MEMORANDUM VAN HUURKONTRAK



Vergelijkbare documenten
Die verhuurder verleen aan die huurder die eerste opsie om die kontrak te hernu vir n verdere termyn.

Dokumentnommer: HUUROOREENKOMS

Dokumentnommer: HUUROOREENKOMS

AANBOD OM TE KOOP AAN. F J D TRUST IT2390/1995 Hierin verteenwoordig deur FRANCOIS JOSEPHUS DERCKSEN (hierna genoem die Verkoper)

VOORWAARDES VAN VERKOPING VAN ONROERENDE EIENDOM. Die volgende sal voorwaardes van verkoping wees waarvolgens sekere vaste eiendomme bekend as :

Huurkontrak (vir woon - huisvesting vanaf 1 Januarie 2015 en die einddatum 30 November 2015)

TENDERVOORWAARDES. GRAAN SUID-AFRIKA Blok C Alenti Park, 457 Witherite Road, The Willows, Pretoria (hierna genoem die Verhuurder )

VERKOOPSVOORWAARDES MEMORANDUM VAN BEDINGE EN VOORWAARDES WAAROP. Likiditer Afslaers BK ( Registrasienommer 88/05012/23 ) handeldrywend as

KOOPKONTRAK VIR N VOLTOOIDE DEELTITEL EENHEID

VEILINGSOOREENKOMS. NADEMAAL die Verkoper begerig om onder die beskerming van S.A. Holstein 'n veiling te reël op te,

DIENSKONTRAK MEMORANDUM VAN OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: hierin verteenwoordig deur behoorlik daartoe gemagtig (hierna die WERKGEWER genoem)

VEILINGSVOORWAARDES VASTE EIENDOM. Koper(s): ERF 207 en ERF 208 te Karoo Hoogland Munisipaliteit, WILLISTON. Opgestel deur :

KOOPKONTRAK HARTENBOS LANDGOED

HUURKONTRAK. (van n deeltitel eenheid in terme van die Wet op Behuisingsontwikkelingskemas vir Afgetrede Persone en die Wet op Deeltitels)

TERME EN VOORWAARDES

OPSIE-OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN :

DIENSKONTRAK vir TYDELIKE PERSONEEL. Universiteit Stellenbosch

EIS OM VERGOEDING INGEVOLGE DIE WET OP MINERAAL- EN PETROLEUM-HULPBRONONTWIKKELING

Tjokkerjol Speelgroepie

AANSOEK OM TOELATING SLEGS VIR KANTOOR GEBRUIK. Aangeheg. Familie Kode: Toelatingskode:

REËLS VAN VEILING EN VOORWAARDES VAN VERKOPING DIE VOLGENDE SAL DIE VOORWAARDES VAN VERKOPING WEES WAARVOLGENS DIE EIENDOMME

BOUKONTRAK AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN

GRONDWET. Centurion Kunsvereniging (hierna genoem die Kunsvereniging) Die naam van die Kunsvereniging sal wees CENTURION KUNSVERENIGING.

AANSOEK: GEASSOSIEëRDE LID

AANSOEK OM LIDMAATSKAP VORM 1

AANBOD OM TE KOOP. Wat by aanvaarding 'n Koopkontrak daarstel

DIENSKONTRAK VIR HUISWERKER. 1. Persoonlike besonderhede van huiswerker (hierna genoem die werknemer )

KOOPOOREENKOMS IDENTITEITSNOMMER: ONGETROUD/GETROUD BINNE/BUITE GEMEENSKAP VAN GOEDERE (HIERNA GENOEM DIE "VERKOPER")

KOOPOOREENKOMS NOG 'N SPOGONTWIKKELING DEUR GLC DEVELOPMENT (EDMS) BPK

HUURKONTRAK. aangegaan deur en tussen SEE-EIKE TRUST (EIENDOMS) BEPERK DIE UNIVERSITEIT STELLENBOSCH

KOOPOOREENKOMS IDENTITEITSNOMMER: ONGETROUD/GETROUD BINNE/BUITE GEMEENSKAP VAN GOEDERE (HIERNA GENOEM DIE VERKOPER")

SNIPPER-SNIP KLEUTERSKOOL EN CRÈCHE

TYGERBERG SKOOLFONDS 2015

MEMORANDUM VAN OOREENKOMS

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE

DAT op hierdie (dag) dag van (maand) in die jaar Twee Duisend en... (jaar) (20.. )

IMPAK leerders NASKOOLSENTRUM 2016 VOORWAARDES EN ReëLS (een kontrak per gesin)

KOOPKONTRAK ERF LANGEBAAN KOPER:

Indien Maatskappy of Beslote Korporasie, die registrasienommer:

Karoo Meat of Origin Sertifiseringskema

HUURKONTRAK MEMORANDUM VAN OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN

HUGO LAMBRECHTS OUDITORIUM - HUURKONTRAK

KONSTITUSIE. Van die. Hoedspruit Plaaswag. ( die Plaaswag )

VERKOOPSVOORWAARDES in terme waarvan VAN RENSBURG EN BEKKER VEILINGS (EDMS) BPK van Saffiersingel, Tamsui Industria, GEORGE

VEILINGSREëLS (LANDBOU GROND) en VERKOOPSVOORWAARDES

REGLEMENT VAN DIE ADMINISTRATIEWE PERSONEELVERENIGING

Naskool Tel:

KOOPOOREENKOMS VAN AANDELE. Hierdie ooreenkoms word aangegaan tussen: THANI-ZIMBI GAME FARM (PTY) LIMITED. Registrasienommer: 2005/018832/07

INHOUD 1. TENDER PROSEDURE 2. BESONDERHEDE VAN EIENDOM 3. TRANSPORTAKTE 4. BOUPLANNE 5. TENDER EN VERKOOPSVOORWAARDES VRYWARING

Katalogus. Lot 1 Friesperd reun: Esfané Zorba. Lot 2 Friesperd hings: Esfané Wynand. Lot 3 ESFANÉ VEILING 3 MAART ESFANé STOET OPEDAG EN VEILING

VERLIES VAN WINSTE (MASJINERIE BREEKSKADE)

KOOPKONTRAK MEMORANDUM VAN N OOREENKOMS AANGEGAAN EN GESLUIT TUSSEN:

AANBOD VIR DIE VERKRYGING VAN N REG TOT UITBREIDING - DEELTITELSKEMA

INHOUD 1. TENDER PROSEDURE 2. BESONDERHEDE VAN EIENDOM 3. BOUPLANNE 4. TENDER EN VERKOOPSVOORWAARDES VRYWARING

BKB EIENDOMME (EDMS) BEPERK (Reg. Nr. 67/04920/07)

VOLMAG EN FOOIEOOREENKOMS

OOREENKOMS OM ONROERENDE EIENDOM TE KOOP EN TE VERKOOP

VERLIES VAN WINSTE (MASJINERIE BREEKSKADE)

VEILINGVOORWAARDES. Die verkoop van hierdie eiendom sal in die geldkoers van die Republiek van Suid- Afrika geskied.

DIE RAAD BEHOU DIE REG VOOR OM N KORTING TOE TE STAAN, AL DAN NIE. AFDELING A

BKB EIENDOMME (EDMS) BEPERK (Reg. Nr. 67/04920/07)

KOOPKONTRAK. (van n deeltitel eenheid in terme van die Wet op Behuisingsontwikkelingskemas vir Afgetrede Persone en die Wet op Deeltitels)

INHOUD 1. TENDER PROSEDURE 2. BESONDERHEDE VAN EIENDOM 3. TRANSPORTAKTE 4. BOUPLANNE & SONERINGSERTIFIKAAT 5. TENDER EN VERKOOPSVOORWAARDES VRYWARING

STUDIESENTRUMBELEID. Leerders word die geleentheid gebied om na skool buitemuurse aktiwiteite by te woon en huiswerk te doen tydens n studiesessie.

BEMARKINGSOOREENKOMS

KOOPOOREENKOMS AANGEGAAN DEUR. STICHTING NEDERLANDS BEJAARDENCENTRUM (hierin later genoem die STIGTING) aan die een kant MET

Pre-Graad R / Graad R

uniq Huiswerk Sentrum n Unieke Huiswerk Ervaring

AANBOD OM TE KOOP. Ek, die ondergetekende, Identiteitsnommer: Maatskappynommer: Trust /Beslote Korporasie Nommer: Huwelikstatus: Adres: Tel:

OOS VRYSTAAT KAAP BEDRYF BEPERK : VRYBURG PLASE OP TENDER TE HUUR / KOOP

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN DIE PRE-PRIMÊRE SKOOL SENEKAL

DNK TRUST NASORG AANSOEKVORM 2017 n Aparte vorm moet vir elke kind voltooi word

AANSOEK VIR BEDRYF VAN SKOOLSNOEPWINKEL IN 2015

VRYWARINGSVORM VIR JEUGKAMP:

KONSTITUSIE FICHARDTPARK WOONBUURT ASSOSIASIE 2 JUNIE 2010

BKB EIENDOMME (EDMS) BEPERK (Reg. Nr. 67/04920/07)

KOOPKONTRAK. (van n deeltitel eenheid in terme van die Wet op Behuisingsontwikkelingskemas vir Afgetrede Persone en die Wet op Deeltitels)

IN DIE HOË HOF VAN SUID AFRIKA GAUTENG AFDELING, PRETORIA

HOËRSKOOL OOS-MOOT OOS-MOOT RAAD GEDRAGSKODE

ROBERTSON. AANSOEK OM TOELATING Vir graad 1-3 VOORBEREIDINGSKOOL - PREPARATORY SCHOOL

Bladsy 1 van Die Nasorgsentrum behou die reg voor om toelating tot die sentrum te weier sonder om redes te voorsien vir sodanige besluit.

Koper Een Naam: Id / Reg No:, behoorlik daartoe gemagtig en hierin verteenwoordig deur

VILLA CORTONA AFTREE-OORD DEELTITEL KOOPKONTRAK. Aangegaan deur en tussen:

OOS VRYSTAAT KAAP BEDRYF BEPERK : UITSTEKENDE PLAAS OP TENDER TE KOOP

HOOFSTUK 8 Die Nasionale Raad

aangegaan deur en tussen SEE-EIKE TRUST (EIENDOMS) BEPERK DIE UNIVERSITEIT STELLENBOSCH DIE BERG-EN TOERKLUB OUDLEDEBOND

OOS-RAND AKADEMIE NASKOOLSENTRUMVRYWARING

STANDAARD TERME EN VOORWAARDES

UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT BELEID. Ondernemingsbeleid. Senior Direkteur: IKT-dienste UBK. Jaarliks

KLIËNT INLIGTING KLIËNT. Voornaam: Identiteitsnommer / Geboortedatum: Posadres: Kode: Woonadres: Kode: PERSOON AANSPREEKLIK VIR REKENING.

GROENIE NESSIE KLEUTERSKOOL

AANSOEK VORM & MEMORANDUM VAN OOREENKOMS Sernick Bultoetssentrum

VERKOOP VAN VASTE EIENDOM

1. SKOOLFONDS: R per leerder periaar

SAKE-ONDERBREKING. (iv) enige ander materiële skade-versekering wat die belang van die versekerde dek;

Transcriptie:

MEMORANDUM VAN HUURKONTRAK AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN LUTZ TRUST (Trust Nr IT4694/95) (hierin verteenwoordig deur DANIEL JAKOBUS LUTZ, in sy hoedanigheid as Trustee (hierna die Verhuurder genoem) en Volle Name en Van: * Id. Nr.: Met adres te: (fisiese adres) (hierna die Huurder genoem. Verdere en betere besonderhede van die Huurder is beskikbaar in die hierby aangehegte Datavasleggingsvorm, nl Aanhangsel A ) 1. OMSKRYWINGS: HUURTERMYN: Vanaf 1 Desember 2008 tot 30 November 2009 PERSEEL: Bestaande uit: DIE KAMER Kamer no van Wooneenheid no in Lutzgebou, * Victoriastraat 11, Stellenbosch, synde 'n enkel/dubbel, * slaapvertrek (hierna die "kamer" genoem) en die GEMEENSKAPLIKE AREAS Die gemeenskaplike gebruik van die sit/eetkamer, kombuis en badkamer/s tesame met ander huurders van kamers in die betrokke eenheid, asook die toegang areas tot die wooneenheid. HUURBEDRAG: R per maand / per jaar, * (water en elektrisiteit ingesluit). DEPOSITO: R 3 000,00

Bladsy 2 van bl 6 NADEMAAL 2. Die Verhuurder die eienaar is van Lutzgebou, Victoriastraat 11, Stellenbosch. 3. Die Verhuurder bereid is om die Perseel soos in paragraaf 1 hierbo genoem aan die Huurder te verhuur en die Huurder bereid is om die Perseel by die Verhuurder te huur; DERHALWE WORD NOU SOOS VOLG OOREENGEKOM: 4. VERHUUR EN HUUR Die Verhuurder verhuur hierby en die Huurder huur hierby die Perseel vir die huurtermyn soos in paragraaf 1 omskryf. 5. DEPOSITO 'n Deposito gelykstaande aan die bedrag soos in paragraaf 1 hierbo omskryf sal op ondertekening van hierdie kontrak deur die Huurder aan die Verhuurder betaalbaar wees. Die deposito mag nie deur die Huurder aangewend word vir betaling van die laaste maand se huur na kennisgewing nie. 5.1 Die deposito sal in n trustrekening gehou word. Deposito s sal vir die Huurder se rekening rente oploop teen die koers soos belê. 5.2 Na afloop van die huurtermyn sal die deposito terugbetaalbaar word aan die Huurder, en sal binne 20 dae na die verstryking van die huurtermyn deur die Verhuurder aan die Huurder terugbetaal word met dien verstande dat: 5.2.1 Die Verhuurder geregtig sal wees om alle nodige uitgawes aan die kamer wat benodig mag word ten einde die kamer te herstel tot die toestand waarin dit was alvorens die huurtermyn ingevolge hierdie ooreenkoms 'n aanvang geneem het, en wat nie deur gewone slytasie / verbleiking of tydsduur veroorsaak is nie, van die Huurder se deposito te verhaal, insluitend skoonmaak van matte en uitverf van die kamer. 5.2.2 Die Verhuurder geregtig sal wees om alle nodige uitgawes aan die gemeenskaplike area wat benodig mag word ten einde die gemeenskaplike area te herstel tot die toestand waarin dit was alvorens die huurtermyn ingevolge hierdie ooreenkoms 'n aanvang geneem het, en wat nie deur gewone slytasie / verbleiking of tydsduur veroorsaak is nie, gesamentlik en afsonderlik van die Huurders in die betrokke wooneenheid se deposito s te verhaal, insluitend skoonmaak van matte en uitverf van die gemeenskaplike area. 5.2.3 Indien enige bedrag soos hierbo vermeld deur die Verhuurder van die Huurder verhaal word, sal die Verhuurder binne 20 dae na beëindiging van die huurkontrak, op skriftelike versoek van die Huurder, verslag doen aan die Huurder van die onkostes

Bladsy 3 van bl 6 sodanig benodig, en indien deur die Huurder so versoek, aan die Huurder kwotasies voorlê vir die aangaan van sodanige kostes. 6. HUURGELD Die Huurgeld soos in klousule 1 omskryf is vooruitbetaalbaar en moet op die eerste dag van elke maand betaal word aan die Verhuurder of op so n wyse of plek soos van tyd tot tyd deur die Verhuurder bepaal word. Indien n Huurder herinner moet word aan n maandelikse betaling, sal n R50 boete gehef word. 7. GEBRUIK VAN PERSEEL 7.1 Die Huurder mag die Perseel slegs vir die doel van privaat huisvesting gebruik. 7.2 Die gebruik van die kamer sal tesame met ander huurders van kamers in die betrokke eenheid die gemeenskaplike gebruik van die sit/eetkamer, kombuis en badkamer insluit. 7.3 Die Verhuurder sal weekliks, wanneer nodig, daarvoor sorg dat die gemeenskaplike areas skoongemaak word. Die Huurder is egter alleen verantwoordelik vir die skoonmaak van die kamer wat hy/sy huur, en mag nie die dienste van die skoonmaker/s gebruik vir die skoonmaak van sy/haar kamer, of die was van skottelgoed of was en stryk van wasgoed nie. 7.4 Die Huurder onderneem om hom/haar te hou by die gedragsreëls hierby aangeheg as Aanhangsel B ("Huisreëls en Regulasies ); 7.4.1 Die oortreding waarvan in die uitsluitlike oordeel van die Verhuurder as kontrakbreuk beskou mag word, 7.4.2 Die hierby aangehegte Aanhangsel B ( Huisreëls en Regulasies ) vorm ook deel van die kontrak in sy geheel gelees, die Huurder word geag toe te stem tot hierdie Huisreëls en Regulasies by ondertekening van hierdie kontrak. Voorts word alle huurders van Persele en ander persone aan wie die reg tot okkupasie deur enige eienaar van die betrokke Perseel verleen is geag vertroud te wees met die inhoud van die Huisreëls en Regulasies en moet die gedragsreëls nagekom word ondanks andersluidende bepalings vervat in enige huurooreenkoms of in die toestaan van sodanige reg op okkupasie. 7.4.3 Die Verhuurder behou die reg voor om van tyd tot tyd by kennisgewing boetes voor te skryf vir die nie nakoming van die Huisreëls en Regulasies, asook om by herhaalde oortredings van enige van die genoemde reëls en regulasies en of kontrak bepalings, die huurkontrak summier te beëindig en die kamer onmiddellik in besit te neem, sonder om afbreek te doen aan die verhaalsregte om onbetaalde huurgeld en enige vergoeding vir skade as gevolg van kontrakbreuk gely, te eis.

Bladsy 4 van bl 6 7.5 Die Huurder onderneem dat daar op geen tydstip meer persone in 'n kamer sal tuisgaan of oorslaap as wat in die beskrywing van die kamer in paragraaf 1 hierbo aangedui word nie, tensy vooraf andersins met die Verhuurder ooreengekom, of dat enige persoon in die res van die Wooneenheid tuisgaan of oorslaap nie. 8. BEPERKING VAN VERHUURDER SE AANSPREEKLIKHEID Die Verhuurder is nie teenoor die Huurder aanspreeklik ten opsigte van enige verlies, beskadiging of besering hetsy van 'n persoon of van goed wat veroorsaak word deur enige gebrek in die Perseel of gemeenskaplike area wat gedurende die geldigheidstermyn van hierdie huurkontrak ontstaan nie. 9. VERSEKERING Die Huurders mag nie: 9.1 Enige vloeistof of ander artikel van 'n gevaarlike of vlambare aard wat die woning in gevaar kan stel, in die Perseel bêre of toelaat dat dit aldaar gebruik of gebêre word nie; 9.2 Iets doen wat die tarief van enige versekering wat die Verhuurder tans ten opsigte van die Perseel hou, sal verhoog, of sodanige versekering ongeldig maak of andersins in gevaar sal stel of daartoe aanleiding sal gee nie; die Huurder erken hierby dat hy aldus bewus is van die inhoud van die polis wat vir genoemde versekering voorsiening maak, en waarvan n kopié ter insae beskikbaar is by die Verhuringskantoor. 9.3 Die Huurder moet die Verhuurder op aanvraag skadeloos stel van enige onkoste, verlies of skade deur die Verhuurder gely omdat die Huurder versuim het om enige bepalings van subklousule 9.1 van hierdie klousule na te kom. 10. VERHUURDER SE REGTE Die Verhuurder het die reg om die Perseel te alle redelike tye en, ter eie keuse, te inspekteer. 11. ONDERVERHURING EN SESSIE Die Huurders het nie die reg om hierdie huurkontrak te sedeer of oor te maak of die kamer onder te verhuur of andersins uit sy besit te laat gaan nie, tensy skriftelik daartoe gemagtig deur die Verhuurder. 12. WANBETALING VAN HUURGELD As die Huurders in gebreke bly om enige huurgeld stiptelik op die eerste dag van elke maand te betaal of om enige van die ander bepalings van hierdie huurkontrak na te kom, het die Verhuurder die reg om hierdie huurkontrak summier te beëindig en die kamer in besit te neem, sonder om afbreek te doen

Bladsy 5 van bl 6 aan die Verhuurder se regte om onbetaalde huurgeld en enige vergoeding vir skade wat hy as gevolg van so 'n versuim of kontrakbreuk gely het, te eis. 13. TERUGBESORGING VAN DIE KAMER BY AFLOOP VAN HUURTERMYN Behoudens die bepalings van hierdie huurkontrak, onderneem die Huurder om die Verhuurder by afloop van hierdie huurkontrak weer in besit te stel van die kamer en alle los en vaste toebehore, meubels en installasies binne die kamer, wat alles in 'n goeie toestand moet wees. 14. DOMICILIUM CITANDI ET EXECUTANDI Die Huurder kies as sy/haar domicilium citandi et executandi, * die adres van die huurperseel of die ouer/voog se adres soos per Aanhangsel A". (Adres gebruik te word na keuse van die Verhuurder.) Enige kennis deur die Verhuurder aan die Huurder in verband met hierdie huurkontrak gegee aan die Huurder by sodanige domicilium gerig en afgelewer aan die huurperseel of gepos per vooruitbetaalde geregistreerde pos aan die adres van die ouer/voog, word geag deur die Huurder ontvang te gewees het op die 3de dag na die dag waarop dit aldus afgelewer en/of gepos is. Hierdie bepalings is mutatis mutandis van toepassing in die geval van so 'n kennisgewing deur die Huurder aan die Verhuurder wat sy adres soos in die aanhef van hierdie huurkontrak vermeld as 'n domicilium citandi et executandi kies. 15. JURISDIKSIE Indien enige dispuut tussen die Verhuurder en die Huurder ontstaan aangaande enige aspek wat betrekking het tussen die partye en op hierdie huurooreenkoms, dan en in so 'n geval, stem die Huurder en die Verhuurder toe tot die jurisdiksie van die Landdroshof om sodanige dispuut te bereg. 16. KOSTES 16.1 Indien 'n Prokureur opdrag ontvang om enige bedrag wat deur die Huurders kragtens hierdie huurkontrak betaalbaar is, in te vorder, of om geregtelike stappe te doen vir die verhaal van so 'n bedrag of enige bedrae wat as gevolg van opsegging van hierdie huurkontrak deur die Huurder betaalbaar is, moet die Huurder enige daaruitspruitende invorderingskommissie en ander kostes tussen Prokureur en Kliënt betaal. 16.2 Die koste in verband met die opstel van hierdie Huurkontrak met inbegrip van die seëlreg daarop, moet op aanvraag deur die Huurder aan die genoemde Verhuurder betaal word.

Bladsy 6 van bl 6 17. VOLLE OOREENKOMS EN WYSIGINGS Die partye kom ooreen dat die dokument die volle ooreenkoms tussen die partye bevat en enige wysigings van watter aard ookal moet op skrif gestel word, so nie sal die wysiging nietig wees. Geteken te _ STELLENBOSCH op hierdie dag van 20. AS GETUIES: l. (DANIEL JAKOBUS LUTZ, in sy hoedanigheid as Trustee van die LUTZ TRUST 2. (Verhuurder) Geteken te op hierdie dag van 20. AS GETUIES: l. (Huurder) 2. (Huurder naam in drukskrif) * Beide partye en hul getuies moet al die bladsye, insluitende Aanhangsel A en Aanhangsel B, sowel as alle deurhalings en/of veranderinge in hierdie kontrak, parafeer.