VROEË SLUITING Ouers, let op dat die skool op 3 en 4 Augustus 2015 om 12:35 vir alle grade sal uitkom. Die leerkragte het die twee dae opleiding.

Vergelijkbare documenten
Indien u kan help, gee asseblief u naam in by die sekretaresse, me Nolene van Wyk.

Dankie aan elke ouer wat die saal op n Maandagoggend bywoon. Alle ouers is welkom om enige Maandagoggend die saal by te woon.

Tygienuus. SATERDAG 28 April Meneer Peet Schoeman verjaar! Juffrou Anje Swanepoel verjaar! Juffrou Estelle Kriek verjaar!

Laerskool Olifantsvallei

Ek wil dan ook die Junior Skaakspan gelukwens met hul oorwinning oor die Juniorspan van LS Vredendal wat eintlik ook die Weskusspan is.

Tygienuus. 18 Oktober 2017 PROGRAM VIR DIE WEEK:

Hier trap ons diep spore...

BROEDIE NUUS. Maandprogram is aangeheg. Welkom Mnr André! Sien Jaarkalender op Communicator

Laerskool STULTING Primary School

Skiet: Interprovinsiaal. Skiet: Interprovinsiaal. Netbal: O/14 O/18 GSS Proewe. Kopiereg 2017 Hoërskool Linden. Alle regte voorbehou.

Laerskool Olifantsvallei

Skakel asseblief direk met u kind se leerkrag indien hy\sy nie die werk verstaan of sê dat hulle nie tuiswerk het nie.

Laerskool Olifantsvallei

Skaak: Oefening (kamer 59) 13:00 14:00 (gr. 1-2), 14:00 15:00 (gr. 3-7)

LAERSKOOL EIKESTAD VOORGESKREWE SKOOL- EN SPORTDRAG. (Soos op 19 November 2014)

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Omsendbrief 19/ Junie 2015

WEEKBRIEF 9 VAN 2018 UIT DIE KANTOOR

Omsendbrief 27/ Oktober 2018

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2012

OB2/2017. FOTO S Ons vra asseblief dat alle fotogeld nie later as Woensdag, 17 Mei 2017 by mnr Malan inbetaal sal wees.

JAARPROGRAM KWARTAAL 1

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NOTULE VAN DIE BOLAND TWEEKAMP JAARLIKSE ALGEMENE VERGADERING WAT GEHOU IS OP 27 MEI 2016 IN DIE PAARL TE CALEDONVILLE

Soos in die verlede sal GLB verversings te koop aanbied (sien grondplan vir die kiosk ).

Hoërskool McLachlan. Graad 8 tot 9: (Leerders kan kies tussen voorbereid en onvoorbereid.) waarheid beelde deure

WEEKBRIEF 17 VAN 2017 UIT DIE KANTOOR

HOëRSKOOL PORTERVILLE

RESPECT 4 U. L e s 1. Jou vermoëns en sommige van jou verwagtinge en drome indentifiseer

1. SPORT 1.1 Krieket Dankie aan die o.9 krieketspelers wat Saterdag aan wedstryde deelgeneem het.

Voorspoed aan elkeen van u met al u verpligtinge as ouer gedurende hierdie kwartaal.

Laerskool Olifantsvallei

REKORD- EN EINDEKSAMEN

28 Januarie 2019 PROGRAM VIR DIE WEEK:

AANDAG: DIE HOOF & BEELD-KONTAKPERSOON

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

My denke bepaal my geluk. Omsendbrief 097 van April 2017 KUNSWEDSTRYD 2017

GRAAD 12 SEPTEMBER 2015

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II LEERUITKOMS 3 & 4 LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR

1. JUNIOR PRIMêRE FASE: GR. 1-3

AFWESIGHEDE TYDENS EKSAMEN U

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

HOËRSKOOL WONDERBOOM HOËRBOOM WONNIEBELEID

RUGBYKLINIEK BY U SKOOL IN 2011!!

Nuusbrief 12 Desember 2018

GEAGTE OUERS VOLGENDE WEEK SE PROGRAM. 19 Mei 2017 Webtuiste: \ Gimmieraadsokkie

Rooikat-nuus. Hoërskool Elspark. Uitgawe # 36. Tel: /4. Faks: NUUSBRIEF 7/ Mei 2018 SPORT.

Laerskool Eikestad Voorgeskrewe Skool- en Sportdrag. Soos goedgekeur op 26 Julie 2016

ROBERTSON. AANSOEK OM TOELATING Vir graad 1-3 VOORBEREIDINGSKOOL - PREPARATORY SCHOOL

Matriekeindeksamen begin. Kopiereg 2017 Hoërskool Linden. Alle regte voorbehou.

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS HUISTAAL V 3 SEPTEMBER 2014

BELEIDSDOKUMENT. Eksamens / Mini-eksamens Grey Kollege

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

Hier trap ons diep spore...

Laerskool Horison Graad

Graad 1 Alleenlik SKOOLREKENING

Maak jou huisgesin jou nommer een aardse verpligting. ~ Solly Ozrovech ~

1st TERM / 1ste KWARTAAL 2017

1. ALGEMENE INLIGTING

22 JUNIE 2016, KWARTAAL 2, UITGAWE 18. Vir bespreking kontak gerus vir ds. Natalia Strydom by

LAERSKOOL ELIGWA. 1. PERSONEEL Baie welkom aan die nuwe personeel by ons skool. Ons hoop en vertrou dat hulle baie gelukkig gaan wees.

Graad 7-inligtingsbrief

Laerskool Olifantsvallei

LAER VOLKSKOOL NASKOOLSENTRUM AANSOEKVORM EN KONTRAK

MIDDAGSTUDIEPROGRAM & REëLS

JV-NUUS. Meyerstraat 1072 Tel : /1/2 Rietfontein Webblad: ERRATA

Indien daar n gelykopuitslag is, sal daar van die 8 sekondestrafhou gebruikgemaak word aangesien dit by Noordvaal ook gebruik gaan word.

DNK TRUST NASORG AANSOEKVORM 2017 n Aparte vorm moet vir elke kind voltooi word

HOËRSKOOL OOS-MOOT OOS-MOOT RAAD GEDRAGSKODE

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

26 Januarie 2018 Omsendbrief 02/2018

ROODEKRANS BELANGRIKE DATUMS

Geagte graad 9-Ouer/Voog en leerder VAKKEUSES VIR VOO-FASE

SKOOLUNIFORM VIR GRAAD 1-7

NOTULE VAN TAKVERGADERING GEHOU OP 2 AUGUSTUS 2017 TE SOUTPANSBERG GOLFKLUB

Wat leer ons die week in Graad R? Kwartaal 2 Week 9

POSBUS 12001, ELSPARK

Rooikat-nuus. Hoërskool Elspark. Uitgawe # 35. Tel: /4. Faks: NUUSBRIEF 6/ Mei 2018

Nuustak Geagte Ouers JOHAN KRUGER SKOOLHOOF

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

OMSENDBRIEF NR. 1/ Januarie 2019

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

LAERSKOOL LORRAINE. -Die skool wat omgee.

Wapport 7 24 Februarie 2017

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Laerskool A. F. Louw Primary Stellenbosch P.O. Box 2113 Dennesig Tel Fax

TYGERBERG SKOOLFONDS 2015

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

DATUMS Semi Finale vind plaas by Hoër Volkskool op Saterdag 12 April Geen wedstryde word op die Astro gespeel. Sien die aangehegte program.

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

L/S EIKESTAD 1STE KWARTAAL PROGRAM (soos op 30 November 2018)

GRAAD 12 SEPTEMBER 2013 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3

LEEUWENHOF AKADEMIE LAERSKOOL NUUSBRIEF NR. 23/ JULIE 2017

Aansoek om deur Ruimsig Gemeente Leraar in die eg verbind te word.

Daar is altyd drie opsies:

Vinkie. Laerskool Fairland

SKOOLUNIFORM. 1. Blou tetrex rok met skoolwapen op die sak. Lengte van rok: Nie korter as vier vingerbreedtes bokant die knie nie.

HUISWERKRIGLYNE - INTERSENFASE: GR

KWARTAALPROGRAM VIR OUERS

Transcriptie:

LAERSKOOL CALVINIA Posbus 268, CALVINIA 8190 Tel: (027)3411029 Faks: 0866335035 Selfoonnommer: 0824319308 E- posadres: lscadmin@hantam.co.za web-adres: www.laerskoolcalvinia.co.za Skoolbestuurder: L. J. MOSTERT 31/07/2015 24/2015 Geagte Ouers UIT DIE HOOF SE KANTOOR Baie geluk aan al ons rugby- en netbalspanne wat presteer het tydens die Nouveau sportdag. Kinders, dankie vir julle puik gedrag. Dankie dat julle Laerskool Calvinia se naam hoog gehou het. Baie dankie ook aan al die ouers wat die leerders gaan ondersteun het. Dankie ook aan al die pa's en ma's wat by die rugbyen netbalspanne gehelp het. Ons waardeer dit opreg. Ons wil baie geluk sê aan me R. Louw en die twee kore met hulle optrede by die Vredendal Koorfees. Die uitslag was soos volg: Albei kore het 90% behaal (Hoogste Lof). Sterkte aan ons rugby- en netbalspanne wat hierdie naweek aan ons sportdag deelneem. Dankie aan mnr. Nico de Kock en me. Estelle Mostert wat die dag reël. Baie dankie ook aan die res van die personeel, studente, werkers, ouers en leerders wat ook behulpsaam is. VROEË SLUITING Ouers, let op dat die skool op 3 en 4 Augustus 2015 om 12:35 vir alle grade sal uitkom. Die leerkragte het die twee dae opleiding. SAALBYEENKOMS: 3 AUGUSTUS 2015 Daar sal geen saalbyeenkoms wees op Maandag, 3 Augustus 2015 nie, a.g.v die ontbyt wat Saterdag in die saal gehou word. Ondersteun asseblief die ontbyt wat deur me Maryke Louw van die SBL aangebied word vir n fondsinsameling. WOW-KOMPETISIE (Mnr H du Toit) Graag stel ons u in kennis van die WOW-Kompetisie wat weer plaasvind op Vrydag, 7 Augustus 2015 om 12:00 te Hantam Laerskool. Die volgende leerders is onderskeidelik gekies in hul grade om deel te neem. Gr 1: De Wet Nel, Micka Spangenberg, Elijah Matthys; Gr 2: Miché Kouter, Marié Louw, Vera van der Merwe; Gr 3: Willem Steenkamp, Joánri Brynard, Nicole Brand; Gr 4: Gerrit Brynard, Hesré Visagie, Christelle Visagie; Gr 5: Keanu de Vos, Nerene Theron, Amber Louw; Gr 6: Leandré Schutte, Maggie van der Merwe, Mariné van der Colff; Gr 7: Jade-Ann van Sitters, Jaden van Sitters, Shanel Bradley. NW EXPO (Me A de Klerk) Vyf van ons Graad 6-leerders gaan op 13 Augustus 2015 deelneem aan die Namakwa Eskom Expo vir Jong Wetenskaplikes te Aggeneys. Hulle is: Maggie van der Merwe, Elismé Esterhuyse, Leandré Schutte, Esther Squires en Hilda-Marié Visagie. Baie geluk aan elkeen van hierdie leerders wat hierdie groot taak aangepak het en ons skool daar gaan verteenwoordig. CHAMPION OLIMPIADE (Me E Mostert) Ons het 61 leerders wat die onderskeie Champion Olimpiade-vraestelle gaan skryf. Ons sê dankie aan die leerders vir hul groot belangstelling, asook aan ons ouers vir die aanmoediging van hul kinders. Die onderskeie vraestelle sal vanaf 25-27 Augustus geskryf word. Verdere inligting in verband met die skryf van die vraestelle, sal op n later stadium in die nuusbrief deurgegee word. FONDSINSAMELING - SPORTDAG ONTBYT (Me M Louw/Me E van Helsdingen) Laerskool Calvinia se sportdag vind plaas op Saterdag, 1 Augustus 2015. As deel van ons fondsinsameling, sal daar ontbyt aangebied word die oggend vanaf 07:30-09:00 teen R50 per ontbyt. Neem asb. kennis dat die kaartjies vooraf beskikbaar sal wees om te koop by die sekretaresse, me Nolene van Wyk. Kom ondersteun ons asb.

FONDSINSAMELING - VLEISFEES KROEG (Me M Louw/Me E van Helsdingen) Dit raak weer tyd vir die jaarlikse Vleisfees. Laerskool Calvinia sal weer die kroeë beman as deel van ons fondsinsamelingsprojekte. Dit vorm 'n groot deel van ons fondsinsameling en ons vra reeds nou al vir alle vrywilligers om asb. hul hulp te kom aanbied by die sekretaresse, me Nolene van Wyk, met die bemanning van die kroeë. Ons sal dit baie waardeer. TROMPOPPIES - VLEISFEES 2015 (mee A Fick en H Nel) Ons Trompoppies gaan vanjaar tydens die Hantam Vleisfees beide die Vrydagmiddag, 28 Augustus, sowel as die Saterdagoggend, 29 Augustus deelneem. Die tye van optredes en finale reëlings rakende die optredes sal nader aan die tyd aan u as ouers deurgegee word. Vanaf 18 Augustus tot en met 27 Augustus, sal daar ekstra oefentye wees. Dit sal aan die dogters deurgegee word. RUGBY- MASKAM-SONE EN NWB-PROEWE 0/12 (Mnr N de Kock) Baie geluk aan die volgende seuns wat opgeneem is in die Maskam-sone rugbyspan wat op Dinsdag, 4 Augustus gaan deelneem aan die NWB-proewe op Vredendal. Hulle is Jaden van Sitters, John Krieger, Erik Boltman, Daniël Frick, Alex Louw, Neelsie Majied, Jody Barend, Brandon Witbooi en Alex Veerus. Hierdie leerders moet asb hulle busgeld van R40 nie later nie as Maandag, 3 Augustus by mnr De Kock inbetaal. Die bus sal stiptelik om 12:00 vanaf die skool vertrek. Agv die onvoorspelbaarheid van 'n proewe, is dit nie moontlik om te sê hoe laat ons terug sal wees nie. Indien die leerders nie oor 'n selfoon beskik nie, sal die leerkrag die ouers kontak sodra hulle terug is op Calvinia. Y-AFRICA FOTO S, 12 en 13 AUGUSTUS (Me Engelbrecht) Y-AFRICA kom neem vanjaar ons skoolfoto s op Woensdag, 12 en Donderdag, 13 Augustus. Aangeheg is n vormpie wat u SLEGS moet voltooi as u u kinders, wat in verskillende grade is, saam wil laat afneem. Dit sluit Graad R-leerders in. U moet asb. die vormpie voltooi en op Maandag, 3 Augustus terugstuur. Die foto s sal soos volg afgeneem word: Woensdag, 12 Augustus 1. Alle klasfoto s; enkelfoto s en boetie & sussie-foto s (slegs Laerskool Calvinia-leerders) 2. Skaak - Skolespan, Bo-Weskus, Weskus, Wes-Kaap - Me E Louw 3. WOW Woordfees (slegs die 3 leerders per Graad wat gaan deelneem) 4. Junior Victor en Victrix Mnr N de Kock Senior Victor en Victrix 5. Redenaars: Komitee, ATKV Streekskompetisie Herman Snyman en Gert van Schalkwyk Me A de Klerk 6. Astro Quiz & NW EXPO Me A de Klerk 7. UNISA Praktiese Eksamen Me R Louw 8. Leiers - Skool en Koshuis Mnre N de Kock, H du Toit en LJ Mostert 9. Snoepie - Me E Louw 10. Padpatrollie - Mnr H du Toit 11. Personeel / studentleerkragte / werkers van skool en koshuis saam - eerste pouse 12. Tennis: 1 ste span; NWB; BOLAND - Me C Carstens 13. Alle ander BOLAND foto s 14. SA Atletiek 15. Netbal 0/13 A - Me A de Klerk Almal hierbo word in skoolklere afgeneem, behalwe tennis, netbal, BOLAND en SA s. Donderdag, 13 Augustus 1) Atletiek: Vanrhynsdorp (sweetpakke) en NWB (spesifieke drag); 2) Rugby: 0/7A & 0/8 A; 0/9 A & B; 0/11 A & B; 0/13 A & B; SONE 0/12 & 0/13, asook NWB 0/12 & 0/13 3) Netbal: 0/7 A; 0/8 A en 0/9 A & B; 0/10 A & B; 0/11 A & B; 0/12 A & B en SONE (0/12- en 0/13- spelers van die Sonespan trek wit hempie vir die foto aan) 4) Seunskrieket: 0/11; 0/13 en NWB 0/11; 0/12; 0/13 (Gesamentlik). Al die foto s van Donderdag, word geneem in die spesifieke sportdrag van die span. Die leerkragte sal dit met die spelers bespreek. Sal u as ouers asb. toesien dat u kind die regte tekkies, sokkies en kleredrag vir die dag aantrek. Al die leerders kan in hul skoolsweetpakke skool toe kom en indien die kleredrag by hom/haar is, mag dit onder die sweetpak aangetrek word. Indien u onseker is oor die kleredrag, kan u die betrokke afrigter kontak. BOEKVERKOPING (Me E Engelbrecht)

Me Van Tonder verkoop weer boeke van Boekemuis op Maandag, 3 Augustus. Kom maak asb. n draai en koop vir uself, u kind, of n geskenkie vir iemand anders. Die wins sal teruggeploeg word in die skool se biblioteek. Ons beoog groot planne soos e-books en daarvoor benodig ons redelik baie geld. GRAAD 4 OPDRAG-LEWENSVAARDIGHEDE (Me R le Roux) Leerders moet die inligting wat hulle versamel het, skool toe bring op Dinsdag, 4 Augustus 2015. Leerders moet op dieselfde dag 'n plakkaat ook bring, waarop hy/sy die projek gaan doen. Die leerders kan enige godsdiens kies van hul keuse of dit kan hul eie godsdiens wees (net een godsdiens). Die leerders kan drie van die volgende opskrifte kies om navorsing oor te doen: * Wat hulle ten opsigte van skepping en die dood glo. * Hoe hulle aanbid. * Hoe hulle belangrike dae vier. * Hoe hulle ander behandel. * Belangrike plekke en geboue. * Spesiale kos wat hulle eet of klere wat hulle dra. * Interessante inligting oor die godsdiens. Leerders gaan ook 'n 2-5 minute mondeling moet doen oor die inligting wat op die plakkaat verskyn. GRAAD 4 TEGNOLOGIE-OPDRAG (Me Engelbrecht) Die Graad 4 s moet op 7 September n musiekinstrument wat bewegingsenergie gebruik, maak. Ek wil vra, indien u kind se instrument wat hy/sy gedurende die eerste kwartaal gemaak het vir Kreatiewe Kuns, nog by die huis is, hy/sy dit skool toe moet bring. Ons kan dit dan weer gebruik. Indien u kind nie meer sy/haar instrument het nie, moet die nodige afvalmateriaal of materiaal wat herwin is, en geskik is om n instrument te maak, skool toe gebring word op Maandag, 7 September. Dit kan enige instrument wees, want enige manier wat gebruik word om n instrument te bespeel, gebruik bewegingsenergie. Die vereiste is dat dit van afvalmateriaal of herwonne materiaal gemaak moet word. KLEREBANK (Me L Spamer) Tans sal die klerebank slegs op Maandae vanaf 09:30-10:00 en Woensdae 17:00-17:30 oop wees tot verdere kennisgewing. LAERSKOOL CALVINIA SPORTDAG, SATERDAG, 1 AUGUSTUS 2015 (Mnr N de Kock en Me E Mostert) Ons skool bied weer hierdie jaar ons sportdag aan op Saterdag, 1 Augustus. Die sportdag word hier op ons eie velde en bane gehou. Dié dag word gekenmerk aan 7's rugby en netbal. Die skole wat ons kom besoek, is die Gekombineerde Skool Williston, Laerskool Brandvlei, TNJ vd Walt Kollege, Hantam Laerskool en Nouveau Kollege. Die sportdag word geopen om 08:50 en die eerste wedstryde skop stiptelik af om 09:00. Die laaste wedstryde sal teen 13:30 afgehandel wees. Daar sal 'n heerlike "plaas-ontbyt" te koop aangebied word in die saal teen R50 per persoon, terwyl daar verder heerlike eetgoed by "Die Windpomp" en snoepie te koop sal wees. Ons vra u om ons sportdag en u kinders te kom ondersteun en die dag saam met ons te geniet! Netbal: O/10A: Esmari Visagie, Anna vd Merwe, Zeni-Dean Moses, Christelle Visagie, Kaylen le Roux, Amber Tieties en Anéldi van Niekerk. O/10B: Andrea Jacobs, Ada Smit, Zanél du Toit, Shanae Petersen, Hesré Visagie, Shoniél Walters en Ancke Coetzee. 0/11A: Qhama Hobongwana, Quelene du Plessis, Cari Steenkamp, Lidia Wilson, Annicka Beukes, Karla Visagie en Ellenore Spamer. 0/11B: Gisele van Wyk, Louwritzsa Visagie, Amber Louw, Caryn Witbooi, Alexis Smith, Demi Visagie, Sunel Taljaard en Deborah Squires. 0/12A: Mariné vd Colff, Candice Struis, Nerene Theron, Lindi Dietrich, Luné Cloete, Leandré Schutte en Phinese van Wyk. 0/12B: Esther Squires, Annami Gunter, Deoné Steenkamp, Jade-Ann van Sitters, Minke du Toit, Maggie van der Merwe en Shannon le Bretton. 0/13A: Maurician van Wyk, Marenic Willemse, Julese van der Colff, Lara Strauss, Chrizania Koopman, Shanel Bradley, Christine Houghton-Hawksley, Hilda-Marié Visagie en Rozanne du Plessis.

Rugby: O/11A & B: Michail Peterson, Pieter Kotze, Gerrit Brynard, Luthon Strauss, Gideon Louw, Jaco Snyman, Jean-Prieur du Plessis, Garret de Vries, Chadley Persens, Jenvillé de Wee, Christiaan Williams, Jack Bradley, Dewald Rabe, Albert van Niekerk, Anton Mouton, Jeraldo Klaaste en Leaquin Ryk. O/13A & B: De Wet Rabe, Jody Barend, Keanan Leukes, Elkenan Baadjies, Ronaldo Runcie, Alex Veerus, Jaden van Sitters, John Krieger, Roelof du Plessis, Gerswill Prinkel, Alex Louw, Schalk Marais, Lukas van Wyk, CJ Festus, Wessel de Lange, Neelsie Majied en Tinus Visagie en Brandon Witbooi. SPORT TOERUSTING TE KOOP Tydens ons Sportdag op 1 Augustus, sal Matzikama Sport van Vredendal, sporttoerusting te koop aanbied. Balle (rugby, netbal, krieket ens.), mondskerms, broekies, hemde, kriekettoerusting en nog vele meer. Indien u enige spesiale versoeke of bestellings het, kan u vir Christo du Preez kontak by 027 2133 408 of 082 812 7112. SKOOLGELD / KOSHUISGELD (Me E van Helsdingen) Ouers, dis alweer 'n nuwe kwartaal met verdere skool- en losiesgelde betaalbaar vir die maand/kwartaal. Die nuutste state, opgedateer tot op einde Junie, is uitgestuur. Dis elke ouer se verantwoordelikheid om seker te maak dat hul rekeninge op datum betaal is en sodoende verdere stappe te vermy. Ons is tans besig met oorhandigings, so wees asb. 'n verantwoordelike ouer en betaal u kind/ers se skool- en losiesgeld betyds. Ons maak staat op elke ouer se samewerking in hierdie verband. Bankbesonderhede: Skool Koshuis ABSA ABSA Laerskool Calvinia Huis Albertus van Rhyn 1620490004 162014015 *Leerder se naam en van as verwysing by beide skool en koshuis. BELANGRIKE DATUMS Dinsdag, 28 Julie - 21 Aug OUERBESOEKE Saterdag, 1 Aug LSC SPORTDAG Maandag, 3 Aug BOEKVERKOPING Donderdag, 6 Aug KOSHUISVERGADERING Sondag, 9 Aug VROUEDAG Maandag, 10 Aug OPENBARE VAKANSIEDAG Woensdag, 12-13 Aug Y-AFRICA FOTO'S Saterdag, 15 Aug INTERSKOLE VREDENDAL Saterdag, 22 Aug M & F SPORTDAG WILLISTON Dinsdag, 25-27 Aug GRONDSLAGFASE OLIMPIADE Vrydag, 28-29 Aug VLEISFEES/TROMPOPPIES Dinsdag, 8-11 Sept SOS - GR 3 Maandag, 14-21 Sept SEPTEMBER TOETSREEKS Donderdag, 24 Sept ERFENISDAG Vrydag, 25 Sept SKOLEVAKANSIEDAG Maandag, 28 Sept TENNISKURSUS Vrydag, 2 Okt SKOLE SLUIT Maandag, 12 Okt SKOLE OPEN BUITEMUURSE PROGRAM (SPORTROOSTER) Ons sluit vir u die skool se buitemuurse program in vir die derde kwartaal. Die versoek is dat elke ouer sal toesien dat u kind(ers) elke dag by die oefeninge sal wees. Die afrigters is daar vir u kinders en ons wil elke kind graag maksimum ontwikkel. SLEGS LEERDERS MET N MEDIESE SERTIFIKAAT VAN N GENEESHEER SAL VERSKOON WORD EN DIT MOET BY ONS SKOOLBESTUURDER, MNR LJ MOSTERT INGEDIEN WORD. BUITEMUURSE PROGRAM SPORT MAANDAG DINSDAG WOENSDAG DONDERDAG Rugby Gr. 1,2,3 : 15:20-16:00 Selfde as nie Maandag 0/9A&B : 16:00-16:45 0/11 : 15:20-16:20 0/13 : 16:20-17:20 Indien nie wedstryde

Netbal Gr. 1,2,3 : 15:20-16:00 Nuwe Bane by tennismuur Selfde as Maandag 0/7A+0/8A : 15:20-16:00 0/9A+ B : 16:00-17:00 0/10A+B : 16:00-17:00 0/11A+B: 15:30-16:30 (0/12A): 15:30-16:30) (013A): 15:30-16:30 Bane langs personeelkamer Bane langs mnr du Toit se klas Bane langs personeelkamer Tennisbane (teen pad) Tennisbane Tennisbane (teen skool) Landloop 16:15-17:15 Trompoppies 15:30-16:15 Koor 16:45-17:20 Skaak 16:15-17:00 KIX 15:30-16:45 Biblioteek 10:15-10:35 (ouers) 10:15-10:35 (Pouse) 10:15-10:35 10:15-10:35 (Pouse) Groete van skool tot huis C C E ENGELBRECHT WAARNEMENDE SKOOLBESTUURDER Gedagte: "Vrede is so 'n kosbare juweel dat ek enigiets daarvoor sou prysgee, behalwe die waarheid." - Matthew Henry Skoolreël: Geen leerder mag inbreuk maak op die regte en pligte van n leerder, personeellid of enige werker by die skool nie. Waardes van ons skool: Verantwoordelikheid, Vriendelikheid, Eerlikheid en Respek. Ouers maak seker u kind leef ook die waardes by die huis en die samelewing uit. ANDRé EN DALEEN HUGO HJ VISAGIE (SUPA QUICK) LEON VISAGIE BOESMANLAND JAG OK KLK-OUERS SPAR LANDBANK HIRE&ICE DIRK VAN RENSBURG LIESEL ZANDBERG MARIETA VAN TONDER CALVINIA COMPUTER SERVICES OPVOEDKUNDIGE TRUST FRANK BEUKES COMPULAB LIZANNE DE BEER & DIRK VAN DER MERWE EISTEDDFOD BORGE DIE BLOU NARTJIE MYL 250 CALVINIA BAKKERY ROLBOS GASTEHUIS HIRE & ICE CALVINIA DRANKWINKEL OK CALVINIA STANDARD BANK HANTAM HUIS NASHUA NAMAKWA-WYNE