IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING) CORAM: E.M. GROSSKOPF ET GOLDSTONE ARR et KRIEGLER Wnd. AR UITSPRAAK

Vergelijkbare documenten
skuldigbevinding aan moord met versagtende omstandighede;

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. APPèLAFDELING

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING}

WRIGHT R et VAN DER MERWE R VAN DER MERWE R. [1] Die beskuldigde in hierdie hersieningsaak is op 26 Junie

[1] Die beskuldigde is aanvanklik op 29/08/2005 deur die. landdros, Botshabelo skuldig bevind aan huisbraak met die

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

EPHRAIM BASIMANE MOTSHWAEDI. E M GROSSKOPF, VIVIER et HARMS ARR. UITSPRAAK

KRUGER R, et BLOEM WND R BLOEM, WND R. [1] Hierdie is n hersiening. Volgens die oorkonde was die

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPéLAFDELING)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPéLAFDELING)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. APPèLAFDELING

DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL VAN SUID-AFRIKA

Appellant is n 25 jarige eerste oortreder wat in die Streekhof verskyn het. op n aanklag van verkragting van n 41 jarige vrou.

UITSPRAAK. IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (Noord-Kaapse Hoë hof, Kimberley) Saak No: CA&R 23/2010 Saak Aangehoor: 24/05/2010 Datum gelewer: 28/05/2010

Saaknommer: 311/84 WHN. PHILLIP OOSTHUIZEN Appellant

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (Noord-Kaapse Afdeling) ABRAHAM PETER PRETORIUS. UITSPRAAK OP APPéL

DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA 70/85. (APPèLAFDELING) In die saak tussen: CILLIé, HOEXTER et VAN HEERDEN, ARR. Verhoor: 24 Mei 1985

Saak no 258/92 /MC IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING) In die saak tussen. BAREND OOR Eerste Appellant

MALHERBE RP et VAN COPPENHAGEN R VAN COPPENHAGEN R. [1] Die appellant n 46 jarige man het in die Landdroshof

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (NOORD KAAPSE AFDELING) KIMBERLEY SAAK NO.: 183/2005 DATUM: In die Hersieningsuitspraak van:

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPèLAFDELING. CORAM: HOEXTER, NESTADT, et F H GROSSKOPF, ARR

Appellant THEMBILE JAMA. Respondent DIE STAAT

LL Saak No 79/1988 IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. APPèLAFDELING. Insake die appèl van: teen. VAN HEERDEN, STEYN et EKSTEEN, ARR

UITSPRAAKOPHERSIENING

IN DIE Hoë HOF NOORD-KAAP, KIMBERLEY

CORBETT HR, HOWIE et KRIEGLER Wnd.ARR

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

IN DIE HOOFGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA 141/84

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

172/85 JONAS VUYANI MABHANI DIE STAAT

Saak nr 26/86 /MC. - en -

Die horisontale as verteenwoordig die invoerveranderlike en die vertikale as die uitvoerveranderlike, en die twee asse sny by n gesamentlike nulpunt.

CORAM: CORBETT HR et HOEXTER, VIVIER, EKSTEEN, NIENABER ARR.

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING)

DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL VAN SUID-AFRIKA

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPeLAFDELING)

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

GROSSKOPF, SMALBERGER, ARR en KUMLEBEN, Wnd AR

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. APPèLAFDELING

IN DIE HOëHOF VAN SUID-AFRIKA (Noord-Kaapse Hoëhof, Kimberley) UITSPRAAK

Pragtige Koningin Ester

Saaknommer 417/93 431/93 432/93 IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING) In die saak tussen: : NESTADT, NIENABER et HOWIE ARR

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

CILLIé R et VOGES WR. [1] Die verhoor van hierdie beskuldigde het in die landdroshof te. Sasolburg n aanvang geneem op 11 November 2002.

VAN DER MERWE R. [1] Die appellant is in die Landdroshof te Viljoenskroon skuldig. bevind aan oortreding van die bepalings van Artikel 1(1)(b)

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING) PATRICK JOSIAS... APPELLANT. VILJOEN, VAN HEERDEN et JACOBS, ARR VERHOORDATUM: 21 FEBRUARIE 1986

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

BARTMANN (JNR) SPRINGBOK PATROLS (EDMS) BPK ALERT SPRINGBOK PATROLS BK ABRAHAM ALBERTUS CILLIERS. -en- VAN HEERDEN, VIVIER et MARAIS ARR.

KONSTITUSIE. Van die. Hoedspruit Plaaswag. ( die Plaaswag )

HOOFSTUK 8 Die Nasionale Raad

PREEK Sondag 10 Junie 2007 Ds Freddie Schoeman

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA SENATOR VERSEKERINGSMAATSKAPPY BEPERK. CORAM: RABIE, HR, JANSEN, JOUBERT, HOEXTER et VAN HEERDEN, ARR

FAKTORE EN VEELVOUDE

et NIENABER ARR UITSPRAAK Die uitspraak van Smalberger AR het ek ter insae gehad. drie jaar gevangenisstraf wat die appellant opgelê is volkome

UITSPRAAK OP HERSIENING

Saaknommer: 211/84 WHN. JOSEPH JAFTA Appellant

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA

456/86/AV IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPeLAFDELING) In die saak tussen: GROSSKOPF, SMALBERGER, NESTADT, ARR. VERHOOR: 18 September 1987

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

Saak nr 438/92 /MC IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPeLAFDELING) Tussen. GIDEON JOHANNES BOTHA Appellant. - en - DIE STAAT Respondenb

n Tempel Leier besoek Jesus

IN DIE HOË HOF VAN SUID-AFRIKA VRYSTAATSE AFDELING, BLOEMFONTEIN SKILLFULL 54 (EDMS) BEPERK JOHANNES WAGENAAR HUMAN N.O.

Jona en die Groot Vis

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA. (TRANSV AALSE PROVINSIALE AFDELlNG) NIE RAPPORTEERBAAR Saaknommer: A2563/02

Ingevolge artikel 185 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 55 van 1995, het elke werknemer die reg om nie onbillik ontslaan te word nie.

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

Jesaja sien die Toekoms

Psalm 91:4, Die Bybel vir almal

SCHALK JOHANNES BURGER Eerste Appellant. JOSEPH GEORGE SCHEEPERS Tweede Appellant JOHANNES VALENTINE ADRIAAN MATTHYSEN

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

eboeke word ontwikkel en gratis verskaf deur die

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

DIE BRIEF AAN FILEMON

Gemeenskap. Wat is n gemeenskap? n Gemeenskap het n hoof/hoof?

Jona en die Groot Vis

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

Saaknommer 532/91 /wlb. IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING) In die saak tussen:

MALHERBE RP. Eiseres vorder skadevergoeding in haar persoonlike hoedanigheid. as moeder en natuurlike voog van haar minderjarige seun, Stefan

ANNA HENDRINA MYBURGH

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

Coram : RABIE WHR, MILNE AR et VILJOEN, WAR

AANVANG VAN N ONDERSOEK VAN BEWEERDE ONBEHOORLIKE GEDRAG

Elisa, Man van Wonderwerke

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

FRANS ADAMS DIE STAAT

2. Die skepping van die mens

MODULE 3: GEBOUE. Ja. Dit ís n huis. En hierdie is versekering. Eenvoudige, verstaanbare, duidelike versekering.

jou hele liggaam lig hê. Maar as jou oog sleg is, sal jou hele liggaam sonder lig wees. As jou oë sleg is dit beteken eintlik maar as jou oë slegte

DISSIPLINÊRE KODE EN VOORGESTELDE OPTREDE

Beskuldigde nr. 2 was Barry Vetman en beskuldigde nr. 3 was

UITSPRAAK. [1] In hierdie uitspraak sal die partye na verwys word soos in konvensie in die hoofaksie.

Van Vervolger tot Prediker

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING)

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

Transcriptie:

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING) Saaknommer 115/92 /al In die saak van: FRANS MOTSAMAI OLIFANT Appellant en DIE STAAT Respondent CORAM: E.M. GROSSKOPF ET GOLDSTONE ARR et KRIEGLER Wnd. AR DATUM VAN VERHOOR: 17 AUGUSTUS 1992 DATUM VAN UITSPRAAK: 28 AUGUSTUS 1992 UITSPRAAK KRIEGLER Wnd. AR/

2 KRIEGLER Wnd. AR: Hierdie saak dien ingevolge die bepalings van artikel 19(12)(b) van Wet 107 van 1990. Met ander woorde dit gaan om 'n doodvonnis wat opgelê is voor die inwerkingtrede van voormelde wet. Die vonnis is op 28 September 1989 in die Oranje- Vrystaatse Provinsiale Afdeling gevel vanweë 'n skuldigbevinding aan moord. Terselfdertyd is 'n vonnis van 10 jaar gevangenisstraf opgelê weens 'n gepaardgaande roof met verswarende omstandighede. 'n Paneel het ingevolge artikel 19(11)(a) van voormelde wet bevind dat die doodvonnis waarskynlik nie opgelê sou gewees het nie as artikel 277 van Wet 51 van 1977 ten tyde van vonnisoplegging gelui het soos dit tans lui. Die Minister van Justisie het nietemin ooreenkomstig paragraaf (b) van laasgenoemde subartikel die vonnis vir heroorweging aan hierdie hof laat voorlê. Die benadering in 'n saak soos die onderhawige en die beginsels wat daarby toepassing vind, is sedert die inwerkingtrede van wet 107 van 1990 in 'n aantal beslissings van hierdie hof uitgestip. In essensie moet hierdie hof opnuut vir sigself uitmaak of die doodvonnis in die omstandighede gebiedend aangewese is. By sodanige oorweging word bo redelike twyfel bewese verswarende faktore oorweeg asook die redelikerwys

3 moontlike aanwesigheid van strafversagtende faktore waarvoor daar 'n feitebasis bestaan. Sodanige faktore word dan in samehang met die algemene oogmerke van straftoemeting geëvalueer. Die doodvonnis word opgelê - en in 'n saak soos die onderhawige bekragtig - alleen waar dit in die omstandighede gebiedend aangewese is. Die feitekompleks waarop sodanige beginsels toegepas moet word, is eenvoudig. Die oorledene was 'n middeljarige blanke huisvrou. Sy en haar eggenoot het op 'n kleinhoewe buite Bloemfontein gewoon. Twee dae voor die moord het hulle die appellant in diens geneem om ongeskoolde plaasarbeid te verrig. Die oggend van die moord was hy besig om uie uit te haal op die kleinhoewe. Die oorledene was alleen in die woonhuis: haar eggenoot was by die werk en haar huishulp het in haar verafgeleë kamer siek gelê. In die loop van die oggend val die appellant die oorledene in haar kombuis aan met 'n mes. Hy gryp haar aan die keel en dien haar vier steekwonde toe, drie aan die voorkant van die bors en een agter die linkeroor. Die borswonde is oppervlakkig maar dié agter die oor deursny die linker vertebrale arterie en dring die rugmurg binne tussen die tweede en derde nekwerwels. As gevolg van die beskadiging van die rugmurg was daar dodelike verlamming van onder

4 andere die borskas. Bowendien was daar fatale bloedverlies vanweë die deursnyding van die arterie. Appellant sleep sy slagoffer na 'n waskamer langs die kombuis, waar hy haar toesluit. Daarop pak hy enkele items mansklerasie en 'n draradio in 'n drasak wat hy in die huis vind, sluit die huis en maak hom uit die voete. ' n Rukkie later verkwansel hy die radio aan 'n vriend van hom op 'n naburige hoewe. Hy kry toe 'n saamrygeleentheid by sy vriend se werkgewer tot waar hy 'n taxi haal. Die moord is eers ontdek toe die oorledene se eggenoot laatmiddag by die huis kom en deur die venster van die waskamer sy vrou se lyk sien lê. Die huis was gesluit en hy moes met die hulp van 'n polisieman diefwering saag, wegbuig en by 'n venster inklouter. Die waskamer se deur is later oopgebreek om toegang tot die lyk te verkry. Die kombuisdeur se sleutel is, ná die appellant se inhegtenisname, 'n geruime afstand daarvandaan gevind as gevolg van 'n uitwysing deur hom. Die waskamer se sleutel is gevind op 'n bed in die huis onder goed wat appellant in sy soektog uit 'n hangkas gepak het. Die polisie was reeds dieselfde aand op soek na appellant en teen die oggend van die

5 naasvolgende dag is hy aan die ondersoekbeampte oorhandig deur sy kollegas van 'n naburige polisiestasie. Appellant het uit die staanspoor sy samewerking gegee en uitwysings gedoen. Onder andere het hy die polisie geneem na die draradio en na 'n woonplek aan die anderkant van Bloemfontein waar hy die drasak met klerasie uitwys. Sy mededelings aan die ondersoekbeampte was sodanig dat hy dieselfde middag voor 'n landdros gebring is. Aan hom verklaar appellant dat hy en sy vrou die oorledene met die mes gesteek en hy haar toe in die waskamer ingesleep het. Volgens die verklaring het hy toe in die oorledene se slaapkamer gesoek na geld, dit nie gekry nie en toe die klere en die draradio geneem. In die verklaring gee hy te kenne dat sy vrou voor die pleging van die misdaad sorghumbier gaan koop het waarvan hul elk drie kartonne gedrink het. Ongeveer twee weke later word appellant voor die hof gebring en ingevolge artikel 119 van die Strafproseswet 1977 aangesê om te pleit op aanklagte van moord en roof. Hy pleit skuldig aan beide en beken tydens ondervraging dat hy die oorledene met 'n mes gesteek, haar na die waskamer gesleep en toe die draradio en klerasie gesteel het. In teenstelling met sy verklaring aan die landdros die dag van sy arrestasie noem hy nie die

6 aandadigheid van sy vrou nie. Hy erken ook die toediening van slegs twee steekwonde en gee te kenne dat hy dermate onder die invloed van drank was dat hy eintlik nie geweet het wat hy doen nie. Die drank sou hy by 'n naburige winkel gekoop het in die loop van die oggend. By sy verhoor nagenoeg ses maande later pleit hy op die moordaanklag skuldig aan strafbare manslag en voeg ter pleitverduideliking by dat hy dronk was as gevolg van ongeveer 10 kartonnetjies sorghumbier wat hy die oggend by 'n naburige winkel gekoop en toe gedrink het. Hy voeg by dat hy weens sy dronkenskap nooit die moontlikheid oorweeg het dat hy die oorledene kon dood nie en ook nooit die direkte bedoeling gehad om dit te doen nie. Hy pleit nietemin skuldig aan die tweede aanklag van roof met verswarende omstandighede. Van die beweerde dronkenskap het daar by die verhoor niks tereg gekom nie. Die eienares van die plaaslike winkeltjie, wat vir appellant goed ken, het getuig dat sy die betrokke dag teen ongeveer 12h50 vier sent se lekkers aan hom verkoop het. Sy het geen drank aan hom verkoop nie; hy het nie na drank geruik nie en het heeltemal normaal voorgekom. Die winkeleienares se getuienis is bevestig deur dié van 'n bejaarde swartvrou,

7 voor wie appellant grootgeword het, wat hom daardie dag by die winkel gesien het. Bowendien het die oorledene se huishulp getuig dat appellant ongeveer 12h00 die noodlottige dag met haar by haar kamer gesels het. Daar was toe sover sy kon bespeur geen tekens van drank by hom waarneembaar nie. Ook die koper van die draradio, by wie appellant sowat 'n uur later opgedaag het en in wie se geselskap hy toe 'n geruime tyd deurgebring het, het geen tekens van beneweldheid of die reuk van drank bespeur nie. Toe die appellant mettertyd self getuig was hy - heel voorspelbaar - totaal ongeloofwaardig oor die drankkwessie. Die verhoorhof het sy getuienis dienaangaande dan ook verwerp. Aangesien dit die enigste aangevoerde versagtende omstandigheid was, kon die appellant hom nie van die bewyslas ten aansien van versagtende omstandighede kwyt nie en die gevolglik gebiedende doodvonnis is opgelê. As die voorgaande feite in oënskou geneem word, val die strafverswarende faktore onmiddellik op. 'n Weerlose vrou is met 'n roofmotief in haar huis deur ' n werknemer met 'n mes toegetakel. Ná die dodelike steekwond toegedien is, is die sterwende slagoffer uit die pad gesleep en toegesluit. Daar is toe planmatig gesoek na geld en, toe niks gevind kan word nie, is 'n aantal items gesteel. Daarop sluit appellant, oënskynlik

berekend, die huis, gooi die sleutel weg, verkoop die radio en wyk uit die buurt. 8 Daar moet egter ook gelet word op moontlike strafversagting. Die eerste - en stellig die belangrikste - faktor is die opsetsvorm waarmee die moord gepleeg is. Die destydse stand van die reg het nie geverg dat die verhoorhof tussen dolus directus dan wel dolus eventualis onderskei nie. Ofskoon daar dan ook nie 'n onderskeid gemaak is nie, skemer dit uit die uitspraak op die meriete asook dié ten aansien van versagtende omstandighede deur dat die moontlikheid van die mindere opsetsvorm nie uitgeskakel is nie. Daarmee moet saamgestem word. Dit is inderdaad vrywel moontlik dat die vier steekhoue toegedien is met die opset om die oorledene se weerstand uit te skakel in die wete en ongeërg dat sy noodlottig verwond mag word, maar nie met die spesifieke doel om haar om die lewe te bring nie. Drie van die vier steekwonde was oppervlakkig en die dodelikheid van die vierde 'n frats. Hoewel dit met geweld toegedien moes gewees het om deur die kraakbeen tussen die werwels te kon dring, is dit sonderling dat die dood op so 'n wyse teweeggebring word. Dit is dus onwaarskynllik dat die appellant die besondere meganisme beoog het. Dit lyk eerder of die vier steekwonde kort agtermekaar en sonder

9 besondere teikengerigtheid toegedien is. Die feit dat appellant die oorledene daarna gaan toesluit, dui ook daarop dat hy nie besef het hoedanig hy haar beseer het nie. As hy besef het dat sy dodelik verwond is, sou dit immers geen sin maak om haar weg te sleep en toe te sluit nie. Die afwesigheid van 'n direkte opset om te dood is nou wel nie deurslaggewend by die vraag of die doodvonnis onvanpas sou wees nie, maar dit is nietemin 'n gewigtige faktor. Die vraag tot welke mate daar vooraf beplanning was, speel ook ' n rol bý die bepaling van straf. Die verhoorhof het geen pertinente bevinding dienaangaande gemaak nie. Dit wil egter uit die vonnismotivering ten aansien van die roofaanklag blyk dat daar aanvaar is dat appellant die toevallige afwesigheid van die huishulp ten baat geneem het. Die omringende omstandighede maak dit inderdaad 'n redelike moontlikheíd. Die appellant was goed bekend in die buurt; sy teenwoordigheid op die hoewe die betrokke dag was geen geheim nie en, ná sy verdwyning, kon daar nouliks enige twyfel oor die identiteit van die moordenaar gewees het. Boonop gaan verkwansel hy feitlik daar en dan die gesteelde radio aan iemand wat hom goed ken. Die blote sinloosheid van die misdaad wil dan daarop

10 dui dat dit wel op die ingewing van die oomblik gepleeg is toe hy besef die huishulp is afwesig met siekte. Appellant het getuig dat hy die oorledene aangeval het met die mes waarmee hy die noodlottige oggend besig was om uie te sny. Ook dit is aanduidend daarvan dat appellant onbesonne tot die aanval oorgegaan het toe hy besef die oorledene is alleen. Die indruk van impulsiewe optrede word versterk as gelet word op die persoonlikheid van die appellant. Hy is weliswaar nie geestelik minderwaardig nie, maar hy is ongeletterd, ongeskoold, het 'n spraakgebrek en 'n drankprobleem. Oor die jare het hy as plaasarbeider 'n sukkelbestaan gevoer. Ten tyde van die moord het hy die plaaslike winkeleienaar sowat R30,00 geskuld, 'n haas onbereikbare bedrag op sy bestaansvlak. Sy lys vorige veroordelings verskerp die indruk van versukkelde agtergeblewenheid: In 1970 breek hy by 'n stoorkamer in en steel goedere ter waarde van R1,00; drie jaar later steel hy grondboontjies ter waarde van R5,00; in Julie 1976 word hy die eerste keer tronkstraf opgelê weens 'n aanranding met die opset om ernstig te beseer; die daaropvolgende jaar steel hy petrol ter waarde van R9,00; na 'n gaping van 10 jaar word hy in Oktober 1988

11 gevonnis vir huisbraak en die diefstal van 'n radio ter waarde van R40,00. Drie maande later pleeg hy die onderhawige misdade. Die beeld is dus dié van 'n versukkelde kleindief eerder as 'n geweldenaar. Alhoewel daar weinig sprake van hervorming kan wees (appellant is reeds in sy veertigerjare) kan hy tog nie as verdorwe getipeer word nie. Die gemeenskapsbelang tree sterk op die voorgrond by dié tipe misdaad. Die afsku waarmee regdenkendes dit bejeën, die onrusbarende toename in die voorkoms daarvan en die gevolglike belang van die vergeldings- en afskrikkingsoogmerke van straf, is voor die hand liggend en verg geen beredenering nie. Nietemin kan daar nie gesê word dat alleen die doodstraf hier vanpas is nie. Die minder laakbare opsetsvorm, die onbesonnenheid van die misdaad en die appellant se persoonlike omstandighede dui daarop dat 'n lang termyn van gevangenisstraf sal voldoen aan die oogmerke van straftoemeting. As in aanmerking geneem word dat appellant reeds sedert Januarie 1989 in hegtenis is (sedert September van daardie jaar in afwagting van sy teregstelling), sal die moord wat hy gepleeg het na behore besoek word met 'n vonnis van 20 jaar gevangenisstraf, wat nou in werking en tree. gedagtig Ten einde aan die onmenslike tyd- akkumulasie opsetsgebondenheid te voorkom van

12 die moord en die roof, is 'n samelopingsbevel aangewese. Bygevolg word soos volg gelas: 1. Die appél teen die oplegging van die doodvonnis slaag. 2. Bedoelde vonnis word tersyde gestel en vervang deur 'n vonnis van 20 jaar gevangenisstraf. 3. Ingevolge die bepalings van artikel 280(2) van Wet 51 van 1977 word gelas dat die vonnisse op aanklagte 1 en 2 saamloop. J.C. KRIEGLER Wnd. Appèlregter E.M. GROSSKOPF AR ] GOLDSTONE ] ] STEM SAAM