INDIVIDUELE LEKINNAME BEPAAL ALGEHELE KUDDEPRESTASIE

Vergelijkbare documenten
Wildbyvoeding se voor- en nadele. Craig Shepstone

DIE VOEDING VAN VERVANGINGSVERSE, DROË KOEIE EN BULKALWERS

Belangrike voedingstappe vir die winter 2013

VLEISBEESTE & SKAPE NEW VOERBROSJURE

DIE KEUSE VAN DIE KORREKTE LEK AANVULLING IS BAIE BELANGRIK VIR OPTIMALE DIEREPRODUKSIE

DOMSIEKTE. Oorsake van domsiekte

Somer. Winter. Behoefte. Fosfaat Voorsiening. Okt. Okt

DROOGTEVOEDING VAN SKAPE

VROEGSPEEN VAN LAMMERS KAN VLEISPRODUKSIE PER HEKTAAR VERHOOG

KRUIPVOER VERHOED SPEENSKOK EN BEVORDER NASPEENSE GROEI

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur

Vraag: Ek soek riglyne om my skape te voer sodat ek produksie kan volhou om sodoende winsgewend met die skape te boer.

Lamtyd verg besondere vernuf

PRIKKELVOEDING VAN TEELOOIE IN PERSPEKTIEF

VOEDINGSPROGRAM VIR SKAPE ONDER EKSTENSIEWE EN SEMI-INTENSIEWE TOESTANDE

VOEDINGSPROGRAM VIR SKAPE ONDER EKSTENSIEWE EN SEMI-INTENSIEWE TOESTANDE

PRODUKHANDLEIDING VEERTIENDE UITGAWE. Wat die natuur kort - sal Voermol voorsien

DEURBRAAK MET PRIKKELVOEDING

GROENVOER HEELJAAR OOR VOER-BOER WAT KAN VOER-BOER DOEN VIR JOU

INHOUDSOPGAWE VOORWOORD. Christo Faasen BESTURENDE DIREKTEUR UREUM VERGIFTIGING GIDS - BLADSY 43

KAN SUID-AFRIKA SE GRAANBOERE OORSEE MEEDING? DEUR DR PHILIP THEUNISSEN COMPUTUS BESTUURSBURO

INHOUDSOPGAWE. BLADSY Sernick Soutfos. 19 Sernick P Sernick Somerlek 10% 21 Sernick Somerlek 12 + P. 22 Sernick Produksie Lek 20%

78 THE DAIRY MAIL MAY Voer elke koei volgens haar individuele produksiestatus en kondisie.

Les 14: Entrepreneurskap

Opskrif: Lekaanvulling in die winter en die kafeteriastelsel

FAKTORE EN VEELVOUDE

RIGLYNE VIR VEEPRODUKSIE TYDENS DROOGTE

Dr. G.M. Ferreira (BVSc. M.Med Vet Bov) Veearts/Veterinarian. (Produksiedier Spesialis) Potchefstroom.

Die gebruik van doeltreffende lamstelsels beperk lamvrektes

Hoe maak ek meer wins uit bees- boerdery? Benut geleenthede Waardetoevoeging Geleentheidsvoerkraal Toekomsvisie Samevatting

Hoë potensiaal skaapras sonder grense

DEURBRAAK MET PRIKKELVOEDING

HOOFSTUK 5 SAMEVATTING, GEVOLGTREKKING EN AANBEVELINGS

KAN N MIELIE MET N HAMBURGER KRAGTE MEET? DEUR DR PHILIP THEUNISSEN COMPUTUS BESTUURSBURO

2016 SACAI-WINTERSKOOL LANDBOU- WETENSKAPPE NOTAS

Met goeie rambestuur kan elke ram die maksimum aantal lammers. Bestuur ramme vir meer lammers

Willem Burger, Departement van Landbou: Wes-Kaap, Landbou-Ekonoom, Program Ondersteuning van Landbouers, Eden Distrik, George

Les 11: Tegnologie in die sake-omgewing

Foto-redigering vir sun.ac.za

Maak die meeste van jou marges

KALF GROOTMAAK. A18044 RCL FOODS Calf Brochure A5 AFR DPS.indd 1

Die horisontale as verteenwoordig die invoerveranderlike en die vertikale as die uitvoerveranderlike, en die twee asse sny by n gesamentlike nulpunt.

Les Plan Twee. Habitats

Die spons proses vir sinchronisasie van skape.

VOEDING EN SPYSKAARTBEPLANNING

(insluitende nie-dodelike en dodelike metodes) sal mettertyd help om veeverliese te verminder.

Natuurwetenskappe. 1.Noem alle materie wat bestaan uit klein deeltjies wat atome genoem word? (6) 2.Waaruit bestaan elemente? (6)

Hoofstuk 5: Ekonomiese sektore

FOKUS OP DOELTREFFENDHEID VIR VOLGEHOUE WINSGEWENDE WOLSKAAPBOERDERY

Kom ons kyk nou gou net na die getalle van nul to by 999 en selfs groter, as n hersiening van plekwaardes. Bewerkings met telgetalle

Bloubuffelgras (Cenchrus ciliaris)

DIEREGESONDHEID GESONDHEIDSPLAN VIR SKAPE VIR VERBETERDE PRODUKSIE EN REPRODUKSIE

INSKRYWINGSVORM 2010 NASIONALE SKAAPBOER VAN DIE JAAR KOMPETISIE. Die kompetisie is oop vir deelname deur enige boer wat met skape boer.

eboeke word ontwikkel en gratis verskaf deur die

TEMA : HOE BOER EK INTENSIEF OP N HOE LYK DIE OMGEWING?

Maak dit n kwadratiese vergelyking deur =0 aan die regterkant by te sit: 2x

Ingevolge artikel 185 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 55 van 1995, het elke werknemer die reg om nie onbillik ontslaan te word nie.

BEMESTINGSRIGLYNE VIR CANOLA IN DIE WINTERREëNSTREEK

Afdeling A: Ekonomiese stelsels

Vraag: Vanoggend gehoor van blouoorvarksiekte oor die radio. Kan jy ons meer inligting oor die siekte gee?

Gedrag en lamvrektes

BESTUURSINLIGTING VOORUITSIGTE VIR GRAANGEWASSE LYK GOED. Posbus 1615 Bethlehem, 9700 Tel/Faks: (058)

1. Gee TWEE voorbeelde van elk:

VLEISINVOERE VANAF NAMIBIË GERHARD SCHUTTE OOS-KAAP RPO JAARVERGADERING 20 MEI 2015

HUISWERKRIGLYNE - INTERSENFASE: GR

SOILL PRODUSENTE NUUSBRIEF

20. Biodiversiteit: die biome van die planeet Aarde

Vlotheid en intonasie

Eerste kwartaal. Weeklikse lesbeplanning. 1. My skool Week 1. Getalle, bewerkings en verhoudings. Aktiwiteite en werkkaarte vir die week

AGRI-TREAT. n Revolusionêre water ontsmettingsmiddel vir drupperlyne en alle verwante besproeiingstoerusting in die landboubedryf.

.1 INLEIDING. geleenthede te adverteer en deelname te bevorder Moets

Handleiding 2. Skep van ʼn webwerf Weergawe 1.0 Februarie 2014 GKSA

Diagnostiek, die Sleutel tot Voorkomende Kuddegesondheid KONTRAK

Nasionale Minimumloon: Wie, waar, hoekom en hoe?

Vraag vanaf:kassel van den Berg -

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies?

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

HELPHETTA VERSLAG JULIE 2018

WENKE VIR SKEERSELVOORBEREIDING OM DIE MEESTE EKONOMIESE VOORDEEL TE TREK AJ Aucamp, JL Venter, Jakes Muller (CWSA)

Maak seker dat daar genoeg drinkplekke en voerders is vir die aantal kuikens wat jy bestel het. Sien onderstaande tabel vir riglyne.

WINSGEWENDE KLEINVEEVOEDINGSBESTUUR IN DIE PRAKTYK INLEIDING: AANVULLENDE VOEDING

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

Lewensoriëntering Vraestel 12 Graad 6 Totaal: 35

MODULE 8 TRIPPEL FLITS HOё TOON ( HIGH KEY ) OPSTELLING

Watter koek se dele lyk vir jou die grootste? Dis Reg! Die koek wat in 3 dele gesny is se dele is groter as die koek wat in 4 dele gesny is.

Sanlam. Ernstige Siektevoordele. Oktober is Borskankerbewustheidsmaand. Statistieke van die voorkoms van borskanker in Suid-Afrika.

AGRI-TREAT 300. n Revolusionêre water ontsmettingsmiddel vir drupperlyne en alle verwante besproeiingstoerusting in die landboubedryf.

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE

Drastiese verhoging in speenpersentasie is moontlik met lamhokke

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Caledon en Bredasdorp Gesamentlike Studiegroep Resultate

Sentraalbeplande stelsel

SPEEN EN UIER NAVORSING MET BOERBOKKE (deur Jack en Anita Mauldin)

Analise van arbeid en kapitaal in die aartappelproduksieproses

Wiskundige Geletterdheid. Data Hantering. Opsomming van Data. Kwartiele

SOILL PRODUSENTE NUUSBRIEF

DORMER SKAAPTELERSGENOOTSKAP VAN SA. REëLS VIR DIE AANBIEDING VAN DORMER VEILINGS

Doel. Agtergrond. Bid dat... Begroting... R1,2 miljoen sal dit moontlik maak dat daar in 2011 met hierdie projek voortgegaan kan word.

KLASTOETS GRAAD 11. LEWENSWETENSKAPPE: HOOFSTUK 12 Toets 6: Die mens se invloed op die omgewing

Vergelyking van 'n reguitlyn vanuit 'n grafiek *

Transcriptie:

INDIVIDUELE LEKINNAME BEPAAL ALGEHELE KUDDEPRESTASIE Strategiese byvoeding van skape is geregverdig solank dit produsente help om meer wins te maak. Hedendaagse dierevoeding streef na voedingstofaanvulling, bo en behalwe die regstelling van tekorte en is eerder daarop gemik om stres te minimiseer en produksiedoeltreffendheid te optimiseer (Chew, 2000). Daar bestaan 'n baie noue verband tussen individuele lekinname en die vlak van respons, oftewel diereprestasie wat verkry word, maar die gemiddelde lekinname van 'n kudde is nie altyd 'n betroubare aanduiding van individuele lekinname nie. Wêreldwyd word lekke gebruik om die beperkende voedingstowwe (bv. oplosbare proteïen, deurvloeiproteïen, energie, makrominerale, spoorelemente en vitamines) in weiding vir herkouers aan te vul. Daar is nie 'n enkele ideale metode van aanvulling nie en dit blyk dat 'n kombinasie, oftewel 'n geïntegreerde aanvulling, 'n heelwat beter strategie is. Dit is altyd betalend om byvoeding aan hoogs produserende en reprodusende ooie te gee. Volgens 'n Nieu-Seelandse konsultant moet skaapboere winste maksimeer gedurende tye wanneer die produkpryse hoog is (Alexander, 2000), m.a.w. insette in terme van bestuur en byvoeding moet verhoog word sodat ooie optimaal kan produseer en reproduseer. Die vraag wat ontstaan, is wat kan gedoen word om die algehele kuddeprestasie met aanvulling te maksimeer? Variasie in lekinname Een van die groot tekortkominge met die aanvulling van voedingstowwe via lekke is die groot variasie in lekinname. Groot individuele variasie in lekinname kom nog steeds voor, al is die gemiddelde lekinname van 'n kudde binne die grense van die voorgeskrewe innamepeile van die vervaardigers (Cockwill et al., 2000). Te hoë lekinname is nie kosteeffektief nie terwyl te lae lekinname nie die gewenste respons gee nie. Die grootste probleem met lekaanvulling is die ongekontroleerde en hoogs variërende lekinname deur diere. Tot 18 % van skape in 'n kudde neem geen lek in nie (Lobato et al., 1980) terwyl 30 % (Pinchak, 2000) tot 45 % (Mulholland & Coombe, 1979) van diere in 'n kudde nie voldoende lek inneem nie. Hierdie is van die vernaamste redes hoekom lekrespons so dikwels tussen kuddes en plase varieer (Bowman & Sowell, 1997) omdat diere nie voldoende voedingstowwe inneem nie en tekorte dus kan voorkom, al word die lekke ad lib. gevoer (Cockwill et al., 2000). Ondanks die onvermoë om te verseker dat elke dier in die kudde die verlangde hoeveelheid voedingstowwe inneem, is lekke steeds die mees geskikste aanvullingsmetode (McDowell, 1996). Daar bestaan n baie noue verband tussen lekinname en die vlak van respons, oftewel die diereprestasie wat verkry word. Gemiddelde lekinname van 'n kudde is nie altyd n betroubare aanduiding van individuele lekinname nie. Australiese navorsing toon duidelik dat hoe laer die lekinname is, alhoewel die gemiddelde lekinname korrek is, hoe meer diere (tot 15 % en meer van die diere) vreet geen lek nie, wat noodwendig diereprestasie verswak. Daarenteen, hoe hoër die lekinname is, alhoewel die gemiddelde lekinname korrek is, hoe meer diere vreet lek, wat diereprestasie verbeter. Die doeltreffendheid van, asook die respons met lekaanvulling, is afhanklik van die vermoë om innamevariasie te beperk en om die teikeninnamevlak te bereik (Bowman & Sowell,

1996), m.a.w. om te verseker dat elke dier die korrekte hoeveelheid lek inneem. Hoe nader die werklike lekinname van elke individuele dier in die kudde aan die voorgeskrewe lekinname is, hoe beter sal die algehele kuddeprestasie wees. Aspekte waarop gelet moet word om innamevariasie te beperk, is: (1) Vreetspasie. Verseker dat daar altyd voldoende vreetspasie is. Die proporsie skape wat geen aanvulling geëet het nie, het van 0 tot 31 % toegeneem soos die vreetspasie van 24 tot 4 cm per dier afgeneem het (Arnold & Maller, 1974). Arnold en Maller (1977) vind dat, sodra die vreetspasie by skape minder as 12 cm is, die getal nie-vreters en skaamvreters toeneem. In ekstensiewe gebiede en waar met groot getalle skape geboer word, is dit dikwels nie prakties moontlik om voldoende lekbakvreetspasie te voorsien nie. Om hierdie rede het Voermol Voere Maxiwol Produksiekorrels (V15415), 'n lek in pilvorm, ontwikkel wat op die grond oor 'n lang afstand gevoer kan word om te verseker dat alle diere gelyktydig kan vreet. Terselfdertyd kan lekinname baie goed gekontroleer word en verseker dat elke dier so na as moontlik aan die voorgeskrewe peil inneem. Produsente wat Maxiwol Produksiekorrels voer, rapporteer uitstekende resultate. Nog 'n opsie om voldoende vreetspasie te voorsien, is om 'n lang krip van skadunet te maak. Met hoë lekinname (> 250 g/skaap/dag) moet maksimum 10 skape per lekbak (bv. bakkiebandgrootte) of lekblok toegelaat word, maar verkieslik 50 mm vreetspasie per skaap. Lekbakvreetspasie moet egter na gelang van omstandighede (bv. baie groot kampe, veral dié met net een watersuiping) aangepas word. (2) Hoër lekinname. Die meeste Voermaatskappye in Suid-Afrika en Australië beveel lae lekinnames vir skape aan. In teenstelling daarmee beveel Voermol Voere relatief hoë lekinnames aan. Die rasionaal hieragter is eerstens dat, hoe hoër die lekinname (meer as 250 500 g/skaap/dag: Kendall et al., 1980b), hoe meer diere vreet lek en hoe kleiner is die variasie in lekinname. Met lae lekinnames (veral minder as 100 g/skaap/dag: Kendall et al., 1980b; Bowman & Sowell, 1997) is daar baie meer nie-vreters wat dus die algehele kuddeprestasie verlaag. Tweedens, hoe hoër die lekinname, hoe meer voedingstowwe, veral energie en deurvloeiproteïen, neem die dier in, wat dus produksie bevoordeel. (3) Gereelde lekinname. Ureum word meer doeltreffend benut indien die diere dit daagliks, en verkieslik meer kere per dag, inneem. Heelwat swakker benutting word verkry indien ureum byvoorbeeld net elke tweede of derde dag ingeneem word (McCollum en Horn, 1985). Om hierdie rede bemark Voermol n groot verskeidenheid ureumbevattende proteïenlekke sodat die produsent die lek kan kies wat sy spesifieke omstandighede asook die diere die beste pas. Maksimum vertering van droë weiding kan verseker word deur te voorkom dat diere langer as 12 tot 24 uur sonder lek is. Die aantal lekbakke asook die plasing daarvan kan ook n belangrike rol speel om gereelde lekkinname te verseker deur lekbakke en -blokke verspreid in die kampe en ongeveer 5 tot 10 m uit mekaar, verkieslik in n sirkel en nie in n reguit lyn nie, te plaas. (4) Smaaklikheid. Smaaklike lekke verseker beter en meer konstante lekinname as onsmaaklike, stowwerige lekke. Om hierdie rede bevat al Voermol se lekke hoë vlakke hoogs smaaklike, hoë Brix-molasse wat al die stof demp en sodoende ook windverlies beperk. Lekinname kan bevorder word deur meer dikwels (verkieslik elke dag, maar minstens drie maal per week eerder as weekliks) lek te voer omdat diere vars lek verkies asook om daagliks die lek in die lekbak los te krap.

(5) Vorige ondervinding en blootstellingstyd. Daar word dikwels beweer dat skape in sekere gebiede nie lek vreet nie en daarom word geen lek gevoer nie. Die eintlike rede is dat, as hulle as lammers dit nooit leer vreet het nie, sal hulle baie huiwerig wees om dit op 'n latere stadium in hulle lewe te vreet. Lammers leer lek vreet deur nabootsing van hulle moeders, met ander woorde, as lakterende ooie lek gevoer word, sal hulle sogende lammers leer om lek te vreet en vreet hulle dit dan ook makliker wanneer hulle volwasse is. Aanvulling van beperkende voedingstowwe Die aanvulling van voedingstowwe via lekke sal slegs 'n respons gee indien die beperkende voedingstof of -stowwe ook aangevul word. Indien die eerste beperkende voedingstof byvoorbeeld proteïen is, sal energie-aanvulling meestal nie 'n respons gee nie. Met ander woorde, om maksimum respons met lekaanvulling te kry, moet die eerste, tweede, derde, ensovoorts, beperkende voedingstowwe ook aangevul word. Spoorelementaanvulling sal, byvoorbeeld, dus nie 'n respons gee alvorens die beperkende voedingstowwe nie eers aangevul is nie. Die beperkende voedingstowwe word bepaal deur die gehalte en hoeveelheid weiding beskikbaar; tipe weiding (bv. soet-, suur- of bossieveld; oesreste; groenvoer, ensovoorts); tipe dier (skaap, bok of bees) en fisiologiese status (bv. groeiend, dragtig, lakterend of droog). Beperkende voedingstowwe wat die mees algemeenste kan voorkom, is: (1) Oplosbare proteïen Op droë weiding is die voorsiening van oplosbare proteïen soos NPN-bronne (bv. ureum) noodsaaklik vir die mikrobes in die grootpens. Verskeie navorsingsresultate toon dat, sodra die proteïeninhoud van droë weiding laer as 6 tot 8 % val, NPN-aanvulling (bv. ureum) noodsaaklik word om te voorkom dat diereprestasie ernstig benadeel word. Die mikro-organismes in die grootpens van herkouers is verantwoordelik vir die vertering van vesel. Soos die weiding volwasse en droër word, daal die proteïeninhoud en styg die veselinhoud. Al minder proteïen kom dus vir die mikro-organismes beskikbaar wat tot gevolg het dat hulle begin afsterf. As gevolg hiervan neem die vertering van die vesel in die droë weiding en oesreste af en kom daar al minder voedingstowwe vir die dier beskikbaar. Die afname in verteerbaarheid lei ook tot n drastiese afname in weidingsinname omdat die ingeneemde droë weiding nou langer in die grootpens bly en stadiger uitvloei. Droë weiding se verteerbaarheid kan slegs verhoog word indien rumenmikroörganismes (RMO) gestimuleer word om dit maksimaal te verteer. Om dit reg te kry, moet n gunstige rumenomgewing vir die RMO geskep word, m.a.w. alle voedingstoftekorte (bv. proteïen, minerale, spoorelemente en vitamienes) moet gelyktydig aangevul word. Proteïen vir die RMO word in die vorm van ureum aangevul. Ureum word meer doeltreffend benut indien dit saam met swawel, n vinnig-beskikbare energiebron (bv. melasse) gevoer word en indien die diere die ureum meer kere per dag inneem. Wanneer die ureum in die grootpens beland, word dit deur die ensiem urease, wat deur die bakterieë afgeskei word, na ammoniak afgebreek. Om te verseker dat soveel as moontlik van hierdie ammoniak deur die mikrobes in die grootpens na deurvloeiproteïen, ook bekend as mikrobe-proteïen, vir die dier omgebou word en nie verlore gaan nie, moet die mikrobes dit so vinnig as moontlik wegwerk. Hierdie proses kan versnel word indien die mikrobes meer aktief werk. Om dit te bewerkstellig, het hulle addisionele, vinnig-beskikbare energie nodig. Navorsing toon ook

dat waar mielies as energiebron in onderhoudslekke gebruik word, diere swakker presteer as waar n vinnig- en maklik-beskikbare energiebron (bv. melassemeel of -stroop) gebruik word. Om hierdie rede bevat al Voermol se proteïenlekke voldoende hoeveelhede energie in die vorm van melasse. Die voorsiening van n geskikte proteïenaanvulling vir weidende diere op droë grasweiding en oesreste met min pitte, verhoog winsgewendheid omdat dit maksimum benutting van droë weiding verseker deurdat dit die verteerbaarheid daarvan verbeter waardeur meer voedingstowwe vir die dier beskikbaar gestel word. Terselfdertyd stimuleer dit die eetlus wat weidingsinname verhoog. Dit het verminderde massa- en kondisieverlies tot gevolg wat tot hoër produksie en reproduksie lei. Die aanvulling van ureum via 'n geskikte proteïenlek kan die inname van droë weiding met tot 20 % verhoog. (2) Deurvloeiproteïen Diereprestasie en die optimale funksionering van die immuunstelsel word negatief geaffekteer indien diere aan 'n deurvloeiproteïentekort ly. Australiese navorsing toon dat nieproteïen-stikstof (bv. ureum) in 'n rantsoen slegs doeltreffend benut kan word wanneer die dier ook voldoende energie en deurvloeiproteïen beskikbaar het. Skape sal dus slegs optimaal produseer wanneer deurvloeiproteïen saam met nie-proteïenstikstof (bv. ureum) gevoer word. Addisionele deurvloeiproteïenaanvulling via lekke vir laatdragtige ooie is noodsaaklik om optimale uierontwikkeling en melkproduksie te verseker. Voedingstabelle vir skape neem nie die deurvloeiproteïenbehoefte vir uierontwikkeling en biesproduksie in ag nie en indien dit nie addisioneel vir laatdragtige ooie vanaf minstens vier weke voor lam aangevul word nie, gaan hoë lamvrektes voorkom (Robinson, 1987). Deurvloeiproteïenaanvulling verhoog lamoorlewing en in baie gevalle ook lamgroei omdat dit uierontwikkeling, bies- en melkproduksie (Robinson, 1990) asook moedereienskappe (moederlike gedrag) bevorder. Volgens Farguharson (1999) moet ooie melk soos melkkoeie produseer indien hulle lammers teen 'n optimum tempo moet groei sodat hulle hulle genetiese groeipotensiaal kan bereik. Energie-aanvulling vir lakterende ooie wat groen raaigrasweiding bewei het, het melkproduksie met slegs 4.2 % (2.05 vs. 2.13 kg/dag) en lamgroei met 21.3 % (254 vs. 308 g/dag) verhoog terwyl deurvloeiproteïenaanvulling melkproduksie met 39 % (2.85 kg/dag) en lamgroei met 30.3 % (331 g/dag) verhoog het (Dove, 1994) wat daarop dui dat deurvloeiproteïen die eerste beperkende voedingstof in hierdie weiding was. Indien die energievlak van die aanvulling verlaag word of as die energie-inname afneem, sal die melkproduksie waarskynlik binne 24 uur val. Wanneer die deurvloeiproteïenvlak van die aanvulling verlaag word of as die deurvloeiproteïeninname afneem, sal die melkproduksie van die ooie waarskynlik binne drie tot vier dae val. (3) Energie Lekke moet voldoende energie verskaf, want energie is die pasaangeër van produksie en dit bepaal ook die kondisie van die diere. Hoe hoër die energie-inname, hoe hoër die produksie, mits die deurvloeiproteïeninname ook voldoende is. Hoe beter die kondisie van die diere, hoe hoër hulle produksie en reproduksie. Volgens Geenty (1994) dui 'n kondisiepunt van meer as drie op goeie voeding en hoë produksie terwyl 'n kondisiepunt van twee en minder op ondervoeding en lae produksie dui. Vir winsgewende vleis- en wolproduksie is dit noodsaaklik dat alle klasse kleinvee gevoer word dat hulle optimum voeding regdeur die produksiesiklus kry (Milton, 1999).

(4) Makrominerale en spoorelemente Verbeterde bestuurspraktyke; meervoudige lamseisoene (bv. elke agt maande); kruisteling en genetiese vordering, byvoorbeeld deur die gebruik van BLUP, gee aanleiding tot hoër produksie wat meer aandag aan mineraalvoeding noodsaak (McDowell, 1996) omdat dit die dier se voedingsbehoeftes verander. Verhoogde groei- en reproduksietempo, melkproduksie, ensovoorts, sal grootliks die dier se mineraal- asook ander voedingstofbenodigdhede verhoog. Mineraalbenodigdhede is hoogs afhanklik van die produksievlak en hoe hoër die vlak van produksie, hoe belangriker is die inname van 'n voldoende vlak van minerale (McDowell, 1996). Noodsaaklike minerale wat deur lekke voorsien moet word om optimale produksie en reproduksie te verseker, is fosfor, kalsium, magnesium, swawel, natrium, chloor en soms kalium asook ses essensiële spoorelemente (mangaan, sink, selenium, koper, kobalt en jodium). Vroeë navorsing het spoorelemente geïdentifiseer as noodsaaklik vir suksesvolle boerdery met skape en ander vee terwyl voldoende inname daarvan noodsaaklik is vir optimum vleis-, wol- en melkproduksie by skape (Lee et al., 2002) omdat spoorelementtekort(e) die doeltreffendheid van die omsetting van weiding en/of voer na vleis, wol, melk, ensovoorts, verlaag. Die afgelope paar jaar het dit duidelik geword dat spoorelementtekorte die kernoorsaak of bydraende faktor vir gesondheidsprobleme of mislukking van algemeen aanvaarde siektebehandeling is (Herd, 2002). Spoorelemente is vandag een van die mees kritieke bestuursfaktore waarmee rekening gehou moet word (Casper, 2002). 'n Spoorelementtekort sal eers die dier se immuniteit affekteer, dan sy vrugbaarheid en groei, lank voordat hy akute (kliniese) simptome sal toon. Indien spoorelementwanbalanse of -tekorte marginaal (subklinies) is, sal die diere geen uiterlike simptome toon of metaboliese siektes kry nie, maar die uiteindelike impak op groei, reproduksie, gesondheid en wins kan aansienlik wees (Marston, 1999). Aanvullend tot deurvloeiproteïen en energie benodig die immuunstelsel nog koper, selenium, sink, mangaan, Vitamien A en E (Roenfeldt, 1999). Voldoende mineraal-vitamienvoeding is noodsaaklik om groei, laktasie, reproduksitempo en immuunrespons te optimaliseer (Buskirk et al., 2002). Al meer navorsing toon dat hoër vlakke, as die voorgeskrewe vlakke (ARC, 1980, NRC, 1985 & SCA, 1990), van spoorelemente in die volgende omstandighede gevoer moet word: hoogs produktiewe diere; hoë reproduksietempo; geïnduseerde spoorelementtekorte of - wanbalanse (Judson et al., 1987). Die voedingstandaarde van gesaghebbende publikasies (ARC, 1980, NRC, 1985 & SCA, 1990), wat meestal gebruik word, is verouderd en is hoofsaaklik vir skape wat in skure aangehou word; minimum behoeftes vir gemiddelde skape onder normale toestande en om akute tekortsimptome te voorkom. Dit maak nie voorsiening vir optimale produksie en reproduksie nie; hoër behoeftes (tot 30 % hoër) van weidende skape; verskillende fisiologiese stadiums; verskillende klimaatstoestande; parasietbesmetting; verhoogde immuniteit, ensovoorts. Daar is voldoende resultate wat daarop dui dat mineraalbehoeftes vir optimale immuunreaksie en siekteweerstand hoër is as wat vir groei benodig word (McDowell, 1996). Hierdie aspekte noodsaak die aanpassing aan die spoorelement-aanvullingsprogram om optimale produksie en reproduksie te verseker. Navorsing toon dat diereprestasie en die optimale funksionering van die immuunstelsel negatief beïnvloed word as diere aan n mineraal-, deurvloeiproteïen- en energietekort ly. n Lae weerstand weens swak immuniteit maak die dier meer vatbaar vir bakteriese en virrussiektes terwyl hierdie diere swak sal immuniseer wanneer hulle geënt word. In hierdie

verband is dit veral koper, selenium, sink, mangaan, Vitamien A en E wat belangrik is. Voermollekke voorsien voldoende hoeveelhede van hierdie kritieke spoorelemente, maar tekorte kan steeds voorkom indien diere te veel antagonistiese minerale (kalsium, swawel, yster en molibdeen) vanuit die weiding, drinkwater en grond inneem. In hierdie omstandighede moet n addisionele aanvulling van spoorelemente en vitamienes verskaf word. Inspuiting van onderskeidelik Multimin (G1852/3) asook Vitamine A en E geskied vier weke voor paring en weer vier weke voor lam. Die aanvulling van spoorelemente via 'n dosering word normaalweg nie aanbeveel nie. Die vinnige deurgang van die spoorelemente deur die rumen (Lee et al., 2002) en antagoniste in die rumen beperk die doeltreffendheid van hierdie metode en gee beide tot verlaagde absorpsie van spoorelemente aanleiding, wat herhaalde dosering van spoorelemente noodsaak. Weens die probleem met ongekontroleerde en hoogs variërende lekinname deur diere kan lekke alleen nie voldoende spoorelemente vir hulle behoeftes aan diere voorsien nie (Arthington, 2002). Volgens Hutjens (2005) moet spoorelemente op 'n tweeledige wyse, naamlik met 'n lek of 'n voerrantsoen en 'n inspuiting aangevul word. Die inspuiting van spoorelemente (bv. mangaan, sink en selenium) geskied strategies gedurende kritieke fisiologiese tye (bv. voor paring, voor lam, met speen, ensovoorts) wanneer die aanvraag vir spoorelemente die hoogste is en daar die grootste kans is dat 'n respons verkry sal word (Masters & White, 1996). Koperinspuiting word slegs gegee indien 'n kopertekort gediagnoseer is. Met elke geleentheid wat spoorelemente gespuit word, moet terselfdertyd ook Vitamien A en E gespuit word omdat hulle onderskeidelik sinergisties saamwerk met sink en selenium. Inspuitbare spoorelemente, verkieslik gecheleerde spoorelemente, is hoogs beskikbaar vir die dier en antagoniste het geen effek op hulle nie. Landwye proewe het getoon dat die inspuiting van Multimin in die meeste gevalle 'n positiewe respons in terme van speenpersentasie en sommige gevalle speenmassa gegee het (Hoon, 2005). Ander ondersoeke het getoon dat die inspuiting van Multimin die speenpersentasie met 7 % (Caledon: Fourie 2003); 16.7 % (Bredasdorp: Fourie 2003) en 4.6 % (Grootfontein) verhoog het. Multimininspuitings is baie koste-effektief en slegs ongeveer vier tot vyf ekstra lammers per 1 000 ooie is nodig om vir die inspuiting van 1 000 ooie te betaal. (5) Effektiewe vesel Vinniggroeiende, blaarryke, aangeplante weiding is dikwels laag in effektiewe vesel (harde vesel). Hierdie sappige weiding bevat 80 tot 85 % en selfs meer vog wat veroorsaak dat die plantmateriaal baie vinnig deur die spysverteringstelsel beweeg. Op sulke sappige groenvoer ontwikkel skape dikwels 'n "veselhonger" weens 'n tekort aan effektiewe vesel wat tot maagwerk aanleiding gee asook lae bottervetproduksie by ooie. Die veselinhoud en meer spesifiek die "effektiewe vesel" van hoë gehalte, sappige, aangeplante weiding is meestal te laag om voldoende kou en herkou te verseker wat dan tot die bekende "lae bottervetsindroom" aanleiding gee. Hierdie probleme kan in 'n groot mate oorkom word deur die byvoeding van ongemaalde hooi (bv. lusern) of die gelyktydige beweiding van 'n aangrensende kamp met droë gras. Hierdeur behoort voldoende effektiewe vesel ingeneem te word, wat sal help om deurvloeitempo van die plantmateriaal deur die spysverteringskanaal te vertraag. Dit behoort te help om maagwerk te beperk terwyl bottervetpersentasie verhoog word wat op sy beurt weer lamgroei bevoordeel. In 'n ondersoekdeur dr. Jasper Coetzee op Humansdorp is die groei van sogende lammers bykans verdubbel (143 vs. 269 g/lam/dag) met die voorsiening van lusernhooi aan lakterende Dohnemerino-ooie wat aktief-groeiende, blaarryke gras-klawerweiding bewei het. Voermol se

produkte [bv. Superlamkorrels (V17425) en Molovite (V7266), wat meestal op hierdie tipe weiding aangevul word, bevat bagasse (suikerrietvesel) wat 'n uitstekende bron van effektiewe vesel is wat verseker dat diere voldoende effektiewe vesel inneem om hulle grootpense gesond te hou en metaboliese versteurings en ander probleme te beperk. Samevatting Om maksimum respons met lekaanvulling te verseker, moet voorafgenoemde riglyne gevolg word terwyl lekinnames voortdurend gemonitor moet word met inagneming van die veldkwaliteit. Lekke dien slegs as aanvulling van beperkende voedingstowwe (bv. oplosbare proteïen, deurvloeiproteïen, energie, minerale en vitamienes) tot die beskikbare weiding en is nie n voer nie. Lekke word dus slegs aanbeveel wanneer voldoende weiding of ander ruvoer beskikbaar is. Om vas te stel of die diere voldoende weiding inneem en/of voldoende weiding beskikbaar is, moet die diere se grootpensvulling gereeld ondersoek word. Dit word gewoonlik vroeg in die oggend gedoen voordat die diere gaan lê om te herkou. Indien n hongerholte aan die agter- en onderkant van die laaste rib aan die linkerkant van die dier voorkom, is dit n aanduiding dat hulle nie voldoende droë weiding inneem nie en moet addisionele ruvoer (bv. hooi) verskaf word. Om optimale respons met strategiese lekaanvulling te verkry, moet behalwe dat die regte voedingstowwe aangevul word, verseker word dat 'n doeltreffende Dieregesondheidsprogram (bv. parasietbeheer- en inentingsprogram) terselfdertyd gevolg word. Diere wat 'n suboptimale spoorelementstatus het, sal nie behoorlik immuniseer wanneer geënt word nie terwyl diere wat hoë ladings van interne parasiete het se spoorelementbehoefte verhoog (Suttle, 1996). Indien diere aan 'n spoorelementtekort ly, word entstowwe en antibiotika net vermors (Casper, 2002). Indien gesorg word dat diere die korrekte spoorelementbalans en -status het, sal dit diere help om optimum produksievlakke te bereik (Reeves, 1996). Geskryf deur: Dr. Jasper Coetzee, tegniese bestuurder, Voermol Voere (jasperco@iafrica.com) 4 Junie 2009