EKSAMENAFBAKENING L.G. ADMIN 11 AFRIKAANS KWARTAAL 2 GR.: 5 EKSAMEN DATUM: 7 Junie 2018 AFRIKAANS DATUM UITGEREIK: 11 Mei 2018 Jy ontvang n volledige afbakening op Vrydag, 11 Mei 2018. Jy moet slegs die volledige afbakening vir die eksamen op 7 Junie leer. Maak seker dat jy die spelling orals leer, want die woorde moet korrek gespel word. Hierdie afbakening is slegs n opsomming van dit wat jy moet ken. 1. Woordsoorte: Selfstandige naamwoorde; Byvoeglike naamwoorde; Werkwoorde. 2. Alfabet; 3. Voor- en aftervoegsels en samestellings; 4. Lees- en skryftekens; 5. Onderwerp, voorwerp, gesegde; 6. Ontkenning; 7. Sinonieme en antonieme; 8. Lettergrepe; 9. Enkelvoud, meervoud en verkleining; 10. Letterlik en figuurlik; 11. Vergelykings; 12. Idiome. Sterkte: Alles is mooi uiteengesit op die volledige afbakening
EKSAMENAFBAKENING VAK: Afrikaans GR.: 5 Datum Uitgegee: 11 Mei 2018 Eksamendatum: Donderdag, 7 Junie 2018 Leer die volgende werk deeglik vir die eksamen van Donderdag, 7 Junie 2018 Wat is selfstandige naamwoorde? 1. n Selfstandige naamwoord is name van plekke (Secunda), diere (olifant), dinge (tafel), mense, plante, voëls, klippe, gebeurtenisse (Kersfees) toestande, ens. 2. n Selfstandige naamwoord kan na n lidwoord staan, bv. n seun die skool 3. n Selfstandige naamwoord het dikwels n meervoud of verkleiningsvorm, bv. Die seuns skop n balletjie in die straat. 4. n Selfstandige naamwoord dui ook geslag aan, bv. manlik en vroulik, bv. seun / dogter. Ons kry n paar soorte selfstandige naamwoorde. Die volgende moet jy ken: a. Soortname: Soortname is name van dinge, mense, diere, voëls, ens. bv. boek, rafel, meisie, seun, hond, ens. b. Eiename: Eiename is die name van n spesifieke persoon, plek, dier of ding. Die name word altyd met n hoofletter geskryf, bv. Karel, Suid-Afrika, Secunda, Maart, ens. c. Versamelname: Versamelname is die naam wat gegee word vir n versameling of groep dinge, diere, voorwerpe. Bv. n bundel gedigte n bos blomme bende misdadigers n boord vrugtebome d. Stofname: Stofname is die naam wat gegee word vir n stof, materiaal, mineraal, ens. Bv. yster, goud, sand, wol e. Maatname: Maatname is woorde wat n mens gebruik om n hoeveelheid van iets wat jy kan meet, bv. koppie tee, bottel melk. Byvoeglike naamwoorde: Die byvoeglike naamwoord beskryf die selfstandige naamwoord. 1. Jy kan n byvoeglike naamwoord in trappe van vergelyking gebruik, bv. mooi, mooier, mooiste. 2. Jy kan dit in die intensiewe vorm gebruik, bv. Sy dra n bloedrooi rok. Hy het n spierwit hemp aan. Soorte byvoeglike naamwoorde: a. Die b.nw kan voor die s.nw. staan, (attributief): Die goeie mense kom kuier. b. Die b.nw kan na die s.nw. staan, (predikatief): Die mense is goed.
-2- Werkwoord: Werkwoorde is aksiewoorde, m.a.w. doenwoorde, bv. kyk, praat, loop, staan. Bv. Die seun skiet die leeu. Die boer slag die skape. Alfabet: a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z Afleidings: basis, voorvoegsels, agtervoegsels Die basisvorm van n woord is die kleinste deel van die woord wat betekenis het, bv. klip. n Voorvoegsel word vooraan n basisvorm gevoeg om die betekenis van die woord te verander, bv. voer vervoer. n Agtervoegsel word agteraan n basisvorm gevoeg om die betekenis van die woord te verander, bv. rots rotse; skiet skietery. 1. Wat is die basisvorme van die volgende woorde? rotse; begrawe; paaie 2. Skryf die volgende woorde oor en onderstreep die voorvoegsels: begrawe; verpak; gebakte 3. Voeg n agtervoegsel by elk van die volgende woorde: bou; kos; vervoer Onderwerp, voorwerp, gesegde: Om te bepaal wat die onderwerp van die sin is, vra: Vraag: Wat gepraat? Antwoord: Die taal. Wat + die hoofwerkwoord. n Metode om die onderwerp, gesegde en voorwerp van n enkelvoudige sin te bepaal: Onderwerp Gesegde Voorwerp Wie doen wat? Ek sien n insek. 1. Doen nou dieselfde met die volgende sinne: a. Die maanhaarleeu vang die rooiboklam. b. n Blouwildebees storm n gevlekte hiëna. c. Die vlakvark grawe n moddergat. Leestekens: Skryftekens Koppelteken: Word gebruik om aan te dui dat ons met een woord te doen het, maar die dele nie vas geskryf kan word nie, omdat dit te moeilik lees, bv. plek-plek, see-eend, Suid-Afrika, fluit-fluit. Kapiewoorde: Sommige woorde kry n kappie op die e I o u. Die klank van die woord verander en kry n nuwe betekenis, bv. lê sê wêreld bêre brûe êrens
-3- Deeltekens: Die deelteken help om die woorde korrek uit te spreek en n nuwe lettergreep aan te dui. Gewoonlik is dit op die enigste of laaste e in die woord: Droë voël (soort voël) oë knieë vroeë moeë Ontkenning: In Afrikaans gebruik ons die dubbele negatief. Die eerste nie kom na die werkwoord en die tweede nie aan die einde van die sin. Hierdie woorde verander in die ontkennende vorm. iemand niemand êrens nêrens iets - niks Skryf die sinne oor in die ontkennende vorm: a. Die skoolkinders besoek die planetarium. b. Daar is iemand in die ruimteskip. c. Ons het êrens verdwaal. d. Die astronoom wil iets sê. Jupiter is n planet. Jupiter is nie n planet nie. Iemand ken sy werk. Niemand ken hulle werk nie. Êrens is daar ruimtewesens. Nêrens is daar ruimtewesens nie. Ons het iets geleer. Ons het niks geleer nie. Antonieme: Woorde met die teenoorgestelde betekenis, bv. binne - buite êrens - nêrens veilig - onveilig voor - agter oggend - aand opdraande - afdraande Sinonieme: Woorde met min of meer dieselfde betekenis: Fluks - ywerig dwing - forseer bejaard - oud dikwels - gereeld onmiddellik - dadelik Samestellings: Ons kan twee of meer woorde verbind om een woord te vorm. Ons noem die nuwe woord n samestelling. kamer + deur - kamerdeur spook + huis - spookhuis kind + kamer - kinderkamer kat + bak - kattebak eet + tyd - etenstyd plank + vloer - plankvloer Lettergrepe: Ons breek woorde op in stukkies. ONTHOU: Wanneer die lettergreep op 'n klinker/vokaal eindig, is dit n oop lettergreep. As dit op 'n konsonant / medeklinker eindig, is die lettergreep geslote Bv. Insekte - in g -sek g -te o ervaring - er g -va o -ring g Enkelvoud Meervoud Verkleinwoord rek rekke rekkie brein breine breintjie brief briewe briefie spook spoke spokie wens wense wensie venster vensters venstertjie
-4- Soorte sinne: Stelsin: Vraagsin: Uitroepsin: Bevelsin: n Sin wat met n hoofletter begin en met n punt eindig. Bv.: Die kinders speel buite in die tuin. n Sin met n vraagteken aan die einde, bv.: Waar speel die kinders? n Sin met n uitroepteken aan die einde, bv.: Kyk die pragtige blomme! n Bevel word gegee met n uitroepteken aan die einde, bv.: Moenie so skree nie! Letterlike en Figuurlike taalgebruik: Taal word letterlik gebruik wanneer woorde presies sê wat hulle beteken. Taal word figuurlik gebruik wanneer woorde iets beskryf wat nie werklik so is of lyk nie. Met figuurlike taal skep ons n denkbeeldige prentjie. Voorbeelde: Jy moet die stomp mes slyp. (letterlik) Hy slyp sy tande. (figuurlik) Figuurlike taal kikker ons alledaagse manier van skryf en praat op. Voorbeelde: Jakkalsdraaie gooi Die waarheid vermy. Katterig wees Venynig en sarkasties wees. Die kat uit die boom kyk Goed oor n saak dink voor jy iets doen. Leer die volgende vergelykings: So maer soos n kraai. So dood soos n mossie. So honger soos n wolf. So stadig soos n skilpad. So doof soos n kwartel. So skaars soos hoendertande. Leer die volgende idiome: IDIOOM Die appel val nie ver van die boom nie. Spekskiet. Iewers is n skroef los. Jy kry die wind van voor. Skoonskip maak. BETEKENIS Aard na sy ouers. Leuens vertel. Iets is fout. Moeilikheid. Baie pryse wen. n Gedagte Sterkte met die eksamens Wat julle ook al doen, Doen dit van harte Soos vir die Here! Kol 3:23 J COETZEE VAKONDERWY