Koshuisbeleide en reëls 2014

Vergelijkbare documenten
HOERSKOOL DIAMANTVELD KOSHUISE

ONDERNEMING EN GEDRAGSKODE. Naam van leerder: Graad 2019:

Hierdie dokument is die beleid van Primêre Skool Universitas oor algemene dissipline en optrede teenoor leerders wat hulle skuldig maak aan wangedrag.

Hierdie beleid moet saam met die skool se veiligheidsbeleid gelees word.

DNK TRUST NASORG AANSOEKVORM 2017 n Aparte vorm moet vir elke kind voltooi word

KOSHUISREËLS. 1. As die eerste oggendklok lui moet alle ligte aangeskakel word en aan bly.

HOËRSKOOL OOS-MOOT OOS-MOOT RAAD GEDRAGSKODE

LAER VOLKSKOOL NASKOOLSENTRUM AANSOEKVORM EN KONTRAK

KOSHUISBELEID INHOUD

GOUDVELD - HOëRSKOOL VOERTUIG EN VERVOER BELEID I N H O U D S O P G A W E

GOUDVELD-HOËRSKOOL VOERTUIG EN VERVOER BELEID

Hoërskool Porterville. Sedert Huis van Riebeeck. Brosjure. HvR Huishoudelike reëlings 1

LAERSKOOL EVERSDAL SELFOONBELEID

DISSIPLINERE KODE VIR STUDENTE DIE JOU SAKGIDS VIR:

KROONSTAD HOëRSKOOL KOSHUIS

uniq Huiswerk Sentrum n Unieke Huiswerk Ervaring

LUTHER CROWTER KOSHUIS: KOSHUISREëLS

TYGERBERG SKOOLFONDS 2015

Gedragskode. 3.1 Studente en hul ouers/voogde moet deeglik op hoogte wees van alle reëls en die dissiplinêre stelsel wat op DGH van toepassing is.

Hoërskool Porterville. Sedert Huis van Riebeeck. Brosjure. HvR Huishoudelike reëlings 1

Huis van Riebeeck Brosjure

DURBANVILLE SKOOLKOSHUIS POSBUS 175 QUEENSTRAAT 8

HOËRSKOOL OOS-MOOT AANHANGSEL TOT GEDRAGSKODE

DISSIPLINêRE STELSEL LAERSKOOL TUINRAND

Inligtingsbrief aan Koshuisinwoners

Tjokkerjol Speelgroepie

DISSIPLINÊRE KODE EN VOORGESTELDE OPTREDE

OOS-RAND AKADEMIE NASKOOLSENTRUMVRYWARING

STUDIESENTRUMBELEID. Leerders word die geleentheid gebied om na skool buitemuurse aktiwiteite by te woon en huiswerk te doen tydens n studiesessie.

Die Gemeente met Oop Deure: Verhurings 2018

GOUDVELD-HOËRSKOOL GEDRAGSKODE OPVOEDERS

DIENSPERSONEELLEDE... 3 DAGPROSEDURE IN HUIS MCFARLANE... 4 REËLS/ REËLINGS VAN HUIS MCFARLANE...

BELEID TEN OPSIGTE DIE GEBRUIK VAN TABLETTE DEUR LEERDERS BY LAERSKOOL RANDHART

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE

KOSHUISHANDLEIDING 2019

Bladsy 1 van Die Nasorgsentrum behou die reg voor om toelating tot die sentrum te weier sonder om redes te voorsien vir sodanige besluit.

Morsjorsie Reëls. Die Doel van Skool Reëls

DIENSKONTRAK VIR HUISWERKER. 1. Persoonlike besonderhede van huiswerker (hierna genoem die werknemer )

DIENSKONTRAK MEMORANDUM VAN OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: hierin verteenwoordig deur behoorlik daartoe gemagtig (hierna die WERKGEWER genoem)

WELKOM BY HOëRSKOOL LINDEN 2019

KLIËNT INLIGTING KLIËNT. Voornaam: Identiteitsnommer / Geboortedatum: Posadres: Kode: Woonadres: Kode: PERSOON AANSPREEKLIK VIR REKENING.

1. SKOOLFONDS: R per leerder periaar

Hoërskool Swartland SWANGERSKAPBELEID ALDUS AANVAAR TE OP HIERDIE DAG VAN. Beheerliggaamvoorsitter. Skoolhoof

HUIS WALTERS KOSHUISBELEID Posbus 262 Telnr/Faks: Hofstraat 13 Hopefield 7355 ALGEMENE INLIGTING

BELEIDSDOKUMENT. Eksamens / Mini-eksamens Grey Kollege

SWANGERSKAPBELEID erken die verantwoordelikheid en invloed van die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel ten opsigte van leerderswangerskappe; en

GEDRAGSKODE VIR LEDE VAN BEHEERLIGGAME

ROBERTSON. AANSOEK OM TOELATING Vir graad 1-3 VOORBEREIDINGSKOOL - PREPARATORY SCHOOL

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN DIE PRE-PRIMÊRE SKOOL SENEKAL

GEDRAGSKODE VIR LEERLINGE VAN DIE HOËR LANDBOUSKOOL BOLAND Deel 1

MIDDAGSTUDIEPROGRAM & REëLS

BELEID OOR GESLOTEKRINGTELEVISIE. 1. Inleiding

Huis Eureka. Koshuisbeleid

AFWESIGHEDE TYDENS EKSAMEN U

BET-EL CHRISTELIKE AKADEMIE

NASKOOLSENTRUMBELEID

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II LEERUITKOMS 3 & 4 LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR

Dit is egter ook die tyd van die jaar wat ons alweer moet beplan en reëlings tref vir die nuwe akademiese jaar.

Pre-Graad R / Graad R

HTS Drostdy. Gedragskode vir koshuise

KONSEP BELEID T.O.V. DIE BEHEER EN KONTROLE VAN HANDBOEKE EN LEERHULPMIDDELS

LAERSKOOL EVERSDAL AANSOEK OM TOELATING VAN N LEERDER

AANSOEK VORM 1.KIND(ERS) Registrasie datum. Van Volle naam Noemnaam Geslag Geboorte datum Huis taal Voldag, Halfdag, Naskool?

HOËRSKOOL WATERKLOOF NASKOOLSENTRUM

Geagte graad 9-Ouer/Voog en leerder VAKKEUSES VIR VOO-FASE

OAKDALE HOËR LANDBOUSKOOL AANSOEK OM TOELATING SKOOL & KOSHUIS. Betree met trots die akkerlaning van samehorigheid, tradisie, karakter en dissipline

IMPAK leerders NASKOOLSENTRUM 2016 VOORWAARDES EN ReëLS (een kontrak per gesin)

Inligtingshandleiding

Kontrak MISSIE TOELATINGSVEREISTES

HOOFSTUK 8 Die Nasionale Raad

VRYWARINGSVORM VIR JEUGKAMP:

REGLEMENT VAN DIE ADMINISTRATIEWE PERSONEELVERENIGING

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2012

Dokumentnommer: HUUROOREENKOMS

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

DIENSKONTRAK vir TYDELIKE PERSONEEL. Universiteit Stellenbosch

BESONDERHEDE VAN KLEUTER JAAR TOEGELAAT: KLAS EN JUFFROU (KANTOORGEBRUIK) VOLLE NAAM / NAME: NOEMNAAM: SEUN / DOGTER: HUISTAAL: GEBOORTEDATUM:

KONSTITUSIE. Van die. Hoedspruit Plaaswag. ( die Plaaswag )

Dokumentnommer: HUUROOREENKOMS

Willem's Rus: Voorwaardes van Verblyf

HOËRSKOOL RUSTENBURG

DISSIPLINÊRE PROSEDURE

Ons Prospektus 1. WELKOM

DISSIPLINêRE KODE VAN DARLING KOLLEGE

GOUDVELD-HOËRSKOOL VERKIESINGSBELEID VIR DIE VERKIESING VAN DIE VERTEENWOORDIGENDE RAAD VAN LEERDERS EN MATRIEKRAAD AANVAAR:

Staatskoerant Vol Desember 2002 GOEWERMENTSKENNISGEWING DEPARTEMENT VAN ONDERWYS. Nr 1589, 13 Desember 2002

LAERSKOOL DE TYGER GRONDWET. 1. WOORDOMSKRYWING beheerliggaam : Die beheerliggaam van die Laerskool De Tyger soos in artikel 16(1) van die Wet bedoel.

INHOUDSOPGAWE. Gedragskodes vir leerders 2

DISSIPLINêRE BELEID 1. INLEIDING:

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN LAERSKOOL RUSTENBURG

BOEREMARK & BRAAIFEES STALLETJIE AANSOEK

1. LEERLINGBESONDERHEDE 2. ALGEMENE INLIGTING

HUISWERKRIGLYNE - INTERSENFASE: GR

AANSOEK OM TOELATING TOT DIE ATKV-Postmatriekjaar

RESPECT 4 U. L e s 1. Jou vermoëns en sommige van jou verwagtinge en drome indentifiseer

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

Laerskool Bakenkop. Underbergstraat 5, Wierdapark, Centurion. Posbus 51928, Wierdapark, Tel nr faks

P A U L R O O S Gymnasium / Gimnasium

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

Yinlanstraat 4 Crèche phone: Vredekloofhoogte Patricia Cell: Brackenfell Adie Cell: INSKRYWINGSVORM

Transcriptie:

Koshuisbeleid en reëls A. Koshuisbeleid. Inleiding Die beleid is opgestel ooreenkomstig die toepaslike bepalings van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, Wet 108 van 1996; die Suid-Afrikaanse Skolewet, Wet 84 van 1996 ( die Skolewet ); die Norme en Standaarde vair Skoolfinansiering, en toepaslike provinsiale wetgewing. Algemeen Daar word van alle inwoners verwag om die koshuisbeleid en reëls te ken en na te volg. n Afskrif daarvan sal op die koshuis se kennisgewingbord vertoon word. Elke skoolgaande koshuisinwoner is, buiten hierdie koshuisbeleid en reëls, ook gebonde aan die skool se gedragskode vir leerders. Toelating Toelating tot die skool impliseer nie automaties toelating tot die koshuis nie. Daar bestaan geen grondwetlike reg op koshuisinwoning nie. Uitsluitlik die beheerliggaam reguleer en beheer toelating tot koshuise. Aansoek om toelating tot die koshuis moet saam met aansoek om toelating tot die skool geskied, tensy die beheerliggaam ander besluit. Die beheerliggaam behou hom die reg van koshuistoegang voor. Losiesgeld n Deposito is betaalbaar sodra die beheerliggaam die leerder se aansoek om toelating tot die koshuis goedgekeur en bevestig het. Die deposito is terugbetaalbaar aan die einde van die leerder se verblyf, na alle nodige en redelike aftrekkings vir enige skade wat die leerder kon veroorsaak het. Elke koshuisouer is verantwoordelik vir die volle bedrag losiesgeld. Losiesgeld is maandeliks vooruitbetaalbaar, of soos skriftelik met die beheerliggaam ooreengekom. Leerders mag in die koshuis aanbly slegs indien hulle koshuisgeld op datum betaal is. 1

Koshuisinwoners moet n kwartaal kennis gee indien hulle die koshuis aan die einde van n skooljaar gaan verlaat. Matrikulante word geag die koshuis aan die einde van hul matriekjaar te verlaat. Matrikulante wat hul matriekjaar wil of moet herhaal, moet heraansoek doen om toelating tot die koshuis. Alle betalings wat ter vereffing van koshuis- of verblyfgeld ontvang word, sal eerstens aangewend word vir die betaling van enige verskuldige skoolgeld en/of losiesgeld, ongeag enige keuse wat die betrokke betaler ten aansien van toewysing van betalings uitoefen. 2

B. Koshuisreëls Gedragskode en dissipline Koshuisgangers onderneem om: Die welvaart, eer en goeie naam van die koshuis deur gedrag en voorbeeld te bevorder en hoog te hou. Hul skoolverpligtinge ter wille van hulself, hul ouers en die inrigting getrou na te kom. Goeie maniere en verfynde hoflikheid teenoor personeellede, dames, besoekers, medeskoliere en algemene werkers te openbaar. Daar word gepoog om n gelukkige, huislike atmosfeer in die koshuis te skep en dit kan alleen gedoen word as elke kosganger hierdie gedragskode stiptelik nakom. Voordeurdiens Die Graad 8 en Graad 9 leerders sal om die beurt voordiens doen. Voordeurdiens word in werking gestel vir die kontrollering van persone wat die koshuis betree. Tye van voordeurdiens sal aan die betrokke leerders deurgegee word. Besoekers Alle besoekers moet by die leerder op voordeurdiens of personeellid aan diens aanmeld. Die betrokke inwoner sal geroep word om die besoeker by die voorgeskrewe besoekersarea te ontvang. Besoekers is onderworpe aan die koshuisreëls, en moet dit respekteer. Inwoners sal aanspreeklik gehou word vir die optrede van hulle besoekers. Besoekers mag nie enige koshuiskamer sonder die toestemming van die personeellid aan diens of koshuisvader binnegaan nie. Geen besoeke word toegelaat tydens studietye, maaltye of stiltetye nie, behalwe as dit gereël is met die koshuisvader of die persoon aan diens. Reg van toegang by die koshuis is voorbehou. Dit beteken dat die koshuisvader of die persoon aan diens enige besoeker kan versoek, selfs die ouer of die voog, om die koshuis perseel te verlaat, indien nodig. 3

Mediese gevalle Wanneer n leerder in skooltyd siek word, moet skriftelike toestemming van die skoolhoof of koshuishoof verkry word om die matrone te besoek. Geen siek leerder mag sonder die nodige toestemming in die kamer bly/gaan lê nie. Ouers kan met die koshuishoof skakel wat die siekte en behandeling van hulle kinders betref. Leerders wat siek is moet rapporteer aan die persoon aan diens, die Koshuisvader of die Matrone sal dan die leerder se toestand ondersoek. Die skool sal in kennis gestel word dat die betrokke leerder nie by die skool sal wees nie. Koshuisgangers is verantwoordelik vir hul eie mediese afsprake by dokters ens. Ouers word ook aangemoedig om n rekening te skep by n nabye apteek indien mediese voorskrifte vir kosgangers genodig word. Die Koshuisvader moet ten alle tye in kennis gestel word indien doktersafsprake nagekom word. Indien n kosganger sodanig siek is dat hy/sy dringende mediese aandag verg, kan die Koshuisvader n mediese beampte of ambulans ontbied vir die ouer se rekening. Die ouer/voog sal so spoedig moontlik in kennis gestel word. Mediese inligting moet volledig aangedui word en ingelewer word by die Koshuisvader. Die Koshuisvader moet skriftelik inkennis gestel word van enige chroniese medisyne wat n leerder moet gebruik. Alle allergië moet aan die Koshuisvader deurgegee word. Geen medikasie mag deur die Koshuisvader, Matrone of persoon aan diens aan enige leerder gegee word nie. Uitteken en Dorpstye Die uittekenbeleid is bedoel om die leerders en die skool en koshuis te beskerm. Naweke: o Uitnaweke: gedurende n uitnaweek moet alle leerders die koshuis verlaat en is dit nie nodig om die Koshuisvader in kennis te stel nie. Indien die leerder egter nie na sy/haar ouerhuis gaan nie, moet die ouer die Koshuisvader skriftelik in kennis stel van waar die leerder die naweek sal bly. 4

o Opsionele naweke: hierdie naweke begin na sportaktiwiteite op Saterdae, of net na skool op Vrydae indien geen sportaktiwiteite plaasvind nie. Ouers moet die koshuishoof, nie later as die voorafgaande Woensdag nie, in kennis stel indien hulle hul kinders vir die naweek sal kom haal. Sodanige kennisgewing kan skriftelik of telefonies geskied. Naweke gedurende eksamens is in-naweke vir inwoners. Inwoners mag dus nie gedurende hierdie naweke huis toe gaan nie. Ekstra studietye word gedurende hierdie naweke gereël om Leerders vir die eksamen te help voorberei. Vakansies: Dieselfde prosedures wat op uitnaweke van toepassing is, geld vir in- en uitteken gedurende vakansies. Inteken: Leerders, saam met hul ouer(s) of die persoon wat gedurende die naweek of vakansie vir die inwoners verantwoordelik was, meld met die inwoners se terugkeer na die koshuis by die personeellid aan diens aan. Leerders mag nie die koshuisgronde sonder toestemming verlaat tensy dit binne die toegelate dorpstye val. Geen leerder word toegelaat om dorp toe te gaan na aandete nie. Dogters moet nooit alleen buite die koshuisgronde beweeg nie. Dorpstye is n voorreg wat te enige tyd opgeskort kan word deur die Koshuisvader of persoon aan diens. Geen leerder het die reg om aanspraak te maak op dorpstyd nie. Geen leerder word toegelaat om gedurende die week by n vriend(in) uit te slaap nie. Gedurende algemene verlof, in die week, om winkels toe te gaan, moet leerders volle skooldrag dra. Uittekentye om die naweek huis toe te gaan is soos volg: o 15:00 17:00 o 13:30 17:00 (Eksamentye) Dorpstye en dae is as volg: o Dinsdae en Donderdae: 15:30 17:30 o Saterdae: 10:00 12:00 en 15:00 17:00 o Sondae: 10:00 12:00 en 16:00 17:00 5

Studietye Die volgende reëls geld gedurende studietye: o Studietye moet streng gehoorsaam word. o Tydens studie moet stilte heers en n algemene respek vir leerders wat wil werk. o Leerders mag nie rondloop of hulle lessenaars verlaat nie. o Die meubels mag nie geskuif word nie. o Leerders mag slegs met die toestemming van die toesighouer die lokaal verlaat. o Telefoonoproepe mag slegs in noodgevalle gemaak en ontvang word. o Alle studie op die dag moet bygewoon word, tensy anders vooraf met die persoon aan diens of die Koshuisvader ooreengekom is. o Geen elektroniese toerusting, of eet- en drinkery word tydens studie toegelaat nie. Indien elektroniese toerusting gebruik word, selfone ingesluit, sal dit gekonfiskeer word en aan die Koshuisvader oorhandig word. o Matrieks mag in hul sitkamers studeer of in die sitkamers (afhangende van die Koshuisvader). Die kamerdeure moet oop wees en hy/sy moet werk by n lessenaar. Indien hul misbruik maak van hierdie voorreg sal so n persoon vir die res van die betrokke kwartaal in die studiesaal saam met die res van die koshuisgangers studeer. o Leerders wat saans na amptelike studietyd wil studeer moet toestemming verkry van die persoon aan diens. Laatstudie mag slegs in die studiesaal plaasvind en mag nooit later as 23:00 duur nie. o Die studiesaal moet na afloop van studietyd netjies agtergelaat word en elke kosganger moet seker maak dat dit skoon is waar hy/sy gewerk het. Alle tafels en stoele moet ook netjies op hul plekke terug gepak word. o Leerders sal volgens n sitplekplan gedurende studietye sit. 6

Studietye is soos volg: Gedurende kwartaal voor eksamen (in die week): Aandstudie 1: 19:00 20:00 Aandstudie 2: 20:20 21:20 Gedurende kwartaal, eksamentyd (in die week): Middagstudie: 16:30 17:30 Aandstudie 1: 19:00 20:00 Aandstudie 2: 20:20 21:20 Sondae of die dag voor die skoolweek (vakansiedag) Aandstudie: 20:10-21:10 Studietye tydens die eksamen (Saterdag en Sondag): Saterdag Sondag Oggendstudie: 10:00 11:00 Oggendstudie: 11:00 12:00 Middagstudie: 14:00 15:00 Aandstudie 1: 18:30 19:30 Aandstudie: 18:30-19:30 Aandstudie 2: 20:10-21:10 Etenstye is soos volg: Maaltye Weeksdae Naweke en publieke vakansiedae Ontbyt: 06:45 07:10 Ontbyt: 08:30 08:55 Middagete: 14:45 15:10 Middagete: 12:30-12:55 Aandete: 18:00 18:25 Aandete: 17:30-17:55 Die koshuisleiers en personeellid aan diens is verantwoordelik vir dissipline in die eetsaal. Geen geraas of onvanpaste gedrag sal in die eetsaal toegelaat word nie. Leerders moet die eetsaal stil en ordentlik binnegaan. Geen inwoner mag om enige rede van n ete ontneem word nie. 7

Geen inwoner mag gedwing word om enigeiets teen sy/haar sin te eet of te drink nie. Inwoners moet na elke ete die tafels afdek. Die borde en messegoed moet in die bestemde houers gepak word. Geen kos, borde, messegoed, glase of enige ander kombuisware mag uit die eetsaal verwyder word nie. Indien n leerder nie n ete kan bywoon nie of gaan laat kom vir n ete, moet hy/sy die personeellid aan diens vroegtydig inlig. Indien n leerder n ete wil laat uithou as gevolg van skoolverpligtinge, moet dit op die daaglikse uithou bord in die kombuis aangedui word. Alle leerders moet by maaltye teenwoordig wees. Leerders wat naweke gaan inbly, moet hul name Donderdag-oggend op die naweek se etelyste aanbring. Leerders wie se name op die naweek-etelyste verskyn, moet teenwoordig wees soos aangedui tensy anders gereël. Leerders moet ten alle tye skaflik geklee wees by etes. Kaalvoete en slaapklere is verbode. Gedurende die week moet alle leerders tydens ontbyt in volle skooldrag geklee wees. Selfoon en ander elektroniese apparaat Selfone of enige ander elektroniese apparaat word op eie risiko in die koshuis ingebring. Geen oproepe mag gedurende etenstye, studietye en ligte-uit ontvang of gemaak word nie. Alle selfone moet met ligte-uit afgeskakel word. n Leerder se selfoon mag van hom/haar weggeneem word indien hy/sy nie die reëls gehoorsaam nie. Sien Bylaag Beleid t.o.v. selfone & ander elektroniese apparaat Wasgoed Elke leerder se klere moet duidelik gemerk wees. Elke leerder is persoonlik daarvoor verantwoordelik om sy/haar wasgoed waskamer toe te vat en weer af te haal. Wasgoed wat vir langer as 24 uur in die waskamer gelaat word, sal verwyder word. 8

Geen leerder mag n ander leerder se wasgoed sonder die nodige toestemming afhaal nie. Leerders moet toesien dat hulle beddegoed op n gereelde basis gewas word. Breekskade Breekskade moet onmiddelik by die betrokke personeellid of koshuisleier aangemeld word. Die koshuiseiendom (geboue, terrein, ens) moet ten alle tye gerespekteer en opgeas word. Geen vandalisme van enige aard sal geduld word nie, en opsetlike skade van enige aard word in n ernstige lig beskou en kan selfs tot permanente skorsing lei by skuldigbevinding. Einge skade, deur n kosganger aangerig, se herstelkoste sal direk van die betrokke leerder se ouers/voogde verhaal word. Leerders word geldelik aanspreeklik gehou vir die bed, matras, matrasoortreksel, kas en ander meubelment asook die kamer wat aan hom/haar toegesê is. Dit geld ook vir ruite of enige ander toerusting wat gebreek mag word. Ligte-uit, opstaantyd en stiltetyd Ligte-uit is om 22:00, en sal deur n klok aangedui word. Geen leerder mag binne 30 minute na ligte-uit sy/haar bed verlaat nie. Stilte moet na die lui van die ligte-uit-klok gehandhaaf word. Alle radio s en selfone moet afgesit word. Opstaantyd is om 06:00 wat ook deur n klok aangedui sal word, wanneer inwoners onmiddelik moet opstaan. Leerders mag slegs met die toestemming van die koshuisvader of personeellid aan diens voor die lui van die oggendklok opstaan. Leerders kan by die koshuisvader toestemming vra vir ekstra studietyd soggens en/of saans. Die koshuisvader kan toestemming weier indien hy/sy reken dat die betrokke inwoner nie die gewone studietyd ten volle benut het nie. By ligte-uit mag geen kamerdeur gesluit word nie. Tydens stiltetye moet die kamerdeure oop wees en leerders moet stil wees. 9

Koshuisleiers Die koshuis kies sy eie koshuisleiers. Vir hierdie doeleinde moet die inwoners jaarliks aan n demokratiese verkiesing deelneem. Koshuisleiers is verantwoordelik vir algemene koshuisdissipline, en moet die koshuisvader en ander personeel met die handhawing van dissipline bystaan. Koshuisleiers moet ten alle tye n voorbeeld wees vir die res van die koshuisleerders, nie net by die koshuis nie maar by die skool ook en in alle aspekte van hulle lewe. Persoonlike besittings/eiendom Die koshuispersoneel of die beheerliggaam aanvaar geen verantwoordelikheid vir die verlies of skade van persoonlike besittings of eiendom nie. Sakgeld kan by die koshuisvader ingehandig word en op vaste tye getrek word. Elke leerder is verantwoordelik daarvoor om sy/haar kas gesluit te hou. Elke leerder moet dus sy/haar eie slot voorsien en kan n ekstra skeutel by die kantoor inhandig om in die kluis te bewaar. Alle elektroniese instrumente insluitende skootrekenaars, radios, selfone (sien selfoonbeleid), oorfone, MP3-spelers, I Pods, ens. word toegelaat maar word beskou as n voorreg en kan op enige stadium konfiskeer word indien dit n steurnis is. Gekonfiskeerde items sal in veilige bewaring aangehou word. Kamers Privaatheid binne kamers is belangrik en geen persoon mag onregmatig in n ander se kamer wees nie. Geen seuns word in die dogterskamers toegelaat nie en geen dogters in die seunskamers. Hierdie is baie belangrik en oortreding van hierdie reël kan lei tot skorsing indien skuldig bevind word. Ketels of enige element toerusting (insluitende verwarmers), vuurhoudjies, aanstekers en kerse is ten strengste verbode. Bogenoemde hou ten alle tye n brandgevaar in en kan lei tot skade en lewensverlies. Dit word ten strengste verbied a.g.v. versekeringsdoeleindes. Alle tasse (koffers/sake) moet na n naweek of vakansie leeggemaak en uitgepak word. Hierdie item moet netjies bo-op die kas geplaas word. Tasse (koffers/sake) mag onder geen omstandighede onder die bed gehou word nie. 10

Geen slaapsakke word toegelaat nie. Leerders moet ten alle tye hul kamers netjies hou. Daar mag geen klere, skoene, eetgerei of beddegoed ens. in die kamer op die kaste, lessenaars, tafels, vensterbanke of op die vloere rondlê nie. Sodanige artikels sal geskut word en teen n bedrag van R5.00 per artikel tesame met n kwitansie aan die eienaar terugbesorg word. Daardie fondse sal in die koshuisrekening inbetaal word tot voordeel van die koshuis. Leerders moet soggens en saans voor inspeksie hul vullisdrommetjie leegmaak. Slegs een persoon per bed word toegelaat. Geen twee persone mag n bed deel nie. Saans moet alle gordyne toegetrek wees. Geen gesprekke word deur vensters toegelaat nie. Geen presstick (wondergom), kleeflint, spykers, drukspykers of enige ander kleefmiddels op op die mure, deure (sien laasgenoemde) of meubels gebruik word nie. Geen prente mag teen die mure geplak word nie. Sodanige prente ens. sal summier verwyder word. Enige skade sal van die ouer / voog van die betrokke leerder verhaal word. Wondergom kan gebruik word om prente teen die kasdeure te plak. Geen leerder mag saam bad of stort nie. Badkamers Die badkamer moet altyd netjies, skoon en higiënies gelos word. Rommelstrooi is verbode. Leerders mag slegs stort of bad in die toegelaate storttye. Tye is as volg: Maandag tot Vrydag: Oggend: 06:00 06:30 Saans: 18:25 18:50 en 21:20 21:30 (slegs leerders wat laat teruggekom het van n skool aktiwiteit) Saterdag en Sondag (Publieke vakansiedae): Oggend: 08:00 08:25 Aand: 18:30 19:00 11

Naweke Daar is elke kwartaal twee uitnaweke. n Langnaweek is vanselfsprekend n uitnaweek, tensy voor of tydens n eksamen. Leerders sal vroegtydig verwittig word van n uitnaweek sadat hulle reëlings kan tref. Leerders teken Donderdae in of uit vir hul etes van die naweek. As n leerder vir die naweek ingeteken het moet die leerder vir die hele naweek in die koshuis bly. Die leerders wat aan sport deelneem oor die naweek moet hul kospakkies reël vir die betrokke etes wat hulle nie by die koshuis gaan wees nie. Kosgangers wat van vêr kom en nie elke naweek kan huis toe gaan nie se ouers moet die Koshuisvader kontak indien hul kinders uitgaan na maats of selfs daar oorbly. Geen leerder mag die gronde verlaat as bogenoemde reëlings nie getref is nie. Naweektyd word beskou as 17:30 op n Vrydag tot 20:00 op n Sondag. Leerders wat uit was oor n naweek mag nie later as 20:00 terugkeer op n Sondag of die dag voor die skool begin (in die geval van n lang naweek) of na n vakansie nie. Sondae, of die dag voor dit weer skool is sal daar rollcall gehou word en die studie volg direk daarna. Geen leerder wat uitgeteken het vir die naweek word gedurende die naweek op die koshuisgronde toegelaat nie. Ouers/voogde moet persoonlik hul kinders by die diens personeel uitteken wanneer hulle hom/haar uit die koshuis neem. n Ander persoon mag slegs die kosganger neem indien die ouer skriftelik toestemming gee soos reeds aangedui. Betrokke partye moet dan ook persoonlik die kosganger uitteken. Leerders sal geleetheid gegee word om saam met die persoon aan diens of die koshuisvader na Durbanville Moedergemeente (NG Kerk) te gaan. Die oggend diens se tye is 09:00 10:00. Die persoon aan diens of die koshuisvader sal by die koshuis wees as daar dalk leerders is wat nie kerk toe mag of wil gaan nie. Sondae sal daar stilte heers in die Koshuis gedurende die volgende tye, 13:00 16:00. Alle leerders moet dan rustig in hulle kamers wees. 12

Ander Alle vorme van pornografie is streng verbode. Leerders mag nie in die gange hardloop, skree, fluit of onnodige geraas maak nie. Radio s is toelaatbaar slegs indien dit sag gespeel word. Indien n Leerder om welke rede ook al nie betyds vir n bepaalde aktiwiteit sal opdaag nie, moet die koshuishoof vroegtydig ingelig word. Leerders moet sorg dat hulle koshuiskamers altyd netjies en skoon gehou word. Leerders moet hulle van enige optrede weerhou wat die skool en/of koshuis se beeld sal skaad. Enige optrede wat die administrasie, dissipline, of doeltreffendheid van die koshuis onbilik benadeel, sal as n oortreding van hierdie gedragskode beskou word. Skuldigbevinding deur n hof aan n strafregtelike oortreding sal as n oortreding van hierdie gedragskode beskou word. Oortredings wat tot skorsing en/of uitsetting kan lei, sluit in, maar is nie beperk nie tot: o Optrede wat ander se veiligheid bedreig en ander se regte skend; o Die dreiging met, of besit van, gevaarlike wapens; o Die besit, gebruik, verhandeling of sigbare bewys van narkotiese of ongemagtige dwelms, alcohol en bedwelmende middels van enige aard; o Bakleiery, aanranding of mishandeling; o Onsedelike gedrag of n gevloek; o Die aanneem of voorhou van n vals identiteit; o Enige vorm van haatspraak; seksisme, rassisme of ander antisosiale gedrag; o Diefstal of die besit van gesteelde goedere; o Onregmatige optrede teenoor en/of vandalisme, vernietiging of beskadiging van koshuiseiendom, wat die aanbring van graffiti sou insluit; o Oneerbiedigheid, aanstootlike gedrag en verbale mishandeling gerig teen opvoeders of ander skool- en koshuispersoneel of leerders en ander inwoners; o Herhaalde oortredings van koshuisreëls of hierdie gedragskode; o Strafregtelike en onderdrukkende gedrag, soos verkragting en geslagsgebaseerde teistering; o Viktimasasie, afknouery en intimidasie van ander leeders; en o Opsetlike en bewuste verstrekking van vals inligting, of die vervalsing van dokumentasie, ten einde onbehoorlike voordeel te bekom. Leerders moet alle tye in die koshuis (volgens tydrooster) streng eerbiedig (sien Bylaag). 13

Geen leerder mag gedurende skoolure in die koshuis wees nie, en almal moet die koshuis verlaat teen 07:30 in die oggend. Skaatsplankry, rollerblades, fietsry, luidrugtigheid, skreeu, en onnodige hard praat/sing/fluit/gil, ens. word binne en rondom die gebou verbied. Spele en gehardloop word beperk tot areas soos deur die koshuisvader aangedui. Klagtes van enige aard rakende koshuisaangeleenthede moet aan die koshuisvader deurgegee word. Geen ontgroening van enige aard sal geduld word nie en kan tot skorsing lei. Leerders mag nie n steurnis vir ander in die koshuis of aangrensende bure wees nie. Leerders sal te alle tye die personeel en volwasse besoekers en studente respekteer. Geen rugbystewels of spykerskoene mag binne die gebou gedra word nie. Indien dit gebeur sal die betrokke skoene gekonfiskeer word. In belang van die koshuis mag daar ten enige tyd n leerder se kamer, kaste en persoonlike items deursoek word. Daar sal elke oggend en aand netheids-inspeksie gedoen word. Dieselfde reëls wat geld by die skool i.v.m. die voorkoms van die leerder sal geld by die koshuis. Geen gespelery word in die seuns en die meisies se vierkante toegelaat nie. Geen persoon mag sonder toestemming enige produkte verkoop op die koshuisgronde nie. Geen leerder mag onder geen omstandighede saam met n ander persoon in n motor klim tensy die leerder se ouer/voog die koshuisvader gekontak het nie. Hierdie beleid kan van tyd tot tyd deur die beheerliggaam gewysig, aangevul, verander of aangepas word en is ook van toepassing op sosiale media. 14

C. Koshuis- dissiplinêre beleid Sien Gedragskode vir leerders Dissiplinêre optrede Sien skoolreëls. Die volgende kan ook aangewend word. n Mondelinge of skriftelike waarskuwing. Skoolwerk onder toesig, wat tot die leerder se vordering by die skool sal bydra en die skoolomgewing sal verbeter, met dien verstande dat die ouers betyds ingelig en die veiligheid van die kind verseker word. Die uitvoer van pligte deur die oortreder ten gunste van die person/instansie wat deur die oortreding benadeel is. Opskorting van deelname aan skool- en/of koshuisaktiwiteite, soos sport en kultuur (wat sosiale geleenthede uitsluit) In geval van die oortreding van enige van bogenoemde bepalings, moet sodanige oortreding na die koshuisvader verwys word, wat by magte is om die volgende strafmaatreëls toe te pas: Enige van die strafmaatreëls hier bo genoem, waartoe die volgende bygevoeg kan word: Uitsluiting van deelname aan sosiale geleenthede van die skool en of koshuis, Ooreengekome, bekostigbare vergoeding, Die herstel of vervanging van beskadigde eiendom, Gemeenskapdiens vir tot ses uur. Ernstige oortredings In geval van n ernstige oortreding (sien skoolreëls) moet sodanige oortreding na die beheerliggaam se koshuiskomitee verwys word, wat by magte is om die volgende strafmaatreëls toe te pas: Enige van die strafmaatreëls hier bo, waartoe die volgende bygevoeg kan word: In geval van die oortreding van die gedragskode deur koshuisleiers: Saam met of as alternatief vir bogenoemde, skorsing van pligte vir n tydperk van tot ses weke, of afdanking en permanente verwydering uit die leiersamp in die koshuis. Na afloop van n verhoor waarin enige inwoner skuldig bevind is aan die oortreding van die bepalings van die gedragskode, kan die beheerliggaam sodanige leerder enige van die voormelde strawwe oplê, of die leerder skors, of aanbeveel dat die leerder uit die koshuis uitgesit word. Indien daar op slegs skorsing as n straf besluit word, kan die beheerliggaam die tydperk van skorsing bepaal. 15

PROSEDURE VIR DISSIPLINêRE OORTREDINGS IN DIE KOSHUIS Oortredings word geklassifiseer in kategoriëe 1, 2 en 3 na gelang van die erns van die oortreding. Aan elke oortreding word n sekere aantal strafpunte gekoppel. Sodra n leerder se strafpunte, in n kategorie, opgeloop het tot 8 punte, word hy/sy op gemeenskapdiens of detensie geplaas, wat dan die 8 strafpunte kanselleer. Die oortredings bly egter op die leerder se rekord. Wanneer n leerder vir die derde keer in n kwartaal detensie of gemeenskapdiens moet doen, vir n herhaalde oortreding, word die betrokke leerder se ouers/voogde gekontak. Indien n leerder 32 strafpunte verwerf, kan hy/sy saam met sy ouers/voogde voor die koshuis tugkomitee verskyn, wat dan op dissiplinëre optrede besluit. Indien n leerder 16 strafpunte in een week opgebou het, word hy/sy ouers/voogde gekontak. Leerders wat kategorie 3 oortredings began het, verskyn automaties voor die tugkomitee. Aan die einde van elke skoolkwartaal word die strafpunte van alle leerlinge wat minder as 8 punte, per kategorie punte het, afgeskryf. Leerders wat detensie bank se ouers sal ook geskakel word en sy/haar detensie sal dan twee detensies word. n Volgende oortreding van hierdie aard sal daartoe aanleiding gee dat n tugverhoor gehou sal word. Die oortreder kan geskors/uitgesit word. Gemeenskapdiens of detensie, stil sit vir 3 tot 4 uur en niks doen, sal gebruik word om die leerders te straf. Gemeenskapdiens sal die volgende insluit; bossies uittrek, verfwerk, teerblad of stoepe vee, ens. Gemeenskapdiens sal enige werk insluit wat tot voordeel sal wees vir die koshuis se voorkoms en beeld. Hierdie detensies sal plaasvind op n Vrydag-middag van 15:30-17:30. 16

Tipe Oortredings KODE BESKRYWING PUNTE Studie oortredings A01 Laat vir studie sonder verskoning 2 A02 Selfoon of elektroniese apparaat gedurende studie 4 A03 Loop rond gedurende studie sonder toestemming 2 A04 Eet of drink gedurende studie 2 A05 Ontwrigting van studie 4 A06 Daag nie op vir studie nie 4 Dorp en naweek oortredings A07 Nie reg uit- of/en ingeteken nie 3 A08 Laat ingekom vanaf naweek of dorpverlof 3 A09 Sonder skoolklere in die week op dorpverlof gegaan 3 Ete oortredings A10 Laat vir ete sonder verskoning 2 A11 Daag nie op vir ete nie 4 A12 Ontwrigting van ete 4 A13 Kleredrag nie na wense 2 A14 Nie reg ingeteken vir ete nie 2 A15 Nie reg uitgeteken vir ete nie 2 Gedrags oortredings A16 Kras taal 4 A17 Swak gedrag: minder ernstige graad 2 A18 Swak gedrag: herhalend 2 A19 Terug praat nadat aangespreek word deur personeellid 4 A20 Ongehoorsaamheid 4 Algemene oortredings A21 Rommelstrooi 2 A22 Daag nie op vir afspraak nie 2 A23 In besit van sigarette 4 A24 Staan in rokerskring 4 A25 Slordige kamer 2 A26 Stort of bad buite toegelaate storttye 2 A27 Betreding van verbode area 2 A28 Fisiese kontak (Druk of soen of in mekaar se skote lê) 2 A29 Verloor van gedrag- of akademiese drakaart 4 A30 Gebruik van verbode middels op prente teen mure of kaste te plak. 2 17

KATEGORIE 2 B01 Stokkiesdraai: dorp toe sonder toestemming 8 B02 Ontwrig in studie/eet saal: ernstig graad 8 B03 Ernstige graad van onwelvoeglike taal 8 B04 Ernstige graad van arrogante gedrag 8 B05 Swak gedrag: gee ernstig aanstoot 8 B06 Herhaalde uittarting van gesag 8 B07 Ernstige graad van vloek 8 B08 Oneerlikheid: blatant leuens 8 B09 Baklei: minder ernstig 8 B10 Ontduiking van detensie 8 B11 Vandalisme: minder ernstig (banke, plakkate, ens) 8 B12 Afreking van n person se selfbeeld 8 B13 Rook 8 KATEGORIE 3 C01 C02 C03 C04 C05 C06 C07 C08 C09 C10 C11 C12 Diefstal Baklei: ernstig Saakbeskadiging: uiters ernstig Drankgebruik / onder invloed / in besit van op koshuisgrond Dwelmgebruik / onder invloed / in besit van op koshuisgrond Aanranding Onsedelike aanranding Afdreiging / Intimidasie: ernstige graad Herhaaldelike viktimidasie: ernstige graad Seksuele wangedrag Besit van onwelvoeglike materiaal Verbale agressie en ernstige grad teenoor persone Gevaarlike wapens Kategorie 3: Strafpunte 16 25 of verhoor deur SBL afhangende van die situasie 18

BYLAAG Die belangrikheid van die selfoon as kommunikasiemiddel word deur die skool en koshuis erken. Saam met die besit van n selfoon of elektroniese apparaat )oorfone, MP3 spelers, I Pods, ens) is daar ook n gepaardgaande verantwoordelikheid. Die volgende reëls geld: Selfone word op eie risiko in die koshuis ingebring. Die eienaar is verantwoordlik vir die veiligheid van die selfoon of elektroniese apparaat. Geen oproepe mag gedurende etenstye of studietye ontvang of gemaak word nie. Die selfoon en elektroniese apparaat moet gedurende genoemde tye ook buite sig wees. Die apparaat kan dus enige tyd gebruik word behalwe die bogenoemde tye. Indien daar die moontlikheid is van n dringende boodskap, kan die Koshuisvader geskakel word wat dan die boodskap sal oordra aan die betrokke leerder. Alle selfone moet met ligte-uit afgeskakel word. n Leerder se selfoon mag van hom/haar weggeneem word indien hy/sy nie die reëls gehoorsaam nie. In so n geval sal die inwoner erken dat hy/sy kennis dra van die bepalings van die koshuisreëls en die strafsanksie dat sy/haar foon afgeneem mag word. Leerders mag die simkaart uithaal en/of die foon afskakel. Plaas die selfoon in n koevert met die leerder se naam en van voorop geskryf. Die personeel aan diens gee die selfoon of elektroniese apparaat in die Koshuisvader se hand. Die leerder kan sy/haar selfoon of elektroniese apparaat teen R20.00 gaan terugkoop by die Koshuisvader. Sodanige fondse sal in die koshuisrekening inbetaal word tot voordeel van die koshuis. n Kwitansie sal ook uitgeskryf word by die betaling van die selfoon of elektroniese apparaat. Terugkooptye: die volgende oggend wat die selfoon afgeneem is. 19

KOSHUISTYE (WEEKSDAG) MAANDAG TOT VRYDAG OPSTAAN: 06:00 STORTTYD: 06:00 06:25 KAMER INSPEKSIE: 06:30 ONTBYT: 06:45 07:10 SKOOL TOE: 07:30 MIDDAGETE: 14:45 15:10 DORPVERLOF (DINSDAG EN DONDERDAG): 15:30 17:30 MIDDAGSTUDIE (GEDURENDE EKSAMENS): 16:30 17:30 AANDETE: 18:00 18:25 STORTTYD: 18:25 18:50 AANDSTUDIE 1: 19:00 20:00 AANDSTUDIE 2: 20:20 21:20 STORTTYD (NA SKOOL AKTIWITEIT): 21:20 21:35 KAMERINSPEKSIE: 21:40 STILTETYD: 21:50 LIGTEUIT: 22:00 ALLE TYE MOET STRENG GEHOORSAAM WORD!! 20

KOSHUISTYE (NAWEEK EN PUBLIEKEVAKANSIEDAE) SATERDAG, SONDAG VAKANSIEDAE OPSTAAN: 08:00 STORTTYD: 08:00 08:20 ONTBYT: 08:30 08:55 DORPVERLOF: 10:00 12:00 MIDDAGETE: 12:30 12:55 SONDAGMIDDAG STILTE: 13:00 16:00 DORPVERLOF (SATERDAG): 15:00 17:00 (SONDAG): 16:00 17:00 AANDETE: 17:30 17:55 STORTTYD: 18:30 19:00 ROLLCALL: 20:00 AANDSTUDIE: 20:10 21:10 KAMERINSPEKSIE: 21:30 STILTETYD: 21:50 LIGTEUIT: 22:00 ALLE TYE MOET STRENG GEHOORSAAM WORD!! 21

KOSHUISTYE (NAWEEK EN PUBLIEKEVAKANSIE) EKSAMENTYE SATERDAG, SONDAG EN VAKANSIEDAE OPSTAAN: 08:00 STORTTYD: 08:00 08:20 ONTBYT: 08:30 08:55 SATERDAG SONDAG DORPVERLOF: 09:00 09:50 DORPVERLOF: 09:00 09:50 OGGENDSTUDIE: 10:00 11:00 OGGENDSTUDIE: 11:00 12:00 MIDDAGETE: 12:30 12:55 MIDDAGETE: 12:30 12:55 MIDDAGSTUDIE: 14:00 15:00 MIDDAG STILTE: 13:00 16:00 DORPVERLOF: 15:00 17:00 DORPVERLOF: 16:00 17:00 AANDETE: 17:30 17:55 AANDETE: 17:30 17:55 AANDSTUDIE: 18:30 19:30 AANDSTUDIE: 18:30 19:30 STORTTYD: 19:30 20:00 AANDSTUDIE: 20:00 20:45 STORTTYD: 21:00 21:20 KAMERINSPEKSIE: 21:30 STILTETYD: 21:50 LIGTEUIT: 22:00 ALLE TYE MOET STRENG GEHOORSAAM WORD!! 22

VERKLARING LEERDER: Hiermee onderneem ek,..., om my te onderwerp aan die Gedragskode en Dissiplinêrestelsel van Durbanville SkoolKoshuis. OUER/VOOG: Ek,..., ouer/voog van,..., verstaan die bogenoemde Gedragskode en Dissiplinêrestelsel en onderneem om die Koshuis en die Hoërskool Durbanville in die toepassing van die Gedragskode en Dissiplinêrestelsel te ondersteun....... Handtekening Ouer/Voog Handtekening Leerder...... Datum Datum 23