KROONSTAD HOëRSKOOL KOSHUIS

Vergelijkbare documenten
HOERSKOOL DIAMANTVELD KOSHUISE

DNK TRUST NASORG AANSOEKVORM 2017 n Aparte vorm moet vir elke kind voltooi word

HOËRSKOOL OOS-MOOT OOS-MOOT RAAD GEDRAGSKODE

LAER VOLKSKOOL NASKOOLSENTRUM AANSOEKVORM EN KONTRAK

Huis van Riebeeck Brosjure

Hierdie dokument is die beleid van Primêre Skool Universitas oor algemene dissipline en optrede teenoor leerders wat hulle skuldig maak aan wangedrag.

KOSHUISREËLS. 1. As die eerste oggendklok lui moet alle ligte aangeskakel word en aan bly.

Hoërskool Porterville. Sedert Huis van Riebeeck. Brosjure. HvR Huishoudelike reëlings 1

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II LEERUITKOMS 3 & 4 LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR

ONDERNEMING EN GEDRAGSKODE. Naam van leerder: Graad 2019:

Hoërskool Porterville. Sedert Huis van Riebeeck. Brosjure. HvR Huishoudelike reëlings 1

HUISWERKRIGLYNE - INTERSENFASE: GR

GOUDVELD-HOËRSKOOL VOERTUIG EN VERVOER BELEID

OOS-RAND AKADEMIE NASKOOLSENTRUMVRYWARING

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

GOUDVELD - HOëRSKOOL VOERTUIG EN VERVOER BELEID I N H O U D S O P G A W E

DISSIPLINERE KODE VIR STUDENTE DIE JOU SAKGIDS VIR:

Hierdie beleid moet saam met die skool se veiligheidsbeleid gelees word.

RESPECT 4 U. L e s 1. Jou vermoëns en sommige van jou verwagtinge en drome indentifiseer

Ons Prospektus 1. WELKOM

VRYWARINGSVORM VIR JEUGKAMP:

LUTHER CROWTER KOSHUIS: KOSHUISREëLS

Morsjorsie Reëls. Die Doel van Skool Reëls

MIDDAGSTUDIEPROGRAM & REëLS

HUISWERKRIGLYNE - SENIORFASE: GR

KONSEP BELEID T.O.V. DIE BEHEER EN KONTROLE VAN HANDBOEKE EN LEERHULPMIDDELS

ROBERTSON. AANSOEK OM TOELATING Vir graad 1-3 VOORBEREIDINGSKOOL - PREPARATORY SCHOOL

DURBANVILLE SKOOLKOSHUIS POSBUS 175 QUEENSTRAAT 8

KOSHUISHANDLEIDING 2019

DISSIPLINêRE STELSEL LAERSKOOL TUINRAND

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE

Inligtingshandleiding

TYGERBERG SKOOLFONDS 2015

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT (NSS) GRAAD 11 HALFJAAR EKSAMEN AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL DERDE VRAESTEL (NSC11-07) D C

STUDIESENTRUMBELEID. Leerders word die geleentheid gebied om na skool buitemuurse aktiwiteite by te woon en huiswerk te doen tydens n studiesessie.

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

BELEIDSDOKUMENT. Eksamens / Mini-eksamens Grey Kollege

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2012

Geagte graad 9-Ouer/Voog en leerder VAKKEUSES VIR VOO-FASE

Tjokkerjol Speelgroepie

KLIËNT INLIGTING KLIËNT. Voornaam: Identiteitsnommer / Geboortedatum: Posadres: Kode: Woonadres: Kode: PERSOON AANSPREEKLIK VIR REKENING.

BET-EL CHRISTELIKE AKADEMIE

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Tygienuus. SATERDAG 28 April Meneer Peet Schoeman verjaar! Juffrou Anje Swanepoel verjaar! Juffrou Estelle Kriek verjaar!

AFWESIGHEDE TYDENS EKSAMEN U

LAERSKOOL EVERSDAL SELFOONBELEID

AANSOEK VORM 1.KIND(ERS) Registrasie datum. Van Volle naam Noemnaam Geslag Geboorte datum Huis taal Voldag, Halfdag, Naskool?

education Departement van Onderwys MPUMALANGA PROVINSIE

Bladsy 1 van Die Nasorgsentrum behou die reg voor om toelating tot die sentrum te weier sonder om redes te voorsien vir sodanige besluit.

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Plot 40 Posbus 249 Tel: Bon Accord Bon Accord

WELKOM BY HOëRSKOOL LINDEN 2019

REKORD- EN EINDEKSAMEN

Yinlanstraat 4 Crèche phone: Vredekloofhoogte Patricia Cell: Brackenfell Adie Cell: INSKRYWINGSVORM

Dit is egter ook die tyd van die jaar wat ons alweer moet beplan en reëlings tref vir die nuwe akademiese jaar.

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

uniq Huiswerk Sentrum n Unieke Huiswerk Ervaring

BOEREMARK & BRAAIFEES STALLETJIE AANSOEK

GRONDWET. Centurion Kunsvereniging (hierna genoem die Kunsvereniging) Die naam van die Kunsvereniging sal wees CENTURION KUNSVERENIGING.

DIENSPERSONEELLEDE... 3 DAGPROSEDURE IN HUIS MCFARLANE... 4 REËLS/ REËLINGS VAN HUIS MCFARLANE...

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

RESPECT 4 U. L e s 1 5. Bespreek hoe om n behulpsame, ondersteunende vriend/vriendin te wees waar geweld is of mag plaas vind

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT (NSS) GRAAD 11 HALFJAAR EKSAMEN AFRIKAANS HUISTAAL DERDE VRAESTEL (NSC11-06) D C

GOUDVELD-HOËRSKOOL GEDRAGSKODE OPVOEDERS

HUIS WALTERS KOSHUISBELEID Posbus 262 Telnr/Faks: Hofstraat 13 Hopefield 7355 ALGEMENE INLIGTING

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

BELEID TEN OPSIGTE DIE GEBRUIK VAN TABLETTE DEUR LEERDERS BY LAERSKOOL RANDHART

Laerskool A. F. Louw Primary Stellenbosch P.O. Box 2113 Dennesig Tel Fax

KAROO EISTEDDFOD 2016 KLASSE E & F: DRAMA. Inskrywings sluit: 24 Junie 2016

IMPAK leerders NASKOOLSENTRUM 2016 VOORWAARDES EN ReëLS (een kontrak per gesin)

LAERSKOOL SAAMTREK. Grond-en-gebouebeleid

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

GRAAD 12 SEPTEMBER 2013 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

RESPECT 4 U. L e s 4. Populêre idees verduidelik oor wat ʼn man/seun of ʼn vrou/meisie is en hoe hierdie idees problematies kan wees

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

DIENSKONTRAK MEMORANDUM VAN OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: hierin verteenwoordig deur behoorlik daartoe gemagtig (hierna die WERKGEWER genoem)

Die Gemeente met Oop Deure: Verhurings 2018

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 FEBRUARIE/MAART 2011

HTS Drostdy. Gedragskode vir koshuise

Inligtingsbrief aan Koshuisinwoners

KONSTITUSIE VAN PRETORIA PAPEGAAI KLUB

1. SKOOLFONDS: R per leerder periaar

Pragtige Koningin Ester

HOËRSKOOL KAMPSBAAI AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 9 JUNIE 2014 TYD: 1½ UUR TOTAAL: 80

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur

Ingevolge artikel 185 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 55 van 1995, het elke werknemer die reg om nie onbillik ontslaan te word nie.

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT (NSS) GRAAD 11 FINALE EKSAMEN AFRIKAANS HUISTAAL DERDE VRAESTEL (NPS-08) TYDSDUUR: 2½ UUR DATUM: 10 OKTOBER 2012

Graad 7-inligtingsbrief

Johannesburg Cluster Common Examination Vraestel 3

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS HUISTAAL V 3 SEPTEMBER 2014

AANSOEK VIR KUNS- EN KOSMARK. 7-9 Augustus 2015

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

DIE RAAD BEHOU DIE REG VOOR OM N KORTING TOE TE STAAN, AL DAN NIE. AFDELING A

Transcriptie:

KROONSTAD HOëRSKOOL KOSHUIS INLIGTINGGIDS Toelating tot die skool bied nie outomatiese toelating tot die koshuis nie. Die beheerliggaam allenlik behou die reg vooor tot toelating tot die koshuis Die Hoërskool Kroonstad beskik oor drie koshuise met uitgebreide fasiliteite vir seuns en meisies. Ons koshuise bied n stabiele tweede tuiste weg van die huis. Alle meisies word in een koshuis geakkommodeer terwyl die graad 8 en 9 seuns apart van graad 10 12 seuns in hulle eie koshuis inwoon. Die koshuise beskik oor ruim kamers, badkamers, studiesale, ontspanningslokale, en eetsale. Leerders word voorsien van genoegsame goed gebalanseerde maaltye. Daar is ook twee swembaddens waarvan die leerders gebruik maak. Studietye word stiptelik nagekom en vind onder toesig plaas. Die behoud van Christelike beginsels is n saak van erns en daar is daagliks twee verpligte Bybelstudies (stiltetyd). Die gedragskode en reëls van die skool geld in die koshuise ook. Nuwe leerders word in kamers geplaas wanneer hulle arriveer. Hierdie leerders bly so vir ongeveer 2 weke en word daarna die geleentheid gebied om kamermaats te kies. Huis vd Merwe Huis Smith Huis de Klerk Huisvader 082 9258572 083 6259962 083 3885384 Matrone 056 215 1366 056 215 1368 056 215 1363 Parafeer Bladsy 1

Dagrooster Hierdie rooster is die riglyn en mag verskil van koshuis tot koshuis. Woensdae is dorpsbeurt en daar is geen studie in die middae nie, maar wel n ekstra studie in die aand. 06:00 Opstaan 06:35-06:45 Stiltetyd 06:45 Ontbyt 07:15 Skool toe 13:45 Middagete 14:00-15:00 Studie 15:00 Kultuur en sport, ontspanning 17:30 Aandete 19:00-21:15 Studie 21:50-22:00 Stiltetyd 22:00 Ligte uit Gedurende eksamentye is daar addisionele studie-sessies in die middag en aand. Daar is ook geleentheid vir ekstra studie van 22:00 tot 24:00. Personeel Onderwyspersoneel van die skool is ook diensdoenende personeel in die koshuise. Die personeellid aan diens is te alle tye beskikbaar vir persoonlike aandag, navrae en ongevalle. Die koshuispersoneel word bygestaan deur n koshuiskomitee van leerders wat deur die leerders self aangewys word. Diens vir personeel gedurende die week asook naweke. Oop en toesluit van koshuis. Sluit 3 uur Vrydae. Maak ook seker dat alle ligte af is, vensters toe is en kinders uit is. Oopsluit 17:00 op Sondae en sluit deur weer 19:30 Sondagaand. Persoon aan diens moet naweke vroegtydig met Deon reël rondom etes, daar is gewoonlik Vrydae middag en Maandagoggend kinders Koshuisvader/Matrone sorg gewoonlik oor naweke vir etes, indien een nie beskikbaar is nie moet personeel met die matrone reël rondom etes. Personeel bly verantwoordelik om leerders te kontroleer. Moet weet as kinders die terrein verlaat. Sien toe dat hul uitteken en personneellid weet waarheen hul gaan en wanneer hul terugkom. Parafeer Bladsy 2

Leerders mag slegs uitslaap met toestemming van ouers en koshuisvader. Leerders moet Maandae vir die week se etes inteken, dit is veral belangrik gedurende die eksamen. Daar word slegs vir die leerders kos voorberei wat ingeteken het. Sorg dat studie en etes georganiseerd verloop. Sien toe dat leerders wat naweke inbly leer en versorg is. Sien om na siek leerders en kontroleer hul gereeld, sorg dat hulle deur die matrone ʼn afspraak by die dokter maak, daar en terug kom. Rapporteer aan die koshuisvader. Indien nodig laat ouers weet wat die stand van sake is. Sorg dat alle leerders in is as deure 19:00 sluit. Die koshuis sluit weer 6:00 oop. Leerders wat nie by ete, studie en toesluit is nie moet opgevolg word. Moet asb nie onnodig dae ruil nie, as daar met uitsondering geruil word laat weet die koshuisvader vroegtydig. Personeel mag nie die terrein verlaat as hy op diens is nie. Personeel moet te alle tye beskikbaar wees op die dag of naweek van diens. Staan Koshuisvader by indien hulp verlang word tydens die week, naweke of vakansies. Sien toe dat leerders by die reëls hou en die koshuis nie verniel nie. Wees bewus dat die koshuis met kameras gemonitor word. Finansies Koshuisgeld word bepaal op die begrotingsvergadering vir die komende jaar. Die bedrag word dan gedeel deur 10 mde en kan eenmalig of oor 10 mde betaal word. Gr 8 tot 12 betaal betaal almal oor tien maande. Dit sluit alle etes, water en ligte, riool, onderoud en herstelwerk, ens. in. Die eerste paaiement is Januarie betaalbaar en die laaste einde Oktober van die betrokke jaar. Indien ʼn leerder se vorige kwartaal nie voluitbetaal is nie, sal hy nie vir die volgende kwartaal in die koshuis toegelaat word nie. Alle koshuisgelde is binne die eerste 14 dae van elke maand betaalbaar. Indien ʼn leerder se koshuisgeld deur ʼn ander person, instansie of trust betaal word bly dit die ouer of voog se verantwoordelikheid om seker te maak dat die geld kwartaaliks betaal is. Indien daar ʼn probleem met die betaling ontstaan bly dit die ouer/voog se verantwoordelikheid om die rekening te vereffen. Daar word ook vir dagstudente voorsiening gemaak per ete of toevallige slaap. Dit moet net met die betrokke koshuisvader gereël en betaal word. Daar is ook ʼn ekstra heffings vir naweek en vakansieverblyf. Dit word jaarliks bepaal en aangepas. Leerders wat van die naweekbus gebruik maak, is vir daardie kostes verantwoordelik. Betaling geskied maandliks vooruit. Leerders moet Woensdag by die kantoor aandui of hul saamry of nie. Geen leerder sal op die bus toegelaat word indien sy of haar busgelde uitstaande is nie. Dit kan gebeur dat die bus nie ry nie as gevolg van sport die Saterdag, onvoorsiene omstandighede of minder as 10 Gauteng-leerders wat Vrydag huis toe gaan. Die bus sal wel die leerders Sondag 16:00 in die somer en 15:00 in die winter by die Parafeer Bladsy 3

Wildebeest-gastehuis in Bryanston oplaai indien daar meer as 10 leerders is wat saamry. Dit bly die verantwoordelikheid van die ouers om seker te maak van die tye en plekke waar leerders op- en afgelaai word. Die bus gaan nie vir ouers of kinders wag nie. Die bus is n hulp aan ouers. Dit kan enige tyd gestop word indien dit misbruik, die kostes te veel, leerders hul nie kan gedra of daar nie meer bestuurders is nie. Dit bly dus ʼn voorreg en nie n reg nie. Leerders wat die koshuis verlaat, moet een kwartaal kennis gee. Verlof gedurende weeksdae Geen leerder mag die skoolterrein verlaat sonder toestemming van die koshuisvader of personeellid aan diens nie. Daar is twee uittekenboeke, een vir sport, kultuur, skoolaktiwieteite en dorp. Die tweede word by die koshuisvader ingevul as ʼn leerder huistoe of na ʼn vriend gaan. Daarvoor kan hy net by die koshuisvader toestemming kry. Die leier en personeellid wat Donderdag aan diens is moet seker maak dat al die leerders reg uitteken vir die komende naweek en seker maak dat daar skakelpersone en besonderhede is waarheen die leerder gaan. Persone wat leerders kom haal, moet self met huisvader of personeellid aan diens reël. Naweke Slegs leerders wat aan buitemuurse aktiwiteite binne skoolverband deelneem, mag inbly. Die koshuis sluit Saterdag na afloop van die aktiwiteit. Leerders verlaat die koshuis in skooldrag en dra dit ook as hy weer koshuis toe kom. Koshuis open Sondagmiddag 17:00 (Geen aandete word verskaf nie.) Die eerste ete is Maandag middagete. Daar kan wel voortydig deur die leerder met die matrone gereël word vir pap Maandagoggend. Dorpsbeurt Woensdae is daar dorpsbeurt van 14:10 tot 15:30. Skooldrag moet aangetrek word of die betrokke koshuis se koshuis hemp en ʼn denim. Leerders wat saam met hulle ouers in die week dorp toe gaan, moet ook skooldrag aanhê. Besigheid moet so gereël word dat dit op hierdie dag val. Parafeer Bladsy 4

Telefone Geen oproepe mag tydens inspeksie, stilte- en studie-, etenstye of na ligte uit ontvang of gemaak word nie. Gordyne Leerders moet verkieslik en op eie risiko hulle eie gordyne, duvets en linne gebruik. Hulle is ook verantwoordelik om die linne wat daar mag wees, op te pas. Breekskade Leerders word aanspreeklik gehou vir enige breekskade deur hom/haar veroorsaak. Breekskade moet dadelik aangemeld word by die personeellid aan diens. Medies Dit is belangrik dat alle ouers n apteekrekening oopmaak (noodgevalle/voorskrifte) Ouers word aangemoedig om vooraf te reël sou n dokter-/tandartsbesoek nodig wees. Die volgende dokters word gebruik: Drs. F. Wessels, B. van Graan en NJ Nel. Die volgende tandartse word gebruik: Drs. L van Wyk en Q. Fourie. Ons vra dat ouers asb nie hul kinders siek by die koshuis aflaai nie, want so steek hul mekaar aan wat ʼn rippel effek het. Kinders wat deur die week siek of beseer word en deur ʼn dokter afgeboek word moet ook kom haal word. Ongevalle Aanspreeklikheid: Verwys na Aansoek om koshuisverblyf. Kamers Geen prente of plakkers mag op enige plek in die kamers aangebring word nie. Geen leerder mag kamers verwissel sonder die huisvader se toestemming nie. Elke leerder is verantwoordelik om kamers, badkamers, gange en stuie-/eetsaal skoon en netjies te hou. Inspeksies word op gereeld gehou. Daar mag van ʼn leerder verwag word om sy kas of tas oop te maak vir ʼn inspeksie of ondersoek. Slotte Duplikaatsleutels moet by die koshuisvader ingehandig word. Hou kaste altyd gesluit. Geen verantwoordelikheid word deur die koshuisvader/personeellid aan diens geneem vir gesteelde goedere nie. Parafeer Bladsy 5

EREKODE As inwoner van Blouskool-koshuis belowe ek dat ek te alle tye my allerbeste sal doen om: die reëls, regulasies en tradisies van die koshuis te onderhou alle inwoners en personeel van die koshuis met respek te behandel selfdissipline aan die dag te lê lojaal te wees aan die koshuis en sy inwoners eerlik te wees en met integriteit op te tree hoflik en goedgemanierd te wees hulpvaardig te wees teenoor mede-inwoners die koshuisgees in stand te hou my skooldrag met trots te dra en in voorkoms netjies te wees op die sportveld sportmanskap te toon en in alles wat ek doen slegs my beste te lewer alles wat ek aanpak met trots en tot die beste van my vermoë te doen in alle verhoudings eerbaar op te tree. WAT VAN n INWONER VERWAG WORD AARD: Gepaste kleredrag en optrede te alle tye Selftrots, asook trots op die skool en die koshuis Glo dat Blouskool-koshuis die beste is en streef om dit só te hou. RESPEK: Respek vir alle personeel, ouers, maats en vir die eiendom van ander, die skool en die koshuis. Groet alle personeel, matrieks en besoekers aan die skool/koshuis. Spreek alle personeel en besoekers hoflik aan. Vertoon basiese hoflikheid deur nie terug te praat nie, stil te wees tydens appèl (roll call), vergaderings en tafelgebed; op te staan wanneer seniors en/of personeel die vertrek binnekom, of wanneer seniors en/of personeel gegroet/aangespreek word. Parafeer Bladsy 6

VERBINTENIS: Om jou beste te gee vir Blouskool-koshuise, die skool op akademies sowel as kultuur- en sportgebied vir jou ouers, die personeel en maats. REËLS EN REGULASIES Hiermee oorhandig ons aan elke kosganger in Blouskool-koshuise 'n stel basiese reëls wat stiptelik en onvoorwaardelik nagekom moet word. Indien daar enige reëls is wat nie duidelik is nie, moet kosgangers asseblief nie huiwer om dit met die huisouers te kom bespreek nie. Dit word vertrou dat die verblyf in hierdie koshuis baie aangenaam sal wees en dat, wanneer die kosgangers die dag die koshuis verlaat, hy/sy met vreugde daaraan sal terugdink as 'n baie aangename deel van sy/haar lewe. Kom laat ons as 'n huisgesin lekker saamwoon en laat elkeen van ons sy/haar deel doen om dit vir mekaar lekker te maak. Verbreking van die reëls word in n baie ernstige lig beskou en daar sal streng opgetree word in sulke gevalle: ALGEMEEN 1. Die leen en uitleen van klere en privaat artikels is streng verbode. Leen sonder toestemming word as diefstal beskou. Diefstal is strafbaar met permanente skorsing. Die leen van geld word ook ten sterkste afgekeur. 2. Rook, dwelm- en drankgebruik en/of die besit van sulke middels, of die houers daarvan, is streng verbode, beide op en van die skoolterrein. Oortreders sal dissiplinêr verhoor word en moontlik geskors word. 3. Afwesigheid uit die koshuis sonder die toestemming van die huisvader of n personeellid sal meebring dat die oortreder gestraf word en moontlik geskors kan word. n Eerste oortreding kan n vyf-dae-skorsing meebring, terwyl n daaropvolgende oortreding met permanente skorsing uit die koshuis gestraf kan word. 4. Enige fisiese aanranding, intimidasie, of verpligting van inwoners om ander opdragte uit te voer as die voorgeskrewe pligte, word ook as n ernstige oortreding beskou wat n dissiplinêre verhoor en moontlike skorsing kan meebring. 5. Alle redelike opdragte van die personeel, matrone of huiskomitee moet uitgevoer word. 6. Slegs matrieks mag n yskas en radio/cd-spelers in hul kamers hê en mag musiek teen n REDELIKE volume speel (d.w.s. dit mag nie buite hulle kamers gehoor kan word nie). Gedurende studietye moet dit stil wees. Musiek mag nie by vensters na buite gespeel word nie en ook nie ná 22:00 saans nie. Matrieks mag nie ander inwoners toelaat om hulle musiekspelers te gebruik nie. n Eerste oortreding van Parafeer Bladsy 7

hierdie reël sal meebring dat die radio vir n week weggeneem word en n tweede oortreding sal veroorsaak dat dit permanent uit die kamer verwyder word. 7. Die studiesaal is n permanente STIL GEBIED en mag nie as n deurloop gebruik word nie. Niemand mag tussen 15:30 en 17:00 in die studiesaal wees nie. Die gange word na stiltetyd elke aand ook STIL GEBIEDE. 8. Geen rugbystewels en spykerskoene mag binne die koshuis gedra word nie. 9. Inwoners van die koshuis mag nie duimgooi of saam met enige persoon ry sonder toestemming van die koshuisvader of persoon aan diens nie. 10. Dagskoliere en/of enige ander person wat nie ʼn inwoner is nie, word nie sonder toestemming van n personeellid, met kennisname deur die huisvader, in die koshuis toegelaat nie. 11. Volle skooldrag/sportdrag word na alle sport, kultuur en geleenthede gedra waar die skool betrokke of verteenwoordig word gedra. 12. Waardevolle artikels (soos kameras, selfone, rekenaars en geld) word op eie risiko in kamers gehou. Duur sporttoerusting behoort ook te alle tye weggesluit te wees. Koshuispersoneel aanvaar geen verantwoordelikheid daarvoor nie. 13. Alle vorms van ongroening is verbode. EETSAAL Almal gaan die eetsaal met die gepaste respek en goeie maniere binne. Die kombuispersoneel sal met die nodige respek behandel word en basiese hoflikheid teenoor alle personeel word verwag. n Tafelgebed sal voor en na elke ete gedoen word. 1. Toustaan vir kos Netjiese, ordelike rye word gevorm met geen gestamp en stotery nie. Personeel, besoekers en matrieks mag na die voorpunt van rye beweeg. Inwoners moet kombuispersoneel bedank en te alle tye respekvol behandel. 2. Opruiming Huiskomiteelede sien toe dat tafels opgeruim word. Alle tafels word na elke ete deur inwoners afgedek en opgeruim. As iemand gemors het, is dit sy verantwoordelikheid om self skoon te maak. Alle stoele word ingestoot en tafels skoon en netjies gelaat. Parafeer Bladsy 8

3. Ander Alle etes is verpligtend en geen verskoning sal aanvaar word nie. Geen messegoed of breekgoed mag uit die eetsaal verwyder word nie. Goeie tafelmaniere moet gehandhaaf word: niemand mag oor die tafel hang, met n mond vol kos praat, of met die messegoed peuter of beduie nie. Niemand mag in die eetsaal rondloop, of oor die tafels heen skree nie. Na die dankgebed mag diegene wat nie klaar geëet het nie, dit vinnig en stil doen. Geen kos mag uit die eetsaal verwyder word en daar mag ook nie in die koshuis kos gemaak word nie. Inwoners mag hulle eie broodsmere en graankosse bring. Geraasvlakke moet so laag moontlik gehou word in die eetsaal. By die aanhoor van die ghong/klok hou almal op met eet en absolute stilte volg. KAMERS Almal moet dadelik opstaan en begin klaarmaak wanneer die opstaanklok lui. Beddens moet opgemaak en kamers aan die kant gemaak en gereed wees vir inspeksie. Kaste moet netjies gehou word en gesluit wees wanneer nie in gebruik nie. Ligte moet afgeskakel word wanneer daar niemand in die kamer is nie. Niemand mag met skakelaars en kragproppe peuter nie. Geen ruwe speletjies of kamerstrooptogte word toegelaat nie. Daar moet streng by ligte-uittye gehou word en geen pratery word ná ligte-uit toegelaat nie. Niemand mag ná ligte-uit gaan tandeborsel nie. Toilette mag nie binne die eerste 30 minute ná ligte-uit gebruik word nie. Geen naaklopery word in gange toegelaat nie. Gordyne moet toegetrek wees wanneer daar verklee word. Geen handdoeke of kledingstukke mag oor of uit vensters gehang word nie. Niks mag by vensters uitgegooi word nie. Geen beddegoed (matrasse ingesluit), wat aan die koshuis behoort, mag te enige tyd uit kamers verwyder word nie. Eie beddegoed moet gereeld gewas word. Dit is in jou eie belang om te verseker dat jou kas gesluit is en die sleutel, of kombinasie, op n veilige plek gehou word. SELFOONBELEID Beide die koshuis en die skool neem geen verantwoordelikheid vir selfone of die veiligheid daarvan nie. VERBODE TERREIN Binne die koshuis is die volgende verbode terrein: Kantore, personeelkwartiere, ketelkamer, motorhuise, kombuis, eetsaal (behalwe gedurende etenstye of studie) en stoorkamers. Die koshuis is verbode terrein gedurende skoolure. Inwoners word slegs met die toestemming van die huisvader, of die personeellid aan diens, en in besit van n Parafeer Bladsy 9

toestemmingsbrief in die koshuis toegelaat word. Tussen 15:30 en 17:00 word slegs matrieks in hulle kamers toegelaat. STUDIE Gedrag in die studiesaal: Studie is verpligtend vir almal en geen uitsondering word gemaak. Slegs matrieks en leerders wat vir al hul vakke bo 60% word toegelaat om in hul kamers te studeer. Dis nie ʼn reg, dis ʼn voorreg om in jou kamer te leer. Die studiesaal moet te alle tye beskou word as n plek waar ernstige akademiese werk gedoen word en dit is n voorreg om hier te wees. Almal wat die studiesaal binnegaan, moet die eiendom en mense in die studiesaal respekteer. Inmenging met ander mense se reg op onderwys en studie word in n ernstige lig beskou en sal ernstige gevolge hê. Geen rondhardlopery, grappies,speletjies of onnodige lawaai word in die studiesaal toegelaat nie. Slegs sakrekenaars, en GEEN ander elektroniese apparaat, insluitende selfone en MP3- spelers, word in die studiesaal toegelaat nie. Geen kaart- of bordspeletjies word hier toegelaat nie. Geen vermaak- of sporttydskrifte sal hier gelees word nie slegs opvoedkundige tydskrifte soos National Geographic, Popular Mechanics, ens. en voorgeskrewe - of biblioteekboeke. Daar mag nie rondgeloop en vrae gevra word gedurende studiesessies nie. In uitsonderlike gevalle mag die toesighoudende personeellid gevra word om hulp van hom/haar of n ander personeellid. FIETSE Fietse mag koshuis toe gebring word. Fietse moet egter op n sentrale punt gestoor word. Beide die koshuis en die skool aanvaar geen verantwoordelikheid vir fietse of die veiligheid daarvan nie. UITNEEM VAN LEERDERS Ouers mag hul eie kinders uitneem gedurende weeksaande nadat die nodige toestemming verkry is. Leerders moet egter om 21:15 terug wees. TYE 1. WEEKSDAE 06:00 Opstaanklok 06:30 Stiltetyd. Klaar aangetrek. Kamer netjies. Onderwyser aan diens doen inspeksie 06:40 Etensklok. Flink aantree 6:45 13:45 Middagete 14:15 Studieklok. Stiptelik om 14:15 aan die werk. Parafeer Bladsy 10

15:00 Studie verdaag 17:30 Etensklok. Netjies geklee - skoene - geen nat hare (dogters) 17:00 tot 17:25 / 18:30 tot 18:55. Stort, geen uitsondering. 19:00 Studieklok. Stiptelik 19:00 aan die werk 19:00 Buitedeure word gesluit 20:00 15 minute pouse 20:15 Studieklok. Stiptelik 20:15 aan die werk 21:15 Studie verdaag en roll call 21:15 Uitvee, skoonmaak en badkamers afdroog 21:50 Stilteklok vir 10 minute. Onderwyser aan diens doen rondtes 22:00 Laaste rondloop vir 15 minute 22:15 Ligte-uitklok. Elkeen MOET in sy eie kamer wees en bly 4. WOENSDAE 14:10 Bus vertrek dorp toe 15:30 Bus vertrek terug koshuis toe 16:00 Teken terug 5. EKSAMEN Addisionele studiesessie tot 16:00 6. LAATSTUDIE Teken in boek vir laatstudie - reël met onderwyser aan diens Gr. 8 tot 22:00 Gr. 9 tot 22:00 Gr. 10 tot 22:30 Gr. 11 tot 23:00 Gr. 12 tot 23:00 REëLS Prente word slegs gehang aan prentelyste. Niks mag teen die mure, kaste of spieëls geplak word nie. Slegs matrieks word in die middae na studie in die kamers toegelaat. Geen dogter word in die seunskoshuis toegelaat nie en geen seun in die dogterskoshuis nie. Geen gr. 10 tot 12 leerder word in die gr. 8 en 9 koshuis of - kamers toegelaat nie en geen gr.8 en 9 - leerder word in Smith gange of kamers toegelaat nie. (SEUNS) Rook en die gebruik van drank is ten strengste verbode. Parafeer Bladsy 11

Bywoning van skool- of koshuisfunksies is verpligtend. Geen privaatpartytjies mag sonder toestemming van die koshuisvader vanuit koshuis bygewoon word nie. Kosgangers mag geen eiendom van koshuis beskadig nie. Indien wel, sal ouers verantwoordelik wees vir die herstel of vervanging van sodanige eiendom. Terrein moet skoon en netjies gehou word. Niemand mag skoolterrein sonder verlof verlaat nie. Ouers mag leerders onder geen omstandighede sonder toestemming van koshuisvader of personeel op diens van die terrein wegneem nie. Matrieks en leerders wat bo 60% in al hul vakke behaal het studeer in hul kamer. Moet egter gedurende studietye in kamer wees en voor lesenaar sit. Niemand, behalwe matrieks, mag radio's, CD-spelers en yskaste ens. aanhou nie. Radio luister en selfone in studietyd is verbode. Geen laatkommery vir studie of etes nie. Absolute stilte moet te alle tye in studiesaal gehandhaaf word. Verkry verlof vir laatstudie by personeellid aan diens en teken naam in laat-studieboek. Vir mediese versorging sal geneesheer, soos deur ouers versoek, ingeroep word. Ouers is ten volle verantwoordelik vir kostes. Kosgangers met aansteeklike siektes sal nie in koshuis toegelaat word nie. Leerders wat aan allergieë, asma, ens. ly, moet voorsiening maak vir medisyne. Siekte moet onmiddellik voor stilte by personeellid aan diens aangemeld word. Dit is raadsaam om siek leerders Maandag-oggende tuis te hou. In geval van afwesigheid weens siekte stel asseblief huisouers in kennis. Kosgangers wat weeksoggende siek is, mag nie na skool opstaan of koshuis verlaat nie. Almal moet in kamer wees en bly na ligte uit. Geen nie-koshuisleerling mag sonder toestemming koshuis besoek of binnegaan nie. Geen klere en/of handdoeke mag in vensters, of op vensterbanke of aan kasdeure gehang word nie. Koffers moet Maandagaand uitgepak en bo-op kaste wees. Niemand mag by vensters uithang of uitskree nie. Toegang tot koshuis gedurende pouse of skoolure verbode. Geen elektriese apparaat behalwe haardroërs toegelaat nie. Slegs matrieks mag ketels aanhou. Niemand mag verwarmers aanhou nie. Geen eetware, tee, koffie of eetgerei mag uit eetsaal na kamers geneem word nie. Water, veral by storte, moet spaarsaam gebruik word. Bywoning van Pinksterdienste word aangemoedig. Dit is wenslik dat kosgangers aan een winter en een somersport deelneem. Belangrik Daar is cameras binne die koshuis. Die beeldmatetiaal kan teen ʼn leerder gebruik word indien hy of sy haar aan wangedrag of diefstal skuldig maak. Kosgangers wat hulle aan drankgebruik skuldig maak, sal nie toegelaat word om verder in die koshuis te bly nie. Leerders sal ook volgens die skool se tugstelsel aangekla word. Hulle kan ook sekere voorregte verbeur, soos die Matriekafskeid, om vir die skool sport te speel, nie na proewe gestuur te word nie en ook nie meer aan Parafeer Bladsy 12

ander skoolaktiwiteite deel te neem nie. Ouers sal ook dadelik in kennis gestel word om so ʼn leerder te kom haal. Koshuisleerders mag glad nie rook, alkohol of enige verbode middels gebruik nie. Hulle kan getoets word na funksies en enige tyd wat die koshuisvader of diensdoenende personeellid dit goeddink. Leerders mag ook nie enige drank, sigarette of verbode toestelle in hul kaste hê nie. Indien dit gevind word, sal dit vernietig word. Koshuisleerders moet te alle tye koshuisreëls nakom en dit is elkeen se verantwoordelikheid om presies te weet wat die reëls is. Leerders kan met uitsondering met die koshuisvader reël om naweke in te bly. Maar dit bly die koshuisvader se besluit of hy dit goed of afkeur. Dit moet Woensdae deurgegee word en Donderdae gefinaliseer word. Daar word voorsiening gemaak indien ʼn leerder vir sport moet inbly. Elke leerder moet, of hy huis toe gaan of by iemand gaan kuier, elke Donderdag by die leier aan diens uitteken. Die wat nie huistoe gaan nie se ouers moet die koshuisvader bel en sê dat hul daarvan bewus is. Leerders mag ook onder geen omstandighede die terrein verlaat sonder toestemming van die koshuisvader of n personeellid aan diens nie. Indien n leerder siek is, moet hy/sy die koshuisvader persoonlik daarvan sê. Leerders wat ander kinders kan aansteek moet dadelik kom haal word. As jy nie koshuis toe kom nie, of as jou ouers jou kom haal, moet jou ouers skakel en jy moet reg uitteken. Indien die leerders se inligtingsblaaie en mediese inligting nie ingegee is nie, kan hy nie gehelp word nie, en dit sal dan die ouers se verantwoordelikheid word om hom dokter toe te vat. Die swembad word op eie risiko gebruik. TIPES OORTREDINGS Baie ernstig (kategorie C) Beskadig koshuiseiendom of geboue (vandalisme) Besit van enige gevaarlike wapen Besit of gebruik van dwelms en alkohol, of onder die invloed daarvan Besit of gebruik van sigarette Besit van pornografiese materiaal Satanisme Seksuele wangedrag - teistering of betasting Kriminele oortredings: diefstal, aanranding,onsedelikheid Afwesig of verlaat koshuis of skoolterrein sonder magtiging Seun aan dogterskant of dogter aan seunskant Rassistiese opmerkings Ongeskikte of oneerbiedige gedrag teenoor personeel Baklei, dreig of intimidasie Doelbewuste beserings veroorsaak Gr 10 tot 12 in Gr 8 en 9 leerder se koshuis of kamer Parafeer Bladsy 13

Straf vir kategorie C-oortreding Enige een of meer van die volgende: Sou dit n koshuisleier wees, skorsing van sy amp vir tot ses weke, alternatiewelik permanente skorsing uit sy amp. Tydelike sanksies teen enige inwoner, of permanente skorsing. Ernstig (kategorie B) Afwesig of verlaat koshuis of skoolterrein sonder magtiging tussen 06:00 en 18:00 Bywoon van privaatpartytjies Krap van name en merke op banke Afwesig sonder magtiging van ete of studie Oneerlikheid Sonder toestemming siek in bed of by koshuis bly Siek leerlinge wat na skool opstaan Verwissel van kamer sonder toestemming Vuil taal Lol met brandblustoerusting Versteur orde en stilte in studiesaal Ongelyste diverse ernstige oortreding (omskryf) Straf vir kategorie B-oortreding Enige een of meer van die volgende: Uitsluiting of skorsing van deelname aan skool- of koshuisaktiwiteite Bekostigbare kompensasie waarop ooreengekom word Vervang of herstel van beskadigde eiendom Gemeenskapsdiens van tot ses uur Minder ernstig (kategorie A) Sonder toestemming van kamer verwissel Liefkoos en omhels op skoolterrein Matriek nie voor lessenaar gedurende studietyd Nie in kamers na ligte uit nie Kom laat by studie of etes Badkamers nie netjies nie Besoek kamers gedurende pouses of skoolure Leerders in kombuis Aantasting van menswaardigheid of spot Dra van onbetaamlike of uitlokkende kleredrag Parafeer Bladsy 14

Gewone klere in dorp Kamers nie aan kant en leerders nie netjies as stilteklok in oggend lui nie. Laat van dorp of nie inteken Ligte brand na ligte uit Nie-musiekleerders in musiekkamers Raas in stilte Slordige kamers Verwyder eetware, tee of koffie of eetgerei uit eetsaal Aanhou van ketel Aanhou van radio Hang by venster uit en skree Hang van klere aan vensters vensterbanke en kaste Ketels of radios aan na ligte - uit Klokke verkeerd lui Nie inteken vir etes oor naweke (winterseisoen) Nie opdaag vir etes gedurende naweke (Winterseisoen) Rommelstrooi Tasse nie netjies en op regte plek na skool nie Telefoon nie antwoord of verkeerd antwoord Versiering van kamers anders as voorgeskryf Ongelyste minder ernstige oortredings Straf vir kategorie A-oortredings: Een of meer van die volgende: Verbale of skriftelike waarskuwing Skoolwerk onder toesig Afhandeling van take wat die die eprsoonw at tenagekom is se skade herstel Skorsing van deelname aan koshuis- of skoolaktiwiteite Hiermee erken ek... ouer/voog van... ontvangs van die inligtingsgids.... HANDTEKENING Parafeer Bladsy 15

Parafeer Bladsy 16