Endossemente. Werkstukke vir Hoofstuk 11. Verskillende endossemente. Paragraaf 2 - Artikel 4(1)(b) endossement Om n fout te herstel i i i

Vergelijkbare documenten
Dorpstigting. Werkstukke vir Hoofstuk 10. Paragraaf 1 - Agtergrond Aansoek om registrasie van algemene plan; en opening van n dorpsregister i i

Hereregte. Werkstukke vir Hoofstuk 5 - DEEL 3. Paragraaf 2 - Bedrag hereregte betaalbaar. Sien die puntetoekenning in die vorige werkstuk

BTW. Werkstukke vir Hoofstuk 4 - DEEL 3

VEILINGSVOORWAARDES VASTE EIENDOM. Koper(s): ERF 207 en ERF 208 te Karoo Hoogland Munisipaliteit, WILLISTON. Opgestel deur :

Deeltitels. Werkstukke vir Hoofstuk 1 (Deel 2) Paragraaf 2 - Woordomskrywings i i i. Paragraaf n Skema op een of meer stukke grond i i

DAT op hierdie (dag) dag van (maand) in die jaar Twee Duisend en... (jaar) (20.. )

Modelantwoorde vir die Transportbesorgingseksamen. September Deel 1. Selfstudie Aktekursus. Vraag1 - Modelantwoord [10] 1.

Die 3 Groot Menere. Maatskappyewet. Werkstukke vir Hoofstuk 6 - DEEL 3

OPSIE-OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN :

Hoofstuk D1 HUURPAG. Afdeling A: Huurpag met betrekking tot die Wet op Ontwikkeling van Swart Gemeenskappe, No.4 van 1984

Die Kleiner Wette. Werkstukke vir Hoofstukke 9-27 van DEEL 3. Hoofstuk 9 - Beskermingsmaatreëls vir Behuisingsverbruikers

Hoofstuk 12 INTESTATE ERFOPVOLGING

Modelantwoorde vir die Transportbesorgingseksamen. September Deel 1. Selfstudie Aktekursus. Vraag 1 - Modelantwoord [20] Opgestel deur my

IN DIE HOË HOF VAN SUID AFRIKA GAUTENG AFDELING, PRETORIA

DIE RAAD BEHOU DIE REG VOOR OM N KORTING TOE TE STAAN, AL DAN NIE. AFDELING A

Aansoek om deur Ruimsig Gemeente Leraar in die eg verbind te word.

Modelantwoorde vir die Transportbesorgingseksamen. September Deel 1 Selfstudie Aktekursus

VEILINGSOOREENKOMS. NADEMAAL die Verkoper begerig om onder die beskerming van S.A. Holstein 'n veiling te reël op te,

EIS OM VERGOEDING INGEVOLGE DIE WET OP MINERAAL- EN PETROLEUM-HULPBRONONTWIKKELING

Transportakte. Werkstukke vir Hoofstuk 4. Sentrum vir Aktepraktyk Paragraaf 4.3 & Beskrywing van transportgewer en transportnemer i i i

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

DIE NORMALE VOLGORDE VAN GEBEURE TYDENS DIE OORDRAG VAN ONROERENDE EIENDOM

Registrateurskonferensiebesluite

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE

AANSOEK OM STUDIELENING

MODULE 3: GEBOUE. Ja. Dit ís n huis. En hierdie is versekering. Eenvoudige, verstaanbare, duidelike versekering.

AANSOEK: GEASSOSIEëRDE LID

AANSOEK OM LIDMAATSKAP VORM 1

Registrateurskonferensiebesluite

Modelantwoorde vir die Transportbesorgingseksamen. September Deel 1. Selfstudie Aktekursus. Vraag 1 - Modelantwoord [10] 1.1.

Vereistes vir Fica. Tipe dokumentasie wat vereis word

VOORWAARDES VAN VERKOPING VAN ONROERENDE EIENDOM. Die volgende sal voorwaardes van verkoping wees waarvolgens sekere vaste eiendomme bekend as :

AANSOEK OM GEDEELTELIKE / VOLLE VRYSTELLING VAN SKOOLGELD

AANBOD OM TE KOOP AAN. F J D TRUST IT2390/1995 Hierin verteenwoordig deur FRANCOIS JOSEPHUS DERCKSEN (hierna genoem die Verkoper)

KOOPKONTRAK VIR N VOLTOOIDE DEELTITEL EENHEID

Posbus 31, KLERKSDORP, 2570 AANSOEK VIR DIE OPNEEM VAN SENWESBEL AANDELE

ARBEIDSREG ABR214. T:

DIENSKONTRAK MEMORANDUM VAN OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: hierin verteenwoordig deur behoorlik daartoe gemagtig (hierna die WERKGEWER genoem)

Karoo Meat of Origin Sertifiseringskema

WYSIGINGSWETSONTWERP OP REGISTRASIE VAN AKTES

UITSPRAAK. [1] In hierdie uitspraak sal die partye na verwys word soos in konvensie in die hoofaksie.

IN DIE HOË HOF VAN SUID-AFRIKA VRYSTAATSE AFDELING, BLOEMFONTEIN SKILLFULL 54 (EDMS) BEPERK JOHANNES WAGENAAR HUMAN N.O.

VERKOOPSVOORWAARDES in terme waarvan VAN RENSBURG EN BEKKER VEILINGS (EDMS) BPK van Saffiersingel, Tamsui Industria, GEORGE

VEILINGVOORWAARDES. Die verkoop van hierdie eiendom sal in die geldkoers van die Republiek van Suid- Afrika geskied.

Blaai na die volgende bladsy, asb

Besonderhede van afhanklikes - Aftree/Pensioenfondse

Hoe om Jou Kind se Van te Verander

WET OP ERKENNING VAN GEBRUIKLIKE HUWELIKE 120 VAN 1998

FAKTORE EN VEELVOUDE

FPSA FISA RAADSEKSAMEN

REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA MAATSKAPPYWET, AKTE VAN OPRIGTING KRANSPOORT EIENAARSKOMITEE NWM 8 Maart 2016 Rev 1

HOOFSTUK 8 Die Nasionale Raad

KONSTITUSIE FICHARDTPARK WOONBUURT ASSOSIASIE 2 JUNIE 2010

NASIONALE LUSERNHOOI GRADERINGS- EN KWALITEITSKEMA (NLT SKEMA) AANSOEK OM REGISTRASIE EN/OF AKKREDITASIE

VERKOOPSVOORWAARDES In terme waarvan VAN RENSBURGS AUCTIONS (PTY) LTD van Saffiersingel, Tamsui Industria, GEORGE

VERKOOPSVOORWAARDES MEMORANDUM VAN BEDINGE EN VOORWAARDES WAAROP. Likiditer Afslaers BK ( Registrasienommer 88/05012/23 ) handeldrywend as

KONSTITUSIE VAN PRETORIA PAPEGAAI KLUB

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA

Toepaslike Eenheidstandaarde

DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2012

[1] Hierdie appèl is gerig teen die afwysing, met koste, van die appellant se. vorderings teen beide die eerste respondent en die tweede

P A U L R O O S Gymnasium / Gimnasium

AANSOEK OM LIDMAATSKAP

1.1 Erfenis Wes-Kaap (EWK) en die Departement van Kultuursake en Sport (DKES)

Eerste applikant. Tweede applikant. Derde applikant. Vierde applikant. Vyfde applikant. Eerste respondent. Tweede respondent.

AANSOEK OM TOELATING SLEGS VIR KANTOOR GEBRUIK. Aangeheg. Familie Kode: Toelatingskode:

MUNISIPALITEIT DEERNIS BELEID

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT (NSS) GRAAD 11 HALFJAAR EKSAMEN AFRIKAANS HUISTAAL DERDE VRAESTEL (NSC11-06) D C

MUNISIPALITEIT DEERNIS BELEID / (HERSIEN EN GEWYSIG)

Die horisontale as verteenwoordig die invoerveranderlike en die vertikale as die uitvoerveranderlike, en die twee asse sny by n gesamentlike nulpunt.

Inleiding Tot Die Jagluiperd

OOS-RAND AKADEMIE NASKOOLSENTRUMVRYWARING

[1] Die beskuldigde is aanvanklik op 29/08/2005 deur die. landdros, Botshabelo skuldig bevind aan huisbraak met die

2015 AKADEMIESE JAAR

TWK AGRICULTURE HOLDINGS PROPRIETARY LIMITED (TWK LANDBOU) AANSOEK VIR DIE GOEDKEURING AS AANDEELHOUER

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10

DNK TRUST NASORG AANSOEKVORM 2017 n Aparte vorm moet vir elke kind voltooi word

Watter koek se dele lyk vir jou die grootste? Dis Reg! Die koek wat in 3 dele gesny is se dele is groter as die koek wat in 4 dele gesny is.

Voorafbeplanning: Begrafnis

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT REKENINGKUNDE GRAAD 12 NOVEMBER 2012 SPESIALE ANTWOORDEBOEK

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10

Verlof 251 A. OORSIG. Die aantal dae wat n werknemer gewoonlik in ses weke sou gewerk het binne n siklus van 36 maande.

FASILITEITSBESTUUR SE PLANON-STELSEL

ARBEIDSREG ABR214. T:

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

Naskool Tel:

KLIËNT INLIGTING KLIËNT. Voornaam: Identiteitsnommer / Geboortedatum: Posadres: Kode: Woonadres: Kode: PERSOON AANSPREEKLIK VIR REKENING.

NUUSBRIEF: JANUARIE 2014

TENDERVOORWAARDES. GRAAN SUID-AFRIKA Blok C Alenti Park, 457 Witherite Road, The Willows, Pretoria (hierna genoem die Verhuurder )

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

IN DIE HOe HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD GAUTENG HOe HOF, PRETORIA)

AANSOEK OM TOELATING: NUWE INSKRYWING

Kom ons kyk nou gou net na die getalle van nul to by 999 en selfs groter, as n hersiening van plekwaardes. Bewerkings met telgetalle

Lees asseblief die volgende inligting noukeurig voordat u hierdie vorm invul

REKENINGKUNDE: VRAESTEL I

KOOPKONTRAK ERF LANGEBAAN KOPER:

KOOPKONTRAK MEMORANDUM VAN N OOREENKOMS AANGEGAAN EN GESLUIT TUSSEN:

Dokumentnommer: HUUROOREENKOMS

Transcriptie:

Werkstukke vir Hoofstuk 11 Endossemente Totale getal punte uit hierdie hoofstuk gevra Sep 2009-47 Mei 2009-50 Sep 2008-0 Mei 2008-14 Sep 2007-10 Mei 2007-28 Sep 2006-33 Mei 2006-44 Sep 2005-38 Mei 2005-37 Sep 2004-0 Jul 2004-37 Sep 2003-69 Mei 2003-28 Sep 2002-31 Mei 2002-11 Sep 2001-10 Mei 2001-21 Sep 2000-10 Mei 2000-2 Sep 1999-39 Mei 1999-0 n Gemiddeld van 25.4 punte uit 22 vraestelle Belang van dié hoofstuk: 8,5% van die vraestel Verskillende endossemente Sien Vraag 5 op bladsy 40 van jou notas. Paragraaf 2 - Artikel 4(1)(b) endossement Om n fout te herstel i i i Vraag 1 (Deel 1) Mei 2009 [30] Sin King-Ship is die geregistreerde eienaar van eenheid 1 in die deeltitelskema Titanic. Die volgende foute verskyn in sy deeltitelakte ST 193/2008 wat geregistreer is in die Aktekantoor: 1 Hy word verkeerdelik beskryf as getroud buite gemeenskap van goedere terwyl hy inderdaad getroud is binne gemeenskap van goedere met Lee King-Ship; 2 Sy identiteitsnommer word verkeerdelik aangedui en moet lees 550911 5203 08 0 en nie 950911 0202 08 0 nie; 3 Die deeltitelskema word verkeerdelik beskryf as SS Bismarck en die beskrywing van die Dorpsgebied ontbreek; en 4 Die grootte van die eenheid word verkeerdelik weergee as 100 vierkante meter en moet wees 95 vierkante meter. U is die transportbesorger en ontvang opdrag van Salvage Bank om n verband te registreer in diese guns vir geld geleen aan Sin King-Ship. Stel die dokumente op wat ingedien moet word gelyktydig met die verband wat geregistreer moet word ten einde die bogemelde foute in die deeltitelakte reg te stel. Voorsien u eie verdere besonderhede. Vraag 1 (Deel 2) Mei 2008 [8] 1.1 Watter foute kan reggestel word in terme van artikel 4(1)(b) van die Registrasie van Aktes Wet 47/1937? [3] 1.2 X en Y is getroud buite gemeenskap van goedere maar was verkeerdelik beskryf in n geregistreerde Akte van Transport as getroud binne gemeenskap van goedere met mekaar. Die tersaaklike eiendom is n residensiële erf in n Dorp. Kan die fout reggestel word deur n aansoek in terme van artikel 4(1)(b) van die Registrasie van Aktes Wet 47/1937? Motiveer u antwoord. [2] 1.3 Sal dit enige verskil maak aan u antwoord tot vraag 1.2 indien die eiendom Landbougrond is soos omskryf in die Wet op Onderverdeling van Landbougrond 70 van 1970 en die grond aan hulle oorgedra was deur n maatskappy? Motiveer u antwoord. [3] Vraag 1.3 het op Deel 3, Hoofstuk 3, Onderverdeling van Landbougrond, betrekking. Vraag 1 (Deel 1) Mei 2005 [24] Let daarop dat hierdie vraag ook in Werkstuk 9, SGT s - (paragraaf 1), verskyn, weens vraag 1.1. Paul Brown Identiteitsnommer 501010 5050 087, is die geregistreerde eienaar van Erf 73 Highfields kragtens Akte van Transport T100/1985. Gemelde Paul Brown en Hoofstuk 11 - Werkstukke vir Endossemente 1

Robert Brown is die geregistreerde eienaars in gelyke aandele van Erf 74 Highfields. Paul Brown is buite gemeenskap van goed met Joan Harding in 1991 getroud. Paul Brown se Identiteitsommer word verkeerdelik as 511010 5010 087 in hulle HVK (No. H200/1991) aangedui. Paul Brown leen R100 000,00 by XYZ Bank. Die bank versoek dat hy n verband oor sy eiendom registreer. 1.1 Stel sodanige aansoek op wat benodig mag word om u in staat te stel om die verband te kan registreer. [12] 1.2 Stel die dokumente op wat benodig word om die verkeerde identiteitsnommer reg te stel. [12] ANTWOORD - 1.2 Opgestel deur my TRANSPORTBESORGER Frantzen E Aansoek en beëdigde verklaring kragtens artikel 4(1)(b) van die Aktes Wet, 47 van 1937 Ek, die ondergetekende, Paul Brown Identiteitsnommer 501010 5050 08 7 Getroud buite gemeenskap van goedere verklaar hiermee onder eed soos volg:- 1. My korrekte identiteitsnommer is 501010 5050 08 7. 2. My identiteitsnommer in Huweliksvoorwaardeontrak H200/1991 word foutiewelik weergegee as 511010 5010 087. 3. Daar is geen ander akte of dokument geregistreer of geliasseer in die aktekantoor te Pietermaritzburg waarin my identiteitsnommer foutief weergegee is nie. 4. Die fout is te wyte aan n fout in transportbesorging. 5. Die verbetering sal nie n oordrag van n reg tot gevolg hê nie. Ek doen hiermee aansoek by die Registrateur van Aktes te Pietermaritzburg om voormelde Huweliksvoorwaardekontrak H200/1991 te verbeter deur my identiteitsnommer 501010 5050 087 korrek daarin weer te gee. GETEKEN EN BEëDIG TE Durban op hierdie 11de dag van Mei 2005 met die erkenning van die verklaarder dat hy vertroud is met die inhoud van hierdie verklaring en dat hy dit verstaan. Kommissaris van Ede 1 Vraag 5 (Deel 1) Julie 2004 [12] n Akte van Transport van n eiendom was geregistreer en die volgende voorwaarde is uit die akte weggelaat, naamlik: Geregtig op Serwituut van Reg van Weg 3 (Drie) meter breed, oor Erf 100 Farrarpark, gehou kragtens Akte van Transport no. T3000/1984. Stel die dokumente op wat benodig word om die saak reg te stel. Verskaf die verdere besonderhede wat benodig word. ANTWOORD - Opgestel deur my TRANSPORTBESORGER Le Roux GJ Aansoek en beëdigde verklaring kragtens artikel 4(1)(b) van die Akteswet 47 van 1937 Ek, die ondergetekende John Smith Identiteitsnommer 800123 5009 078 Ongetroud verklaar hiermee onder eed dat - 1. Ek die geregistreerde eienaar is van Erf 99, Farrarpark, Registrasie Afdeling IQ, Provinsie van Gauteng, gehou kragtens Akte van Transport T82000/1984. 2. Die voormelde eiendom is geregtig op n Serwituut van Reg van Weg 3 (drie) meter wyd oor Erf 100 Farrarpark Dorp, welke voorwaarde foutiewelik uitgelaat is uit die voormelde Akte van Transport T82000/1984. 3. Ek rig hiermee aansoek aan die Registrateur van Aktes te Johannesburg ingevolge die bepaling van Artikel 4(1)(b) van Wet 47 van 1937 vir die inlywing van die volgende voorwaarde in Akte van Transport T82000/1984 P Brown 1 Die volgende inligting van die Kommissaris van ede moet onder sy handtekening gemeld word, naamlik: volle name, aanstelling en fisiese adres. Hoofstuk 11 - Werkstukke vir Endossemente 2

naamlik: Geregtig tot n serwituut van Reg van Weg, 3 meter wyd oor Erf 100 Farrarpark Dorp, gehou kragtens Akte van Transport T3000/1984. J Smith GETEKEN en BEëDIG voor my te Kaapstad op 28 Julie 2004 deur die verklaarder wie erken dat hy ten volle op hoogte is met die inhoud van hierdie verklaring en dat hy dit verstaan KOMMISSARIS VAN EDE Vraag 10.2 (Deel 1) September 1999 [24] Paul Brown, Identiteitsnommer 501010 5050 08 7 ongetroud, is die geregistreerde eienaar van Erf 73 Highfields kragtens Transportakte No T100/1985. Paul Brown en Robert Brown is die eienaars van Erf 74 Highfields kragtens Transportakte T600/1990. Paul besit ¾ aandeel in Erf 74 en Robert ¼ aandeel. Paul Brown is in 1991 met Joan Harding buite gemeenskap van goedere getroud. In hulle HVK (No H200/1991) verskyn Paul Brown se identiteitsnommer verkeerdelik as 511010 5010 08 7. Paul Brown leen R100,000.00 by XYZ Bank. Die bank het vereis dat hy n verband passeer oor al die eiendom wat hy besit. Paul Brown verkry n lening in die bedrag van R100,000.00 van XYZ Bank wat as sekuriteit n verband verlang oor Erf 73 en Paul se aandeel in Erf 74. 10.1 [Welke akte of dokument, buiten die verband, moet geregistreer word om die beoogde verband te kan registreer? Stel die aansoek wat benodig word op. Voorsien u eie verdere besonderhede. [12] Dié vraag het op Hoofstuk 9 - SGT s - betrekking] 10.2 Stel die dokument op wat nodig is om die foutiewe identiteitsnommer reg te stel. [12] Sien die VOORBEELD in die VOORBEELDEBUNDEL Vraag 3 (Deel 1) September 1998 [16] Erwe 100 en 101 Mountain View is gekonsolideer en staan nou bekend as Erf 300 Mountain View. Die eiendom is nie verbind nie en word steeds gehou onder die sertifikaat van verenigde titel. U ontvang opdrag om n gedeelte van Erf 300 oor te dra aan die koper daarvan. Tydens die opstel van die transportakte merk u op dat Erf 300 onderhewig gemaak is aan n serwituut vir munisipale doeleindes, 2 meter breed langs enige een grens, welke serwituut inderdaad slegs betrekking het op die voormalige Erf 101. Stel die dokument op wat benodig word om die voorwaarde reg te stel in die sertifikaat van verenigde titel. Voorsien sodanige besonderhede as wat nodig mag wees om die dokument te voltooi ten einde aan die Registrateur se vereistes te voldoen. Sien die VOORBEELD in die VOORBEELDEBUNDEL Paragraaf 3 - Artikel 16 endossement Transport aan die Staat of plaaslike owerheid Vraag 17 (Deel 1) September 2009 [4] A is die eienaar van vier eiendomme kragtens een transportakte. Een van die eiendomme is deur die Staat gekoop vir R500,000.00. Die Staat moet alle koste verbonde aan die oordrag betaal. U ontvang opdrag om toe te sien tot die oordrag. Hoe kan u dit op die mees koste-effektiewe wyse doen? Ook gevra in Vraag 3 (Deel 2) Mei 1998 vir 5 punte. Paragraaf 4 - Artikel 17(4) endossement Verandering van status, ens. i Vraag 3 (Deel 1) Mei 2010 [40] Greg Warner en David Mtshali is siviele verbintenisdeelgenote ( civil union partners ) in n siviele deelgenootskap ( civil partnership ) aangegaan op die 3de Julie 2007 in terme van die Civil Union Act No 17/2006. Hulle het n huweliksvoorwaardekontrak geregistreer. Hulle is die gesamentlike geregistreerde eienaars van eenhede 132 en 133 in die skema bekend as Happy Days. Die eenhede was geregistreer in hulle name kragtens Akte van Transport ST 99/2003 en hulle word daarin beskryf as ongetroud. 3.1 Greg en David wil hulle nuwe status laat aanteken in die Aktekantoor. Stel die aansoek op wat hulle nuwe status sal aanteken op Akte van Transport ST 99/2003. (15) 3.2 Aanvaar nou dat die veranderde status aangeteken is op Akte van Transport ST 99/2003. Greg Warner moet geld leen en sy Hoofstuk 11 - Werkstukke vir Endossemente 3

vriend, Paul, is bereid om die geld vir hom te leen op voorwaarde dat Greg n verband registreer oor sy aandeel in die eenhede ten gunste van Paul. David is nie bereid dat sy aandeel in die eenhede onderhewig gemaak word aan n verband nie. Stel die nodige aansoek en akte op wat nodig is om Greg in staat te stel om sy aandeel in die eiendom te verbind. Daar word nie van u verlang om die verband op te stel nie. (20) 3.3 Aanvaar nou dat die dokument/e in 3.2 geregistreer is. Greg het egter intussen n notariële voorkoopsreg geregistreer oor sy aandeel in die eiendom kragtens SK324/2010. U moet nou die verband registreer ten gunste van Paul. Stel slegs die eiendomsklousule/sekuriteitsklousule op soos dit in die verband sal verskyn. Paul is nie bekommerd oor die veranderde omstandighede nie. (5) Vraag 5 (Deel 2) September 2009 [10] U kliënt, John Brian Clark, het n eiendom in King William s Town gekoop voor sy huwelik in 1993 met Mary Elizabeth Clark, welke huwelik binne gemeenskap van goed was. Mary kwalifiseer vir n behuising-subsidie van haar werk maar dié sal slegs aan haar gegee word indien haar naam in die titelakte van die eiendom verskyn. Stel die nodige aansoek op vir die aanteken van Mary se naam op die titelakte. Voorsien u eie verdere besonderhede. Ook gevra in Vraag 2 (Deel 1) Mei 2003 vir 10 punte. n Soortgelyke vraag is gevra in Vraag 11 (Deel 1) September 2006 vir 14 punte. Vraag 5 (Deel 1) September 1997 [20] Larry White, identiteitsnommer 630102 6262 08 2, ongetroud, is die eienaar van Erf 150 Umkomaas, kragtens Transportakte T8282/86. Die eiendom is nie verbind nie. Larry White tree gedurende 1989 in die huwelik met sy huidige eggenote, Antoinette White. Die huwelik is binne gemeenskap van goed. Antoinette is nie gelukkig dat die eiendom slegs in haar eggenoot se naam geregistreer is nie. Die eiendom dien as hulle woning en sedert die huwelik is verbeterings aangebring met geld wat Antoinette in die huwelik gebring het. Larry is heeltemal bereid om enige stappe te doen om sy eggenote se belange te beskerm. Stel die dokument op wat die aktekantoor sal benodig om gevolg te gee aan die eggenotes se wense. Sien die VOORBEELD in die VOORBEELDEBUNDEL Paragraaf 5 - Artikel 24bis(2) endossement Transport uit vennootskap aan lede i i Sien Werkstuk 4, Transportakte, bladsy 13, Vraag 2.4 (Deel 1) September 2009 vir 5 punte. Vraag 3 (Deel 2) Mei 2009 [5] n Vennootskap besit onroerende eiendom. John Smith tree uit as vennoot en Peter Brown word n vennoot in die nuwe vennootskap met die oorblywende vennote. John Smith wil sy aandeel in die onroerende eiendom oordra aan die nuwe vennootskap. Beskryf hoe die oordrag sal plaasvind. Wie moet die Volmag om Transport te gee onderteken? Hierdie vraag is ook gevra in Vraag 14 (Deel 2) September 2007 vir 3 punte. Vraag 6 (Deel 1) September 2005 [15] Let wel, hierdie vraag is reeds in Werkstuk 4, Transportakte, gevra. Dit word hier herhaal ter wille van vraag 6.2. Vic Ellis, getroud buite gemeenskap van goed, James Ellis, ongetroud en Ralph Ellis, getroud binne gemeenskap van goed met Susan Ellis, dryf handel as Ellis Broers. Erf 893 Parow, groot 750 vierkante meter word deur die vennootskap aangekoop. 6.1 Hoe sal jy die vennootskap in die vestigingsklousule van die transportakte beskryf? [6] 6.2 Die vennote besluit om die vennootskap te ontbind en die eiendom word aan al die vennote toegeken. Stel die nodige aansoek op om gevolg te gee aan die ontbinding van die vennootskap sover dit die eiendom betref. [9] ANTWOORD 6.2 Opgestel deur my Hoofstuk 11 - Werkstukke vir Endossemente 4

Transportbesorger Le Roux GJ Aansoek kragtens artikel 24 bis(2) van die Akteswet 47 van 1937 Ons die ondergetekendes, 1. Vic Ellis Identiteitsnommer: 600406 5054 08 5 Getroud buite gemeenskap van goedere 2. James Ellis Identiteitsnommer: 591213 5055 08 6 Ongetroud 3. Ralph Ellis Identiteitsnommer: 630808 5056 08 2 Getroud binne gemeenskap van goedere met Susan Ellis doen hiermee aansoek by die registrateur van aktes te Kaapstad vir die endossering van Akte van Transport T112/2000, geregistreer ten gunste van voormelde Vic Ellis, James Ellis en Ralph Ellis handeldrywende in vennootskap as Ellis en Vennote, ingevolge Artikel 24bis (2) van die Akteswet 47 van 1937 wat betrekking het op die volgende eiendom naamlik:- Erf 893 Parow Stad van Kaapstad, Kaapse Afdeling, Provinsie van die Wes-Kaap, Groot: 750 (sewe honderd en vyftig) vierkante meter tot dien effekte dat voormelde eiendom nou vestig in: 1. Vic Ellis Identiteitsnommer: 600406 5054 08 5 Getroud buite gemeenskap van goedere 2 James Ellis Identiteitsnommer: 591213 5055 08 6 Ongetroud 3 Ralph Ellis Identiteitsnommer: 630808 5056 08 2 Getroud binne gemeenskap van goed met Susan Ellis Ons verklaar hiermee dat die voormelde vennootskap wat voorheen deur ons bedryf was, deur onderlinge ooreenkoms tussen die voormalige vennote op 25 Mei 2005 ontbind is. Geteken te Parow op 7 September 2005 As getuies: 1. 2. V Ellis J Ellis R Ellis [9] Paragraaf 6 - Artikel 25(3) endossement Transport aan nog onbekende kinders i i Vraag 6 (Deel 2) Mei 2012 [8] Die vestigingsklousule in n transportakte lui: Maxy Grey Identiteitsnommer 710622 0043 08 7 getroud binne gemeenskap van goed In trust vir die kinders reeds gebore of gebore te word uit die huwelik met gemelde Maxy Grey met Peter Grey. Die identiteit van al die kinders is nou vasgestel. Welke prosedure moet nou gevolg word ten opsigte van die Aktekantoor en lys die dokumente wat ingedien moet word by die Registrateur van Aktes? Vraag 3 (Deel 1) Julie 2004 [15] Die plaas Driftwood No. 1234, Distrik Vryheid, is deur Hendrik de Vries aan sy kleinkinders, die kinders gebore of nog gebore moet word van sy dogter Susan de Wet (getroud buite gemeenskap van goed met Daniel de Wet) nagelaat. Ten tye van Hendrik se afsterwe, het Susan geen kinders en is die eiendom getransporteer en vestig as volg: SUSAN DE WET Identiteitsnommer 500303 0567 080 getroud buite gemeenskap van goed IN TRUST VIR KINDERS GEBORE OF NOG GEBORE MOET WORD AAN SUSAN DE WET Susan is op 14 September 1999 oorlede en het twee kinders, naamlik Albert de Wet (gebore 15 Desember 1975) en Hendrina de Wet, (gebore 21 Maart 1985) nagelaat. Die eiendom is onderhewig aan n verband ten bedrae van R15 000,00 ten gunste van XYZ Bank. Stel die dokumente op wat u by die Registrateur van Aktes moet indien om die eiendom aan die kinders van Susan de Wet te transporteer. Welke dokumente moet ingedien word? ANTWOORD - Hoofstuk 11 - Werkstukke vir Endossemente 5

Aansoek kragtens Artikel 25(3) van die Akteswet 47 van 1937 Ons, die ondergetekendes: 1. Albert de Wet Identiteitsnommer 751215 5432 088 Ongetroud Opgestel deur my Transportbesorger Le Roux GJ 2. Daniël de Wet in my hoedanigheid as vader en natuurlike voog van Hendrina de Wet Identiteitsnommer 850321 0456 083 Ongetroude minderjarige Doen hiermee aansoek by die Registrateur van Aktes te Pietermaritzburg vir die endossering van Akte van Transport T4457/1972, kragtens die bepalings van Artikel 25(3) van die Registrasie van Aktes Wet 47 van 1937, waarkragtens gehou word - Die plaas Driftwood 1234 Registrasie Afdeling GS, Provinsie van KwaZulu- Natal GROOT 2002 (twee duisend en twee) Hektaar AANGESIEN die kinders van Susan de Wet nou bepaal is vanweë haar afsterwe op 14 September 1999, doen ons aansoek dat n aantekening op bogemelde titelakte aangebring word waarin die name van gemelde Albert en Hendrina de Wet vermeld word tot die effek dat hulle daarop geregtig is om met die gemelde eiendom te handel asof hulle formeel transport daarvan geneem het. Geteken te Vryheid op 28 Julie 2004. A DE WET D DE WET Die volgende dokumente moet ingedien word:- 1. Aansoek 2. Titelakte 3. Bewys dat die identiteit van al die kinders bepaal is. n Sterfkennis en sterftesertifikaat van die oorledene moet ingedien word asook afskrifte van identiteitsdokumente van die kinders 4. Verbandakte 5. Die verbandhouer se toestemming word nie benodig nie en die verband hoef nie ingedien te word nie. n Soortgelyke vraag is gevra in Vraag 8 (Deel 1) Mei 2002 vir 11 punte. Paragraaf 7 - Artikel 44 endossement Verbetering van kaart i i Vraag 8 (Deel 2) Julie 2004 [10] U kliënt, Mnr Abdul Moosa, is die eienaar van die plaas bekend as Pampoendrif No. 1298, buite Durban. Volgens Mnr Moosa se titelakte word die grootte van die plaas as 125,4709 hektaar aangedui. Mnr Moosa is oortuig dat sy plaas eintlik groter is en het hy die plaas laat her-opmeet. Die her-opmeting het bepaal dat die plaas eintlik 152,4709 hektaar groot is. Mnr Moosa se eiendom is onder verband ten gunste van ABC Bank Beperk vir n bedrag van R1,500,000 verbind. 8.1 Stel die dokument op wat benodig word om Mnr Moosa se titelakte reg te stel. 8.2 Verskaf n lys en bespreek kortliks al die stawende dokumente wat ingedien moet word. Soortgelyke aansoeke is gevra in: Vraag 8 (Deel 1) Mei 2005 vir 10 punte; Vraag 13 (Deel 1) September 2002 vir 14 punte; en Vraag 11 (Deel 1) September 1999 vir 5 punte. ANTWOORD - 8.1 Opgestel deur my TRANSPORTBESORGER Le Roux GJ Aansoek kragtens artikel 44 van die Registrasie van Akteswet 47 van 1937 Ek, die ondergetekende Abdul Moosa Identiteitsnommer 340505 5678 080 Getroud buite gemeenskap van goedere doen hiermee aansoek by die Registrateur van Aktes te Pietermaritzburg vir die endossering van Akte van Transport T5432/1970, kragtens die bepalings van Artikel 44(1) van Wet 47 van 1937, waaronder die volgende eiendom gehou word: Die plaas Pampoendrif NR. 1298 Registrasie Afdeling ET, Provinsie van Kwazulu- Natal Hoofstuk 11 - Werkstukke vir Endossemente 6

tot die effek dat die bogemelde eiendom heropgemeet is en as gevolg van sodanige heropmeting, die grootte van die grond herbepaal is en moet 152,4709 (een vyf twee komma vier sewe nul nege) hektaar wees kragtens Kaart LG Nr. 567/2001, welke kaart nou ingevolge bogemelde artikel die bestaande kaart van die grond moet vervang. Geteken te Durban op 28 Julie 2004. A MOOSA 8.2 Dokumente wat ingedien moet word 1. Aansoek 2. Titelakte 3. Nuwe kaart 4. Verband 5. Verbandhouer (ABC Bank Bpk) se toestemming Paragraaf 9 - Artikel 45bis(1)(a) endossement Geskeide gades i i i Sien Voorbeeld 11 G in die VOORBEELDEBUNDEL. Vraag 3 (Deel 1) Mei 1998 [24] James en Joan Price, wat getroud was in gemeenskap van goed, is geskei op 1 Maart 1998. Hulle is die geregistreerde eienaars van Erf 63 Ulundi onder Transportakte T66/1992. Kragtens die skikkingsooreenkoms wat deel van die hofbevel uitmaak, is die eiendom toegeken aan Joan Price. 3.1 Stel die dokument op wat deur n registrateur van aktes benodig word om gevolg te gee aan die hofbevel wat die eiendom betref. [16] Sien Voorbeeld 11 F-1 en 11 F-2 in die VOORBEELDEBUNDEL 3.2 Bespreek die hereregte implikasies. [8] (ANTWOORD: Sedert 2006 is geen hereregte meer betaalbaar nie.) Soortgelyke vrae is gevra in - Vraag 7 (Deel 1) September 2006 vir 7 punte Vraag 2 (Deel 1) Mei 2006 vir 30 punte Vraag 1 (Deel 1) September 2003 vir 40 punte Vraag 6 (Deel 1) Mei 2001 vir 20 punte Vraag 7 (Deel 1) September 1999 vir 11 punte Vraag 6 (Deel 1) September 2011 [30] van goed met mekaar getroud. Erf 1234 Kimberley was in beide se name geregistreer kragtens Akte van Transport T14654/1996. Die eiendom is onderhewig aan Verband B3214/1996. Kragtens n finale egskeidingsbevel in Junie 2010 is hulle huwelik ontbind. Die skikkingsakte het nie die vaste eiendom gehandel nie. In Januarie 2011 is Mnr Bob Mvula binne gemeenskap van goed getroud met Dorris. Die ex Mev Betty Mvula is ook in Maart 2011 getroud binne gemeenskap van goedere met Mnr Buhla. Die pasgetroude Mnr Bob en Mev Dorris Mvula wil n tweede verband oor die voormelde Erf 1234 Kimberley registreer. Mev Buhla (voorheen Mvula) het te kenne gegee dat sy geen belang in die eiendom het nie en is bereid om enige dokumente te teken wat benodig word om Mnr Bob en Mev Dorris Mvula in staat te stel om die tweede verband te registreer. 6.1 Stel al die dokumente op wat ingedien moet word in die aktekantoor (met uitsluiting van die tweede verband) om Mnr Bob en Mev Dorris Mvula in staat te stel om met die eiendom te handel. (22) 6.2 Meld al die bykomende dokumente wat u by die aktekantoor moet indien saam met die dokumente waarna in 6.1 hierbo verwys word. (7) 6.3 Die eiendom is gewaardeer vir R1 200 000,00. Bereken die hereregte betaalbaar, indien enige. (1) Hierdie vraag was ook gevra in Vraag 2 (Deel 1) Mei 2006 vir 30 punte. Paragraaf 10 - Artikel 45bis(1)(b) endossement Verandering van huweliksbedeling Geen vrae nie. Paragraaf 11 - Artikel 45bis(1A) endossement Onverdeelde aandele in grond Vraag 4 (Deel 1) September 2012 [30] Mnr Bob en Mev Betty Mvula was binne gemeenskap Hoofstuk 11 - Werkstukke vir Endossemente 7

A, die eienaar van erf 50 Bloemfontein, gee aan u opdrag om die eiendom oor te dra aan XYZ (Edms) Bpk die koper daarvan. A oorhandig sy titelakte aan u. Die eiendom is nie onder verband beswaar nie en is geregistreer in die name van A en sy eggenote Beth, getroud binne gemeenskap van goedere met mekaar. U stel A in kennis dat Beth (sy vrou) moet toestem tot die oordrag. A deel u mee dat hy en Beth drie jaar gelede geskei is en dat die gesamentlike boedel gelykop verdeel is. A lig u verder in dat hy n jaar gelede binne gemeenskap van goedere met C getroud is en dat daardie huwelik na slegs n paar maande ontbind is. Die egskeidingsbevel t.o.v. die tweede huwelik, bepaal dat C die voordele van die huwelik binne gemeenskap van goedere, verbeur. Na die egskeiding tussen A en Beth, het Beth in die huwelik getree met D, welke huwelik beheer word deur die reg van n vreemde land. Beth is bereid om haar samewerking te verleen ten einde die eiendom oor te dra in die naam van die koper, XYZ (Edms) Bpk, indien nodig. Sy verlang ook nie dat enige deel van die koopprys aan haar betaal moet word nie. Die titelakte bevat geen endossemente nie. 4.1 Welke registrasiehandeling/e sal moet plaasvind, op die mees koste-effektiewe wyse, alvorens u sal kan voortgaan met oordrag van die eiendom aan die nuwe koper XYZ (Edms) Bpk? (4) 4.2 Stel die dokument/e op wat ingedien moet word by die Aktekantoor ooreenkomstig u antwoord op vraag 4.1. U moet u eie verdere besonderhede gebruik ten einde die dokumente te voltooi. (20) 4.3 Beskryf die transportgewer/s volledig in die volmag vir oordrag van die eiendom aan XYZ (Edms) Bpk. U moet u eie verdere besonderhede gebruik. (6) Vraag 1 (Deel 2) September 2009 [15] Koos en Sannie Louw was binne gemeenskap van goed met mekaar getroud. Voor sluiting van die huwelik het Sannie Erf 1234 Belville, groot 900 vierkante meter en deur haar gehou kragtens Transportakte T 6578/1999, gekoop. Op 27 April 2005 is die huwelik ontbind kragtens n bevel van die Hooggeregshof, Kaapstad onder saaknommer 876/2005. Die hofbevel bepaal slegs dat die huwelik ontbind is en word die gemeenskaplike boedel nie aangespreek nie. Die party het geen verdere ooreenkoms aangegaan nie. Die eiendom is nie onder verband verbind nie. 1.1 Verskaf sodanige verdere inligting as wat nodig mag wees en stel die vereiste aansoek op om die korrekte regsposisie weer te gee in die aktekantoor. [12] 1.2 Meld die dokumente wat ingedien moet word ter ondersteuning van die aansoek. [3] Dieselfde vraag is gevra in - Vraag 1 (Deel 1) September 2005 vir 15 punte. Vraag 1 (Deel 1) September 2009 [10] John en Mary Smith, wat getroud was in gemeenskap van goed, is nou geskei. Hulle gesamentlike boedel moet ingevolge die hofbevel gelykop verdeel word. Ingevolge Transportakte T 1234/1988 is hulle die geregistreerde eienaars van woonerf 23 Glen Morgan waarop n woonhuis opgerig is. 1.1 Stel die vereiste dokument op om elkeen se eiendomsbelang op rekord te stel in die aktekantoor. [8] 1.2 Wat is die hereregte-implikasie wanneer daar van die veronderstelling uitgegaan word dat die waarde van die eiendom R1 000 000,00 is? [2] Vraag 5 (Deel 2) Mei 2009 [4] Onroerende eiendom was gekoop en geregistreer in die naam van die eienaar wie beskryf was as getroud buite gemeenskap van goedere. Na registrasie blyk dit dat daar nooit n huweliksvoorwaardekontrak geregistreer was vir die eienaar nie. Die eggenotes doen aansoek vir registrasie van n na-huwelikskontrak. Die kontrak swyg oor die onroerende eiendom. Hoe sal jy te werk gaan om die foute reg te stel voordat daar verder met die eiendom gehandel mag word? Paragraaf 12 - Artikel 58(2) endossement Transport aan insolvent Vraag 5 (Deel 2) Mei 2012 [12] Bespreek die drie maniere waarop onroerende eiendom, wat voorheen in die kurator gevestig het weer op die insolvent kan oorgaan (hervestig). U bespreking moet spesifiek verwys na welke dokumente, indien enige, by die Registrateur van Aktes ingedien moet word in elke geval. Vraag 12 (Deel 2) September 2009 [3] Hoofstuk 11 - Werkstukke vir Endossemente 8

n Ongerehabiliteerde insolvent konsulteer u om n verband te registreer oor sy eiendom wat hy verkry het na insolvensie. 12.1 Kan dit gedoen word? [1] 12.2 Is daar enige spesiale vereistes? Indien wel, sit hulle uiteen. [2] Vraag 3 (Deel 2) Mei 2008 [6] en Vraag 10 (Deel 2) Mei 2009 [6] Daar is drie maniere waarvolgens onroerende goed van n voormalige insolvente persoon wat op sy kurator oorgegaan het weer aan hom kan terugval. Noem en bespreek die drie gevalle kortliks. Paragraaf 13 - Artikel 68(1) endossement Verval van persoonlike serwituut i i Vraag 12 (Deel 2) September 2011 [7] 12.1 n Eiendom is onderhewig aan n vruggebruik. Die vruggebruik word gekanselleer deur middel van n Notariële Akte van Kansellasie aangegaan tussen die eienaar van die grond en die vruggebruiker. Moet n hereregte-kwitansie of hereregtevrystellingkwitansie ingedien word tesame met die Notariële Akte van Kansellasie? Motiveer u antwoord. (2) 12.2 Die vruggebruiker waarna verwys word in vraag 12.1 het gesterf. Bespreek hoe u die vruggebruik wat geregistreer is teen die eiendom sal hanteer. (3) 12.3 Moet u n hereregtekwitansie of hereregtevrystellingkwitansie indien wanneer u die situasie soos beskryf in vraag 12.2 hanteer? Motiveer u antwoord. (2) Vraag 17 (Deel 2) Mei 2011 [5] Vraag 7 (Deel 2) Mei 2009 [5] Meld die dokumente wat ingedien moet word in n aktekantoor om die verval van n persoonlike serwituut bv. n vruggebruik, te noteer. Vraag 11 (Deel 1) September 2003 [16] David Grove en Catherine Grove, is binne gemeen-skap van goed getroud en is die geregistreerde eienaars van Erf 55 Bartlett, groot 750 vierkante meter, kragtens Transportakte T2345/1998. Die titelakte meld dat die eiendom onderhewig is aan n vruggebruik ten gunste van David Grove se moeder, Martha Grove, ongetroud, wat op 7 Januarie 2003 oorlede is. U kliënt, Nobel Bank Bpk verlang dat u n eerste verband teen die eiendom moet registreer vir n bedrag van R100,000. 11.1 Stel die dokument op wat benodig word om met die vruggebruik te handel. Voorsien u eie verdere besonderhede. [10] 11.2 Watter dokumente moet tesame met 11.1 bo ingedien word? [6] ANTWOORD - 11.1 Opgestel deur my TRANSPORTBESORGER Le Roux GJ Aansoek kragtens Artikel 68(1) van die Akteswet 47 van 1937 Ons, die ondergetekendes David Grove Identiteitsnommer 701103 5009 081 en Catherine Grove Identiteitsnommer 760208 0003 089 Getroud binne gemeenskap van goed met mekaar doen hiermee aansoek by die Registrateur van Aktes te Pretoria vir die maak van n aantekening op Akte van Transport 23456/1998, kragtens die bepalings van artikel 68(1) van die Akteswet, 47 van 1937, waarkragtens gehou word - ERF 55 Bartlett Dorpsgebied Registrasie Afdeling IR, Provinsie van Gauteng GROOT: 750 (sewe honderd en vyftig) vierkante meter As geregistreerde eienaars van die bogemelde eiendom en vanweë die feit dat die vruggebruiker, Martha Grove, op 7 Januarie 2003 oorlede is, doen ek aansoek dat n aantekening op bogemelde transportakte gemaak word tot die effek dat die persoonlike serwituut van vruggebruik, gehou kragtens bogemelde transportakte, verval het. GETEKEN te Pretoria op 10 September 2003. D Grove Hoofstuk 11 - Werkstukke vir Endossemente 9

C Grove [10] 11.2 1. Titelakte van die grond 2. Aansoek in terme van Artikel 68(1) van die Akteswet 3. Sterftesertifikaat of Sterfkennis. [6] volmag nie) wat ingedien moet word by die aktekantoor om u in staat te stel om voort te gaan met die registrasie van die verband. Welke dokumente moet saam ingedien word? Sien die VOORBEELD in die VOORBEELDEBUNDEL Paragraaf 14 - Artikel 78(1) endossement Beëindiging van geregistreerde huur n Soortgelyke vraag is gevra in - Vraag 13 (Deel 1) Mei 2003 vir 15 punte. Vraag 12 (Deel 1) September 2003 [10] U kliënt James Nelson, getroud binne gemeenskap van goed met Yolanda Nelson, is die eienaar van Erf 150 Tigervallei Dorpsgebied, groot 1 500 vierkante meter, op welke eiendom n vulstasie opgerig is. Hy verlang dat die langtermyn huurkontrak wat teen die titelakte van die eiendom geregistreer is, gekanselleer moet word aangesien James Nelson en die huurder Wilbur Smith, skriftelik ooreengekom het om dit te kanselleer. Stel die nodige dokument op ten einde gevolg te gee aan bovermelde. Voorsien u eie verdere besonderhede. Sien die VOORBEELD in die VOORBEELDEBUNDEL Paragraaf 15 - Artikel 93(1) endossement Verandering van naam i i Vraag 2 (Deel 1) September 1997 [12] U ontvang opdrag van Uniform Bank Beperk om n verband in sy guns te registreer oor Erf 561 Milnerton deur John Brown, identiteitsnommer 470730 5004 08 0, getroud buite gemeenskap van goed, Michael Soap, identiteitsnommer 450205 5615 00 7, ongetroud en Samuel Obro, identiteitsnommer 480112 5412 00 8, ongetroud, wat handel dryf in vennootskap as Brobso Vennootskap. Die eiendom word gehou onder Transportakte T 53/1985. U ontvang die betrokke akte van die bank en toe u dit nagaan merk u dat die naam van die vennootskap daarin verskyn as Samijo Vennootskap. Uit navrae wat u doen, stel u vas dat die vennootskap se naam verander is na Brobso Vennootskap. Samijo Vennootskap is ook die eienaar van Erf 25 Table View onder Transportakte T7315/1969 welke erf vry is van verband. Stel die toepaslike dokument op (nie die verband of Hoofstuk 11 - Werkstukke vir Endossemente 10