/ Rekenaarfaks 086 695 0656 GPS 27 38 30 S 27 14 08 E Geagte Ouers OMSENDBRIEF 27 21 Augustus 2014 Die weeklikse toetse vir leerders van graad 4-7 van Donderdag 4 September verskuif na Dinsdag 2 September sodat almal die geleentheid kan hê om die Meneer en Mejuffrou Kroonheuwelkroning op 3 September by te woon. 1. ALGEMENE INLIGTING 1.1 LENTEDAG EN SOMERSDRAG. Maandag 1 September is tradisioneel Lentedag en hierdie jaar gaan ons dit vier deur die leerders toe te laat om met gewone klere skool toe te kom teen die betaling van R5. Die leerders trek dus nie meer Vrydag gewone klere aan nie maar wel op Maandag 1 September. Ons vorige poging om geld vir die kleedkamers in te samel het goeie vrugte afgewerp en hierdie fondse sal verder tot hierdie projek bydra. Baie dankie aan juf Lize en haar span helpers wat in hulle privaat tyd die opoffering gemaak het om die dogters se kleedkamers te versier. Hulle beoog nog om met die seuns se kleedkamers dieselfde te doen. Ek nooi u as ouers vriendelik uit om na die handewerk van hierdie kunstige dames te kom kyk en u kinders ook asb te versoek om die geriewe in hierdie mooi toestand te hou sodat ons n goeie beeld na besoekers kan uitdra. 1.2 MENEER EN MEJUFFROU KROONHEUWEL. Die kroning van hierdie twee leerders vind op 3 September om 18:00 in die skoolsaal plaas. Enige leerder van graad 1 tot graad 7 kan inskryf. Inskrywingsgeld beloop R25 en kan by juf Su-Maré gedoen word. Toegangskaartjies kan by die skoolkantoor gekoop word. Dit beloop R15 vir volwassenes en R5 vir kinders. Kom ondersteun hierdie geleentheid! 1.3 PRODUKSIES 2000. n Opvoering met die tema Verantwoordelikheid en sub-temas Oorsaak en gevolg: Self-dissipline; groepsdruk en n positiewe houding (sluit goeie maniere in) word beplan vir Maandag 25 Augustus 2014 tussen 10:00 en 10:45. Alle leerders van graad 1-7 kan hierdie vertoning bywoon teen die betaling van R13/leerder. Ek moedig u as ouers aan om u kinders na hierdie vertoning te laat gaan, aangesien die uitgangspunt van die opvoering opvoedkundig van aard is. 1.4 UIT DIE BEHEERLIGGAAM: Terugvoer van die finansiële vergadering met ouers Tydens die finansiële vergadering op Dinsdag 12 Augustus 2014 tussen die Beheerliggaam en ouers is breedvoerig verslag gedoen oor die welstand van Kroonheuwel Primêre Skool se finansiële posisie. Mnr Alexander het met behulp van grafieke geïllustreer hoe die finansies tans daar uitsien, sowel as die vergelyking daarvan met die voorafgaande 3 finansiële jare. Die het duidelik na vore gekom dat die bestuur ten opsigte van uitgawes deur die skoolbestuur uitstekend hanteer word en dat slegs 93% van die begrote uitgawes wel spandeer is. Die uitdaging vir die skool (en vir ander skole) is natuurlik die tydige invordering van uitstaande skoolfonds. Die volgende grafiek illustreer die groei in uitstaande skoolfondsbydraes die afgelope 4 jaar:
20.00% 18.00% 16.00% 14.00% 12.00% 10.00% 8.00% 6.00% 4.00% 2.00% 0.00% Skoolfonds 17.30% 18.38% 15.01% 11.52% 2011 2012 2013 2014 Bogenoemde situasie het ons genoodsaak om die volgende invorderingsmaatreëls in plek te stel met onmiddellike effek: Alle skoolfonds wat 60 dae agterstallig is, sal oorhandig word aan die skool se invorderingsprokureurs. Dit sluit in leerders vanaf Graad R tot Graad 7; Alle skoolfonds van die Kleuterskool wat 30 dae agterstallig is, sal oorhandig word aan die skool se invorderingsprokureurs; Indien n Kleuterskoolleerder se skoolfonds nie teen die 7de van die maand betaal is nie, sal daardie leerder toegang geweier word. Weereens baie dankie aan die ouers wat wel tydig en gereeld skoolfonds betaal! Namens die Beheerliggaam wil ons ons dank uitspreek teenoor die ouers wat wel die vergadering bygewoon het, sowel as die positiewe voorstelle wat gemaak is. 2. SPORT 2.1 ONDERSTEUNERSBRAAI. Hiermee nooi die ouerkomitee alle ouers en personeel uit na n heerlike ondersteunersbraai. Die reëlings is soos volg: Datum: 30 Augustus 2014 na afloop van die Kroonheuwel-hokkiedag Tyd : ±13:00 (Na die hokkiedag) Plek: Kroonheuwellapa Benodigdhede: Eie vleis, drinkgoed en eetgerei, vure sal voorsien word. Dit is n lekker Saterdagmiddagbraai, so ons hoop om baie ouers en personeel daar te sien! Ouerkomitee 2.2 LANDLOOP. Die uitslae van die Vrystaat Kampioenskappe in Bloemfontein is soos volg: Elisna Eloff (Dogters o.10) 8ste plek van 40 atlete Johan van Niekerk (Seuns o.10) 8ste plek van 43 atlete Francois van Niekerk (Seuns o.13) 29ste plek van 48 atlete Baie geluk aan Elisna Eloff en Johan van Niekerk wat gekies is vir die Vrystaat Landloopspan wat op Saterdag 13 September 2014 in George aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe gaan deelneem. 2.3 KRIEKET. 2.3.1 Super 8. Baie geluk aan die eerste krieketspan en hul afrigter, mnr Bokkie Bosman, wat aangewys is as die kampioene van die o.13 Super 8-toernooi wat in Klerksdorp aangebied is. Abri van Zyl, 149 lopies en 4 paaltjies was Kroonheuwel se beste speler tydens die toernooi. 2.3.2 Mini-Krieket. Baie sterkte aan Kroonheuwel se Graad R- en Graad 1-krieketseuns wat op Saterdag, 23 Augustus, aan Leeuwspruit Primêre Skool in Sasolburg se Mini-Krieketdag gaan deelneem. Geniet dit seuns!!
2.4 HOKKIE. Op 14 Augustus het al ons spanne wedstryde teen Kroon Primêr gespeel. Die uitslae is soos volg: o.7s 1-1 G o.7d 0-0 G o.8s 3-0 W o.8d 6-0 W o.9s 3-1 W o.9d 2-0W o.10s 2-3 V o.10d 6-0 W o.11s 4-1 W o.11d 7-0 W o.12s 5-1 W o.12d 9-0 W o.13s 0-0 G o.13d 4-0 W Opsomming: 14 wedstryde gespeel: 1 verloor. Kroonheuwel slaan 53 doele teen ander spanne se 6 doele. 2.5 TENNIS. 2.5.1 Super 8. Baie sterkte aan die volgende leerders wat eerskomende Vrydag 22 Augustus en Saterdag 23 Augustus ons skool se naam hoog gaan hou by die Super 8-tennistoernooi in Vanderbijlpark: Dogters: Amy van Biljon; Esmari Basson Seuns: Joos Theron; Jamie van Wyk 2.5.2 Noord-Vrystaat Tennis. Baie geluk aan Joos Theron (Seuns o.14b) wat 5 van 6 Vrystaat Interstreekwedstryde die afgelope naweek in Bethlehem gewen het. Megan van Biljon (Dogters o.10a) het ook uitstekend gevaar en wen 2 van 3 wedstryde. Ons is trots op julle!! Baie sterkte aan Megan van Biljon wat op Vrydag 22 Augustus en Saterdag 23 Augustus in Welkom die Noord- Vrystaat o.10a-dogterstennisspan teen Oos-Vrystaat, Noord-Kaap en Noordwes gaan verteenwoordig. *************************************************************************************************** Kroonheuwel Primêre Skool gaan die volgende stalletjies tydens die Bloues Lanties Fees aanbied: 1. Fantasiedag. 2. Trapfietse en skopfietse. 3. Springkastele. 4. Hamburgers. 5. Spookasem. 6. Gesigverf. 7. Chef-kompetisie. 8. Inkleurkompetisie: Liewe Heksie (pryse te wen) 9. Skyfskiet in samewerking met SENWES: Groot pryse te wen vir kinders tot graad 3 en graad 4-7, hoërskoolkinders en ouer, Pa-en-seun/dogter. Vir meer inligting skakel mnr Bokkie Bosman (0737523031) of Monique Vergottini (0737007855) Vriendelike groete. JJB Loubser SKOOLHOOF
Ons kan met groot vreugde en verwagting aan u deurgee dat ons tans besig is met die stigting van ʼn 1 ha- en landbouklub. Die klub het net een doel voor oë en dit is om ondersteuning te verleen aan die opvoedkundige ontwikkeling van Kroonheuwel Primêre Skool. Daar gaan ook ʼn trust gestig word wat die sake van die klub gaan hanteer. Die huidige finansiële stand in ons dorp en land is kommerwekkend vir die toekoms van onderwys en dus sal ons addisionele fondse moet bekom. Die trust se doelstellings is NIE om die rol van die beheerliggaam en ouerkomitee oor te neem nie. Die genoemde rade bly die ruggraat van die skool en die trust se doel is om hulle finansieel te ondersteun en die skool verder uit te bou. Die trust wat aan die stuur staan, bestaan uit 5 pa s wat kinders by KPS gehad het en/of nog steeds het. Die voorsitter van die klub is Danie Minnaar. Danie is ʼn bekende in die landbou-omgewing van Suid- Afrika. Sy seun was verlede jaar in graad 7 by KPS. Die ander lede is Lauwrens Steyn, Maans Crous, Louis Lingenfelder en Tommie Doubell (Al die trusteelede se kinders is nog in Kroonheuwel). Frik Eloff verteenwoordig die skool op hierdie komitee. Aansluiting by die klub, kan op die volgende verskillende wyses gebeur: 1. Die boer wat wil deelneem, moet ʼn hektaar van 3 ton of meer mielies se opbrengs skenk. 2. Besighede kan betrokke raak deur R5 000 te borg. Die kontrak en lidmaatskappe sal aan die persone wat wil deel vorm van die klub deurgegee word. Indien daar boere en besighede is wat wil deel vorm van die klub, kan hulle enige van die trusteelede skakel. Hulle kontakbesonderhede is soos volg: Lauwrens Steyn 083 387 7339 Maans Crous 082 800 6438 Louis Lingenvelder 083 378 8843 Tommie Doubell 082 928 6212 Frik Eloff 073 616 1165 Danie Minnaar 082 411 9979 Verdere reëlings en werksaamhede sal later deurgegee word. Groete van 1 Ha- en Landbouklub
DATUM: 23 September 2014 PLEK: Skouburg TYD: 18:00 PRYS PER SITPLEK: R100 Bring jou geld en kom koop en bespreek jou sitplekke by die skoolkantoor so gou moontlik om teleurstelling te voorkom!!