Die Hoërskool DF Malan

Vergelijkbare documenten
Die Hoërskool DF Malan

Die Hoërskool DF Malan

Laerskool Olifantsvallei

Laerskool STULTING Primary School

SPANVERBAND : Algeheel 1-3 in A Bond Interhoër INDIVIDUEEL: Verwerf 950+(J) en 900+(S) ABSA 2007 punte 2 x Verwerf in seisoen

Omsendbrief 19/ Junie 2015

Koorsang is die een aktiwiteit wat nie seisonaal gekenmerk word nie en dus is leerders wat deelneem hieraan regdeur die jaar pligsgetrou.

1. JUNIOR PRIMêRE FASE: GR. 1-3

JV-NUUS. Meyerstraat 1072 Tel : /1/2 Rietfontein Webblad: ERRATA

HOËRSKOOL WONDERBOOM HOËRBOOM WONNIEBELEID

Laerskool Olifantsvallei

Tygienuus. SATERDAG 28 April Meneer Peet Schoeman verjaar! Juffrou Anje Swanepoel verjaar! Juffrou Estelle Kriek verjaar!

Die Hoërskool DF Malan

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

BROEDIE NUUS. Maandprogram is aangeheg. Welkom Mnr André! Sien Jaarkalender op Communicator

NOTULE VAN DIE BOLAND TWEEKAMP JAARLIKSE ALGEMENE VERGADERING WAT GEHOU IS OP 27 MEI 2016 IN DIE PAARL TE CALEDONVILLE

Daar is altyd drie opsies:

Maak jou huisgesin jou nommer een aardse verpligting. ~ Solly Ozrovech ~

LEEUWENHOF AKADEMIE LAERSKOOL NUUSBRIEF NR. 23/ JULIE 2017

1. SPORT 1.1 Krieket Dankie aan die o.9 krieketspelers wat Saterdag aan wedstryde deelgeneem het.

Uit die hoof se kantoor. Inhoud

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Skiet: Interprovinsiaal. Skiet: Interprovinsiaal. Netbal: O/14 O/18 GSS Proewe. Kopiereg 2017 Hoërskool Linden. Alle regte voorbehou.

Indien daar n gelykopuitslag is, sal daar van die 8 sekondestrafhou gebruikgemaak word aangesien dit by Noordvaal ook gebruik gaan word.

Dit gaan nie oor hoeveel jy omgestamp word nie; dit gaan oor hoeveel keer jy agterna opstaan.

Koorsang is die een aktiwiteit wat nie seisonaal gekenmerk word nie en dus is leerders wat deelneem hieraan regdeur die jaar pligsgetrou.

Wapport 7 24 Februarie 2017

LAERSKOOL ELARDUSPARK MERIETE BELEID

Geagte graad 9-Ouer/Voog en leerder VAKKEUSES VIR VOO-FASE

Matriekeindeksamen begin. Kopiereg 2017 Hoërskool Linden. Alle regte voorbehou.

Laerskool Olifantsvallei

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II SKRYF EN AANBIED (LU3) TAAL (LU4)

Laerskool Olifantsvallei

fotografienuus wyd Towerlantern Fotografie oor fotografie mei mei Towerlantern Fotografie

Hier trap ons diep spore...

Tygienuus. 18 Oktober 2017 PROGRAM VIR DIE WEEK:

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Januarie ALGEMEEN

GEAGTE OUERS VOLGENDE WEEK SE PROGRAM. 19 Mei 2017 Webtuiste: \ Gimmieraadsokkie

Uit die hoof se kantoor

SOILL PRODUSENTE NUUSBRIEF

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur

LAERSKOOL ELIGWA. 1. PERSONEEL Baie welkom aan die nuwe personeel by ons skool. Ons hoop en vertrou dat hulle baie gelukkig gaan wees.

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2012

Soos in die verlede sal GLB verversings te koop aanbied (sien grondplan vir die kiosk ).

My denke bepaal my geluk. Omsendbrief 097 van April 2017 KUNSWEDSTRYD 2017

1. ALGEMENE INLIGTING

LAERSKOOL EIKESTAD VOORGESKREWE SKOOL- EN SPORTDRAG. (Soos op 19 November 2014)

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

O/13A - NETBALSPAN IS DIE NAASWENNERS VAN DIE POTCHEFSTROOMSE NETBALLIGA

Leerders wat sonder n mediese sertifikaat afwesig is, sal nie toegelaat word om die vraestel te skryf nie en sal n 0-punt vir die vraestel ontvang.

WEEKBRIEF 9 VAN 2018 UIT DIE KANTOOR

LPENGPN. Studiebrief 101/0/2018. Taalvaardigheid. Jaarmodule. Departement Taalonderwys, Kuns en Kultuur

HOëRSKOOL PORTERVILLE

LAASTE UITGAWE BULLETIN 29 NOVEMBER 2017

HUISWERKRIGLYNE - INTERSENFASE: GR

JAARPROGRAM KWARTAAL 1

Het jy enige onnodige bekomstighede, hetsy vir die woonwa of huis, stuur gerus n epos met besonderhede aan my:

GROOTFONTEIN KUIERFEES

JUNIE-EKSAMEN GRAAD 11

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

GRAAD 11 NOVEMBER 2016 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3

Les 1 vir 7 Oktober 2017

22 JUNIE 2016, KWARTAAL 2, UITGAWE 18. Vir bespreking kontak gerus vir ds. Natalia Strydom by

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

GRAAD 12 SEPTEMBER 2013 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3

GRAAD 12: AFRIKAANS HT VRAESTEL 3: SKRYF

Omsendbrief 27/ Oktober 2018

Pieter, waarheen gaan jy? Ek wil ook graag deeltyds werk. Ek kom saam met jou. Ek gaan werk soek. Ek wil ook n werk hê.

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

BROEDIE NUUS. WOENSDAG, 28 Junie, KW.2. Leed

Kultuur: Erkenning vir Groepe S K O O L P R O D U K S I E

2 nd Chances... Wiskunde

Kingswood College Departement Afrikaans AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 12 VRAESTEL 2

SURICATA AMPTELIKE NUUSBRIEF VAN HOËRSKOOL MONTANA

OB2/2017. FOTO S Ons vra asseblief dat alle fotogeld nie later as Woensdag, 17 Mei 2017 by mnr Malan inbetaal sal wees.

Prestasies Menlopark B eindig algeheel 6de van 20 skole in 2009 se Super 12 vir Laerskole kompetisie.

Kingswood College Departement Afrikaans AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 12 VRAESTEL 2

Laerskool Horison Graad

GEAGTE OUERS VOLGENDE WEEK SE PROGRAM PICK N PAY-PROJEK. 26 Julie 2018 Webtuiste: Uitgawe: 21

SAWA Kongres in Beeld: 8-10 Oktober 2010

HUISWERKRIGLYNE - SENIORFASE: GR

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Die Hoërskool DF Malan

Skaak: Oefening (kamer 59) 13:00 14:00 (gr. 1-2), 14:00 15:00 (gr. 3-7)

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 FEBRUARIE/MAART 2011

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

LEEUWENHOF AKADEMIE LAERSKOOL NUUSBRIEF NR. 12 / APRIL 2017

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

GEAGTE OUERS. 14 Oktober 2016 Webtuiste: Uitgawe: 33

Laerskool Wonderboom BELEID OOR MERIETE: KULTUUR

30 November 2017 JANUARIE 2018

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Uit die hoof se kantoor. Inhoud

Kleur jou lewe in! Kleurvol op die Wonniewerf. 2 Maart 2017

Jakkals lê eendag heerlik en

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

AANDAG: DIE HOOF & BEELD-KONTAKPERSOON

1. ALGEMENE INLIGTING

Transcriptie:

Die Hoërskool DF Malan Frans Conradierylaan, Bellville 7530 Tel (021) 948 8781 Faks (021) 948 2996 E-pos : skoolhoof@dfmalan.com Webtuiste : http:// www.dfmalan.com Nuusbrief 3 27 Junie 2014 Beste DF-Ouers Met die aanbreek van die winterreses, glo ek dat almal uitsien na n heerlike Kaapse vakansie of na daardie lank beplande wegbreek. Dis egter ook tyd vir voorraadopname na die bedrywighede van die afgelope semester. Die kwartaal was weer volgepak met aktiwiteite en Dee-Effers het op vele terreine van hulle laat hoor. Een van die gewilde items op die jaarprogram was die aanwysing van Mnr. en Mej. DF Malan 2014. Hier is Claudia van Rooyen en Peadon Smith, wat vanjaar met die louere weggestap het. Enkele van die spogprestasies word in die nuusbrief vermeld, maar u kan ook gerus meer oor die Dee-Effers se doen en late by www.dfmalan.com lees. Die Bloemfonteinse Skrywersvereniging Hoërskool DF Malan het vanjaar weer sy stem behoorlik dik gemaak in die BSV se Nasionale Skryfwedstryd, Skrywers 2014. Volgens die organiseerders van die kompetisie, kyk hulle met trots terug na n hele lys gerekende en bekroonde skrywers wie se sluimerende skryftalent aanvanklik deur hierdie skryfwedstryd uitgewys is. DF Malan bring vanjaar vier van die vyf wisseltrofeë huis toe. Daarbenewens

word Christi Barkema (gr. 9) aangewys as wenner in die junior afdeling met Dominic Roux (gr. 9) in die tweede posisie. In die senior afdeling is die eerste drie plekke ingepalm deur Carli Blignaut (gr. 12), Zanré van Staden (gr. 11) en Simònn Meyer (gr. 11) onderskeidelik, terwyl Anneke Tucker (gr. 10) in hierdie afdeling eervol vermeld is. Carli Blignaut is ook aangewys as die algehele skoleprosawenner. Carli en Simònn (agter) en Dominic, Christi en Zanré (voor) is die aspirantskrywers wat op die foto verskyn. Skrabbel Nog n geleentheid waartydens die skool se sestigste verjaardag gevier is, was die produksie Skrabbel, wat deur die dramadepartement op die planke gebring is. Te oordeel aan die gehoor se reaksie, voorspel dit n blink toekoms vir DF-drama in die volgende sestig jaar! Van die akteurs in hierdie heelskoolproduksie is (v.l.n.r.) Larissa le Roux, Louise Nöthling, Jaco Engelbrecht, Melissa Myburgh, Barry Vorster, Liana Eksteen en Harvard Koegelenberg (agter) Rugby DF beleef tot dusver n positiewe seisoen en die sukses van die rugbytoer vroeër vanjaar na Witrivier in Mpumalanga is beslis besig om vrugte af te werp. Die eerstespan spog op hierdie stadium met 6 oorwinnings uit hul 10 wedstryde, terwyl die ander A-spanne ook wenpersentasies van meer as 50 persent handhaaf. Die goeie ondersteuning by tuiswedstryde is beslis n motivering vir ons rugbyspelers. Ons is ook bevoorreg om genooi te word om teen SACS te speel hopelik gaan dit n jaarlikse instelling word.

Krieket Ons krieketspelers het die afgelope seisoen die DF-naam hoog gehou. Drie spanne, naamlik die o.14a, o.19b, asook die eerstespan, het na die finale van hul onderskeie ligas deurgedring het. Die o.14 s het in die finaal vasgeval teen Fairmont, terwyl die twee o.19-spanne as gevolg reën nie die finale kon afhandel nie en hul ligas moes deel. Die eerstespan het die bordjies ook deeglik verhang toe hul gedurende Interskole oortuigend met Bellville afgereken het. DF-krieket het vanjaar n nuwe borg aan boord. In samewerking met Seeff is n nuwe krieketakademie gestig. Tydens die Julie-vakansie sal ons eerste krieketkliniek by die Seeff/DF Malan Krieketakademie plaasvind. Ons sien ook daarna uit om die verbeterde binnenshuise geriewe in die Franszen-gimnasium in gebruik te neem. In samewerking met die nuutgestigte DF Malan Ondersteunersklub is n baie suksesvolle dag saam met Bokradio aangebied waartydens nie net blootstelling aan die skool nie, maar ook aan DF-krieket gegee is. Die eerstespan glimlag breed na n suksesvolle krieketseisoen!

Hokkie Sestien DF-hokkiespelers is gekies om verskillende WP-skoolspanne te verteenwoordig. Hulle is Simoné Strydom (o.18a), Danélle Botha, Lianca Strydom en Rizaan van der Merwe (o.18 Noord-Zone), Alvine Steenkamp (o.16b), Jana Fourie (o.16 Noord-Zone) en Luceel Beukes, Mila de Jongh, Melissa Denton en Anuska Enslin (o.14 Noord-Zone). Seuns wat in die WP-spanne opgeneem is, is Christo van Graan en Mighael van Schalkwyk (o.18 Noord-Zone), Bernard de Beer en Corné Pauw (o.18 Noord-Zone, Uitnodigingspan), asook Duan Warnich (o.14 Noord-Zone). Die Premierspan seuns speel aan die begin van volgende kwartaal in die Cape Town International Hockey Festival. DF Malan se Premierspan dogters speel in Augustus in Oranje Meisies se Top 8 Hokkietoernooi. Die land se top 8 hokkieskole van 2013 is genooi om in hierdie toernooi deel te neem.

Netbal DF Malan kan vanjaar met sestien netbalspelers in die WP- en Wes-Kaapspanne spog. Op die foto verskyn (voor) Megan van Wyk, Lie-Ann Veenstra, Dillian Pienaar, Saskia Stander, Claudia van Rooyen en (agter) Anine van Dyk, Charisa Geyer, Emma Pretorius, Anika van der Merwe, Carla Werth en Karla Opperman. Nika Jordaan, Alexandra May, Ciaoly Gabriel, Kaylen van Wyk en Megan Witte was afwesig toe die foto geneem is. Ander prestasies Janneke Malan is in die SA Senior Nasionale Swemspan opgeneem wat in Augustus in Australië gaan deelneem. Daar sal sy teen swemmers van Japan, Kanada, VSA en Australië meeding. Dit is die eerste keer dat Janneke, wat al vantevore die SA Junior Span verteenwoordig het, in die SA Senior Swemspan opgeneem is. Ons is baie trots op haar!

Danielle Rossouw het beide die UNISA en Royal Schools of Music se Graad 8-klarineteksamens afgelê en met n skitterende 90% en 95% onderskeidelik geslaag. Danielle is ook gekies om in die vakansie klarinetmeestersklasse in België by te woon. Die DF-koor het die afgelope kwartaal puik presteer. By die Tygerberg en Paarl Eisteddfods is 88% en 95% onderskeidelik behaal, terwyl hulle by die ATKV-kompetisie met n goud-toekenning weggestap het. Vakansiegebeure n Groep Dee-Effers kry weer die geleentheid om die jaarlikse Zambië gemeenskapsavontuur, wat deur DF gereël word, mee te maak. Vanjaar word daar ook personeel en leerders van Paul Roos Gimnasium en Hoërskool Bonnievale in die groep ingesluit. DF ondersteun die aktiwiteite en projekte van die Foundation for Cross Cultural Education se gemeenskapsbasis in die Masaiti-distrik van Zambië. Die groep, wat deur me. Pauw vergesel word, gaan ook 'n draai by die Victoria waterval maak. n Hockey 5 s-toernooi vind gedurende die vakansie op die DF-astro plaas. Ag DF-netbalspelers gaan die vakansie in Margate aan die All Ages Kampioenskappe deelneem. Hulle is Tamzyn Groenewald (o.14), Megan Witte (o.16), Carla Werth, Lie-Ann Veenstra, Anika v.d.merwe, Anine van Dyk (o.17), Saskia Stander en Dillian Pienaar (o.18). DF se gholfspan, vergesel deur mnr. Charl Marais en n groep ouers, onderneem hierdie vakansie n toer na Mauritius. Kontakbesonderhede Indien u kontak- of werksbesonderhede die afgelope ses maande verander het, stel asseblief die skool in kennis by admin2@dfmalan.com.

Wetenswaardig DF se Ondersteunersgroep nooi alle Dee-Effers, ouers en oudleerders na n Pretdag op 24 September. Daar sal geleentheid wees om Nasionale Braaidag en terselfdertyd DF se sestigste verjaardag saam met die ouers te vier. n Pretloop oor n afstand van 6 km sal by die Jack Muller-Park plaasvind. Alle leerders word uitgenooi om vir DF aan die Spur Skool Bergfiets Liga op 19 Julie by die Boy Louw Sportgronde in die Paarl te gaan deelneem. Vervoer vir leerders en hul fietse sal vanaf die skool beskikbaar wees. Vir meer inligting skakel mnr. de Wet by dewet.jpd@gmail.com Baie dankie aan almal wat die skool met ons Senõr Chef-projek ondersteun het. n Wins van R34 132 is deur die projek ingesamel. Die bestellings word teen die einde van Julie by die skool afgelewer en sal dan saam met die leerders huis toe gestuur word. Alumni Danksy die harde werk van me. Francine Punt, is daar n baie positiewe groei in ons databasis van oudleerders. Enige inligting oor DF-alumni kan asseblief aan alumni@dfmalan.com gestuur word - ons wil graag met nog meer oudleerders kontak maak. Besoek gerus ook ons alumni se amptelike facebook-blad by Hoërskool DF Malan: Amptelike Oudleerders- en Reünieblad. My School Card Hoërskool DF Malan se ondersteuners het hierdie maand deur die gebruik van die My School Card n bedrag van R9 500 ingesamel. Baie dankie hiervoor en onthou om die vakansie hierdie kaart byderhand te hou! Meer inligting is by www.myschool.co.za verkrygbaar.

Kwartaalprogram: Derde Kwartaal 21 Julie : Skool heropen (dag 1) 31 Julie : Vakkeuse-aand: gr. 9 10 Aug : Musiekaand 18-23 Aug : Interskoleweek 26 Aug : Erekleurefunksie (Sport) 28 Aug : Erekleurefunksie (Kultuur) 29 Aug : Gr. 11-dag 29 Aug : Gr. 9-vakkeuse sluit 1 Sept : Rugby-afsluiting 2 Sept : Hokkie-afsluiting 3 Sept : Netbalafsluiting 5 Sept : Matriekeksamen : Toetsreeks (gr. 8-11) begin 19 Sept : Toetsreeks eindig 24 Sept : Erfenisdag 26 Sept : Matriekeksamen eindig 30 Sept : Matriekafskeid 3 Okt : Skool sluit Saam met hierdie nuusbrief ontvang u ook u kind se akademiese verslag. Hierdie rapport is baie belangrik en gee ook n aanduiding wat die res van die jaar verwag kan word. U moet dit asseblief noukeurig bestudeer en met u kind bespreek. Indien daar enige navraag of bekommernis is, moet u nie huiwer om die skool in die nuwe kwartaal te kontak nie. Baie dankie aan elke lojale Dee-Effer wat help om hierdie n skool van uitnemendheid te maak. n Besondere dankie aan die ma s wat so getrou ons leerders wat uitdagende omstandighede ervaar, ondersteun dit word opreg waardeer. Aan diegene wat n bietjie kan gaan uitspan geniet dit en kom veilig tuis! Vriendelike groete. Joh Dorfling SKOOLHOOF