Voltooi & stuur terug Laerskool Northmead Handtekening: Ouer: OB19/2016 Hier trap ons diep spore... Geagte Ouers 30 Mei 2016 OB19/2016 1. Vanuit die Hoof se kantoor: Afbakening vir Junie 2016 Eksamen Gr. 4-: Aangesien die leerlinge (Gr. 4-) departementele en provinsiale vraestelle skryf, moet die leerlinge AL die werk in hulle vakke leer wat hulle van die begin van die jaar af tot aan die einde van die kwartaal doen. Al sou hulle vraestelle geskryf het wat deur die personeel opgestel is, sou hulle ook oor die halfjaar se werk geskryf het. Baie dankie vir u begrip in die verband. Sien asseblief toe dat u kind nou al begin met eksamenvoorbereiding. Hierdie eksamen vorm deel van hul tweede kwartaal se rapportpunte! Let Wel : GEEN afbakening kan uitgestuur word nie. Die vraestelle word nie deur die skool se personeel opgestel nie, dus weet niemand wat gevra gaan word nie! Skool sluit vanaf Wo. 8 Junie 2016) vir Gr. 1- gedurende eksamentyd, om 13:00. Daar sal egter toesig wees tot 13:45 vir leerlinge wat nie toesig tuis het nie. Kleuterskool funksioneer normale tye. Eksamenrooster Gr. 4 tot DATUM VAK GRAAD 8 Junie Afrikaans huistaal 4-9 Junie Engels (EAT) Lewensoriëntering 4-10 Junie Geskiedenis 4-13 Junie Wiskunde Kreatiewe kuns 4-14 Junie Geografie 4-15 Junie NW/TEG Tegnologie 4-6 21 Junie NW 22 Junie Lewensvaardighede EBW 4-6 Siek leerlinge: Dis weer daardie tyd van die jaar wat die leerlinge siek is en nie lekker voel nie. Om seker te maak dat u kind wel siek is en u hom/haar wel siek skooltoe stuur, versoek ons u om net n briefie aan juffrou/meneer of die kantoor te stuur, dan weet ons om die ouers te kontak. Hierdie maatreël is daar sodat die kansvatters ook net uitgeskakel kan word. Ons sal u kontak as u kind die briefie vir die kantoordames gee. Dankie dat u ons help om u kind te help. Vermy om net aan die leerlinge te sê om mamma te bel. n Briefie skakel net misverstande uit!
Indien leerlinge gedurende eksamentyd siek is, MOET hulle die betrokke vak wat hul afwesig was, dan ook op die dag skryf wanneer hul weer terug is by die skool. Alle siek leerlinge MOET n doktersnota inhandig by die klasonderwyser. Boetie & Sussie Foto s: Stuur asb. REGTE BEDRAG in die sakkie terug skool toe. Sluitingsdatum is 3 Junie 2016. Lapa Boekbestellings: Lapa boekbestellings sluit Vrydag 3 Junie 2016. Laaste bestellings kan nog Vrydagoggend geplaas word by Mev. Amanda Pottas. Voedingskema: Die rooster vir die 2de helfte van die jaar tot en met Desember is die afgelope week aan die betrokke mammas se kinders gegee. Maak asb. seker u het dit wel ontvang. Dit is ook op die webwerf beskikbaar. Vir enige navraag, kontak gerus vir me. C. Coetzer in die kantoor. Dankie vir u bereidwilligheid om ons maatjies te help! Maak asb. seker wanneer dit u beurt is, die maats maak staat op u! Vleiskompetisie: Wenners : Nicole Grobler 6F & Justelle Ferreira 6C - baie geluk! Ons staan einde se kant toe! Laaste 2 weke oor maats! Daar is 4 klasse wat baie gelyk hardloop. Kom ons wend n laaste goeie poging aan. Norries kan!!!! 2. Skoolgelde: Naskool dagbesoek word slegs deur Me. J. Venter goedgekeur. Bedrag is vooruitbetaalbaar. Leerder moet n toestemmingsbrief by Me. Venter kom afhaal. Indien die bedrag nie ontvang is nie sal die leerling nie toegelaat word nie. Geen reëlings word deur die naskoolpersoneel hanteer nie, slegs Mev. Venter gee toestemming vir dagbesoekers. Briewe word vandag uitgestuur aan ouers waar skoolfonds agterstallig is. Vereffen asseblief die rekening voor 10 Junie 2016 of kom sien Me. Jackie Venter asb. in verband met agterstallige skoolfonds. Anders moet u die kind se rapport Vrydag 24 Junie 2016 vanaf 0:30-09:00 in die saal afhaal. Die rapport sal in besit van die Beheerliggaam wees en u word vriendelik versoek om nie die registeronderwyser/s of skoolhoof in hierdie verband te pla nie. Versuim om rapport te kom afhaal sal meebring dat geregtelike stappe geneem sal word, en die uitstaande skoolfonds oorhandig word aan die Skuldinvorderaars teen 30 Junie 2016. 3. Norries van die week: 4. Kultuur: Kleutersko Ziané du Toit Gr. 4 Dehan van Coller ol Gr. 1 Rueben van Aswegen Gr. 5 Roland jacobs Gr. 2 Alexander Vorster Gr. 6 Moketsi Masondo Gr. 3 Gr. 3L Gr. Cailin Breedt Engelse Redenaars: Ons sien vreeslik uit na die Engelse Redenaarskompetisie hierdie week. Die Seniors praat dit uit op 31 Mei 2016 en die Juniors laat hulself hoor op 1 Junie 2016. Kom geniet n heerlike
koppie sop saam met ons vanaf 1:30. Die kompetisie vind plaas om 18:00 in die personeelkamer. ATKV-Redenaars: Baie geluk aan Sharné Neves en Maegan de Klerk met hul deelname aan die 2de rondte van die ATKV, die afgelope Saterdag. Maegan het algeheel 4de geëindig. Pragtige prestasie! Baie geluk. 5. Sport: Rugby: Uitslag vs. Ls. Baanbreker : 0/9, 0/11 & 2e : Verloor 0/10 & 1e : Wen Liga Woensdag 1 Junie 2016 vs. Ls. AG Visser (tuis) Program is as volg: Span Tyd Veld Skeidsregter 0/9 13:00 A AG Visser 0/10 13:34 A AG Visser 0/11 14:30 A R. White (NM) 2de 15:15 A N. van Biljon (NM) 1ste 16:00 A F. (Dalview) Valkies: Oefening : Geen - want is is klaar met die Valkie seisoen! Baie dankie aan almal wat ons seuns so mooi ondersteun het! Dankie vir al die positiewe aanmoediging van die kant af! Dankie vir al die Saterdae wat u hulle vir ons gebring het. Ons sal dit nie sonder u kan doen nie Manne, julle het ons Norrie naam hoog gehou in elke wedstryd, BAIE dankie vir elkeen se deelname! Netbal: En so kom alle goeie dinge tot n einde. Dankie vir elke dogter wat haar alles gegee het gedurende die netbalsoesoen, ook aan elke ouer vir hulle getroue ondersteuning! Baie sterkte aan ons 0/10B-span wat Woensdag gaan deelneem aan die uitspele te Laerskool Mooifontein. Ons uitslae teen Laerskool Kempton Park was as volg: 0/10A 0/10B 0/11A 0/11B 0/12A 0/12B 0/13A 0/13B Verloor Wen Verloor Verloor Verloor Verloor Wen Wen Aksienetbal : Maandag : 1:25 0/10 & 0/11 18:00 0/12 & 0/13 18:35 0/13 Baie geluk aan die volgende dogters wat vir die Benoni Aksiespan gekies is. Ons is trots op julle! 0/12 Tenielle Alberts, Lindi Coetzer, Justelle Ferreira, Zandri Claassen, Charné v/d Linde 0/13 Anja van Coller, Chanté J v Rensburg, Duané Bekker, Charné Neves, Rochelle Swart, Marjolé Roux Skaak: Baie geluk aan die 0/9- en 0/11- asook die 0/13-skaakdogters wat almal eerste in hul liga geëindig het. Sterkte vir die laaste uitspele in volgende kwartaal. Baie geluk aan ons 0/13-span wat vyfde geëindig het en ons naam hoog gehou het.
Baie sterkte aan ons Junior- en Seniorskaakspanne wat eerskomende Saterdag aan die RMS te Brits gaan deelneem. Ons weet julle gaan die regte skuiwe skuif! Tennisproewe: Die tennisseisoen het uiteindelik aangebreek! Kom haal uit en wys by die proewe wat soos volg sal plaasvind: ONTHOU, jy moet jou eie raket saambring Datum : 6 Junie 2016 Tyd : 14:15 Plek : Northmead Tennisbane Eie vervoer asb. Maak n verskil, wys ons jy kan en wees deel van die Norrie-span! 6. Weekprogram: Ma. 30 -Oefen noodplan -SAT vergadering (Benoni West) Di. 31 -Snr. Eng. Redenaars 18:00 -Gr. 1-3 Spellathon -Eksamen : Afr. Skryfwerk Gr. 4- -Mej. A. Pretorius verjaar Wo. 1 -Voortrekker spanbyeenkoms -Rugby vs. Ls. AG Visser (tuis) -RMS Krieket en Hokkie reëlings by hoof/personeel/ouers -Jnr. Eng. Redenaars 18:00 -CSV 2de Pouse -Netbal liga finales /10B -201 : NuweAansoeke vir alle grade sluit op GDE On-line Do. 2 - Vr. 3 -Bestuursvergadering 0:15 -Detensie : Mnr. Prinsloo Sa. 4 -Millenium Bondedag (Pretoria) -RMS Skaak (Olienpark) -Minah Mahlangu verjaar -Damestee by Summerplace Ma 6 -Gr. 1-3 Eng. Assessering van Dept. -8-24 Junie : Common Exams (GDE vraestelle) Gr. 4- -Tennis Proewe 14:15 @ Northmead Tennisbane Eie vervoer asb. Mnr. J. Pieters Hoof Hoërskool Hans Moore bied op 1 Junie 2016 hul jaarlikse Gholfdag aan. Indien u sou belangstel om n vierbal in te skryf kontak gerus vir Elise Henning, (011) 425 100/8 of epos haar by elise@hansmoore.co.za vir meer inligting. Damestee :
Vind Saterdag by Summerplace plaas. Ons sien baie uit daarna! Gasvrouens : Onthou asb. om uitstaande gelde voor of op Vrydag 3 Junie in te betaal by Mev. Pieters Skoolkombersies Skoolkombersies vir die winter is te koop by Mev. Yolandé Burr-Dixon se klas teen R0 n kombersie. Onthou dat SLEGS dié kombersies toegelaat word en GEEN bont-kombersies nie.