LAERSKOOL TUINRAND. SKOOLREëLS

Vergelijkbare documenten
GRAAD SKOOLURE MAANDAE TOT VRYDAE MIDSTREAM COLLEGE PRIMÊRE SKOOL

SKOOLUNIFORM VIR GRAAD 1-7

SKOOLREËLS INHOUDSOPGAWE. A. Aantree 2. B. Gange 2. C. Klaskamers 2. D. Speelterrein 3. E. Snoepwinkel 4. F. Afwesigheid 4. G.

LAER VOLKSKOOL NASKOOLSENTRUM AANSOEKVORM EN KONTRAK

BET-EL CHRISTELIKE AKADEMIE

Hierdie dokument is die beleid van Primêre Skool Universitas oor algemene dissipline en optrede teenoor leerders wat hulle skuldig maak aan wangedrag.

BELEIDSDOKUMENT. Eksamens / Mini-eksamens Grey Kollege

LAERSKOOL EIKESTAD VOORGESKREWE SKOOL- EN SPORTDRAG. (Soos op 19 November 2014)

HOëRSKOOL ROODEPOORT VOORKOMSREËLS

Laerskool Eikestad Voorgeskrewe Skool- en Sportdrag. Soos goedgekeur op 26 Julie 2016

GEDRAGSKODE VIR LEERDERS

HOËRSKOOL OOS-MOOT OOS-MOOT RAAD GEDRAGSKODE

Hierdie beleid moet saam met die skool se veiligheidsbeleid gelees word.

DNK TRUST NASORG AANSOEKVORM 2017 n Aparte vorm moet vir elke kind voltooi word

AFWESIGHEDE TYDENS EKSAMEN U

HUISWERKRIGLYNE - INTERSENFASE: GR

PRO-ED AKADEMIE SKOOLREËLS

Laerskool A. F. Louw Primary Stellenbosch P.O. Box 2113 Dennesig Tel Fax

OMSENDBRIEF NR. 1/ Januarie 2019

KONSEP BELEID T.O.V. DIE BEHEER EN KONTROLE VAN HANDBOEKE EN LEERHULPMIDDELS

ONDERNEMING EN GEDRAGSKODE. Naam van leerder: Graad 2019:

Laerskool Stellenbosch

STUDIESENTRUMBELEID. Leerders word die geleentheid gebied om na skool buitemuurse aktiwiteite by te woon en huiswerk te doen tydens n studiesessie.

OOS-RAND AKADEMIE NASKOOLSENTRUMVRYWARING

HUISWERKRIGLYNE - SENIORFASE: GR

HOERSKOOL DIAMANTVELD KOSHUISE

KONSTITUSIE. Van die. Hoedspruit Plaaswag. ( die Plaaswag )

TYGERBERG SKOOLFONDS 2015

SKOOLUNIFORM. 1. Blou tetrex rok met skoolwapen op die sak. Lengte van rok: Nie korter as vier vingerbreedtes bokant die knie nie.

Morsjorsie Reëls. Die Doel van Skool Reëls

Graad 7-inligtingsbrief

Yinlanstraat 4 Crèche phone: Vredekloofhoogte Patricia Cell: Brackenfell Adie Cell: INSKRYWINGSVORM

DISSIPLINERE KODE VIR STUDENTE DIE JOU SAKGIDS VIR:

GOUDVELD-HOËRSKOOL VOERTUIG EN VERVOER BELEID

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

REKORD- EN EINDEKSAMEN

Laerskool Horison Graad

MIDDAGSTUDIEPROGRAM & REëLS

Kingswood College Departement Afrikaans AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 9 VRAESTEL 2

LAERSKOOL EVERSDAL SELFOONBELEID

GOUDVELD - HOëRSKOOL VOERTUIG EN VERVOER BELEID I N H O U D S O P G A W E

RESPECT 4 U. L e s 1. Jou vermoëns en sommige van jou verwagtinge en drome indentifiseer

DURBANVILLE SKOOLKOSHUIS POSBUS 175 QUEENSTRAAT 8

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II SKRYF EN AANBIED (LU3) TAAL (LU4)

VOOR SKOOL EN POUSE: 1 Wanneer leerders skool toe kom, is dit noodsaaklik dat hulle die skolierpatrollie te alle tye gehoorsaam, ter wille van hul

AANSOEK OM TOELATING HOËRSKOOL TUINE

Johannesburg Cluster Common Examination Vraestel 3

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2012

SKOOL UNIFORM. 1. Blou tetrex rok met skoolwapen op die sak. Lengte van rok: Vier vingerbreedtes bo die knie.

ROBERTSON. AANSOEK OM TOELATING Vir graad 1-3 VOORBEREIDINGSKOOL - PREPARATORY SCHOOL

Foto-redigering vir sun.ac.za

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

BASIESE KONSEPTE-PROGRAM PROGRAM. n Toets ontwikkel deur dr. Louis Benjamin, Naam van leerder: Ouderdom van leerder: Geslag: Graad: Skool:

1. SKOOLFONDS: R per leerder periaar

Wiskundige Geletterdheid. Data Hantering. Opsomming van Data. Kwartiele

VEILINGSOOREENKOMS. NADEMAAL die Verkoper begerig om onder die beskerming van S.A. Holstein 'n veiling te reël op te,

NASKOOLSENTRUMBELEID

AANSOEK OM TOELATING SLEGS VIR KANTOOR GEBRUIK. Aangeheg. Familie Kode: Toelatingskode:

Geagte graad 9-Ouer/Voog en leerder VAKKEUSES VIR VOO-FASE

LAERSKOOL LORRAINE. -Die skool wat omgee.

WELKOM BY HOëRSKOOL LINDEN 2019

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN DIE PRE-PRIMÊRE SKOOL SENEKAL

BELEID OOR GESLOTEKRINGTELEVISIE. 1. Inleiding

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

Ons Prospektus 1. WELKOM

JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING GRAAD 4 AFRIKAANS HUISTAAL MEMORANDUM STEL 1: 2012 VOORBEELD

Kom ons kyk nou gou net na die getalle van nul to by 999 en selfs groter, as n hersiening van plekwaardes. Bewerkings met telgetalle

Tygienuus. SATERDAG 28 April Meneer Peet Schoeman verjaar! Juffrou Anje Swanepoel verjaar! Juffrou Estelle Kriek verjaar!

LAERSKOOL EVERSDAL AANSOEK OM TOELATING VAN N LEERDER

Kingswood College Departement Afrikaans AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 12 VRAESTEL 2

Kingswood College Departement Afrikaans AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 12 VRAESTEL 2

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

HUGO LAMBRECHTS OUDITORIUM - HUURKONTRAK

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Tjokkerjol Speelgroepie

KAROO EISTEDDFOD 2016 KLASSE E & F: DRAMA. Inskrywings sluit: 24 Junie 2016

uniq Huiswerk Sentrum n Unieke Huiswerk Ervaring

Kontrak MISSIE TOELATINGSVEREISTES

Naskool Tel:

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

Inligtingshandleiding

BESONDERHEDE VAN KLEUTER JAAR TOEGELAAT: KLAS EN JUFFROU (KANTOORGEBRUIK) VOLLE NAAM / NAME: NOEMNAAM: SEUN / DOGTER: HUISTAAL: GEBOORTEDATUM:

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT (NSS) GRAAD 11 HALFJAAR EKSAMEN AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL DERDE VRAESTEL (NSC11-07) D C

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II LEERUITKOMS 3 & 4 LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR

Bladsy 1 van Die Nasorgsentrum behou die reg voor om toelating tot die sentrum te weier sonder om redes te voorsien vir sodanige besluit.

JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING 2013 GRAAD 1 AFRIKAANS HUISTAAL EKSEMPLAAR VRAESTELLE

Tema 1: Ek en my nuwe skool Week 1, 2 en 3

REGLEMENT VAN DIE ADMINISTRATIEWE PERSONEELVERENIGING

DIENSKONTRAK MEMORANDUM VAN OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: hierin verteenwoordig deur behoorlik daartoe gemagtig (hierna die WERKGEWER genoem)

1 Waar ek vandaan kom

Pragtige Koningin Ester

DISSIPLINêRE STELSEL LAERSKOOL TUINRAND

AANSOEK: GEASSOSIEëRDE LID

KWARTAAL OORSIG. Kleuter & Peuter reeks

Hoe om die geboorte van jou kind te registreer

Transcriptie:

LAERSKOOL TUINRAND SKOOLREëLS INLEIDING: Die beeld van Tuinrand moet met trots na buite gedra word. Elke leerder moet trots wees om n Tuinrander te wees. n Leerder van ons skool se taalgebruik en gedrag moet altyd onberispelik wees. Respek vir n ander leerder se persoon en eiendom moet deurentyd gehandhaaf word. Algemene reëls vir kleredrag: Dit is baie belangrik dat alle klere goed gemerk sal wees. Skooldrag en sportdrag moet as n geheel gedra word en nie as n kombinasie nie. Skoolskoene moet skoon wees. Skooldrag te alle tye. Sweetpakbaadjies word toegelaat as deel van die skooldrag. Kouse moet opgetrek wees en ten minste vyf sentimeter bo die skoene of tekkies uitsteek. (GEEN SECRET SOCKS NIE) Truie se moue mag nie opgerol word, of om die middel gebind word nie. Geen T-hemde mag onder die skooldrag gedra word nie. Blou serpe met die skoolkleure mag gedra word. Formele funksies word in skooldrag bygewoon. Geen grimering mag saam met skooldrag, sportdrag of gewone klere gedra word nie. Leerders wat nie netjies geklee is nie sal summier huistoe gestuur word om ander klere te gaan aantrek. Gewone klere op sekere dae: Geen ekstra kort sjoe-broekies sal toegelaat word nie, net ordentlike kortbroeke. Geen halternekrokke en bloese of skouerlose bostukke nie. Geen kort bloese waarvan die middellyf uitsteek nie, m.a.w. geen boobtubes nie. Geen uitspattige kleredrag onder seuns sowel as dogters sal toegelaat word nie. ALGEMENE REëLS VIR VOORKOMS: 1.1 Meisies: 1.1.1 Juwele: Horlosies om die pols. (Geen uitspattige horlosies). Dogters mag silwer of goue deursteek oorkrabbertjies (2mm) deursnee of klein oorringetjies dra. Klein deursteek oorkrabbertjies met n deurskynende of blou steentjie mag ook gedra word. Oorkrabbertjies word deur dogters per pare gedra en slegs een per oor op die normale oorbel posisie. Dogters mag een seëlring dra. Slegs aan die ringvinger van die regterhand.

Onwettige juwele sal gekonfiskeer word en kan aan die einde van die jaar teruggekoop word teen R5 per item. 1.1.2 Naels: Slegs kleurlose naellak mag gedra word. Naels moet kort, netjies en skoon wees. Geen vals naels of naels wat met naeltegniek versorg is nie. 1.1.3 Hare: Hare wat aan die onderste rand van die boordjie raak moet vasgemaak word. Die kuif mag nie in die oë hang of aan die wenkbroue raak nie. Slegs donkerblou of wit haarrekkies, Alice bands en knippies mag gedra word. Slegs funksionele knippies sonder detail mag gedra word. Geen kleurveranderings of permanente golwings is toelaatbaar nie. Slegs haarstyle wat by n skooldogter pas is toelaatbaar. Ondanks bogenoemde reëls mag n skooldogter steeds aangespreek word as haar hare nie netjies vertoon nie. 2.2 Seuns: 2.2.1 Juwele: Seuns dra geen juwele nie. Slegs mans polshorlosies. Naels moet kort en netjies gesny wees. 2.2.2 Hare: Die tradisionele snit by Afrikaanse skole is dat seuns se hare KORT EN NETJIES moet wees. Geen afwykende haarstyle is aanvaarbaar nie. (Onder afwykende word verstaan moderne snitte soos punk, steps angel wings mohawk ens.) Die skool hou hom die reg voor om te besluit wat kort en netjies is. Oor die algemeen kan die volgende gestel word: Hare moet skoon, netjies en gekam wees. Hare mag nie laer as n vingerbreedte bokant die wenkbroue hang as dit vorentoe gekam word nie. n Bakkebaard mag nie laer as die middel van die oor wees nie. Wanneer hare aan die kant van die kop regaf gekam word, mag dit nie oor die ore hang nie, dit mag wel raak. Hare in die nek mag nie loshang of weens die lengte daarvan krul nie. Hare moet geleidelik korter word na onder. Hare mag gelyk gesny word, maar dan moet die nek deeglik skoon gehou word. Hare bo-op die kop moet kort wees sodat dit ten alle tye netjies vertoon. n Regop kuifie op die voorkop is in orde. Hare of dele daarvan mag nie gekleur word nie. Indien jel gebruik word, moet die hare steeds netjies vertoon. Ouers sal skriftelik in kennis gestel word indien leerders nie aan vereistes voldoen nie. U as ouer het die verantwoordelikheid om nie u kind in die verleentheid te stel deur hom/haar skool toe te stuur met n onaanvaarbare haarstyl nie.

3.0 ONS GEDRAG: Leerders moet ons skool se naam in ere hou deur onberispelike gedrag in openbare plekke, in busse, op straat, op fietse, ens. Wanneer n onderwyser of besoeker die klas binnekom, groet altyd beleefd. n Vriendelike groet teenoor n onderwyser of enige ander persoon moet altyd n kenmerk wees van ons leerders. Beleefdheid moet eie aan ons wees. Tydens afkondigings oor die interkom moet daar absolute stilte heers. 4.0 AFWESIGHEDE: Ouers moet die skool in kennis stel as leerders nie die skool kan besoek nie (telefonies - voor 09:00) n Leerder wat afwesig was, moet dadelik, wanneer hy weer terug is by die skool, n brief bring met die rede vir afwesigheid en die datum waarop die leerder afwesig was. Leerders wat by die skool siek word, moet vergesel word van die klasleier en moet by die sekretaresse aanmeld. Indien nodig, sal die ouers gekontak word om die leerder by die kantoor te kom afhaal. Niemand mag die skoolterrein gedurende skoolure verlaat indien die leerder se ouers hom/haar nie uitgeteken het nie. Doktersafsprake moet sover moontlik vir die middag gereël word. Leerders moet hulle ouers inlig in watter klas hulle is (bv. Gr. 7 V of Gr. 3 S) sodat dit in alle briewe of telefoongesprekke gemeld kan word. 5.0 ONS SKOOLTERREIN: 5.1 Terrein: Ons terrein is ons trots en alle leerders is mede-verantwoordelik vir die netheid daarvan. Plantegroei en bome mag nie beskadig word nie. Beskerm dit. Papier, oorskietkos, skille, koeldrankhouers, ens. moet in die vullishouers gegooi word. Niemand mag die skoolterrein gedurende skoolure of nadat hy die skoolterrein in die oggend betree het, verlaat nie. Leerders mag nie oor grensdrade klim, bome klim, takke afbreek of blomme pluk nie. Die pawiljoene moenie as n speelterrein beskou word nie. Geen kind word op die motors se parkeerterrein toegelaat nie, ook in die middae na skool. Die publieke foon mag slegs voor skool en gedurende pouses gebruik word nadat n onderwyser toestemming gegee het. Daar mag nie aan elektriese installasie, apparaat of brandbestrydings-toerusting gepeuter word nie. Die voorportaal en gang van die adminblok mag slegs in uitsonderlike gevalle gebruik word deur leerders. Die administratiewe kantore mag slegs onder toesig betree word. 5.2 Klaskamers: Eet gedurende lestye of wisseling word streng verbied.

GEEN kougom word by die skool toegelaat nie nie voor skool, gedurende onderrigtyd of tydens pouses nie. Leerders word nie voor skool of tydens pouses in klaskamers toegelaat nie. Geen banke, tafels en stoele mag verniel word nie. Daar mag ook nie op hulle gekrap word nie. Leerders word nie voor skool of tydens pouses in klaskamers toegelaat nie. Geen leerder mag voor skool, smiddags of gedurende pouses in enige lokaal, op die stoepe, op die vierkant of op die motors se parkeerterrein wees nie. (Tensy deur n onderwyser so gemagtig). Geen leerder mag n klaskamer se vensters oop of toe maak nie. 5.3 Saal Niemand mag in die saal wees sonder toestemming nie. Geen leerder mag sonder toesig en toestemming van n personeellid op die saal se klavier speel nie! 5.4 Fietsloods Fietse moet in die fietsloods gebêre word en moet gesluit wees. Fietse mag nie in of uit die skoolterrein gery word nie, maar moet gestoot word. Geen fietse word toegelaat op stoepe nie. Daar mag nie by die fietsloods gespeel word nie. Fietse, rollerblades, skaatse mag nie binne die skoolterrein gery word nie. 6.0 KLEEDKAMERS: Ons moet te alle tye trots wees op ons kleedkamers. Ander skole besoek ons! Kleedkamers moet skoon en sindelik gehou word laat dit in dieselfde toestand as waarin jy dit graag sal wil aantref. Daar mag nie teen die mure, ens. van die kleedkamers geskryf word nie. 7.0 POUSES: Leerders speel op voorgeskrewe terrein. Geen gevaarlike speletjies mag voor skool of gedurende pouses gespeel word nie. Geen balle. Pouses word benut om toilet toe te gaan, hande te was, water te drink, te speel en verversings te geniet. Geen leerder mag pouses die terrein verlaat sonder die toestemming van die hoof/adjunkhoof nie. Geen gevaarlike speelgoed soos messe, rekke of skerp stokke mag mee gespeel word nie. Geen gevaarlike speletjies mag gespeel word nie. Leerders speel op die terrein soos aangewys. Geen spelery in die tuine of beskadiging aan die bome en plante nie. Geen rommel mag tydens pouse gestrooi word nie.

Geen leerder tydens pouse op die stoepe en of in die klaslokale nie, tensy toestemming verleen of vergesel van n personeellid. Alle klagtes gedurende pouses moet eers deur die leier en personeellid aan diens hanteer word voordat dit onder die aandag van die adjunkhoof/hoof gebring word. As die klok lui beweeg die leerders na hulle klasse. Geen water mag dus gedrink word of kleedkamers besoek word nadat die klok gelui het nie. 8.0 BOEKE: Handboeke word nog deur die skool voorsien. Dit moet volgens voorskrifte oorgetrek en netjies gehou word. Leerders wat hulle skuldig maak aan wangedrag sal aanspreeklik gehou word vir die volle koste van die boeke. Indien n handboek verlore of onbruikbaar verniel is, moet die leerder R50 per handboek inbetaal. Leesboeke kos R100,00. Skrifte word grotendeels ook deur die skool voorsien, dit moet ewe-eens oorgetrek en netjies gehou word. Onderwysers in verskeie leerareas sal riglyne gee vir die gebruik en hantering van skrifte. Die beskerming en versorging van handboeke en skrifte is die volle verantwoordelikheid van elke leerder. Handboeke moet vir n sekere aantal jare gebruik word en kan nie voor die tyd vervang word nie. 9.0 SAALOPENING Die saal word altyd ordelik betree onder toesig van n onderwyspersoneellid. Die saal word betree vanaf die sydeure en nie deur die portaal nie. Geen verversings word in die saal genuttig nie. Gordyne of vensters word nie deur leerders oop of toe gemaak nie. Daar word nie van die verhoog afgespring nie, maar daar word van die trappe gebruik gemaak. Daar word nie in die saal gepraat nie. 10.0 AANTREE EN WISSELING: Leerders moet ten alle tye in die skoolgebou links hou en netjies agtermekaar stap. Beweeg asseblief flink en ordelik. Tasse word ordelik geplaas by die onderwyser se klas by wie leerder eerste periode is. Vertrek daarna direk na speelterrein. Na die lui van die eerste klok stap leerders flink na die aantreeplek / klas en met die lui van die tweede klok staan leerders stil en ordelik. Daar word nie op die stoepe geraas of gepraat nie. Op die trappe word daar altyd links gehou. 11.0 VERDAGING: Met die eerste klok word daar afgesluit met gebed. Na die lui van die tweede klok verdaag leerders stil en ordelik en verlaat die terrein onmiddellik.

12.0 SKOOLVERLATING: Die ouer stel die skool per brief in kennis indien n leerder die skool gaan verlaat. (Meld kind se klas, rede vir verlating en/of plek waarheen u verhuis). n Oorplasingskaart sal alleenlik oorhandig word indien: Die leerder sy handboeke en mediaboeke ingehandig het. Geen skoolgelde aan die skool verskuldig is nie. Indien n handboek verlore of onbruikbaar verniel is, moet die leerder R50 per handboek inbetaal. Leesboeke kos R100,00. 13.0 EIE TOERUSTING: Behoorlike en voldoende skryfgereedskap is nodig. Leerders moet hulle eiendom goed oppas en op veilige plekke laat. Ander leerders se eiendom moet gerespekteer word. Alle toerusting moet gemerk wees - dit geld ook vir leerders se klere, skryfgereedskap, ens. Geen speelgoed word toegelaat nie. Dit sal gekonfiskeer word en kan aan die einde van die jaar teen R5 per item teruggekoop word. Rugby- en krieketballe mag slegs vir oefeninge of tydens L. O. periodes gebruik word. 14.0 SELFONE: Die skool aanvaar geen aanspreeklikheid t.o.v. selfone / balle ens. nie. Indien u kind n selfoon by die skool het, moet dit afgeskakel en in sy/haar tas gebêre wees. geen leerder mag oproepe (of SMSe) ontvang of maak gedurende skoolure nie. Indien n selfoon afgevat word, moet die leerder R50 by die kantoor inbetaal om dit terug te kry. Fone sal slegs op Vrydae teruggegee word. 15.0 EKSAMENS, TOETSE EN RAPPORTE: Jaarliks word eksamens/toetse op n vaste datum geskryf. Die eksamen/toetsrooster word sowat n maand voor die aanvang van die eksamen/toetse aan die leerders beskikbaar gestel. Na afloop van elke eksamen/toetsreeks word n rapport deur die leerder uis toe geneem vir insae en ondertekening deur die ouers. Belangrike aangeleenthede voortspruitend uit leerders se prestasies kan daarna op oueraande met die betrokke onderwyser bespreek word in die bepaalde leerarea. Aangesien die rapport n belangrike inligtingstuk aan die ouers is, word ouers versoek om n deeglike studie van alle gegewens op die rapport te maak en vroegtydig die skool te kontak en probleme te bespreek. Daar sal baie streng opgetree word teen leerders wat hulle skuldig maak aan oneerlikheid tydens eksamens en toetsreekse. Indien n leerder afwesig is op n toets- of eksamendag, móét n mediese sertifikaat ingehandig word.

16.0 INSKRYWING VAN NUWE LEERDERS: Nuwe leerders moet deur hulle ouers vergesel word. Die volgende dokumentasie word vereis: n Oorplasingskaart van die vorige skool Jongste rapport (indien moontlik) Afskrif van vader ID Afskrif van moeder ID Afskrif kind geboortesertifikaat Afskrif kliniekkaart / immuniseringskaart 17.0 LAAT OPDAAG VIR SKOOL: Leerders wat laat opdaag vir skool word aangeteken in n boek. Indien n leerder voortdurend laat opdaag, sal u as ouer gekontak word. 18.0 TOESIG OOR LEERDERS: Geen leerder mag nadat die skoolverdaag het, nog op die terrein wees óf speel nie. Leerders moet of dadelik gehaal word of by die Naskoolsentrum ingeskryf word. 19.0 SLOTOPMERKING: mj Die finale diskresie by die interpretasie van hierdie reëls berus by die Beheerliggaam van Laerskool Tuinrand. Die Beheerliggaam behou hom die reg voor om hierdie skoolreëls te wysig soos en wanneer hy dit mag nodig ag.