KEURINGSPROSEDURES VIR GRAFIESE ONTWERP 2009



Vergelijkbare documenten
BASIESE KONSEPTE-PROGRAM PROGRAM. n Toets ontwikkel deur dr. Louis Benjamin, Naam van leerder: Ouderdom van leerder: Geslag: Graad: Skool:

Les 14: Entrepreneurskap

Stuur die aansoekvorm aan:

GRAAD: 4 VAK: LEWENSVAARDIGHEDE SKEPPENDE KUNSTE KWARTAAL VIER FORMELE ASSESSERINGSTAAK (FAT) 4

GRAAD: 6 VAK: LEWENSVAARDIGHEDE SKEPPENDE KUNSTE KWARTAAL VIER FORMELE ASSESSERINGSTAAK (FAT) 4

LPENGPN. Studiebrief 101/0/2018. Taalvaardigheid. Jaarmodule. Departement Taalonderwys, Kuns en Kultuur

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur

Klank en kleur in die skepping

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS HUISTAAL V 3 SEPTEMBER 2014

Stuur die aansoekvorm aan:

ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING

Geagte graad 9-Ouer/Voog en leerder VAKKEUSES VIR VOO-FASE

1 Waar ek vandaan kom

RESPECT 4 U. L e s 1. Jou vermoëns en sommige van jou verwagtinge en drome indentifiseer

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II LEERUITKOMS 3 & 4 LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL VRAESTEL

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2012

KAROO EISTEDDFOD 2016 KLASSE E & F: DRAMA. Inskrywings sluit: 24 Junie 2016

Visuele Kunste en Fotografie

GRAAD 12 SEPTEMBER 2015

GRAAD 11 ONTWERP EERSTE VRAESTEL (TEORIE) NOVEMBER 2009

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

2 nd Chances... Wiskunde

KONSEP BELEID T.O.V. DIE BEHEER EN KONTROLE VAN HANDBOEKE EN LEERHULPMIDDELS

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRFA.3 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 FEBRUARIE/MAART Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.

Ingevolge artikel 185 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 55 van 1995, het elke werknemer die reg om nie onbillik ontslaan te word nie.

Skoolgereed in 10 weke: Week 1

onderskeid tussen verskillende kunsvorme

.1 INLEIDING. geleenthede te adverteer en deelname te bevorder Moets

Foto-redigering vir sun.ac.za

FAKULTEIT EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE (EBW)

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

OpenStax-CNX module: m Om tyd te leer lees. Siyavula Uploaders

2015 AKADEMIESE JAAR

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II SKRYF EN AANBIED (LU3) TAAL (LU4)

AANSOEK VIR ONDERSTEUNING TEN OPSIGTE VAN N NAVORSINGSPROJEK / STUDIEBEURS

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT (NSS) GRAAD 11 FINALE EKSAMEN AFRIKAANS HUISTAAL DERDE VRAESTEL (NPS-08) TYDSDUUR: 2½ UUR DATUM: 10 OKTOBER 2012

FAKTORE EN VEELVOUDE

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

DNK TRUST NASORG AANSOEKVORM 2017 n Aparte vorm moet vir elke kind voltooi word

TOEGEWINGSPROTOKOL EN -PROSEDURES (geskryf in 2018) 1. INLEIDING

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

AANSOEKPROSEDURE KEURINGSPROSES EN TOELATINGSVEREISTES BELANGRIKE DATUMS

GRAAD 12 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

Inleiding Tot Die Jagluiperd

Handleiding 2. Skep van ʼn webwerf Weergawe 1.0 Februarie 2014 GKSA

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

Kingswood College Departement Afrikaans AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 9 VRAESTEL 2

GRAAD 12 SEPTEMBER 2013 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 FEBRUARIE/MAART 2011

JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING GRAAD 1 AFRIKAANS HUISTAAL STEL 1: 2012 MODELVRAE

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

AANSOEK OM STUDIELENING

Bring jou inligting en prente klas toe, want soos gewoonlik werk ons in die klas.

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

GRAAD 11 NOVEMBER 2017 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3

HUISWERKRIGLYNE - INTERSENFASE: GR

AANSOEK OM TOELATING TOT DIE ATKV-Postmatriekjaar

education Departement van Onderwys MPUMALANGA PROVINSIE

GRAAD 11 WISKUNDE DERDE VRAESTEL NOVEMBER 2009

Aansoekvorm: BA Honneurs in Toegepaste Linguistiek 2015

P A U L R O O S Gymnasium / Gimnasium

INTERNASIONALE AFRIKAANS-EKSPO. vir skoolleerders en studente. jou erfenis!

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING SKEPPENDE KUNSTE VISUELE KUNSTE ASSESSERINGSTAAK JUNIE 2015 GRAAD 9

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT (NSS) GRAAD 11 HALFJAAR EKSAMEN AFRIKAANS HUISTAAL DERDE VRAESTEL (NSC11-06) D C

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 WISKUNDE V1

Les 11: Tegnologie in die sake-omgewing

Fase 1: Die beskikbare opsies Klik op die volgende plekke: Stap 1: Stap 2: Stap 3: Vul die Name - en die Description -veld vir die klikker in.

Dit begin alles hier. Teologie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT (NSS) GRAAD 11 HALFJAAR EKSAMEN AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL DERDE VRAESTEL (NSC11-07) D C

Gemeenskaplike Vraestel GRAAD 10: AFRIKAANS HT VRAESTEL 3: STELWERK INSTRUKSIES EN INLIGTING. OOS-KAAP Onderwysdepartement UITENHAGE DISTRIK

HUISWERKRIGLYNE - SENIORFASE: GR

Hierdie toets bestaan uit 9 bladsye, die voorblad uitgesluit.

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Wiskundige Geletterdheid. Data Hantering. Opsomming van Data. Kwartiele

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

GRAAD 12: AFRIKAANS HT VRAESTEL 3: SKRYF

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NOORDWES PROVINSIALE ASSESSERING GRAAD 6

SENIOR FASE GRAAD 7 NOVEMBER 2017 WISKUNDE

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERINGSRIGLYNE 2015 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 5

Om getalle voor te stel, te herken en te vergelyk *

KALAHARI KUIERFEES 2-4 NOVEMBER 2017 STALLETJIE AANSOEKVORM

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

NUUSBRIEF: JANUARIE 2014

Sentraalbeplande stelsel

Transcriptie:

KEURINGSPROSEDURES VIR GRAFIESE ONTWERP 2009 Die keuring sal in twee fases plaasvind. FASE 1: EERSTE KEURING Fase 1 verg dat voornemende studente n keurings-leêr met hul akademiese rekord, n aansoekvorm, n motivering vir die aansoek, n foto-dokumentasie van vorige kunswerke en n vaardigheidtoets bestaande uit drie projekte na die universiteit moet pos. Die keurings-leêrs sal gebruik word vir n eerste siftingsproses waaruit ongeveer 60 studente uit die aantal aansoekers gekeur sal word. Die doel van Fase 1 is om die volgende aspekte by voornemende studente te beoordeel: Die student se motiverings ingesteldheid (en meegaande skryf/kommunikasie vermoë) Die tegniese en konseptuele gehalte van vorige kunswerke wat deur die student geskep is Die vlak van tegniese, kreatiewe en konseptuele vermoëns soos deur die vaardigheidstoets gereflekteer. Akademiese vermoëns FASE 2: TWEEDE EN FINALE KEURING Fase 2 verg dat studente op n gegewe datum n (1) keuringstoets en (2) kort onderhoud en voorlegging van die student se praktiese portefeulje by die vakgroep Grafiese Ontwerp moet aflê. 40 studente sal tydens hierdie fase gekeur word. (1) Die keuringstoets (soos uiteengesit hieronder by punt 2) behels dat studente binne n gegewe tydperk (byvoorbeeld 3 ure) n praktiese projek, n aantal profilerings-vrae en n denkaktiwiteite moet uitvoer. Hierdie toets is ontwerp om die volgende aspekte te toets: Die geskiktheid van die student se persoonlikheidsprofiel vir die studie-rigting van Grafiese Ontwerp Die student se vermoë om onder druk kreatief en innoverend te dink; Die student se vermoë om n groot aantal idees binne n gegewe tydsraamwerk te genereer; Die student se vermoë om n funksionele en kreatiewe oplossing vir n gegewe ontwerp probleem te konseptualiseer en uit te voer. Die student se vermoë om tyd te bestuur. (2) Die onderhoud behels die voorlê en bespreking van die student se praktiese portefeulje (vorige kunswerke wat gedoen is) aan die keuringspaneel en n kort gestruktureerde onderhoud. Die onderhoud en portefeulje assessering is hoofsaaklik gerig op kennismaking met die student maar toets ook die volgende aspekte: Die student se algemene talentvlak soos gereflekteer deur sy/haar praktiese portefeulje Die student se selfvertroue en kommunikasie vermoë Studente moet die volgende items na die keuringsdag (die tweede, finale keuring) saambring: n Karton of materiaal portefeulje met (minstens 5) van die praktiese projekte in wat jy in jou keuringsleêr fotografies aangebied het. Jou naam moet duidelik die buitekant verskyn. 1

n A4 tekenboek met n minimum van 20 skoon bladsye. Skryf jou naam en selfoon-nommer duidelik op die voorblad neer. Plak n foto van jouself op die voorblad. Een A2 velpapier n 2HB potlood, skerpmaker en uitvieër n Pen. ALGEMENE INLIGTING VIR TUISKEURINGSTOETS (FASE 1 - EERSTE KEURING) Studente wat in Grafiese Ontwerp (beide die BA- en BKS-grade) as studierigting belangstel, moet eers n keuring slaag voordat hy/sy vir n graad in Grafiese Ontwerp kan registreer. ALGEMENE INLIGTING TOV DIE KEURING Ten einde gehalte opleiding en voldoende individuele aandag te verseker, word n maksimum van 40 studente vir die studierigting gekeur. Daar kan ook minder gekeur word indien die kwaliteit nie bevredigend is nie. Kuns as matriekvak is n aanbeveling, maar nie n vereiste om gekeur te word vir Grafiese Ontwerp nie. WAT BEHELS DIE KEURINGSAANSOEK? Vir die graad GRAFIESE ONTWERP (BA) Met KOMMUNIKASIESTUDIES met): Die keuringsaansoek vir hierdie graad vereis dat jy vier stukke in een koevert na die Toelatingskantoor (Gebou F20) moet stuur. Die vier stukke is: 1. n Voltooide vorm, getiteld Aansoek om Toelating tot die Universiteit. Hierdie vorm is op aanvraag beskikbaar by die Toelatingskantoor (018 299 2642). 2. n A4-aansoekleêr ( flipfile ) wat praktiese projekte bevat en volgens die onderstaande voorskrifte saamgestel is (sien punt getiteld VOORSKRIFTE VIR DIE AANBIEDING VAN DIE GRAFIESE ONTWERP- KEURINGSAANSOEKLêER hieronder). Hierdie lêer is vir die keurpaneel by Grafiese Ontwerp bedoel en sal deur die Toelatingskantoor aan ons besorg word. U moet n aansoekvorm vir Grafiese Ontwerp voltooi en in hierdie aansoeklêer plaas. Die aansoekvorm vir Grafiese Ontwerp kan by bogenoemde telefoonnommer aangevra word, maar word gewoonlik saam met hierdie prospektus aan jou gepos. 3. Een bladsy waarin jy motiveer waarom jy vir hierdie graad aansoek doen. Hierdie motivering is vir die keurpaneel en sal deur die Toelatingskantoor aan hulle besorg word. 4. n Gewaarmerkte afskrif van jou graad 11-puntestaat van die laaste skooleksamen wat afgelê is. Let wel: Indien jy by Grafiese Ontwerp gekeur word, beteken dit nie dat jy outomaties Universiteitstoelating het nie. Universiteitstoelating geskied apart van Grafiese Ontwerp se keuring. 2

Adres vir versending van aansoeke: DIE TOELATINGSKANTOOR HOFFMANSTRAAT GEBOU F20 VIR AANDAG: Grafiese Ontwerp-Keurpaneel PRIVAATSAK X 6001 NOORDWES-UNIVERSITEIT POTCHEFSTROOM 2520 Sorg asseblief dat jou aansoek betyds is om teleurstelling te voorkom! SLUITINGSDATUM VIR FASE 1 KEURING Die sluitingsdatum vir aansoeke is: 29 Augustus 2009 Laat aansoeke wat voorwaardelik suksesvol is, sal alleenlik in die graad geakkommodeer word indien daar in Januarie van die volgende jaar kanselasies plaasvind wat sodoende plek maak vir laatkommers. Uitslag: Die uitslag van die keuring kan drie weke na bogenoemde datum telefonies verneem word by die sekretaresse telefoonnommer 018-299 4091. Studente sal ook na afloop van die keuring n brief ontvang waarin die uitslag bekend gemaak sal word. LET WEL: Die uitslag van die keuring is finaal en geen aanpassings sal na afloop daarvan gedoen word nie. Weens beperkte tyd en groot getalle aansoekers, kan personeel ongelukkig nie aan afgekeurde studente terugvoer gee rakende die redes waarom hulle afgekeur is nie. EVALUERINGSKRITERIA VIR KEURING: Dit is uiters belangrik dat applikante hulself moet vergewis van die maatstawwe wat deur die keurpaneel gebruik word tydens die keuringsproses. Dit is egter baie belangrik om daarop te let dat uit die talle aansoeke wat ontvang word n sekere hoeveelheid kandidate wel in n sekere mate aan die onderstaande kriteria sal voldoen, maar steeds nie gekeur word nie. Diegene wat gekeur word, is die kandidate wat uitstekend in al die onderstaande kriteria gevaar het. Die belangrikste kriteria is soos volg: Tegniese vaardighede: die vermoë om driedimensionele voorwerpe natuurgetrou en akkuraat weer te gee m.b.t. vormgewing, lig- en skadugebruik, perspektief, tonale variasie en die oortuigende uitbeelding van oppervlakteksture. Kontrole oor skilder of tekenmedia: n vermoë om die voorgeskrewe medium met sensitiwiteit en kreatiwiteit te beheers. Kreatiewe/skeppende denke: n vermoë om met oorspronklike en innoverende idees/oplossings vir n gespesifiseerde promosionele of tematiese probleem na vore te kom 3

Simboliese vertolking: n vermoë om effektiewe en kreatiewe visuele ekwivalente vir gegewe konsepte te vind en te vergestalt. Begrip vir visuele vormtaalelemente: n vermoë om die volgende aspekte geslaag toe te pas: kleurgebruik, komposisie, uitleg, vormgewing, lig- en skaduwerking, fatsoen, tekstuur, piktorale ruimte. Akademiese prestasie: die grade stel hoë akademiese vereistes aan die student en dit is belangrik dat n student bewys lewer van vodoende kognitiewe vermoëns. Algemene indruk: aanbieding van aansoekleêr. VOORSKRIFTE VIR DIE AANBIEDING VAN DIE GRAFIESE ONTWERP KEURINGSAANSOEKLEêR Die leêr bestaan uit n A4 voorleggingslêer (met plastiekbeskermers) waarin die onderstaande stukke en inligting in onderstaande volgorde, aangebied word. Geen los bladsye moet u aansoek vergesel nie. Elke bladsy of projek moet in n afsonderlike plastiekbeskermer geplaas word. Jou aansoek moet asseblief so ver as moontlik netjies en afgerond vertoon. Die visuele versorging van u aansoek geniet oorweging tydens die keurproses en n slordige aansoek sal jou kanse om gekeur te word benadeel. Die volgende dele moet aan die hand van die onderstaande vereistes aangebied word: 1. Die voorblad: Die lêer moet van n voorblad voorsien wees waarop u naam en die woorde GRAFIESE ONTWERP-KEURING VIR 2007 moet verskyn. n Poskaartgrootte foto van die kandidaat moet op die voorblad verskyn. 1. Aansoekvorm vir Grafiese Ontwerp: Voltooi die aansoekvorm in netjiese drukskrif en plaas dit heel voor in jou lêer in die eerste plastiekbeskermer. 2. Gewaarmerkte akademiese rekord: Tweedens moet n gewaarmerkte afskrif van die uitslae van jou laaste skooleksamen in n plastiekbeskermer geplaas word. Dit moet dieselfde uitslae wees as wat jy by die vorige punt verskaf het. (Let wel: voornemende BKS-studente moet nog n aparte akademiese rekord instuur wat deur die Toelatingskantoor na die vakgroep Kommunikasie gestuur sal word.) 3. n Motivering waarom jy gekies het om in die rigting van Grafiese Ontwerp te studeer. (skrap die motivering in die aansoekvorm) Die motivering moet minstens n halwe getikte folio lank wees. Die student kan hier n bietjie meer vertel oor hom/haarself, voorlieftes, persoonlikheid en so meer. 4. n Fotodokumentasie van vorige werk: Hierdie is foto s van ongeveer 5-10 kunswerke wat gedurende die afgelope twee jaar deur die voornemende student gedoen is. Die werke wat jy kies om voor te lê, kan kunswerke wees wat jy op skool gegenereer het, as stokperdjie gedoen het of tydens buitemuurse kunsklasse gedoen het. Voorbeelde is tekeninge, skilderye, ontwerpe en handvaardighede soos pottebakkery, lapskilderwerk en muurskilderye. Die fotodokumentasie moet asseblief direk ná die motivering in die aansoeklêer geplaas word. Dit moet asseblief duidelik met n opskrif gemerk word: FOTO-DOKUMENTASIE VAN VORIGE WERK. 4

Die foto s kan twee-twee op wit A4-bladsye geplak word. Elke foto moet voorsien wees van die volgende byskrifte: 1. Datum van uitvoering. 2. Medium waarin die werk gedoen is. 3. Die doel waarvoor die werk geskep was (bv. skool, stokperdjie, ens.) 4. Die skaal (grootte) van die werk. 5. Titel van werk (indien van toepassing). 6. Die vaardigheidstoets: Hier volg drie praktiese projekte wat die student tuis moet voltooi. Elke projek moet op A4- formaat uitgevoer word. Elke projek moet in n aparte A4-plastiekbeskermer geplaas word en deel vorm van jou totale A4- aansoeklêer. Merk asseblief hierdie afdeling met die opskrif: VAARDIGHEIDSTOETS. Jy moet asseblief streng by die voorgeskrewe vereistes van die toets hou. VAARDIGHEIDSTOETS VIR AANSOEK-LEêR (TUIS OPDRAGTE VIR FASE 1 KEURING) PROJEK 1: WAARNEMINGSTUDIE: STILLEWE Doen n interessante stillewe-opstelling op n A4-papier wat bestaan uit: n koppie en n piering 2 vrugte n wynbottel n boek n stuk materiaal (byvoorbeeld n ou T-hemp) Voer die tekening naas n ligbron soos n venster of n bedlamp uit sodat die vorms van die komposisie sterk gedefinieer word met behulp van duidelike lig- en donkervlakke. Skenk aandag aan lig- en skaduwerking, vormgewing, tekstuur, korrekte verhoudings, tonale variasie en natuurgetroue arseertegnieke. Hierdie projek toets jou kennis van visule vormtaal beginsels, jou vermoë om akkuraat waar te neem en driedimensionele voorwerpe so natuurgetrou as moontlik op n tweedimensionele vlak weer te gee. Plaas die projek in n afsonderlike plastiekbeskermer direk ná die fotodokumentasie van jou vorige werk. Medium: Maak gebruik van n B2- potlood om die opstelling so akkuraat en lewensgetrou as moontlik weer te gee. PROJEK 2: LOGO ONTWERP Ontwerp n nuwe logo vir die jaarlikse ontwerpkuns tentoonstelling, die DESIGN INDABA. Besoek die webblad van die DESIGN INDABA en doen navorsing oor die visie en aktiwiteite van die geleetheid sodat u n logo kan ontwerp wat funksioneel daarby inskakel. Die letters DESIGN INDABA moet n integrale deel van die logo vorm. Indien u nie van ander visuele beelde in die logo wil gebruik maak nie kan u slegs n TIPOGRAFIESE logo ontwerp. n Tipografiese logo bestaan slegs uit teks, dit wil sê, die woorde Design Indaba vorm die logo maar die teks is kreatief en visueel gemanipuleer om n opwindende visuele beeld te skep. Voorsien die kliënt van vier verskillende kreatiewe moontlikhede. 5

Dit is belangrik dat u navorsing doen oor die DESIGN INDABA voordat u die logo s begin ontwerp. Dit word aanbeveel dat u die navorsing en voorsketse wat u genereer vir die projek insluit in die leêr sodat die personeel kennis kan neem van u denk prosesse wat gelei het tot die kreatiewe oplossings. Dit is egter opsioneel om dit in te sluit. As u dit insluit moet dit agter die finale werke in APARTE plastiekbeskermers van die flip-file geplaas word. Inligting oor logo s: Die woord logo verwys na 'n verskeidenheid van grafiese en tipografiese elemente. In grafiese ontwerp gebruik ons dit egter om te verwys na die ontwerp wat vir 'n spesifieke produk, besigheid, instansie of maatskappy gebruik word om dit maklik identifiseerbaar te maak. Daar word ook verwys na die korporatiewe identiteit wat basies dien as 'n 'handtekening' van 'n besigheid of instansie. Die logo is een van die belangrikste maniere waarop 'n besigheid of produk sy beeld, doelstellings en karakter na buite kommunikeer. 'n Logo moet kan funksioneer met of sonder die naam van die produk of besigheid en kan dus soms slegs letterwerk insluit of met 'n eenvoudige beeld of ontwerp gekombineer word. Dit is egter belangrik dat die logo nie te gekompliseerd raak nie, nie te veelkleurig is nie en dat daar 'n goeie eenheid tussen al die ontwerpelemente is. PROJEK: Deel jou A4-papier in 4 dele deur middel van lyne wat jy met n potlood trek. Doen vier logo s, een in elke segment van die opgedeelde A4-blad, waar jy vier alternatiewe logomoontlikhede vir die INDABA uitbeeld. Medium: Jy kan die logo s in enige van die volgende mediums uitbeeld: Swart inkpen, viltpenne, gouache verf, kleurpotlode. Die logo s kan in swart en wit of in een of meer kleure uitgevoer word. Plaas die projek in n afsonderlike plastiekbeskermer direk ná Projek 1. PROJEK 3: FANTASIE ILLUSTRASIE: KARAKTER ONTWIKKELING Ontwikkel n verbeeldingryke fantasie karakter wat gebruik kan word om televisie programme vir n jeugdige mark aan te kondig. Die karakter moet n humoristiese inslag hê en geen ooreerstemming toon met bestaande televisie karakters nie. Jy moet bewys lewer van jou vermoë om verbeeldingryke denke op papier te vergestalt. Die karakter moet so lewensgetrou as moontlik uitgebeeld word. Voorsien jou fantasie karakter van n naam en skryf dit onderaan die illustrasie. Medium: Maak gebruik van enige medium van jou eie keuse wat geskik is vir uitvoering op gewone A4 papier. Plaas die projek in n afsonderlike plastiekbeskermer direk ná Projek 2. VERKLARING Knip asseblief die onderstaande verklaring uit, vul jou naam en die datum in en onderteken dit. Plak die verklaring op n wit A4-bladsy aan die einde van die aansoeklêer. 6

Hiermee verklaar ek,.(volle naam) dat al die praktiese werk en fotodokumentasie van werke in hierdie aansoekleêr my eie is. Ek bevestig hiermee dat ek die werke onafhanklik uitgevoer het en dat geen bydraes deur n ander persoon gemaak is nie. Ek begryp dat my keuring teruggetrek kan word indien daar vasgestel word dat die inhoud van die aansoek op enige wyse valslik as my eie voorgedoen is. Datum:.. Handtekening:.. 7