Die Hoërskool DF Malan

Vergelijkbare documenten
Die Hoërskool DF Malan

Tygienuus. SATERDAG 28 April Meneer Peet Schoeman verjaar! Juffrou Anje Swanepoel verjaar! Juffrou Estelle Kriek verjaar!

Laerskool Wonderboom BELEID OOR MERIETE (GRONDSLAGFASE: GRAAD 1 TOT 3)

Geagte graad 9-Ouer/Voog en leerder VAKKEUSES VIR VOO-FASE

Laerskool STULTING Primary School

Tygienuus. 18 Oktober 2017 PROGRAM VIR DIE WEEK:

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS HUISTAAL V 3 SEPTEMBER 2014

Skiet: Interprovinsiaal. Skiet: Interprovinsiaal. Netbal: O/14 O/18 GSS Proewe. Kopiereg 2017 Hoërskool Linden. Alle regte voorbehou.

AANSOEK OM TOELATING HOËRSKOOL TUINE

Graad 1 Alleenlik SKOOLREKENING

AANSOEK OM TOELATING TOT HEBRON CHRISTENSKOOL

2 nd Chances... Wiskunde

REKORD- EN EINDEKSAMEN

HOËRSKOOL WONDERBOOM HOËRBOOM WONNIEBELEID

Koorsang is die een aktiwiteit wat nie seisonaal gekenmerk word nie en dus is leerders wat deelneem hieraan regdeur die jaar pligsgetrou.

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Uit die hoof se kantoor

JV-NUUS. Meyerstraat 1072 Tel : /1/2 Rietfontein Webblad: ERRATA

Hoërskool McLachlan. Graad 8 tot 9: (Leerders kan kies tussen voorbereid en onvoorbereid.) waarheid beelde deure

LAERSKOOL ELIGWA. 1. PERSONEEL Baie welkom aan die nuwe personeel by ons skool. Ons hoop en vertrou dat hulle baie gelukkig gaan wees.

1. JUNIOR PRIMêRE FASE: GR. 1-3

BREEK DIE STILTE HOOF ONTWIKKELING

Dit gaan nie oor hoeveel jy omgestamp word nie; dit gaan oor hoeveel keer jy agterna opstaan.

LEERMATERIAAL 2016 STATISTIEK

GOUDVELD-HOËRSKOOL VERKIESINGSBELEID VIR DIE VERKIESING VAN DIE VERTEENWOORDIGENDE RAAD VAN LEERDERS EN MATRIEKRAAD AANVAAR:

Die Hoërskool DF Malan

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

P A U L R O O S Gymnasium / Gimnasium

NUUSBRIEF: JANUARIE 2014

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Omsendbrief 19/ Junie 2015

BASIESE KONSEPTE-PROGRAM PROGRAM. n Toets ontwikkel deur dr. Louis Benjamin, Naam van leerder: Ouderdom van leerder: Geslag: Graad: Skool:

Die Hoërskool DF Malan Nuusbrief: Januarie 2018

Wapport 7 24 Februarie 2017

Hierdie toets bestaan uit 9 bladsye, die voorblad uitgesluit.

RUGBYKLINIEK BY U SKOOL IN 2011!!

Matriekeindeksamen begin. Kopiereg 2017 Hoërskool Linden. Alle regte voorbehou.

My denke bepaal my geluk. Omsendbrief 097 van April 2017 KUNSWEDSTRYD 2017

Laerskool Olifantsvallei

Aansoek om deur Ruimsig Gemeente Leraar in die eg verbind te word.

Koorsang is die een aktiwiteit wat nie seisonaal gekenmerk word nie en dus is leerders wat deelneem hieraan regdeur die jaar pligsgetrou.

AANSOEK OM TOELATING TOT HOëRSKOOL VREDENDAL

VOORNEMENDE HUWELIKSMAATS NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2012

DURBANVILLE SKOOLKOSHUIS POSBUS 175 QUEENSTRAAT 8

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

GRAAD 12 SEPTEMBER 2015

Laerskool Stellenbosch

GRAAD 11 NOVEMBER 2016 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3

HOËR VOLKSKOOL HEIDELBERG NUUSBRIEF 7 VAN Geagte Ouer/Voogde

Nuustak Geagte Ouers JOHAN KRUGER SKOOLHOOF

Ingevolge artikel 185 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 55 van 1995, het elke werknemer die reg om nie onbillik ontslaan te word nie.

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL VRAESTEL

Laerskool Olifantsvallei

HUISWERKRIGLYNE - INTERSENFASE: GR

Stuur die aansoekvorm aan:

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II SKRYF EN AANBIED (LU3) TAAL (LU4)

Soos in die verlede sal GLB verversings te koop aanbied (sien grondplan vir die kiosk ).

Les 11: Tegnologie in die sake-omgewing

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur

H u p p e l l a n d. Jan Van Riebeeck Pre-Primêr, Varsityweg, Kaapstad t: e: AANSOEK OM TOELATING

Hoërskool Pretoria-Noord. Wiskunde Geletterdheid GR 10. November Eksamen 2015 : Vraestel 2

Laerskool A. F. Louw Primary Stellenbosch P.O. Box 2113 Dennesig Tel Fax

KONSEP BELEID T.O.V. DIE BEHEER EN KONTROLE VAN HANDBOEKE EN LEERHULPMIDDELS

NOTULE VAN DIE BOLAND TWEEKAMP JAARLIKSE ALGEMENE VERGADERING WAT GEHOU IS OP 27 MEI 2016 IN DIE PAARL TE CALEDONVILLE

GRAAD 12 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

Leerling-inligting: Van: Graad:

LPENGPN. Studiebrief 101/0/2018. Taalvaardigheid. Jaarmodule. Departement Taalonderwys, Kuns en Kultuur

TYGERBERG SKOOLFONDS 2015

Pieter, waarheen gaan jy? Ek wil ook graag deeltyds werk. Ek kom saam met jou. Ek gaan werk soek. Ek wil ook n werk hê.

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

FAKULTEIT EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE (EBW)

BROEDIE NUUS. Maandprogram is aangeheg. Welkom Mnr André! Sien Jaarkalender op Communicator

Stuur die aansoekvorm aan:

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 FEBRUARIE/MAART 2011

education Departement van Onderwys MPUMALANGA PROVINSIE

Wiskundige Geletterdheid. Data Hantering. Opsomming van Data. Kwartiele

Januarie ALGEMEEN

GOUDVELD - HOëRSKOOL VOERTUIG EN VERVOER BELEID I N H O U D S O P G A W E

GOUDVELD-HOËRSKOOL VOERTUIG EN VERVOER BELEID

Kwotasieblad vir skole/groepe:

LEEUWENHOF AKADEMIE LAERSKOOL NUUSBRIEF NR. 23/ JULIE 2017

DNK TRUST NASORG AANSOEKVORM 2017 n Aparte vorm moet vir elke kind voltooi word

GRAAD 12 SEPTEMBER 2013 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3

Luister en praat. Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun?

Wiskunde. Graad 12 Vraestel 1. Tyd: 3 uur. Totaal: 150

AANSOEK OM STUDIELENING

Rooikat-nuus. Hoërskool Elspark. Uitgawe # 36. Tel: /4. Faks: NUUSBRIEF 7/ Mei 2018 SPORT.

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

AANDAG: DIE HOOF & BEELD-KONTAKPERSOON

A B C Toekenning. 15 Februarie 2003

GRAAD 11 NOVEMBER 2014 AFRIKAANS HUISTAAL V3

BELASTINGVRYE PLAN Kom ons kry Suid-Afrika aan die spaar.

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 FEBRUARIE/MAART 2012

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRFA.3 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 FEBRUARIE/MAART Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.

Transcriptie:

Die Hoërskool DF Malan Frans Conradierylaan, Bellville 7530 Tel (021) 948 8781 Faks (021) 948 2996 E-pos : skoolhoof@dfmalan.com Webtuiste : http:// www.dfmalan.com Nuusbrief 1 10 Februarie 2015 Beste DF-ouers Baie welkom terug aan al ons DF-leerders, ouers en personeel aan die begin van n nuwe skooljaar wat beloof om vol opwinding en nuwe uitdagings te wees. n Spesiale welkom aan alle nuwelinge wat vir die eerste keer deel van die DFfamilie geword het. Mag die Dee-Effers in 2015 ons jaarspreuk Maak n wêreldse verskil, met passie uitleef deur elke geleentheid wat op hul pad kom, aan te gryp! n Hele paar nuwe personeellede het vanjaar by ons aangesluit. Hulle is mnr. Noel Pilkington (agter, links) wat in die Engelsdepartement aangestel is, mnr. Charles Store, biokinetikus en hoof van die nuwe hoëprestasiesentrum (middel) en mnr. Louis Lambrechts (regs), krieket- en rugby-organiseerder. In die voorste ry is (links) me. Jo-Mi Müller (Wiskunde), mnr. Adriaan Rossouw as nuwe RTT-onderwyser en me. Tildie Smit wat Afrikaans onderrig. Me. Karen Delport (Wiskunde) en mnr. Arno Erwee (bestuurder van die krieketakademie) was nie teenwoordig toe die foto geneem is nie. Ons is baie opgewonde oor die nuwe toevoegings tot die DF-personeel en glo dat elkeen waardevolle bydraes sal lewer. Die graad 8 s het ook vinnig ingeskakel en het tydens die oriëntering bewys dat hulle ongetwyfeld hul plek in die groot skool kan volstaan!

Hier geniet die nuwe graad 8 s n verposing tydens die Groot Stap, terwyl hulle op die foto regs met trots vir die eerste keer met hul DF-baadjie kan spog. Matriekuitslae Inge en Lilene du Toit saam met me. Helen Zille en me. Debbie Schäfer, onderwysminister (bo). Lilene en Inge is saam met Tonia Schoeman in die provinsiale merietelys opgeneem, terwyl Tonia (regs) onder die topdrie kandidate landswyd geëindig het. Dat akademie steeds Hoërskool DF Malan se kernbesigheid bly, is weer eens deur spoguitslae in die NSS-eksamen bevestig. n Hoogtepunt was toe Hoërskool DF Malan by n toekenningsgeleentheid te Leeuwenhof nog n keer as een van die top 20-skole in die provinsie aangewys is. Om as gemeenskapskool saam met verskeie onafhanklike skole op grond van akademiese uitnemendheid

hierdie gesogte lys te haal, spreek boekdele. Van die Dee-Effers het ook in hul onderskeie vakke onder die top 10-leerders in die provinsie geëindig. Die klas het verras toe nie minder nie as 54 leerders n A-gemiddeld behaal het. Die klasgemiddeld was n skitterende 74,3%, terwyl 92% van die matrieks toelating tot n Baccalaureusgraad verwerf het. Veels geluk aan die matrieks van 2014 wat weer eens bewys het dat Hoërskool DF Malan n wêreldklas skool is! Koor 2015 het vir die DF-koor letterlik en figuurlik op n hoë noot begin toe hulle die baie unieke ervaring gehad het om deel te neem aan n opvoering van The Peacemakers in die beroemde Carnegie Hall, New York. Die koor, onder leiding van mnr. Leon Starker, het ook die besondere voorreg gehad om die komponis van hierdie werk, Karl Jenkins, te ontmoet. Kursus in Frans Dee-Effers het vanjaar weer die geleentheid om Frans by die skool te neem. Die klasse word op Dinsdae deur The French Junction aangebied. Die beginnersklasse is van 16:30 tot 17:30 en die koste is R450 per kwartaal (8 weke). Belangstellendes word ook genooi om n gratis proefklas vir beginners by te woon. Die volgende kursus begin op Dinsdag 10 Februarie, maar daar kan ook na hierdie datum aangesluit word. Vir verdere inligting, of om n gratis klas te bespreek, kan dr. Mike de Freitas geskakel word by thefrenchjunction@gmail.com, selnr. 084 2414848 of 021 559 5021. Kwartaaldatums (volledige program op web beskikbaar) 13 Feb. : MTBS 27 Feb.- 1 Mrt. : Koorkamp 20 Feb. : Senior Bal 9-20 Mrt. : Toetsreeks 26 Feb. : Talent Show 1 April : Skool sluit

Wetenswaardig Die 21ste jaarlikse MTBS-byeenkoms trek vanjaar n splinternuwe baadjie aan en vind, anders as gewoonlik, by die Parow-atletiekbaan (Jan Burger Sportkompleks) plaas. Hierdie besluit is a.g.v. heelwat uitdagings en praktiese probleme geneem. Hoewel die tradisionele pawiljoenvertonings van die vier skole vanjaar skipbreuk ly, glo ons dat toeskouers kan uitsien na atletiek uit die boonste rakke. Die byeenkoms op Vrydag 13 Februarie begin om 11:30 met n optog van die atlete en die laaste aflosse behoort teen 18:30 afgehandel te wees. Kaartjies teen R10 per persoon (of R30 per motor) is by die hekke beskikbaar. Om in die regte stemming vir MTBS te kom, word ouers en ondersteuners genooi om Woensdagaand tussen 18:00 en 18:30 in groot getalle by die Bellville-stadion op te daag om te kom luister na DF se Rebel-kreet soos net die Dee-Effers dit kan doen!! Die beoogde hoëprestasiesentrum sal na beraming in die tweede helfte van 2015 voltooi word. Baie dankie aan alle ouers wat gereeld hul My School Card gebruik en daarmee n welkome inkomste vir die skool verseker. Aansoeke vir n MySchoolkaart kan aanlyn gedoen word by www.myschool.co.za of deur 0860 100 445 gedurende kantoorure te skakel. Aansoekvorms is ook by die skool se finansiële kantoor beskikbaar. Indien u kontak- of werkbesonderhede die afgelope jaar verander het, stel asseblief die finansiële kantoor daarvan in kennis by admin@dfmalan.com. Ons huidige beheerliggaam se ampstermyn loop binnekort ten einde. Teken asseblief die datum van die beheerliggaamverkiesing, 5 Maart aan. Meer inligting oor die nominasie- en verkiesingsproses sal binnekort verskaf word. n Baie voorspoedige 2015 word u toegewens! Joh Dorfling SKOOLHOOF