ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING

Vergelijkbare documenten
ONDERWYS EN OPLEIDING AFRIKAANS HUISTAAL VRAESTEL 2 EERSTE SESSIE NOVEMBER EKSAMEN 2014

INTERMEDIÊRE FASE GRAAD 6 NOVEMBER 2014 AFRIKAANS HUISTAAL V2 MEMORANDUM

GRAAD PUNTE: TYD: 1 uur NAAM: VAN: *3AFHL*

INTERMEDIÊRE FASE GRAAD 6 NOVEMBER 2018 AFRIKAANS HUISTAAL V2 NASIENRIGLYN

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

Hierdie toets bestaan uit 9 bladsye, die voorblad uitgesluit.

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

EKURHULENI NORTH. Die emmer met die gaatjie

Kingswood College Departement Afrikaans AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 9 VRAESTEL 2

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

GENERAL EDUCATION AND TRAINING AFRIKAANS HUISTAAL JUNIE EKSAMEN 2012 GRAAD 6

INTERMEDIÊRE FASE GRAAD 6 NOVEMBER 2014 AFRIKAANS HUISTAAL V2

NOORDWES PROVINSIALE ASSESSERING GRAAD 6

education Departement van Onderwys MPUMALANGA PROVINSIE

GRAAD 12 SEPTEMBER 2014 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3

INTERMEDIÊRE FASE GRAAD 6 NOVEMBER 2017 AFRIKAANS HUISTAAL V2 NASIENRIGLYNE

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 FEBRUARIE/MAART 2012

INTERMEDIÊRE FASE GRAAD 6 NOVEMBER 2016 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

EKURHULENI NORTH November 2015 Graad 05 Afrikaans EAT

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 FEBRUARIE/MAART 2011

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II LEERUITKOMS 3 & 4 LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

LIMPOPO DEPARTEMENT VAN ONDERWYS LAERSKOOL WARMBAD

SKOOL AFRIKAANS - GR 6 JUNIE 2010 AFDELING A: KREATIEWE SKRYFWERK TOTAAL: 100 NAAM:

RESPECT 4 U. L e s 1. Jou vermoëns en sommige van jou verwagtinge en drome indentifiseer

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL VRAESTEL 3 ASSESSERINGSTAAK 3 NOVEMBER 2014 GRAAD 8

INTERMEDIÊRE FASE GRAAD 6 NOVEMBER 2016 AFRIKAANS HUISTAAL V2

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2012

INTERMEDIÊRE FASE GRAAD 6 NOVEMBER 2017 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 NASIENRIGLYN

Jakkals lê eendag heerlik en

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 FEBRUARIE/MAART 2014

GRAAD: 2 VAK: HUISTAAL KWARTAAL EEN FORMELE ASSESSERINGSTAAK (FAT) 1

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

Totaal: 95 NAAM: VRAAG 1: Lees die onderstaande leesstuk noukeurig deur en beantwoord die vrae in vol sinne:

HOËRSKOOL ROODEPOORT AFRIKAANS EAT KWARTAAL 3 KWARTAALTOETS

Luister en praat. Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun?

TAALWERK Oefeninge. Tweede Termyn Tom Newby School. Grade 7 Afrikaans 2016 Term 2 Taalwerk oefeninge

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 FEBRUARIE/MAART 2011

STUDIEVELD A SPORTSTORIES LES 1

Johannesburg Cluster Common Examination Vraestel 3

ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

Letterlike en figuurlike taalgebruik

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT (NSS) GRAAD 11 FINALE EKSAMEN AFRIKAANS HUISTAAL DERDE VRAESTEL (NPS-08) TYDSDUUR: 2½ UUR DATUM: 10 OKTOBER 2012

Antonieme en sinonieme

INTERMEDIÊRE FASE GRAAD 6 NOVEMBER 2017 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2

Nota vir die onderwyser/es:

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT (NSS) GRAAD 11 HALFJAAR EKSAMEN AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL DERDE VRAESTEL (NSC11-07) D C

GRAAD: 3 VAK: HUISTAAL KWARTAAL EEN FORMELE ASSESSERINGSTAAK (FAT) 1

QUEENS HIGH SCHOOL AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL VRAESTEL I GRAAD 10 1 ½ UUR NOVEMBER 2008 PUNTE : 35 EKSAMINATOR MNR. D.E.

EKURHULENI NORTH November 2015 Graad 04 Afrikaans EAT

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

GRAAD 12 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

1 Waar ek vandaan kom

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

SENIOR FASE GRAAD 7 NOVEMBER 2017 WISKUNDE

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT (NSS) GRAAD 11 HALFJAAR EKSAMEN AFRIKAANS HUISTAAL DERDE VRAESTEL (NSC11-06) D C

GAUTENG DEPARTEMENT VAN ONDERWYS: DISTRIK D6 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL VRAESTEL 1 JUNIE EKSAMEN 2017 GRAAD 10 MEMORANDUM PUNTE: 80 TYD: 2 UUR

Gemeenskaplike Vraestel GRAAD 10: AFRIKAANS HT VRAESTEL 3: STELWERK INSTRUKSIES EN INLIGTING. OOS-KAAP Onderwysdepartement UITENHAGE DISTRIK

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

HOËRSKOOL KAMPSBAAI AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 9 JUNIE 2014 TYD: 1½ UUR TOTAAL: 80

INTERMEDIÊRE FASE GRAAD 6 NOVEMBER 2014 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

Wiskundige Geletterdheid. Data Hantering. Opsomming van Data. Kwartiele

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRFA.3 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 FEBRUARIE/MAART Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.

NOORDWES PROVINSIALE ASSESSERING GRAAD 6

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

RESPECT 4 U. L e s 1 5. Bespreek hoe om n behulpsame, ondersteunende vriend/vriendin te wees waar geweld is of mag plaas vind

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

Johannesburg Cluster Common Examination Vraestel 1

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

2017 SACAI-WINTERSKOOL AFRIKAANS EAT NOTAS

Alfabetiese volgorde, lettergrepe en paragraaf skryf

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL I PROEFVRAESTEL I

Woordlys. ou vrou bouvallig hout kou blou woud goue goud Louwrens Douw tou gou-gou hou jou gou flou boud. Die ou vrou en die voël wat kon praat.

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

INSTRUKSIES EN INLIGTING

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

Transcriptie:

ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING AFRIKAANS HUISTAAL ASSESSERINGSTAAK JUNIE 2015 VRAESTEL 2 GRAAD 7 PUNTE: 60 TYDSDUUR: 2 UUR Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye.

ALGEMENE INLIGTING Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings: Afdeling A: Leesbegrip (30) Afdeling B: Taal in konteks (30) INSTRUKSIES Beantwoord AL die vrae. Lees die instruksies by elke vraag noukeurig. Let op na die spelling. Skryf netjies en leesbaar. Bladsy 2 van 11

AFDELING A LEESBEGRIP VRAAG 1 Lees die leesstuk deur en beantwoord die vrae. ʼn Suksesverhaal soos min 1. Willie Mtolo is vandag wêreldberoemd. Maar hierdie roem het hom glad nie verander nie sy eerste prioriteit bly sy doodgewone familie. Nadat Mtolo in 1993 die wêreld se grootste marathon, die New Yorkse Marathon gewen het, het hy gesê: Suid-Afrika is my tuiste en ek sal dit nooit verlaat om in Amerika of Europa te gaan woon nie. Van die beste atlete in die wêreld neem jaarliks aan hierdie marathon deel. 2. Mtolo se suksesverhaal klink soos ʼn sprokie en begin jare gelede op ʼn klein afgeleë dorpie hoog in die Drakensberge. Willie is die oudste seun van ʼn gesin wat te arm was om enige van die dinge te bekostig wat baie mense as vanselfsprekend beskou. Om 16 kilometer skool toe te ry op ʼn fiets, was hom nie beskore nie en hy het geen ander keuse gehad as om te hardloop of laat vir skool te wees nie. 3. Die plaasseuntjie het elke dag in die yskoue bergwinter en in die warm somer kaalvoet oor die klipperige bergpaadjie gehardloop 16 kilometer soontoe en 16 kilometer terug. En as hy klaar geleer het, was daar nie televisie om na te kyk of plekke waar hy sy maats kon ontmoet nie... net harde werk, want hulle was baie arm. 4. Die pad boontoe het vir hom begin dié dag in 1988 toe hy vir Ray de Vries, ʼn hotelbaas, ontmoet het. Ray het besef dat Willie groot talent het en het aangebied om hom te help. Willie het begin oefen en De Vries het alles omtrent marathon-hardloop en sportbestuur, waarvan hy niks geweet het nie, geleer. Vandag noem hulle mekaar, Bafu, die Zoeloewoord vir broer en hulle is werklik so naby aan mekaar soos broers. 5. Mtolo het een marathon na die ander begin wen en die geld het begin instroom. In Maart 1993 wen hy die Carousel Halfmarathon en word beloon met ʼn huis in Pretoria. Die twee top sport Victor-toekennings wat hy daardie selfde naweek ontvang, beteken ʼn verdere R 45 000 in sy sak. 6. Hierdie sukses het ʼn groot verskil in die lewens van sy uitgebreide familie gemaak. Nou was daar geld vir sy broers en susters om verder te leer. En in die middel van ʼn groep tradisionele hutte in die Drakensberge, is ʼn klein drievertrek-huis van beton, wat hy nά een van sy vroeëre marathon-oorwinnings laat bou het. 7. Vandag werk hy vir ʼn groot Suid-Afrikaanse bankgroep, hy ry ʼn rooi bakkie en hy bly in ʼn voorstad van Pinetown. Oor sy toekomsplanne sê hy: Ek is nou besig om genoeg geld te verdien vir my toekoms en dié van my familie... maar uiteindelik sal ek na my mense terugkeer. (Verwerk uit: Huisgenoot April 1993) Bladsy 3 van 11

VRAE 1.1 Kies die korrekte antwoord: 1.1.1 Mtolo is wêreldberoemd omdat... A sy suksesverhaal soos ʼn sprokie is. B hy die New York-marathon gewen het. C die geld begin instroom het. D hy nog altyd ʼn inspirasie vir ander was. (1) 1.1.2 De Vries het besluit om Mtolo te help omdat... A B C sy eerste prioriteit sy familie was. hy die een marathon na die ander gewen het. hy sy talent raakgesien het. D hy jammer gevoel het vir hom. (1) 1.1.3 Mtolo het groot geword in... A New York. B ʼn voorstad in Pinetown. C Pretoria. D ʼn dorpie in die Drakensberge. (1) 1.1.4 Mtolo het baie... gekry toe hy nog ʼn plaasseuntjie was. A swaar B geld C toekennings D speelgoed (1) Bladsy 4 van 11

1.1.5 Wat wou Mtolo bitter graag hê toe hy jonk was? A ʼn Huis B ʼn Televisie C ʼn Fiets D ʼn Radio (1) 1.2 Haal ʼn frase (deel van ʼn sin) aan (par 4) wat bewys dat Mtolo en De Vries ʼn baie goeie verhouding gehad het. (2) 1.3 Watter antwoord is NIE KORREK NIE. Ons weet Mtolo was baie arm, want hy het... A nie skoene gehad het nie. B nie skool toe gegaan nie. C min klere gehad. D kaalvoet gehardloop. (1) 1.4 Sê in jou eie woorde wat beteken was hom nie beskore nie. (par. 2) (2) 1.5 Wat het Mtolo in die middag gedoen as hy klaar geleer het? (1) 1.6 Watter antwoord is NIE KORREK NIE? Vir sy prestasies as marathon-atleet het Mtolo... A ʼn huis gewen. B verskeie toekennings ontvang. C groot somme geld verdien. D ʼn hotelbaas geword. (1) Bladsy 5 van 11

1.7 Sê of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Gee telkens ʼn rede vir jou n antwoord. 1.7.1 Mtolo wil nie eendag in Amerika gaan bly nie. (1) 1.7.2 Rykdom het Mtolo van sy familie laat vergeet. (1) 1.7.3 Sy familie is vir hom die belangrikste. (1) 1.8 In die kolomme hieronder word Mtolo se jeugjare vergelyk met sy lewe vandag. Pas die woorde in Kolom B by die ANTONIEME in Kolom A. Skryf die korrekte letter langs die nommer neer. Kolom A Kolom B Mtolo se jeug Mtolo se lewe vandag 1.8.1 arm A. bankwerker 1.8.2 geen fiets B. huis 1.8.3 hutjie C. ryk 1.8.4 plaasseuntjie D. wêreldberoemd 1.8.5 onbekend E. bakkie (5) 1.9 Wat beteken Verwerk uit Huisgenoot? (1) 1.10 Noem TWEE dinge wat Mtolo gedoen het met sy wengeld. (2) (23) Bladsy 6 van 11

VRAAG 2 Lees die strokiesprent en beantwoord die vrae wat volg. Meester Danie Cronje 2.1 Is dit die eerste keer dat die seun gaan druip? Haal EEN WOORD uit raampie 1 aan om dit te bewys. (1) 2.2 Kyk na die karakters se gesigsuitdrukkings en verduidelik dan hoe jy dink hulle voel. 2.2.1 Neelsie (2) 2.2.2 Meneer (2) 2.3 My pa sê altyd ʼn mens is nooit te oud om te leer nie. (Raampie 3). Het Neelsie sy pa se woorde korrek aangehaal in sy gesprek met Meneer? Wat dink jy het sy pa regtig met dié woorde bedoel? (2) (7) TOTAAL AFDELING A: 30 Bladsy 7 van 11

AFDELING B TAALLEER Lees die vrae en volg die instruksies noukeurig. VRAAG 3 Lees die paragraaf in KOLOM A en voer dan die instruksies in KOLOM B uit. KOLOM A Die pad loop deur die 3.1 (plakkerskamp) tot by die 3.2 (mooi) sinkkaia. Hy het 3.3 (ʼn droom) gehad dat hy graag so ʼn 3.4 (huis) wil hê en het tot die 3.5 (einde) rondgesoek na afvalmateriaal. Dit is 3.6 (warm) en 3.7 (donker) in sy huis sonder elektrisiteit. Hy werk 3.8 (hard) as al sy vriende. Hy tik ʼn uitstekende 3.9 (70) woorde per minuut. Elvis is 3.10 (hy / sy / hom) held. KOLOM B 3.1 Gee die meervoud. 3.2 Gee die oortreffende trap. 3.3 Gee die meervoud. 3.4 Gee die verkleining. 3.5 Gee die antoniem. 3.6 Gee die intensiewe vorm. 3.7 Gee die intensiewe vorm. 3.8 Gee die vergrotende trap. 3.9 Skryf in woorde. 3.10 Kies die korrekte woord. (10) VRAAG 4 4.1. Identifiseer die selfstandige naamwoord in die volgende sin: Hy ontwerp ook motors. (1) 4.2. Identifiseer die lidwoord in die volgende sin: Elvis is ʼn predikant in die Christian Church (1) 4.3. Identifiseer die bywoord van tyd in die volgende sin: En vandag is sy huis amper klaar. (1) 4.4. Identifiseer die hulpwerkwoord in die volgende sin: Hy het ʼn droom gehad dat hy graag so ʼn huis wil hê. (1) 4.5. Identifiseer die werkwoord in die volgende sin: Hy ontwerp ook motors. (1) Bladsy 8 van 11 (5)

VRAAG 5 Kyk na die prent hieronder en beantwoord die vrae. 5.1 Skryf die sin oor in die teenwoordige tyd. (1) Ouma het tydens die vakansie saam met die familie gekuier. Begin só: Ouma... 5.2 Verbind die sinne met die woord tussen hakies. (1) Ouma sit in ʼn gemaklike stoel. Sy is oud. (omdat) 5.3 Vul die korrekte vraagwoord in sodat die onderstreepte deel van die sin die antwoord is. (1) Simon staan op die stoel sodat hy die lekkers in die hande kan kry.... staan op die stoel? 5.4 Skryf die sin oor in die indirekte rede. (1) Ouma sê: Ek is baie gelukkig. Begin só: Ouma sê dat... Bladsy 9 van 11

5.5 Kies die korrekte betekenis van die onderstreepte idioom. (1) Ouma is in die wolke oor haar geskenk. In die wolke beteken... A Ouma is baie bly. B die wolke pak saam. C daar is moeilikheid in die toekoms. D iemand word hemelhoog geprys. 5.6 Verbind die sinne met die woord tussen hakies. (1) Die familie eet lekker. Hulle gaan huis toe. (daarna) 5.7 Skryf die sin oor in die verlede tyd. (1) Die seun is ongehoorsaam en gedra hom sleg. Begin só: Die seun... 5.8 Skryf die sin oor in die ontkennende vorm. (1) Die familie baklei dikwels met mekaar. Begin só: Die familie... 5.9 Beantwoord die vraag in die ontkennende vorm. (1) Loer die seuntjie om die deur? Begin só: Nee, die seuntjie... 5.10 Skryf die sin oor in die toekomende tyd. (1) Die muis sit onder die tafel. Begin só: Die muis... (10) Bladsy 10 van 11

VRAAG 6 Jou vriend het ʼn artikel vir die plaaslike koerant geskryf. Hy het vir jou gevra om die artikel deur te lees en die foute reg te maak. Volg die instruksies onder die artikel. Tieners... Snaakse goed! 1. Hier is ʼn paar vreemde feit oor tieners wat jy dalk nie geweet het nie. 2. As jy tieners se selfone wegneem, raak hulle vaak! 3. As deel van navorsing is 80 tieners vir 45 minute in ʼn klaskamer toegesluit. 4. Die helfte van hulle het hul selfone gehad, die ander helfte nie. Die tieners wat 5. nie selfone gehad het nie, het geslaap gou. 6. 42% van tieners kan met toe oë sms! 7. hierdie tieners het nie superkragte nie. Hulle sms so baie dat hulle dit met toe 8. oë kan doen. Tieners het in ʼn navorsingstudie erken dat hul lewens baie sleg 9. sonner hul selfone sou wees. 10. Tieners groei so vinnig, hul breine kan nie byhou nie. 11. Het tieners al gewonder hoekom hulle heeltyd oor goed val? Dis regtig nie hulle 12. skuld nie. Tieners groei so vinnig dat hul brein nie kan byhou om hul balans te 13. handhaaf nie. 14. Neem tieners risiko s? Dis die brein se skuld! 15. Volgens ʼn studie is tieners se breine so geprogrammeer dat dit vir hulle moeilik 16. is om te besluit of ʼn situasie gevaarlik is of nie. 17. Tieners se slaappatrone kan deur ʼn blou gloeilamp verbeter word. 18. Sukkel jy om aan die slap te raak en dan weer in die oggend op te staan? 19. Dit kan help om ʼn blou gloeilamp in jou kamer te gebruik. Hierdie blou lig kan 20. help om jy interne horlosie reg te stel. 6.1 Gee die meervoud van die onderstreepte woord in reël 1. (1) 6.2 Skryf die onderstreepte gedeelte in reël 5 oor en verbeter die woordorde. (1) 6.3 Verbeter die spelling van die onderstreepte woord in reël 9. (1) 6.4 Skryf die woord in reël 7 neer wat met ʼn hoofletter moet begin. (1) 6.5 Vervang die woord jy in reël 20 met die korrekte woord. (1) (5) TOTAAL AFDELING B: 30 GROOTTOTAAL 60 Bladsy 11 van 11

ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING AFRIKAANS HUISTAAL MEMORANDUM JUNIE 2015 VRAESTEL 2 GRAAD 7 PUNTE: 60 Hierdie memorandum bestaan uit 3 bladsye.

GRAAD 7 HUISTAAL JUNIE 2015 AFDELING A LEESBEGRIP VRAAG 1 1.1.1 B 1 1.1.2 C 1 1.1.3 D 1 1.1.4 A 1 1.1.5 C 1 1.2 Hulle noem mekaar Bafu Zoeloewoord vir broer 2 1.3 B 1 1.4 Hy kon nie ʼn fiets hê / bekostig nie. 2 1.5 Hy het gaan werk. 1 1.6 D 1 1.7.1 Waar 1 1.7.2 Onwaar 1 1.7.3 Waar 1 1.8.1 1.8.2 C E 1 1 1.8.3 1.8.4 B A 1 1 1.8.5 D 1 1.9 Dit is n artikel in Die Huisgenoot wat verkort en herskryf is. 1 1.10 Sy broers en susters laat leer. Hy het n huis met drie vertekke laat bou. 2 (23) VRAAG 2 2.1 weer 1 2.2 2.2.1 Seun: Hy aanvaar dit gelate / hy voel daar is nog n kans / glad nie moedeloos nie / gee nie om nie. 2.2.2 Onderwyser: moedeloos/ raadop/ kwaai / gefrustreerd 2 2 2.3 Nee. Die pa is ook moedeloos omdat die kind nie deurkom nie./ Hy straf hom deur te sê hy sal op skool bly tot hy deurkom./ Die uitdrukking beteken dat alle mense van alle ouderdomme nog kan leer. 2 (7) TOTAAL AFDELING A 30 Bladsy 2 van 3

GRAAD 7 HUISTAAL JUNIE 2015 AFDELING B TAAL IN KONTEKS VRAAG 3 3.1 plakkerskampe 3.2 mooiste 2 3.3 drome 3.4 huisie 2 3.5 begin 3.6 vuurwarm 2 3.7 stikdonker 3.8 harder 2 3.9 sewentig 3.10 sy 2 10 VRAAG 4 4.1 motors 1 4.2 n / die 1 4.3 vandag 1 4.4 het / wil 1 4.5 ontwerp 1 5 VRAAG 5 5.1 Ouma kuier die vakansie saam met die familie. 1 5.2 Ouma sit in n gemaklike stoel omdat sy oud is. 1 5.3 Wie staan op die stoel? 1 5.4 Ouma sê dat sy baie gelukkig is. 1 5.5 A 1 5.6 Die familie eet lekker, daarna gaan hulle huis toe. 1 5.7 Die seun was ongehoorsaam en het hom sleg gedra. 1 5.8 Die familie baklei nie met mekaar nie. / Die familie baklei nooit met 1 mekaar nie. / Die familie baklei glad nie met mekaar nie. 5.9 Nee, die seuntjie loer nie om die deur nie. 1 5.10 Die muis sal onder die tafel sit. 1 10 VRAAG 6 6.1 feite 1 6.2 het gou geslaap 1 6.3 sonder 1 6.4 Hierdie 1 6.5 jou 1 5 TOTAAL AFDELING B: 30 GROOTTOTAAL 60 Bladsy 3 van 3