Posbus 1777 VANDERBIJLPARK Januarie Geagte Ouers

Maat: px
Weergave met pagina beginnen:

Download "Posbus 1777 VANDERBIJLPARK Januarie Geagte Ouers"

Transcriptie

1 Nuusbrief Nr. 1 van 2017 Laerskool Kollegepark Posbus 1777 VANDERBIJLPARK Januarie 2017 Geagte Ouers Baie welkom terug na die vakansie. n Spesiale woord van welkom aan alle nuwe leerlinge, sowel as ouers wat vanjaar vir die eerste keer deel van ons skool geword het. Graag wens ek u almal n gelukkige en voorspoedige 2017 toe en vertrou dat ons vanjaar weereens goeie samewerking sal hê. Neem asseblief kennis van die volgende sake: 1. BESOEKE AAN DIE SKOOL Soos in die verlede, is u meer as welkom om, indien u sou wou, enige saak rakende u kind met die onderwysers en/of myself te kom bespreek. Ons versoek u egter om dit asseblief per afspraak te doen, sodat daar koördinasie kan plaasvind en nie onnodige tyd verlore sal gaan nie. Wanneer u n besoek by die skool aflê, versoek ons u ook vriendelik om te alle tye eers by die kantoor aan te meld. Ter wille van koördinasie gee ons die volgende reëlings aan u deur. 1.1 Akademiese probleme: Afspraak met betrokke onderwyser(s) en/of mev. J. Louw en mnr. C. Herbst. 1.2 Gedragsprobleme: Afspraak met betrokke onderwyser(s) en/of mnr. C. Herbst of mev. J. Louw. 1.3 Sport- en Kultuurprobleme: Afspraak met betrokke afrigter(s) van u kind(ers) en/of mnr. C. Herbst (Sport) en mev. J. Louw (Kultuur) 1.4 Bespreking van skoolfasiliteite: (Sportterrein, saal, ens.) Skakel asseblief mev. Meyer in die kantoor. 1.5 Finansiële navrae/reëlings: Afspraak met mnr. G. Zwarts of mev. C. Crous. 1.6 Akademiese navrae: Kontak u kind se voogonderwyser. In geval van akademiese rekord na eerste kwartaal, skakel asseblief met mev. Pretorius. Let Wel: Ons versoek u weereens vriendelik om te alle tye eers by die kantoor aan te meld. By voorbaat dankie hiervoor. 2. PERSONEELSAKE Ons verwelkom graag die volgende nuwe personeel by ons skool. Mev. C. Pretorius: Onderwyseres (gr. R) Mev. E. Hough: Onderwyseres (gr. 1) Mnr. J. Eloff: Studenteonderwyser (gr. 4 SW en gr. 5 Engels) Mej. Y. Coetzee (gr. 6 Engels) Mnr. B. Hattingh (Studenteonderwyser) Aan bogenoemde persone rig ons n woord van welkom en baie geluk met die aanstellings. Mag julle onderwysloopbaan by Laerskool Kollegepark talle hoogtepunte oplewer. Neem kennis mev. L. Steyn se man is na Kaapstad verplaas en sy het bedank by ons skool. Ons wens haar voorspoed toe in die Kaap. 3. AKADEMIE Ons volg, soos in die verlede, n formele skriftelike assesseringsrooster vir gr.4 7. Neem kennis dat volgehoue, pligsgetroue werk dwarsdeur die jaar sukses bepaal en nie net skriftelike assessering nie. Die rooster sien as volg daar uit: 1

2 Woensdag 01 Maart Wiskunde Gr. 4-7 Donderdag 02 Maart Sosiale Wetenskappe Gr. 4-7 Maandag 06 Maart Engels Gr. 4-7 Dinsdag 07 Maart EBW Gr. 7 Woensdag 08 Maart NW Gr. 4-7 Donderdag 09 Maart Tegnologie Gr. 7 Vrydag 10 Maart Afrikaans Gr SKOOLTYE EN ATLETIEK Skooltye: Daagliks vanaf 07:30 13:45. Die onderskeie skooltye vir die grade is as volg: Gr.R 2: 07:30 12:50 Gr. 3: 07:30 13:15 Gr.4 7: 07:30 13:45 Gr. R en gr. 1 sal tot en met Vrydag 27 Januarie egter om 12:00 verdaag. Leerders moet asseblief nie later as 07:25 afgelaai word nie. Let Wel: Die klok lui reeds om 07:27 dan moet u kind reeds op die skoolterrein wees! Na 07:30 sluit die toegangshekke en moet leerders dus by hoofingang inkom. (As leerders dus hier inkom, is hulle laat en word dit aangeteken). Atletiek: Ons gaan soos in die verlede weer poog om massadeelname te bevorder. Om die doel te bereik, gaan ons n geringe periode-aanpassing maak wat beteken dat alle leerlinge, gedurende skooltyd, vanaf 09:03 tot 09:47 aan atletiek gaan deelneem. Eerste pouse word aangepas en is van 09:47 tot 10:02 en tweede pouse van 11:46 tot 12: HUISWERKBOEKIES Gr.2-7-leerders ontvang n gratis huiswerkboekie. Alle skoolreëls, die buitemuurse programme, wenke vir suksesvolle studie, ens. verskyn daarin. Ek wil aanbeveel dat u die boekie op n daaglikse basis sal kontroleer. 6. SKOOLGELD 6.1 Die skoolfonds vir 2017 sal as volg wees: Skoolfonds vir ouers met een leerder in skool R per jaar wat as volg saamgestel is: R skoolfonds en R vir registrasie. Die skoolfonds kan in tien paaiemente van R per maand of as n enkelbedrag betaal word Skoolfonds vir ouers met twee leerders in skool R per jaar wat as volg saamgestel is: R skoolfonds en R500 registrasie. Die skoolfonds kan in tien paaiemente van R per maand of as n enkelbedrag betaal word. 2

3 6.1.3 Skoolfonds vir ouers met drie leerders en meer in skool R skoolfonds per jaar plus R registrasie per leerder. (Met ander woorde R indien drie en R indien vier, ens.) Let Wel: Skoolfonds vir 2017 is oor tien maande betaalbaar. Die registrasiegeld van R per leerder is soos in die verlede betaalbaar op die eerste dag van die nuwe skooljaar. (Met ander woorde 11 Januarie Pas asseblief u begroting hierby aan). Indien u die skoolfonds voor of op 29 Maart 2017 in een enkelbedrag kan betaal, sal n korting van 5% (uitgesonder registrasiegeld) aan u toegestaan word. Bogenoemde skoolfonds geld vir alle gesinne, met ander woorde vanaf gr. R tot gr. 7. Indien ouers twee maande of langer agterstallig is, sal hulle gegewens aan n invorderaar oorhandig word om die agterstallige skoolfonds te in. Om bogenoemde te vermy is dit noodsaaklik om skriftelike reëlings met mnr. G. Zwarts te kom tref. 6.5 Ons vra asseblief u samewerking om te help dat die skoolfondskaart (Bloukaart) maandeliks volledig ingevul en voltooi sal word. Maak seker dat u n kwitansie kry. 7. PARKERING / AF- EN OPLAAI VAN LEERLINGE 7.1 Parkering: Ek doen n vriendelike, dog dringende beroep op u om asseblief te besin oor u parkering by die skool. Geen voertuig mag voor die groot skuifhekke parkeer en/of stilhou vir watter tydperk ook al nie. U moet ook, sover moontlik, asseblief nie op sypaadjies van inwoners parkeer nie. Ons ondervind talle probleme daarmee en vra u begrip en samewerking. By voorbaat dankie daarvoor. 7.2 Af- en oplaai van leerlinge: gr. 1-7: Ter wille van ons nuwe leerlinge, verskaf ons graag die volgende reëlings ten opsigte van toegang tot ons skool: Leerlinge per fiets van en na skool: Hierdie leerlinge betree die skool slegs vanaf die oostekant met ander woorde Glanvillestraat langs tennisbaan. Geen leerling betree of verlaat, tydens skoolure, per fiets enige ander skoolingang nie. Leerlinge per motor van en na skool asook te voet van en na skool: Alle leerlinge wat per motor af- en/of opgelaai word, of te voet van en na skool kan die skool slegs by Hans van Rensburgstraat betree en/of verlaat. Daar is meer as genoeg parkeerruimte beskikbaar en ons versoek u vriendelik om by hierdie reëling aan te pas. Ons doen ook n vriendelike, dog ernstige beroep op u om by hierdie oorgang u samewerking aan die skolierpatrollie te gee. Let Wel: U moet asseblief nie die aflaaisone (Dropping zone) as n parkeerarea gebruik nie! Laai asseblief u kind so gou moontlik af en ry weer. Wees asseblief te alle tye baie versigtig in die parkeerarea sowel as aflaaisone. 7.3 Af- en oplaai van gr. R-leerders in Generaal Fronemanstraat: Slegs gr.r-leerders word voor die gr.r-hekkie afgelaai. Let Wel: Geen gr.1-7-leerling mag hier saam met n broer of suster van gr.r afklim nie. Baie dankie daarvoor. 3

4 LET WEL: Die toegangshekke aan die westekant van die skool (Theo Wassenaarstraat) sal nie in die oggende voor skool en middae na skool oopgesluit word nie. Hierdie reëlings sal ook aan u kind(ers) deurgegee word. In geval van reën, sal alle toegangshekke oop wees. 8. NASKOOLSENTRUM Die skool beskik oor die dienste van n naskoolsentrum wat daagliks vanaf 13:00 tot 17:00 funksioneer. Indien u meer inligting in verband met aansoeke en toelating wil bekom, is u welkom om mev. I. Knoetze by tel. nr te skakel. Neem daarvan kennis dat daar op Vrydag 13 Januarie geen naskoolfasaliteite as gevolg van die huissport beskikbaar sal wees nie. 9. SNOEPWINKEL Soos u seker teen die tyd weet, is ons snoepwinkel geprivatiseer. Die snoepwinkeltye is as volg: 07:15 07:30, gedurende beide pouses, sowel as van 13:45 14:30. Daar sal op sommige dae hamburgers, worsbroodjies, vetkoeke met maalvleis, pasteie, ens. verkoop word. Die kinders sal egter hieroor ingelig word. U is meer as welkom om u kind n geldjie in die hand te stop om die snoepwinkel te ondersteun. 10. SKOOLDRAG Ek wil graag n vriendelike beroep op u doen om asseblief u kinders netjies in skooldrag geklee skool toe te stuur. Dit bevorder die dissipline by die skool en help ook met die eenheidsgevoel. Ons verskaffers van skooldrag is Ekspaar en MG s Schoolwear in Vanderbijlpark, White Cross en Sedgars in Vereeniging. (Let Wel: Skooldrag word in huiswerkboekie uiteengesit). Geen ander verskaffer het toestemming om ons skooldrag te verkoop nie. 11. KLEREBANK Ons skool se klerebank word deur die gr.r-onderwysers beheer. (Persoon in beheer mev. J. Herholdt). Ons versoek u vriendelik om enige bruikbare klere wat moontlik te klein geraak het, aan die skool te skenk. Indien u ernstige probleme met klere ondervind, moet u gerus van bogenoemde gebruik maak. Die klere wat beskikbaar is, is meestal nog in n baie goeie toestand en pryse is uiters billik. Let Wel: Die klerebank sal eers vanaf Maandag 16 Januarie funksioneer en wel op die volgende tye: Vanaf 16 Januarie tot 21 Januarie : 07:30 08:00 en 12:30 13:30 Daarna funksioneer die klerebank as volg: Maandae en Woensdae vanaf 07:30 tot 08:00. Let Wel: Geen klere mag by die klerebank omgeruil word nie. 12. INFORMELE DRAG OP VRYDAE Soos u reeds weet, word ons Kollegepark T-hempies saam met n swart kortbroek op Vrydae gedra. Indien u nog hempies wil bekom, kan u dit by mev. A. Roux (snoepie) koop. Indien daar n tekort in sekere groottes ontstaan, sal daar weer bestel word, indien die getalle dit regverdig. Let Wel: As u kind nie oor n T-hempie beskik nie, word die gewone skooldrag op Vrydae gedra en is die dra van enige ander informele drag nie toelaatbaar nie. (Let Wel: Aankope na 13:00 Maandae Donderdae) Die koste verbonde aan die hempies en broekies beloop R130,00 elk. 4

5 13. JAARPROGRAM EN ANDER BELANGRIKE DATUMS Om u te help met u voorafbeplanning vir Januarie 2017, verskaf ons graag die volgende aan u: Woensdag 11 Januarie Skole heropen vir gr. R-leerders om 08:00 Skole heropen vir gr. 2-7-leerders om 07:30. Donderdag 12 Januarie Gr. R-Inligtingsvergadering om 18:00 Vrydag 13 Januarie Huissport vanaf 09:00 16:00. Maandag 16 Januarie Gr. 2-,3- & 4-Inligtingsvergadering om 18:00 Dinsdag 17 Januarie Gr. 5- en 6-Inligtingsvergadering om 18:00 Woensdag 18 Januarie Gr. 7-Inligtingsvergadering om 18:00 Vrydag 20 Januarie Atletiek vs. Laerskool Vryheidsmonument (Tuis) Dinsdag 24 Januarie Atletiek vs. DF Malherbe en Eligwa (Tuis) Vrydag 27 Januarie Atletiek vs. Totius 14. LEERLING- EN OUERINLIGTINGSDOKUMENT Ons versoek u vriendelik om die dokument (Bylae A) so volledig as moontlik te voltooi en reeds môre terug te stuur. Alle inligting op die dokument word benodig vir onder andere ons registers, leerderprofiele, ens. By voorbaat dankie vir u moeite in die verband. 15. HUISSPORT Ons huissport vind DV op Vrydag 13 Januarie vanaf ± 09:00 plaas. In geval van reën, voorlopig Dinsdag 17 Januarie. n Aparte skrywe ten opsigte van die huissport se reëlings word saam met die skrywe aan u verskaf. 16. SUPER 12 Ons is hierdie jaar weer deel van bogenoemde kompetisie. Ons sal met ons volgende skrywe alle datums en aktiwiteite deurgee, sodat u u beplanning kan doen. 17. KLASPLASINGS Neem kennis dat ons klasplasings vir 2017 reeds gedoen is. Om verdere ontwrigting te voorkom, sal daar aan geen versoeke om sekere leerlinge by spesifieke onderwysers te plaas,voldoen word nie. Alle onderwysers is ten volle gekwalifiseer en elkeen sal sy/haar uiterste bes probeer om u kind te akkommodeer en gelukkig te hou. By voorbaat dankie vir u begrip in die verband. 18. TELEFOON / SELFONE Neem asseblief kennis dat die gebruik van selfone gedurende skoolure nie toegelaat word nie en dit mag onder geen omstandighede tydens skoolure aangeskakel wees nie. Indien n leerder hierdie skoolreël oortree, sal sy/haar selfoon vir die res van die jaar gekonfiskeer word. Indien daar dringend met u gekommunikeer moet word, sal u n oproep vanaf die skool ontvang. Baie dankie ook vir u begrip in die verband. 19. SMS-KOMMUNIKASIE Ons wil graag ook deur middel van hierdie kommunikasie-medium soos en wanneer nodig, met u kommunikeer. Om die rede versoek ons u vriendelik om meegaande vorm (Bylae B) met die nodige nommer(s) te voltooi en so spoedig moontlik terug te besorg. Hierdie diens word gratis deur die skool aan u verskaf. Let Wel: Indien u nommer deur die loop van die jaar verander, moet u die skool onmiddellik in kennis stel. 20. WEBBLAD / SCHOOL COMMUNICATOR Ons doen weereens n beroep op u om die skool se webblad kollegepark.co.za te besoek. Die nuutste nuusgebeure is altyd beskikbaar. U kan ook by die School communicator (volledige inligting op webblad) inskakel vir verdere kommunikasie. 5

6 21. PRYSUITDELING (DESEMBER 2016) Talle van ons leerlinge het weereens pragtige prestasies op akademiese, kulturele en sportgebied gelewer, waarvoor toekennings ontvang het. Ons dra graag weer ons gelukwense aan al hierdie leerlinge en hulle ouers oor. Baie geluk ook aan alle leerlinge wat in bepaalde leierposisies verkies is om in 2017 n besondere diens aan die skool te lewer. n Spesiale woord van gelukwensing aan ons hoofleiers: Amorise Pienaar (hoofmeisie) en Meagan Straw (onderhoofmeisie), Albert Greyling (hoofseun) en Janzal Lala (onderhoofseun). 22. TOESLUITKASTE Hierdie kaste is op aandrang (na volledige ondersoek deur beheerliggaam) aan ouers daargestel. Hiermee doen ons weereens n beroep op u om die kaste waar moontlik te gebruik, veral ten opsigte van sporttoerusting. Indien u belangstel kontak gerus mev. Crous (kantoor.) Die huurkoste beloop R400 per jaar per kas en is vooruitbetaalbaar. Dankie by voorbaat vir u ondersteuning in die verband. 23. SKOOLREëLS Bestudeer reëls in huiswerkboekie baie deeglik. Let veral op haarstyle, kleredrag en dra van juweliersware. Ons noem ook net weer dat skaatsplanke ook verbode is op die skoolterrein. Let Wel: Skoolreëls is daar om orde en dissipline te bevorder. Baie dankie vir u ondersteuning in die verband. Let Wel: Hare-, skooldrag- en juweliersware inspeksie geskied Maandag 16 Januarie JARIGE FEESVIERINGE Soos u reeds van bewus is, vier ons hierdie jaar ons veertigste verjaarsdag. Graag verskaf ons n kort samevatting oor wat ons gaan doen. Verdere inligting sal verskaf word soos die verskeie items sal plaasvind. 1. Gesamentlike erediens ouers en leerders Sondag 15 Januarie (sien bylae) 2. Aanbied van interlaer 10 Februarie. 3. Mnr. & Mej. Kollegepark 23 Maart 4. Aanbied van Super 12-rugby en netbal 22 April 5. Kaskarwedren 19 Mei 6. Buitelugkonsert 11 Augustus 7. Revue Oktober 8. Waterpretdag 07 November 9. Lofprysaand Afsluiting van 40-jaarvieringe 30 November (Let Wel: Datums en tye kan moontlik aangepas word) 24. TEN SLOTTE Soos in die verlede, vra ons by voorbaat u positiewe ondersteuning met al vanjaar se aktiwiteite. Ons glo en vertrou dat hierdie skooljaar, ook n besondere en onvergeetlike skooljaar vir u en u kind(ers) sal wees. U lojaliteit en positiewe ondersteuning het nog altyd bygedra tot ons (u) skool se positiewe beeld. Ons eer u daarvoor en vra dat ons dit so sal hou! Vriendelike groete. CHRISTO BRAND HOOF 6

7 7

LAERSKOOL ELIGWA. 1. PERSONEEL Baie welkom aan die nuwe personeel by ons skool. Ons hoop en vertrou dat hulle baie gelukkig gaan wees.

LAERSKOOL ELIGWA. 1. PERSONEEL Baie welkom aan die nuwe personeel by ons skool. Ons hoop en vertrou dat hulle baie gelukkig gaan wees. LAERSKOOL ELIGWA 12 Januarie 2017 Geagte Ouers/Voogde OMSENDBRIEF 1 VAN 2016 Na n wonderlike vakansie met wonderlike reën is dit my voorreg om een en elkeen terug te verwelkom. Ek hoop en vertrou almal

Nadere informatie

LAER VOLKSKOOL NASKOOLSENTRUM AANSOEKVORM EN KONTRAK

LAER VOLKSKOOL NASKOOLSENTRUM AANSOEKVORM EN KONTRAK LAER VOLKSKOOL NASKOOLSENTRUM AANSOEKVORM EN KONTRAK Hierdie kontrak word aangegaan tussen Laer Volkskool naskoolsentrum (hierna genoem Die naskoolsentrum ) en (hierna genoem Die ouer ). 1 Leerderbesonderhede

Nadere informatie

LAERSKOOL LORRAINE. -Die skool wat omgee.

LAERSKOOL LORRAINE. -Die skool wat omgee. LAERSKOOL LORRAINE Omsendskrywe 1/2015 -Die skool wat omgee. Geagte Ouers / Voogde Ons verwelkom graag almal in die nuwe akademiese jaar. Voorspoed en seëninge word elke leerling, ouer en leerkrag toegebid

Nadere informatie

Tygienuus. 18 Oktober 2017 PROGRAM VIR DIE WEEK:

Tygienuus. 18 Oktober 2017 PROGRAM VIR DIE WEEK: Tygienuus Webblad: www.laerskooltygerpoort.co.za E-pos: admin@tygies.co.za Tel: 012 809 0029 / 0340 Faks: 012 809 0341 / 086 559 4837 18 Oktober 2017 PROGRAM VIR DIE WEEK: DONDERDAG 19 OKTOBER Mev. Almarie

Nadere informatie

Geagte graad 9-Ouer/Voog en leerder VAKKEUSES VIR VOO-FASE

Geagte graad 9-Ouer/Voog en leerder VAKKEUSES VIR VOO-FASE Geagte graad 9-Ouer/Voog en leerder VAKKEUSES VIR VOO-FASE Die graad 9-leerders moet op 22 September 2017 hul finale vakkeuse vir hul VOO-fase (Verdere Onderrig en Opleiding) in hul hoërskoolloopbaan maak.

Nadere informatie

OMSENDBRIEF NR. 1/ Januarie 2019

OMSENDBRIEF NR. 1/ Januarie 2019 OMSENDBRIEF NR. 1/2019 9 Januarie 2019 Geagte Ouers / Voogde 1. WELKOM Dit is altyd wonderlik om elke ouer/voog en leerders op die eerste dag van die nuwe skooljaar hartlik te verwelkom. n Spesiale woord

Nadere informatie

Graad 7-inligtingsbrief

Graad 7-inligtingsbrief Graad 7-inligtingsbrief 1. Personeel: Gr 7A Mnr. Jaco de Kock (Rekenaars) Gr 7N Me. Ansonet Oberholzer (DPS) (Engels Gr. 7) Gr 7K Me. Mariëtte Galjaard (Graadhoof) (Wiskunde en EBW Gr.7) Gr 7U Me. Elna

Nadere informatie

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur Handleiding 11 Belangegroepbestuur 1 11.1 INLEIDING Die kerk het n hele paar belangegroepe wat in ag geneem word, wor, en waarmee daar gereeld gekommunikeer moet word. Die kommunikasie met elk van hierdie

Nadere informatie

HUISWERKRIGLYNE - INTERSENFASE: GR

HUISWERKRIGLYNE - INTERSENFASE: GR HUISWERKRIGLYNE - INTERSENFASE: GR. 4 2015 Doel: Die koördinering en monitering van alle graad 4-huiswerk op n daaglikse basis. Duidelike kommunikasie vanaf die graad 4-onderwysers aan die leerders, en

Nadere informatie

Laerskool Horison Graad

Laerskool Horison Graad Laerskool Horison Graad 1 2017 Laerskool Horison Tel: (011) 763-5630/17 Fax: (011) 763-6355 Webwef: www.horison.co.za E-posadres: hoof@horison.co.za Geagte Ouers Baie welkom aan u en u kind(ers) in graad

Nadere informatie

OB2/2017. FOTO S Ons vra asseblief dat alle fotogeld nie later as Woensdag, 17 Mei 2017 by mnr Malan inbetaal sal wees.

OB2/2017. FOTO S Ons vra asseblief dat alle fotogeld nie later as Woensdag, 17 Mei 2017 by mnr Malan inbetaal sal wees. OB2/2017 2 Mei 2017 Geagte Ouers Na die tradisionele Paasvakansie en ons pas afgelope mini-vakansie, verwelkom ons ieder en elk weer terug. Mag kwartaal 2 weereens getuig van n ouergemeenskap en skool

Nadere informatie

AFWESIGHEDE TYDENS EKSAMEN U

AFWESIGHEDE TYDENS EKSAMEN U DdP/LP 27 Oktober 2017 Geagte Ouers OMSENDSKRYWE Ons nader nou die laaste gedeelte van n baie besige jaar. Ons bring n paar belangrike sake onder u aandag. 1. NOVEMBER-EKSAMEN Hierdie eksamen is een van

Nadere informatie

MIDDAGSTUDIEPROGRAM & REëLS

MIDDAGSTUDIEPROGRAM & REëLS MIDDAGSTUDIEPROGRAM & REëLS TARIEWE VIR 2018 PERSONEEL: R750 per kwartaal per kind Gr 1: Alta van Heyningen 073 170 5974 Gr 1: Elana Schoeman 072 204 6779 Gr 2: Lynette Pretorius 072 099 7887 Gr 2 & 3

Nadere informatie

Tygienuus. SATERDAG 28 April Meneer Peet Schoeman verjaar! Juffrou Anje Swanepoel verjaar! Juffrou Estelle Kriek verjaar!

Tygienuus. SATERDAG 28 April Meneer Peet Schoeman verjaar! Juffrou Anje Swanepoel verjaar! Juffrou Estelle Kriek verjaar! Tygienuus Webblad: www.tygies.co.za E-pos: admin@tygies.co.za Tel: 012 809 0029 / 0340 Faks: 012 809 0341 / 086 559 4837 25 April 2018 PROGRAM VIR DIE WEEK: DONDERDAG 26 April Tennis: Oefening (Seuns:

Nadere informatie

TYGERBERG SKOOLFONDS 2015

TYGERBERG SKOOLFONDS 2015 HOERSKOOL TYGERBERG In belang van die kind Geagte Oue(s) 5 Novembet 2014 SKOOLFONDS 2015 Die skoolfonds vir 2015 is tydens die onlangse begrotingsvergadering gehou op 30 Oktober 2014 deur die meerderheid

Nadere informatie

Laerskool Olifantsvallei

Laerskool Olifantsvallei Laerskool Olifantsvallei Privaatsak X2, Citrusdal, 7340 E-pos: citrushs@mweb.co.za Tel: (022) 921 2100 Faks: (022) 921 3931 Nuusbrief 30 Junie 2017 1. Die klasgemiddeldes vir kwartaal 2 is soos volg: Graad

Nadere informatie

LAERSKOOL EIKESTAD VOORGESKREWE SKOOL- EN SPORTDRAG. (Soos op 19 November 2014)

LAERSKOOL EIKESTAD VOORGESKREWE SKOOL- EN SPORTDRAG. (Soos op 19 November 2014) LAERSKOOL EIKESTAD VOORGESKREWE SKOOL- EN SPORTDRAG (Soos op 19 November 2014) Hierdie inligting verwys na alle skool- en sportdrag. Hierdie skool- en sportdrag is by De Jagers in Stellenbosch beskikbaar.

Nadere informatie

HUISWERKRIGLYNE - SENIORFASE: GR

HUISWERKRIGLYNE - SENIORFASE: GR HUISWERKRIGLYNE - SENIORFASE: GR. 7 2015 Doel: Die koördinering en monitering van alle graad 7-huiswerk op n daaglikse basis. Duidelike kommunikasie vanaf die graad 7-onderwysers aan die leerders, en veral

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 NOVEMBER 2011 PUNTE: 100 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye. Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 2 DBE/November

Nadere informatie

Omsendbrief 1/ Januarie 2019

Omsendbrief 1/ Januarie 2019 Posbus 888 * Groblersdal * 0470 Tel. no.: (013) 262 5419/5334 Finansies Faks na e-pos: 086 571 6916 Faks: 0866 05 6158 E-pos: cvogromar@telkomsa.net Omsendbrief 1/2019 17 Januarie 2019 Geagte Ouers Almal

Nadere informatie

DURBANVILLE SKOOLKOSHUIS POSBUS 175 QUEENSTRAAT 8

DURBANVILLE SKOOLKOSHUIS POSBUS 175 QUEENSTRAAT 8 DURBANVILLE SKOOLKOSHUIS POSBUS 175 QUEENSTRAAT 8 DURBANVILLE DURBANVILLE 7551 7550 TELEFOONNOMMERS : SUPERINTENDENT (021) 9762111 SEL NO. 0845640611 FAKS NO. (021) 9763189 AANSOEKVORM Geagte ouer/voog

Nadere informatie

Laerskool Bakenkop. Underbergstraat 5, Wierdapark, Centurion. Posbus 51928, Wierdapark, Tel nr faks

Laerskool Bakenkop. Underbergstraat 5, Wierdapark, Centurion. Posbus 51928, Wierdapark, Tel nr faks Laerskool Bakenkop Underbergstraat 5, Wierdapark, Centurion Posbus 51928, Wierdapark, 0149 Tel nr 012 653 4187 faks 012 653 4129 Epos: admin@laerskoolbakenkop.co.za 22 Januarie 2015 NASKOOL/TOESIGSENTRUM

Nadere informatie

REKORD- EN EINDEKSAMEN

REKORD- EN EINDEKSAMEN HOËRSKOOL OOS-MOOT GRAAD 12 REKORD- EN EINDEKSAMEN ROOSTER EN REËLS 2018 Bladsy 2 van 7 REKORDEKSAMENROOSTER DATUM TYD VAK TYDSDUUR 20/8 14:00-16:00 Engels FAL (P3) Afrikaans HT (V1) 21/8 Rekeningkunde

Nadere informatie

HOËRSKOOL OOS-MOOT OOS-MOOT RAAD GEDRAGSKODE

HOËRSKOOL OOS-MOOT OOS-MOOT RAAD GEDRAGSKODE HOËRSKOOL OOS-MOOT OOS-MOOT RAAD GEDRAGSKODE INHOUDSOPGAWE 1. INLEIDING 2. OORTREDING VAN DIE GEDRAGSKODE DEUR OMR-LEDE 2.1 Ernstige oortredings 2.2 Tugstappe 2.3 Minder ernstige oortredings 2.4 OMR-Tugkomitee

Nadere informatie

DNK TRUST NASORG AANSOEKVORM 2017 n Aparte vorm moet vir elke kind voltooi word

DNK TRUST NASORG AANSOEKVORM 2017 n Aparte vorm moet vir elke kind voltooi word DNK TRUST NASORG AANSOEKVORM 2017 n Aparte vorm moet vir elke kind voltooi word GEBOORTEDATUM: GESLAG: LEERDERBESONDERHEDE GRAAD: HUISTAAL: FISIESE ADRES: VAN EN NAAM VAN MOEDER TELEFOON: BEROEP: SEL:

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2012

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2012 GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2012 PUNTE: 80 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye. Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 2 DBE/November

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS HUISTAAL V 3 SEPTEMBER 2014

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS HUISTAAL V 3 SEPTEMBER 2014 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS HUISTAAL V 3 SEPTEMBER 2014 PUNTE: 100 TYD: 2½ UUR Hierdie vraestel bestaan uit 7 bladsye INSTRUKSIES EN INLIGTING: 1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE

Nadere informatie

Laerskool Wonderboom BELEID OOR MERIETE (GRONDSLAGFASE: GRAAD 1 TOT 3)

Laerskool Wonderboom BELEID OOR MERIETE (GRONDSLAGFASE: GRAAD 1 TOT 3) Laerskool Wonderboom BELEID OOR MERIETE (GRONDSLAGFASE: GRAAD 1 TOT 3) Beleid hersien: Mei 2016 Volgende hersiening: Januarie 2017 INHOUDSOPGAWE TITEL VAN DIE BELEID...1 EFFEKTIEWE DATUM...1 HERSIENINGSINLIGTING...1

Nadere informatie

KONSEP BELEID T.O.V. DIE BEHEER EN KONTROLE VAN HANDBOEKE EN LEERHULPMIDDELS

KONSEP BELEID T.O.V. DIE BEHEER EN KONTROLE VAN HANDBOEKE EN LEERHULPMIDDELS KONSEP BELEID T.O.V. DIE BEHEER EN KONTROLE VAN HANDBOEKE EN LEERHULPMIDDELS 1. DOELSTELLINGS VAN DIE BELEID 1.1 Om alle handboeke en leerhulpmiddels te herwin aan die einde van die jaar. 1.2 Die effektiewe

Nadere informatie

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM Privaatsak X2, Citrusdal, 7340 E-pos: citrushs@mweb.co.za Tel: (022) 921 2100 Faks: (022) 921 3931 Liewe Ouer of Voog Sien asseblief onderaan

Nadere informatie

Kingswood College Departement Afrikaans AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 9 VRAESTEL 2

Kingswood College Departement Afrikaans AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 9 VRAESTEL 2 Kingswood College Departement Afrikaans AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 9 VRAESTEL 2 Eksaminator: Mnr. D. Koen Tyd: 2 UUR Moderators: Mnr. T. Scholtz Totaal: [100] Me. M. Muller November 2014 Me.

Nadere informatie

AANDAG: DIE HOOF & BEELD-KONTAKPERSOON

AANDAG: DIE HOOF & BEELD-KONTAKPERSOON AANDAG: DIE HOOF & BEELD-KONTAKPERSOON DAAGLIKSE BEELD-AFLEWERING Baie dankie vir u ondersteuning in 2014. Ons wens u en u gesin n baie geseënde feestyd toe. Hiermee baie belangrike inligting en dokumentasie

Nadere informatie

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS HUISTAAL V3 FEBRUARIE/MAART 2014 PUNTE: 100 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye. Afrikaans Huistaal/V3 2 DBE/Feb. Mrt. 2014 INSTRUKSIES

Nadere informatie

GRAAD 12 SEPTEMBER 2013 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3

GRAAD 12 SEPTEMBER 2013 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 Province of the EASTERN CAPE EDUCATION NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2013 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 PUNTE: 100 TYD: 2½ uur *AFRFA3* Hierdie vraestel bestaan uit 7 bladsye.

Nadere informatie

Les 14: Entrepreneurskap

Les 14: Entrepreneurskap Les 14: Entrepreneurskap Aktiwiteit Beantwoord die volgende vrae deur die regte kolom te merk Altyd Gereeld Soms Nooit A Dryfkrag en motivering 1. Ek is nie seker wat ek van die lewe dink nie. 0 1 2 3

Nadere informatie

AANSOEKVORMS EN INLIGTINGSDOKUMENTE OP JVR-WEBWERF

AANSOEKVORMS EN INLIGTINGSDOKUMENTE OP JVR-WEBWERF November 2012 Beste Graad 8-ouer Namens die personeel is dit vir ons baie aangenaam om u en u kind by die Hoërskool Jan van Riebeeck te verwelkom. Ons sien uit na n gelukkige en vervullende verbintenis

Nadere informatie

Omsendbrief 27/ Oktober 2018

Omsendbrief 27/ Oktober 2018 Omsendbrief 27/2018 19 Oktober 2018 Geagte Ouers Ons wil graag die volgende sake onder u aandag bring: A. PERSONEEL Baie welkom aan ons nuwe graad 6-onderwyser, Jesse Ceustermans. Hy het goed ingeskakel

Nadere informatie

GROOTFONTEIN KUIERFEES

GROOTFONTEIN KUIERFEES GROOTFONTEIN KUIERFEES 29 & 30 Julie 2016 Geagte Besigheidsvriend Die Kuierfees sal hierdie jaar sy 5de verjaarsdag vier en ons is trots om aan te kondig dat hy 5 jaar jonk is. Gedurende die afgelope 5

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 NOVEMBER 2015 (R) PUNTE: 100 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye. Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 2 DBE/November

Nadere informatie

education Departement van Onderwys MPUMALANGA PROVINSIE

education Departement van Onderwys MPUMALANGA PROVINSIE education Departement van Onderwys MPUMALANGA PROVINSIE AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 GRAAD 11 JUNIE 2017 LEERUITKOMS 3: SKRYF Punte:80 EN AANBIED ALGEMEEN Tyd: 2 ure Hierdie vraestel bestaan uit

Nadere informatie

1. SPORT 1.1 Krieket Dankie aan die o.9 krieketspelers wat Saterdag aan wedstryde deelgeneem het.

1. SPORT 1.1 Krieket Dankie aan die o.9 krieketspelers wat Saterdag aan wedstryde deelgeneem het. Dit Privaatsak X01, Helderkruin 1733 Telefoon: 764 2506/7 Faks: 764 5602 E-Pos: helder2@global.co.za Webblad: http://www.laerskoolhelderkruin.co.za Omsendbrief 25/14 2014 09 08 Ons doen genoeg kwaad wanneer

Nadere informatie

28 Januarie 2019 PROGRAM VIR DIE WEEK:

28 Januarie 2019 PROGRAM VIR DIE WEEK: Tygienuus Webblad: www.tygies.co.za E-pos: admin@tygies.co.za Tel: 012 809 0029 / 0340 Faks: 012 809 0341 / 086 559 4837 28 Januarie 2019 PROGRAM VIR DIE WEEK: MAANDAG 28 JANUARIE DAG 5 Tennis: Liga Juniorkoor:

Nadere informatie

GOUDVELD - HOëRSKOOL VOERTUIG EN VERVOER BELEID I N H O U D S O P G A W E

GOUDVELD - HOëRSKOOL VOERTUIG EN VERVOER BELEID I N H O U D S O P G A W E GOUDVELD - HOëRSKOOL VOERTUIG EN VERVOER BELEID I N H O U D S O P G A W E 1. INLEIDING 2. DOEL 3. PROSEDURES 3.1 Bespreking 3.2 Voertuie 3.3 Vervoer 4. BEKRAGTIGING VAN BELEID 5. HERSIENINGSDATUM VOERTUIG

Nadere informatie

OOS-RAND AKADEMIE NASKOOLSENTRUMVRYWARING

OOS-RAND AKADEMIE NASKOOLSENTRUMVRYWARING OOS-RAND AKADEMIE NASKOOLSENTRUMVRYWARING VOLLE NAME EN VAN VAN LEERLING: VOLLE NAME EN VAN VAN OUER / VOOG: 1. Alhoewel die leerder se veiligheid en welstand ten alle tye voorop gestel word, aanvaar die

Nadere informatie

ONDERNEMING EN GEDRAGSKODE. Naam van leerder: Graad 2019:

ONDERNEMING EN GEDRAGSKODE. Naam van leerder: Graad 2019: ODRMIG GDRAGSKOD aam van leerder: Graad 2019: Gedragskode k aanvaar die skoolreëls, gedragskode van die skool en voorskrifte ten opsigte van dissipline, skooldrag en persoonlike voorkoms van leerders en

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2017 PUNTE: 80 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye. Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 2 DBE/November

Nadere informatie

Aansoek om deur Ruimsig Gemeente Leraar in die eg verbind te word.

Aansoek om deur Ruimsig Gemeente Leraar in die eg verbind te word. Bladsy 1/5 Aansoek om deur Ruimsig Gemeente Leraar in die eg verbind te word. Baie geluk en dankie dat julle dit oorweeg om hierdie spesiale verbintenis deur Ruimsig Gemeente te laat hanteer. Dit is Ruimsig

Nadere informatie

Graad 1 Alleenlik SKOOLREKENING

Graad 1 Alleenlik SKOOLREKENING SOMER KEUSE EN KOSTE VORM 1 STE KWARTAAL Graad 1 Alleenlik Leerling-inligting: Van: Graad: Doopname: Ouers word daaraan herinner dat leerlinge hulle tot n aktiwiteit verbind vir ten minste EEN kwartaal.

Nadere informatie

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE ARBEIDSVERHOUDINGE (I) WET OP ARBEIDSVERHOUDINGE No. 66 van 1995 (soos gewysig) - Vakbonde 22/27 Hierdie nuusbrief handel oor vakbonde en is in n Vraag en Antwoord formaat.

Nadere informatie

Liewe Ouers. Baie Welkom! Ons glo dat dit vir u en u kind n positiewe ervaring gaan wees om deel van ONS skool te wees.

Liewe Ouers. Baie Welkom! Ons glo dat dit vir u en u kind n positiewe ervaring gaan wees om deel van ONS skool te wees. 1 2019 Liewe Ouers Baie Welkom! Ons glo dat dit vir u en u kind n positiewe ervaring gaan wees om deel van ONS skool te wees. Die Gr. R- en RR klasse is deel van Laerskool Eligwa se grondslagfase. Ons

Nadere informatie

GOUDVELD-HOËRSKOOL VOERTUIG EN VERVOER BELEID

GOUDVELD-HOËRSKOOL VOERTUIG EN VERVOER BELEID GOUDVELD-HOËRSKOOL VOERTUIG EN VERVOER BELEID I N H O U D S O P G A W E 1. INLEIDING 2. DOEL 3. PROSEDURES 3.1 Bespreking 3.2 Voertuie 3.3 Vervoer AANVAAR: 16 September 2010 Bladsy 1 van 6 GOUDVELD-HOëRSKOOL

Nadere informatie

Hierdie beleid moet saam met die skool se veiligheidsbeleid gelees word.

Hierdie beleid moet saam met die skool se veiligheidsbeleid gelees word. Skooltoerbeleid Hierdie dokument is die skooltoerbeleid van Laerskool Rustenburg soos die beheerliggaam dit op 1 Januarie 2017 goedgekeur het. Die beleid is opgestel in ooreenstemming met die toepaslike

Nadere informatie

Laerskool Olifantsvallei

Laerskool Olifantsvallei Laerskool Olifantsvallei Privaatsak X2, Citrusdal, 7340 E-pos: citrushs@mweb.co.za Tel: (022) 921 2100 Faks: (022) 921 3931 Nuusbrief 29 September 2017 1. Laerskool Olifantsvallei se Kom-Proe-Pretdag was

Nadere informatie

GROOTFONTEIN KUIERFEES

GROOTFONTEIN KUIERFEES GROOTFONTEIN KUIERFEES 28 & 29 Julie 2017 Geagte Besigheidsvriend Die Grootfontein Kuierfees komitee wil weereens, u as borg van hierdie fees, bedank vir u ondersteuning, bystand en bydraes die afgelope

Nadere informatie

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees Doel van les: Vandag leer ons van die Vrugte van die Heilige Gees en hoe dit in ons lewens werk. INLEIDING: Sjoe, ons het nou al so baie van die Heilige Gees

Nadere informatie

Privaatsak X01, Helderkruin 1733 Telefoon: /7 Faks: E-Pos: Webblad:

Privaatsak X01, Helderkruin 1733 Telefoon: /7 Faks: E-Pos: Webblad: Dit Privaatsak X01, Helderkruin 1733 Telefoon: 764 2506/7 Faks: 764 5602 E-Pos: helder2@global.co.za Webblad: http://www.laerskoolhelderkruin.co.za Omsendbrief 29/14 2014 10 20 n Vriend is iemand wat na

Nadere informatie

Inligtingshandleiding

Inligtingshandleiding Inligtingshandleiding Die Plaasklonkies Motto Waar ons speel-speel leer Die Plaasklonkies Missie By Plaasklonkies streef ons daarna om n atmosfeer te skep waarin kinders kan leer deur spel. Ons wil graag

Nadere informatie

BREEK DIE STILTE HOOF ONTWIKKELING

BREEK DIE STILTE HOOF ONTWIKKELING September 2018 Geagte Dominee/s en Kerkraad, U ondersteuning breek die stilte Deur besondere vennote, vriende en familie van dwarsoor Suider-Afrika wat die NID reeds vanaf 1881 met liefde, deernis en omgee

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2016 PUNTE: 80 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye. Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 2 DBE/November

Nadere informatie

AANSOEK VORM 1.KIND(ERS) Registrasie datum. Van Volle naam Noemnaam Geslag Geboorte datum Huis taal Voldag, Halfdag, Naskool?

AANSOEK VORM 1.KIND(ERS) Registrasie datum. Van Volle naam Noemnaam Geslag Geboorte datum Huis taal Voldag, Halfdag, Naskool? AANSOEK VORM Registrasie datum 1.KIND(ERS) Noemnaam Geslag Geboorte datum Huis taal Voldag, Halfdag, Naskool? Noemnaam Geslag Geboorte datum Huis taal Voldag, Halfdag, Naskool? Noemnaam Geslag Geboorte

Nadere informatie

1. SKOOLFONDS: R per leerder periaar

1. SKOOLFONDS: R per leerder periaar Geagte Ouer(s) 12 November 2015 SKOOLFONDS 2016 Die skoolfonds vir 2016 is tydens die onlangse begrotingsvergadering gehou op 28 Oktober 2015 deur die meerderheid van die ouers goedgekeur. Alle ouers is

Nadere informatie

BROEDIE NUUS. Maandprogram is aangeheg. Welkom Mnr André! Sien Jaarkalender op Communicator

BROEDIE NUUS. Maandprogram is aangeheg. Welkom Mnr André! Sien Jaarkalender op Communicator BROEDIE NUUS VOLUME 17 UITGAWE 5 Goeiedag Ouers DONDERDAG, 31 AUGUSTUS 2017, KW.3 Ons is nou so in die middel van kwartaal 3. Dit is n baie bedrywige kwartaal by die skool met al die sporten kultuur aktiwiteite

Nadere informatie

Vinkie. Laerskool Fairland

Vinkie. Laerskool Fairland Vinkie Laerskool Fairland Marketstraat 145, Fairland 011 678-4591/2 www.lsfairland.co.za Jaargang 22 nr 35 26 November 2015 UIT DIE HOOF SE KANTOOR Personalia Ons dink aan Keanu le Roux wie se pappa oorlede

Nadere informatie

NUUSBRIEF 1 VAN 2017

NUUSBRIEF 1 VAN 2017 HOËR VOLKSKOOL HEIDELBERG Posbus 215, Heidelberg, Gauteng, 1438 Tel: (016) 341 3165/6 Faks: (016) 341 3987 Epos: hvhadmin@lantic.net NUUSBRIEF 1 VAN 2017 16 Januarie 2017 Geagte Ouer/Voogde 1. UIT DIE

Nadere informatie

Soos in die verlede sal GLB verversings te koop aanbied (sien grondplan vir die kiosk ).

Soos in die verlede sal GLB verversings te koop aanbied (sien grondplan vir die kiosk ). Memo: 15 September 2011 Aan: Alle Ouers Van: Annalie en personeel Wintersportdag GLB het gereël dat ons die sportgronde van Bellville Hoërskool (BHS) gaan gebruik vir Saterdag se Wintersportdag. Hulle

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL VRAESTEL 3: SKRYF NOVEMBER 2008 PUNTE: 100 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye. Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3

Nadere informatie

Laerskool STULTING Primary School

Laerskool STULTING Primary School NUUSBRIEF 9/2014 2014-08-29 Akademie Personeel: Juf. Petro de Lange (gr. 4.1) tree aan die einde van Augustus uit die onderwys. Sy is reeds vanaf 2001 in n tydelike en sedert 2010 in n permanente hoedanigheid

Nadere informatie

Hier trap ons diep spore...

Hier trap ons diep spore... Voltooi & stuur terug Laerskool Northmead Handtekening: Ouer: OB02/2017 Hier trap ons diep spore... Geagte Ouers 16 Jan. 2017 OB02/17 1. Vanuit die Hoof se kantoor: Ons glo en vertrou dat almal nou rustig

Nadere informatie

Sonskynhoekie Kleuterskool Babakamer Inligting

Sonskynhoekie Kleuterskool Babakamer Inligting Spreuke 16:9 n Mens beplan sy pad, maar die Here bepaal hoe hy loop. 1 Hierdie is ons Leerplek Speelplek - Lekkerplek Beste ouer, Baie dankie dat u ons vertrou met u kosbaarste besitting! Ons wil net die

Nadere informatie

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk Doel van les: Voordat ons kan leer van ons nuwe identiteit in Christus, moet ons eers stil staan by wat Christus vir ons kom doen het. Vandag gaan ons gesels

Nadere informatie

My denke bepaal my geluk. Omsendbrief 097 van April 2017 KUNSWEDSTRYD 2017

My denke bepaal my geluk. Omsendbrief 097 van April 2017 KUNSWEDSTRYD 2017 My denke bepaal my geluk Omsendbrief 097 van 2017 24 April 2017 Geagte Ouers Baie geluk! U kind in graad is gekies om aan die Afrikaanse Kunsvereniging se jaarlikse kunswedstryd in die Derde Kwartaal deel

Nadere informatie

POSBUS 12001, ELSPARK

POSBUS 12001, ELSPARK Hoërskool Elspark POSBUS 12001, ELSPARK 1418 www.hselspark.co.za Tel: 011 893 2013/4 Faks: 011 893 3879 Rooikat-nuus Uitgawe # 20 NUUSBRIEF 11/ 2016 VOORWOORD Mnr. JH van Niekerk Geagte Ouers Eerstens,

Nadere informatie

Laerskool Olifantsvallei

Laerskool Olifantsvallei Laerskool Olifantsvallei Privaatsak X2, Citrusdal, 7340 E-pos: citrushs@mweb.co.za Tel: (022) 921 2100 Faks: (022) 921 3931 NUUSFLITS 21 April 2017 1. Laerskool Olifantsvallei is super-trots op Christie

Nadere informatie

WELKOM BY HOëRSKOOL LINDEN 2019

WELKOM BY HOëRSKOOL LINDEN 2019 E-pos: elize.dames@linden.co.za WELKOM BY HOëRSKOOL LINDEN 2019 VORMS VIR VOLTOOIING: INSKRYWINGSVORM GRAAD 8 en 9 1. Voltooi n aparte vorm vir elke leerder in Hoërskool Linden. 2. Verstrek asseblief volledige

Nadere informatie

Nuustak Geagte Ouers JOHAN KRUGER SKOOLHOOF

Nuustak Geagte Ouers JOHAN KRUGER SKOOLHOOF Nuustak 2017 Telefoon : (011) 972 4147/8 Faks : (011) 391 3307 / 086 653 7528 e-pos : kantoor@kruinies.co.za Web-adres : www.laerskoolkruinsig.co.za NUUSTAK 40/2017 Geagte Ouers 23-29 NOVEMBER 2017 se

Nadere informatie

RESPECT 4 U. L e s 1. Jou vermoëns en sommige van jou verwagtinge en drome indentifiseer

RESPECT 4 U. L e s 1. Jou vermoëns en sommige van jou verwagtinge en drome indentifiseer WIE KIES EK OM TE WEES? WAT KIES EK OM TE WEES RESPECT 4 U Gedurende hierdie les sal jy: Leer oor die RESPEK vir jouself program en jou ontmoet onderwyser ontmoet Maniere identifiseer om RESPEK te wys

Nadere informatie

LAERSKOOL ROODEKRANS INTERMEDIÊRE FASE GRAAD 4-6 AKADEMIESE INLIGTING JANUARIE 2018 AKADEMIESE HOOF (DPS): ME. SUZANNE FOURIE

LAERSKOOL ROODEKRANS INTERMEDIÊRE FASE GRAAD 4-6 AKADEMIESE INLIGTING JANUARIE 2018 AKADEMIESE HOOF (DPS): ME. SUZANNE FOURIE LAERSKOOL ROODEKRANS INTERMEDIÊRE FASE GRAAD 4-6 AKADEMIESE INLIGTING JANUARIE 2018 AKADEMIESE HOOF (DPS): ME. SUZANNE FOURIE AKADEMIE CAPS Curriculum and Assessment Policy Statement KABV Kurrikulum en

Nadere informatie

WOENSDAG 16 JANUARIE DAG 3 Fotodag (gr. 2-7): Skooldrag Skaak: Oefening (kamer 59) 13:15 (gr. 1-2) en 14:15 (gr. 3-7) Atletiek: Oefening Sien bl.

WOENSDAG 16 JANUARIE DAG 3 Fotodag (gr. 2-7): Skooldrag Skaak: Oefening (kamer 59) 13:15 (gr. 1-2) en 14:15 (gr. 3-7) Atletiek: Oefening Sien bl. Tygienuus Webblad: www.tygies.co.za E-pos: admin@tygies.co.za Tel: 012 809 0029 / 0340 Faks: 012 809 0341 / 086 559 4837 PROGRAM VIR DIE WEEK: MAANDAG 14 JANUARIE DAG 1 Juniorkoor: Oefening 14:00-15:00

Nadere informatie

BELEIDSDOKUMENT. Eksamens / Mini-eksamens Grey Kollege

BELEIDSDOKUMENT. Eksamens / Mini-eksamens Grey Kollege BELEIDSDOKUMENT Eksamens / Mini-eksamens Grey Kollege 2 Eksamenvraestelle Eksaminator. 1. Dit is die verantwoordelikheid van die eksaminator om toe te sien dat elke lid van die departement die konsepvraestel

Nadere informatie

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

JOHANNESBURG EAST DISTRICT JOHANNESBURG EAST DISTRICT DISTRIK-EKSAMEN GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISONELE TAAL SEPTEMBER 2014 PUNTE: 100 TYD: 2 ½ UUR Hierdie VRAESTEL bestaan uit 7 bladsye. Bladsy 1 van 7 INSTRUKSIES EN INLIGTING

Nadere informatie

Laerskool Eikestad Voorgeskrewe Skool- en Sportdrag. Soos goedgekeur op 26 Julie 2016

Laerskool Eikestad Voorgeskrewe Skool- en Sportdrag. Soos goedgekeur op 26 Julie 2016 Laerskool Eikestad Voorgeskrewe Skool- en Sportdrag Soos goedgekeur op 26 Julie 2016 -Hierdie inligting verwys na alle Skool-en Sportdrag. -Hierdie Skool- en Sportdrag is by De Jagers in Stellenbosch beskikbaar.

Nadere informatie

GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS HOËRSKOOL DRIEHOEK

GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS HOËRSKOOL DRIEHOEK GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS HOËRSKOOL DRIEHOEK TOELATINGSVORM VIR 201 M Leerder se van :... Geslag : Leerder volle name :... Graad waarvoor ingeskryf word:... Naam van skool wat verlaat word:...

Nadere informatie

AANSOEK OM TOELATING HOËRSKOOL TUINE

AANSOEK OM TOELATING HOËRSKOOL TUINE AANSOEK OM TOELATING - 2017 HOËRSKOOL TUINE POSBUS 48066 Tel: (012) 379-6181/2 HERCULES 0030 Faks: (012) 377-3899 PRETORIA e-pos: admin@hstuine.co.za LW!! U aansoek kan nie oorweeg word sonder die volgende

Nadere informatie

Omsendbrief 19/ Junie 2015

Omsendbrief 19/ Junie 2015 Omsendbrief 19/2015 25 Junie 2015 Geagte Ouers Hierdie brief word geborg deur Akademie vir leeruitnemendheid STUDIEMETODES Leer die volgende: Verbeter memorisering Verhoog fokus en aandag Bekamp aandagafleibaarheid

Nadere informatie

BELEID TEN OPSIGTE VAN OOV UITGAWES

BELEID TEN OPSIGTE VAN OOV UITGAWES LAERSKOOL DE TYGER BELEID TEN OPSIGTE VAN OOV UITGAWES INHOUD 1. Omvang van die beleid 2. Begroting vir uitgawes 3. Goedkeuring van uitgawes 4. Reëls rondom spesifieke uitgawes 5. Oorgangsmaatreëls 6.

Nadere informatie

Hier trap ons diep spore...

Hier trap ons diep spore... Voltooi & stuur terug Laerskool Northmead Handtekening: Ouer: OB18/2016 Hier trap ons diep spore... Geagte Ouers 23 Mei 2016 OB18/2016 1. Vanuit die Hoof se kantoor: Afbakening vir Junie 2016 Eksamen Gr.

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL VRAESTEL 2: SKRYF NOVEMBER 2008 PUNTE: 80 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye. Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2

Nadere informatie

Rooikat-nuus. Hoërskool Elspark. Uitgawe # 36. Tel: /4. Faks: NUUSBRIEF 7/ Mei 2018 SPORT.

Rooikat-nuus. Hoërskool Elspark. Uitgawe # 36. Tel: /4. Faks: NUUSBRIEF 7/ Mei 2018 SPORT. Hoërskool Elspark Tel: 011 893 2013/4 Faks: 011 893 3879 Rooikat-nuus Uitgawe # 36 NUUSBRIEF 7/ 2018 28 Mei 2018 Geagte Ouers Ek glo dat elkeen van ons dankbaar is vir die goeie reën wat geval het, veral

Nadere informatie

Laerskool Olifantsvallei

Laerskool Olifantsvallei Laerskool Olifantsvallei Privaatsak X2, Citrusdal, 7340 E-pos: citrushs@telkomsa.net Tel: (022) 921 2100 Faks: (022) 921 3931 NUUSFLITS 27 Januarie 2017 1. Die atletiekbyeenkoms was n groot sukses en die

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2013 PUNTE: 80 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye. Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 2 DBE/November

Nadere informatie

AANSOEK OM TOELATING TOT HEBRON CHRISTENSKOOL

AANSOEK OM TOELATING TOT HEBRON CHRISTENSKOOL HEBRON CHRISTENSKOOL MEER AS OORWINNAARS... Hebronstraat, Oakglen, Bellville, Posbus 640, Brackenfell, 7561 Tel (021) 919 6356; Faks 086 6717 472 E-Pos: admin@hebronchristenskool.co.za Webtuiste: www.hebronchristenskool.co.za

Nadere informatie

Januarie Gedagte vir die week

Januarie Gedagte vir die week Charlie I Hoërskool CHARLIE HOFMEYR High 49, CERES 6835 023 312 1130 / 023 312 1194 023 312 1131 hoof@charlie.org.za Web: www.charlie.org.za Kantoorure: 07:15 15:00 01.01.2019 11 Januarie 2019 Gedagte

Nadere informatie

ROBERTSON. AANSOEK OM TOELATING Vir graad 1-3 VOORBEREIDINGSKOOL - PREPARATORY SCHOOL

ROBERTSON. AANSOEK OM TOELATING Vir graad 1-3 VOORBEREIDINGSKOOL - PREPARATORY SCHOOL ROBERTSON VOORBEREIDINGSKOOL - PREPARATORY SCHOOL REITZSTRAAT, ROBERTSON 6705 POSBUS / P.O.BOX 292 ROBERTSON 6705 TEL: (023) 626 3139 - FAKS/FAX: 086 505 2186 AANSOEK OM TOELATING Vir graad 1-3 AANSOEK

Nadere informatie

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak. Vals beeld van God: Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak. Ware beeld van God: God se beloftes word vervul in Jesus. Ons kan

Nadere informatie

Kan Ons Asseblief in U Nuusbrief of Advertensie Blad adverteer?

Kan Ons Asseblief in U Nuusbrief of Advertensie Blad adverteer? Kan Ons Asseblief in U Nuusbrief of Advertensie Blad adverteer? In ruil bied Globex Internet Dienste U Gemeente die voordeel om n groeiende Maandelikse inkomste te verdien. Ons is reeds in vennootskap

Nadere informatie

HOËRSKOOL WONDERBOOM FINANSIËLE BELEID

HOËRSKOOL WONDERBOOM FINANSIËLE BELEID HOËRSKOOL WONDERBOOM FINANSIËLE BELEID 1. Doelstellings In terme van afdelings 37 44 van die Suid-Afrikaanse Skole Wet 84 van 1996 is die verantwoordelikheid van die Bestuursliggaam die volgende: a) Invordering

Nadere informatie

Hoe om die geboorte van jou kind te registreer

Hoe om die geboorte van jou kind te registreer Hoe om die geboorte van jou kind te registreer Hallo, Katrina. Baie geluk met jou nuwe babatjie! Sy s pragtig. ELKE KIND MOET N GEBOORTESERTIFIKAAT HÊ! BESOEK DIE MINISTERIE VAN BINNELANDSE SAKE EN IMMIGRASIE

Nadere informatie

FAKTORE EN VEELVOUDE

FAKTORE EN VEELVOUDE FAKTORE EN VEELVOUDE Ons gaan nou na n paar stukkies teorie kyk in verband met Natuurlike- en Telgetalle. Voltooi: 3 X 1 = 3 X 2 = 3 X 3 = 3 X 4 = 3 X 5 = Ons sê dus dat 3, 6, 9, 12 en 15 VEELVOUDE is

Nadere informatie

GRAAD 12: AFRIKAANS HT VRAESTEL 3: SKRYF

GRAAD 12: AFRIKAANS HT VRAESTEL 3: SKRYF OOS-KAAPOnderwysdepartement GRAAFF-REINET DISTRIK GRAAD 12: AFRIKAANS HT VRAESTEL 3: SKRYF MEI/JUNIE 2013 PUNTE: 100 TYD: 2½ UUR Eksaminator: M. Marais INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan

Nadere informatie

Ons Prospektus 1. WELKOM

Ons Prospektus 1. WELKOM Ons Prospektus 1. WELKOM n Hartlike welkom by die Miershoop Naskool Sentrum! Ons wil die vertroue uitspreek dat u kind gelukkig in ons naskool sal wees en u ten alle tye verseker sal wees van kwaliteit

Nadere informatie