OMSENDBRIEF 2 / 2015 SPORT RUGBY HOKKIE. 26 Junie Geagte Ouer / Voog. Graag wil ons net n paar sake onder u aandag bring:

Maat: px
Weergave met pagina beginnen:

Download "OMSENDBRIEF 2 / 2015 SPORT RUGBY HOKKIE. 26 Junie Geagte Ouer / Voog. Graag wil ons net n paar sake onder u aandag bring:"

Transcriptie

1 1 Die Hoërskool Wagpos Privaatsak X5005 Tel: BRITS Faks: e-pos: Webblad: Emis: Geagte Ouer / Voog 26 Junie 2015 OMSENDBRIEF 2 / 2015 Graag wil ons net n paar sake onder u aandag bring: RUGBY SPORT Dit het oor die algemeen goed gegaan met WAGPOS RUGBY gedurende die afgelope seisoen. Vir Wagpos bly deelname van ons leerders die eerste prioriteit en in dié opsig is ons nie teleurgestel nie. Ons is een van min skole (liga vir grootskole) wat nog oor B-spanne en n derde- en vierdespan beskik. Ongelukkig was hulle in min wedstryde betrokke, aangesien meeste skole net n A-span in die veld stoot. Om n oplossing daarvoor te vind is egter bitter moeilik. Ons deelname aan die SUPER REEKS was beslis suksesvol. Ons spanne is blootgestel aan sterk teenstand en dit hou ons rugby kerngesond. Ons rugbyspanne het gesamentlik vyfde geëindig uit twaalf skole. Na die SUPER REEKS was die Blou Bul-liga aan die beurt en veral ons 0/15 A-span het hulself goed laat geld. Die res van ons spanne het ook Wagpos-rugby van ouds opgedis en pragtige vertonings gelewer. Geluk aan Sakkie Liebenberg, Danny Smith en Etienne Moss wat vir die Luiperds 0/19-span verkies is. Dit span die kroon op jare se harde werk wat hulle ingesit het. HOKKIE Ons groei van krag tot krag. Weg is die dae wat Wagpos se hokkie in sy baba-skoene is. Nou is beslis in ons tiener-fase. Na elke wedstryd klim ons n trappie hoër. Baie geluk aan Joubert Lamprecht wat die Noordwes-span gehaal het. Wat dié prestasie so besonders maak, is dat dié graad 8-leerder reeds vir ons eerstespan speel. Natan Roos is weereens genooi om by die nasionale 0/14-toernooi te Kwazulu-Natal op te tree as skeidsregter. Ons is baie trots op ons leerders. Ons sluit ons hokkie-seisoen in September af met n hokkie-sokkie. Almal is welkom.

2 2 SAGTEBAL Sagtebal verbreed ons leerders se opsies vir deelname aansienlik en Wagpos is trots op ons sagtebalspanne se prestasies. Aangeheg is ons Sagtebal-ligabepalings vir die jaar. KRIEKET Met wintersport agter die rug, verwelkom ons graag die sport vir fynproewers, naamlik krieket. Met ses spanne wat vir die liga ingeskryf het, sien ons uit na die komende seisoen. Die dae waarop wedstryde plaasvind sien as volg daaruit: MAANDAE : Tweedespanne. DINSDAE : 0/14-spanne. DONDERDAE : 0/15-spanne. SATERDAE : Eerstespan. Oefentye is beskikbaar by die onderskeie afrigters. WAGPOS NETBAL MAAK ONS TROTS Ons kyk terug op n baie suksesvolle netbalseisoen en is ongelooflik trots op ons dogters se prestasies. Ons het rede om te spog met ons dogters wat hierdie jaar vir die tweede agtereenvolgende jaar die netbaltrofee teen Hoërskool Hartbeespoort gewen het. Drie van ons spanne (0/15-, 0/16- en 0/17-spanne) het deurgedring na die Streeksproewe en ons 0/17-netbalspan het verder deurgedring na die Noordwes-uitspeelwedstryde, waar hulle vyfde geëindig het. Drie van ons dogters het ook Noordwes-kleure vir netbal verwerf. Na harde oefening, n leersame netbalkliniek en taai wedstryde wil ons die dogters bedank vir hulle mooi gedrag en toewyding tydens die seisoen. Ons bedank ook al die afrigters vir hulle opoffering, al ons ouers wat so getrou ondersteun het en natuurlik ons borge vir al die bydraes. Ons sien uit na volgende jaar en weet sommer dat ons nog hoër hoogtes gaan bereik. KOOR Die skool se koor is mooi op dreef en het al n paar keer in kerke opgetree, asook by een korporatiewe funksie waarvoor positiewe terugvoer ontvang is. Ons sê baie dankie aan leerders en ook aan ouers wat so baie opoffer. RAPPORTE Rapporte word uitgegee op Vrydag, 25 Julie 2015.

3 3 OUERAAND U aandag word gevestig op die oueraand van Woensdag, 5 Augustus (17:00 20:00). Dui asseblief aan op die antwoordvorm watter onderwyser u graag wil spreek maak seker dat die leerder dit na die onderskeie onderwysers neem om n afspraak te skeduleer. Ouers word weereens daaraan herinner dat u nie hoef te wag vir n oueraand indien daar iets dringend is wat aandag verg nie. U kan die betrokke graadvoog of DSO kontak: GRAAD 8 : MNR D. KOEKEMOER. GRAAD 9 : ME H. STEENEKAMP. GRAAD 10 : ME C. DU PLESSIS. GRAAD 11 : ME A. BOOYSEN. GRAAD 12 : MNR F. DE JAGER. DSO vir GRAAD 8 & 9 : MNR S. BOUWER DSO vir GRAAD : MNR K. OPPERMAN ALUMNI-SAALOPENING In aanloop tot die Boerefees gaan die Lantie- / Wagpos-Alumni weer drie oud-leerlinge as legendes vereer vir buitengewone prestasies gelewer. Dié geleentheid vind op Vrydag, 24 Julie tydens saalopening plaas. GRAAD 8-INSKRYWINGS Inskrywings vir 2016 vorder fluks. Die feit dat Gauteng-skole se sperdatum vir inskrywings einde Mei is, het tot gevolg dat inskrywings om toelating tot Wagpos hierdie jaar ook vroeër geskied. Byna al die laerskole in ons voedingsgebied is besoek om Wagpos te bemark. Ouers en leerders word ook versoek om te help in dié verband en graad 7-leerders aan te moedig om deel van die Wagposfamilie te word. Die aansoekvorms is op Wagpos se webwerf beskikbaar, asook by ontvangs. OPEDAG - 1 AUGUSTUS Ons jaarlise Opedag vir ouers en voornemende Wagposters vind op Saterdag, 1 Augustus plaas vanaf 09:00 12:00. Soos die besoekers aankom, word ouers in groepe ingedeel om die verskillende punte te besoek. Graag versoek ons dat u hierdie inligting deurgee aan ouers van leerders wat nog twyfel of dalk sou belangstel om na Wagpos te kom. Onthou, almal is welkom selfs oupas en oumas! Belangstellendes moet daarop let dat die sperdatum vir aansoeke einde Oktober is.

4 4 WAGPOS BOEREFEES WAGPOS BOEREFEES - SATERDAG, 25 JULIE Die Wagpos Boerefees is n ideale geleentheid vir die bemarking van ons besondere skool. Wagpos is wyd en syd bekend as n instelling waar goedgedissiplineerde jongmense vir die samelewing gekweek word. Tydens dié fees kry die gemeenskap die geleentheid om eerstehandse kennis op te doen van die norme en waardes wat hier geld. Daarom is dit vir ons van die uiterste belang dat ons ouers en leerders aktief deel van dié fees sal wees. Aangeheg ook n afskeurstrokie indien u bereid is om te help tydens ons Boerefees by die kosstalletjies asook skenkings van benodigdhede. Ons het groot waardering daarvoor. KAARTJIES : ROBBIE WESSELS Die Boerefees op 25 Julie sluit af met n optrede van Robbie Wessels en dit beloof om n puik vertoning te wees. Alhoewel hierdie kunstenaars die skool n klompie geld kos, kan n goeie wins gemaak word uit die vertoning, indien elke leerder sy/haar deel doen. Die inkomste word teruggeploeg in die opgradering van hulpmiddels in die klasse so elke leerder sal baat vind daarby. Aan elke leerder word twee kaartjies uitgehandig wat hy/sy moet gaan verkoop kom ons sê dis elke leerder se bydrae en ereplig. Ons vra nie dat u as ouer daarvoor moet betaal as u nie die vertoning kan bywoon nie. Ons vra dat die leerder die kaartjies namens die skool sal verkoop. Dit sal hoog op prys gestel word indien ouers en leerders dit op hulle wil neem om meer kaartjies te verkoop. Elke kaartjie sal genommer wees en die leerder sal daarvoor verantwoordelik wees. Indien n leerder nou regtig nie die kaartjies verkoop kry nie, moet dit voor of op Woensdag, 22 Julie aan sy klasvoog teruggegee word. Die leerder moet asseblief seker maak dat die onderwyser dit afmerk. Kaartjies wat verlore is of nie terugbesorg word nie, sal as gebruik beskou word en die leerder se rekening met die bedrag gedebiteer word. MATRIKULANTE EN HUL OUERS Op aanvraag deur ons matrikulante is n Wagpos Winterskool gereël vir Donderdag, 16 Julie en Vrydag, 17 Julie, die laaste twee weeksdae van die vakansie. Onderrig sal plaasvind in Wiskunde, Fisiese Wetenskap en Wiskunde Geletterdheid. Briewe is aan die matrikulante oorhandig vir die ouers om kennis te neem van die reëlings. Reëlings vir die matriekafskeid vorder fluks. Dit vind hierdie jaar op Vrydag, 21 Augustus plaas op ons eie terrein. Dit gaan beslis n spoggeleentheid wees in ware Wagposstyl. Akademie bly egter altyd ons eerste prioriteit en getroue skoolbywoning is van die uiterste belang. Ons leerders verdien al die kanse wat op hul pad kom om n sukses van hul toekoms te maak.

5 5 GRAAD 12-VOORBEREIDENDE EKSAMEN Alle graad 12-leerders het elkeen n eksamenrooster ontvang. Die graad 12-voorbereidende eksamen begin op Maandag, 24 Augustus en ons versoek ouers dat geen matrikulant afwesig sal wees nie. Ons doen n beroep op mariekouers om toe te sien dat matrieks n studierooster opstel en vroegtydig begin studeer. Hierdie eksamen is baie belangrik. U word herinner aan ons verbintenis tot samewerking soos ooreengekom tydens die Februarie oueren matriekvergadering, dat ons n 100% slaagsyfer van ons matrikulante verwag. KUNSWEDSTRYD Die kunswedstryd is om die draai en ons herinner weer alle deelnemers om die vakansie hulle voorbereiding te doen. Geen leerder sal ingeskryf word vir die kunswedstryd indien hy/sy nie hulle geld aan die einde van die eerste week, in die derde kwartaal betaal nie, met ander woorde die 25ste Julie. Voltooi ook jou kunsstukke die vakansie, sodat jy nie onkant gevang word nie. Die kunswedstryd vind plaas vanaf Augustus. Baie sterkte aan almal en lekker voorberei! KOSHUIS Geen leerder sal volgende kwartaal tot koshuise toegelaat word indien koshuisgelde nie betaal is nie. n Bewys van betaling of reëling is n vereiste. Verseker asseblief dat u rekening tot op datum betaal is om toegang te verkry vir die derde kwartaal. LEIERSKAMP - DONDERDAG, 10 SEPTEMBER - SATERDAG, 12 SEPTEMBER Ons Diens- en Koshuiskomitee vertrek op bogenoemde datums na hulle leierskamp te Kwaggasrus vir hulle leierskapskoling. DATUMS SONDAG, 19 JULIE - Koshuise open: 16:00. Geen aandete. MAANDAG, 20 JULIE - Skool heropen. VRYDAG, 24 JULIE - Leerders ontvang rapporte. Alumni-Saalopening. SATERDAG. 25 JULIE - Wagpos Boerefees. SATERDAG, 1 AUGUSTUS - Wagpos Opedag. (09:00 12:00). WOENSDAG, 5 AUGUSTUS - Oueraand. (17:00 20:00).

6 6 VRYDAG, 7 AUGUSTUS - Koshuise sluit a.g.v. langnaweek. (14:00). MAANDAG, 10 AUGUSTUS - Skoolvakansiedag. DINSDAG - VRYDAG, 15 AUGUSTUS - Kunswedstryd. VRYDAG, 21 AUGUSTUS - Matriekafskeid. MAANDAG, 24 AUGUSTUS - Voorbereidende eksamen begin. DONDERDAG SATERDAG, 12 SEPTEMBER - Leierskamp. n Aangename vakansietyd word u en u gesin toegewens. Vriendelike groete D.J. NEETHLING H O O F

7 7 AFSKEURSTROKIE - OUERAAND Ek/Ons, ouers/voogde van in gr. neem kennis van die oueraand op WOENSDAG, 5 AUGUSTUS en maak graag van die geleentheid gebruik om die volgende onderwysers te besoek: ONDERWYSER TYD PARAAF SELFOONNR: TEL. HUIS: WERK: HANDTEKENING D A T U M

8 8 AFSKEURSTROKIE - BOEREFEES HULP BY KOSSTALLETJIES: Ek / Ons, en ouers/s van in gr. bied graag ons hulp aan by kosstalletjies op die aangeduide tyd. Kontakbesonderhede: Sel. SATERDAG, 25 JULIE 08:00-09:00 09:00-10:00 10:00-11:00 11:00-12:00 12:00-13:00 13:00-14:00 14:00-15:00 15:00-16:00 16:00-17:00 17:00-18:00 18:00-19:00 19:00-20:00 20:00-21:00 SKENKING VAN BENODIGDHEDE VIR KOSSTALLETJIES: Ek / Ons,, skenk graag die volgende benodigdhede: (Merk asseblief met n kruisie wat van toepassing is). Kontakbesonderhede Sel: Tamatiesous / mosterd Mayonnaise / blatjang Olie Hot chocolate Suiker Rys Tee Aartappels Wortels Koffie Tamaties Klapper Uie Dit sal by die skool afgelewer word. (Handtekening)

BROEDIE NUUS. Maandprogram is aangeheg. Welkom Mnr André! Sien Jaarkalender op Communicator

BROEDIE NUUS. Maandprogram is aangeheg. Welkom Mnr André! Sien Jaarkalender op Communicator BROEDIE NUUS VOLUME 17 UITGAWE 5 Goeiedag Ouers DONDERDAG, 31 AUGUSTUS 2017, KW.3 Ons is nou so in die middel van kwartaal 3. Dit is n baie bedrywige kwartaal by die skool met al die sporten kultuur aktiwiteite

Nadere informatie

1. SPORT 1.1 Krieket Dankie aan die o.9 krieketspelers wat Saterdag aan wedstryde deelgeneem het.

1. SPORT 1.1 Krieket Dankie aan die o.9 krieketspelers wat Saterdag aan wedstryde deelgeneem het. Dit Privaatsak X01, Helderkruin 1733 Telefoon: 764 2506/7 Faks: 764 5602 E-Pos: helder2@global.co.za Webblad: http://www.laerskoolhelderkruin.co.za Omsendbrief 25/14 2014 09 08 Ons doen genoeg kwaad wanneer

Nadere informatie

Maak jou huisgesin jou nommer een aardse verpligting. ~ Solly Ozrovech ~

Maak jou huisgesin jou nommer een aardse verpligting. ~ Solly Ozrovech ~ Dit Privaatsak X01, Helderkruin 1733 Telefoon: 764 2506/7 Faks: 764 5602 E-Pos: helder2@global.co.za Webblad: http://www.laerskoolhelderkruin.co.za Omsendbrief 18/15 2015 06 22 Maak jou huisgesin jou nommer

Nadere informatie

Tygienuus. SATERDAG 28 April Meneer Peet Schoeman verjaar! Juffrou Anje Swanepoel verjaar! Juffrou Estelle Kriek verjaar!

Tygienuus. SATERDAG 28 April Meneer Peet Schoeman verjaar! Juffrou Anje Swanepoel verjaar! Juffrou Estelle Kriek verjaar! Tygienuus Webblad: www.tygies.co.za E-pos: admin@tygies.co.za Tel: 012 809 0029 / 0340 Faks: 012 809 0341 / 086 559 4837 25 April 2018 PROGRAM VIR DIE WEEK: DONDERDAG 26 April Tennis: Oefening (Seuns:

Nadere informatie

Omsendbrief 19/ Junie 2015

Omsendbrief 19/ Junie 2015 Omsendbrief 19/2015 25 Junie 2015 Geagte Ouers Hierdie brief word geborg deur Akademie vir leeruitnemendheid STUDIEMETODES Leer die volgende: Verbeter memorisering Verhoog fokus en aandag Bekamp aandagafleibaarheid

Nadere informatie

Indien daar n gelykopuitslag is, sal daar van die 8 sekondestrafhou gebruikgemaak word aangesien dit by Noordvaal ook gebruik gaan word.

Indien daar n gelykopuitslag is, sal daar van die 8 sekondestrafhou gebruikgemaak word aangesien dit by Noordvaal ook gebruik gaan word. 16 Junie 2012 Die Hokkie organiseerders en Afrigters, Baie dankie vir die afgelope naweek se uitspele te Hoërskool Volksrust! Dankie aan julle en al die spelers wat goeie sportmangees geopenbaar het tydens

Nadere informatie

Skaak: Oefening (kamer 59) 13:00 14:00 (gr. 1-2), 14:00 15:00 (gr. 3-7)

Skaak: Oefening (kamer 59) 13:00 14:00 (gr. 1-2), 14:00 15:00 (gr. 3-7) Tygienuus 15 Maart 2017 Webblad: www.laerskooltygerpoort.co.za E-pos: admin@laerskooltygerpoort.co.za Tel: 012 809 0029 Faks: 012 809 0341 / 086 559 4837 PROGRAM VIR DIE WEEK: DONDERDAG - 16 MAART Toets:

Nadere informatie

BROEDIE NUUS. WOENSDAG, 28 Junie, KW.2. Leed

BROEDIE NUUS.  WOENSDAG, 28 Junie, KW.2. Leed VOLUME 17 UITGAWE 4 WOENSDAG, 28 Junie, KW.2 Leed Ons innige simpatie aan Annemarie en Bennie Burger en kinders met die afsterwe van Annemarie se pa. Ons bid hulle sterkte toe in die tyd wat voorlê. Lief

Nadere informatie

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN Skep Die Geleentheid Vir Veilige Kommunikasie Bou Vertroue & Dra Waardes Oor Versterk Verhoudings Ontwikkel Jou Kind Se Emosionele Intelligensie SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN Created by REËLS VIR

Nadere informatie

Is jy seker dis nie n voorry nie. Ek wonder of die kinders weet wat n voorry doen.

Is jy seker dis nie n voorry nie. Ek wonder of die kinders weet wat n voorry doen. Op pad vir Christus NG Kraggakamma Le Roux Familie POPPEKASKAPERJOLLE : Frikkie! Frikkie! Hoekom is jy so stadig vandag? Frikkie: (Nog af. Haal hard asem) Want ek is moeg. Hoekom is jy moeg? Frikkie: Ek

Nadere informatie

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS HUISTAAL V3 FEBRUARIE/MAART 2014 PUNTE: 100 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye. Afrikaans Huistaal/V3 2 DBE/Feb. Mrt. 2014 INSTRUKSIES

Nadere informatie

HOËRSKOOL WONDERBOOM HOËRBOOM WONNIEBELEID

HOËRSKOOL WONDERBOOM HOËRBOOM WONNIEBELEID HOËRSKOOL WONDERBOOM HOËRBOOM WONNIEBELEID Organiseerders: mnr J Janse van Rensburg en Me R Engelbrecht (bestuur), me J Minnaar (erkenning), me E Hornby (uitvoerende hoof). Doel Om deelname te bevorder,

Nadere informatie

Soos in die verlede sal GLB verversings te koop aanbied (sien grondplan vir die kiosk ).

Soos in die verlede sal GLB verversings te koop aanbied (sien grondplan vir die kiosk ). Memo: 15 September 2011 Aan: Alle Ouers Van: Annalie en personeel Wintersportdag GLB het gereël dat ons die sportgronde van Bellville Hoërskool (BHS) gaan gebruik vir Saterdag se Wintersportdag. Hulle

Nadere informatie

Rooikat-nuus. Hoërskool Elspark. Uitgawe # 36. Tel: /4. Faks: NUUSBRIEF 7/ Mei 2018 SPORT.

Rooikat-nuus. Hoërskool Elspark. Uitgawe # 36. Tel: /4. Faks: NUUSBRIEF 7/ Mei 2018 SPORT. Hoërskool Elspark Tel: 011 893 2013/4 Faks: 011 893 3879 Rooikat-nuus Uitgawe # 36 NUUSBRIEF 7/ 2018 28 Mei 2018 Geagte Ouers Ek glo dat elkeen van ons dankbaar is vir die goeie reën wat geval het, veral

Nadere informatie

BELEIDSDOKUMENT. Eksamens / Mini-eksamens Grey Kollege

BELEIDSDOKUMENT. Eksamens / Mini-eksamens Grey Kollege BELEIDSDOKUMENT Eksamens / Mini-eksamens Grey Kollege 2 Eksamenvraestelle Eksaminator. 1. Dit is die verantwoordelikheid van die eksaminator om toe te sien dat elke lid van die departement die konsepvraestel

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2012

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2012 GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2012 PUNTE: 80 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye. Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 2 DBE/November

Nadere informatie

My denke bepaal my geluk. Omsendbrief 097 van April 2017 KUNSWEDSTRYD 2017

My denke bepaal my geluk. Omsendbrief 097 van April 2017 KUNSWEDSTRYD 2017 My denke bepaal my geluk Omsendbrief 097 van 2017 24 April 2017 Geagte Ouers Baie geluk! U kind in graad is gekies om aan die Afrikaanse Kunsvereniging se jaarlikse kunswedstryd in die Derde Kwartaal deel

Nadere informatie

eboeke word ontwikkel en gratis verskaf deur die

eboeke word ontwikkel en gratis verskaf deur die Ons praat baie van dinge wat in verhouding tot mekaar is, sonder om dit regtig agter te kom! As jy byvoorbeeld sê dat jy twee van die ses stukke van n pizza geëet het, het jy n verhouding beskryf: Die

Nadere informatie

Geagte graad 9-Ouer/Voog en leerder VAKKEUSES VIR VOO-FASE

Geagte graad 9-Ouer/Voog en leerder VAKKEUSES VIR VOO-FASE Geagte graad 9-Ouer/Voog en leerder VAKKEUSES VIR VOO-FASE Die graad 9-leerders moet op 22 September 2017 hul finale vakkeuse vir hul VOO-fase (Verdere Onderrig en Opleiding) in hul hoërskoolloopbaan maak.

Nadere informatie

OB2/2017. FOTO S Ons vra asseblief dat alle fotogeld nie later as Woensdag, 17 Mei 2017 by mnr Malan inbetaal sal wees.

OB2/2017. FOTO S Ons vra asseblief dat alle fotogeld nie later as Woensdag, 17 Mei 2017 by mnr Malan inbetaal sal wees. OB2/2017 2 Mei 2017 Geagte Ouers Na die tradisionele Paasvakansie en ons pas afgelope mini-vakansie, verwelkom ons ieder en elk weer terug. Mag kwartaal 2 weereens getuig van n ouergemeenskap en skool

Nadere informatie

Koorsang is die een aktiwiteit wat nie seisonaal gekenmerk word nie en dus is leerders wat deelneem hieraan regdeur die jaar pligsgetrou.

Koorsang is die een aktiwiteit wat nie seisonaal gekenmerk word nie en dus is leerders wat deelneem hieraan regdeur die jaar pligsgetrou. KOMPETISIE INLIGTING Sing in Harmonie is die eerste skole koorkompetisie in sy soort wat vir skole regoor Suid-Afrika die kans bied om op nasionale tv hul merk te maak en in die proses hulle deel in R496

Nadere informatie

LAERSKOOL EIKESTAD VOORGESKREWE SKOOL- EN SPORTDRAG. (Soos op 19 November 2014)

LAERSKOOL EIKESTAD VOORGESKREWE SKOOL- EN SPORTDRAG. (Soos op 19 November 2014) LAERSKOOL EIKESTAD VOORGESKREWE SKOOL- EN SPORTDRAG (Soos op 19 November 2014) Hierdie inligting verwys na alle skool- en sportdrag. Hierdie skool- en sportdrag is by De Jagers in Stellenbosch beskikbaar.

Nadere informatie

GROOTFONTEIN KUIERFEES

GROOTFONTEIN KUIERFEES GROOTFONTEIN KUIERFEES 28 & 29 Julie 2017 Geagte Besigheidsvriend Die Grootfontein Kuierfees komitee wil weereens, u as borg van hierdie fees, bedank vir u ondersteuning, bystand en bydraes die afgelope

Nadere informatie

Hier trap ons diep spore...

Hier trap ons diep spore... Voltooi & stuur terug Laerskool Northmead Handtekening: Ouer: OB18/2016 Hier trap ons diep spore... Geagte Ouers 23 Mei 2016 OB18/2016 1. Vanuit die Hoof se kantoor: Afbakening vir Junie 2016 Eksamen Gr.

Nadere informatie

HUISWERKRIGLYNE - INTERSENFASE: GR

HUISWERKRIGLYNE - INTERSENFASE: GR HUISWERKRIGLYNE - INTERSENFASE: GR. 4 2015 Doel: Die koördinering en monitering van alle graad 4-huiswerk op n daaglikse basis. Duidelike kommunikasie vanaf die graad 4-onderwysers aan die leerders, en

Nadere informatie

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra SKRIFLESING: Romeine 12:1-8 TEKS: Romeine 12:1-2 HK 49 TEMA: Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra Psalm 103 : 10, 11 Skrifberyming 28 (10-1) : 1, 2 Psalm 119 : 11 Skrifberyming 78 (13-3)

Nadere informatie

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM Privaatsak X2, Citrusdal, 7340 E-pos: citrushs@mweb.co.za Tel: (022) 921 2100 Faks: (022) 921 3931 Liewe Ouer of Voog Sien asseblief onderaan

Nadere informatie

Tygienuus. 18 Oktober 2017 PROGRAM VIR DIE WEEK:

Tygienuus. 18 Oktober 2017 PROGRAM VIR DIE WEEK: Tygienuus Webblad: www.laerskooltygerpoort.co.za E-pos: admin@tygies.co.za Tel: 012 809 0029 / 0340 Faks: 012 809 0341 / 086 559 4837 18 Oktober 2017 PROGRAM VIR DIE WEEK: DONDERDAG 19 OKTOBER Mev. Almarie

Nadere informatie

1. ALGEMENE INLIGTING

1. ALGEMENE INLIGTING / Rekenaarfaks 086 695 0656 Geagte Ouers GPS 27 38 30 S 27 14 08 E 1. ALGEMENE INLIGTING OMSENDBRIEF 28 28 Augustus 2014 BELANGRIKE AKSIES VIR VOLGENDE WEEK: 1. Maandag 1 September is Lentedag. Leerders

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 FEBRUARIE/MAART 2012 PUNTE: 80 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye. Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2

Nadere informatie

GROOTFONTEIN KUIERFEES

GROOTFONTEIN KUIERFEES GROOTFONTEIN KUIERFEES 29 & 30 Julie 2016 Geagte Besigheidsvriend Die Kuierfees sal hierdie jaar sy 5de verjaarsdag vier en ons is trots om aan te kondig dat hy 5 jaar jonk is. Gedurende die afgelope 5

Nadere informatie

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk Doel van les: Voordat ons kan leer van ons nuwe identiteit in Christus, moet ons eers stil staan by wat Christus vir ons kom doen het. Vandag gaan ons gesels

Nadere informatie

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II LEERUITKOMS 3 & 4 LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II LEERUITKOMS 3 & 4 LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR GRAAD 10: PROEFVRAESTEL EKSAMEN 2006 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II LEERUITKOMS 3 & 4 Tyd: 2 uur 100 punte LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR 1. Hierdie vraestel bestaan

Nadere informatie

Dit gaan nie oor hoeveel jy omgestamp word nie; dit gaan oor hoeveel keer jy agterna opstaan.

Dit gaan nie oor hoeveel jy omgestamp word nie; dit gaan oor hoeveel keer jy agterna opstaan. Dit gaan nie oor hoeveel jy omgestamp word nie; dit gaan oor hoeveel keer jy agterna opstaan. Belangrike datums 17 Februarie -Atletiek: Top 10 (Pilditch). 18 Februarie -Interne Engelse Orators. 19 Februarie

Nadere informatie

LAERSKOOL ELIGWA. 1. PERSONEEL Baie welkom aan die nuwe personeel by ons skool. Ons hoop en vertrou dat hulle baie gelukkig gaan wees.

LAERSKOOL ELIGWA. 1. PERSONEEL Baie welkom aan die nuwe personeel by ons skool. Ons hoop en vertrou dat hulle baie gelukkig gaan wees. LAERSKOOL ELIGWA 12 Januarie 2017 Geagte Ouers/Voogde OMSENDBRIEF 1 VAN 2016 Na n wonderlike vakansie met wonderlike reën is dit my voorreg om een en elkeen terug te verwelkom. Ek hoop en vertrou almal

Nadere informatie

JV-NUUS. Meyerstraat 1072 Tel : /1/2 Rietfontein Webblad: ERRATA

JV-NUUS. Meyerstraat 1072 Tel : /1/2 Rietfontein Webblad:   ERRATA JV-NUUS Meyerstraat 1072 Tel : 012 332 1760/1/2 Rietfontein Webblad: www.htsjv.co.za No 32/2018 ERRATA Die drukkersduiwel was weer doenig en die verkeerde foto het langs Eon se berig verskyn. Hier is die

Nadere informatie

Hier trap ons diep spore...

Hier trap ons diep spore... Voltooi & stuur terug Laerskool Northmead Handtekening: Ouer: OB02/2017 Hier trap ons diep spore... Geagte Ouers 16 Jan. 2017 OB02/17 1. Vanuit die Hoof se kantoor: Ons glo en vertrou dat almal nou rustig

Nadere informatie

FAKTORE EN VEELVOUDE

FAKTORE EN VEELVOUDE FAKTORE EN VEELVOUDE Ons gaan nou na n paar stukkies teorie kyk in verband met Natuurlike- en Telgetalle. Voltooi: 3 X 1 = 3 X 2 = 3 X 3 = 3 X 4 = 3 X 5 = Ons sê dus dat 3, 6, 9, 12 en 15 VEELVOUDE is

Nadere informatie

DNK TRUST NASORG AANSOEKVORM 2017 n Aparte vorm moet vir elke kind voltooi word

DNK TRUST NASORG AANSOEKVORM 2017 n Aparte vorm moet vir elke kind voltooi word DNK TRUST NASORG AANSOEKVORM 2017 n Aparte vorm moet vir elke kind voltooi word GEBOORTEDATUM: GESLAG: LEERDERBESONDERHEDE GRAAD: HUISTAAL: FISIESE ADRES: VAN EN NAAM VAN MOEDER TELEFOON: BEROEP: SEL:

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 NOVEMBER 2015 (R) PUNTE: 100 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye. Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 2 DBE/November

Nadere informatie

REKORD- EN EINDEKSAMEN

REKORD- EN EINDEKSAMEN HOËRSKOOL OOS-MOOT GRAAD 12 REKORD- EN EINDEKSAMEN ROOSTER EN REËLS 2018 Bladsy 2 van 7 REKORDEKSAMENROOSTER DATUM TYD VAK TYDSDUUR 20/8 14:00-16:00 Engels FAL (P3) Afrikaans HT (V1) 21/8 Rekeningkunde

Nadere informatie

AANDAG: DIE HOOF & BEELD-KONTAKPERSOON

AANDAG: DIE HOOF & BEELD-KONTAKPERSOON AANDAG: DIE HOOF & BEELD-KONTAKPERSOON DAAGLIKSE BEELD-AFLEWERING Baie dankie vir u ondersteuning in 2014. Ons wens u en u gesin n baie geseënde feestyd toe. Hiermee baie belangrike inligting en dokumentasie

Nadere informatie

education Departement van Onderwys MPUMALANGA PROVINSIE

education Departement van Onderwys MPUMALANGA PROVINSIE education Departement van Onderwys MPUMALANGA PROVINSIE AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 GRAAD 11 JUNIE 2017 LEERUITKOMS 3: SKRYF Punte:80 EN AANBIED ALGEMEEN Tyd: 2 ure Hierdie vraestel bestaan uit

Nadere informatie

GEAGTE OUERS VOLGENDE WEEK SE PROGRAM. 19 Mei 2017 Webtuiste: \ Gimmieraadsokkie

GEAGTE OUERS VOLGENDE WEEK SE PROGRAM. 19 Mei 2017 Webtuiste:   \ Gimmieraadsokkie 19 Mei 017 Webtuiste: www.gimmies.co.za \ Uitgawe: 17 GEAGTE OUERS Baie geluk aan al die spanne wat pragtig presteer het. Sterkte met die laaste deel van die seisoen. Baie dankie aan elkeen wat aan die

Nadere informatie

Johannesburg Cluster Common Examination Vraestel 3

Johannesburg Cluster Common Examination Vraestel 3 Johannesburg Cluster Common Examination Vraestel 3 Kreatiewe Skryfwerk November 2011 AFRIKAANS EAT GRAAD 10 Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye. INSTRUKSIES: 1. Kies en beantwoord EEN vraag uit elke

Nadere informatie

GROOTFONTEIN KUIERFEES

GROOTFONTEIN KUIERFEES GROOTFONTEIN KUIERFEES 27 & 28 Julie 2018 Kuierfeesvriende Die Grootfontein Kuierfees voel geëerd om u as vriend en mede borg van ons Fees te te hê. Hiermee wil ons u dan ook hartlik bedank vir u borgskap

Nadere informatie

DURBANVILLE SKOOLKOSHUIS POSBUS 175 QUEENSTRAAT 8

DURBANVILLE SKOOLKOSHUIS POSBUS 175 QUEENSTRAAT 8 DURBANVILLE SKOOLKOSHUIS POSBUS 175 QUEENSTRAAT 8 DURBANVILLE DURBANVILLE 7551 7550 TELEFOONNOMMERS : SUPERINTENDENT (021) 9762111 SEL NO. 0845640611 FAKS NO. (021) 9763189 AANSOEKVORM Geagte ouer/voog

Nadere informatie

Omsendbrief 27/ Oktober 2018

Omsendbrief 27/ Oktober 2018 Omsendbrief 27/2018 19 Oktober 2018 Geagte Ouers Ons wil graag die volgende sake onder u aandag bring: A. PERSONEEL Baie welkom aan ons nuwe graad 6-onderwyser, Jesse Ceustermans. Hy het goed ingeskakel

Nadere informatie

AFWESIGHEDE TYDENS EKSAMEN U

AFWESIGHEDE TYDENS EKSAMEN U DdP/LP 27 Oktober 2017 Geagte Ouers OMSENDSKRYWE Ons nader nou die laaste gedeelte van n baie besige jaar. Ons bring n paar belangrike sake onder u aandag. 1. NOVEMBER-EKSAMEN Hierdie eksamen is een van

Nadere informatie

Graad 12 - OUERAAND

Graad 12 - OUERAAND Graad 12 - OUERAAND 2017 www.nelliesh.co.za Dankie dat ek eerstehands kan gesels Inhoud van gesprek Gr 12-uitslae 2016 Ons vertrekpunt met Gr 12-leerders Tipiese kenmerke van die Gr 12-jaar Dissipline

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 NOVEMBER 2011 PUNTE: 100 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye. Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 2 DBE/November

Nadere informatie

RUGBYKLINIEK BY U SKOOL IN 2011!!

RUGBYKLINIEK BY U SKOOL IN 2011!! RUGBYKLINIEK BY U SKOOL IN 2011!! Die Stellenbosch Rugbyakademie het as private onderneming in 2004 in Stellenbosch ontstaan. Ons bied voltydse en deeltydse programme aan. Ons is reeds die afgelope aantal

Nadere informatie

1. JUNIOR PRIMêRE FASE: GR. 1-3

1. JUNIOR PRIMêRE FASE: GR. 1-3 (Hersien in September 2012. Gebruik vanaf 2013) PRYSUITDELING KRITERIA: Prestasie en toekennings word jaarliks toegeken. Vanaf Graad 5 kan balkies en ere-kleure toegeken word, d.w.s. dat skoolbaadjies

Nadere informatie

TYGERBERG SKOOLFONDS 2015

TYGERBERG SKOOLFONDS 2015 HOERSKOOL TYGERBERG In belang van die kind Geagte Oue(s) 5 Novembet 2014 SKOOLFONDS 2015 Die skoolfonds vir 2015 is tydens die onlangse begrotingsvergadering gehou op 30 Oktober 2014 deur die meerderheid

Nadere informatie

Nota vir die onderwyser/es:

Nota vir die onderwyser/es: 2010 JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERINGS GRAAD 2 GELETTERDHEID: AFRIKAANS VAN GESLAG (MERK!) SEUN DOGTER NAAM PROVINSIE GEBOORTEDATUM SKOOL SE NAAM EMIS NR. DISTRIK/STREEK Nota vir die onderwyser/es: Lees

Nadere informatie

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus Doel van les: Ons leer meer oor Wie ons is in Christus. Ysbreker: Bome Uitbeeld: In die Bybel lees mens baiekeer dinge oor bome. God praat van bome om ons as

Nadere informatie

OMSENDBRIEF NR. 1/ Januarie 2019

OMSENDBRIEF NR. 1/ Januarie 2019 OMSENDBRIEF NR. 1/2019 9 Januarie 2019 Geagte Ouers / Voogde 1. WELKOM Dit is altyd wonderlik om elke ouer/voog en leerders op die eerste dag van die nuwe skooljaar hartlik te verwelkom. n Spesiale woord

Nadere informatie

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies?

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies? VERGELYK en RANGSKIK GETALLE Om vergelykings te tref tussen verskillende dinge is n vaardigheid waarmee ons almal gebore word. Dit begin vroeg-vroeg al wanneer ons verskillende tipes speelgoed met mekaar

Nadere informatie

HUISWERKRIGLYNE - SENIORFASE: GR

HUISWERKRIGLYNE - SENIORFASE: GR HUISWERKRIGLYNE - SENIORFASE: GR. 7 2015 Doel: Die koördinering en monitering van alle graad 7-huiswerk op n daaglikse basis. Duidelike kommunikasie vanaf die graad 7-onderwysers aan die leerders, en veral

Nadere informatie

2 nd Chances... Wiskunde

2 nd Chances... Wiskunde Doen jou Gr 11 1ste Kwartaal Wiskunde OOR... hierdie Vakansie... by jou Huis 2 nd Chances... Wiskunde n Geleentheid om reg te wees vir die tweede kwartaal Gr 11 Wiskunde. Word deel van n Whatsapp-metodiek

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL VRAESTEL 2: SKRYF NOVEMBER 2008 PUNTE: 80 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye. Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2

Nadere informatie

Die Hoërskool DF Malan

Die Hoërskool DF Malan Die Hoërskool DF Malan Frans Conradierylaan, Bellville 7530 Tel (021) 948 8781 Faks (021) 948 2996 E-pos : skoolhoof@dfmalan.com Webtuiste : http:// www.dfmalan.com Nuusbrief 1 10 Februarie 2015 Beste

Nadere informatie

LEEUWENHOF AKADEMIE LAERSKOOL NUUSBRIEF NR. 23/ JULIE 2017

LEEUWENHOF AKADEMIE LAERSKOOL NUUSBRIEF NR. 23/ JULIE 2017 LEEUWENHOF AKADEMIE LAERSKOOL NUUSBRIEF NR. 23/ 2017 25 JULIE 2017 Geagte ouers en personeel, Openbaring 1:4 Al wat ons nodig het is om te weet dat ons God se kinders is en deur Sy vrede gedra word. ALGEMENE

Nadere informatie

Daar is altyd drie opsies:

Daar is altyd drie opsies: Daar is altyd drie opsies: 1) Gee op 2) Gee in 3) Gee dit alles wat jy het! Indien u nie meer die nuusbrief van Hoërskool Centurion wil ontvang nie, kan u net die Unsubscribe aan die onderkant van die

Nadere informatie

MENTAL MATHS IN DIE KLASKAMER

MENTAL MATHS IN DIE KLASKAMER MENTAL MATHS IN DIE KLASKAMER HOEKOM MENTAL MATHS? Ons wil hê dat ons leerders gemaklik met getalle kan speel. Hy moet weet waar n getal lê. Hy moet n klomp somme met die getal kan maak. Mental Maths bou

Nadere informatie

GRAAD 12 SEPTEMBER 2013 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3

GRAAD 12 SEPTEMBER 2013 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 Province of the EASTERN CAPE EDUCATION NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2013 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 PUNTE: 100 TYD: 2½ uur *AFRFA3* Hierdie vraestel bestaan uit 7 bladsye.

Nadere informatie

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

DIE VLEUELS VAN GEBED (9) DIE VLEUELS VAN GEBED (9) DIE VLEUELS VAN GEBED (9) Jan van der Watt Dankie Here! Dankie sê is om jou skuld te betaal. In die tyd van die Bybel was dankie sê iets anders as vandag. Vandag is dankie n woord

Nadere informatie

LAER VOLKSKOOL NASKOOLSENTRUM AANSOEKVORM EN KONTRAK

LAER VOLKSKOOL NASKOOLSENTRUM AANSOEKVORM EN KONTRAK LAER VOLKSKOOL NASKOOLSENTRUM AANSOEKVORM EN KONTRAK Hierdie kontrak word aangegaan tussen Laer Volkskool naskoolsentrum (hierna genoem Die naskoolsentrum ) en (hierna genoem Die ouer ). 1 Leerderbesonderhede

Nadere informatie

Pieter, waarheen gaan jy? Ek wil ook graag deeltyds werk. Ek kom saam met jou. Ek gaan werk soek. Ek wil ook n werk hê.

Pieter, waarheen gaan jy? Ek wil ook graag deeltyds werk. Ek kom saam met jou. Ek gaan werk soek. Ek wil ook n werk hê. Pieter, waarheen gaan jy? Ek wil ook graag deeltyds werk. Ek kom saam met jou. Ek gaan werk soek. Ek wil ook n werk hê. Ek wil asseblief aansoek doen vir werk by u maatskappy. Hoe oud is jy? Die Arbeidswet

Nadere informatie

OOS-RAND AKADEMIE NASKOOLSENTRUMVRYWARING

OOS-RAND AKADEMIE NASKOOLSENTRUMVRYWARING OOS-RAND AKADEMIE NASKOOLSENTRUMVRYWARING VOLLE NAME EN VAN VAN LEERLING: VOLLE NAME EN VAN VAN OUER / VOOG: 1. Alhoewel die leerder se veiligheid en welstand ten alle tye voorop gestel word, aanvaar die

Nadere informatie

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur Handleiding 11 Belangegroepbestuur 1 11.1 INLEIDING Die kerk het n hele paar belangegroepe wat in ag geneem word, wor, en waarmee daar gereeld gekommunikeer moet word. Die kommunikasie met elk van hierdie

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS HUISTAAL V 3 SEPTEMBER 2014

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS HUISTAAL V 3 SEPTEMBER 2014 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS HUISTAAL V 3 SEPTEMBER 2014 PUNTE: 100 TYD: 2½ UUR Hierdie vraestel bestaan uit 7 bladsye INSTRUKSIES EN INLIGTING: 1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE

Nadere informatie

fotografienuus wyd Towerlantern Fotografie oor fotografie mei mei Towerlantern Fotografie

fotografienuus wyd Towerlantern Fotografie oor fotografie mei mei Towerlantern Fotografie fotografienuus mei 2017 Dit bly besonders om op reis te gaan met die hoofbedoeling om foto s te neem. En as dit na die Namib toe is, is dit soveel te meer n vreugde. Om n toer na die Namib n vakansie te

Nadere informatie

Kleur jou lewe in! Kleurvol op die Wonniewerf. 2 Maart 2017

Kleur jou lewe in! Kleurvol op die Wonniewerf. 2 Maart 2017 Kleur jou lewe in! Geagte Ouers en Wonniepersoneel 2 Maart 2017 Baie dankie aan die Wonnie-ouers vir hul goeie gedrag tydens die rugbywedstryde teen Vastrap wat Dinsdag, 28 Februarie, plaasgevind het.

Nadere informatie

Hoërskool Roodepoort Afrikaans HT Graad 8 Taak 11: Vraestel 3. TAAK 11 : Opstel en Langer transaksionele tekste

Hoërskool Roodepoort Afrikaans HT Graad 8 Taak 11: Vraestel 3. TAAK 11 : Opstel en Langer transaksionele tekste Hoërskool Roodepoort Afrikaans HT Graad 8 Taak 11: Vraestel 3 Eksaminator: M Swanepoel Moderator : C van Niekerk Tyd: 2 uur Punte: 30 punte Datum: 2 November 2016 Eerste sessie, Woensdag TAAK 11 : Opstel

Nadere informatie

Skiet: Interprovinsiaal. Skiet: Interprovinsiaal. Netbal: O/14 O/18 GSS Proewe. Kopiereg 2017 Hoërskool Linden. Alle regte voorbehou.

Skiet: Interprovinsiaal. Skiet: Interprovinsiaal. Netbal: O/14 O/18 GSS Proewe. Kopiereg 2017 Hoërskool Linden. Alle regte voorbehou. 16 MAART 2018 KALENDER VIR DIE KOMENDE WEEK Datum Vrydag 16 Maart Saterdag 17 Maart Sondag 18 Maart Woensdag 21 Maart Saterdag 24 Maart Aktiwiteit Tennis: Seuns A vs. St Stithians Skiet: Interprovinsiaal

Nadere informatie

Koorsang is die een aktiwiteit wat nie seisonaal gekenmerk word nie en dus is leerders wat deelneem hieraan regdeur die jaar pligsgetrou.

Koorsang is die een aktiwiteit wat nie seisonaal gekenmerk word nie en dus is leerders wat deelneem hieraan regdeur die jaar pligsgetrou. KOMPETISIE INLIGTING Sing in Harmonie is die eerste skole koorkompetisie in sy soort wat vir skole regoor Suid-Afrika die kans bied om op nasionale tv hul merk te maak en in die proses hulle deel in R496

Nadere informatie

Leerders wat sonder n mediese sertifikaat afwesig is, sal nie toegelaat word om die vraestel te skryf nie en sal n 0-punt vir die vraestel ontvang.

Leerders wat sonder n mediese sertifikaat afwesig is, sal nie toegelaat word om die vraestel te skryf nie en sal n 0-punt vir die vraestel ontvang. 20 Maart 2013 Geagte Ouer Aan die einde van die kwartaal wil ek graag alle leerders en ouers bedank vir hulle onbaatsugtige diens aan die skool. Almal se deelname aan die take en aktiwiteite by die Hoërskool

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10 AFRIKAANS HUISTAAL V3 MODELVRAESTEL - 2006 PUNTE: 80 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 7 bladsye. INSTRUKSIES EN INLIGTING 2 1. 2. 3. 4. 5. 6. 7. 8. 9. 10. Hierdie

Nadere informatie

Bergsig Lantern. Conspirito Musiekfees

Bergsig Lantern. Conspirito Musiekfees Bergsig Lantern Oktober Conspirito Musiekfees Op Sondag 11 September was Gemeente Bergsig beide deelnemer en toeskouer van die mees skouspelagtige musiekfees binne die mure van hierdie kerkgebou in jare!

Nadere informatie

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE: VRUGTE VAN DIE GEES VRAE: GEDULD: (Patience) 1. Wat is geduld? 2. Wat is van die goed waarvoor jy geduldig moet wees? 3. Is dit moeilik vir jou om geduldig te wees? 4. Hoe kan jy geduld wys? SELFBEHEERSING:

Nadere informatie

Die horisontale as verteenwoordig die invoerveranderlike en die vertikale as die uitvoerveranderlike, en die twee asse sny by n gesamentlike nulpunt.

Die horisontale as verteenwoordig die invoerveranderlike en die vertikale as die uitvoerveranderlike, en die twee asse sny by n gesamentlike nulpunt. As jy na die volgende getal- masjien kyk: y = x +, sal jy sien wanneer ons verskillende waardes vir x invoer, ons elke keer n ander waarde sal hê vir y. Met ander woorde, gestel ons voer die volgende waardes

Nadere informatie

HOËR VOLKSKOOL HEIDELBERG NUUSBRIEF 7 VAN Geagte Ouer/Voogde

HOËR VOLKSKOOL HEIDELBERG NUUSBRIEF 7 VAN Geagte Ouer/Voogde HOËR VOLKSKOOL HEIDELBERG Posbus 215, Heidelberg, Gauteng, 1438 Tel: (016) 341 3165/6 Faks: (016) 341 3987 Epos: hvhadmin@lantic.net NUUSBRIEF 7 VAN 2017 Geagte Ouer/Voogde 13 Oktober 2017 1. UIT DIE HOOF

Nadere informatie

Laerskool Olifantsvallei

Laerskool Olifantsvallei Laerskool Olifantsvallei Privaatsak X2, Citrusdal, 7340 E-pos: citrushs@mweb.co.za Tel: (022) 921 2100 Faks: (022) 921 3931 NUUSFLITS 17 Maart 2017 1. Dit is n groot lekkerte om met u te deel dat ons personeel

Nadere informatie

JAARPROGRAM KWARTAAL 1

JAARPROGRAM KWARTAAL 1 JAARPROGRAM - 2018 KWARTAAL 1 Januarie Maandag 15 Januarie Skole heropen vir opvoeders om 08:00. Personeelvergadering om 08:00. Vakvergaderings. Personeel verdaag om 13:45. Dinsdag 16 Januarie Opvoeders

Nadere informatie

Stuur die aansoekvorm aan:

Stuur die aansoekvorm aan: AANSOEK OM N STUDIEBEURS AANSOEKVORMS MOET DIE ATKV JAARLIKS VOOR OF OP 15 JANUARIE 2018 BEREIK VOORWAARDES VIR AANSOEKE: 1. Alle inligting wat verskaf word, sal streng vertroulik hanteer word. 2. Aansoeke

Nadere informatie

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie. 1 Johannes 14b WH Belydenisaflegging en Nagmaal Kinders, doen julle wat mamma en pappa vra? Altyd? Partykeer eers later nè? Hoekom sal jy iets doen as jou ouers vra? Doen jy wat die Here vra? Wat is jou

Nadere informatie

JV-NUUS. Meyerstraat 1072 Tel : /1/2 Rietfontein Webblad: MOSIES

JV-NUUS. Meyerstraat 1072 Tel : /1/2 Rietfontein Webblad:   MOSIES JV-NUUS Meyerstraat 1072 Tel : 012 332 1760/1/2 Rietfontein Webblad: www.htsjv.co.za No20/2017 MOSIES Me Rienie Pieterse verjaar Dinsdag, 8 Augustus en mnr Johan Steyn verjaar Woensdag, 9 Augustus. Baie

Nadere informatie

Pakket spesiaal vir n matriekafskeid

Pakket spesiaal vir n matriekafskeid Klip River Country Estate Pakket spesiaal vir n matriekafskeid Telefoon: 082 901 0289 E-pos: info@krce.co.za Of besoek ons webtuiste by: www.klipriverguesthouse.co.za Goeiedag Organiseerder, Baie dankie

Nadere informatie

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees Doel van les: Vandag leer ons van die Vrugte van die Heilige Gees en hoe dit in ons lewens werk. INLEIDING: Sjoe, ons het nou al so baie van die Heilige Gees

Nadere informatie

Rooikat-nuus. Hoërskool Elspark. Uitgawe # 35. Tel: /4. Faks: NUUSBRIEF 6/ Mei 2018

Rooikat-nuus. Hoërskool Elspark. Uitgawe # 35. Tel: /4. Faks: NUUSBRIEF 6/ Mei 2018 Hoërskool Elspark Tel: 011 893 2013/4 Faks: 011 893 3879 Rooikat-nuus Uitgawe # 35 NUUSBRIEF 6/ 2018 18 Mei 2018 Geagte Ouers Nog net n paar dae, dan begin die Junie-eksamen. Baie sterkte aan u almal met

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 NOVEMBER 2012 PUNTE: 100 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye. Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 2 DBE/November

Nadere informatie

Graad 1 Alleenlik SKOOLREKENING

Graad 1 Alleenlik SKOOLREKENING SOMER KEUSE EN KOSTE VORM 1 STE KWARTAAL Graad 1 Alleenlik Leerling-inligting: Van: Graad: Doopname: Ouers word daaraan herinner dat leerlinge hulle tot n aktiwiteit verbind vir ten minste EEN kwartaal.

Nadere informatie

Laerskool A. F. Louw Primary Stellenbosch P.O. Box 2113 Dennesig Tel Fax

Laerskool A. F. Louw Primary Stellenbosch P.O. Box 2113 Dennesig Tel Fax Laerskool A. F. Louw Primary Stellenbosch P.O. Box 2113 Dennesig Tel. 021-886 4791 7601 Fax. 021-887 1901 AANSOEK OM TOELATING Kantoorgebruik: CEMISnr: Van:... Noemnaam:... LEERLING BESONDERHEDE Volle

Nadere informatie

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart? STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart? - Lees Rom 10:1 - By hierdie stasie gaan elke persoon hulle polsslag neem - Laat elke persoon hulle wysvinger op hulle pols sit om hulle hartklop te voel. - Laat hulle

Nadere informatie

WAT BETEKEN GESLAGSGELYKHEID BINNE N VERHOUDING?

WAT BETEKEN GESLAGSGELYKHEID BINNE N VERHOUDING? WAT BETEKEN GESLAGSGELYKHEID BINNE N VERHOUDING? GESLAGSGELYKHEID ALLE PERSONE MOET GELYK WEES VOOR DIE WET Die Namibiese Grondwet, Artikel 10 Wil jy n plakkaat hê? Kinders uit ons jeuggroep het plakkate

Nadere informatie

Laerskool STULTING Primary School

Laerskool STULTING Primary School NUUSBRIEF 9/2014 2014-08-29 Akademie Personeel: Juf. Petro de Lange (gr. 4.1) tree aan die einde van Augustus uit die onderwys. Sy is reeds vanaf 2001 in n tydelike en sedert 2010 in n permanente hoedanigheid

Nadere informatie

RESPECT 4 U. L e s 1. Jou vermoëns en sommige van jou verwagtinge en drome indentifiseer

RESPECT 4 U. L e s 1. Jou vermoëns en sommige van jou verwagtinge en drome indentifiseer WIE KIES EK OM TE WEES? WAT KIES EK OM TE WEES RESPECT 4 U Gedurende hierdie les sal jy: Leer oor die RESPEK vir jouself program en jou ontmoet onderwyser ontmoet Maniere identifiseer om RESPEK te wys

Nadere informatie

INHOUDSOPGAWE. Voorwoord Doen God al die skuifwerk hier op aarde? God se genade bepaal sy planne God se meesterplan...

INHOUDSOPGAWE. Voorwoord Doen God al die skuifwerk hier op aarde? God se genade bepaal sy planne God se meesterplan... INHOUDSOPGAWE Voorwoord... 7 1. Doen God al die skuifwerk hier op aarde?... 9 2. God se genade bepaal sy planne... 12 3. God se meesterplan... 15 4. Die Bybel: God se kompas... 18 5. Doen God se wil...

Nadere informatie

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II SKRYF EN AANBIED (LU3) TAAL (LU4)

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II SKRYF EN AANBIED (LU3) TAAL (LU4) GRAAD 11 PROEFVRAESTEL AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II SKRYF EN AANBIED (LU3) TAAL (LU4) Tyd: 2½ uur 100 punte LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR 1. Hierdie vraestel

Nadere informatie