PAARL SKOOL PROSPEKTUS

Vergelijkbare documenten
LAERSKOOL EIKESTAD VOORGESKREWE SKOOL- EN SPORTDRAG. (Soos op 19 November 2014)

Laerskool Eikestad Voorgeskrewe Skool- en Sportdrag. Soos goedgekeur op 26 Julie 2016

SKOOLUNIFORM VIR GRAAD 1-7

SKOOL UNIFORM. 1. Blou tetrex rok met skoolwapen op die sak. Lengte van rok: Vier vingerbreedtes bo die knie.

SKOOLUNIFORM. 1. Blou tetrex rok met skoolwapen op die sak. Lengte van rok: Nie korter as vier vingerbreedtes bokant die knie nie.

HOËRSKOOL OOS-MOOT OOS-MOOT RAAD GEDRAGSKODE

KONSEP BELEID T.O.V. DIE BEHEER EN KONTROLE VAN HANDBOEKE EN LEERHULPMIDDELS

KAROO EISTEDDFOD 2016 KLASSE E & F: DRAMA. Inskrywings sluit: 24 Junie 2016

Geagte graad 9-Ouer/Voog en leerder VAKKEUSES VIR VOO-FASE

HUISWERKRIGLYNE - INTERSENFASE: GR

Hoërskool Swartland SWANGERSKAPBELEID ALDUS AANVAAR TE OP HIERDIE DAG VAN. Beheerliggaamvoorsitter. Skoolhoof

SWANGERSKAPBELEID erken die verantwoordelikheid en invloed van die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel ten opsigte van leerderswangerskappe; en

Hierdie beleid moet saam met die skool se veiligheidsbeleid gelees word.

Hierdie dokument is die beleid van Primêre Skool Universitas oor algemene dissipline en optrede teenoor leerders wat hulle skuldig maak aan wangedrag.

GOUDVELD - HOëRSKOOL VOERTUIG EN VERVOER BELEID I N H O U D S O P G A W E

DNK TRUST NASORG AANSOEKVORM 2017 n Aparte vorm moet vir elke kind voltooi word

GOUDVELD-HOËRSKOOL VOERTUIG EN VERVOER BELEID

Morsjorsie Reëls. Die Doel van Skool Reëls

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN DIE PRE-PRIMÊRE SKOOL SENEKAL

Laerskool Horison Graad

TOEGEWINGSPROTOKOL EN -PROSEDURES (geskryf in 2018) 1. INLEIDING

BELEIDSDOKUMENT. Eksamens / Mini-eksamens Grey Kollege

Soos in die verlede sal GLB verversings te koop aanbied (sien grondplan vir die kiosk ).

AANSOEK OM TOELATING TOT HEBRON CHRISTENSKOOL

TYGERBERG SKOOLFONDS 2015

OOS-RAND AKADEMIE NASKOOLSENTRUMVRYWARING

HUISWERKRIGLYNE - SENIORFASE: GR

HOËRSKOOL WONDERBOOM HOËRBOOM WONNIEBELEID

VOOR SKOOL EN POUSE: 1 Wanneer leerders skool toe kom, is dit noodsaaklik dat hulle die skolierpatrollie te alle tye gehoorsaam, ter wille van hul

KLIËNT INLIGTING KLIËNT. Voornaam: Identiteitsnommer / Geboortedatum: Posadres: Kode: Woonadres: Kode: PERSOON AANSPREEKLIK VIR REKENING.

OMSENDBRIEF NR. 1/ Januarie 2019

1. JUNIOR PRIMêRE FASE: GR. 1-3

Graad 1 Alleenlik SKOOLREKENING

LAER VOLKSKOOL NASKOOLSENTRUM AANSOEKVORM EN KONTRAK

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II SKRYF EN AANBIED (LU3) TAAL (LU4)

STUDIESENTRUMBELEID. Leerders word die geleentheid gebied om na skool buitemuurse aktiwiteite by te woon en huiswerk te doen tydens n studiesessie.

Ons Prospektus 1. WELKOM

Elizette Nel Opvoedkundige Sielkundige Paarl-skool

AANSOEK OM TOELATING HOËRSKOOL TUINE

2 nd Chances... Wiskunde

Jan Krielskool PROSPEKTUS. Skoolstraat Posbus 17 Kuilsrivier 7579

1. Ek en my nuwe skool

A B C Toekenning. 15 Februarie 2003

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

AANSOEK VORM 1.KIND(ERS) Registrasie datum. Van Volle naam Noemnaam Geslag Geboorte datum Huis taal Voldag, Halfdag, Naskool?

Ingevolge artikel 185 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 55 van 1995, het elke werknemer die reg om nie onbillik ontslaan te word nie.

SAOU 15de HOOFDESIMPOSIUM

GOUDVELD-HOËRSKOOL GEDRAGSKODE OPVOEDERS

DURBANVILLE SKOOLKOSHUIS POSBUS 175 QUEENSTRAAT 8

KLEREDRAGBELEID. Die voorgeskrewe skooldrag word gedurende skoolure, sowel as by ander skoolaktiwiteite

Foto-redigering vir sun.ac.za

P R O S P E K T U S 1. SKOOLBESTUUR 2. NORMALE BEDIENINGSGEBIED 3. SKOOLURE: LAERSKOOL BELLPARK

AFWESIGHEDE TYDENS EKSAMEN U

LAERSKOOL DE TYGER GRONDWET. 1. WOORDOMSKRYWING beheerliggaam : Die beheerliggaam van die Laerskool De Tyger soos in artikel 16(1) van die Wet bedoel.

Tygienuus. SATERDAG 28 April Meneer Peet Schoeman verjaar! Juffrou Anje Swanepoel verjaar! Juffrou Estelle Kriek verjaar!

BYLAE 6.1 AKTIWITEITSPROGRAM: SESSIE 1. Die kursief gedrukte woorde dien as leidraad vir die spelterapeut en bepaal die Gestaltbenaderingsproses

Weeksdae 07:45-14:30 (Die kantoor is op Saterdae, Sondae, openbare vakansiedae en skool vakansiedae gesluit.)

MIDDAGSTUDIEPROGRAM & REëLS

LAERSKOOL GARSFONTEIN

VOORGESKREWE SKOOL- EN SPORTDRAG INHOUDSOPGAWE BLADSY

REKORD- EN EINDEKSAMEN

Laerskool Olifantsvallei

Gemeenskap. Wat is n gemeenskap? n Gemeenskap het n hoof/hoof?

LAERSKOOL EVERSDAL SELFOONBELEID

HOëRSKOOL OUTENIQUA KLEREBELEID

AANSOEKVORMS EN INLIGTINGSDOKUMENTE OP JVR-WEBWERF

KONSTITUSIE. Van die. Hoedspruit Plaaswag. ( die Plaaswag )

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2012

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN LAERSKOOL RUSTENBURG

Teorie: Gr. 5 en 6 (UNISA en Royal Schools)

ROBERTSON. AANSOEK OM TOELATING Vir graad 1-3 VOORBEREIDINGSKOOL - PREPARATORY SCHOOL

BESONDERHEDE VAN KLEUTER JAAR TOEGELAAT: KLAS EN JUFFROU (KANTOORGEBRUIK) VOLLE NAAM / NAME: NOEMNAAM: SEUN / DOGTER: HUISTAAL: GEBOORTEDATUM:

RUGBYKLINIEK BY U SKOOL IN 2011!!

GRAAD 12 SEPTEMBER 2013 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3

POSBUS 22 TEL: (022) PORTERVILLE FAKS: (022) Gestig 1870 PROSPEKTUS 2017

LAERSKOOL LORRAINE. -Die skool wat omgee.

SKOOLREËLS INHOUDSOPGAWE. A. Aantree 2. B. Gange 2. C. Klaskamers 2. D. Speelterrein 3. E. Snoepwinkel 4. F. Afwesigheid 4. G.

Tygienuus. 18 Oktober 2017 PROGRAM VIR DIE WEEK:

AANSOEK OM STUDIELENING

NUUSBRIEF: DESEMBER 2010-FEBRUARIE 2011

FAKULTEIT EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE (EBW)

LPENGPN. Studiebrief 101/0/2018. Taalvaardigheid. Jaarmodule. Departement Taalonderwys, Kuns en Kultuur

uniq Huiswerk Sentrum n Unieke Huiswerk Ervaring

LAERSKOOL GARSFONTEIN

-15- SIMBOLIEK: GESKIEDENIS:

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1

Koorsang is die een aktiwiteit wat nie seisonaal gekenmerk word nie en dus is leerders wat deelneem hieraan regdeur die jaar pligsgetrou.

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

INSTRUMENTALE MUSIEK 22 Augustus 26 Augustus 2016

BELEID TEN OPSIGTE DIE GEBRUIK VAN TABLETTE DEUR LEERDERS BY LAERSKOOL RANDHART

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

POSBUS 22 TEL: (022) PORTERVILLE FAKS: (022) Gestig 1870 PROSPEKTUS 2019

Graad 7-inligtingsbrief

AANSOEK OM TOELATING TOT HOëRSKOOL VREDENDAL

Transcriptie:

PAARL SKOOL PROSPEKTUS

INHOUDSOPGAWE 1. Voorwoord 2. Toelatingskriteria 3. Bykomende Dienste 4. Kommunikasie tussen Ouers en die Skool 5. Gelde 6. Skoolure 7. Kurrikulêr 8. Buitekurrikulêre Bedrywighede 9. Busvervoer 10. Afwesigheid 11. Leerlingraad 12. Skoolreëls 12.1 Kleredrag 12.2 Hare 12.3 Skool en Gange 12.4 Bussies 12.5 Tasse 2

1. VOORWOORD (2010) Die Paarl-skool het sy ontstaan in 1978 gehad na aanleiding van die inisiatief wat uitgegaan het van 'n groepie mense in die Paarl vir die bou van 'n skool vir serebraal gestremde leerders. Uit erkentlikheid vir dié poging, is besluit om die skool na die Paarl te vernoem -vandaar dus die Paarl-skool. Die Paarl-skool beskik oor die dienste van 'n groot personeel. Afgesien van die onderwys-personeel, beskik die skool ook oor 'n multidissiplinêre span van fisio-, arbeids-, en spraak- terapeute, sielkundiges en leerondersteuners wat, naas die behandeling van leerders, ook funksioneer as 'n evaluasiekliniek. 2. TOELATINGSKRITERIA Die kriteria wat hieronder uiteengesit word, moet slegs as riglyne beskou word en nie as afgebakende grense nie. Leerders wat nie binne die kriteria val nie, sal volgens meriete beoordeel word vir hulpverlening en moontlike proefopname. 2.1 As serebraal gestremde leerder moet die kind: 2.1.1 drie jaar of ouer wees; 2.1.2 deur 'n geneesheer as serebraal gestremd gediagnoseer wees; 2.1.3 kan baat by die onderwys- en terapieprogram soos Paarl-skool dit aanbied, dit wil sê oor die verstandelike potensiaal (vermoë) beskik om voordeel uit die program te trek; 2.1.4 vanweë die aard en omvang van sy\haar gestremdheid, nie binne die gewone onderwys- stelsel tot sy\haar reg kan kom nie en dus aangewese is op buitengewone onderwys ten einde in hulle bepaalde onderwysbehoeftes te kan voorsien. 2.2 Die toelating van serebraal- en liggaamlik gestremde kinders word, na gelang van hulle ouderdom en die aard en omvang van hul gestremdheid, op meriete oorweeg. 2.3 As spesifiek leergestremde leerders moet die kind: 2.3.1 verkieslik nie ouer as 12 jaar wees nie; 2.3.2 oor 'n gemiddelde tot bo-gemiddelde intellektuele vermoë beskik; 2.3.3 'n beduidende skolastiese agterstand ten opsigte van taalvaardighede, leesvermoë, spel- of rekenvaardighede toon; 3

2.3.4 geen sintuiglike, fisiese of emosionele afwyking wat primêr vir die genoemde agterstand verantwoordelik gehou word, toon nie. 2.3.5 spesifieke uitvalle ten opsigte van perseptuele vaardighede, aandag- en konsentrasievermoë of enige vaardigheid wat die leerproses ten grondslag lê, toon; 2.3.6 nie binne die gewone onderwysstelsel met behulp van die remediërende fasiliteite tot hulle beskikking, tot die volle verwesenliking van hul potensiaal kan kom nie. 3. BYKOMENDE DIENSTE 'n Pediater besoek die skool op gereelde basis. Afsprake met die pediater kan deur die verpleegkundige by Paarl-skool gereël word. 'n Oor-, Neus- en Keelspesialis besoek die skool op aanvraag. Afsprake kan deur die spraakterapeute gereël word 'n Ortopediese chirurg besoek ook die skool een maal per maand. Afsprake kan deur middel van die fisioterapeute gereël word. Mondhigiëniste - studente besoek die skool een maal per maand om na die leerders se tand- versorging om te sien. Studente-opleiding: By alle dissiplines Opleiding van studente vind by al die afdelings plaas waar studente onder toesig betrokke is by die terapie en onderrig van leerders. 4. KOMMUNIKASIE TUSSEN OUERS EN DIE SKOOL Ouers word aangemoedig om te eniger tyd met die skoolhoof, adjunkhoofde of sielkundiges in verbinding te tree indien hulle enigiets in verband met hul kind wil bespreek. Minstens twee oueraande word in die loop van 'n skooljaar gereël, gewoonlik gedurende die eerste en derde kwartaal, waar die ouers geleentheid kry om hul kind se skolastiese vordering met die leerkragte te bespreek. Ouers word uitgenooi om van hierdie geleenthede gebruik te maak. Die ouers van leerders wat terapie ontvang, sal minstens een maal per jaar persoonlik deur die betrokke leerder se terapeut versoek word om die skool te besoek. Omsendbriewe word gereeld aan ouers gestuur met inligting oor skoolbedrywighede. Ouers word vriendelik, dog dringend, versoek om die 4

omsendbriewe te lees en te reageer as daar van hulle verwag word om 'n afskeurstrokie terug te stuur. Ouers word versoek om die skool op die hoogte van 'n leerder se adres- en telefoonnommerveranderinge te hou. Alle besoekers aan die skool moet asseblief by Ontvangs aanmeld. Ouers mag nie sonder toestemming die klaskamers besoek nie. Ouers word ook vriendelik gevra om nie die onderwysers gedurende skooltyd te skakel nie. Ouers kan terapeute skakel op tye soos onderling ooreengekom. Ouers word vriendelik versoek om die skool op die hoogte te hou van enige professionele behandeling (byvoorbeeld deur 'n dokter, sielkundige, oogarts, ens) wat die leerder buite skoolverband ontvang, om sodoende goeie samewerking en kontinuïteit te verseker. 5. GELDE Ouers is aanspreeklik vir die koste van ortopediese hulpmiddels (bv. spalke) wat deur die ortopediese chirurg en terapeute aanbeveel word. Ouers moet die verskaffer self daarvoor betaal en kan daarna van hul mediese fonds eis. Leerders wat van 'n vervoermiddel, (bv. rolstoel, fiets) gebruik maak, sal voorsien word van 'n dergelike vervoermiddel indien dit op daardie stadium beskikbaar is. Vervoermiddels word tydens skoolure gebruik en word nie namiddae huis toe geneem nie. Ouers word aangemoedig om sover moontlik die volle koste van hul kind se vervoermiddel te dra. Die vervoermiddel word dan die leerder se eiendom. Die instandhouding van die vervoermiddel word ten volle deur die ouer gedra. Voorskrifte vir medikasie soos deur die pediater voorgeskryf, word deur die verpleegkundige by die skool hanteer. Ouers sal 'n rekening vir die medikasie van die skool ontvang wat regstreeks aan die skool vereffen moet word. Na vereffening van die rekening, sal die ouers 'n afskrif van die voorskrif ontvang wat aan die mediese fonds gestuur kan word. 5.1 Skoolgeld Skoolheffing en koshuisgelde is op aanvraag beskikbaar. 5

6. SKOOLURE Maandag tot Vrydag: 07:55 tot 13:50 Pouses: 10:15 tot 10:35 12:35 tot 12:55 Indien skoolure gewysig word, sal ouers vroegtydig daarvan in kennis gestel word. 7. KURRIKULêR 7.1 Kursusse Die skool bied die volgende kursusse aan: Pre-primêr (vanaf driejarige ouderdom) Grondslagfase (Graad 1 tot Graad 3) Intermediêre fase (Graad 4 tot Graad 6) Senior fase (Graad 7 tot Graad 9) Praktiese klasse (Pr 1 tot Pr 6 en Werkvoorbereiding) Die praktiese klasse is uitsluitlik gereserveer vir serebraal- en liggaamlik gestremde leerders. 7.2 Sillabus Die sillabus van die Wes-Kaap Onderwysdepartement word gevolg. 7.3 Eksamens en toetse Intermediêre Fase Deurlopende evaluering vind plaas. Twee eksamens (Junie en November) Senior Fase Deurlopende assessering wat klastoetse, take en alle relevante take insluit. Twee eksamens (Junie en November) Dit is van kardinale belang dat ouers sal toesien dat alle take/projekte/opdragte/aanbiedings ens behoorlik voorberei en ingehandig word en met die nodige erns bejeën word. Die graad 9-leerders lê die Nasionale Gemeenskaplike Take van Assessering (GTA) af aan die einde van die jaar. 6

7.4 Vakkeuse (Senior Fase) Verwys na Bylae. 8. BUITE KURRIKULêRE BEDRYWIGHEDE 8.1 Sport 8.2 ACSV 8.3 Kuns 8.4 Koor Sport word gedurende die skooldag, en wel op Donderdae, gedurende die laaste twee periodes aangebied. Al die leerlinge (kleuters uitgesluit) word betrek en die leerlinge moet aangemoedig word om deel te neem. Die volgende sportsoorte word aangebied: Krieket, Rugby, Netbal, Swem, Landloop, Skaak Die volgende sportsoorte word slegs vir serebraal en liggaamlik gestremdes aangebied. Hokker, Velditems (atletiek), Matrolbal, Tafeltennis, Fietsry Graad 7 tot 9-leerders, asook leerders van die prakties 3 en 4-klasse, kan by die ACSV inskakel. Byeenkomste vind binne skoolure plaas. Kunsonderrig word Donderdae tydens die sportperiode aangebied vir leerders vanaf graad 4. Leerders wat belangstel sal deur die kunsonderwyseres geëvalueer word. Leerders vanaf graad 4 tot 9 word geselekteer om in die koor te sing. Die koor neem gereeld deel aan optredes en kompetisies. 8.4 Ander Sportbyeenkomste soos byvoorbeeld swemgalas en atletiekbyeenkomste, asook konserte en eisteddfods word aangebied. 7

9. BUSVERVOER Die skool beskik tans oor 'n hele aantal bussies wat gebruik word vir die vervoer van leerders van en na hulle huise. Alle leerders word by vooraf bepaalde punte opgelaai en afgelaai. Aangesien slegs 'n beperkte aantal plekke per bus beskikbaar is, kan daar nie aanvaar word dat wanneer 'n leerder van roete moet verwissel, daar plek beskikbaar sal wees nie. Ons sal egter ons bes doen om soveel moontlik persone te akkommodeer. Indien 'n leerder om die een of ander rede nie opgelaai moet word nie, moet u die bussiebestuurder of die skool vroegtydig in kennis gestel word - ook wanneer die betrokke leerder weer opgelaai moet word. Wanneer 'n nuwe leerder toegelaat word en daar nie plek op die bussie is nie, is dit die ouer se verantwoordelikheid om self vir vervoer te reël. Herstelwerk aan bussies weens kwaadwillige beskadiging deur leerders sal van die ouers van die betrokke leerders verhaal word. 10. AFWESIGHEID Skoolbywoning is verpligtend. Dokters-, tandarts- en ander afsprake moet buite skoolure gereël word. Indien 'n leerder afwesig is, moet 'n briefie ter verduideliking skool toe gebring word sodra hy/sy terugkom. Wanneer 'n leerder vir 'n lang tydperk afwesig gaan wees, byvoorbeeld weens 'n operasie, moet die skool daarvan in kennis gestel word. 11. LEERLINGRAAD Die leerlingraad word uit die graad 8- en 9-leerling saamgestel. Die groep staan die personeel by met die handhawing van dissipline en het spesifieke opdragte en take tydens saalbyeenkomste, pouses en ander geleenthede. 8

12. SKOOLREëLS 12.1 Skooldrag Alle skooldrag is verkrygbaar by SPORTSMANS WAREHOUSE (TYGERVALLEI) 12.1.1 Somersdrag Dogters Voorgeskrewe kortmou gholfhemp met wapen Keuse van voorgeskrewe blou quantec kort- of langbroek, of broekromp Wit skoolsokkies Sportskoene: n kombinasie van wit en donkerblou. (Gr. 1-6 mag kaalvoet wees of bruin sandale dra, maar slegs by kortbroek/broekromp, NIE by langbroek nie) Haarbykomstighede slegs wit of donkerblou. (Geen juweliers- ware nie, behalwe silwer- of goue oorkrabbertjies knoppietipe of klein ringetjie). NB: slegs een oorbel per oor. Seuns Voorgeskrewe kortmou gholfhemp met wapen. Keuse van voorgeskrewe quantec kort-of langbroek. Wit sokkies, (geen gekleurde strepe of handelsmerke nie). Sportskoene: n kombinasie van wit, swart, grys en donker-blou (Gr. 1-6 mag kaalvoet wees of bruin sandale dra, maar NIE by n langbroek nie). Geen ander bykomstighede word toegelaat nie! Senior Fase (Gr. 7-9) Voorgeskrewe quantec langbroek en kortmou gholfhemp asook wit skoolsokkies (meisies) en wit sokkies sonder enige gekleurde strepe of handelsmerke vir seuns. Sportskoene: wit of n kombinasie van wit en donkerblou. Die dogters het n keuse van die quantec langbroek of broekromp. 12.1.2 Wintersdrag Dieselfde vir dogters en seun Voorgeskrewe skoolsweetpak met wapen Voorgeskrewe reënbaadjie met wapen Voorgeskrewe langmou golfhemp met wapen 9

Wit skoolsokkies (meisies) en wit sokkies sonder enige gekleurde strepe of handelsmerke vir seuns, en sportskoene : Wit of n kombinasie van wit en donkerblou. Sportdrag 12.2 Hare Dogters Voorgeskrewe kortmou gholfhemp Voorgeskrewe quantec kortbroek (sport) Voorgeskrewe sweetpakbaadjie in winter opsioneel Seuns Voorgeskrewe kortmou gholfhemp Voorgeskrewe quantec kortbroek (sport) Voorgeskrewe sweetpakbaadjie in winter opsioneel Sien Gedragskode Haarbykomstighede: Dogters - navy-blou of wit Algemeen GEEN armbande, ringe of hangertjies mag skool toe gedra word nie. Oorkrabbertjies (soos knopies, goud of silwer) vir dogters is toelaatbaar. Leerders moet gepaste sportdrag, soos deur elke sportsoort vereis word, tydens sportgeleenthede dra. Die Nuwe verskaffer is Sportsman s Warehouse, Tygervallei. Dit sal vanaf einde November 2009 daar beskikbaar wees. Ouers sal dus alle bestellings en aankope self daar moet gaan doen. Ons het n groot aantal behoeftige leerders in die skool en wil ouers versoek om asseblief enige bruikbare, tweedehandse skooldrag aan die skool te skenk om in hierdie behoefte te kan voorsien. 12.3 Klerebank Goeie tweedehandse skoolklere word ook by die skool se klerebank verkoop. Tweedehandse skoolklere kan ook aan die skool geskenk word. 10

12.4 Skool en Gange 12.4.1 Geen leerder mag voor skool of gedurende een van die pouses in die skoolgebou wees sonder die toestemming van 'n onderwyser nie. Spesiale reëlings word tydens reëndae getref. 12.4.2 Wanneer daar in die gange beweeg word, moet daar sover moontlik links gehou word. Rolstoele en fietse beweeg in dieselfde ry en teen dieselfde spoed as die ander leerders. 12.4.3 Slegs leerders wat toestemming het, mag 'n serebraal of liggaamlik gestremde kind wat 'n rolstoel of fiets gebruik, help of sy rolstoel stoot. Geen ander leerder mag op 'n fiets of rolstoel ry of 'n serebraal of fisies gestremde op sy rolstoel of fiets rondstoot nie. 12.4.4 Daar mag nie in die gange of klaskamers geëet word nie. 12.4.5 Daar mag nooit in die gange gehardloop of met fietse en rolstoele gejaag word nie. Wanneer klasse verwissel, moet dit ordelik geskied. 12.5. Bussies 12.5.1 Daar word aan elke leerling 'n sitplek toegewys wat hy nie na willekeur mag verander nie. 12.5.2 Die bussiebestuurder bepaal sy aandag by die verkeer. Lawaai, opstanery of ongehoor- saamheid versteur sy aandag. 12.5.3 Daar mag nie by die vensters uitgehang word nie en ledemate mag nie by vensters uitgesteek word nie. 12.5.4 Daar mag nie op die bussies geëet of gedrink word nie. 12.5.5 Leerders word nie gedurende skoolure in of naby die bussies toegelaat nie 12.5.6 Leerders wat veiligheidstoeltjies benodig se ouers is verantwoordelik vir die aankoop daarvan. Die skool onderneem om die veiligheidstoeltjies in die bussie te installeer. Dit bly die ouers se eiendom en word aan die ouer terugbesorg by skoolverlating van sy kind. Sitplekgordels word, waar nodig, deur die skool verskaf en geïnstalleer. 11

12.6 Skooltasse Skooltasse moet netjies en stewig wees sodat die skoolboeke in 'n goeie toestand kan bly. Seilsakke is slegs aanvaarbaar as skooltas indien daar 'n stewige raamwerk in die sak is. Daar mag nie op die tasse gekrap of geteken word nie. SIMBOLIEK VAN DIE SKOOLWAPEN Die veldgedeelte van die skild word gevorm deur wit en swart vertikale balke wat die skemerwêreld aandui waarin die serebraal- en leergestremde kinders hulself aanvanklik bevind. In hierdie omstandighede kom daar vir hulle lig deur onderwys, wat voorgestel word deur 'n ingeboë punt wat na bo oopgaan en waarop 'n oop rooi roos geplaas is. Die teenstelling in kleure maak dit 'n treffende wapen. Die spreuk, "Fide et Amore", wat beteken "deur geloof en liefde", dui op die benadering van die skool tot die kinders. SKOOLLIED - PAARL-SKOOL Ons is bly Ons is bly daar's 'n skool in Brackenfell wat ons op die pad van grootword lei. Ons kan leer, ons kan leef, ons kan groei en ons kan glo met ons voet op aard' en oog na bo. Ja, nog kosbaarder as al die pêrels is wat die Paarl-skool vir kinders doen. Ons wat glo en weet van Eén wat liefde is wil mekaar in liefde dra. Ons wat glo en weet van Een wat liefde is wil mekaar in liefde dra. Die Hoof Paarl-skool Posbus 14 BRACKENFELL 7561 Tel: (021) 981-5555/6 Faks: (021) 981-7833 e.pos: admin@paarlskool.org.za webtuiste: www.paarlskool.org.za 12