STUDIESENTRUMBELEID. Leerders word die geleentheid gebied om na skool buitemuurse aktiwiteite by te woon en huiswerk te doen tydens n studiesessie.

Vergelijkbare documenten
NASKOOLSENTRUMBELEID

uniq Huiswerk Sentrum n Unieke Huiswerk Ervaring

IMPAK leerders NASKOOLSENTRUM 2016 VOORWAARDES EN ReëLS (een kontrak per gesin)

LAER VOLKSKOOL NASKOOLSENTRUM AANSOEKVORM EN KONTRAK

DNK TRUST NASORG AANSOEKVORM 2017 n Aparte vorm moet vir elke kind voltooi word

OOS-RAND AKADEMIE NASKOOLSENTRUMVRYWARING

ROBERTSON. AANSOEK OM TOELATING Vir graad 1-3 VOORBEREIDINGSKOOL - PREPARATORY SCHOOL

Tjokkerjol Speelgroepie

SNIPPER-SNIP KLEUTERSKOOL EN CRÈCHE

TYGERBERG SKOOLFONDS 2015

DURBANVILLE SKOOLKOSHUIS POSBUS 175 QUEENSTRAAT 8

Bladsy 1 van Die Nasorgsentrum behou die reg voor om toelating tot die sentrum te weier sonder om redes te voorsien vir sodanige besluit.

VRYWARINGSVORM VIR JEUGKAMP:

BESONDERHEDE VAN KLEUTER JAAR TOEGELAAT: KLAS EN JUFFROU (KANTOORGEBRUIK) VOLLE NAAM / NAME: NOEMNAAM: SEUN / DOGTER: HUISTAAL: GEBOORTEDATUM:

Naskool Tel:

1. SKOOLFONDS: R per leerder periaar

Hierdie beleid moet saam met die skool se veiligheidsbeleid gelees word.

GOUDVELD-HOËRSKOOL VOERTUIG EN VERVOER BELEID

AANSOEK OM TOELATING TOT DIE ATKV-Postmatriekjaar

GOUDVELD - HOëRSKOOL VOERTUIG EN VERVOER BELEID I N H O U D S O P G A W E

AANSOEK VORM 1.KIND(ERS) Registrasie datum. Van Volle naam Noemnaam Geslag Geboorte datum Huis taal Voldag, Halfdag, Naskool?

Ons Prospektus 1. WELKOM

DIENSKONTRAK MEMORANDUM VAN OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: hierin verteenwoordig deur behoorlik daartoe gemagtig (hierna die WERKGEWER genoem)

VEILINGSOOREENKOMS. NADEMAAL die Verkoper begerig om onder die beskerming van S.A. Holstein 'n veiling te reël op te,

KLIËNT INLIGTING KLIËNT. Voornaam: Identiteitsnommer / Geboortedatum: Posadres: Kode: Woonadres: Kode: PERSOON AANSPREEKLIK VIR REKENING.

GROENIE NESSIE KLEUTERSKOOL

WELKOM BY HOëRSKOOL LINDEN 2019

SWANGERSKAPBELEID erken die verantwoordelikheid en invloed van die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel ten opsigte van leerderswangerskappe; en

HOËRSKOOL OOS-MOOT OOS-MOOT RAAD GEDRAGSKODE

KONSTITUSIE. Van die. Hoedspruit Plaaswag. ( die Plaaswag )

MIDDAGSTUDIEPROGRAM & REëLS

Laerskool Bakenkop. Underbergstraat 5, Wierdapark, Centurion. Posbus 51928, Wierdapark, Tel nr faks

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE

Pre-Graad R / Graad R

Hierdie dokument is die beleid van Primêre Skool Universitas oor algemene dissipline en optrede teenoor leerders wat hulle skuldig maak aan wangedrag.

Dokumentnommer: HUUROOREENKOMS

Morsjorsie Reëls. Die Doel van Skool Reëls

Hoërskool Swartland SWANGERSKAPBELEID ALDUS AANVAAR TE OP HIERDIE DAG VAN. Beheerliggaamvoorsitter. Skoolhoof

Yinlanstraat 4 Crèche phone: Vredekloofhoogte Patricia Cell: Brackenfell Adie Cell: INSKRYWINGSVORM

AANSOEK OM TOELATING SLEGS VIR KANTOOR GEBRUIK. Aangeheg. Familie Kode: Toelatingskode:

GRENSIES PETITE DAGSORGSENTRUM Muirstraat 12A Mediasentrum Tel/Faks Sel INSKRYWINGSVORM

KONSEP BELEID T.O.V. DIE BEHEER EN KONTROLE VAN HANDBOEKE EN LEERHULPMIDDELS

HOËRSKOOL WATERKLOOF NASKOOLSENTRUM

AANSOEK OM TOELATING: NUWE INSKRYWING

Geagte graad 9-Ouer/Voog en leerder VAKKEUSES VIR VOO-FASE

GRONDWET. Centurion Kunsvereniging (hierna genoem die Kunsvereniging) Die naam van die Kunsvereniging sal wees CENTURION KUNSVERENIGING.

Die verhuurder verleen aan die huurder die eerste opsie om die kontrak te hernu vir n verdere termyn.

Wher e l ittle is gre at

Karoo Meat of Origin Sertifiseringskema

Dokumentnommer: HUUROOREENKOMS

VOORWAARDES VAN VERKOPING VAN ONROERENDE EIENDOM. Die volgende sal voorwaardes van verkoping wees waarvolgens sekere vaste eiendomme bekend as :

Inligtingshandleiding

BELEIDSDOKUMENT. Eksamens / Mini-eksamens Grey Kollege

ONDERNEMING EN GEDRAGSKODE. Naam van leerder: Graad 2019:

AANSOEK: GEASSOSIEëRDE LID

LAERSKOOL EVERSDAL AANSOEK OM TOELATING VAN N LEERDER

AANSOEK OM TOELATING TOT HEBRON CHRISTENSKOOL

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN DIE PRE-PRIMÊRE SKOOL SENEKAL

LAERSKOOL EVERSDAL SELFOONBELEID

Gladdebek Kommentatorsoektog Standaard Terme en Voorwaardes

AFWESIGHEDE TYDENS EKSAMEN U

Judy Ferreira-Prévost PR. No

BELEID TEN OPSIGTE DIE GEBRUIK VAN TABLETTE DEUR LEERDERS BY LAERSKOOL RANDHART

1. LEERLINGBESONDERHEDE 2. ALGEMENE INLIGTING

P A U L R O O S Gymnasium / Gimnasium

TYGERBERG. 1. SKOOLFONDS: R per leerder periaar. a) Verpligte Betaling: R300 per leerder per jaar (Alle leerders)

TERME EN VOORWAARDES

GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS HOËRSKOOL DRIEHOEK

KONTRAK VIR TOELATING

vonnisse tot 12 maande resorteer onder die Hoof van die Korrektiewe Sentrum vir plasing op parool. Artikel 76:

OAKDALE HOËR LANDBOUSKOOL AANSOEK OM TOELATING SKOOL & KOSHUIS. Betree met trots die akkerlaning van samehorigheid, tradisie, karakter en dissipline

Laerskool Horison Graad

GEDRAGSKODE VIR LEDE VAN BEHEERLIGGAME

AANSOEK OM TOELATING TOT HOëRSKOOL VREDENDAL

HUISWERKRIGLYNE - INTERSENFASE: GR

LAERSKOOL EDLEEN NASKOOLSENTRUM

Laerskool A. F. Louw Primary Stellenbosch P.O. Box 2113 Dennesig Tel Fax

Slegs vir kantoorgebruik. Leerderbesonderhede

Kontrak MISSIE TOELATINGSVEREISTES

DIE RAAD BEHOU DIE REG VOOR OM N KORTING TOE TE STAAN, AL DAN NIE. AFDELING A

MEMORANDUM VAN HUURKONTRAK

ROBERTSON. AANSOEK OM TOELATING Vir graad r VOORBEREIDINGSKOOL - PREPARATORY SCHOOL

DIENSKONTRAK vir TYDELIKE PERSONEEL. Universiteit Stellenbosch

Ingevolge artikel 185 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 55 van 1995, het elke werknemer die reg om nie onbillik ontslaan te word nie.

LAERSKOOL DE TYGER GRONDWET. 1. WOORDOMSKRYWING beheerliggaam : Die beheerliggaam van die Laerskool De Tyger soos in artikel 16(1) van die Wet bedoel.

MODULE 3: GEBOUE. Ja. Dit ís n huis. En hierdie is versekering. Eenvoudige, verstaanbare, duidelike versekering.

DEPARTEMENT VAN ONDERWYS. Goewermentskennisgewing R Oktober 2006

HUISWERKRIGLYNE - SENIORFASE: GR

BOEREMARK & BRAAIFEES STALLETJIE AANSOEK

EIS OM VERGOEDING INGEVOLGE DIE WET OP MINERAAL- EN PETROLEUM-HULPBRONONTWIKKELING

AANSOEK OM TOELATING HOËRSKOOL TUINE

2019 Van Riebeecklaan, Kenridge, 7550 Tel: / 7 Faks: e-pos:

VEILINGSVOORWAARDES VASTE EIENDOM. Koper(s): ERF 207 en ERF 208 te Karoo Hoogland Munisipaliteit, WILLISTON. Opgestel deur :

2015 AKADEMIESE JAAR

Die Gemeente met Oop Deure: Verhurings 2018

KONSTITUSIE VAN PRETORIA PAPEGAAI KLUB

VERBRUIKERSBESKERMING 1 OORSIG EN ADVERTENSIES Die wet op

GOUDVELD-HOËRSKOOL GEDRAGSKODE OPVOEDERS

DAT op hierdie (dag) dag van (maand) in die jaar Twee Duisend en... (jaar) (20.. )

Plot 40 Posbus 249 Tel: Bon Accord Bon Accord

Transcriptie:

STUDIESENTRUMBELEID 1. Doel van die sentrum Die doel van die studiesentrum is om n leer- en huiswerkfasiliteit te skep vir leerders van Kroonheuwel Primêre Skool wie se ouers voldag werksaam is en nie behoorlike toesig tuis kan bied nie en dus verkies dat hulle na skoolure leer- en huiswerkhulp moet ontvang deur gekwalifiseerde professionele personeel. Leerders word die geleentheid gebied om na skool buitemuurse aktiwiteite by te woon en huiswerk te doen tydens n studiesessie. Die studiesentrum is nie op wins ingestel nie en stel hom ten doel om n diens te lewer. n Kontakvorm met persoonlike gegewens van elke leerder, asook ander inligting word deur die ouers onderteken en op lêer geplaas. Dit is vir die studiesentrum van kardinale belang om sodanige leerders te ondersteun en behoorlike toesig, beheer en kontrole daar te stel. Die studiesentrum val direk onder die gesagstrukture van die skool se Beheerliggaam. Die Beheerliggaam verleen gedelegeerde gesag aan die Skoolhoof wat n Sentrumhoof aanwys wat daagliks skakeling bewerkstellig tussen die Studiesentrumpersoneel en die skool. 2. Fasiliteite Die skool se fasiliteite word aan die Studiesentrum beskikbaar gestel. Leerders en sentrumpersoneel is verantwoordelik vir die netheid van hierdie fasiliteite. 3. Voeding Elke ouer is verantwoordelik om toe te sien dat sy/haar kind/ers kos saambring wat hulle voor die aanvang van studie moet nuttig. Die leerders kan ook middagete by die skool se snoepie koop. Leerders mag water drink tydens studietyd. Geen eet of drink van koeldrank mag in die klaskamer plaasvind nie. Leerders sal ook n pouse hê waartydens hulle verder mag eet en koeldrank drink. Ouers word versoek om te verseker dat hulle kinders wel iets te eet het aangesien die kinders honger en dors word. 4. Buitemuurse aktiwiteite Leerders wat nie aan buitemuurs nie, bly onder toesig en beheer van die studiesentrumpersoneel. Ouers moet asseblief die vorm in verband met buitemuurse bedrywighede voltooi en aan die studiesentrumpersoneel terugstuur sodat daar goeie kontrole kan wees. 5. Betaling en fooie 5.1 Betaling van Studiesentrumgelde word jaarliks bepaal en aangepas tydens die skool se begrotingsvergadering. Die bedrag van R200 per maand per kind is streng vooruitbetaalbaar teen die sewende dag van elke maand. 5.2 Alle gelde word aan die skool betaal en nie by die studieklaspersoneel nie. Die studiesentrumhoof sal n kwitansie uitreik.

5.3 Fooie mag verhoog word deur die studiesentrum, maar moet skriftelik deurgegee word aan die ouer en wel 1 (een) kalendermaand vooraf. 5.4 Fooie is ten volle betaalbaar of die kind die studiesentrum bywoon al dan nie, tensy die bywoning van die kind wettig gekanselleer is, soos hierin voorsiening gemaak. 5.5 Studiepersoneel behou die reg om leerders wat nie betyds betaal nie, die klasse te weier. Agterstallige gelde sal deur die skool se prokureurs verhaal word. 5.6 Daggelde by die sentrum beloop R30-00 per dag per leerder. 6. Tye 6.1 Die studiesentrum sal bedryf word gedurende skoolkwartale vanaf Maandae tot Donderdae vanaf 14:00 tot 17:15. Studie vind plaas Maandae tot Donderdae 14:00 tot 16:00 en toesig vanaf 16:00 tot 17:15. 6.2 Die studiesentrum sal gesluit wees tydens skoolvakansies en op vakansiedae. Ouers sal betyds in kennis gestel word van dae wat die sentrum gesluit is. 6.3 n Boete ten bedrae van R50 per kwartier of gedeelte daarvan sal onmiddellik betaalbaar wees, indien die ouer versuim om die kind by die sentrum af te haal voor 17:15 op enige dag. 6.4 Verpligte tye vir huiswerk/studie sal gedurende skoolkwartale onder toesig van personeel gehandhaaf word, vanaf 14:00 tot 15:45. Geen individuele onderrig vind plaas nie, slegs toesig, beheer en kontrole. Hulp sal wel verleen word aan Graad 1- tot 3-leerders. Voorsiening word gemaak vir leerders wat aan sport- en/of kultuuraktiwiteite deelneem. 7. Toesig 7.1 Die ouer/ouers onderneem om voor 08:30 te skakel indien die leerder nie die betrokke dag die studiesentrum sal bywoon nie. 7.2 Die ouer onderneem om nie die leerder nie voor 16:00 van die studiesentrum weg te neem of om hom/haar toe te laat om die studiesentrumterrein te verlaat alvorens die aftekenregister wat deur die ouer onderteken moet word, geteken is nie. Wanneer leerders byvoorbeeld huis toe stap moet daar skriftelik aan die studiesentrum kennis gegee word. 7.3 Geen leerder mag by die studiesentrum afgehaal word deur enige persoon behalwe die ouer nie, tensy die ouer die studiesentrum skriftelik in kennis gestel het van die naam en adres van die betrokke persoon wat die leerder sal afhaal. Sodanige skriftelike toestemming moet die proefhandtekening bevat van die persoon wat die leerder mag afhaal en die studiesentrum mag bewys van identiteit van sodanige persoon versoek indien hulle dit nodig ag. Indien alternatiewe reëlings getref word en die leerder nie by die studiesentrum sal wees nie, moet dit skriftelik deurgegee word. 7.4 Geen telefoniese toestemming met betrekking tot die afhaal van die leerder of die verlaat van die terrein deur die leerder, sal toegelaat word tensy die ouer skriftelik so n reëling met die studiesentrum gemaak het nie. 7.5 Kroonheuwel studiesentrum is nie verantwoordelik as leerders die skoolterrein sonder toestemming verlaat nie.

7.6 Die studiesentrum se personeel sal poog om na die beste van hulle vermoë alle voorsorg te tref sodat beserings en ongelukke nie kan plaasvind op die studiesentrumterrein nie. Die ouer vrywaar egter hiermee namens die ouer, die personeel as regspersone in hulle diensdoende kapasiteit, sy erfgename en eksekuteurs en die leerder van Kroonheuwel Primêre Skool, die studiesentrum en werknemers teen, en onthef en stel hul hiermee vry van enige aanspreeklikheid vir en ten opsigte van enige skade van watter aard ook al en enige regsuitgawes of kostes wat mag voortspruit uit enige eis as gevolg van die dood van of siekte of besring wat deur die leerder opgedoen mag word tydens die leerder se bywoning van die studiesentrum of enige aktiwiteit wat daarmee gepaard gaan. 8. Toestemming 8.1 Die ouer dra hiermee sy magte as ouer/voog oor aan die studiesentrum met betrekking tot enige mediese behandeling van welke aard ookal wat vir die leerder mag nodig wees volgens die studiesentrum se absolute en eie diskresie. 8.2 Die ouer bevestig hiermee dat, behalwe soos vervat in die persoonlike besonderhede hierby aangeheg, die leerder nie enige allergieë, geneigdheid tot abnormale bloeding of gesondheidsafwykings van enige aard het nie. 8.3 Die ouer onderneem om op aanvraag alle mediese rekeninge en hospitaalrekeninge van welke aard ook al te betaal ingeval enige mediese versorging van die kind nodig mag blyk soos hierintevore vermeld. 9. Persoonlike besittings 9.1 Alle besittings en klere moet deeglik gemerk word. 9.2 Geen aanspreeklikheid van welke aard ook al word aanvaar vir die verlies, beskadiging of vernietiging van enige persoonlike besittings nie, wat ook al die oorsaak van sodanige skade mag wees. 9.3 Die ouer sal die leerder voorsien van speelklere ten einde die kind se skoolklere te beskerm. 10. Mediese sorg (aanvullend tot bevermelde) 10.1 Die ouer onderneem hiermee om die studiesentrum skriftelik in kennis te stel indien die leerder enige medikasie hoegenaamd gebruik. Die ouer onderneem om die studiesentrum skriftelik in kennis te stel wat die dosering en uitwerking van sodanige medikasie is. Die ouer onderneem om persoonlik toe te sien dat die medikasie aan die betrokke sentrum personeellid oorhandig word, welke personeellid sal toesien dat die verlangde dosis medikasie volgens voorskrif toegedien word. 10.2 Nóg die studiesentrum, nóg Kroonheuwel Primêre Skool sal verantwoordelik wees indien die kind weens verkeerde en/of oordosering van medikasie siek word of sterf, indien die ouer versuim om die studiesentrum skriftelik in kennis te stel dat die leerder medikasie gebruik en sodanige medikasie nie aan die betrokke sentrum personeellid oorhandig word nie.

10.3 Die ouer onderneem om die studiesentrum skriftelik in kennis te stel indien die leerder positief toets vir HIV of VIGS. Die studiesentrum onderneem om sulke inligting slegs op die hoogste vlak van bestuur en dan streng vertroulik te hanteer. 11. Algemeen 11.1 Die ouer bevestig dat die bestuur van die studiesentrum van tyd tot tyd nodig mag vind om sekere addisionele reëls en regulasies tot hierdie dokument uit te reik volgens hulle absolute en eie diskresie. 11.2 Die ouer waarborg en onderneem om enige skade van welke aard ook al deur sy kind betrokke aan enige eiendom of aan n persoon van die studiesentrum en Kroonheuwel Primêre Skool, enige personeel of ander kind of persoon wat die skoolterrein mag besoek tydens die leerder se bywoning by die studiesentrum, onmiddelik op aanvraag te vergoed. 12. Beëindiging 12.1 Die voorwaardes en reëls wat hiermee onderteken word (en ingelyke die leerder se bywoning van die studiesentrum) mag slegs: - deur die ouer beëindig word indien die ouer die studiesentrum 1 (een) kalendermaand skriftelik kennis gee dat die leerder nie meer die studiesentrum sal bywoon nie; of - deur die studiesentrum, onmiddellik en sonder kennisgewing beëindig word indien: a. die ouer enige gelde hierkragtens betaalbaar nie stiptelik op die betaaldag betaal nie ; of indien b. die ouer of die leerder enige voorwaardes of regulasies hiervan nie stiptelik sou nakom nie; of - deur die studiesentrum beëindig word deur aan die ouer 1 (een) kalendermaand skriftelik kennis te gee van die voorneme om die leerder se bywoning van die studiesentrum te beëindig. 13. Algemene voorwaardes 13.1 Die ouer bevestig dat geen verslapping of uitstel verleen deur die sentrum, die ouer ten opsigte van die nie-nakoming van enige van die bepalings hiervan, die sentrum sal benadeel om sy regte in terme hiervan onmiddellik uit te oefen. 13.2 Die ouer bevestig dat hierdie die geheel van die ooreenkoms tussen die sentrum en die ouer is en dat geen wysiging hiervan van krag sal wees tensy dit deur albei partye onderteken is nie. 13.3 Die ouer bevestig dat die inligting gegee en persoonlike besonderhede hierby aangeheg waar en korrek is in alle opsigte. 14. Huiswerk en leeropdragte Alle leerders moet in besit wees van n studieboek, huiswerkboek en skryfbehoeftes. Kommunikasie tussen Studiesentrumpersoneel, ouers en klasonderwysers kan as kommunikasie-maatreël gebruik word. Die Studiesentrumhoof is verantwoordelik vir die skakeling tussen bogenoemde rolspelers om leerders wat nie huiswerk afskryf

nie, hul plig versuim rakende take, e.a. te bewerkstellig. Korrektiewe stappe moet dienooreenkomstig gedoen word. Aangesien sommige leerders baie betrokke is by buitemuurse aktiwiteite en nie die volle studie-ure in die klas is nie, moet die ouers die verantwoordelikheid aanvaar om toe te sien dat die dag se onvoltooide werk tuis afgehandel word. 15. Veiligheid/noodhulp Die veiligheid van ons leerders moet as hoogste prioriteit hanteer word. Leerders moet hulle onderwerp aan die reëls en regulasies van die sentrum. n Volwassene sal na goeddunke deur die Studiesentrumhoof as plaasvervanger in die betrokke personeellid se plek geplaas word. Geen messe, skerp voorwerpe of gevaarlike speelgoed word by die Studiesentrum toegelaat nie. In geval van beserings word eerstehulp toegepas waar die skool se noodhulptas tot beskikking is van die sentrum. Ouers word onmiddellik in kennis gestel in geval van n ernstige besering. 16. Praktiese reëlings Leerders meld 13:55 voor die onderskeie klasse aan. Leerders is tot 15:45 in die klaskamers en daarna tot 17:15 by die skool se lapa. Ouers is verantwoordelik om leerders voor of op die laatste teen 17:15 by die lapa op te laai. Ouers moet die leerders self afhaal en die uittekenregister teken. Hierdie maatreël is daar gestel om die veiligheid van u kind te verseker. Geen leerling word toegelaat om buite die lapa vir ouers te wag nie. Streng toesig en beheer moet deur personeel uitgeoefen word en geen leerder mag die omheinde area verlaat sonder toestemming van die personeellid aan diens nie. Mnr JJB Loubser SKOOLHOOF Me H Basson STUDIESENTRUMHOOF Hierdie dokument bly in u besit. Onderteken asseblief die ontvangserkenning en stuur dit terug na die betrokke personeellid.

KROONHEUWEL PRIMÊRE SKOOL STUDIESENTRUMBELEID Hiermee erken ek, ouer/voog van in graad in graad in graad dat ek die Studiesentrumbeleid gelees het en dat ek die reëls soos daarin vervat sal nakom. HANDTEKENING VAN OUER/VOOG KONTAKNOMMER