Tema 6: Bekende plekke in Suid- Afrika

Vergelijkbare documenten
Week Luister en praat. 2. Lees en klanke. Werkboek 4: bl Spellingboek: bl Skrifboek: bl

Mondelinge werk aan die begin van die dag (Daagliks)

Tema 2: Water. Week Luister en praat. 2. Lees en klanke. Werkboek 1: bl Spellingboek: bl Skrifboek: bl

Tema 11: Hoe ek voel, wat ek moet doen, wat ek mag doen.

Mondelinge werk aan die begin van die dag (Daagliks)

Tema 3: Seisoene. Week Luister en praat. Werkboek 1: bl Spellingboek: bl Skrifboek: bl

Mondelinge werk aan die begin van die dag (Daagliks)

EERSTE KWARTAAL Tema 1: Klere en die materiaal waarvan dit gemaak is

Voorstelle vir informele assesseringsaktiwiteite

O, verdriet! Toe hulle die wiel wil vasdraai, is die moere. skoonveld. Hulle het seker in daardie rioolgat gerol, sê

Tema 8: Besoedeling en Herwinning

Week 5. Dag 1. Aktiwiteit 1: Luister en praat. Aktiwiteit 2: Klanke. Leermateriaal

Tema 8: Mense wat ons help

Tema 12: Feesdae. Week Luister en praat. 2. Lees en Klanke. Werkboek 4: bl Spellingboek: bl Skrifboek: bl.

VIERDE KWARTAAL Tema 10: Rolmodelle van verskillende

Week 6. Dag 1. Aktiwiteit 1: Luister en praat. Aktiwiteit 2: Klanke. Leermateriaal

Afrikaans Huistaal (Werkskedule) Graad 3 Kwartaal 1 Werkboek: Ons leer saam met Manie Muis. / Diftonge / Hannes en die koek / Zak die kat bak koekies

Tema 9: Natuurrampe. Week Luister en praat. 2. Lees en klanke. Werkboek 3: bl Spellingboek: bl Skrifboek: bl.

Week 8. Dag 1. Aktiwiteit 1: Luister en praat. Aktiwiteit 2: Klanke. Leermateriaal

Onderwyser lees die vergrote leesstuk Ben en Vis voor terwyl die leerlinge volg en met aandag luister.

Tema 3: Uitgestorwe en Bedreigde diere

Tema 2: Plaasboerdery, landbou en produkte

Luister en praat. Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun?

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

TWEEDE KWARTAAL Tema 4: Kommunikasie: In die verlede en vandag

GRAAD: 2 VAK: HUISTAAL KWARTAAL EEN FORMELE ASSESSERINGSTAAK (FAT) 1

Tema 5: Aansteeklike siektes

Abu Ali tel sy donkies

TWEEDE KWARTAAL Tema 4: Vervoermiddels Week 1

Week 6. Dag 1. Aktiwiteit 1: Luister en praat. Aktiwiteit 2: Klanke. Aktiwiteit 3: Gedeelde lees. Leermateriaal:

Daaglikse aktiwiteite word herhaal. Leerlinge vertel naweek se nuus. Een leerling se nuus word in die Klaskoerant geskryf.

Tema 7: Stories van dapper helde

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

die ark en neem jou gesin saam. Van almal op die aarde het jy die naaste aan my geleef. Binne 7 dae stuur Ek reën.

EKURHULENI NORTH. Die emmer met die gaatjie

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

GRAAD PUNTE: TYD: 1 uur NAAM: VAN: *3AFHL*

Jasper met sy lyf loop voor. Dan volg Anton met sy bene en laaste kom Ben met sy voete. Die hond jaag die kat in die boom, voor die huis.

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2012

Soek al die woorde met n y klank en skryf dit in jou woordeboek.

Hierdie toets bestaan uit 9 bladsye, die voorblad uitgesluit.

Is jy seker dis nie n voorry nie. Ek wonder of die kinders weet wat n voorry doen.

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Wat gebeur hier? Vertel vir jou maat.

Antonieme en sinonieme

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

NOORDWES PROVINSIALE ASSESSERING GRAAD 6

GRAAD: 3 VAK: HUISTAAL KWARTAAL EEN FORMELE ASSESSERINGSTAAK (FAT) 1

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Klein Klaas se avonture!

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 FEBRUARIE/MAART 2014

Vervoer - 01 * Siyavula Uploaders. 1 AFRIKAANS HUISTAAL 2 Vervoer 3 OPVOEDERS AFDELING 4 Memorandum

VIERDE KWARTAAL Tema 10: Familielewe Week 1

Tema 6: Troeteldiere. Week 7. Dag 1. Aktiwiteit 1: Luister en praat. Aktiwiteit 2: Klanke. Leermateriaal:

Ontmoeting 40. Welkom. Wyding. Woord. te maak, in vorms te giet en te laat droog word.)

VADERSDAG. Een van die raadslede van die sinagoge, 'n man met die naam Jaïrus, kom toe daar aan. Net toe hy vir Jesus sien, val hy op sy

Daaglikse aktiwiteite word herhaal. Leerlinge vertel nuus van die naweek en onderwyser skryf een leerling se nuus in die Klaskoerant.

MENTAL MATHS IN DIE KLASKAMER

Skryf n sin by leerling se nuus. Wys a- en A-klanke uit indien die letters in die nuus voorkom.

God eer Josef die slaaf

LESPLAN LEERPROGRAM: GELETTERDHEID GESELLEKTEERDE LU S & ASS LEERAKTIWITEITE HULPMIDDELS

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

EKURHULENI NORTH November 2015 Graad 05 Afrikaans EAT

Dit verg net n paar minute om n groot verskil te maak!

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 FEBRUARIE/MAART 2012

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

HANDLEIDING AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 4

Johannesburg Cluster Common Examination Vraestel 3

SKOOL AFRIKAANS - GR 6 JUNIE 2010 AFDELING A: KREATIEWE SKRYFWERK TOTAAL: 100 NAAM:

Pragtige Koningin Ester

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Kom ons kyk nou gou net na die getalle van nul to by 999 en selfs groter, as n hersiening van plekwaardes. Bewerkings met telgetalle

STUDIEVELD A SPORTSTORIES LES 1

Wiskundige Geletterdheid. Data Hantering. Opsomming van Data. Kwartiele

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 FEBRUARIE/MAART 2011

Vlotheid en intonasie

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies?

Lees en Leesgereedheid

Woordlys. ou vrou bouvallig hout kou blou woud goue goud Louwrens Douw tou gou-gou hou jou gou flou boud. Die ou vrou en die voël wat kon praat.

EKURHULENI NORTH November 2015 Graad 04 Afrikaans EAT

8 Die mens in die ruimte

qwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyui opasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfgh jklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvb nmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwer

Kyk op watter bladsye jy Rob die Robot kan sien wegkruip? Hallo maats. My naam is Rob die Robot. In hierdie boek gaan ons die volgende klanke aanleer.

Jakkals lê eendag heerlik en

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Letterlike en figuurlike taalgebruik

n Tempel Leier besoek Jesus

Om getalle voor te stel, te herken en te vergelyk *

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

Hoërskool Roodepoort Afrikaans HT Graad 8 Taak 11: Vraestel 3. TAAK 11 : Opstel en Langer transaksionele tekste

KWARTAAL OORSIG. Kleuter & Peuter reeks

Alfabetiese volgorde, lettergrepe en paragraaf skryf

Transcriptie:

Tema 6: Bekende plekke in Suid- Afrika Week 7 Werkboek 2: bl. 69-77 Spellingboek: bl. 42-45 Skrifboek: bl. 35-36 1. Luister en praat 3 dae 15 minute Mondelinge werk aan die begin van die dag (Daagliks) Bespreek die weerkaart en pas dit aan. Wens leerlinge geluk wat verjaar. Bespreek spesiale gebeurtenisse van die dag. Voltooi die register. n Paar leerlinge vertel hulle nuus. Neem beurte, luister sonder onderbreking en toon respek vir die spreker. Gefokusde luister en praataktiwiteite 78 Bespreek monumente in Suid-Afrika. n Groot geskiedkundige gebeurtenis of persoon word onthou deur n monument op te rig, sodat almal kan sien en onthou. Leerlinge vertel van monumente wat hulle gesien of besoek het. Dag 2: Die Vrouemonument Die Nasionale Vrouemonument is in Bloemfontein op 16 Desember 1913 onthul. Dit is opgerig om die tragedie te herdenk van 26 000 Afrikaner-vroue en kinders wat in die Anglo-Boereoorlog in konsentrasiekampe in haglike omstandighede gesterf het. Dag 3: Die Voortrekkermonument Die Voortrekkermonument staan op Monumentkop net buite Pretoria. Dit is in 1949 voltooi. Die argitek Gerhard Moerdijk het dit ontwerp. Voor die ingang is daar n beeld van n Voortrekkermoeder en haar kinders wat deur die beeldhouer Anton van Wouw gemaak is. In dié monument is daar n graniet senotaaf wat só geplaas is dat die son op 16 Desember (Geloftedag) presies op die senotaaf val. Dan skyn die son op die woorde: Ons vir jou Suid-Afrika. Die monument is opgerig ter herdenking van die Voortrekkers se moed en volharding in die stigting van die twee Boererepublieke (Transvaal en Oranje Vrystaat).

2. Lees en klanke Gedeelde lees 3 dae 20 minute Verduidelik aan die leerlinge die verskil tussen: 1. Fiksieboeke: Dit is leesboeke of storieboeke. Dit is die produk van die skrywer se verbeelding en 2. onderwerpe soos byvoorbeeld reptiele en voëls. Dag 2 Vertel die verloop van n storie met ondersteuning. Leerlinge kyk in die werkboek na die boekomslag en titel Dis Nuwejaar en voorspel wat hulle dink gaan gebeur. Dag 3 Leerlinge beantwoord die vrae skriftelik. Groepbegeleide lees Groepe van ses tien leerlinge lees dieselfde teks onder begeleiding van die onderwyser. (15 minute elk) Gebruik n gegradeerde leesboek vir groeplees. 1. Inleiding: Stel die onderwerp bekend. Help leerlinge om die onderwerp aan hul eie lewenservaring te koppel. 2. Bespreek prente of illustrasies en wys belangrike inligting uit. Stel vrae oor moontlike verloop van die gebeure. Bespreek nuwe of moeilike woorde voordat leerlinge self die les lees. (2 3 minute) 3. Eerste lees: Beweeg van leerling tot leerling en luister na n kort teksgedeelte wat hardop gelees word. Moedig leerlinge aan om korrek te lees. 4. Bespreking: Bespreek die antwoorde op vrae. Sluit klankfokus, begrip of taalaspek in by bespreking. Lees in pare en selfstandige lees: (ekstra leesoefening) 5 dae 30 minute Leerlinge kry die geleentheid om hulle leesvaardigheid in te oefen en word aangemoedig om selfstandig te lees. Leesinoefening moet plaasvind op n gereelde daaglikse grondslag. 79

Leerlinge lees boeke op hul eie of in pare. Klas- of groepleesboeke kan herlees word. Aanvullende leesboeke en pretboeke kan gebruik word. Leerlinge kan in pare sit om saam te lees of beurte neem om te lees. Onafhanklike aktiwiteit vir leerlinge wat nie deelneem aan groeplees nie: Maandag Leerlinge lees die woorde wat op die agtervoegsels ng nd nk eindig op die spellys. Kies vier woorde van elke klank en maak sinne in die spellingboek. Dinsdag Leerlinge kyk na prente in die werkboek en skryf die dialoog by die prentjies. Woensdag Leerlinge lees mekaar se dialoë vir mekaar. Donderdag Leerlinge lees sigwoorde en maak sinne met vyf woorde in die spellingboek. Vrydag Lees vir genot uit die leeshoekie in die klas. Skryf jou boek se naam (titel) en outeur (skrywer) agter in jou werkboek, sê of jy die boek geniet het en gee n rede. Klanke 3 dae 15 minute Lees en klank spellyswoorde saam met die onderwyser. Verduidelik die moeilike woorde. Lees die sigwoorde. Doen die woordbou-opdrag (-nk) in die spellingboek. Blokkiesraaisel: Woorde met -nk in die spellingboek. Dag 2 Speltoets in die werkboek (10 woorde) hang bank lang sink slang ink hond vink wond lank Dag 3 Diktee -ng -nd -nk (werkboek) 1. Ek sing in die koor. 2. Die man vang n slang in die gang. 3. My tong brand van die sterk kerrie. 80

4. Die groot hond jaag die swart kat. 5. Die plant rank teen die muur op. 6. Jy moet mooi dink as jy die sinne skryf. 3. Skryf Handskrif Leerlinge oefen skrifstrokie 1 in die skrifboek: D D Dankie, oom Danie. Klem word gelê op korrekte spasiëring tussen letters en woorde. Dag 2 Leerlinge oefen skrifstrokie 2 in die skrifboek: H H Hoe gaan dit, Helga? Klem word gelê op korrekte spasiëring tussen letters en woorde. Dag 3 Leerlinge oefen skrifstrokie 3 in die skrifboek: P P Pasop, Pieter! Klem word gelê op korrekte spasiëring tussen letters en woorde. Sin: Danie en Pieter huil baie. Klem word gelê op korrekte spasiëring tussen letters en woorde. 3 dae 15 minute Selfstandig skryf 3 dae 20 minute uitroeptekens en aanhalingstekens. (Werkboek) Dag 2 Rangskik woorde volgens klinkergroepe. (Werkboek) Dag 3 81

Week 8 Werkboek 2: bl. 78-95 Spellingboek: bl. 46-48 Skrifboek: bl. 37-38 1. Luister en praat 3 dae 15 minute Mondelinge werk aan die begin van die dag (Daagliks) Bespreek die weerkaart en pas dit aan. Wens leerlinge geluk wat verjaar. Bespreek spesiale gebeurtenisse van die dag. Voltooi die register. n Paar leerlinge vertel hulle nuus. Neem beurte, luister sonder onderbreking en toon respek vir die spreker. Gefokusde luister en praataktiwiteite Neem deel aan groep- en klasbesprekings. Stel die onderwerp bekend. Bekende plekke in Suid-Afrika, byvoorbeeld Tafelberg, Uniegebou en Kangogrotte. Leerlinge gee nog voorbeelde. Dag 2 Lees die sinne in die werkboek en teken by kreatiewe werk in die werkboek. Dag 3 Leerlinge neem beurte om n kort storie te vertel met verskillende karakters. 2. Lees en klanke Gedeelde lees Werk klassikaal met al die leerlinge. 3 dae 20 minute Leerlinge bring advertensies skool toe en bespreek wat geadverteer word. Dag 2 Gedeelde skryf. Kyk na voorbeeld van die voorblad Ontdek insekte in die werkboek en beantwoord die vrae. 82

Dag 3 Gebruik inhoudsopgawe, indeks en bladsynommers om inligting te vind. Groepbegeleide lees Groepe van ses tien leerlinge lees dieselfde teks onder begeleiding van die onderwyser. (15 minute elk) Gebruik n gegradeerde leesboek vir groeplees. 1. Inleiding: Stel die onderwerp bekend. Help leerlinge om die onderwerp aan hul eie lewenservaring te koppel. 2. Bespreek prente of illustrasies en wys belangrike inligting uit. Stel vrae oor moontlike verloop van die gebeure. Bespreek nuwe of moeilike woorde voordat leerlinge self die les lees. (2 3 minute) 3. Eerste lees: Beweeg van leerling tot leerling en luister na n kort teksgedeelte wat hardop gelees word. Moedig leerlinge aan om korrek te lees. 4. Bespreking: Bespreek die antwoorde op vrae. Sluit klankfokus, begrip of taalaspek in by bespreking. Lees in pare en selfstandige lees: (ekstra leesoefening) 5 dae 30 minute Leerlinge kry die geleentheid om hulle leesvaardigheid in te oefen en word aangemoedig om selfstandig te lees. Leesinoefening moet plaasvind op n gereelde daaglikse grondslag. Leerlinge lees boeke op hul eie of in pare. Klas- of groepleesboeke kan herlees word. Aanvullende leesboeke en pretboeke kan gebruik word. Leerlinge kan in pare sit om saam te lees of beurte neem om te lees. Onafhanklike aktiwiteit vir leerlinge wat nie deelneem aan groeplees nie: Maandag Leerlinge lees woorde in die spellys wat op agtervoegsels -el, er-, -en, -em eindig. Kies drie woorde van elke klank en maak sinne in die spellingboek. Dinsdag Lees die gediggies Bang en Visvang in die werkboek. Omkring die rymwoorde. Woensdag Lees die raaisels in die werkboek. 83

Donderdag Teenoorgesteldes. Kopieer bl. 87 vir elke leerling. Leerlinge knip die woorde uit en pas dit by die korrekte prentjie in die werkboek. boonste groot onderste klein koud warm soet stout leeg vol sag hard vet maer vuil skoon eerste laaste helfte hele min baie 84

Vrydag Lees vir genot uit leeshoekie in die klas. Voltooi die werkkaart Boeke gelees in die werkboek. Klanke Lees en klank spellyswoorde saam met die onderwyser. Verduidelik die moeilike woorde. Lees die sigwoorde. Doen die woordbou-opdrag. Blokkiesraaisel-woorde wat op er eindig in die spellingboek. Dag 2 Speltoets in die werkboek (10 woorde) lepel teken appel deken winkel asem botter wasem water darem Dag 3 Diktee -el, -er, -en, -em (werkboek) 1. Ek skakel die lig in die slaapkamer aan. 2. Daar is n stapel boeke op juffrou se tafel. 3. Ek staan op die oewer van die rivier. 4. Die kinders skater van die lag. 5. Ek gooi die dek en oor my bed. 6. Die ruit is vol wasem van die stoom. 3. Skryf 3 dae 15 minute Handskrif 3 dae 15 minute Leerlinge oefen skrifstrokie 1 in die skrifboek: B B Baie dankie, Barend. Klem word gelê op korrekte spasiëring tussen letters en woorde. Dag 2 Leerlinge oefen skrifstrokie 2 in die skrifboek: R R Roer jou, Rosa! Klem word gelê op korrekte spasiëring tussen letters en woorde. 85

Dag 3 Leerlinge oefen skrifstrokie 3 in die skrifboek: K K Kom kyk gou, Koos! Klem word gelê op korrekte spasiëring tussen letters en woorde. Sin: Rina en Karel eet roomys. Klem word gelê op korrekte spasiëring tussen letters en woorde. Selfstandig skryf 3 dae 20 minute Hou n dagboek vir een week waarin die weer en ander inligting vervat is. (Werkboek) Dag 2 Vul die byvoeglike naamwoorde op die werkkaart in. werkkaart in die werkboek. Dag 3 Voltooi die vergelykings in die werkboek. So groot soos n olifant. 86

Knip die woorde uit en plak dit by die bypassende prentjies: vet maer leeg vol vuil skoon klein groot helfte hele eerste laaste sag hard koud warm min baie soet stout 87

Week 9 Werkboek 2: bl. 96-103 Spellingboek: bl. 49-51 Skrifboek: bl. 39-40 1. Luister en praat 3 dae 15 minute Mondelinge werk aan die begin van die dag (Daagliks) Bespreek die weerkaart en pas dit aan. Wens leerlinge geluk wat verjaar. Bespreek spesiale gebeurtenisse van die dag. Voltooi die register. n Paar leerlinge vertel hulle nuus. Neem beurte, luister sonder onderbreking en toon respek vir die spreker. Gefokusde luister en praataktiwiteite Leerlinge bespreek die Nasionale Kruger Wildtuin. Dag 2 Leerlinge bespreek Tafelberg. Tafelberg het n ongewone plat bokant, met Duiwelspiek en Leeukop aan weerskante. Dit is ons land se bekendste landmerk. Besoekers gaan met n sweefspoor na die bopunt van die berg. Wys vir leerlinge hoe Tafelberg lyk. Dag 3 Vergroot die teks van die Tien dapper seuntjies. Lees dit saam met leerlinge. Na die aanbieding maak leerlinge beurte en demonstreer en vertel wat by elke prentjie gebeur. Bespreek Menseregtedag 21 Maart. Integreer met Lewensvaardigheid. 2. Lees en klanke Gedeelde lees 3 dae 20 minute Lees die storie Die verlore mantel uit die handleiding op bl. 91 vir die leerlinge. Leerlinge toon persoonlike reaksie op die teks. 88

Tien dapper seuntjies Tien dapper seuntjies kamp in die bos. Een jaag n hasie; die ander moes hom los. Nege dapper seuntjies maak n groot vuur. Een trap in warm as en word huis toe gestuur. Agt dapper seuntjies slaap op die grond. Daar gryp n hond een, en skud hom woes rond. Sewe dapper seuntjies eet aanmekaar brame en bessies, en een word toe naar. Ses dapper seuntjies sien n groot slang. Een is bietjie dom; hy probeer hom vang. 89

Vyf dapper seuntjies swem in n dam. Een gaan te diep in, sy bene voel lam. Drie dapper seuntjies spring van n tak. Een kom nie onder nie; hy t vasgehak. Twee dapper seuntjies maak jag op n leeu. Een word gevang hoor net hoe hy skreeu. Een dapper seuntjie hoe wil jy hê, wat moet van hom word? Jy kan maar sê. 90

Die verlore mantel Deur Kobus van der Colff Ál die kinders, en die grootmense ook maar, sien elke dag die mooi wit wolke oor Tafelberg kom, en dan dink hulle dis sommer maar n gewone wolk. Maar dit is nie! Ek het ook eers so gedink. Maar nou dink ek nie meer so nie. Ek het nou uitgevind dat dit nie sommer n gewone wolk is nie. O nee! Dis ook glad nie eens n wolk nie! Dis n mantel! Die verlore mantel van die liewe, goeie oom Westewind. Dit het hy gisteraand self vir my vertel. Terwyl ek bo teen die berg gaan stap, het ek n sagte stem tussen die bome gehoor. Ek het omgekyk en hom daar sien staan. Hy is n baie ou mannetjie, met n spierwit baard wat tot op sy knieë hang. Sy klere was vuil en verskeur. Ek het nader gestap en gesien dat daar trane in sy oë is. Wat is dit, ou vadertjie? het ek gevra. Hoekom is jou klere so vuil en verskeur en wat soek jy so alleen hier bo teen die berg tussen die bome? My naam is Westewind, antwoord hy, en ek soek my verlore mantel. Jou verlore mantel, my liewe, goeie oom Westewind! Maar waar het jy dan jou mantel verloor? Hoekom kom soek jy dit dan hier bo tussen die dennebome? Sal jy dit dan nie eerder daar onder, ver hiervandaan op die oop vlaktes, kry nie? Nee, my vriendjie, antwoord om Westewind, ek kan dit nie daar gaan soek nie, want dit is hier. Ek het dit eindelik weer gevind. Ja, ek soek al jare der jare daarna en nou het ek dit eindelik gevind. En ek het gedink ek sou dit nooit weer kry solank ek lewe nie. Maar, oom Westewind, jy sê jy het dit hier gevind. Hoekom sien ek dit dan nie? En hoekom is jy dan nog hartseer daaroor? Hoekom neem jy dit dan nie en gaan terug na jou land nie? Nee, my vriendjie, sê oom Westewind, jy verstaan nie. Ek kan nooit weer my mantel terugkry nie. Maar hoekom nie? Dis mos alte jammer. Kan ek nie vir oom Westewind help nie? Nee, jy kan my nie help nie. Maar, ek sal jou vertel hoe dit gekom het dat ek my pragtige wit mantel verloor het. Dit het baie lank gelede gebeur. Die Koning van die Vier Winde het al sy onderdane bymekaar geroep en aan hulle gesê dat hy nie meer lank sal lewe nie. Daar moes dus n opvolger vir hom gekies word. Dit moes gedoen word deur n groot wedstryd. Westewind, Oostewind, Suidewind en Noordewind moes deelneem aan n groot resies. Die resies sou wees van die een end van die wêreld tot die ander end van die wêreld, en die een wat wen, sou die opvolger wees van die Koning van die Vier Winde. Ek was die Koning se gunsteling, en daarom was Suidewind en Oostewind jaloers op my. Ek het geweet hulle sou enigiets doen om my te kan wen. Die oggend vroeg, nog voor sonop, het die resies begin. Dit was n verskriklike lang ent wat ons moes gaan van die een end van die wereld na die ander end van die wêreld! Ek het later gevoel ek word moeg. Maar ek moes voort. My wit mantel het swaar op my skouers gehang, maar ek wou dit nie agter laat nie. Dit sou my baie ongelukkig maak. Eindelik was ek al so moeg dat ek amper nie meer kon voortgaan nie. Toe ek om- 91

kyk, was Suidewind en Oostewind kort agter my! Ek span toe al my kragte in om voor hulle weg te kom. Ek het geweet hulle wou my kwaad aandoen. Toe ek nog so al my krag inspan om weg te kom, sien ek n groot en hoë berg voor my. O aarde! dink ek, hoe gaan ek tog daaroor kom. Maar, dit moet. Dit was al baie laat en ek moes eerste by die wenpaal aankom. Die berg was baie hoog, my vriendjie, en baie ru, en in die skemerte kon ek ook nie meer goed sien nie. Ek voel my mantel haak vas aan die skerp rotse! Ek ruk en pluk n slag, en daar gaan ek weer! Ek hét die resies gewen, maar toe ek by die wenpaal kom, was my pragtige wit mantel weg! Ek het jare daarna gesoek, maar ek kon dit nooit kry nie. Maar nou het ek dit weer gekry. Die berg waar my mantel die aand met die resies vasgehaak het, was hierdie einste Tafelberg, en dis net hier waar my pragtige wit mantel agtergebly het. Toe ek vanmiddag hier aankom, sien ek hoe Suidewind en Oostewind saam op die berg met my mooi wit mantel staan en speel. En julle dink almal hierlangs dat dit n wolk is daardie. Dit is nie. Dis my mantel wat daar so waai! Dis dan hoe oom Westewind sy mantel verloor en eindelik weer gekry het. Tafelberg Die berg met sy ongewone plat bokant, en Duiwelspiek en Leeukop aan weerskante, is waarskynlik ons bekendste landmerk. Sy hoogste punt, Maclearsbaken, is 1 113 meter bokant Tafelbaai, en daar groei 2 Klimmers het al sowat 350 verskillende paadjies uitgewerk om bo te kom, hoewel die meeste besoekers - meer as n kwart miljoen mense per jaar! - verkies om die sweefspoor (wat in 1929 gebou is) te gebruik. Suid van Tafelberg strek die Kaapse Skiereiland tot by Kaappunt - die statigste iets en die mooiste Kaap wat sir Frances Drake ooit op sy reise gesien het. 92

Dag 2 Leerlinge is meer betrokke by lees van die teks. Bespreking om woordeskat, begrip en taal te bevorder. Bespreek Hoe Westewind sy mantel verloor het. Dag 3 werkboek. Kaartwerk: Antwoord die vrae in die werkboek. Groepbegeleide lees Groepe van ses tien leerlinge lees dieselfde teks onder begeleiding van die onderwyser. (15 minute elk) Gebruik n gegradeerde leesboek vir groeplees. 1. Inleiding: Stel die onderwerp bekend. Help leerlinge om die onderwerp aan hul eie lewenservaring te koppel. 2. Bespreek prente of illustrasies en wys belangrike inligting uit. Stel vrae oor moontlike verloop van die gebeure. Bespreek nuwe of moeilike woorde voordat leerlinge self die les lees. (2 3 minute) 3. Eerste lees: Beweeg van leerling tot leerling en luister na n kort teksgedeelte wat hardop gelees word. Moedig leerlinge aan om korrek te lees. 4. Bespreking: Bespreek die antwoorde op vrae. Sluit klankfokus, begrip of taalaspek in by bespreking. Lees in pare en selfstandige lees: (ekstra leesoefening) 5 dae 30 minute Leerlinge kry die geleentheid om hulle leesvaardigheid in te oefen en word aangemoedig om selfstandig te lees. Leesinoefening moet plaasvind op n gereelde daaglikse grondslag. Leerlinge lees boeke op hul eie of in pare. Klas- of groepleesboeke kan herlees word. Aanvullende leesboeke en pretboeke kan gebruik word. Leerlinge kan in pare sit om saam te lees of beurte neem om te lees. Onafhanklike aktiwiteit vir leerlinge wat nie deelneem aan groeplees nie: Maandag Leerlinge lees woorde wat met die agtervoegsels rm en lm eindig op die spellys. Kies vyf woorde van elke klank en maak sinne in die spellingboek. 93

Dinsdag Doen die blokkiesraaisel: Woordeskat in die werkboek. n Mens drink, n dier... Woensdag Voltooi die werkkaart Uitdrukkings - Voëls van eenderse vere in die werkboek. Donderdag Kies een van die vorige dag se uitdrukkings en illustreer dit in die werkboek by kreatiewe werk. Vrydag Lees vir genot uit uit Leeshoekie in die klas. Skryf jou boek se naam (titel) en outeur (skrywer) agter in jou werkboek, sê of jy die boek geniet het en gee n rede. Klanke 3 dae 15 minute Lees en klank spellyswoorde saam met die onderwyser. Verduidelik die moeilike woorde. Lees die sigwoorde. Doen woordbou-opdrag onderstreep el, -er, -lm, -rm in die spellingboek. Dag 2 Speltoets in die werkboek (10 woorde) warm skelm worm walm derm palm kerm psalm Dag 3 Diktee -rm -lm (werkboek) 1. San het haar arm gebreek toe sy geval het. 2. Die wurm vreet die blaar. 3. Dit is baie warm in die somer. 4. Die skelm steel al ons meubels. 5. Daar is n slegte walm in die saal. 6. Die skoot weergalm in die donker. 94

3. Skryf Handskrif 3 dae 15 minute Leerlinge oefen skrifstrokie 1 inskrifboek: E E Eers ogies toe, Elsie. Klem word gelê op korrekte spasiëring tussen letters en woorde. Dag 2 Leerlinge oefen skrifstrokie 2 in die skrifboek: C c Cecilia Cronje Klem word gelê op korrekte spasiëring tussen letters en woorde. Dag 3 Leerlinge oefen skrifstrokie 3 in die skrifboek: O O Opstaan Ockert! Klem word gelê op korrekte spasiëring tussen letters en woorde. Sin: Emma en Chrissie is maats. Klem word gelê op korrekte spasiëring tussen letters en woorde. Selfstandig skryf 3 dae 20 minute Skryf jou eie storie. Raamwerk daarvoor is voorsien in die werkboek. Dag 2 Voltooi die werkkaart Dieregeluide in die werkboek. Dag 3 Skryf minstens vyf sinne oor eie nuus in die werkboek. Gebruik aangeleerde Leerlinge skryf nuwe woorde in die woordeboek agter in die werkboek. 95

Week 10: Assesering Voorbeelde vir informele assesseringsaktiwiteite Luister en praat (mondeling en/of prakties) Luister na en reageer op aankondigings oor die interkom of radio. Praat oor bekende nuus of nuusgebeure, lug n mening en druk gevoelens uit. Verstaan, reageer op en stel eie raaisels en grappe op. Gebruik taal om ondersoek in te stel en alternatiewe voor te stel, byvoorbeeld Ek dink dit kan..., As... dan... Stel vrae om duidelikheid oor n aktiwiteit te kry, beplanning te doen en inligting te kry. Analiseer, vergelyk en kontrasteer inligting soos die eeetgewoontes van n kind en n apie. Verstaan en gebruik toepaslike taal van verskillende vakke, soos Lewensvaardighede. Stel oplossings voor vir n probleem, veral woordprobleme tydens wiskunde. Formele assesseringsaktiwiteit 1 Luister en praat (mondeling en/of prakties) Luister na n ingewikkelde reeks instruksies (ten minste vyf) en reageer gepas. Doen n mondelinge aanbieding, byvoorbeeld wys en vertel beskryf en vergelyk n voorwerp. Formele assesseringsaktiwiteit 2 Luister en praat (mondeling en/of prakties) Luister aandagtig na stories oor die radio, of wat deur die onderwyser voorgelees word. Vertel n kort storie met n eenvoudige storielyn en verskillende karakters. 96

Formele assesseringsaktiwiteit 3 Luister en praat (mondeling en/of prakties) Neem deel aan groep- en klasbesprekings, stel onderwerpe en idees voor vir besprekings. Praat oor bekende nuus of nuusgebeure, lug n mening en druk gevoelens uit. Voorspel die verloop van die storie met ondersteuning. Byvoorbeeld: Kyk na die titel en die boekomslag. Wat dink jy gaan gebeur? liedjies en gedigte en gebruik woorde soos want. Byvoorbeeld: Die muis hardloop weg, want.... 97

Assesering: Voorbeelde vir informele assesseringsaktiwiteite Luister en praat (mondeling en/of prakties) Klanke (mondeling en/of prakties) Doen woordbou-aktiwiteite deur die klanke te gebruik wat onderrig is. Formele assesseringsaktiwiteit 1 Luister en praat (mondeling en/of prakties en/of skriftelik) Gebruik aangeleerde spelreëls om woorde korrek te spel. Gebruik klankkennis om woorde te bou. Herken en gebruik woorde wat op er eindig soos agter; -el soos ketel aan die einde van n woord. Herken en gebruik woorde wat op lm en -rm eindig soos skelm, warm. Spel woorde korrek deur klankkennis te gebruik in onformele toetse, diktee en in alle skriftelike werk. Formele assesseringsaktiwiteit 2 Luister en praat (mondeling en/of prakties) Gebruik aangeleerde spelreëls om woorde korrek te spel. Gebruik klankkennis om woorde te bou. Herken en gebruik woorde wat op ng en nk eindig soos sing, drink. Herken en gebruik woorde wat op like en ige eindig soos heerlike, besige. Spel woorde korrek deur klankkennis te gebruik in informele toetse, diktee en in alle skriftelike werk. Formele assesseringsaktiwiteit 3 Luister en praat (mondeling en/of prakties) Gebruik aangeleerde spelreëls om woorde korrek te spel. Gebruik klankkennis om woorde te bou. Verdeel woorde in lettergrepe soos blare bla-re; katte kat-te en hande han-de. Spel woorde korrek deur klankkennis te gebruik in informele toetse, diktee en in alle skriftelike werk. 98

Voorbeelde vir informele assesseringsaktiwiteite Luister en praat (mondeling en/of prakties) Gedeelde lees Beantwoord n verskeidenheid hoër-orde-dinkvrae wat op die teks gegrond is, byvoorbeeld: Hoe sou jy die leeu se gedrag beskryf? Groepbegeleide lees Pas selfkorrigeringstrategieë toe wanneer hy of sy lees: herlees, pouseer en oefen n woord voordat dit hardop gesê word. Leerlinge monitor hulself tydens lees in terme van woordherkenning en begripsvaardighede. Lees in pare of selfstandig lees Lees hardop vir n maat. Lees eie en ander se skriftelike werk. Lees self boeke wat tydens gedeelde lees gelees is, of eenvoudige prenteboeke en ander boeke in die leeshoekie. Lees enige ander teks soos leesboeke wat die vorige jaar of aan die begin van die jaar gelees is en wat op leerlinge se leesvlak is. Formele assesseringsaktiwiteit 1 Luister en praat (mondeling en/of prakties en/of skriftelik) Gedeelde lees Lees vergrote teks soos gedigte, groot boeke, plakkate en elektroniese teks in klasverband saam met die onderwyser (gedeelde lees). Gebruik visuele leidrade om oor die doel van advertensies te praat en om die gehoor/teikengroep vir wie dit bedoek is, te bepaal. Groepbegeleide lees Lees stil en hardop uit n eie boek tydens groepbegeleide lees saam met die onderwyser, dit wil sê, die hele groep werk met dieselfde storie volgens die groep se leesvlak. Gebruik klankkennis, kontekstuele en struktureel-analitiese dekoderingsvaardighede tydens die lees van onbekende woorde. Lees met toenemende vlotheid en uitdrukking. 99

Formele assesseringsaktiwiteit 2 Lees (mondeling en/of prakties en/of skriftelik) Gedeelde lees Lees n boek in klasverband saam met die onderwyser en beskryf die volgorde van gebeure, agtergrond en die verwantskap tussen oorsaak en gevolg. Beantwoord n verskeidenheid hoër-orde-dinkvrae wat op die teks gegrond is, byvoorbeeld: Hoe sou jy die leeu se gedrag beskryf? Lees in pare of selfstandig lees: Lees boeke self wat tydens gedeelde lees gebruik is, of eenvoudige prenteboeke en ander boeke in die leeshoekie. Lees enige ander teks, soos leesboeke wat die vorige jaar of aan die begin van die jaar gelees is volgens leerlinge se leesvlak. Formele assesseringsaktiwiteit 3 Lees (mondeling en/of prakties en/of skriftelik) Gedeelde lees aanwysings op n kaart te volg. Vind en gebruik inligtingsbronne, soos gemeenskapslede, biblioteekboeke. Gebruik inhoudsopgawe, indeks en bladsynommers om inligting te vind. Groepbegeleide lees Lees stil en hardop uit n eie boek tydens groepbegeleide lees saam met die onderwyser, dit wil sê, die hele groep werk met dieselfde storie volgens die groep se leesvlak. Gebruik klankkennis, kontekstuele en struktureel-analitiese dekoderingsvaardighede tydens die lees van onbekende woorde. Gebruik diagramme en prente uit die teks om begrip te bevorder. 100

Assessering Voorbeelde vir informele assesseringsaktiwiteite Handskrif Hanteer skryfgereedskap doeltreffend: potlood, uitveër en liniaal. Formele assesseringsaktiwiteit 1 Handskrif of skrif met verbindings. Transkribeer woorde en sinne korrek in die lopende skrif of skrif met verbindings. Formele assesseringsaktiwiteit 2 Handskrif of skrif met verbindings. Gebruik lopende skrif of skrif met verbindings in alle skriftelike werk, dit wil sê datum, eie naam en eie skriftelike werk. Formele assesseringsaktiwiteit 3 Handskrif Skryf woorde korrek na van n verskeidenheid bronne, dit wil sê skryfbord, werkkaarte en handskrifkaarte, met toenemende spoed in lopende skrif of skrif met verbindings. Korrekte vorming van letters in alle skriftelike werk. 101

Voorbeelde vir informele assesseringsaktiwiteite Skryf Gebruik teenwoordige en verlede tyd korrek, byvoorbeeld: Hy lees sy boek. Hulle het gister gesing. Lees eie en ander se skryfstukke voor aan n maat of groep. Bou eie woordbank en persoonlike woordeboek op deur die eerste letter van Formele assesseringsaktiwiteit 1 Skryf Skryf n eenvoudige boekresensie. Skryf ten minste twee paragrawe (tien of meer sinne) oor persoonlike ervarings soos daaglikse nuus of skoolgebeure. Gebruik korrekte taal sodat ander die skriftelike werk kan lees en verstaan. Gebruik klankkennis en spelreëls om onbekende woorde te skryf. uitroeptekens en aanhalingstekens. Formele assesseringsaktiwiteit 2 Skryf Hou n dagboek vir een week waarin die weer en ander inligting vervat is. werkwoord en bywoorde. Formele assesseringsaktiwiteit 3 Skryf Neem deel aan n bespreking om n onderwerp te kies om oor te skryf. Skryf ten minste twee paragrawe (tien of meer sinne) oor persoonlike ervarings soos daaglikse nuus of skoolgebeure. Lees en redigeer eie skryfstukke deur spelling, leestekens te korrigeer. 102