GRAAD 11 NOVEMBER 2014 EKONOMIE V1

Vergelijkbare documenten
GRAAD 11 NOVEMBER 2013 EKONOMIE V1 (MAKRO-EKONOMIE)

Afdeling A: Ekonomiese stelsels

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 EKONOMIE V2

EKONOMIE EKSAMEN INLIGTING GRAAD 11 NOVEMBER EKSAMEN. VRAESTEL 1: 14 JUNIE: 1e SESSIE. VRAESTEL 2: 18 JUNIE: 1e SESSIE

Sentraalbeplande stelsel

Les 14: Entrepreneurskap

Hoofstuk 5: Ekonomiese sektore

1. Gee TWEE voorbeelde van elk:

DIE ROL VAN LANDBOU IN DIE EKONOMIE DEUR DR PHILIP THEUNISSEN COMPUTUS BESTUURSBURO

SKOOL Eksamen - Gr 7 - EBW 3 Desember 2010

KLASTOETS GRAAD 11. LEWENSWETENSKAPPE: HOOFSTUK 12 Toets 6: Die mens se invloed op die omgewing

ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING EKONOMIESE BESTUURSWETENSKAPPE HALFJAARLIKSE EKSAMEN JUNIE 2015 GRAAD 8

Les 7: Uitdagings vir die Suid-Afrikaanse ekonomie

TAAK 3: BEVOLKINGSTRUKTUUR (BL )

EKURHULENI NOORD. DISTRIk 14 NOVEMBER Graad 8 Memorandum

Afdeling A Vraag 1: Pas Kolom A by Kolom B en skryf slegs die korrekte letter neer.

GRAAD 9 NOVEMBER 2012 EKONOMIESE- EN BESTUURSWETENSKAPPE MEMORANDUM

Pretoria-Noord Hoёrskool Geografie GRAAD 9 Junie eksamen

EKONOMIE VRAESTEL 1/2 GRAAD 12 JUNIE-EKSAMEN

GRAAD 11 NOVEMBER 2012 EKONOMIE

Geboorte- en sterftesyfers is vername maatstawwe om bevolkings te beskryf. ie geboortesyfer dui die aantal geboortes per duisend mense per jaar aan.

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 WISKUNDE V1

GRAAD 11 ONTWERP EERSTE VRAESTEL (TEORIE) NOVEMBER 2009

GRAAD 12 SEPTEMBER 2012 WISKUNDE V1

GRAAD 11 NOVEMBER 2012 GESKIEDENIS V1

Prysvorming deur vraag en aanbod

EBW GRAAD 7. Sê of die volgende stellings waar of onwaar is. (7)

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

KLASTOETS GRAAD 11. LEWENSWETENSKAPPE: HOOFSTUK 13 EN 14 Toets 7: Verandering van ons omgewing en pas ons omgewing op

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 EKONOMIE V1 MEMORANDUM

HOËRSKOOL ALBERTON BESIGHEIDSTUDIES : GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Dit is 'n staafgrafiek wat vertikaal rangskik is. Dit toon die verspreiding van 'n bevolking volgens ouderdom en geslag. Gewoonlik is die jonger

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10

HOËRSKOOL FLORIDA GEOGRAFIE GRAAD 11

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

ALGEMENE ONDERWYS OPLEIDING

GRAAD 11 WISKUNDE DERDE VRAESTEL NOVEMBER 2009

Finansiële Wiskunde ENKELVOUDIGE RENTE

GRAAD 11 NOVEMBER 2017 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 EKONOMIE V2 MEMORANDUM

Wiskunde Vraestel 1 Vrae Wiskunde Vraestel 1: Vrae. Kopiereg voorbehou

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10

Ignition Munt en Die Ignition Netwerk Ontwerp vir Waarde, Volhoubaarheid, en Groei

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2

WISKUNDE SKOOL GEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE

KLASTOETS GRAAD 11. LEWENSWETENSKAPPE: HOOFSTUK 10 EN 11 Toets 5: Diversiteit van diere in Suid-Afrika en biogeografie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 FEBRUARIE/MAART 2014

VLEISINVOERE VANAF NAMIBIË GERHARD SCHUTTE OOS-KAAP RPO JAARVERGADERING 20 MEI 2015

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 FEBRUARIE/MAART 2011

Les 11: Tegnologie in die sake-omgewing

GRAAD 5 NATUURWETENSKAPPE KWARTAAL 1. Tyd: 1 uur FORMELE ASSESSERING Totaal: 40 punte. Naam en Van Datum INSTRUKSIES VRAAG 1

ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING SOSIALE WETENSKAPPE

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 FEBRUARIE/MAART 2011

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

MAKRO-EKONOMIESE IMPAK VAN DIE WYNBEDRYF OP DIE WES-KAAP

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2012

ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING SOSIALE WETENSKAPPE FINAL DRAF

EKURHULENI-NOORD DISTRIK

SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

NOVEMBER 2008 ONTWERP EERSTE VRAESTEL (TEORIE)

education Departement van Onderwys MPUMALANGA PROVINSIE

GRAAD 11 NOVEMBER 2012 GESKIEDENIS V2

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10

Nasionale Minimumloon: Wie, waar, hoekom en hoe?

Toets: Tegnologie en die Ontwerpproses

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT REKENINGKUNDE GRAAD 12 FEBRUARIE/MAART 2010 SPESIALE ANTWOORDEBOEK

Peter Dladla besit Dladla s Sokkerwinkel. Die onderneming vervaardig en versprei sokkerballe. Die finansiële jaar eindig op 30 Junie elke jaar.

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT (NSS) GRAAD 11 HALFJAAR EKSAMEN AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL DERDE VRAESTEL (NSC11-07) D C

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

BEVOLKINGS GEOGRAFIE

Doel. Agtergrond. Bid dat... Begroting... R1,2 miljoen sal dit moontlik maak dat daar in 2011 met hierdie projek voortgegaan kan word.

25. Ontwikkelde en ontwikkelende lande

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

GRAAD 11 NOVEMBER 2016 WISKUNDE V1

Kliënte kommunikasie - Begroting 2016

VRAESTEL 1/2 GRAAD 12 JUNIE-EKSAMEN

Inleiding Tot Die Jagluiperd

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT (NSS) GRAAD 11 FINALE EKSAMEN AFRIKAANS HUISTAAL DERDE VRAESTEL (NPS-08) TYDSDUUR: 2½ UUR DATUM: 10 OKTOBER 2012

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

GRAAD 12 LEERDER ONDERSTEUNINGSPROGRAM

RESPECT 4 U. L e s 1. Jou vermoëns en sommige van jou verwagtinge en drome indentifiseer

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT (NSS) GRAAD 11 HALFJAAR EKSAMEN AFRIKAANS HUISTAAL DERDE VRAESTEL (NSC11-06) D C

RESPECT 4 U. L e s 4. Populêre idees verduidelik oor wat ʼn man/seun of ʼn vrou/meisie is en hoe hierdie idees problematies kan wees

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRFA.3 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 FEBRUARIE/MAART Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

KLASTOETS GRAAD 11. LEWENSWETENSKAPPE: HOOFSTUK 8 EN 9 Toets 4: Plantdiversiteit in Suid-Afrika

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS HUISTAAL V 3 SEPTEMBER 2014

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

ISEBE LEMFUNDO LEMPUMA KOLONI EASTERN CAPE EDUCATION DEPARTMENT OOS-KAAP ONDERWYSDEPARTEMENT

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Transcriptie:

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2014 EKONOMIE V1 PUNTE: 150 TYD: 1½ uur *IECONA1* Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.

2 EKONOMIE (NOVEMBER 2014) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Beantwoord VIER vrae as volg: AFDELING A: VERPLIGTEND. AFDELING B: Beantwoord enige TWEE vrae in die ANTWOORDEBOEK. AFDELING C: Beantwoord enige EEN vraag in die ANTWOORDEBOEK. 2. Skryf die vraagnommer boaan elke vraag. 3. Nommer die vrae korrek volgens die nommeringstelsel wat in die vraestel gebruik word. 4. Lees die vrae sorgvuldig en begin ELKE vraag op n NUWE bladsy. 5. Laat 2 3 reëls oop tussen onderafdelings van vrae. 6. Beantwoord vrae in volsinne en maak sekere dat die uitleg en inhoud van jou antwoord voldoen aan die kognitiewe vlakke van die vraag. 7. Skryf netjies en leesbaar. 8. Slegs die vereiste aantal vrae sal nagesien word in die volgorde waarin dit in die ANTWOORDEBOEK verskyn. 9. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 10. Gebruik slegs swart of blou ink.

(NOVEMBER 2014) EKONOMIE 3 AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die mees korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A, B of C) langs die ooreenstemmende vraagnommer (1.1.1 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.9 A. 1.1.1 Goedere wat gebruik word om ander finale goedere te produseer, word... goedere genoem. A B C verbruiksintermediêre vrye 1.1.2 Die Suid-Afrikaanse arbeidsmag word gekenmerk deur... A B C geskoolde arbeid. ongeskoolde arbeid. hoogs geskoolde arbeid. 1.1.3 Suid-Afrika se LBS belastingstelsel is.... A B C regressief. proporsioneel. progressief. 1.1.4 Die... meet die persentasie ekonomiese groei van een tydperk na n ander. A B C reële ekonomiese groeikoers ekonomiese groeikoers inflasiekoers 1.1.5 Wanneer mense vir n paar uur per dag in n familie besigheid of op n plaas werk, staan dit as... bekend. A B C onder-indiensname langdurige werkloosheid verskuilde werkloosheid 1.1.6 Die... is die prys waarteen die Suid-Afrikaanse Reserwebank geld aan ander banke leen. A B C rentekoers repokoers wins

4 EKONOMIE (NOVEMBER 2014) 1.1.7 Die... word gebruik om die lewensstandaard in n land te meet. A B C vlak van per capita inkome inflasiekoers betalingsbalans rekening 1.1.8 Afrika-lande wat onafhanklikheid van Brittanje verkry het, is lede van die.... A Statebond B WHO C G8 (8 x 2) (16) 1.2 Kies n omskrywing uit KOLOM B wat pas by die begrip in KOLOM A. Skryf slegs die korrekte letter (A I) langs die ooreenstemmende vraagnommer (1.2.1 1.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.9 J. KOLOM A KOLOM B 1.2.1 Natuurlike hulpbron A maatreëls deur die SARB geneem om die aanbod van geld te beïnvloed 1.2.2 Bruto kapitaalvorming B gratis gawes uit die natuur 1.2.3 SAOG C gebruik van goedere en dienste om behoeftes te bevredig 1.2.4 Verkrygingsbeleid D formele en spesifieke aktiwiteite wat die vermoë van alle individue om hulle eie potensiaal te bereik, verbeter 1.2.5 Monetêre beleid E verteenwoordig besteding op kapitaalvoorraad 1.2.6 Verbruik F toeken van regeringstenders aan ondernemings wat aan die SEB wetgewing voldoen 1.2.7 Menslike hulpbron ontwikkeling G hou verband met owerheid inkome 1.2.8 Nasionalisering H bevorder volhoubare en regverdige ekonomiese groei en ekonomiese ontwikkeling in Suider-Afrika I die verkryging van ondernemings in private besit deur die regering, met of sonder vergoeding (8 x 1) (8)

(NOVEMBER 2014) EKONOMIE 5 1.3 Gee EEN begrip vir elk van die volgende omskrywings. Skryf slegs die begrip langs die ooreenstemmende vraagnommer (1.3.1 1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.3.1 Dit toon die waarde van die finale uitset deur elk van die sektore in die ekonomie geproduseer. 1.3.2 n Statistiek wat lande in rangorde plaas volgens die vlak van menslike ontwikkeling kragtens kriteria wat lewensverwagting, geletterdheid, onderwys en lewensstandaard insluit. 1.3.3 Is goedere (of dienste) wat deur die finale verbruiker gekoop word, bv. brood of tandartsdienste. 1.3.4 n Land met n lae vlak van materiële welvaart. 1.3.5 Toon aan of die bruto nasionale inkome regverdiglik tussen die bevolking verdeel word. 1.3.6 n Groep lande wat dieselfde geldeenheid gebruik. (6 x 1) (6) TOTAAL AFDELING A: 30

6 EKONOMIE (NOVEMBER 2014) AFDELING B (Beantwoord enige twee vrae uit hierdie afdeling.) VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE 2.1 2.1.1 Noem enge TWEE soorte kapitaal. (2 x 1) (2) 2.1.2 Verduidelik die begrip vryemark ekonomie. (1 x 2) (2) 2.2 DATA RESPONS Bestudeer die onderstaande tabel en beantwoord die vrae wat volg. Finale verbruiksbesteding deur die regering (G) 1989/9 % van totaal 2013/14 % van totaal Onderwys 17,7 19,4 Gesondheid 8,9 11,4 Sosiale beskerming 6,3 14,9 Verdediging 12,8 3,9 Openbare orde en veiligheid 15,4 9,1 Rente 12,4 8,8 [Bron: Bereken deur die Departement van Finansies, verskeie jare] 2.2.1 Verduidelik die betekenis van verbruiksbesteding deur die regering. (2) 2.2.2 Identifiseer die diens waaraan die regering die meeste van die geld bestee. Gee n rede vir hierdie groot besteding in 2013/2014. (4) 2.2.3 Verduidelik hoekom owerheidsbesteding n belangrike komponent van die totale besteding van die ekonomie is. (2 x 2) (4) 2.3 Bestudeer die grafiek en beantwoord die vrae wat volg.

(NOVEMBER 2014) EKONOMIE 7 2.3.1 Definieer ekonomiese huur. (2) 2.3.2 Noem TWEE markkragte wat die vlak van huur kan beïnvloed. (2) 2.3.3 Verduidelik waarom die aanbod van grond vas is. (2) 2.3.4 Bereken die ekonomiese huur volgens grafiek. (4) 2.4 Vergelyk eienaarskap en motivering as die ekonomiese eienskappe van sentraal beplande en gemengde ekonomiese stelsels in tabelvorm. (8) 2.5 Bespreek die ekonomiese belangrikheid van die tersiêre sektor in die ekonomie. (8) [40]

8 EKONOMIE (NOVEMBER 2014) VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES 3.1 3.1.1 Noem enige TWEE gebruike van per capita BBP. (2 x 1) (2) 3.1.2 Wat is inkome ongelykheid? (1 x 2) (2) 3.2 DATA RESPONS Bestudeer die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg. SUID-AFRIKAANSE INFRASTRUKTUUR Infrastruktuur help om die sukses van vervaardiging en landbou aktiwiteite te bepaal. Investering in water, sanitasie, energie, behuising en vervoer verbeter ook die lewens en help om armoede te verlig. En nuwe inligting en kommunikasie tegnologieë van gesondheid en ander dienste bevorder die kulturele vooruitgang. [Aangepas van die internet 2014] 3.2.1 Definieer die begrip infrastruktuur. (2) 3.2.2 Noem EEN voorbeeld elk van n sosiale en ekonomiese infrastruktuur uit die uittreksel. (2) 3.2.3 Aan watter soort infrastruktuur behoort die Gautrein? (2) 3.2.4 Hoe sal beter infrastruktuur Suid-Afrika se gemeenskap bevoordeel? (4) 3.3 DATA RESPONS Bestudeer die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg. PRYS INFLASIE Twaalf maande hooflyn inflasie neem af tot binne die inflasieteikenkoers in Julie 2010, afwisselend in die daaropvolgende maande tot 4,5% in Februarie 2011, voordat dit styg na 5,5% in Julie 2011. In die verbruikersdienstemandjie, styg pryse in die gesondheid-, vervoer- en onderwyskategorieë en oortref die boonste limiet van die inflasieteiken in Julie 2012. [Bron: SA Jaarboek] 3.3.1 Definieer die begrip inflasie. (2) 3.3.2 Wat is die inflasieteiken wat die Suid-Afrikaanse Reserwebank gebruik om inflasie stabiel te hou? (2) 3.3.3 In Julie 2011 het inflasie tot 5,5% gestyg. Watter implikasie hou dit vir die waarde van geld in? (2) 3.3.4 Noem enige TWEE items, volgens die uittreksel, waarvan die prys hoër as die inflasieteiken was. (2 x 2) (4)

(NOVEMBER 2014) EKONOMIE 9 3.4 Bespreek die redes vir ongelyke verspreiding van inkome. (8) 3.5 n Inheemse Kennisstelsel kan gesien word as iets soos n markstelsel, maar dit werk op sy eie unieke maniere. Ontleed kortliks TWEE elemente van IKS. (8) [40]

10 EKONOMIE (NOVEMBER 2014) VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES 4.1 4.1.1 Noem enige TWEE soorte goedere waarop huishoudings hulle inkome bestee. (2 x 1) (2) 4.1.2 Verduidelik ekonomiese groei. (1 x 2) (2) 4.2 Bestudeer die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg. STAATSBEHEERDE ONDERNEMINGS (SBOs) SBOs het meer as R105 miljard geinvesteer gedurende 2011/2012, meestal in infrastruktuur. Die NGP stel die doelwit van vyf miljoen nuwe werksgeleenthede teen 2020. Die Infrastruktuurkommissie is tot stand gebring om die sigbaarheid en samewerking van Suid-Afrika se R860 miljard se openbare investering veldtog, te verbeter. Dit sal alle sfere van die regering, verskeie nasionale departemente en SBOs insluit. Dit sal daarna streef om regulerende en befondsing beperkings op te hef, vyf-jaar projek voorkeure te stel, sekerheid te skep oor verwagte ontwikkelings en nywerheids na-draaie, die herlewing van die treinspoor infrastruktuur te ondersteun, beheer te verkry in die lewenssiklus onderhoud uitdaging en skakeling met arm en plattelandse gemeenskappe te verbeter. [Aangepas uit die SA Jaarboek] 4.2.1 Verduidelik die betekenis van die Nuwe Groeipad (NGP)? (2) 4.2.2 Wat is die hooffokus van die NGP? (2) 4.2.3 Noem die rol, volgens die uittreksel, wat die Infrastruktuurkommissie speel. (2) 4.2.4 Noem sleutel werkverskaffings- en groeisektore kragtens die NGP. (4) 4.3 DATA RESPONS Lees die onderstaande en beantwoord die vrae wat volg. DIE PROSES OM RYKDOM TE SKEP Rykdom kan oorgeërf word. Wanneer n persoon sterf, mag sy besittings oorgedra word aan iemand anders. Alhoewel, die rykdom eerstens geskep moes gewees het. [Aangepas en vertaal uit Solution for all ] 4.3.1 Noem TWEE ander bronne van rykdom, anders as n erflating. (2)

(NOVEMBER 2014) EKONOMIE 11 4.3.2 Verduidelik hoe individue rykdom kan skep. (4) 4.3.3 Noem TWEE metodes wat gebruik word om die oneweredigheid van rykdom te meet. (2) 4.3.4 Wat maak die noodsaaklik vir ryk mense om deel van n mark ekonomie te wees? (2) 4.4 Bespreek geld as n waardedraer en geld as n rekeneenheid as funksies van geld. (2 x 4) (8) 4.5 Onderskei tussen kapitaal-verbreding en kapitaal-verdieping. (2 x 4) (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 80

12 EKONOMIE (NOVEMBER 2014) AFDELING C Beantwoord enige EEN vraag uit hierdie afdeling. PUNTETOEKENNING VIR OPSTELTIPE-VRAE STRUKTUUR VAN DIE OPSTEL PUNTETOEKENNING Inleiding Maks. 2 Inhoud Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/in-diepte bespreking/ondersoek/bespreek krities/ontleed Maks. 26 (Analiseer)/ Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Verduidelik/ Assesseer/Debatteer Addisionele gedeelte: Gee eie mening/bespreek krities/evalueer/ Evalueer krities/teken 'n grafiek en verduidelik/ Gebruik die gegewe grafiek en Maks 10 verduidelik/voltooi die gegewe grafiek/bereken/lei af/ Vergelyk/Verduidelik/Onderskei/ Interpreteer/Debatteer kortliks Slot Maks 2 TOTAAL 40 VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE Bespreek die ekonomiese belangrikheid van entrepreneurskap. (26 punte) As toevoeging, bespreek hoe die Suid-Afrikaanse regering entrepreneurskap aanmoedig. (10 punte) [40] VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES Bespreek kenmerke van ontwikkelende lande. (26 punte) As toevoeging, verduidelik kortliks ontwikkelingstrategieë wat n land kan implementeer. (10 punte) [40] k TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2014 EKONOMIE V1 MEMORANDUM PUNTE: 150 Hierdie memorandum bestaan uit 15 bladsye.

2 EKONOMIE V1 (NOVEMBER 2014) AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 1.1.1 B intermediêre 1.1.2 B ongeskoolde arbeid 1.1.3 C progressiewe 1.1.4 B Ekonomiese groeikoers 1.1.5 C verskuilde werkloosheid 1.1.6 B repokoers 1.1.7 A vlak van per capita inkome 1.1.8 C Statebond (8 x 2) (16) 1.2 1.2.1 B Gratis gawe uit die natuur 1.2.2 E Verteenwoordig besteding op kapitaalvoorraad 1.2.3 H Bevorder volhoubare en regverdige ekonomiese groei en ekonomiese ontwikkeling in Suider-Afrika 1.2.4 F Toeken van regerings tenders aan ondernemings wat aan die SEB wetgewing voldoen 1.2.5 A Maatreëls deur die SARB geneem om die aanbod van geld te beïnvloed 1.2.6 C Gebruik van goedere en dienste om behoeftes te bevredig 1.2.7 D Formele en spesifieke aktiwiteite wat die vermoë van alle individue om hulle eie potensiaal te bereik, verbeter 1.2.8 I Die verkryging van ondernemings in private besit deur die regering, sonder vergoeding (8 x 1) (8) 1.3 1.3.1 Produksiemetode 1.3.2 Menslike ontwikkelingsindeks (MOI) 1.3.3 Finale goedere 1.3.4 Ontwikkelende land 1.3.5 Inkome verdeling 1.3.6 Monetêre Unie (6 x 1) (6) TOTAAL AFDELING A: 30

(NOVEMBER 2014) EKONOMIE P1 3 AFDELING B (Beantwoord enige TWEE vrae uit hierdie afdeling.) VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE 2.1. Noem enige TWEE soorte kapitaal 2.1.1 Fisiese kapitaal Finansiële kapitaal Vaste kapitaal Menslike kapitaal Sosiale kapitaal Kapitaalvoorraad Bedryfskapitaal (Enige 2 x 1) (2) 2.1.2 Markekonomie los die basiese ekonomiese probleem van wat, hoe en vir wie om te produseer hoofsaaklik op deur middel van die markmeganisme. OF Beteken dat pryse en hoeveelhede in die ekonomie beheer word deur die markkragte van vraag en aanbod. (1 x 2) (2) 2.2 DATA RESPONS 2.2.1 Is geld wat deur die regering aan goedere en dienste, wat voordele aan die hele gemeenskap bied, bestee word. (2) 2.2.2 Onderwys (2) Onderwys is belangrik vir vaardigheidsontwikkeling in SA om die arbeidsmag te verbeter Om jong mense lewensvaardighede en belangrike waardes te leer. (Enige 1 x 2) (2) (Enige toepaslike antwoord) 2.2.3 Dit voorsien goedere en dienste wat beide individuele en kollektiewe behoeftes van die gemeenskap bevredig. Verskaf goedere en dienste teen laer koste en soms gratis, wat lede van die publiek help om hierdie dienste te geniet. Werkskepping deur basiese projekte soos die oprigting van paaie, damme en riolering. (Enige 2 x 2) (4)

4 EKONOMIE V1 (NOVEMBER 2014) 2.3 DATA RESPONS 2.3.1 Is die vergoeding of betaling vir die gebruik van produksiefaktore wat beperk is in aanbod. (2) 2.3.2 Vraag en aanbod. (2) 2.3.3 Die aanbod van natuurlike hulpbronne is vas en is beperk tot dit wat die natuur aan ons voorsien Dit is beperk omdat die hulpbronne nie mensgemaak is nie Hierdie hulpbronne is skaars in verhouding tot die vraag daarvoor Die beskikbaarheid van nie-hernieubare hulpbronne kan nie verhoog word indien meer hulpbronne vereis word nie. Dit is egter moontlik om meer van die beskikbare hulpbronne uit te buit Die nadeel hiervan is dat dit dan gouer opgebruik sal word Nuwe tegnologie kan die produktiwiteit van sommige natuurlike hulpbronne verbeter (Enige 2 x 1) (2) 2.3.4 Ekonomiese huur = R35 000 R10 000 = R25 000 (4) 2.4 Vergelyk eienaarskap en motivering as die ekonomiese eienskappe van sentraal beplande en gemengde ekonomiese stelsels in tabelvorm. Sentraal beplande Eienaarskap Produksiefaktore, behalwe arbeid is in staatsbesit. Arbeidsdienste word egter deur die staat bestuur. Daar is nie privaat besit van eiendom, grond of besigheid nie. Alle privaat eiendom is genasionaliseer. Nasionalisasie is ʼn praktyk om hierdie kenmerk te versterk. Motivering Verbruikers, ondernemings en staat word aanvaar om almal onbaatsugtig te wees, en saam te werk tot voordeel van die gemeenskap. Dit is in teenstelling met meeste ekonomiese agente in mark ekonomieë wie aanvaar word om slegs deur eiebelang gemotiveer word. (4) Gemengde ekonomie Eienaarskap Verbruikers, produsente en organisasies besit meeste van die produksiefaktore. Die staat mag ʼn beduidende gedeelte besit. In SA, besit die staat direk grond en kapitaal, deur sy ondernemings soos Transnet, Telkom, Poskantoor, Eskom, SABC en Waterraad. Motivering In die privaat sektor van die gemengde ekonomie, word aanvaar dat verbruikers en produsente deur eiebelang gemotiveer word. Die openbare sektor, word egter aanvaar om gemotiveer te word deur die noodsaaklikheid om die sosiale behoeftes van die gemeenskap te bevredig. (4) (8)

(NOVEMBER 2014) EKONOMIE P1 5 2.5 Bespreek die ekonomiese belangrikheid van die tersiêre sektor in die ekonomie. 2.5.1 Bydrae tot die BBP Die tersiêre sektore maak tans die grootste bydrae tot Suid-Afrika se BBP. Die bydrae het van 51% van die BBP in 1960 gestyg tot 67% in 2010. Dit toon dat ons ekonomie meer ontwikkeld raak soos wat produkte van die ander sektore in formele markte verhandel word. 2.5.2 Bydrae tot werkverskaffing en opleiding Die tersiêre sektor is die grootste werkverskaffer in die ekonomie. Dit het 71% van die arbeidsmag in 2010 in diens gehad. Dit verskaf werk aan hoogs geskoolde sowel as semi-geskoolde en ongeskoolde werkers. Geleenthede vir opleiding word verskaf deur meeste besighede in hierdie sektor, beide in staats- en privaatbesit. 2.5.3 Bydrae tot ekonomiese groei Die groei van die tersiêre sektor was meer as dié in enige van die ander sektore. Die groei in die tersiêre sektor vir die sewe jare vanaf 2003 tot 2010 was baie hoër as in die primêre en die sekondêre sektore. Oor hierdie tydperk was die tersiêre sektor die enjin van groei wat die ander sektore getrek het. 2.5.4 Bydrae tot uitvoere Lande voer dienste uit wanneer hulle dienste, aan buitelanders, verkoop, soos versekering en hawefasiliteite. Lande kan ook dienste invoer. Die groei van die tersiêre sektor was meer as in enige van die ander sektore. (Enige 4 x 2) (8) [40]

6 EKONOMIE V1 (NOVEMBER 2014) VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES 3.1 3.1.1 Vergelyk lewensstandaard. Dui lewensstandaard aan. Dui ekonomies ontwikkeling aan. (Enige 2 x 1) (2) 3.1.2 Inkome verdeling wat in nie in verhouding tot die aantal persone in die bevolking is nie. (Enige toepaslike antwoord) (2) 3.2 DATA RESPONS 3.2.1 Dis al die geboude fasiliteite wat nodig is vir ekonomiese ontwikkeling, bv. paaie, telefone en hospitale, ens. (2) 3.2.2 Ekonomiese infrastruktuur vervoer, water, sanitasie, elektrisiteit, ens. Sosiale infrastruktuur gesondheid, behuising, kultuur aktiwiteite (2) 3.2.3 Vervoer (2) 3.2.4 Bepaal die sukses van vervaardiging en landbou-aktiwiteite. Verbeter lewens Verminder armoede Brei kulturele vooruitgang uit (Enige 2 x 2) (4) 3.3 DATA RESPONS 3.3.1 Inflasie is aanhoudende styging in die algemene prysvlakke oor ʼn periode van tyd. (2) 3.3.2 3% tot 6% (2) 3.3.3 Die waarde van geld is laag/het gedaal. (2) 3.3.4 Gesondheid Vervoer Onderwys (Enige 2 x 2) (4) 3.4 Bespreek die redes vir ongelyke verspreiding van inkome. Ongelyke besit van rykdom Soos rykdom inkome genereer in die vorm van winste, rente en dividende, veroorsaak verskille in rykdom verskille in inkome. Verskille in die samestelling van huishoudings Sommige huishoudings is groot en ander is klein. Verskille in vaardighede en kwalifikasies Die met gevorderde vaardighede en kwalifikasies sal heel waarskynlik hoër inkome verdien. Diskriminasie Die inkome van sommige groep is benadeel deur diskriminasie in terme van werksgeleenthede, salaris en bevorderings geleenthede. (Slegs gelys maks. 4 punte) (4 x 2) (8)

(NOVEMBER 2014) EKONOMIE P1 7 3.5 Elemente van IK Die ekonomiese element Sluit in landbou-aktiwiteite, bv. lewende hawe en gewasverbouing. Mynbou bv. goud, yster en koper. Vervaardiging bv. boerdery-implemente soos ploeë, huishoudelike eetgerei, handwerk en juwele. Dienste bv. gesondheidsorg, medisyne, mediese behandeling en versorging. Die sosiale (kulturele) element Sluit in geloof en godsdienstige aktiwiteite bv. ontspanning en onderwys. Lewe volgens die beginsels van Batho-Pele (plaas mense eerste) en Letsema (bied aan om meer te doen). Die bestuur (politieke) element Sluit in die gesagstelsel bv. konings, hoofmanne en die regstelsel bv. verhore en strafmaatreëls. (2 x 4) (8) [40] VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES 4.1 4.1.1 Duursame goedere Nie-duursame goedere Semi duursame goedere Dienste (Enige 2 x 1) (2) 4.1.2 Ekonomiese groei is ʼn toename in die produksiekapasiteit van goedere en dienste in ʼn land oor ʼn jaar, in fisiese terme. (2) 4.2 DATA RESPONS 4.2.1 Nuwe Groeipad is ʼn makro-ekonomiese beleid wat in 2010 bekendgestel is om armoede en werkloosheid te beveg en werkskepping te prioritiseer. (2) 4.2.2 Is om vyf miljoen werksgeleenthede teen 2020 te skep. (2) 4.2.3 Om die sigbaarheid en samewerking van Suid-Afrika se R860 miljard se openbare investering veldtog, te verbeter. Dit sal alle sfere van die regering, verskeie nasionale departemente en SBOs insluit. Sal daarna streef om regulerende en befondsing beperkings op te hef. Stel vyf-jaar projek voorkeure Skep sekerheid oor verwagte ontwikkelings en nywerheids nadraaie. Ondersteun die herlewing van die treinspoor infrastruktuur Verkry beheer oor die lewensiklus onderhoud uitdaging en verbeter skakeling met arm en plattelandse gemeenskappe. (Enige 1 x 2) (2)

8 EKONOMIE V1 (NOVEMBER 2014) 4.2.4 Infrastruktuur Landbou- en landbouverwerking Mynbou- en mineraalverdeling Vervaardiging Toerisme en verkose dienste (Enige 2 x 2) (4) 4.3 DATA RESPONS 4.3.1 Besparings Geskenke Waardering van bates Geluk Entrepreneurs aktiwiteite (Enige 2 x 1) (2) 4.3.2 Individue spaar wanneer hulle hulleself daarvan weerhou om hulle hele inkome te bestee Hulle versamel rykdom wanneer hulle kontant terughou, deposito s maak, premies betaal op versekeringpolisse en beleggings maak. (4) 4.3.3 Lorenz-kurwe Gini-koeffisiënt (2) 4.3.4 Hulle is noodsaaklik vir ekonomiese groei en ontwikkeling. (2) 4.4 Bespreek geld as n waardedraer en geld as n rekeneenheid as funksies van geld. Geld as ʼn waardedraer Geld word welgemeen aanvaar, daar sal altyd individue, besighede en huishoudings wees wat in besit is van geld. Nadat geld ontvang word as ʼn inkome, word dit gehou en betalings word gemaak wanneer goedere en dienste gekoop word. Werkers ontvang byvoorbeeld hulle inkome een maal ʼn week of maand en spandeer dit gedurende die maand tot die volgende maand se salaris ontvang word. Besighede ontvang geld wanneer huishoudings en ander debiteure hulle rekeninge betaal. Wanneer geld gehou word, dien dit as waardedraer totdat dit gebruik word om vir goedere en dienste te betaal. Geld wat nie spandeer word nie, vorm deel van persoonlike rykdom van individue en besighede. Geld as ʼn waardedraer word ook gebruik om persoonlike rykdom te berg. (Enige 2 x 2) (4) Geld as rekeneenheid Goedere en dienste wat te koop is, het altyd ʼn prys. Prys word uitgedruk in terme van standaardgeld, byvoorbeeld in rand en sent. Wanneer iets ʼn prys het, dien geld as ʼn rekeneenheid. (Enige 2 x 2) (4)

(NOVEMBER 2014) EKONOMIE P1 9 4.5 Onderskei tussen kapitaal verbreding en kapitaal verdieping. Kapitaal-verbreding Gebeur wanneer die kapitaalvoorraad teen dieselfde koers as die arbeidsmark groei, wat lei tot die gemiddelde hoeveelheid kapitaal per arbeider wat dieselfde bly. Byvoorbeeld, in n span van 20 werkers is daar 10 grawe (kapitaalgoedere), wat n arbeid tot kapitaalverhouding van 2 : 1 gee. As die werkers toeneem tot 30, moet die werkgewer belê in nog 10 grawe om die arbeid tot kapitaal verhouding te behou. Die werkers kan nou hulle vorige produksievlak per werker volhou. Daar sal geen ekonomiese groei, geen verandering in die reële BBP en die reële BBP per capita wees nie en ook geen verandering in die lewensstandaard wees nie. (Enige 2 x 2) (4) Kapitaal-verdieping Gebeur wanneer die hoeveelheid kapitaal per werker toegeneem het, dit is, wanneer die koers waarteen die kapitaalvoorraad toeneem, hoër is as die koers waarteen die arbeidsmag toeneem. Byvoorbeeld, wanneer die aantal werkers toeneem van 20 na 40, moet die werkgewer belê in nog 20 grawe om n totaal van 30 grawe te verskaf. Dit verhoog die kapitaal tot arbeidverhouding van 2 : 1 (of 4 : 2) tot 4 : 3. Dit sal die span werkers toelaat om meer werk te doen en doeltreffendheid verhoog. So, kapitaal verdieping lei tot n toename in die reële ekonomiese groei wat die lewensstandaard van die bevolking sal verbeter. Dit is omdat dit lei tot n hoër reële BBP en hoër BBP per capita. (Enige 2 x 2) (4) [40] TOTAAL AFDELING B: 80

10 EKONOMIE V1 (NOVEMBER 2014) AFDELING C (Beantwoord enige EEN vraag uit hierdie afdeling) VRAAG 5 Bespreek die ekonomiese belangrikheid van entrepreneurskap. As toevoeging, bespreek hoe die Suid-Afrikaanse regering entrepreneurskap aanmoedig. INLEIDING n Entrepreneur is n persoon wat die risiko neem om n nuwe besigheid te begin en te finansier om die behoeftes van verbruikers te bevredig deur die ander produksiefaktore doeltreffend te kombineer om n wins te maak. (Enige toepaslike inleiding is aanvaarbaar) Maks. (2) INHOUD Belangrikheid van entrepreneurskap Entrepreneur word in klein en groot ondernemings gevind. Omdat daar soveel meer klein ondernemings is, is die bydrae van entrepreneurs in die kleiner ondernemings beduidend. Oor die wêreld heen, blyk kleiner sake ondernemings die natuurlike teelaarde te wees vir entrepreneurs. Kleiner besighede laat hulle meer vryheid toe om hulle eie innovasies toe te pas. In Suid-Afrika, begin baie entrepreneurs hulle eie mikro-besighede in die informele sektor om vir hulleself werk te verskaf. Baie van hierdie entrepreneurs in die informele sektor is werkloos, arm mense wat die sakewêreld betree, bloot om te oorleef, sonder die fondse, vaardighede en kennis om n sukses van hulle besigheid te maak. Hulle behoort erkenning te ontvang omdat hulle, hulle eie behoeftes bevredig. Lande wat n kultuur van entrepreneurskap aanmoedig, soos Japan, VSA en Europa, word gekenmerk deur ekonomiese rykdom wat weerspieël word in hulle bevolkings sê hoë per capita inkome. In lande waar n kultuur van entrepreneurskap ontbreek, soos in die voormalig Sowjetunie, lande in Oos- Europa, Afrika en selfs Suid-Afrika, is die per capita inkome baie laer. Suksesvolle entrepreneurs lewer n beduidende bydrae in die ekonomie van die gemeenskap waarin hulle sake bedryf asook tot die ekonomie van die land. Hulle bydraes is as volg: Hulle bevredig die behoeftes van verbruikers in die gemeenskap deur goedere en dienste te voorsien wat die gemeenskap vereis. Hulle verskaf werk aan inwoners van die gemeenskap. Sodoende plaas hulle inkome in die hande van werkers en verbruikers en help dit om die lewensstandaard van die werkende mense te verhoog. Hulle help dikwels om werkloosheid te verminder. Hulle dien as n mark vir die natuurlike hulpbronne of grondstowwe van die gemeenskap, so hulle verskaf inkome aan die eienaars van hierdie hulpbronne.

(NOVEMBER 2014) EKONOMIE P1 11 Verantwoordelike entrepreneurs toon leierskap in die verantwoordelike gebruik van skaars hulpbronne. Hulle produseer nie goedere en dienste of stel afval vry in die aarde, water of atmosfeer, wat die omgewing kan beskadig nie. Entrepreneurs maak produksie n realiteit, as gevolg van die hoë vlak van hulle strewes en motivering asook die dryfveer om goeie winste te maak. Soos wat hulle streef om hulle eie take meer doeltreffend uit te voer, help hulle om produktiwiteit te laat toeneem. Deur al hierdie aktiwiteite, lewer entrepreneurs n positiewe bydrae tot die ekonomiese groei van die gemeenskap waarbinne hulle werk asook die ekonomiese groei van die land. (Enige 13 x 2) (26) As toevoeging, bespreek hoe die Suid-Afrikaanse regering entrepreneurskap aanmoedig. As gevolg van die belangrikheid van entrepreneurskap in Suid-Afrika, het die regering sleutel-instellings geloods om Suid-Afrika se histories benadeelde entrepreneurs (vroue en jeug in besonder) te magtig om nuwe besighede op te rig. Sommige van hierdie instellings is die volgende: Die Klein ondernemings ontwikkelings-agentskap (Small Enterprise Developing Agency Seda) wat nie-finansiële hulp, soos mentor programme, sake advies, hulp met regerings tenders en ondersteuning met tegnologie aan klein ondernemings lewer. Khula Kredietvrywaring Skema (Khula Credit Indemnity Scheme) verskaf toegang tot finansiering deur verskeie skemas en mikro-krediet in plattelandse gebiede, ten einde klein ondernemings te ondersteun tot voordeel van nuwe swart entrepreneurs. Sake Vennote Bpk. (Business Partners Ltd) is n spesialis beleggingsgroep, wat spesifiek aangepaste investering, mentorskap en eiendomsbestuur dienste beskikbaar stel aan KMO s in Suid-Afrika. (5 x 2) (10) SLOT Entrepreneurs is nodig vir die ekonomiese groei van n land. Regerings waardeer en erken hulle belangrikheid. (Enige toepaslike slot is aanvaarbaar) Maks. (2) [40]

12 EKONOMIE V1 (NOVEMBER 2014) VRAAG 6 Bespreek die kenmerke van ontwikkelende lande. As toevoeging, verduidelik kortliks die ontwikkelingsstrategieë wat n land kan implementeer. INLEIDING Ekonomiese ontwikkeling is n proses van transformasie waartydens die inwoners van n land n hoër lewensstandaard, meer werksgeleenthede, regeringsinmenging en minder armoede ervaar. (Enige toepaslike inleiding is aanvaarbaar) Maks. (2) INHOUD 1. Lae lewensstandaard Die lewenstandaard van die meeste mense is laag. Hulle verdien lae inkome wat lei tot armoede, gebrek aan behuising. Die lae lewenstandaard word gemanifesteer in: (a) (b) (c) Armoede n Groot aantal mense lewe onder die armoedelyn. Armoede word gekenmerk deur onvoldoende behuising, swak gesondheid, beperkte onderwys, hoë kindermortaliteit, werkloosheid en n gevolg van wanhoop. n Huishouding wat in armoede lewe, het nie genoeg inkome om sy behoeftes te bevredig nie. Swak gesondheidstoestande Mense ly aan wanvoeding en siektes. Hierdie lande het nie genoeg voedsel nie. Hulle is afhanklik van hulp van ontwikkelde lande. Gebrek aan onderwys Die vlak van onderwys en opleiding is baie laag. Daarom ervaar hulle lae produktiwiteit en lae inkome. Onderwys is noodsaaklik om ontwikkelende lande te verlos uit die siklus van armoede. 2. Lae vlakke van produksie Produktiwiteit per capita is baie laag. Die rede hiervoor is die swak gesondheid, swak onderwys en opleiding. Daar is n gebrek aan kapitaal om masjinerie en toerusting te koop en om menslike hulpbronne te ontwikkel. 3. Hoë vlakke van werkloosheid en onder indiensname Die meerderheid van mense is werkloos of onder indien geneem. Dit is omdat daar min nywerhede is. Dit lei tot lae inkome en ʼn lae lewensstandaard.

(NOVEMBER 2014) EKONOMIE P1 13 4. Hoë bevolkingsgroeikoers Hulle het n baie hoë bevolkings groeikoers. Die aantal kinders onder 15 jaar maak gewoonlik omtrent 40% van die bevolking uit. Elke gesin het n groot aantal afhanklikes. 5. Hoë afhanklikheid van primêre sektor Hulle het gebrekkige ekonomiese strukture. Hulle is meestal afhanklik van die landbousektor. Dit is omdat daar geen vervaardigingsondernemings is nie. Hulle maak ook staat op die uitvoer van primêre produkte soos basiese voedsel en grondstowwe. Inruil, voer hulle klaarprodukte in wat met hulle materiaal vervaardig is. Hulle voer grondstowwe uit teen lae pryse en voer die klaarprodukte in teen hoë pryse. Hulle het groot buitelandse skuld as gevolg van die gebrek aan kapitaal. Hulle vind dit moeilik om die lenings of die rente terug te betaal. 6. Gebrekkige infrastruktuur Ontwikkelende lande het nie genoeg infrastruktuur nie. Die bietjie wat daar is, is in n slegte toestand. Hulle het slegte paaie, brûe, spoorlyne en kommunikasienetwerke. 7. Lae lewensverwagting Mense sterf op n jong ouderdom as gevolg van n gebrek aan gesondheidsdienste. Die uitbreek van MIV en Vigs het die lewensverwagting selfs verder laat afneem. (Enige 13 x 2) (26) ADDISIONELE GEDEELTE (Indien slegs genoem, maks. 7 punte) 1. Die groei georiënteerde ontwikkelingsbenadering Hierdie benadering beskou die kwaliteit van die produksiefaktore en hoe hulle aangewend word as belangrike elemente ter ondersteuning van groeistrategieë. Natuurlike hulpbronne Hulle aanbod is beperk en kan nie vermeerder word nie, maar produksie van die grond kan verhoog word deur boerderymetodes te verbeter, kunsmis te gebruik, ens. Ontwikkelende lande behoort sekondêre nywerhede op te rig om primêre grondstowwe te verwerk en finale goedere produseer. Hulle moet nie net grondstof hulpbronne in n onverwerkte vorm uitvoer nie.

14 EKONOMIE V1 (NOVEMBER 2014) Arbeid (menslike hulpbronne) - Lande kan dit op baie maniere verbeter. Onderwys en opleiding sal die algemene vaardigheidsvlakke in n land verhoog. Gesondheidsorg behoort verbeter te word om te verseker dat die arbeidsmag gesond, energiek en meer produktief kan wees. Bevolkingsgroei moet bestuur word deur gesinsbeplanningsprogramme sodat die bevolking ondersteun kan word deur sy natuurlike hulpbronne en armoede kan beveg. Kapitaal Kapitaalvorming is noodsaaklik vir die ekonomie om te ontwikkel. Verkryging van kapitaal is n belangrike bestanddeel vir groei. As kapitaal doeltreffend toegeken word, sal ekonomiese groei toeneem. Die regering behoort fisiese infrastruktuur te voorsien waar die mark misluk om dit te doen. Entrepreneurskap n Gees van entrepreneurskap en programme moet ontwikkel word om mense aan te moedig om risiko s te neem, nuwe besighede te open en produktief te wees. 2. Die basiese behoefte ontwikkelingsbenadering In teenstelling met die groei-georiënteerde benadering, beskou die basiese behoeftes teorie, ontwikkeling as n funksie om basiese menslike behoeftes te bevredig, soos voedsel, water, skuiling en klere. Dit streef daarna om die armes te ondersteun, massa ontneming te verlaag en elkeen die geleentheid te bied om n vol lewe te leef. Dit fokus op die verskaffing van goedere en dienste wat ontneem word van bevolkingsgroepe. 3. n Gedeelde benadering Dit is n kombinasie van die groei-georiënteerde benadering en die basiese behoeftes teorie. Ontwikkeling as n funksie om basiese menslike behoeftes te bevredig benadering. Hierdie teorie glo dat ekonomiese ontwikkeling benodig n hoë ekonomiese groeistrategie, terwyl dit terselfdertyd fokus op basiese dienste en inmenging om die armes by te staan. Die ontwikkeling strategie wat die land volg om die inkome van die armes te verhoog kan nie permanent op oordragte gebaseer word nie. Dit behoort gebaseer te word op die skepping van langtermyn geleenthede vir mense om op hulle eie n ordentlike bestaan te maak. (Enige 5 x 2) (10) (Indien slegs genoem, maks. 5 punte)

(NOVEMBER 2014) EKONOMIE P1 15 SLOT Alhoewel sekere gemeenskaplike kenmerke geïdentifiseer kan word, bestaan daar beduidende verskille tussen ontwikkelende lande. In die kategorie van ontwikkelende lande, verskil die vlak van ontwikkeling, bv. n ontwikkelende land soos Brasilië het n baie meer gevorderde ekonomie as die van Somalië. (Enige toepaslike slot is aanvaarbaar.) Maks. (2) [40] TOTAAL AFDELING C: 80 GROOTTOTAAL: 150