Posbus 1777 VANDERBIJLPARK Januarie Geagte Ouers

Vergelijkbare documenten
LAERSKOOL ELIGWA. 1. PERSONEEL Baie welkom aan die nuwe personeel by ons skool. Ons hoop en vertrou dat hulle baie gelukkig gaan wees.

LAER VOLKSKOOL NASKOOLSENTRUM AANSOEKVORM EN KONTRAK

LAERSKOOL LORRAINE. -Die skool wat omgee.

Tygienuus. 18 Oktober 2017 PROGRAM VIR DIE WEEK:

Geagte graad 9-Ouer/Voog en leerder VAKKEUSES VIR VOO-FASE

OMSENDBRIEF NR. 1/ Januarie 2019

Graad 7-inligtingsbrief

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur

HUISWERKRIGLYNE - INTERSENFASE: GR

Laerskool Horison Graad

OB2/2017. FOTO S Ons vra asseblief dat alle fotogeld nie later as Woensdag, 17 Mei 2017 by mnr Malan inbetaal sal wees.

AFWESIGHEDE TYDENS EKSAMEN U

MIDDAGSTUDIEPROGRAM & REëLS

Tygienuus. SATERDAG 28 April Meneer Peet Schoeman verjaar! Juffrou Anje Swanepoel verjaar! Juffrou Estelle Kriek verjaar!

TYGERBERG SKOOLFONDS 2015

Laerskool Olifantsvallei

LAERSKOOL EIKESTAD VOORGESKREWE SKOOL- EN SPORTDRAG. (Soos op 19 November 2014)

HUISWERKRIGLYNE - SENIORFASE: GR

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Omsendbrief 1/ Januarie 2019

DURBANVILLE SKOOLKOSHUIS POSBUS 175 QUEENSTRAAT 8

Laerskool Bakenkop. Underbergstraat 5, Wierdapark, Centurion. Posbus 51928, Wierdapark, Tel nr faks

REKORD- EN EINDEKSAMEN

HOËRSKOOL OOS-MOOT OOS-MOOT RAAD GEDRAGSKODE

DNK TRUST NASORG AANSOEKVORM 2017 n Aparte vorm moet vir elke kind voltooi word

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2012

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS HUISTAAL V 3 SEPTEMBER 2014

Laerskool Wonderboom BELEID OOR MERIETE (GRONDSLAGFASE: GRAAD 1 TOT 3)

KONSEP BELEID T.O.V. DIE BEHEER EN KONTROLE VAN HANDBOEKE EN LEERHULPMIDDELS

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

Kingswood College Departement Afrikaans AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 9 VRAESTEL 2

AANDAG: DIE HOOF & BEELD-KONTAKPERSOON

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

GRAAD 12 SEPTEMBER 2013 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3

Les 14: Entrepreneurskap

AANSOEKVORMS EN INLIGTINGSDOKUMENTE OP JVR-WEBWERF

Omsendbrief 27/ Oktober 2018

GROOTFONTEIN KUIERFEES

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

education Departement van Onderwys MPUMALANGA PROVINSIE

1. SPORT 1.1 Krieket Dankie aan die o.9 krieketspelers wat Saterdag aan wedstryde deelgeneem het.

28 Januarie 2019 PROGRAM VIR DIE WEEK:

GOUDVELD - HOëRSKOOL VOERTUIG EN VERVOER BELEID I N H O U D S O P G A W E

OOS-RAND AKADEMIE NASKOOLSENTRUMVRYWARING

ONDERNEMING EN GEDRAGSKODE. Naam van leerder: Graad 2019:

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Aansoek om deur Ruimsig Gemeente Leraar in die eg verbind te word.

Graad 1 Alleenlik SKOOLREKENING

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE

Liewe Ouers. Baie Welkom! Ons glo dat dit vir u en u kind n positiewe ervaring gaan wees om deel van ONS skool te wees.

GOUDVELD-HOËRSKOOL VOERTUIG EN VERVOER BELEID

Hierdie beleid moet saam met die skool se veiligheidsbeleid gelees word.

Laerskool Olifantsvallei

GROOTFONTEIN KUIERFEES

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

Privaatsak X01, Helderkruin 1733 Telefoon: /7 Faks: E-Pos: Webblad:

Inligtingshandleiding

BREEK DIE STILTE HOOF ONTWIKKELING

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

AANSOEK VORM 1.KIND(ERS) Registrasie datum. Van Volle naam Noemnaam Geslag Geboorte datum Huis taal Voldag, Halfdag, Naskool?

1. SKOOLFONDS: R per leerder periaar

BROEDIE NUUS. Maandprogram is aangeheg. Welkom Mnr André! Sien Jaarkalender op Communicator

Vinkie. Laerskool Fairland

NUUSBRIEF 1 VAN 2017

Soos in die verlede sal GLB verversings te koop aanbied (sien grondplan vir die kiosk ).

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Laerskool STULTING Primary School

Hier trap ons diep spore...

Sonskynhoekie Kleuterskool Babakamer Inligting

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

My denke bepaal my geluk. Omsendbrief 097 van April 2017 KUNSWEDSTRYD 2017

POSBUS 12001, ELSPARK

Laerskool Olifantsvallei

WELKOM BY HOëRSKOOL LINDEN 2019

Nuustak Geagte Ouers JOHAN KRUGER SKOOLHOOF

RESPECT 4 U. L e s 1. Jou vermoëns en sommige van jou verwagtinge en drome indentifiseer

LAERSKOOL ROODEKRANS INTERMEDIÊRE FASE GRAAD 4-6 AKADEMIESE INLIGTING JANUARIE 2018 AKADEMIESE HOOF (DPS): ME. SUZANNE FOURIE

WOENSDAG 16 JANUARIE DAG 3 Fotodag (gr. 2-7): Skooldrag Skaak: Oefening (kamer 59) 13:15 (gr. 1-2) en 14:15 (gr. 3-7) Atletiek: Oefening Sien bl.

BELEIDSDOKUMENT. Eksamens / Mini-eksamens Grey Kollege

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

Laerskool Eikestad Voorgeskrewe Skool- en Sportdrag. Soos goedgekeur op 26 Julie 2016

GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS HOËRSKOOL DRIEHOEK

AANSOEK OM TOELATING HOËRSKOOL TUINE

Omsendbrief 19/ Junie 2015

BELEID TEN OPSIGTE VAN OOV UITGAWES

Hier trap ons diep spore...

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Rooikat-nuus. Hoërskool Elspark. Uitgawe # 36. Tel: /4. Faks: NUUSBRIEF 7/ Mei 2018 SPORT.

Laerskool Olifantsvallei

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

AANSOEK OM TOELATING TOT HEBRON CHRISTENSKOOL

Januarie Gedagte vir die week

ROBERTSON. AANSOEK OM TOELATING Vir graad 1-3 VOORBEREIDINGSKOOL - PREPARATORY SCHOOL

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

Kan Ons Asseblief in U Nuusbrief of Advertensie Blad adverteer?

HOËRSKOOL WONDERBOOM FINANSIËLE BELEID

Hoe om die geboorte van jou kind te registreer

FAKTORE EN VEELVOUDE

GRAAD 12: AFRIKAANS HT VRAESTEL 3: SKRYF

Ons Prospektus 1. WELKOM

Transcriptie:

Nuusbrief Nr. 1 van 2017 Laerskool Kollegepark Posbus 1777 VANDERBIJLPARK 1900 11 Januarie 2017 Geagte Ouers Baie welkom terug na die vakansie. n Spesiale woord van welkom aan alle nuwe leerlinge, sowel as ouers wat vanjaar vir die eerste keer deel van ons skool geword het. Graag wens ek u almal n gelukkige en voorspoedige 2017 toe en vertrou dat ons vanjaar weereens goeie samewerking sal hê. Neem asseblief kennis van die volgende sake: 1. BESOEKE AAN DIE SKOOL Soos in die verlede, is u meer as welkom om, indien u sou wou, enige saak rakende u kind met die onderwysers en/of myself te kom bespreek. Ons versoek u egter om dit asseblief per afspraak te doen, sodat daar koördinasie kan plaasvind en nie onnodige tyd verlore sal gaan nie. Wanneer u n besoek by die skool aflê, versoek ons u ook vriendelik om te alle tye eers by die kantoor aan te meld. Ter wille van koördinasie gee ons die volgende reëlings aan u deur. 1.1 Akademiese probleme: Afspraak met betrokke onderwyser(s) en/of mev. J. Louw en mnr. C. Herbst. 1.2 Gedragsprobleme: Afspraak met betrokke onderwyser(s) en/of mnr. C. Herbst of mev. J. Louw. 1.3 Sport- en Kultuurprobleme: Afspraak met betrokke afrigter(s) van u kind(ers) en/of mnr. C. Herbst (Sport) en mev. J. Louw (Kultuur) 1.4 Bespreking van skoolfasiliteite: (Sportterrein, saal, ens.) Skakel asseblief mev. Meyer in die kantoor. 1.5 Finansiële navrae/reëlings: Afspraak met mnr. G. Zwarts of mev. C. Crous. 1.6 Akademiese navrae: Kontak u kind se voogonderwyser. In geval van akademiese rekord na eerste kwartaal, skakel asseblief met mev. Pretorius. Let Wel: Ons versoek u weereens vriendelik om te alle tye eers by die kantoor aan te meld. By voorbaat dankie hiervoor. 2. PERSONEELSAKE Ons verwelkom graag die volgende nuwe personeel by ons skool. Mev. C. Pretorius: Onderwyseres (gr. R) Mev. E. Hough: Onderwyseres (gr. 1) Mnr. J. Eloff: Studenteonderwyser (gr. 4 SW en gr. 5 Engels) Mej. Y. Coetzee (gr. 6 Engels) Mnr. B. Hattingh (Studenteonderwyser) Aan bogenoemde persone rig ons n woord van welkom en baie geluk met die aanstellings. Mag julle onderwysloopbaan by Laerskool Kollegepark talle hoogtepunte oplewer. Neem kennis mev. L. Steyn se man is na Kaapstad verplaas en sy het bedank by ons skool. Ons wens haar voorspoed toe in die Kaap. 3. AKADEMIE Ons volg, soos in die verlede, n formele skriftelike assesseringsrooster vir gr.4 7. Neem kennis dat volgehoue, pligsgetroue werk dwarsdeur die jaar sukses bepaal en nie net skriftelike assessering nie. Die rooster sien as volg daar uit: 1

Woensdag 01 Maart Wiskunde Gr. 4-7 Donderdag 02 Maart Sosiale Wetenskappe Gr. 4-7 Maandag 06 Maart Engels Gr. 4-7 Dinsdag 07 Maart EBW Gr. 7 Woensdag 08 Maart NW Gr. 4-7 Donderdag 09 Maart Tegnologie Gr. 7 Vrydag 10 Maart Afrikaans Gr. 4-7 4. SKOOLTYE EN ATLETIEK Skooltye: Daagliks vanaf 07:30 13:45. Die onderskeie skooltye vir die grade is as volg: Gr.R 2: 07:30 12:50 Gr. 3: 07:30 13:15 Gr.4 7: 07:30 13:45 Gr. R en gr. 1 sal tot en met Vrydag 27 Januarie egter om 12:00 verdaag. Leerders moet asseblief nie later as 07:25 afgelaai word nie. Let Wel: Die klok lui reeds om 07:27 dan moet u kind reeds op die skoolterrein wees! Na 07:30 sluit die toegangshekke en moet leerders dus by hoofingang inkom. (As leerders dus hier inkom, is hulle laat en word dit aangeteken). Atletiek: Ons gaan soos in die verlede weer poog om massadeelname te bevorder. Om die doel te bereik, gaan ons n geringe periode-aanpassing maak wat beteken dat alle leerlinge, gedurende skooltyd, vanaf 09:03 tot 09:47 aan atletiek gaan deelneem. Eerste pouse word aangepas en is van 09:47 tot 10:02 en tweede pouse van 11:46 tot 12:01. 5. HUISWERKBOEKIES Gr.2-7-leerders ontvang n gratis huiswerkboekie. Alle skoolreëls, die buitemuurse programme, wenke vir suksesvolle studie, ens. verskyn daarin. Ek wil aanbeveel dat u die boekie op n daaglikse basis sal kontroleer. 6. SKOOLGELD 6.1 Die skoolfonds vir 2017 sal as volg wees: 6.1.1 Skoolfonds vir ouers met een leerder in skool R6 250.00 per jaar wat as volg saamgestel is: R6 000.00 skoolfonds en R250.00 vir registrasie. Die skoolfonds kan in tien paaiemente van R600.00 per maand of as n enkelbedrag betaal word. 6.2.1 Skoolfonds vir ouers met twee leerders in skool R12 500.00 per jaar wat as volg saamgestel is: R12 000.00 skoolfonds en R500 registrasie. Die skoolfonds kan in tien paaiemente van R1 200.00 per maand of as n enkelbedrag betaal word. 2

6.1.3 Skoolfonds vir ouers met drie leerders en meer in skool R14 400.00 skoolfonds per jaar plus R250.00 registrasie per leerder. (Met ander woorde R15 150.00 indien drie en R14 000.00 indien vier, ens.) Let Wel: Skoolfonds vir 2017 is oor tien maande betaalbaar. Die registrasiegeld van R250.00 per leerder is soos in die verlede betaalbaar op die eerste dag van die nuwe skooljaar. (Met ander woorde 11 Januarie 2017. Pas asseblief u begroting hierby aan). Indien u die skoolfonds voor of op 29 Maart 2017 in een enkelbedrag kan betaal, sal n korting van 5% (uitgesonder registrasiegeld) aan u toegestaan word. Bogenoemde skoolfonds geld vir alle gesinne, met ander woorde vanaf gr. R tot gr. 7. Indien ouers twee maande of langer agterstallig is, sal hulle gegewens aan n invorderaar oorhandig word om die agterstallige skoolfonds te in. Om bogenoemde te vermy is dit noodsaaklik om skriftelike reëlings met mnr. G. Zwarts te kom tref. 6.5 Ons vra asseblief u samewerking om te help dat die skoolfondskaart (Bloukaart) maandeliks volledig ingevul en voltooi sal word. Maak seker dat u n kwitansie kry. 7. PARKERING / AF- EN OPLAAI VAN LEERLINGE 7.1 Parkering: Ek doen n vriendelike, dog dringende beroep op u om asseblief te besin oor u parkering by die skool. Geen voertuig mag voor die groot skuifhekke parkeer en/of stilhou vir watter tydperk ook al nie. U moet ook, sover moontlik, asseblief nie op sypaadjies van inwoners parkeer nie. Ons ondervind talle probleme daarmee en vra u begrip en samewerking. By voorbaat dankie daarvoor. 7.2 Af- en oplaai van leerlinge: gr. 1-7: Ter wille van ons nuwe leerlinge, verskaf ons graag die volgende reëlings ten opsigte van toegang tot ons skool: Leerlinge per fiets van en na skool: Hierdie leerlinge betree die skool slegs vanaf die oostekant met ander woorde Glanvillestraat langs tennisbaan. Geen leerling betree of verlaat, tydens skoolure, per fiets enige ander skoolingang nie. Leerlinge per motor van en na skool asook te voet van en na skool: Alle leerlinge wat per motor af- en/of opgelaai word, of te voet van en na skool kan die skool slegs by Hans van Rensburgstraat betree en/of verlaat. Daar is meer as genoeg parkeerruimte beskikbaar en ons versoek u vriendelik om by hierdie reëling aan te pas. Ons doen ook n vriendelike, dog ernstige beroep op u om by hierdie oorgang u samewerking aan die skolierpatrollie te gee. Let Wel: U moet asseblief nie die aflaaisone (Dropping zone) as n parkeerarea gebruik nie! Laai asseblief u kind so gou moontlik af en ry weer. Wees asseblief te alle tye baie versigtig in die parkeerarea sowel as aflaaisone. 7.3 Af- en oplaai van gr. R-leerders in Generaal Fronemanstraat: Slegs gr.r-leerders word voor die gr.r-hekkie afgelaai. Let Wel: Geen gr.1-7-leerling mag hier saam met n broer of suster van gr.r afklim nie. Baie dankie daarvoor. 3

LET WEL: Die toegangshekke aan die westekant van die skool (Theo Wassenaarstraat) sal nie in die oggende voor skool en middae na skool oopgesluit word nie. Hierdie reëlings sal ook aan u kind(ers) deurgegee word. In geval van reën, sal alle toegangshekke oop wees. 8. NASKOOLSENTRUM Die skool beskik oor die dienste van n naskoolsentrum wat daagliks vanaf 13:00 tot 17:00 funksioneer. Indien u meer inligting in verband met aansoeke en toelating wil bekom, is u welkom om mev. I. Knoetze by tel. nr. 071 351 9083 te skakel. Neem daarvan kennis dat daar op Vrydag 13 Januarie geen naskoolfasaliteite as gevolg van die huissport beskikbaar sal wees nie. 9. SNOEPWINKEL Soos u seker teen die tyd weet, is ons snoepwinkel geprivatiseer. Die snoepwinkeltye is as volg: 07:15 07:30, gedurende beide pouses, sowel as van 13:45 14:30. Daar sal op sommige dae hamburgers, worsbroodjies, vetkoeke met maalvleis, pasteie, ens. verkoop word. Die kinders sal egter hieroor ingelig word. U is meer as welkom om u kind n geldjie in die hand te stop om die snoepwinkel te ondersteun. 10. SKOOLDRAG Ek wil graag n vriendelike beroep op u doen om asseblief u kinders netjies in skooldrag geklee skool toe te stuur. Dit bevorder die dissipline by die skool en help ook met die eenheidsgevoel. Ons verskaffers van skooldrag is Ekspaar en MG s Schoolwear in Vanderbijlpark, White Cross en Sedgars in Vereeniging. (Let Wel: Skooldrag word in huiswerkboekie uiteengesit). Geen ander verskaffer het toestemming om ons skooldrag te verkoop nie. 11. KLEREBANK Ons skool se klerebank word deur die gr.r-onderwysers beheer. (Persoon in beheer mev. J. Herholdt). Ons versoek u vriendelik om enige bruikbare klere wat moontlik te klein geraak het, aan die skool te skenk. Indien u ernstige probleme met klere ondervind, moet u gerus van bogenoemde gebruik maak. Die klere wat beskikbaar is, is meestal nog in n baie goeie toestand en pryse is uiters billik. Let Wel: Die klerebank sal eers vanaf Maandag 16 Januarie funksioneer en wel op die volgende tye: Vanaf 16 Januarie tot 21 Januarie : 07:30 08:00 en 12:30 13:30 Daarna funksioneer die klerebank as volg: Maandae en Woensdae vanaf 07:30 tot 08:00. Let Wel: Geen klere mag by die klerebank omgeruil word nie. 12. INFORMELE DRAG OP VRYDAE Soos u reeds weet, word ons Kollegepark T-hempies saam met n swart kortbroek op Vrydae gedra. Indien u nog hempies wil bekom, kan u dit by mev. A. Roux (snoepie) koop. Indien daar n tekort in sekere groottes ontstaan, sal daar weer bestel word, indien die getalle dit regverdig. Let Wel: As u kind nie oor n T-hempie beskik nie, word die gewone skooldrag op Vrydae gedra en is die dra van enige ander informele drag nie toelaatbaar nie. (Let Wel: Aankope na 13:00 Maandae Donderdae) Die koste verbonde aan die hempies en broekies beloop R130,00 elk. 4

13. JAARPROGRAM EN ANDER BELANGRIKE DATUMS Om u te help met u voorafbeplanning vir Januarie 2017, verskaf ons graag die volgende aan u: Woensdag 11 Januarie Skole heropen vir gr. R-leerders om 08:00 Skole heropen vir gr. 2-7-leerders om 07:30. Donderdag 12 Januarie Gr. R-Inligtingsvergadering om 18:00 Vrydag 13 Januarie Huissport vanaf 09:00 16:00. Maandag 16 Januarie Gr. 2-,3- & 4-Inligtingsvergadering om 18:00 Dinsdag 17 Januarie Gr. 5- en 6-Inligtingsvergadering om 18:00 Woensdag 18 Januarie Gr. 7-Inligtingsvergadering om 18:00 Vrydag 20 Januarie Atletiek vs. Laerskool Vryheidsmonument (Tuis) Dinsdag 24 Januarie Atletiek vs. DF Malherbe en Eligwa (Tuis) Vrydag 27 Januarie Atletiek vs. Totius 14. LEERLING- EN OUERINLIGTINGSDOKUMENT Ons versoek u vriendelik om die dokument (Bylae A) so volledig as moontlik te voltooi en reeds môre terug te stuur. Alle inligting op die dokument word benodig vir onder andere ons registers, leerderprofiele, ens. By voorbaat dankie vir u moeite in die verband. 15. HUISSPORT Ons huissport vind DV op Vrydag 13 Januarie vanaf ± 09:00 plaas. In geval van reën, voorlopig Dinsdag 17 Januarie. n Aparte skrywe ten opsigte van die huissport se reëlings word saam met die skrywe aan u verskaf. 16. SUPER 12 Ons is hierdie jaar weer deel van bogenoemde kompetisie. Ons sal met ons volgende skrywe alle datums en aktiwiteite deurgee, sodat u u beplanning kan doen. 17. KLASPLASINGS Neem kennis dat ons klasplasings vir 2017 reeds gedoen is. Om verdere ontwrigting te voorkom, sal daar aan geen versoeke om sekere leerlinge by spesifieke onderwysers te plaas,voldoen word nie. Alle onderwysers is ten volle gekwalifiseer en elkeen sal sy/haar uiterste bes probeer om u kind te akkommodeer en gelukkig te hou. By voorbaat dankie vir u begrip in die verband. 18. TELEFOON / SELFONE Neem asseblief kennis dat die gebruik van selfone gedurende skoolure nie toegelaat word nie en dit mag onder geen omstandighede tydens skoolure aangeskakel wees nie. Indien n leerder hierdie skoolreël oortree, sal sy/haar selfoon vir die res van die jaar gekonfiskeer word. Indien daar dringend met u gekommunikeer moet word, sal u n oproep vanaf die skool ontvang. Baie dankie ook vir u begrip in die verband. 19. SMS-KOMMUNIKASIE Ons wil graag ook deur middel van hierdie kommunikasie-medium soos en wanneer nodig, met u kommunikeer. Om die rede versoek ons u vriendelik om meegaande vorm (Bylae B) met die nodige nommer(s) te voltooi en so spoedig moontlik terug te besorg. Hierdie diens word gratis deur die skool aan u verskaf. Let Wel: Indien u nommer deur die loop van die jaar verander, moet u die skool onmiddellik in kennis stel. 20. WEBBLAD / SCHOOL COMMUNICATOR Ons doen weereens n beroep op u om die skool se webblad kollegepark.co.za te besoek. Die nuutste nuusgebeure is altyd beskikbaar. U kan ook by die School communicator (volledige inligting op webblad) inskakel vir verdere kommunikasie. 5

21. PRYSUITDELING (DESEMBER 2016) Talle van ons leerlinge het weereens pragtige prestasies op akademiese, kulturele en sportgebied gelewer, waarvoor toekennings ontvang het. Ons dra graag weer ons gelukwense aan al hierdie leerlinge en hulle ouers oor. Baie geluk ook aan alle leerlinge wat in bepaalde leierposisies verkies is om in 2017 n besondere diens aan die skool te lewer. n Spesiale woord van gelukwensing aan ons hoofleiers: Amorise Pienaar (hoofmeisie) en Meagan Straw (onderhoofmeisie), Albert Greyling (hoofseun) en Janzal Lala (onderhoofseun). 22. TOESLUITKASTE Hierdie kaste is op aandrang (na volledige ondersoek deur beheerliggaam) aan ouers daargestel. Hiermee doen ons weereens n beroep op u om die kaste waar moontlik te gebruik, veral ten opsigte van sporttoerusting. Indien u belangstel kontak gerus mev. Crous (kantoor.) Die huurkoste beloop R400 per jaar per kas en is vooruitbetaalbaar. Dankie by voorbaat vir u ondersteuning in die verband. 23. SKOOLREëLS Bestudeer reëls in huiswerkboekie baie deeglik. Let veral op haarstyle, kleredrag en dra van juweliersware. Ons noem ook net weer dat skaatsplanke ook verbode is op die skoolterrein. Let Wel: Skoolreëls is daar om orde en dissipline te bevorder. Baie dankie vir u ondersteuning in die verband. Let Wel: Hare-, skooldrag- en juweliersware inspeksie geskied Maandag 16 Januarie. 24. 40-JARIGE FEESVIERINGE Soos u reeds van bewus is, vier ons hierdie jaar ons veertigste verjaarsdag. Graag verskaf ons n kort samevatting oor wat ons gaan doen. Verdere inligting sal verskaf word soos die verskeie items sal plaasvind. 1. Gesamentlike erediens ouers en leerders Sondag 15 Januarie (sien bylae) 2. Aanbied van interlaer 10 Februarie. 3. Mnr. & Mej. Kollegepark 23 Maart 4. Aanbied van Super 12-rugby en netbal 22 April 5. Kaskarwedren 19 Mei 6. Buitelugkonsert 11 Augustus 7. Revue 13 20 Oktober 8. Waterpretdag 07 November 9. Lofprysaand Afsluiting van 40-jaarvieringe 30 November (Let Wel: Datums en tye kan moontlik aangepas word) 24. TEN SLOTTE Soos in die verlede, vra ons by voorbaat u positiewe ondersteuning met al vanjaar se aktiwiteite. Ons glo en vertrou dat hierdie skooljaar, ook n besondere en onvergeetlike skooljaar vir u en u kind(ers) sal wees. U lojaliteit en positiewe ondersteuning het nog altyd bygedra tot ons (u) skool se positiewe beeld. Ons eer u daarvoor en vra dat ons dit so sal hou! Vriendelike groete. CHRISTO BRAND HOOF 6

7