Inligtingstuk. Die rekening van die funksie is betaalbaar 3 werksdae voor die datum van die funksie.

Vergelijkbare documenten
Inligtingstuk. Die rekening van die funksie is betaalbaar 3 werksdae voor die datum van die funksie.

Liewe Bruid en Bruidegom

Liewe Bruid en Bruidegom

Die Gemeente met Oop Deure: Verhurings 2018

Liewe Bruid en Bruidegom

Pakket spesiaal vir n matriekafskeid

HUGO LAMBRECHTS OUDITORIUM - HUURKONTRAK

OOS-RAND AKADEMIE NASKOOLSENTRUMVRYWARING

KALAHARI KUIERFEES 2-4 NOVEMBER 2017 STALLETJIE AANSOEKVORM

BEVESTIGING VAN HUWELIKE

AANSOEK VIR KUNS- EN KOSMARK. 7-9 Augustus 2015

BOEREMARK & BRAAIFEES STALLETJIE AANSOEK

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE

Waenhuiskraal is vanaf Rigellaan, Pretoria, 25 km uit op die Delmaspad, R50. Pragtige graslande en ruimtes so ver soos die oog kan sien begroet jou.

Aansoek om deur Ruimsig Gemeente Leraar in die eg verbind te word.

NG GEMEENTE GOUDINI VOORGENOME HUWELIK INLIGTINGSTUK NAAM EN VAN:.. DATUM EN TYD VAN HUWELIK:

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II LEERUITKOMS 3 & 4 LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR

DNK TRUST NASORG AANSOEKVORM 2017 n Aparte vorm moet vir elke kind voltooi word

Willem's Rus: Voorwaardes van Verblyf

LAER VOLKSKOOL NASKOOLSENTRUM AANSOEKVORM EN KONTRAK

PRYSLYS R p.p.p.nag R p.p.p.nag R p.p.p.nag R p.p.p.nag R p.p.p.nag

Karoo Meat of Origin Sertifiseringskema

ROBERTSON. AANSOEK OM TOELATING Vir graad 1-3 VOORBEREIDINGSKOOL - PREPARATORY SCHOOL

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur

Tjokkerjol Speelgroepie

BELEIDSDOKUMENT. Eksamens / Mini-eksamens Grey Kollege

Kinder Partytjies Maandag tot Donderdag: R Kinder Partytjies Vrydag tot Saterdag: R

AANSOEK OM TOELATING TOT DIE ATKV-Postmatriekjaar

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

GROOTFONTEIN KUIERFEES

HOOFSTUK 8 Die Nasionale Raad

KLIËNT INLIGTING KLIËNT. Voornaam: Identiteitsnommer / Geboortedatum: Posadres: Kode: Woonadres: Kode: PERSOON AANSPREEKLIK VIR REKENING.

uniq Huiswerk Sentrum n Unieke Huiswerk Ervaring

KALAHARI JAG 2015 GPS MOLOPO KALAHARI LODGE S E GPS VISCHGAT LODGE S E

S.A.TIMBER GROEP MAATSKAPPY PROFIEL

TYGERBERG SKOOLFONDS 2015

Bladsy 1 van Die Nasorgsentrum behou die reg voor om toelating tot die sentrum te weier sonder om redes te voorsien vir sodanige besluit.

EIS OM VERGOEDING INGEVOLGE DIE WET OP MINERAAL- EN PETROLEUM-HULPBRONONTWIKKELING

Plot 40 Posbus 249 Tel: Bon Accord Bon Accord

HERTZOGVILLE LANDBOUFEES 2015 VRYDAG EN SATERDAG 13 EN 14 MAART 2015

GROOTFONTEIN KUIERFEES

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Die verhuurder verleen aan die huurder die eerste opsie om die kontrak te hernu vir n verdere termyn.

VRYWARINGSVORM VIR JEUGKAMP:

DIE RAAD BEHOU DIE REG VOOR OM N KORTING TOE TE STAAN, AL DAN NIE. AFDELING A

IMPAK leerders NASKOOLSENTRUM 2016 VOORWAARDES EN ReëLS (een kontrak per gesin)

1. SKOOLFONDS: R per leerder periaar

GOUDVELD-HOËRSKOOL VOERTUIG EN VERVOER BELEID

GOUDVELD - HOëRSKOOL VOERTUIG EN VERVOER BELEID I N H O U D S O P G A W E

REGLEMENT VAN DIE ADMINISTRATIEWE PERSONEELVERENIGING

Les 7: Uitdagings vir die Suid-Afrikaanse ekonomie

GRONDWET. Centurion Kunsvereniging (hierna genoem die Kunsvereniging) Die naam van die Kunsvereniging sal wees CENTURION KUNSVERENIGING.

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2012

Kan Ons Asseblief in U Nuusbrief of Advertensie Blad adverteer?

AANSOEK VORM 1.KIND(ERS) Registrasie datum. Van Volle naam Noemnaam Geslag Geboorte datum Huis taal Voldag, Halfdag, Naskool?

VOORWAARDES VAN VERKOPING VAN ONROERENDE EIENDOM. Die volgende sal voorwaardes van verkoping wees waarvolgens sekere vaste eiendomme bekend as :

STUDIESENTRUMBELEID. Leerders word die geleentheid gebied om na skool buitemuurse aktiwiteite by te woon en huiswerk te doen tydens n studiesessie.

PROLIBA GEBOU / BUILDING 24 HERTZ BOULEVARD 24 TEL : (016) POSBUS / P.O. BOX 3925 FAX : (016)

BELASTINGVRYE PLAN Kom ons kry Suid-Afrika aan die spaar.

Hierdie beleid moet saam met die skool se veiligheidsbeleid gelees word.

31 AUGUSTUS 2 SEPTEMBER 2017

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

VRYDAG EN SATERDAG 17 en 18 Maart 2017

KWARTAAL OORSIG. Kleuter & Peuter reeks

AANDAG: DIE HOOF & BEELD-KONTAKPERSOON

Pieter, waarheen gaan jy? Ek wil ook graag deeltyds werk. Ek kom saam met jou. Ek gaan werk soek. Ek wil ook n werk hê.

KONSTITUSIE. Van die. Hoedspruit Plaaswag. ( die Plaaswag )

GROOTFONTEIN KUIERFEES

VEILINGSVOORWAARDES VASTE EIENDOM. Koper(s): ERF 207 en ERF 208 te Karoo Hoogland Munisipaliteit, WILLISTON. Opgestel deur :

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

INVESTERING BELEID BELEID VAN DIE RAAD

Inligtingshandleiding

Dorpstigting. Werkstukke vir Hoofstuk 10. Paragraaf 1 - Agtergrond Aansoek om registrasie van algemene plan; en opening van n dorpsregister i i

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT (NSS) GRAAD 11 HALFJAAR EKSAMEN AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL DERDE VRAESTEL (NSC11-07) D C

Watter koek se dele lyk vir jou die grootste? Dis Reg! Die koek wat in 3 dele gesny is se dele is groter as die koek wat in 4 dele gesny is.

Dokumentnommer: HUUROOREENKOMS

BENODIGHEDE VIR KRUIS GEBEDSREIS

SOLDAAT VAN GOD MANNEKAMP

NASKOOLSENTRUMBELEID

KAROO EISTEDDFOD 2016 KLASSE E & F: DRAMA. Inskrywings sluit: 24 Junie 2016

Naskool Tel:

Geagte graad 9-Ouer/Voog en leerder VAKKEUSES VIR VOO-FASE

AANSOEK OM STUDIELENING

Sal altyd onthou. Ons ontmoet Ons gaan die eerste keer uit. Ons raak verloof! Ons liedjie 2013 IDEES 3

OpenStax-CNX module: m Om tyd te leer lees. Siyavula Uploaders

DURBANVILLE SKOOLKOSHUIS POSBUS 175 QUEENSTRAAT 8

NG KERK KAMPTERREIN BRIDGETOWN BESPREKINGS- & VRYWARINGSVORM

AANSOEK OM TOELATING: NUWE INSKRYWING

Hoe kies n mens n troeteldier?

Ons Prospektus 1. WELKOM

DISSIPLINERE KODE VIR STUDENTE DIE JOU SAKGIDS VIR:

Huurvoorwaardes: Ouplaas, Dowefontein, De Kroon.

HUISWERKRIGLYNE - SENIORFASE: GR

Dokumentnommer: HUUROOREENKOMS

Yinlanstraat 4 Crèche phone: Vredekloofhoogte Patricia Cell: Brackenfell Adie Cell: INSKRYWINGSVORM

GROENIE NESSIE KLEUTERSKOOL

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

HUISWERKRIGLYNE - INTERSENFASE: GR

Transcriptie:

Leeuwrivier is een van die oudste plase in Wellington en alreeds 8 geslagte in dieselfde familie. Die pragtige Bolandse plaas is ongeveer 4 km buite die dorp in die rigting van Bovlei. Die ou plaashuis spog met n pragtige tuin en lê teen die voet van die Hawekwa Bergreeks. Die onthaalsentrum is gevestig in n ou skuur op die plaas met n heerlike, gemaklike atmosfeer. Ons bied opregte Bolandse gasvryheid, persoonlike diens en waarde vir geld. Die sentrum kan 200 mense plus n dansvloer en tot 240 mense sonder n dansvloer, met gemak hanteer. Dit is ideaal vir troues, verjaardagspartytjies, danse en ander funksies. Inligtingstuk 1. 2015 Fooie Fooie sal individueel en volgens u behoeftes bespreek word. Fooie geld vanaf 01-01-2015 tot 31-12-2015. n Verhoging van ± 10% mag daarna van toepassing wees. Ons probeer egter pryse so laag as moontlik hou. Pakette 1. Goud: 100-240 gaste: R 120.00 p/p 2. Silwer: 80 99 gaste: R 130.00 p/p 3. Brons: 80 en minder: die minimum aantal gaste waarvoor betaal word, is 80. Deposito van R4400 is betaalbaar alvorens besprekings bevestig kan word. Enige breekskade of ander skade sal van die deposito verhaal word en die balans sal na die funksie aan u terugbetaal word. Die deposito mag nie van u finale rekening afgetrek word nie. Kansellasie van n funksie: 1. Indien kansellasie gedoen word minder as 2 maande voor die funksie, verloor u die hele deposito. 2. Indien die kansellasie meer as 2 maande voor die funksie gedoen word, verloor u 25 % van die deposito. Die rekening van die funksie is betaalbaar 3 werksdae voor die datum van die funksie. Die finale getal gaste moet verskaf word, nie later as 5 werksdae voor die datum nie. U rekening sal daarvolgens bepaal word. Leeuwrivier sal nie daarna die rekening aanpas as die finale aantal gaste verminder nie. Let op dat indien die gaste verminder na minder as 100, die fooie sal geld soos bo genoem. 1.

2. Ingesluit in pakette Huur van die saal (enige ander kostes uitgesluit) Gebruik van die tuin vir die ontvangs van die gaste en fotos Tafels en Stoele: Wit plastiekstoele sonder armleunings. (Ander soort stoele op aanvraag en teen ekstra koste) Ronde gaste tafels - 10 sitplek (lang tafels beskikbaar teen ekstra koste) Bruidstafel (lank of rondes) Buffettafels (lank) Tafeltjie vir troukoek (rond) Geskenke tafel (lank) Tafels vir die tuin Breekware, Eetgerei en Glase: Wit eetstel. Munich vlekvrye staal eetgerei. Glase: Elegante reeks kristal glase. 1 x rooi-, 1 x wit- en 1 x sjampanje glas p/p wees. Waterbekers Ysbakke en ystange Sout-en-peper stelle Opskeplepels en tange Gebruik van n mes vir die sny van die troukoek (vir troues) Dekor: Staander vir die tafellys Balies Sekuriteit: Motorwag Goeie beligting in parkeerarea Dienste en bykomstighede: Skoonmaak van die saal voor en na die funksie Dek van die tafels. Slegs breekware, eetgerei en glase. (Die kliënt / bloemis /dekor persone is self verantwoordelik om die nodige dekor / blomme ens. op die tafels te plaas.) Toiletpapier en ander benodighede in die kleedkamers. LET WEL: Die kliënt / spysenier / bloemis is self verantwoordelik om die items wat hulle verskaf het, op te ruim, te verpak en te verwyder na die funksie. Geen opruiming/ verwydering op n Sondag nie. Ons doen net een funksie per naweek. Sodoende kan ons ons volle aandag aan jou mooi dag gee! 2.

3. Uitgesluit uit pakette Trouseremonie in die tuin : R2500 Dit sluit die volgende in: Boog (arch) met wit drapering Wit plastiekstoele (sonder oortreksels) vir die aantal gaste. Mooi tafeltjie met wit tafeldoek vir teken van die register. Staander vir die huweliksbevestiger se aantekening. Opstel en opruiming van die seremonie area. Indien die weer dit nie toelaat nie, sal die seremonie in die saal gedoen word. Bepreek dit met die bestuur. Dit sluit die volgende uit: Blomme, blomstaanders, konfetti houers en ander dekor Mat Stoeloortreksels ( chaircovers ) Konfetti: Net organiese materiaal word toegelaat (bv. roos- en blomblare) Indien daar net van die trouseremonie in die tuin gebruik gemaak wil word en die saal nie gebruik gaan word nie, sal daar addisionele kostes per persoon gehef word. Spysenier Leeuwrivier het nie n vaste spysenier nie. U kan u eie spysenier gebruik of reëlings vir een kan getref word. Ons beskik in Wellington oor uitstekende spyseniers en sal enige tyd hulle kontakbesonderhede verskaf. Die kliënt skakel self met die spysenier en is ook direk vir haar / sy kostes verantwoordelik. n Kombuis fooi van R650 is betaalbaar. n In-stap-koelkamer is beskikbaar. Die kombuis is volledig ingerig met n 6-plaat gasstoof, 2 plaat gasbranders, mikrogolfoond, dubbeldeur oond, ketel, yskas, vrieskas, opwasgeriewe ens. Die kliënt is verantwoordelik vir die etes van die kroegmanne, DJ, musikante, fotograwe, kombuis personeel en motorwag. Bespreek dit met die spysenier. Kroegfassiliteite n Kontantkroeg is beskikbaar. Koste: 80-100 gaste: R 1300.00 101 150 gaste: R 1500.00 151 240 gaste: R 1700.00 Dit sluit in die kroegman (-ne), glase en ys ens. wat in die kroeg gebruik word en die drank wat die kliënt wil hê moet beskikbaar wees vir sy / haar gaste om te kan koop. Bespreek dit met die bestuur. Kliënte word nie toegelaat om hul eie kroeg te bedryf nie. Wyn, vonkelwyn en sap (uitgesluit) Goeie kwalilteit wyn is verkrygbaar van ons plaaslike wynkelders. Pryse op aanvraag 3.

U is welkom om u eie wyn, vonkelwyn en sap vir die tafels te verskaf. Geen kurkfooi Ys vir die gaste tafels is ingesluit, maar enige ekstra ys vir gebruik buite sal verkry word deur Leeuwrivier, maar dis vir die kliënt se rekening. LET WEL: Gaste mag nie hulle eie drank bring nie. Drankgebruik in die parkeerarea en ander plekke op die perseel, behalwe in die funksie area, word nie toegelaat nie. Oortreders sal gevra word om die perseel te verlaat. Kelners (uitgesluit) Indien die spysenier nie self kelners voorsien nie, kan ons dit reël teen R40 per kelner per uur. Bespreking daarvan nie minder as 14 dae voor die datum van die funksie nie. (1 kelner per 2-3 tafels) Musiek (uitgesluit) Musiek (DJ / orkes) en klanksisteem is NIE ingesluit by die prys nie. Die kliënt is self verantwoordelik vir die reëlings DJ / Orkes is self verantwoordelik vir verlengingskoorde vir buite in die tuin. Die DJ / orkes/ musikante is ook self verantwoordelik vir 'n kragopwekker in geval van beurtkrag. Dekor - Linne (uitgesluit) tafeldoeke tafellopers ( runners ) oorgooi doeke ( overlays ) stoeloortreksels ( chaircovers ) stoellinte ( tiebacks ) servette Dekor - Blomme / Versierings (uitgesluit) Blomme / versierings / kerse / staanders / liggies ens is vir die kliënt se eie rekening. Reëlings kan egter deur ons getref word om dit te kry, indien verkies. Bogenoemde kan egter deur ons ingehuur word vir die kliënt se rekening. Enige ander benodighede en dienste sal gehuur word vir die kliënt se eie rekening. Pryse is op aanvraag beskikbaar. Spyskaarte / tafelaanwysings ( Gastelys moet 10 werksdae voor die funksie verskaf word) Ons kan die volgende voorsien: Groot, mooi plakkaat met tafel aanwysings: R180 Een spyskaart vir die buffettafel : R50 Posbus vir die geskenkkoeverte. : R120 Uitnodigings ens.: Ons het ons eie grafiese ontwerper wat u uitnodigings, email uitnodigings, kerkpamflette, spyskaarte ens. kan doen teen 'n billikke prys. Bespreek dit met die bestuur. 4.

4. Aanbevelings kan gedoen word ten opsigte van die volgende: 1. Spyseniers 2. Fotograwe 3. Bloemistes 4. Dekor 5. Drapering van die saal se dak 6. Troukoeke 7. Musiek 8. Die maak van sjokolade truffles / lekkers vir geskenkies 9. gastehuise / verblyf Ons beskik oor n groot hoeveelheid baie bekwame mense in Wellington en Paarl. Dit staan die kliënt egter vry om sy/haar eie mense te gebruik. Die bestuur van Leeuwrivier behou egter die reg tot finale goedkeuring. 5. Goedere wat gehuur kan word van Leeuwrivier: (pryse op aanvraag) 1. Onderborde ( underplates ) vlekvrye staal, goud (R5 elk) 2. Glas cone vases op staanders vir konfetti, blomme ens (R20 elk) 3. Konfettimandjies (R10 elk) 4. Klein glasblakers (R1 elk) 5. Wit, lang tafeldoeke vir buffettafels (R 25 elk) 6. Vierkantige wit-en-swart overlays (± 1m x 1m) (R8 elk) Indien u van ons dienste wil gebruik maak, kontak ons vroegtydig om n afspraak te maak. Dan kan ons al u behoeftes bespreek en n paket saamstel. 5.

Reëls en Regulasies 1. As gevolg van die wet op die verbod van rook in publieke areas, handhaaf ons n streng nie-rook beleid. Asbakke sal buite verskaf word. 2. Tye: * Musiek stop om 24:00 * Die kroeg sluit om 24:00. * Die saal moet teen 01:00 ontruim word. 3. Indien die funksie op n weeksaand en Vrydagaand is, moet alles wat deur die kliënt daar geplaas is (soos blomme, ruikers, drank ens), verwyder word voor 09:00 die volgende oggend. Ware wat deur die onthaalsentrum verskaf en ingehuur is, hoef nie verwyder te word nie. Geen verwydering op n Sondag nie. 4. Bloemiste word eers na 08:00 toegelaat in die saal die dag van die funksie. Die bloemis moet die saal ontruim 2 uur voor die funksie begin sodat die saal finaal skoongemaak kan word. 5. Geen kos mag die perseel onder enige omstandighede verlaat nie. Die spysenier is alleen daarvoor verantwoordelik. 6. Geen dekor wat deur Leeuwrivier verskaf is, mag van die perseel verwyder word nie. Die kliënt sal aanspreeklik gehou word vir enige verliese. 7. Alle items wat deur die kliënt verskaf word en benodig word met die dek van die tafels en die versiering van die saal (behalwe die blomme) moet 2 dae voor die funksie besorg word. 8. Geen dekor mag teen die mure aangebring word met wondergom of ander hegmiddels wat die verf mag beskadig nie. 9. Geen drapering word teen die mure toegelaat nie. Die dak mag wel gedrapeer word. Drapering moet weer self verwyder word deur kliënt/ dekor personeel. 10. Geen polistireen korrels (foamolite korrels) word op die vloere toegelaat nie. 11. Gaste word onder geen omstandighede toegelaat om hulle eie drank te bring nie. 12. Geen "sparkles" en Chinese lanterns ("Sky lanterns") wat buite brand gesteek word, word toegelaat nie. 13. Indien die kliënt gebruikmaak van subkontrakteurs vir versiering ens., moet dit met die bestuur bespreek word en toestemming verkry word. Die kliënt sal aanspreeklik gehou word vir enige skade wat deur die subkontrakteur veroorsaak word. 14. Kontak Demarlene ten minste 14 dae voor die funksie om die finale besonderhede te bespreek. 15. Kantoorure is: Maandae Vrydae tussen 08:30 en 18:00. Sondae gesluit. 16. Besigtiging: Reël asseblief vir n afspraak. Ons sal baie graag ons volle aandag aan u wil gee om alles te bespreek en kan dit nie doen as ons besig is met n funksie nie! 17. Leeuwrivier behou die reg voor om pryse aan te pas volgens ons verskaffers. Ons sal graag wil hê dat u Leeuwrivier moet kom besigtig, maar maak asseblief n afspraak. U sal verstaan dat elke funksie eerste prioriteit is en dat ons u graag sal wil sien as ons nie besig is nie. Ons hoop Leeuwrivier Onthaalsentrum kan van u funksie n onvergeetlike geleentheid maak! Kontakpersoon: Demarlene Kruger Tel: 021-8733628 / 082 802 1369 Faks: 0866018324 epos: info@leeuwrivier.co.za webwerf: www.leeuwrivier.co.za 6.

Vrywaring Eienaars en bestuurders van Leeuwrivier Onthaalsentrum, alle werknemers en werknemers gehuur vir n funksie aanvaar geen aanspreeklikheid vir enige skade of verlies aan eiendom van die kliënt nie. Dit sluit ook enige beserings wat mag plaasvind voor, tydens en na die funksie in. Indien enige skade aan die eiendom van Leeuwrivier Onthaalsentrum en die omliggende eiendom van H.F. Smit Boerdery (Edms) Bpk asook ander omliggende eiendomme, aangerig word tydens die opstel van dekor deur die kliënt, tydens die funksie (deur die kliënt en sy / haar gaste) of met die afbreek van dekor deur die kliënt, sal die kliënt aanspreeklik gehou word. Leeuwrivier Onthaalsentrum aanvaar ook geen aanspreeklikheid ten opsigte van probleme wat mag ontstaan a.g.v. kragonderbrekings / beurtkrag van Eskom nie. Alles moontlik sal egter gedoen word om sodanige probleme te voorkom. Ons het wel 'n kragopwekker wat in werking tree tydens beurtkrag. Reg van toegang Leeuwrivier Onthaalsentrum se bestuur behou die reg voor om enige persoon van die eiendom te verwyder na goeddunke. Teken asseblief en stuur terug aan: e-pos: info@leeuwrivier.co.za Faks: 0866018324 Ek die ondergetekende, aanvaar die voorwaardes wat in die inligtingstuk uiteengesit is. Ek het die inligtingstuk gelees en verstaan al die voorwaardes en daar is geen onduidelikhede daaromtrent nie. Datum van funksie: Kontakbesonderhede: Naam:. Adres: Tel: Selfoon: e-pos adres:. Faks no:. Geteken te. op die..dag van..201 Geteken:.