ATKV-Tienertoneelteksskryfskool

Vergelijkbare documenten
Hoërskole. Vir meer inligting besoek die ATKV se webwerf by

Animato Koorkompetisie/Choir

2 nd Chances... Wiskunde

AANSOEK OM TOELATING TOT DIE ATKV-Postmatriekjaar

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2012

Geagte graad 9-Ouer/Voog en leerder VAKKEUSES VIR VOO-FASE

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 FEBRUARIE/MAART 2011

GRAAD 11 NOVEMBER 2016 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3

BASIESE KONSEPTE-PROGRAM PROGRAM. n Toets ontwikkel deur dr. Louis Benjamin, Naam van leerder: Ouderdom van leerder: Geslag: Graad: Skool:

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Koorsang is die een aktiwiteit wat nie seisonaal gekenmerk word nie en dus is leerders wat deelneem hieraan regdeur die jaar pligsgetrou.

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II LEERUITKOMS 3 & 4 LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR

RESPECT 4 U. L e s 1. Jou vermoëns en sommige van jou verwagtinge en drome indentifiseer

Tygienuus. SATERDAG 28 April Meneer Peet Schoeman verjaar! Juffrou Anje Swanepoel verjaar! Juffrou Estelle Kriek verjaar!

Karoo Meat of Origin Sertifiseringskema

Aanbieding van drama as buitemuurse aktiwiteit LAERSKOLE RETHA POOL: HOOF/REGISSEUSE/ONDERWYSERES/TEATERPRAKTISYN 15 JAAR ERVARING

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur

MODULE 3: GEBOUE. Ja. Dit ís n huis. En hierdie is versekering. Eenvoudige, verstaanbare, duidelike versekering.

AANSOEK VIR KUNS- EN KOSMARK. 7-9 Augustus 2015

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II SKRYF EN AANBIED (LU3) TAAL (LU4)

Laerskool A. F. Louw Primary Stellenbosch P.O. Box 2113 Dennesig Tel Fax

GRAAD 12 SEPTEMBER 2014 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3

AANSOEK OM STUDIELENING

Hoe om die geboorte van jou kind te registreer

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

TYGERBERG SKOOLFONDS 2015

Kingswood College Departement Afrikaans AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 12 VRAESTEL 2

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Koorsang is die een aktiwiteit wat nie seisonaal gekenmerk word nie en dus is leerders wat deelneem hieraan regdeur die jaar pligsgetrou.

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT (NSS) GRAAD 11 FINALE EKSAMEN AFRIKAANS HUISTAAL DERDE VRAESTEL (NPS-08) TYDSDUUR: 2½ UUR DATUM: 10 OKTOBER 2012

Evalueringsvorm: Is jou kind reg vir lees? Stel jou kind belang in lees en boeke? Ja / nee

Johannesburg Cluster Common Examination Vraestel 3

LAER VOLKSKOOL NASKOOLSENTRUM AANSOEKVORM EN KONTRAK

AANSOEK OM TOELATING TOT HEBRON CHRISTENSKOOL

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 FEBRUARIE/MAART 2012

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 FEBRUARIE/MAART 2014

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

DRAMATIESE KUNS gr. 10 gr

Paulus en sy vriende vertel ander van God

ROBERTSON. AANSOEK OM TOELATING Vir graad 1-3 VOORBEREIDINGSKOOL - PREPARATORY SCHOOL

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

Alfabetiese volgorde, lettergrepe en paragraaf skryf

Maak dit n kwadratiese vergelyking deur =0 aan die regterkant by te sit: 2x

RESPECT 4 U. L e s 1 5. Bespreek hoe om n behulpsame, ondersteunende vriend/vriendin te wees waar geweld is of mag plaas vind

Soos in die verlede sal GLB verversings te koop aanbied (sien grondplan vir die kiosk ).

Luister en praat. Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun?

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL VRAESTEL

Breedte. Oppervlak = Lengte X Breedte. Ons kan nou enige reghoek se oppervlak bereken met hierdie formule, nie waar nie?

Stuur die aansoekvorm aan:

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT (NSS) GRAAD 11 HALFJAAR EKSAMEN AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL DERDE VRAESTEL (NSC11-07) D C

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Omgekeerde bewerkings Getalsinne

education Departement van Onderwys MPUMALANGA PROVINSIE

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

n Tempel Leier besoek Jesus

Klank en kleur in die skepping

Wrestling Federation Stoeifederasie

HOËRSKOOL KAMPSBAAI AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 9 JUNIE 2014 TYD: 1½ UUR TOTAAL: 80

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Aansoek om deur Ruimsig Gemeente Leraar in die eg verbind te word.

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

KAROO EISTEDDFOD 2016 KLASSE E & F: DRAMA. Inskrywings sluit: 24 Junie 2016

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

22 JUNIE 2016, KWARTAAL 2, UITGAWE 18. Vir bespreking kontak gerus vir ds. Natalia Strydom by

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE

REKORD- EN EINDEKSAMEN

Kom ons kyk nou gou net na die getalle van nul to by 999 en selfs groter, as n hersiening van plekwaardes. Bewerkings met telgetalle

OOS-RAND AKADEMIE NASKOOLSENTRUMVRYWARING

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10

My denke bepaal my geluk. Omsendbrief 097 van April 2017 KUNSWEDSTRYD 2017

Jesaja sien die Toekoms

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Algemene Grootboek. DIT IS BAIE BELANGRIK NOU OM TE WEET WATTER REKENINGE IS BATES, EIENAARSBELANG en LASTE.

LITURGIE VIR N OOP GESPREK

BREEK DIE STILTE HOOF ONTWIKKELING

P A U L R O O S Gymnasium / Gimnasium

GRAAD 11 NOVEMBER 2017 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3

Gemeenskaplike Vraestel GRAAD 10: AFRIKAANS HT VRAESTEL 3: STELWERK INSTRUKSIES EN INLIGTING. OOS-KAAP Onderwysdepartement UITENHAGE DISTRIK

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

GRAAD 12 SEPTEMBER 2015

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 FEBRUARIE/MAART 2011

GRAAD 11 NOVEMBER 2014 AFRIKAANS HUISTAAL V3

Kan Ons Asseblief in U Nuusbrief of Advertensie Blad adverteer?

HERTZOGVILLE LANDBOUFEES 2015 VRYDAG EN SATERDAG 13 EN 14 MAART 2015

1 Waar ek vandaan kom

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Beeld,Die Burger en Volksblad Koerantplakboeke Nasionale Kompetisie

1. SKOOLFONDS: R per leerder periaar

31 AUGUSTUS 2 SEPTEMBER 2017

Nota vir die onderwyser/es:

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Skaak: Oefening (kamer 59) 13:00 14:00 (gr. 1-2), 14:00 15:00 (gr. 3-7)

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Transcriptie:

ATKV-Tienertoneelteksskryfskool Hoe skryf mens n dramateks? Maklik. Jy sit karakters op n verhoog en jy laat hulle praat. Hoe skryf jy n dramateks wat n gehoor amuseer, ontroer, stimuleer en selfs uitdaag? Dit is n bietjie moeiliker. Die ATKV bied van 7 tot 9 Maart 2019 n skryfskool aan by die 26º South Hotel in Muldersdrift (Gauteng). Koste beloop R1 950 per persoon dit sluit die kursusmateriaal, middagetes en ligte verversings vir die drie dae in. Tydens die ATKV-Tienertoneelteksskryfskool gaan ons krities na die proses van toneelskepping kyk en indiepte delf tot die kern van jou teks. Ons gaan deur middel van interaktiewe lesings, gesprekke, debat en skryfoefeninge jou teks se potensiaal ontdek en jou die gereedskap gee om dit ten volle te ontgin. Deur te skryf en herskryf gaan jy prakties leer om: idees vir storielyne te genereer, spanning in n toneel(stuk) te skep, ware drie-dimensionele karakters te skep wat die gehoor vir lank sal onthou, dialoog wat boeiend en ekonomies is, te skryf, narratiewe struktuur doeltreffend te gebruik, die reëls van genre te verstaan (en te breek) en die trefkrag van jou teks te verdubbel. Leerders, studente en volwassenes is welkom leer nuwe vaardighede aan en vind inspirasie! Dr. André Gerber is die kursussamesteller en -aanbieder. André neem al sedert sy skooldae aan die ATKV-Tienertoneelkompetisie deel. In 2012 sluit hy by die Hoër Meisieskool Bloemhof aan en begin as teatermaker ook in ATKV-Tienertoneel mee te ding. Dié skool het die kompetisie vier keer in die afgelope sewe jaar gewen, wat verlede jaar se produksie tot stof l tot stilte n paniekreaksie insluit. In 2016 skryf hy Hoërskool Durbanville se toneelteks, FRAGMENT, wat aangewys is as die algehele wenner van die kompetisie en waarvoor André in 2017 die ATKV-Tienertoneelteksprys ontvang het. Op die professionele verhoog skep André produksies wat speelvak geniet het by kunstefeeste soos die Woordfees en die Klein Karoo Nasionale Kunstefees. In 2016 word ʼn doktorsgraad aan hom toegeken en hy begin doseer by die Universiteit van Stellenbosch se Dramadepartement, waar hy spesialiseer in regie, teaterskepping en kreatiewe skryfkuns. André inisieer en bestuur die Dramadepartement se heel eerste Première Toneelfees in 2018 hierdie fees se doel is om die skep van nuwe teaterwerk onder studente aan te moedig. Hy is n ywerige teaterskrywer wat graag ander wil inspireer om hul eie stem binne hul persoonlike skryfstyl te ontwikkel. Die sluitingsdatum vir inskrywings is 25 Februarie 2019. n Deposito van R1 000 is betaalbaar wanneer ingeskryf word. Registreer so gou as moontlik, aangesien slegs n beperkte aantal kursusgangers geakkommodeer kan word. Maak asseblief seker dat daar nog plek is voordat jy jou deposito betaal (skakel vir Lizané Basson 011 919 9078). Stuur asseblief, saam met jou inskrywingsvorm en bewys van betaling van deposito, n teks wat jy al geskryf het of besig is om te skryf of te verfyn (indien

moontlik). Die kursusaanbieder sal dit deurlees en advies tydens die skryfskool verskaf. Maar as jy nog nie n teks geskryf het nie, is jy steeds welkom gee die eerste tree na die verwesenliking van jou droom. Bring n skootrekenaar saam na die skryfskool vir die praktiese werk. Woorde wek, maar voorbeelde trek Twee van 2017 se kursusgangers se tekste wat as Tienertoneelproduksies aangebied is, het deurgedring na die ATKV-Tienertoneelfinaal Adriaan Havenga (matriekleerder in 2017) se mý Suid-Afrika: n openbaring vir Hoërskool Monument en Jo Stemmet se Rondo vir Selborne College. Nisa Smit van Hoërskool Wesvalia, wat ook die skryfskool as matriekleerder bygewoon het, se produksie, In die hoofstroom, is as die wenner van die Sasolburg-streeksfees aangewys. Kommentaar van 2017 se kursusgangers: Rachelle Bezuidenhout: Dit voel asof ek nou n doktorsgraad het! Ek het so baie geleer. Hier aangekom en niks geweet nou voel ek vol hoop en selfvertroue. André was ongelooflik, hy het my bemagtig! Anri Velthuizen Perdita van Dijk du Bois het in 2018 die skryfskool bygewoon en die Tienertoneelteks, Mister M en sy Mense vir Hoërskool Tygerberg geskryf, waarmee die skool nasionaal in die sewende plek geëindig het. Terugvoer van 2018 se kursusgangers: Ek het baie gegroei en ontwikkel. Dit is n meesterklas-aanbieding. André, dankie dat jy deel van jouself sonder terughou. Liezl Wolstenholme: Die feit dat die kritiek en nota s so positief gedeel word. Ek ervaar alles so so opbouend. Dankie dat jy vir my my stem gegee het! Janke Mostert (matriekleerder in 2018) skryf dat die enigste negatiewe ervaring gedurende die skryfskool was: Dit het klaar gemaak. Michelle Joubert: Dankie vir een moerse leerskool. Program Donderdag 7 Maart 08:00 08:30 Registrasie 08:30 10:30 Aanvang van kursus: Inleiding en boustene van n dramateks 11:00 13:00 Slaggate en basiese storielyne 14:00 16:00 Storielyn Vrydag 8 Maart 08:30 10:30 Storielyn 11:00 13:00 Karakterbou 14:00 16:00 Karakters Saterdag 9 Maart 08:30 10:30 Dialoog

11:00 13:00 Skryf van dialoog 14:00 15:00 Evaluasie van tekste en groepbespreking 15:00 16:00 Opsomming en afsluiting *Let wel: Die program is onderhewig aan verandering. Plek 26º South Hotel is meer as n hotel en konferensievenue in die bosveld. Dit is n bestemming waar jy kan wegkom van die gewoel en werskaf waar jy kan ontspan. n Unieke mengsel van Jozi-kultuur en die rustigheid van die bosveld. Geleë in Muldersdrift, met die skilderagtige Magaliesberge in die agtergrond. Slegs 18 km vanaf Lanseria-lughawe en minder as n uur se ry vanaf Pretoria. Besoek gerus die webwerf http://www.26dsouth.co.za/ vir meer inligting. Die hotel bied n spesiale pakket aan kursusgangers van R950 per aand vir bed en ontbyt. Kontak gerus die hotel en noem dat jy die ATKV-kursus gaan bywoon. Kontakbesonderhede Lizané Basson 011 919 9078 (t) 086 628 7776 (f) lizaneb@atkv.org.za Besoek ook www.atkv.org.za vir meer inligting oor ATKV-Tienertoneel en ander ATKVprojekte.

ATKV-Tienertoneelteksskryfskool Inskrywingsvorm Naam en van Skool (indien van toepassing) Dorp/Stad Selfoonnommer E-posadres Leerder Graad Volwassene Beroep Inskrywingsgeld beloop R1 950. n Deposito van R1 000 is betaalbaar. Die res van die inskrywingsgeld moet voor aanvang van die skryfskool betaal word. Slegs n beperkte aantal kursusgangers kan geakkommodeer word. Bevestig asseblief telefonies by Lizané (011 919 9078) of daar nog plek is voordat jy jou deposito betaal. Bankbesonderhede Rekeninghouer: Die ATKV Bank: Absa Rekeningnommer: 017 016 6728 Takkode: 632 005 Verwysing: TTteksskryfskool en jou naam Kansellasiebeleid Indien die skryfskool as gevolg van buitengewone omstandighede deur die ATKV gekanselleer word, sal die volle inskrywingsbedrag terugbetaal word. Kansellasies wat voor of op die sluitingsdatum van die skryfskool ontvang word, verbeur 50% van die inskrywingsbedrag. Enige kansellasies daarna, verbeur die volle inskrywingsbedrag. Persone wat nie vir die skryfskool opdaag nie, of wat nie die volle skryfskool bywoon nie, is steeds aanspreeklik vir die volle inskrywingsbedrag. Hierdie inskrywingsvorm saam met die bewys van betaling van die deposito moet die ATKV voor of op 25 Februarie bereik. E-pos na lizaneb@atkv.org.za of faks na 086 628 7776. Kursusgangers is self verantwoordelik vir hulle vervoer- en verblyfreëlings. Die persoon wat inskryf, vrywaar die ATKV van enige eise wat mag ontstaan as gevolg van skade of verlies van watter aard ook al wat so n persoon mag ly gedurende die hele verloop van die skryfskool. Die persoon wat inskryf, magtig die ATKV om foto s en video s wat gedurende die skryfskool geneem word, te gebruik vir verslaggewing en bemarkingsdoeleindes.

ATKV-lidmaatskap Jou ledegeld stel ons in staat om die Afrikaanse taal en kultuur te bevorder deur middel van verskeie projekte. Merk asseblief die toepaslike blokkie: Die ATKV kan my kontak om as lid aan te sluit. Die ATKV mag my nie kontak nie. Ek is reeds lid van die ATKV. *Indien jy nie een van die blokkies merk nie, stem jy in dat die ATKV jou mag kontak.