU NAAM EN KOMMANDO GROOT EN DUIDELIK OP ALLE ITEMS!!! 1. WARM SLAAPSAK met ligte kombesie. Neem warm slaapsak/goed op busrit 2. STAPPERS-MATRASSIE, opgerol, vasgemaak en GEMERK EN GRONDSEIL, ongeveer 1,8m x 1m (dik plastiek, DUIDELIK GEMERK) GEEN KAMPBEDJIES WORD TOEGELAAI VIR KINDERS NIE! 3. ALLE KAMPERS PAK DIE VOLGENDE IN EEN SAGTE SAK/TAS: (Pak jou klere in plastieksakke, dit voorkom dat nat klere al die ander klere in die tas nat maak) Jou Voortrekker Golf hempie Vyf stelle warm ou DRAKLERE (bv. 2 sweetpakke, langbroek, drie kortbroeke, T-hemde, trui) - MOET ASSEBLIEF NIE TE VEEL KLERE INPAK NIE!
SWEETPAK, TRUI om in te slaap (Dis lekkerrrr.koud in die nag!) PAAR skoene of tekkies vir dra, plus een paar OU TEKKIES WAT KAN NAT WORD VIR ROTSPOELE NB! NB! NB! Moenie nuwe of duur skoene saamneem nie WARM BAADJIE VIR SAANS. (VERKIESLIK DONKERBLOU) REëNJAS OF DRIMAC (VERKIESLIK DONKERBLOU) (NB!) Onderklere en genoeg sokkies (warm onderklere vir saans) Swemklere en ligte handdoek (SOWAAR!) Toiletbenodigdhede en badhanddoek Flitslig en ekstra batterye N.B.: Lap bordesak met beker, bord, papierborde, papbord, mes, vurk, lepel, teelepel, sponsie en afdroogdoek gemerk (Sit papierborde in groot Ziploc plastieksak) WATERBOTTEL Swartsak ELKE GROEP MOET ASB. DIE VOLGENDE SAAMBRING VIR DIE KURSUS: KLEUTERS & SEEPRET (KL & SP) VOORSKOOL - GR 1 (Lilac) Botteltjie Ponal met spuitpunt (klein) Swemhulpmiddels (vlerkies- stuur gerus saam tensy kleuter baie sterk kan swem) Lang selfgeadresseerde koevert met Seekat se naam & seël op (pos by museum) Reënsteweltjies (gras soms nat vroeg oggend) en Croc's - dra met kousies soggens as koud. (moenie spesiaal koop nie) Rugsakkie vir uitstappies met swemklere, klein Strandhanddoek, sonskerm, Gemerkte Waterbottel of koeldrankbottel Aparte BAD Sakkie (vir bad laatmiddag handig beide sakke elke oggend in) : o met skoon stel klere (kousies/onderkleertjies/broek/hemp) o Pak tuis elke aand se klere reeds in aparte plastiese sakke (vuil klere word weer in die sakkie teruggestuur) o Badsakkie met sy eie sepie /waslappie/roompies/borsel. o Klein dun badhanddoekie (handdoeke raak moelik droog in die koue veral as dik groot handdoek - bring gerus ekstra enetjie saam indien vorige nag s n nog moet droog word). MERK ALLES DUIDELIK ASB. SEE-WAARNEMING (SW) GR 2 (Groenies) Sonbrandroom 10 Bladsy A4 Flipfile Skryfbehoeftes & Inkleurkryte Waterbottel wat saamgedra kan word Klein Rugsakkie om strand toe te neem & n swemhandoek Pak al die benodighede in n 2 Liter Roomysbak Merk asseblief al die items DONKERKLEURIGE of SWART DENIM/LANGBROEK EN LANGMOUTOP vir die kampvuurkonsert Wenk: Pak al die klere vir elke dag in 'n groot ziplock sakkie. Dit help dat die kind elke oggend 'n "pakkie" kan neem en aantrek Vuil klere kan dan weer opgebondel teruggesit word in die sakkie. Die verpakking van elke dag se klere help om die tasse meer georganisseerd te hou.
SEE-VERSAMELKUNS (SVK) GR 3 (Groenies) Sonbrandroom 10 Bladsy A4 Flipfile Skryfbehoeftes en Inkleurkryte Waterbottel wat saamgedra kan word Klein Rugsakkie om strand toe te neem & n swemhandoek Pak al die benodighede in n 2 Liter Roomysbak Merk asseblief al die items DONKERKLEURIGE of SWART DENIM/LANGBROEK EN LANGMOUTOP vir die kampvuurkonsert Wenk: Pak al die klere vir elke dag in 'n groot ziplock sakkie. Dit help dat die kind elke oggend 'n "pakkie" kan neem en aantrek Vuil klere kan dan weer opgebondel teruggesit word in die sakkie. Die verpakking van elke dag se klere help om die tasse meer georganisseerd te hou. SEEKENNIS (SK) GR 4 (Rooi & Blou) PAK IN 2L ROOMYSBAK MET DEKSEL, ITEMS MOET DUIDELIK GEMERK WEES: Skêr Buisie 50ml Bostik Clear Gel Gom BRING OOK SAAM Gemaklike skoene om op strand en oor rotse te stap (ou tekkies/crocks werk goed, geen insteek skoene of plakkies nie) n 1kg Lëe Joghurt bakkie Klein rugsakkie met waterbottel, die waterbottel moet of in die rugsak pas of aan n band oor die skouer hang. Slegs vir die Offisiere : 1x1kg Net Uiesakkie/Lemoensakkie met handvatsels SEE-DIEREKENNIS (DK) GR 5 (Oranje) Kleurpotlode / Uitdraai kryte Pen en Potlood & Sker Bostik EN Pritt Waterskoene / Skoene wat mag nat word (Nie Plakkies) Waterbottel Klein rugsakkie vir strand toe gaan Roomysbak & 2 x Ekstra Deksels (Bo en behalwe jou Roomysbak sin) Inligting & prentjies oor EEN van die volgende afdelings: (Ons gaan plakkate maak in groepsverband) - Verskillende soorte haaie - Jellievisse/Bloublasies/Anemaone, - Seekatte/Mossels/Slakke, - Krappe/Krewe/Krewels, - Sponse/Korale, - Seekomkommers/Kastaings, - Dolfyne/Otters/Walvisse/Robbe Wit hemp wat ons kan verf
KUS-EKOSORG (ES) GR 6 (Seegroen) Rugsak vir die dag se benodighede - (LW nie 'n hand dra sak nie) Waterbottel Gemaklike stapskoene en skoene vir die strand (Waterstewels of rotskoene). 1 x Sterk vuilgoed sak. 1 x Klein pakkie wet wipes vir die woud. Grondseil (+ 2 x 2 m) en stappers matrassie vir die bos uitslaap. 1 Klein pakkie wet-wipes vir die uitslaap in die woud Tou vir wasgoedlyn vir nat klere en 6 sterk wasgoedpennetjies Prit gom (klein houer), pen, potlood, kleurpenne/potlode, mooi maak goed vir die plakboek (alles gemerk in n 2L roomysbak) 6 x Selfgemaakte besigheidskaartjies, met n foto van jouself, met jou naam, tel no, en Kommando naam op R 30 vir die natuurbewaring projek in n aparte sakkie Bring prente van EEN van die volgende: n Walvis, n Seemeeu of n Pikkewyn en inligting oor: sy bou, eetgewoontes, vyande, sosiale gewoontes, blyplek en ander interessante inligting (2-3 Blaaie) Prente van moontlike bedreigings vir die natuurlewe. (Moet asb. nie meer as 2-3 bladsye druk nie Ons bewaar die natuur!) Wit T-hemp (Ou hemp waarop geverf kan word vir Konsert!) VLEILANDE (VL) GR 6 en 7 (Maroen en Geel) R30 vir jou snoepie vir ons uitslaap - WORD INBETAAL BY DIE KURSUSOFFISIER OP DIE KAMP. Die dag se snoepie kan dus buite berekening met snoepie gehou word. 1 leë 2 liter deurskynende koeldrankbottel Pennesakkie met inkluerpotlode, penne en skêr in om plakaat mee te maak 1 leë 500 milliter deurskynende koeldrank bottel 1 Plat koeldrank of drankbottel doppie (yster tipe) Klein skulpies wat in doppie sal pas. As jy nie het nie, dan tel ons op die strand op n Lekker-sing liedjie oor vleilande/vleilanders Kom wees kreatief! Reddingsbaadjie vir roei op die meer duidelik gemerk.leen een as jy nie een het nie n Snorkel en of duikbril, as jy een het. duidelik gemerk asb n Rugsakkie vir jou handoek, swembroek en waterbottel - om elke dag te gebruik en vir die uitslaap. Ons slaap een aand uit in die Wildernis Nasionale Park VIR UITSLAAP AAND: 1 x KLEIN 2-MAN TENTJIE (VERKIESLIK KOEPELTENT) VERPLIGTEND DUIDELIK GEMERK (julle kan deel) EN KLEIN RUGSAK OF DRASAK wat benodighede vir een aand se uitslaap kan neem.
STAPTOGTE (STAP) GR 6 & 7 (Bont) R30 kontant in n gemerkte koevert - WORD INBETAAL BY DIE KURSUSOFFISIER OP DIE KAMP. 1. n Groterige staprugsak (+-50 liter) wat benodighede vir een aand se uitslaap kan neem. Jou slaapsak, kos en kombuisware moet daarin kan pas. 2. Een plastiek seil (drop sheets) en tou om skuiling mee te bou 3. 4 x 500 ml waterbottels of 2 x 1 liter waterbottels 4. Stofie met klein gasbotteltjie (soos vir staptoere) en vuurhoutjies/aansteker 5. n Knipmes (duidelik gemerk) 6. 1 Klein potjie wat pas op die gasstofie 7. n Reënjas of plastiek poncho 8. Plastieksakke waarin jy jou klere en warm baadjie kan pak om dit droog te hou 9. n Lekker-sing liedjie oor Staptogte Kom wees kreatief! 10. 100 ml Sunlight seep in n klein koeldrankbotteltjie gegooi wat dig kan toemaak 11. Permante merker (Pen) STRANDBEWUSTHEID (SB) GR 7 (DONKERBLOU) n Apparte banksakkie met R30, dit moet asb apart van die snoepiegeld gesit word Crocs, (om mee te stort), gumboots of waterboots vir op die strandloop Drymac (verpligtend) Waterbottel baie belangrik ons stap langs die see en daar is nie varswater daar nie. Swembroek en ekstra Handdoek Rugsak vir stranduitstappies en uitslaap Dinsdagaand Voortrekker hemp vir uitstappie Woesdag Medikasie moet asb gemerk word en by aankoms aan noodhulp gegee word. Indien u kind enige mediese kondisie het wat ek as Divisieleier moet van weet kan u asseblief dit vir my aandag epos na (acherbst@yebo.co.za) of kontak my op 0825785632 AFRIKANERKIND (AFR) GR 7 (GRYS) ʼn Waterbottel want ons word dors deur die dag en moet nie dehidreer nie. n Lekker paar tekkies, toe skoene of uitgeloopte stapskoene om te chill en ʼn bietjie stadig te stap ons gaan ʼn paar kringe in ʼn bos gaan loop. ʼn Lekker swart-en-wit familiefoto want ʼn suit en tie lyk ongemaklik ʼn poskaartgrootte sal perfek wees. ʼn Swartsak of twee, vir die vuil- en natklere sodat jou ma (wat so bly gaan wees om jou weer te sien na ʼn lang kamp) dit alles net so in die was kan gooi. ʼn Klein verfkwassie, ons gaan nie ʼn gebou verf nie, so jy hoef nie met ʼn heavy duty verfkwas of ʼn verfroller daar aan te kom nie. ʼn Hoed waarmee ouma of oupa die goeie tye laat rol het of net een wat hulle gedra het. Klein rugsakkie vir die uitstappie, sodat jy nie jouself dood hoef te dra aan al die beddegoed wat jy by Seejol gaan gebruik nie. n Poncho of reënjas aangesien n mens nooit weet hoe die weer gaan saamspeel nie. Oornagsak ons gaan een aand by Seejol in Hartenbos gaan oorslaap so dit is nie nodig om AL jou klere saam te neem nie, net ʼn kleinerige sak om die toiletware, handdoek, swem-, droë- en warmklere en beddegoed in te bêre.
VERKENNERS Jou eie tent Grondseil (ongeveer 2m x 1m) Warm Klere BRING BAIE GEES Rus gerus uit voor die kamp VOLWASSENES Diegene wat met eie vervoer kom, bring asb jou kleinbrandblusser saam (as jy een het) N.B.: Alle toerusting word op eie risiko saamgebring. Kampraad aanvaar geen aanspreeklikheid vir verlore items nie. Ouers neem asb ook kennis: RIGLYNE VIR SWARTVLEI SOSIALE MEDIA KOMMUNIKASIE. Hierdie is n paar riglyne vir die gebruik van sosiale media deur Swartvlei kampers, hulle ouers en vriende. Hierdie dokument vervang nie die amptelike dokument Kommunikasie beleid in Die Voortrekkers 2015 04 30 nie, maar moet as aanvullend gesien word. Onthou ons is eerstens Voortrekkers al is jy net n Voortrekker ouer. As ouer en vriend is jy steeds n AFRIKANER, n BURGER en n CHRISTEN. So jy het dieselfde waardes as n Voortrekker. Ons moet altyd probeer om die beeld van Die Voortrekkers hoog te hou. Ons wil graag hê julle moet al julle pret met almal deel, maar ons wil hê dat jy aan die volgende paar dinge dink voordat jy die stuur knopie druk vir n status opdatering, stuur van n foto of n aanstuur van n boodskap. 1. As jy die stuur knopie druk is dit vir ewig. Die internet vergeet nooit nie. Daar is altyd erens n presiese rekord van wat jy nou net gestuur het al probeer jy dit nou uitvee. 2. Is ek gemaklik dat my kinders of toekomstige kinders dit sien? Is ek gemaklik dat my ma, ouma dit sien? 3. Sal ek dit wat ek nou wil sê van aangesig tot aangesig vir die persoon kan sê wie hier betrokke is? 4. Is dit WAAR, GOEDHARTIG en NODIG? Maak altyd seker of jou bron betroubaar is en onafhanklik bevestig kan word. Wees bedag daarop om nie afleidings te maak van swak verwoorde SMS en twitter boodskappe nie. As iets tegnies waar is, moet jy dink wat jou motief is waarom jy dit stuur. Doen dit met inagneming van al die partye betrokke. As jy dit nie goedhartig kan doen nie, her-evalueer jou motief of die toon van die boodskap. Besluit ook of dit werklik nodig is om die boodskap te stuur of is dit net n uitlating van frustrasie, n skinderstorie of n swartsmeer geleetheid. 5. Kan hierdie boodskap / foto my verhoudings, my reputasie en my loopbaan (nou en in die toekoms) benadeel. 6. Stel ek my of iemand anders se veiligheid in gevaar met die inligting wat ek hier wil plaas. Onthou dat inligting wat jy plaas deur enigiemand gelees kan word. Foto s kan geotags bevat wat jou presiese ligging bekend maak. As jy jou planne vir die dag beskryf weet hulle presies waar jy wanneer gaan wees en kan maklik so n misdaad beplan. 7. Hou altyd die ander persone betrokke se waardigheid en privaatheid in gedagte met enige inskrywing of foto wat jy plaas. Het jy die persoon se toestemming om dit te gebruik? Gaan kyk na die volgende skakel op die Hou Koers web blad (https://www.houkoers.co.za/dokumentasie/literatuur) en maak die dokument Kommunikasie beleid in Die Voortrekkers 2015 04 30 oop vir Die Voortrekkers se amptelike beleid.