2018 KULTUURFEES INLIGTING

Vergelijkbare documenten
KAROO EISTEDDFOD 2016 KLASSE E & F: DRAMA. Inskrywings sluit: 24 Junie 2016

INSTRUMENTALE MUSIEK 24 Augustus 27 Augustus 2015

INSTRUMENTALE MUSIEK 22 Augustus 26 Augustus 2016

My denke bepaal my geluk. Omsendbrief 097 van April 2017 KUNSWEDSTRYD 2017

Baie geluk en sterkte aan Artisticulta vir 2018 ons as gemeenskap sê dankie en wees verseker van ons koestering en deurlopende steun.

INDIVIDUELE AFDELING

INDIVIDUELE AFDELING

Allegretto... we are the leaders in culture... an eisteddfod with a difference... for all

Baie geluk en sterkte aan Artisticulta vir 2017 ons as gemeenskap sê dankie en wees verseker van ons koestering en deurlopende steun.

Koorsang is die een aktiwiteit wat nie seisonaal gekenmerk word nie en dus is leerders wat deelneem hieraan regdeur die jaar pligsgetrou.

EUGENE MARAIS KULTUURFEES

BASIESE KONSEPTE-PROGRAM PROGRAM. n Toets ontwikkel deur dr. Louis Benjamin, Naam van leerder: Ouderdom van leerder: Geslag: Graad: Skool:

BELEIDSDOKUMENT. Eksamens / Mini-eksamens Grey Kollege

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Koorsang is die een aktiwiteit wat nie seisonaal gekenmerk word nie en dus is leerders wat deelneem hieraan regdeur die jaar pligsgetrou.

Kingswood College Departement Afrikaans AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 12 VRAESTEL 2

2 nd Chances... Wiskunde

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 FEBRUARIE/MAART 2011

Con Spirito!!!! 9. Prestige-Aand. Maandag, 4 Oktober Parkdene Primary, Boksburg

GRAAD: 4 VAK: LEWENSVAARDIGHEDE SKEPPENDE KUNSTE KWARTAAL VIER FORMELE ASSESSERINGSTAAK (FAT) 4

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2012

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Animato Koorkompetisie/Choir

Tema 1: Ek en my nuwe skool Week 1, 2 en 3

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

SENIOR FASE GRAAD 7 NOVEMBER 2017 WISKUNDE

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Johannesburg Cluster Common Examination Vraestel 3

education Departement van Onderwys MPUMALANGA PROVINSIE

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS HUISTAAL V 3 SEPTEMBER 2014

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Geagte graad 9-Ouer/Voog en leerder VAKKEUSES VIR VOO-FASE

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT (NSS) GRAAD 11 FINALE EKSAMEN AFRIKAANS HUISTAAL DERDE VRAESTEL (NPS-08) TYDSDUUR: 2½ UUR DATUM: 10 OKTOBER 2012

Visuele Kunste en Fotografie

REKORD- EN EINDEKSAMEN

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Graad 7-inligtingsbrief

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 FEBRUARIE/MAART 2014

GRAAD: 6 VAK: LEWENSVAARDIGHEDE SKEPPENDE KUNSTE KWARTAAL VIER FORMELE ASSESSERINGSTAAK (FAT) 4

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 FEBRUARIE/MAART 2012

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

Hoërskool Roodepoort Afrikaans HT Graad 8 Taak 11: Vraestel 3. TAAK 11 : Opstel en Langer transaksionele tekste

Graad 1 Alleenlik SKOOLREKENING

Tygienuus. SATERDAG 28 April Meneer Peet Schoeman verjaar! Juffrou Anje Swanepoel verjaar! Juffrou Estelle Kriek verjaar!

Onderwyser lees die vergrote leesstuk Ben en Vis voor terwyl die leerlinge volg en met aandag luister.

TEMA 2016: KAROO-SKOONHEID!!

2012 Con Spirito!!!! Vir meer inligting oor CON SPIRITO. gaan na.

AANSOEKPROSEDURE KEURINGSPROSES EN TOELATINGSVEREISTES BELANGRIKE DATUMS

Soos in die verlede sal GLB verversings te koop aanbied (sien grondplan vir die kiosk ).

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II SKRYF EN AANBIED (LU3) TAAL (LU4)

JAARPROGRAM BEPALINGS INSKRYWINGSVORMS. 11de Jaarlikse Kunswedstryd

INTERNASIONALE AFRIKAANS-EKSPO. vir skoolleerders en studente. jou erfenis!

HUISWERKRIGLYNE - INTERSENFASE: GR

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

Hierdie toets bestaan uit 9 bladsye, die voorblad uitgesluit.

DANS. 8 Augustus 12 Augustus Voorsitter: Verna Walters

Wrestling Federation Stoeifederasie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Laerskool Wonderboom BELEID OOR MERIETE: KULTUUR

GRAAD 11 NOVEMBER 2016 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

HOËRSKOOL KAMPSBAAI AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 9 JUNIE 2014 TYD: 1½ UUR TOTAAL: 80

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL VRAESTEL

GRAAD 12 SEPTEMBER 2015

TYGERBERG SKOOLFONDS 2015

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

GRAAD 11 NOVEMBER 2014 MUSIEK V2

GRAAD 12 SEPTEMBER 2014 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3

Vraag 1: Danse in Verskillende Kulture Beantwoord die vrae gebaseer op die foto's langs die vrae.

HOËRSKOOL OOS-MOOT OOS-MOOT RAAD GEDRAGSKODE

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10

JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING 2013 GRAAD 1 AFRIKAANS HUISTAAL EKSEMPLAAR VRAESTELLE

KLAS H: BEELDENDE KUNS TWEE-DIMENSIONEEL

Visuele Kunste en Fotografie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

1. JUNIOR PRIMêRE FASE: GR. 1-3

FAKULTEIT EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE (EBW)

GRAAD 3 GESYFERDHEID VOORBEELDITEMS (AFRIKAANS) ONDERWYSERSGIDS

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT (NSS) GRAAD 11 HALFJAAR EKSAMEN AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL DERDE VRAESTEL (NSC11-07) D C

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRFA.3 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 FEBRUARIE/MAART Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT (NSS) GRAAD 11 FINALE EKSAMEN AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL DERDE VRAESTEL (NMY-79)

DNK TRUST NASORG AANSOEKVORM 2017 n Aparte vorm moet vir elke kind voltooi word

GRAAD 12 SEPTEMBER 2013 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3

2017 SACAI-WINTERSKOOL AFRIKAANS EAT NOTAS

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

GOUDVELD-HOËRSKOOL VOERTUIG EN VERVOER BELEID

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

Credo Musiekteorie-opleidingsprogram GRAAD 1 Deur S. J. Cloete

Beeld,Die Burger en Volksblad Koerantplakboeke Nasionale Kompetisie

DIE OOSTELIKE PROVINSIE TWEEKAMPVERENIGING. TEGNIESE REëLS VIR ATLETE

Transcriptie:

2018 KULTUURFEES INLIGTING Geagte Ouers Daar word met trots aangekondig dat die jaarlikse Kultuurfees weer binnekort in volle swang gaan wees. Vanjaar se tema is SIRKEL VAN VERTROUE. Baie van die afdelings vereis dat dié tema uitgebeeld moet word. Vergewis u dus van elke afdeling se vereistes. Massadeelname is vir ons n prioriteit, daarom wil ons elke leerder aanmoedig om aan ten minste een item deel te neem. Geen inskrywingsgelde sal betaal word nie, behalwe handewerk en koekversiering (massa-deelname en Master Class ). Elke deelnemer ontvang n sertifikaat. Die beoordelaars se beslissing is finaal. U word vriendelik versoek om u kind te begelei in die keuse en inoefening van items. U is welkom om u kind self af te rig of te laat afrig. Let wel: Die personeel is slegs in beheer van afdelings, maar rig nie self af nie. Verseker asseblief dat u kind goed voorberei, aangesien n onafgeronde item kinders in die verleentheid stel. Punte word toegeken vir deelname. Punte vir deelname, sowel as die simbole wat tydens optrede behaal word, word saam bereken om die algehele beste kultuurleerder te bepaal. Die leerders word by die Big Brag-aand aangekondig. Aangeheg is die Kultuurfees handleiding met items. Bestudeer dit deeglik, voordat u kind sy/haar keuses maak. Let asseblief op die beperkings by die verskillende afdelings en hou ook in gedagte dat van die items op dieselfde dag plaasvind. U kan ook die keuse uitoefen of u kind slegs vir genot deelneem en of u kind bepunt moet word. Die leerders wat slegs vir genot deelneem, ontvang slegs n deelnamesertifikaat. Afrikaanse leerders: Gebruik die Afrikaanse handleiding om in te skryf. Engelse leerders: Gebruik die Engelse handleiding om in te skryf. 1

Geen laat inskrywings sal aanvaar word nie. Inskrywingsdatum 16 Maart 25 April 2018 SLEGS instrumentaal inskrywings 16 Maart 15 Junie 2018 Alle leerders van ons skool mag deelneem en die verrigtinge in die middae as toeskouers bywoon. Ouers is ook baie welkom om te kom kyk en luister, maar word versoek om elke afdeling se unieke reëls te respekteer. Na die sluitingsdatum, sal die afdelingshoofde n lys met die deelnemers en tye van deelname saamstel. Dié inligting sal op 21 Mei 2018 aan leerders uitgedeel word. N.B. Instrumentaal inligting sal eers 23 Julie 2018 uitgestuur word. HOE WERK DIE INSKRYWINGS? Verander Ons is opgewonde om aan te kondig dat ons kultuurfeesinskrywings hierdie jaar elektronies gedoen sal word. Gebruik asseblief die volgende skakel om u kind vir die onderskeie kultuurfeesafdelings in te skryf. (https://goo.gl/forms/louphonlnkjhezaq2 ) Dit is uiters belangrik dat die regte spelling van u kind se naam en van op die elektroniese vorm ingevul word, aangesien dit gebruik word vir sy/haar sertifikaat. Let op die beperkings in elke kategorie. Oorweeg die inskrywings versigtig, aangesien te veel inskrywings u kind kan ooreis. Geen laat inskrywings sal aanvaar word nie. Leerlinge MAG NIE onttrek, nadat hulle ingeskryf het nie. Die inskrywingsfooi is nie terugbetaalbaar nie. Inskrywingsdatum: 16 Maart 25 April 2018. o SLEGS Instrumentaal inskrywings 16 Maart 15 Junie 2018 Ons is baie opgewonde en sien daarna uit om na al ons leerders se pragtige werk te kyk en luister. Kultuur-groete Yolande van Heerden (Kultuurhoof) 2

DATUMS EN AFDELINGSHOOFDE AFDELING AFDELINGSHOOFDE DATUM VAN OPTREDE/BEOORDELING LOKAAL Skryfkuns Blommerangskikking Carien Kruger Vicky Piekaar Terri Janse van Rensburg Ankia Greyling Janine Tattersall 5 7 Junie 2018 Gr. 2 7 14 Junie 2018 Gr. 4 7 Klas Handwerk Handwerk Grafiese Ontwerp Versamelings & Stokperdjies Koekversiering Dans Drama Afrikaans Drama Afrikaans Drama Afrikaans Spel-Mania Spel-Mania Spel-Mania Vokaal Vokaal Vokaal Instrumentaal Instrumentaal Kuns Juniors Pastelle Kuns Seniors Pastelle Elmarie Roesch Ashley Arnold Isabel Bosman Elmarie Roesch Ashley Arnold Isabel Bosman 18 Junie 2018 Gr. 3 & 4 19 Junie 2018 Gr. 1 & 2 Marita Havenga 19 Junie 2018 Gr. 7 Adél Dreyer 20 Junie 2018 Burnice Langenhoven Gr. 1 7 Carina de Villiers 21 Junie 2018 Sherene Brown Gr. 1 7 Ashley Arnold Saarmari van der Vyver Janine Brümmer Rianda Pelser Sally Seeber Trudy Strobel 19 20 Julie 2018 Gr. 1 7 Massa deelname - Hoërskool vierkant Master class - Saal Saal Elsophi van der Merwe 23 Julie 2018 Gr. 6 7 Saal/ Elsophi van der Merwe 24 Julie 2018 Saal/ Gr. 1 3 Elsophi van der Merwe 25 Julie 2018 Saal/ Gr. 4 5 Nicoline Wildenboer 30 Julie 2018 Sharon Lambrechs Gr. 3 Nicoline Wildenboer 31 Julie 2018 Sharon Lambrechs Gr. 4 5 Nicoline Wildenboer 1 Augustus 2018 Sharon Lambrechs Gr. 6 7 Adri Mocke 13 Augustus 2018 Merna Gubuza Gr. 1 3 Adri Mocke 14 Augustus 2018 Merna Gubuza Gr. 4 5 Adri Mocke 15 Augustus 2018 Merna Gubuza Gr. 6 7 Wendy Nieuwoudt 23 25 Augustus 2018 Mary-Anne Badenhorst Wendy Nieuwoudt 27-28 Augustus 2018 Mary-Anne Badenhorst Debby Hughes Tydens klas Memory Brooks Gr. 1 3 Brigitte Double Yolande van Heerden Teagan Janse van Rensburg Tydens Kunsklas Gr. 4 7 INSKRYWINGSDATUM: 16 Maart 25 April 2018. o SLEGS Instrumentaal inskrywings 16 Maart 15 Junie 2018 3

MIDSTREAM COLLEGE KULTUURFEES HANDLEIDING A. AFDELING: SKRYFKUNS Iets meer oor die afdeling, Skryfkuns: Die skryfwerk word na skool deur die leerders self geskryf. Reëlings sal met die leerders getref word. Skryfwerk moet netjies en leesbaar wees. Dit kan met potlood, blou of swart pen geskryf word. Leerders mag vir een item per kategorie inskryf. Die onderwerpe word eers op die dag waarop die leerders skryf, aan hulle gegee. Die riglyne vir elke skryfstuk word deeglik, voor hulle begin skryf, aan leerders verduidelik. SKRYFKUNS KATEGORIEË STORIE GEDIG B. AFDELING: VOKAAL LIGTE LIEDJIES Kies n lied wat by die ouderdom, emosionele vlak en stem-omvang van die leerder pas. Gepaste klere wat die lied uitbeeld is toelaatbaar. Eie begeleiding of klankbane kan gebruik word. Klankbane van slegs 90 sekondes asseblief. Geen stemme met melodie, slegs harmonie op klankbaan. (Leerders sal gediskwalifiseer word.) Professionele klank en mikrofone sal beskikbaar wees. Net een lied mag in elke kategorie gesing word. Geen Medleys word toegelaat nie. Daar mag slegs vir 4 kategorieë in die Vokaal afdeling ingeskryf word. GROEPE Afrikaans/English Gewyd/Gospel Populêre liedjie Film/Musiekblyspel Oop Duet/Trio/Groepe Eie Begeleiding Verander C. AFDELING: DRAMA (AFRIKAANSE LEERDERS) Elke leerder word tot 3 kategorieë beperk. Die Onvoorbereide Lees: Prosa kategorie is uitgesluit. Dit is baie belangrik dat die regte taal gekies word waneer u elektronies inskryf. Neem kennis: Leerders mag slegs deelneem aan die Prosa: Onvoorbereide lees afdeling, indien hulle aan n ander drama-item in Afrikaans deelneem. Slegs een inskrywing per kategorie per kind word aanvaar. Slegs individuele items word aanvaar. Geen groepe soos spreekkore, dialoë, ens. word aanvaar nie. 4

Leerders moet asseblief die dag van hul optrede n kopie van hul gekose stuk/skrif of gedig indien. Dit sal onnodige stres en angs verlig ingeval die leerder enige deel van hul optrede vergeet en gerusstelling nodig het. POËSIE Eie keuse. Die gedig moet aan die standaard van die betrokke graad voldoen. n Kandidaat mag nie sy of haar gedramatiseerde prosa- of poësiestuk as n stilstaande prosa- of poësie-item aanbied nie. (Dit geld vir alle kategorieë in drama.) Let op die tyd. Swart kleredrag of skooldrag moet deurgaans gedra word. Die gedig moet gememoriseer word en mag nie afgelees word nie. Handig n kopie van die gedig by die beoordelaars in, voordat jy die verhoog betree. GRAAD 1, 2 & 3 1 MINUUT 1 MINUUT 30 SEKONDES 2 MINUTE GEDRAMATISEERDE POËSIE Eie keuse: Tydsduur moet streng nagekom word. Die geskrewe woord word verlewendig deur gemotiveerde gebare en bewegings. Verskaf eie dramablokke, indien nodig. Swart kleredrag moet deurgaans gedra word. Gedig moet gememoriseer word en mag nie afgelees word nie. Handig n kopie van die gedig by die beoordelaars in, voordat jy die verhoog betree. GRAAD 1, 2 & 3 MAKS TYD 3 MINUTE 4 MINUTE 4 MINUTE GEDRAMATISEERDE PROSA Eie keuse tydsduur moet streng nagekom word. Die geskrewe woord word deur middel van die stem, liggaam en gesigsuitdrukking gedramatiseer en word verlewendig deur gemotiveerde gebare en bewegings. Dialoog kan sterk gekarakteriseer word. Swart klere moet deurgaans gedra word. Verskaf eie dramablokke, indien nodig. Prosa moet gememoriseer word en mag nie afgelees word nie. GRAAD 1 GRAAD 2 & 3 3 MINUTE 4 MINUTE 5 MINUTE 6 MINUTE PROSA Eie keuse tydsduur moet streng nagekom word. Geen bewegings en gebare toegelaat nie. Swart klere of skooldrag moet deurgaans gedra word. Prosa moet gememoriseer word en mag nie afgelees word nie. GRAAD 1 3 MINUTE GRAAD 2 & 3 4 MINUTE 5 MINUTE 6 MINUTE 5

MONOLOOG IN KOSTUUM Eie keuse tydsduur moet streng nagekom word. Dit is n alleenspraak en die leerders bly deurgaans dieselfde karakter. Slegs monoloog. Kostuum en meubels mag gebruik word en moet self voorsien, opgestel en verwyder word. Monoloog moet gememoriseer word en mag nie afgelees word nie. GRAAD 1 GRAAD 2 & 3 3 MINUTE 4 MINUTE 5 MINUTE 6 MINUTE ONVOORBEREIDE LEES PROSA Onvoorbereid Leerders kry vlugtig tyd om n gedeelte (deur beoordelaar gekies en op leerder se vlak) voor te berei en dan voor te lees. Skooluniform moet deurgaans gedra word. GRAAD 1 3 ONVOORBEREID ONVOORBEREID ONVOORBEREID D. AFDELING: INSTRUMENTAAL Titels van die musiek is nie gebind met die tema (Sirkel van vertroue) van die Kultuurfees nie. LEERDERS MAG IN DIE INSTRUMENTALE AFDELING VIR N MAKSIMUM VAN 3 ITEMS INSKRYF HETSY DIT VIR DEELNAME OF PUNTE IS. MUSIEKSTUKKE WAT DIE VORIGE JAAR GESPEEL IS, MAG NIE WEER INGESKRYF WORD NIE. DAAR MAG NIE TWEE OF MEER STUKKE PER ITEM AANGEBIED WORD NIE. As u kind musieklesse het by Midstream College sal u kind se musiekonderwyser afskrifte van die bladmusiek in handig. As u kind NIE by Midstream College musieklesse neem NIE moet afskruifte van elke item se bladmusiek ingehand word by Mev. Nieuwoudt. KLASSIEKE MUSIEK 1. KLASSIEKE MUSIEK: Klavier, Strykers, Houtblasers, Klassieke Kitaar KATEGORIE Beginners (1 2 jaar onderrig) Gevorderd (meer as 2 jaar onderrig) Ligte musiek Duet (slegs leerders) Duet (begelei deur onderwyser) Trio (slegs leerders) Barok Klassiek Romanties Modern/Hedendaags Studie 6

2. LIGTE MUSIEK: Klawerbord, Kitaar, Tromme Beginners Gevorderd KATEGORIE (1 2 jaar onderrig) (meer as 2 jaar onderrig) Ligte musiek (Rock, Pop, Jazz, Blues) Duet (slegs leerders) Groepe Die musiekonderwyser moet asseblief die kategorieë aandui voordat die leerders inskryf. E. AFDELING: DANSE Vul in aparte online inskrywingsvorms vir solo en groepe. Een elektronies se inskrywingsvorm in per groep/duo/trio. Eie musiek of begeleiding moet verskaf word. Klanksisteem is beskikbaar. CD s moet duidelik gemerk wees. Danse mag nie langer as 90 sekondes wees nie. Kies slegs 1 vanuit DS 01 DS 10 (Solo kategorie), dus nie meer as 1 solo per deelnemer nie. Nie meer as 2 vanuit DG 01 DG 10 nie (Groepe kategorie), dus nie meer as 2 groep inskrywings per deelnemer nie. DS DANS SOLO MODERNE DANSE KARAKTERDANS (SPESIFISEER TIPE DANSVORM) HIP HOP DISCO TAP AKROBAAT BALLET KLASSIEK MODERN/KONTEMPORÊR/LIRIES JAZZ VOLKSDANS/ANDER: DG DANS GROEPE MODERNE DANSE KARAKTERDANS (SPESIFISEER TIPE DANSVORM) HIP HOP DISCO TAP AKROBAAT BALLET KLASSIEK MODERN/KONTEMPORÊR/LIRIES JAZZ VOLKSDANS/ANDER: 7

F. AFDELING: SPEL-MANIA Die Afrikaanse en Engelse toesprake sal hierdie jaar vervang word met n splinternuwe Afrikaanse en Engelse Spelkompetisie! Hierdie geleentheid sal oor drie middae plaasvind. Belangstellende leerders vanaf graad 3 tot graad 7, sal vooraf n woordelys ontvang en gedurende die spelkompetisie, die woorde hardop spel. Dit beloof om groot pret te wees meer inligting sal nader aan die tyd deurgegee word. SPEL-MANIA ENGELS GRAAD 3 - GRAAD 7 SPEL-MANIA AFRIKAANS GRAAD 3 - GRAAD 7 G. AFDELING: KOEKVERSIERING Graad 1 7: Massa-deelname Die graad 1- tot 7-leerders gaan hierdie jaar op 21 Junie van 15:00 16:00 aan die koekversiering deelneem. Koste: R100 per inskrywing Elke kind ontvang: ʼn koek van sy/haar eie. ʼn mystery box met allerlei lekkergoed en verrassings in waarmee die koek versier kan word. ʼn bakkie versiersuiker Die koekversiering is ʼn prettige en gemaklike item en sal dus nie deel vorm van die Kultuurfees se algemene kompetisie nie. Enige leerder kan deelneem en geen beoordeling vind plaas nie. Kom geniet net die middag! Graad 6 & 7: "Master class Daar sal weer n eksklusiewe master classʺ vir belangstellende graad 6- en 7-leerders aangebied word. Tydens hierdie klas sal daar n koekversierings- en fondant-les aangebied word. Hierdie master classʺ sal op dieselfde tyd as die ander koekversieringsitem plaasvind, dus 21 Junie van 15:00 16:00. Koste: R150 (sluit alle benodigdhede in) H. AFDELING: VERSAMELINGS & STOKPERDJIES Die versameling van enige item wat deur die leerder self versamel is, kan ingeskryf word. Byvoorbeeld: uitveërs, seëls, modelkarretjies, ens. Wees oorspronklik! Berei ook asseblief n kort praatjie voor (nie langer as 2 minute) oor bv. hoe die versameling ontstaan het, waar jy die versamelstukke gekry het, hoe oud dit is, ens. Twee skoolbanke word vir die uitpak van die kind se uitstalling voorsien. Indien meer banke benodig word moet Me. Adél Dreyer betyds per e-pos in kennis gestel word. Tafeldoeke word ongelukkig nie voorsien nie. Leerders moet kies tussen n stokperdjie of n versameling. Beide mag ongelukkig nie uitgestal word nie. Dui ook duidelik aan op die inskrywingsvorm of u kind vir versamelings of stokperdjie inskryf. 8

I. AFDELING: HANDWERK Hierdie jaar bied ons n werkswinkel aan waar leerders hulself kan kom uitleef in hul skeppende en praktiese vaardighede. Die kursus sal op die volgende datums aangebied word: Graad 3 & 4 18 Junie vanaf 14:15 16:00 Graad 1 & 2 19 Junie vanaf 14:15 16:00 Leerders gaan slegs hulle skêre en gom saambring. Ongelukkig is daar net n beperkte hoeveelheid leerders wat geakkommodeer kan word. Die handwerk sal hierdie jaar slegs vir pret wees en dus nie deel vorm van die Kultuurfees se algemene kompetisie nie. Daar sal ʼn koste aan dié item verbonde wees, wat van u rekening verhaal sal word. HANDWERK GRAAD 1 2 HANDWERK GRAAD 3 4 J. AFDELING: KUNS GRAAD 1 7 Alle kuns vir Graad 1 7 sal gedurende die skooldag onder die toesig van die klasonderwysers geskied. Die materiaal vir die kunswerk sal deur die skool verskaf word (papier, potlode, verf, verfkwaste en olie pastelle). Deelnemers is ook welkom om hulle eie materiaal skool toe te bring. Kandidate mag slegs een kunswerk inhandig. TEMA: Sirkel van vertroue moet in alle kunswerke voorgestel word. Die riglyne vir elke graad sal breedvoerig aan die leerders verduidelik word, voor hulle met hul kunswerk begin. Leerders se kreatiwiteit sal deur die onderwyser gestimuleer word. Die onderwyser sal die leerlinge tydens die sessie aanmoedig en ondersteun. Plakkers sal deur die organiseerder op die kunswerk geplak word en die onderwyser sal die kunswerk monteer. Geen ouers sal gedurende die sessie in die lokaal toegelaat word nie. K. AFDELING: BLOMMERANGSKIKKING Hierdie jaar trek Blommerangskikking n nuwe baadjie aan. Daar sal twee groepe wees, Juniors graad 1 3 en Seniors graad 4 7. Ons tema is Sirkel van vertroue. Alle leerders is welkom om deel te neem. Elke deelnemer moet hulle eie blomme, vase, oase, dekor, linte saambring om hulle eie blommerangskikking te maak. Geen blomme mag huis toe gaan nie, totdat die beoordelaars al die blomme gesien het nie. Deelnemers kan voor die tyd oefen om blomme te rangskik. Niemand mag die dag van die blommerangskikking vir die deelnemers help nie. Ouers is welkom om te kyk. Graad 1 3 13:45 15:30 Graad 4 7 14:15 16:00 in blok 1, 14 Junie in blok 2, 14 Junie 9

Die rangskikking sal die jaar beoordeel word en n wenner van graad 1 3 en n wenner van graad 4 7 sal gekies word. Onthou net die belangrikste is om deel te neem en pret te hê. BLOMMERANGSKIKKING Gr. 1 3 BLOMMERANGSKIKKING Gr. 4-7 L. AFDELING: GRAFIESE ONTWERP Die aanlyn-inskrywingsvorm moet voltooi word. Inskrywings is slegs vir Graad 7-leerders en word op die program Lego-Design voltooi. Alle grafiese ontwerpe vind 19 Junie 2018 van 14:00-16:00 onder die toesig van Me. Havenga in Rekenaarlaboratorium 1 plaas. Die leerders maak van die rekenaars in die rekenaarsentrums gebruik. TEMA: Sirkel van vertroue moet prominent in die grafiese ontwerp na vore kom. Die riglyne sal breedvoerig aan die deelnemers verduidelik word, voor hulle met hul ontwerp begin. Deelnemers se kreatiwiteit sal deur die onderwyser gestimuleer word. Die onderwyser sal die leerlinge tydens die sessie aanmoedig en ondersteun. GRAFIESE ONTWERP GRAAD 7 10