HOËR VOLKSKOOL HEIDELBERG NUUSBRIEF 7 VAN Geagte Ouer/Voogde

Vergelijkbare documenten
REKORD- EN EINDEKSAMEN

Rooikat-nuus. Hoërskool Elspark. Uitgawe # 36. Tel: /4. Faks: NUUSBRIEF 7/ Mei 2018 SPORT.

NUUSBRIEF 1 VAN 2017

HOËR VOLKSKOOL HEIDELBERG NUUSBRIEF 3 VAN Geagte Ouer/Voogde

POSBUS 12001, ELSPARK

BELEIDSDOKUMENT. Eksamens / Mini-eksamens Grey Kollege

AFWESIGHEDE TYDENS EKSAMEN U

Hoërskool Roodepoort Afrikaans HT Graad 8 Taak 11: Vraestel 3. TAAK 11 : Opstel en Langer transaksionele tekste

Geagte graad 9-Ouer/Voog en leerder VAKKEUSES VIR VOO-FASE

Rooikat-nuus. Hoërskool Elspark. Uitgawe # 35. Tel: /4. Faks: NUUSBRIEF 6/ Mei 2018

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2012

NUUSBRIEF 12 VAN 2016

Tygienuus. SATERDAG 28 April Meneer Peet Schoeman verjaar! Juffrou Anje Swanepoel verjaar! Juffrou Estelle Kriek verjaar!

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

HOËRSKOOL OOS-MOOT OOS-MOOT RAAD GEDRAGSKODE

TYGERBERG SKOOLFONDS 2015

Graad 1 Alleenlik SKOOLREKENING

Laerskool Stellenbosch

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Omsendbrief 27/ Oktober 2018

RESPECT 4 U. L e s 1. Jou vermoëns en sommige van jou verwagtinge en drome indentifiseer

Hierdie beleid moet saam met die skool se veiligheidsbeleid gelees word.

Tygienuus. 18 Oktober 2017 PROGRAM VIR DIE WEEK:

KONSEP BELEID T.O.V. DIE BEHEER EN KONTROLE VAN HANDBOEKE EN LEERHULPMIDDELS

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

1. SPORT 1.1 Krieket Dankie aan die o.9 krieketspelers wat Saterdag aan wedstryde deelgeneem het.

OMSENDBRIEF NR. 1/ Januarie 2019

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

DURBANVILLE SKOOLKOSHUIS POSBUS 175 QUEENSTRAAT 8

education Departement van Onderwys MPUMALANGA PROVINSIE

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

OOS-RAND AKADEMIE NASKOOLSENTRUMVRYWARING

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II SKRYF EN AANBIED (LU3) TAAL (LU4)

GRAAD 12 SEPTEMBER 2014 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3

Laerskool Olifantsvallei

GRONDWET. Centurion Kunsvereniging (hierna genoem die Kunsvereniging) Die naam van die Kunsvereniging sal wees CENTURION KUNSVERENIGING.

Graad 7-inligtingsbrief

BROEDIE NUUS. Maandprogram is aangeheg. Welkom Mnr André! Sien Jaarkalender op Communicator

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

LAER VOLKSKOOL NASKOOLSENTRUM AANSOEKVORM EN KONTRAK

BESONDERHEDE VAN KLEUTER JAAR TOEGELAAT: KLAS EN JUFFROU (KANTOORGEBRUIK) VOLLE NAAM / NAME: NOEMNAAM: SEUN / DOGTER: HUISTAAL: GEBOORTEDATUM:

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

My denke bepaal my geluk. Omsendbrief 097 van April 2017 KUNSWEDSTRYD 2017

1. SKOOLFONDS: R per leerder periaar

Laerskool STULTING Primary School

Soos in die verlede sal GLB verversings te koop aanbied (sien grondplan vir die kiosk ).

Hier trap ons diep spore...

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

GROENIE NESSIE KLEUTERSKOOL

DNK TRUST NASORG AANSOEKVORM 2017 n Aparte vorm moet vir elke kind voltooi word

AANSOEK OM TOELATING HOËRSKOOL TUINE

2 nd Chances... Wiskunde

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

Hoërskool McLachlan. Graad 8 tot 9: (Leerders kan kies tussen voorbereid en onvoorbereid.) waarheid beelde deure

LPENGPN. Studiebrief 101/0/2018. Taalvaardigheid. Jaarmodule. Departement Taalonderwys, Kuns en Kultuur

Koorsang is die een aktiwiteit wat nie seisonaal gekenmerk word nie en dus is leerders wat deelneem hieraan regdeur die jaar pligsgetrou.

GOUDVELD-HOËRSKOOL VERKIESINGSBELEID VIR DIE VERKIESING VAN DIE VERTEENWOORDIGENDE RAAD VAN LEERDERS EN MATRIEKRAAD AANVAAR:

Laerskool Horison Graad

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS HUISTAAL V 3 SEPTEMBER 2014

Kleur jou lewe in! Kleurvol op die Wonniewerf. 2 Maart 2017

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

AANSOEK OM TOELATING TOT HOëRSKOOL VREDENDAL

Aansoek om deur Ruimsig Gemeente Leraar in die eg verbind te word.

MIDDAGSTUDIEPROGRAM & REëLS

Kingswood College Departement Afrikaans AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 9 VRAESTEL 2

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRFA.3 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 FEBRUARIE/MAART Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.

GRAAD 12 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

SPANVERBAND : Algeheel 1-3 in A Bond Interhoër INDIVIDUEEL: Verwerf 950+(J) en 900+(S) ABSA 2007 punte 2 x Verwerf in seisoen

Nuustak Geagte Ouers JOHAN KRUGER SKOOLHOOF

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

RESPECT 4 U. L e s 1 5. Bespreek hoe om n behulpsame, ondersteunende vriend/vriendin te wees waar geweld is of mag plaas vind

Johannesburg Cluster Common Examination Vraestel 3

Les 14: Entrepreneurskap

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

2017 AANSOEK OM TOELATING

LAERSKOOL LORRAINE. -Die skool wat omgee.

NUUSTAK 37/ November 2018

REGLEMENT VAN DIE ADMINISTRATIEWE PERSONEELVERENIGING

LEEUWENHOF AKADEMIE LAERSKOOL NUUSBRIEF NR. 23/ JULIE 2017

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

GRAAD 11 NOVEMBER 2016 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

Laerskool Wonderboom BELEID OOR MERIETE (GRONDSLAGFASE: GRAAD 1 TOT 3)

ROBERTSON. AANSOEK OM TOELATING Vir graad 1-3 VOORBEREIDINGSKOOL - PREPARATORY SCHOOL

Leerling-inligting: Van: Graad:

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Wrestling Federation Stoeifederasie

HUISWERKRIGLYNE - INTERSENFASE: GR

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

GRAAD 12 SEPTEMBER 2013 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3

OB2/2017. FOTO S Ons vra asseblief dat alle fotogeld nie later as Woensdag, 17 Mei 2017 by mnr Malan inbetaal sal wees.

HOëRSKOOL STRAND WISKUNDE NOVEMBER 2016 GRAAD 11 VRAESTEL 1

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

GOUDVELD-HOËRSKOOL VOERTUIG EN VERVOER BELEID

Transcriptie:

HOËR VOLKSKOOL HEIDELBERG Posbus 215, Heidelberg, Gauteng, 1438 Tel: (016) 341 3165/6 Faks: (016) 341 3987 Epos: hvhadmin@lantic.net NUUSBRIEF 7 VAN 2017 Geagte Ouer/Voogde 13 Oktober 2017 1. UIT DIE HOOF SE KANTOOR Baie welkom terug aan al die onderwysers en leerders na n kort vakansie in Oktober. Ons vertrou dat elke onderwyser en leerder goed uitgerus is vir die laaste kwartaal van die jaar. Baie geluk aan mnr. Marx, mev. Strydom en mnr. Raubenheimer wat tydens die vakansie verjaar het. Ons wens hulle alle seën en voorspoed toe vir die jaar wat voorlê. Baie sterkte aan al ons graad 12- leerders wat op 24 Oktober 2017 met die finale eksamen begin. Mag die harde werk beloon word met puik resultate! Ons fokus in kwartaal 4 is om jouself as individu gelukkig te maak Soveel mense is ongelukkig omdat hulle hulself alewig met ander wil vergelyk. Ons dink dat geld en materiële goed ons gelukkig sal maak. Die geluk wat ons hieruit kan put, is net tydelik van aard. Alles kan in n oogwink van ons weggeneem word. Geluk is n toestand waarin jy vreugde ervaar emosies ervaar wat positief is. Niemand kan altyd gelukkig voel nie en ongelukkigheid is normaal. Te veel mense leef in die gewoonte om kwaad te wees, om ander vir alles te blameer, om te voel die lewe skuld hulle iets leer hierdie slegte gewoontes af en begin oefen om n beter uitkyk op die lewe te hê. Jy kan dalk nie in beheer wees van jou omstandighede nie, maar jy kan steeds vrede daarin vind. Hoe gawer jy is, hoe groter meelewing toon jy vir ander. Kweek goeie verhoudings en voel meer dankbaar vir wat jy het dan raak dit n gewoonte As Volkies moet ons geluk in onsself vind deur... tevrede te voel dankbaar te voel, al gaan dinge moeilik belê in jou verhoudings met die mense naaste aan jou n doelgerigte lewe te lei In beheer wees van jou gedagtes elke dag jou seëninge tel 2. RAPPORTE Die rapporte sal op 13 Oktober 2017 tydens voogperiode aan die leerders gegee word. Elke leerder sal teken vir ontvangs. 1

3. OUERAAND Daar sal nie n oueraand (Gr.8-12) gedurende kwartaal 4 plaasvind nie as gevolg van die beperkte tyd tot ons beskikking. Indien u as ouer/voog n vakonderwyser wil spreek, is u meer as welkom om n afspraak met die betrokke onderwyser te reël. 4. TOETSREEKS: KWARTAAL 4 DATUM GRAAD 8 GRAAD 9 GRAAD 10 GRAAD 11 2017-10-17 Wiskunde Wiskunde Wiskunde & Wisk/G Wiskunde 5. EKSAMENROOSTER GR.8-11 Die finale eksamenrooster sal op Dinsdag, 17 Oktober 2017 aan die leerders gegee word en sal ook op die webtuiste beskikbaar wees 6. EKSAMENREËLINGS Eksamen begin amptelik op 30 Oktober 2017 vir die leerders Opstelvraestelle vir die tale word op die volgende datums geskryf: 26 Oktober 2017: English FAL (paper 3) 27 Oktober 2017: Afrikaans HT (vraestel 3) Leerders se laaste skooldag is op 27 Oktober 2017 Provinsiale vraestelle: Gr.10 en 11: Wiskunde / FW / Rekeningkunde / English (paper 3) Gr.9: Wiskunde / Natuurwetenskap / EBW / English FAL Distriksvraestelle: Gr.10 en 11: Besigheidstudies / Toerisme / Gasvryheidstudies / RTT Geografie / English (paper 1) Eksamentye: 7:45: Inhandiging van handboek(e) 8:30: Leerders meld aan by eksamenlokaal 9:00: Eksamensessie begin stiptelik Indien u kind n tweede sessie of vroeër skryf, word die begintyd op die eksamenrooster aangedui. (Moenie afwyk van vasgestelde tye nie) Indien u kind afwesig is (met siekte) tydens die skryf van n vraestel, moet n doktersbrief ingehandig word, anders sal die leerder nul persent ontvang vir die betrokke vraestel. Die Departement bepaal dat geen bloktyd aan leerders toegestaan mag word gedurende die skryf van eksamenvraestelle nie. Indien n leerder om n bepaalde rede na afloop van n eksamensessie huis toe moet gaan, moet die ouer/voog sy/haar kind persoonlik kom uitteken. Geen kind mag sonder n geldige rede die skoolterrein verlaat nie. Indien u kind se voorkoms nie volgens die skoolreëls is nie, sal u skriftelik of telefonies in kennis gestel word. 2

7. INHANDIGING VAN HANDBOEKE Ouers/voogde moet toesien dat hul kind sy/haar handboeke inhandig. Leerders wat nie hul handboeke inhandig nie, sal R200 betaal om die verlore handboek te vervang en sal ook nie handboeke vir 2018 ontvang nie. 8. EKSAMENRIGLYNE Die eksamenriglyne is op 18 Oktober 2017 elektronies aan die ouers/voogde gestuur en is ook op die webtuiste van die skool beskikbaar. U as ouers/voog moet toesien dat u kind(ers) harde werk sal insit om te studeer. 9. GEWONE KLERE TYDENS DIE EKSAMEN Leerders mag gewone klere dra gedurende die eksamen teen R50-00. Let daarop dat skoolreëls geld ten opsigte van hare, juwele en grimering. Geld word by die voogonderwysers inbetaal. Leerders moet ten alle tye die plakker wat uitgereik word by hulle hê tydens die eksamen. 10. ALGEMENE JAARVERGADERING Die Algemene Jaarvergadering vir die ouers / voogde sal op 26 Oktober 2017 in die skoolsaal om 18:30 plaasvind. Die begroting vir 2017 sal tydens die vergadering aan die ouers / voogde voorgelê word vir finale goedkeuring. Die voorlopige begroting is alreeds in die finansiële kantoor vir insae beskikbaar. 11. BEKRONINGSAAND Die bekroningsaand vind op Woensdag, 18 Oktober 2017 om 18:30 in die skoolsaal plaas. U word hartlik uitgenooi na die bekroningsaand vir Graad 8-12 leerders. Ons wil op alle betrokke leerders n beroep doen om asseblief teenwoordig te wees om hul toekenning(s) met trots in ontvangs te neem. 12. SPORTDINEE Die jaarlikse SPORTDINEE word op 10 November 2017 in die skoolsaal aangebied Dit beloof om net n lekker aand te wees. Daar sal slegs 30 tafels (10 persone om n tafel) beskikbaar wees. Bakkies Botha (Springbok-en Blou Bulslot sal as gasspreker en Fanie de Villiers (Oud-Protea krieketspeler) as seremoniemeester optree. Die groep Wolwe-dans sal vir die vermaak sorg. Die koste beloop R5000-00 per tafel en sluit die volgende in: Gasspreker, ete, vermaak en oop kroeg. Ons wil u as ouers / voogde motiveer om hierdie fondsinsamelingsprojek te ondersteun. Vir meer inligting kan u mnr. Hennie Pieterse (skoolhoof) by 0825569039 kontak. 3

13. VOLKIERAAD: HOOFLEIERS 2018 Baie geluk aan die volgende leerders wat as hoofleiers vir 2018 verkies is: Nica Human Claudine Steyn Lisa-Marie Verwoerd Jacques la Grange Arno van Niekerk Ruan Venter Die hoofseun en dogter sal tydens die bekroningsaand op 18 Oktober 2017 aangekondig word. 14. SKOOLGELDE Ouers / voogde, ons is byna aan die einde van die jaar en is bekommerd dat die betaling van skoolgeld nie n prioriteit by sommige ouers is nie. Baie dankie aan ouers wat wel hul verpligtinge nakom, asook ouers wat die nodige reëlings getref het om agterstallige skoolgelde te betaal. Neem dan ook kennis dat die beheerliggaam binnekort verdere stappe sal neem indien u in gebreke bly om u skoolgeld te betaal. Alle skoolgelde moet teen 07 November 2017 ten volle betaal wees vir die jaar. Ouers met agterstallige skoolgelde wat nie reëlings getref het nie, sal aan Viljoen en Meek Prokureurs oorhandig word 4

15. HOKKIE-RONDOMTALIE 7 S Die Hokkie-rondomtalie 7 s word aangebied te Hoër Volkskool Heidelberg op Saterdag, 21 Oktober 2017. Ons bied die geleentheid vir ons gemeenskap om aan die sportsoort in n verkleinde formaat deel te neem in vyf ouderdomsgroepe nl. 0/12 en 0/14, 0/15 en 0/16, 0/17-0/19, 0/20-0/30 en Senior spanne bo 30. n Span bestaan uit maksimum 10 spelers. Inskrywingsgelde is as volg: 0/12 en 0/14 : R20 per speler 0/15 en 0/16 : R20 per speler 0/17 0/19 : R30 per speler 0/20 0/30 : R50 per speler Senior bo 30 : R50 per speler Bogenoemde kostes sluit toegang, noodhulp en die prysuitdeling om 17:00 in. Die eerste wedstryde begin 09:00. Elke span speel ten minste 5 wedstryde deur die loop van die dag. Wenners van die onderskeie ouderdomsgroepe wen ook hul inskrywingsgeld terug. Vir enige navrae rakende die dag kan mnr. Daan Marx by 0826655862 gekontak word 16. KASKARDAG Die kaskardag vind op Vrydag, 27 Oktober 2017 na afloop van die eksamensessie plaas. Elke leerder het n borgvorm ontvang waarop R100-00 se donasies ingesamel moet word. Die doel van die kaskardag is om gees onder die leerders te bou voor die aanvang van die finale eksamen op 30 Oktober 2017. 17. KOSHUIS Die nuwe vleuel by die koshuis is geopen in die 3 de kwartaal waarin die dogters gehuisves word. Daar is n positiewe groei vir 2018 met 14 nuwe graad 8- leerders wat reeds ingeskryf is. Heraansoeke vir huidige voltydse-en dag koshuisgangers is by mev. B Janse van Vuuren beskikbaar. Aansoekvorms vir nuwe koshuisgangers is by die administratiewe kantoor beskikbaar. 18. GEDAGTE VIR DIE WEEK Reis verby al die klippe op jou pad en eendag sal jy agterkom dat jy die berg oor gegaan het Volkiegroete H. PIETERSE SKOOLHOOF 5