Graad 7-inligtingsbrief 1. Personeel: Gr 7A Mnr. Jaco de Kock (Rekenaars) Gr 7N Me. Ansonet Oberholzer (DPS) (Engels Gr. 7) Gr 7K Me. Mariëtte Galjaard (Graadhoof) (Wiskunde en EBW Gr.7) Gr 7U Me. Elna van Zyl (DPO) (Afrikaans Gr. 7) Bewegingsleer en sport Mnr. Anton van Niewenhuizen Lewensoriëntering Me. Lise Saaiman (Adjunkhoof) SW Mnr. Hoffman Buys Tegnologie Mnr. Hoffman Buys NW Mnr. Christo van Zyl (Adjunkhoof) Skeppende kuns Me. Zani Geldenhuys/ Me. Danelle Dawe Departementshoof de Me. Ansonet Oberholzer Gr.6 en Gr. 7 Me. Suzette O'Connell Gr. 4 en Gr. 5 2. Vakke: Afrikaans Engels Wiskunde Natuurwetenskap Tegnologie Sosiale Wetenskap (Aardrykskunde 50% / Geskiedenis 50%) Lewensvaardighede (70%) en Bewegingsleer (30%) BL-drag verpligtend EBW Skeppende kuns Geestelike Lewensoriëntering (Groepsverband) Rekenaargeletterdheid (Beἴnvloed nie leerder se gemiddeld nie)
3. Slaagvereistes Afrikaans: Ten minste vlak 4 (50%) Engels: Ten minste vlak 3 (40%) Wiskunde: Ten minste vlak 3 (40%) NW, SW, LO: Ten minste vlak 3 in twee van hierdie vakke. Deurlopende assessering (ten minste 3 take wat in die klas geassesseer word) 40% Formele assessering (toetse en eksamens) 60% Totaal 100% Jaarpunt: Kwartaal 1 + Kwartaal 2 + Kwartaal 3 Kwartaal 4 Deurlopende assessering(40%) Deurlopende assessering(40%) Deurlopende assessering(40%) Slegs Eksamen + Toets(60%) + Eksamen (60%) + Toets(60%) 4. Huiswerk, klaswerk en dagboeke: 40% 60% Alle leerders het n Unika-dagboek ontvang. Leerders kry genoeg tyd om huiswerk in hul dagboeke af te skryf. Daar is dae wanneer leerders nie huiswerk het nie (bv. atletiekbyeenkomste ens.) dus sal daar dan nie huiswerk in die huiswerkboek aangeteken wees nie. Huiswerk is verpligtend, maar indien daar n probleem was en die leerder nie die huiswerk kon voltooi nie, moet u asb. dit aan die onderwyser deurgee. (Skryf in dagboek/ e-pos asb.) Afrikaans- en Engels mondeling: Daar is slegs een voorbereide mondeling per kwartaal in beide tale. Die onderwerp word ten minste 2 weke voor geskeduleerde datum deurgegee. Indien leerder nie voorberei het vir mondeling nie, sal hy/sy onvoorbereid moet praat. Die toespraak moet asb. in hul beplanningsboeke geskryf / geplak word. Flitskaarte moet saamgebring word. Lees: Leerders moet hul eie boeke tuis lees waarna n boekverslag ingevul moet word. Sien asb. klaskamerpraktyk. Let wel, leerders mag n Kindle saambring, maar dit bly die leerder se verantwoordelikheid om dit op te pas. Geen tablette word aanvaar nie, leerders mag nie toegang tot die internet in die klas hê nie. Speltoetse word weekliks geskryf. Afrikaans elke Woensdag en Engels elke Donderdag. Die spellyste is reeds uitgedeel. Dit word nie elke week in die dagboek afgeskryf nie. Media- en rekenaarsentrum is op Maandae Donderdae in die middae oop. Internettoegang en drukker beskikbaar. Gebruik gerus die skool se fasiliteite.
5. Afbakenings en toetse / eksamens Kwartaal 1 en 3 = Toets Kwartaal 2 en 4 = Eksamen Afbakening word n week voor die geskeduleerde toets aan leerders gegee. Hulle moet dit self afskryf. Dit is NIE vir Gr. 7 op die webblad en D6 beskikbaar NIE. Tydens die eksamen kom die skool 12:00 uit, toesig tot 13:30. Indien n leerder afwesig is tydens n toets, word die toets geskryf die dag as hy/sy terug is by die skool. Geen deurlopende punt word gebruik nie. Onthou om siekbrief saam te stuur. Rapporte word aan die einde van elke kwartaal uitgedeel. Oueraande is geskeduleer aan die einde van elke kwartaal, sien asb. Jaarprogram, op die webblad en D6. Assesseringskaal Die 7-vlak skaal word gebruik. Kode Beskrywing % 7 Uitmuntend 80-100 6 Verdienstelik 70-79 5 Beduidend 60-69 4 Voldoende 50-59 3 Matig 40-49 2 Basies 30-39 1 Ontoereikend 0-29 6. Handboeke Leerders ontvang elk n stel handboeke wat tuis/nasorg bly. Pas asb. die handboeke mooi op en trek oor met plastiek. Aan die einde van elke jaar word die handboeke weer ingeneem. Ons het alle handboeknommers, van handboeke wat huis toe gestuur is, neergeskryf vir kontrole. Indien n boek wegraak / verniel, moet die handboek asb. vervang word. 7. Klaskamerpraktyk Voor in elke skrif is daar n klaskamerpraktyk. Lees asb. deeglik deur en maak aantekeninge van belangrike inligting. Alle skrifte moet netjies met plastiek oorgetrek word. Gr. 7- leerders mag kies of hulle lopende skrif of drukskrif wil skryf.
8. Skryfbehoeftes Dit is noodsaaklik dat die leerders die korrekte skryfbehoeftes het. U moet dit self aankoop soos uiteengesit op die klaskamerpraktyk van elke vak. Die skryfbehoeftes moet elke dag by die skool wees. 9. Afwesighede en laat kom Indien n leerder vir n dag afwesig was, moet die ouers n skriftelike brief stuur of e-pos met die rede vir afwesigheid. Indien die leerder meer as twee dae afwesig was, moet n doktersbrief skool toe gestuur word op die eerste dag wat die leerder weer terug is by die skool. Indien n leerder tuis bly vir enige ander rede as siekte, moet toestemming by die hoof verkry word. Die skool begin stiptelik om 07:30 en eindig om 13:30. Sorg asb. dat u kind betyds is. Dit is baie steurend vir die res van die klas indien n leerder laat is. 10. Sluitkaste Daar is nog sluitkaste beskikbaar. Ons vra dat indien leerders by die naskoolsentrums ingeskakel het, hulle asb. hulle handboeke in die sluitkaste sal los sodat hulle in die middae kan huiswerk doen. 11. Toere 4 dag toer na Berg Venture die derde kwartaal. Graad 7- afskeid na Sun City die vierde kwartaal slegs 1 dag. 12. Valentynsokkie Hou asb. kleredrag so eenvoudig as moontlik. Dit is nie nodig vir aankope van kledingstukke! Dit is n laerskoolsokkie waar leerders meeste van die aand rondhardloop, spring en dans. 13. Boeliebeleid Die boeliebeleid is in die leerders se dagboeke beskikbaar, lees dit asb. deur. Geen boelies word toegelaat by Laerskool Unika nie!
14. Selfoonbeleid Die selfoonbeleid is beskikbaar in die leerders se dagboeke. Geen selfone word toegelaat nie. Ons glo en vertrou dat hierdie inligtingstuk vir u as ouer en u kind van hulp kan wees. Indien daar enige onsekerheid is, kan u gerus die klasonderwysers, graadhoof of departementshoofde kontak. Vriendelike groete. Mnr. S Schaefer Me. L. Saaiman Me. A. Oberholzer Skoolhoof Adjunkhoof DPS