KEURINGSPROSEDURES VIR GRAFIESE ONTWERP 2009

Maat: px
Weergave met pagina beginnen:

Download "KEURINGSPROSEDURES VIR GRAFIESE ONTWERP 2009"

Transcriptie

1 KEURINGSPROSEDURES VIR GRAFIESE ONTWERP 2009 Die keuring sal in twee fases plaasvind. FASE 1: EERSTE KEURING Fase 1 verg dat voornemende studente n keurings-leêr met hul akademiese rekord, n aansoekvorm, n motivering vir die aansoek, n foto-dokumentasie van vorige kunswerke en n vaardigheidtoets bestaande uit drie projekte na die universiteit moet pos. Die keurings-leêrs sal gebruik word vir n eerste siftingsproses waaruit ongeveer 60 studente uit die aantal aansoekers gekeur sal word. Die doel van Fase 1 is om die volgende aspekte by voornemende studente te beoordeel: Die student se motiverings ingesteldheid (en meegaande skryf/kommunikasie vermoë) Die tegniese en konseptuele gehalte van vorige kunswerke wat deur die student geskep is Die vlak van tegniese, kreatiewe en konseptuele vermoëns soos deur die vaardigheidstoets gereflekteer. Akademiese vermoëns FASE 2: TWEEDE EN FINALE KEURING Fase 2 verg dat studente op n gegewe datum n (1) keuringstoets en (2) kort onderhoud en voorlegging van die student se praktiese portefeulje by die vakgroep Grafiese Ontwerp moet aflê. 40 studente sal tydens hierdie fase gekeur word. (1) Die keuringstoets (soos uiteengesit hieronder by punt 2) behels dat studente binne n gegewe tydperk (byvoorbeeld 3 ure) n praktiese projek, n aantal profilerings-vrae en n denkaktiwiteite moet uitvoer. Hierdie toets is ontwerp om die volgende aspekte te toets: Die geskiktheid van die student se persoonlikheidsprofiel vir die studie-rigting van Grafiese Ontwerp Die student se vermoë om onder druk kreatief en innoverend te dink; Die student se vermoë om n groot aantal idees binne n gegewe tydsraamwerk te genereer; Die student se vermoë om n funksionele en kreatiewe oplossing vir n gegewe ontwerp probleem te konseptualiseer en uit te voer. Die student se vermoë om tyd te bestuur. (2) Die onderhoud behels die voorlê en bespreking van die student se praktiese portefeulje (vorige kunswerke wat gedoen is) aan die keuringspaneel en n kort gestruktureerde onderhoud. Die onderhoud en portefeulje assessering is hoofsaaklik gerig op kennismaking met die student maar toets ook die volgende aspekte: Die student se algemene talentvlak soos gereflekteer deur sy/haar praktiese portefeulje Die student se selfvertroue en kommunikasie vermoë Studente moet die volgende items na die keuringsdag (die tweede, finale keuring) saambring: n Karton of materiaal portefeulje met (minstens 5) van die praktiese projekte in wat jy in jou keuringsleêr fotografies aangebied het. Jou naam moet duidelik die buitekant verskyn. 1

2 n A4 tekenboek met n minimum van 20 skoon bladsye. Skryf jou naam en selfoon-nommer duidelik op die voorblad neer. Plak n foto van jouself op die voorblad. Een A2 velpapier n 2HB potlood, skerpmaker en uitvieër n Pen. ALGEMENE INLIGTING VIR TUISKEURINGSTOETS (FASE 1 - EERSTE KEURING) Studente wat in Grafiese Ontwerp (beide die BA- en BKS-grade) as studierigting belangstel, moet eers n keuring slaag voordat hy/sy vir n graad in Grafiese Ontwerp kan registreer. ALGEMENE INLIGTING TOV DIE KEURING Ten einde gehalte opleiding en voldoende individuele aandag te verseker, word n maksimum van 40 studente vir die studierigting gekeur. Daar kan ook minder gekeur word indien die kwaliteit nie bevredigend is nie. Kuns as matriekvak is n aanbeveling, maar nie n vereiste om gekeur te word vir Grafiese Ontwerp nie. WAT BEHELS DIE KEURINGSAANSOEK? Vir die graad GRAFIESE ONTWERP (BA) Met KOMMUNIKASIESTUDIES met): Die keuringsaansoek vir hierdie graad vereis dat jy vier stukke in een koevert na die Toelatingskantoor (Gebou F20) moet stuur. Die vier stukke is: 1. n Voltooide vorm, getiteld Aansoek om Toelating tot die Universiteit. Hierdie vorm is op aanvraag beskikbaar by die Toelatingskantoor ( ). 2. n A4-aansoekleêr ( flipfile ) wat praktiese projekte bevat en volgens die onderstaande voorskrifte saamgestel is (sien punt getiteld VOORSKRIFTE VIR DIE AANBIEDING VAN DIE GRAFIESE ONTWERP- KEURINGSAANSOEKLêER hieronder). Hierdie lêer is vir die keurpaneel by Grafiese Ontwerp bedoel en sal deur die Toelatingskantoor aan ons besorg word. U moet n aansoekvorm vir Grafiese Ontwerp voltooi en in hierdie aansoeklêer plaas. Die aansoekvorm vir Grafiese Ontwerp kan by bogenoemde telefoonnommer aangevra word, maar word gewoonlik saam met hierdie prospektus aan jou gepos. 3. Een bladsy waarin jy motiveer waarom jy vir hierdie graad aansoek doen. Hierdie motivering is vir die keurpaneel en sal deur die Toelatingskantoor aan hulle besorg word. 4. n Gewaarmerkte afskrif van jou graad 11-puntestaat van die laaste skooleksamen wat afgelê is. Let wel: Indien jy by Grafiese Ontwerp gekeur word, beteken dit nie dat jy outomaties Universiteitstoelating het nie. Universiteitstoelating geskied apart van Grafiese Ontwerp se keuring. 2

3 Adres vir versending van aansoeke: DIE TOELATINGSKANTOOR HOFFMANSTRAAT GEBOU F20 VIR AANDAG: Grafiese Ontwerp-Keurpaneel PRIVAATSAK X 6001 NOORDWES-UNIVERSITEIT POTCHEFSTROOM 2520 Sorg asseblief dat jou aansoek betyds is om teleurstelling te voorkom! SLUITINGSDATUM VIR FASE 1 KEURING Die sluitingsdatum vir aansoeke is: 29 Augustus 2009 Laat aansoeke wat voorwaardelik suksesvol is, sal alleenlik in die graad geakkommodeer word indien daar in Januarie van die volgende jaar kanselasies plaasvind wat sodoende plek maak vir laatkommers. Uitslag: Die uitslag van die keuring kan drie weke na bogenoemde datum telefonies verneem word by die sekretaresse telefoonnommer Studente sal ook na afloop van die keuring n brief ontvang waarin die uitslag bekend gemaak sal word. LET WEL: Die uitslag van die keuring is finaal en geen aanpassings sal na afloop daarvan gedoen word nie. Weens beperkte tyd en groot getalle aansoekers, kan personeel ongelukkig nie aan afgekeurde studente terugvoer gee rakende die redes waarom hulle afgekeur is nie. EVALUERINGSKRITERIA VIR KEURING: Dit is uiters belangrik dat applikante hulself moet vergewis van die maatstawwe wat deur die keurpaneel gebruik word tydens die keuringsproses. Dit is egter baie belangrik om daarop te let dat uit die talle aansoeke wat ontvang word n sekere hoeveelheid kandidate wel in n sekere mate aan die onderstaande kriteria sal voldoen, maar steeds nie gekeur word nie. Diegene wat gekeur word, is die kandidate wat uitstekend in al die onderstaande kriteria gevaar het. Die belangrikste kriteria is soos volg: Tegniese vaardighede: die vermoë om driedimensionele voorwerpe natuurgetrou en akkuraat weer te gee m.b.t. vormgewing, lig- en skadugebruik, perspektief, tonale variasie en die oortuigende uitbeelding van oppervlakteksture. Kontrole oor skilder of tekenmedia: n vermoë om die voorgeskrewe medium met sensitiwiteit en kreatiwiteit te beheers. Kreatiewe/skeppende denke: n vermoë om met oorspronklike en innoverende idees/oplossings vir n gespesifiseerde promosionele of tematiese probleem na vore te kom 3

4 Simboliese vertolking: n vermoë om effektiewe en kreatiewe visuele ekwivalente vir gegewe konsepte te vind en te vergestalt. Begrip vir visuele vormtaalelemente: n vermoë om die volgende aspekte geslaag toe te pas: kleurgebruik, komposisie, uitleg, vormgewing, lig- en skaduwerking, fatsoen, tekstuur, piktorale ruimte. Akademiese prestasie: die grade stel hoë akademiese vereistes aan die student en dit is belangrik dat n student bewys lewer van vodoende kognitiewe vermoëns. Algemene indruk: aanbieding van aansoekleêr. VOORSKRIFTE VIR DIE AANBIEDING VAN DIE GRAFIESE ONTWERP KEURINGSAANSOEKLEêR Die leêr bestaan uit n A4 voorleggingslêer (met plastiekbeskermers) waarin die onderstaande stukke en inligting in onderstaande volgorde, aangebied word. Geen los bladsye moet u aansoek vergesel nie. Elke bladsy of projek moet in n afsonderlike plastiekbeskermer geplaas word. Jou aansoek moet asseblief so ver as moontlik netjies en afgerond vertoon. Die visuele versorging van u aansoek geniet oorweging tydens die keurproses en n slordige aansoek sal jou kanse om gekeur te word benadeel. Die volgende dele moet aan die hand van die onderstaande vereistes aangebied word: 1. Die voorblad: Die lêer moet van n voorblad voorsien wees waarop u naam en die woorde GRAFIESE ONTWERP-KEURING VIR 2007 moet verskyn. n Poskaartgrootte foto van die kandidaat moet op die voorblad verskyn. 1. Aansoekvorm vir Grafiese Ontwerp: Voltooi die aansoekvorm in netjiese drukskrif en plaas dit heel voor in jou lêer in die eerste plastiekbeskermer. 2. Gewaarmerkte akademiese rekord: Tweedens moet n gewaarmerkte afskrif van die uitslae van jou laaste skooleksamen in n plastiekbeskermer geplaas word. Dit moet dieselfde uitslae wees as wat jy by die vorige punt verskaf het. (Let wel: voornemende BKS-studente moet nog n aparte akademiese rekord instuur wat deur die Toelatingskantoor na die vakgroep Kommunikasie gestuur sal word.) 3. n Motivering waarom jy gekies het om in die rigting van Grafiese Ontwerp te studeer. (skrap die motivering in die aansoekvorm) Die motivering moet minstens n halwe getikte folio lank wees. Die student kan hier n bietjie meer vertel oor hom/haarself, voorlieftes, persoonlikheid en so meer. 4. n Fotodokumentasie van vorige werk: Hierdie is foto s van ongeveer 5-10 kunswerke wat gedurende die afgelope twee jaar deur die voornemende student gedoen is. Die werke wat jy kies om voor te lê, kan kunswerke wees wat jy op skool gegenereer het, as stokperdjie gedoen het of tydens buitemuurse kunsklasse gedoen het. Voorbeelde is tekeninge, skilderye, ontwerpe en handvaardighede soos pottebakkery, lapskilderwerk en muurskilderye. Die fotodokumentasie moet asseblief direk ná die motivering in die aansoeklêer geplaas word. Dit moet asseblief duidelik met n opskrif gemerk word: FOTO-DOKUMENTASIE VAN VORIGE WERK. 4

5 Die foto s kan twee-twee op wit A4-bladsye geplak word. Elke foto moet voorsien wees van die volgende byskrifte: 1. Datum van uitvoering. 2. Medium waarin die werk gedoen is. 3. Die doel waarvoor die werk geskep was (bv. skool, stokperdjie, ens.) 4. Die skaal (grootte) van die werk. 5. Titel van werk (indien van toepassing). 6. Die vaardigheidstoets: Hier volg drie praktiese projekte wat die student tuis moet voltooi. Elke projek moet op A4- formaat uitgevoer word. Elke projek moet in n aparte A4-plastiekbeskermer geplaas word en deel vorm van jou totale A4- aansoeklêer. Merk asseblief hierdie afdeling met die opskrif: VAARDIGHEIDSTOETS. Jy moet asseblief streng by die voorgeskrewe vereistes van die toets hou. VAARDIGHEIDSTOETS VIR AANSOEK-LEêR (TUIS OPDRAGTE VIR FASE 1 KEURING) PROJEK 1: WAARNEMINGSTUDIE: STILLEWE Doen n interessante stillewe-opstelling op n A4-papier wat bestaan uit: n koppie en n piering 2 vrugte n wynbottel n boek n stuk materiaal (byvoorbeeld n ou T-hemp) Voer die tekening naas n ligbron soos n venster of n bedlamp uit sodat die vorms van die komposisie sterk gedefinieer word met behulp van duidelike lig- en donkervlakke. Skenk aandag aan lig- en skaduwerking, vormgewing, tekstuur, korrekte verhoudings, tonale variasie en natuurgetroue arseertegnieke. Hierdie projek toets jou kennis van visule vormtaal beginsels, jou vermoë om akkuraat waar te neem en driedimensionele voorwerpe so natuurgetrou as moontlik op n tweedimensionele vlak weer te gee. Plaas die projek in n afsonderlike plastiekbeskermer direk ná die fotodokumentasie van jou vorige werk. Medium: Maak gebruik van n B2- potlood om die opstelling so akkuraat en lewensgetrou as moontlik weer te gee. PROJEK 2: LOGO ONTWERP Ontwerp n nuwe logo vir die jaarlikse ontwerpkuns tentoonstelling, die DESIGN INDABA. Besoek die webblad van die DESIGN INDABA en doen navorsing oor die visie en aktiwiteite van die geleetheid sodat u n logo kan ontwerp wat funksioneel daarby inskakel. Die letters DESIGN INDABA moet n integrale deel van die logo vorm. Indien u nie van ander visuele beelde in die logo wil gebruik maak nie kan u slegs n TIPOGRAFIESE logo ontwerp. n Tipografiese logo bestaan slegs uit teks, dit wil sê, die woorde Design Indaba vorm die logo maar die teks is kreatief en visueel gemanipuleer om n opwindende visuele beeld te skep. Voorsien die kliënt van vier verskillende kreatiewe moontlikhede. 5

6 Dit is belangrik dat u navorsing doen oor die DESIGN INDABA voordat u die logo s begin ontwerp. Dit word aanbeveel dat u die navorsing en voorsketse wat u genereer vir die projek insluit in die leêr sodat die personeel kennis kan neem van u denk prosesse wat gelei het tot die kreatiewe oplossings. Dit is egter opsioneel om dit in te sluit. As u dit insluit moet dit agter die finale werke in APARTE plastiekbeskermers van die flip-file geplaas word. Inligting oor logo s: Die woord logo verwys na 'n verskeidenheid van grafiese en tipografiese elemente. In grafiese ontwerp gebruik ons dit egter om te verwys na die ontwerp wat vir 'n spesifieke produk, besigheid, instansie of maatskappy gebruik word om dit maklik identifiseerbaar te maak. Daar word ook verwys na die korporatiewe identiteit wat basies dien as 'n 'handtekening' van 'n besigheid of instansie. Die logo is een van die belangrikste maniere waarop 'n besigheid of produk sy beeld, doelstellings en karakter na buite kommunikeer. 'n Logo moet kan funksioneer met of sonder die naam van die produk of besigheid en kan dus soms slegs letterwerk insluit of met 'n eenvoudige beeld of ontwerp gekombineer word. Dit is egter belangrik dat die logo nie te gekompliseerd raak nie, nie te veelkleurig is nie en dat daar 'n goeie eenheid tussen al die ontwerpelemente is. PROJEK: Deel jou A4-papier in 4 dele deur middel van lyne wat jy met n potlood trek. Doen vier logo s, een in elke segment van die opgedeelde A4-blad, waar jy vier alternatiewe logomoontlikhede vir die INDABA uitbeeld. Medium: Jy kan die logo s in enige van die volgende mediums uitbeeld: Swart inkpen, viltpenne, gouache verf, kleurpotlode. Die logo s kan in swart en wit of in een of meer kleure uitgevoer word. Plaas die projek in n afsonderlike plastiekbeskermer direk ná Projek 1. PROJEK 3: FANTASIE ILLUSTRASIE: KARAKTER ONTWIKKELING Ontwikkel n verbeeldingryke fantasie karakter wat gebruik kan word om televisie programme vir n jeugdige mark aan te kondig. Die karakter moet n humoristiese inslag hê en geen ooreerstemming toon met bestaande televisie karakters nie. Jy moet bewys lewer van jou vermoë om verbeeldingryke denke op papier te vergestalt. Die karakter moet so lewensgetrou as moontlik uitgebeeld word. Voorsien jou fantasie karakter van n naam en skryf dit onderaan die illustrasie. Medium: Maak gebruik van enige medium van jou eie keuse wat geskik is vir uitvoering op gewone A4 papier. Plaas die projek in n afsonderlike plastiekbeskermer direk ná Projek 2. VERKLARING Knip asseblief die onderstaande verklaring uit, vul jou naam en die datum in en onderteken dit. Plak die verklaring op n wit A4-bladsy aan die einde van die aansoeklêer. 6

7 Hiermee verklaar ek,.(volle naam) dat al die praktiese werk en fotodokumentasie van werke in hierdie aansoekleêr my eie is. Ek bevestig hiermee dat ek die werke onafhanklik uitgevoer het en dat geen bydraes deur n ander persoon gemaak is nie. Ek begryp dat my keuring teruggetrek kan word indien daar vasgestel word dat die inhoud van die aansoek op enige wyse valslik as my eie voorgedoen is. Datum:.. Handtekening:.. 7

BASIESE KONSEPTE-PROGRAM PROGRAM. n Toets ontwikkel deur dr. Louis Benjamin, Naam van leerder: Ouderdom van leerder: Geslag: Graad: Skool:

BASIESE KONSEPTE-PROGRAM PROGRAM. n Toets ontwikkel deur dr. Louis Benjamin, Naam van leerder: Ouderdom van leerder: Geslag: Graad: Skool: BASIESE KONSEPTE-PROGRAM PROGRAM TOETSING VAN BASIESE KONSEPTE-KENNIS n Toets ontwikkel deur dr. Louis Benjamin, 2007 Naam van leerder: Ouderdom van leerder: Geslag: Graad: Skool: Datum van toets: Naam

Nadere informatie

Les 14: Entrepreneurskap

Les 14: Entrepreneurskap Les 14: Entrepreneurskap Aktiwiteit Beantwoord die volgende vrae deur die regte kolom te merk Altyd Gereeld Soms Nooit A Dryfkrag en motivering 1. Ek is nie seker wat ek van die lewe dink nie. 0 1 2 3

Nadere informatie

Stuur die aansoekvorm aan:

Stuur die aansoekvorm aan: AANSOEK OM N STUDIEBEURS AANSOEKVORMS MOET DIE ATKV JAARLIKS VOOR OF OP 15 JANUARIE 2018 BEREIK VOORWAARDES VIR AANSOEKE: 1. Alle inligting wat verskaf word, sal streng vertroulik hanteer word. 2. Aansoeke

Nadere informatie

GRAAD: 4 VAK: LEWENSVAARDIGHEDE SKEPPENDE KUNSTE KWARTAAL VIER FORMELE ASSESSERINGSTAAK (FAT) 4

GRAAD: 4 VAK: LEWENSVAARDIGHEDE SKEPPENDE KUNSTE KWARTAAL VIER FORMELE ASSESSERINGSTAAK (FAT) 4 GRAAD: 4 VAK: LEWENSVAARDIGHEDE SKEPPENDE KUNSTE KWARTAAL VIER FORMELE ASSESSERINGSTAAK (FAT) 4 Naam: Klas: Datum: Skool: Onderwyser: FAT Aktiwiteit/Vorm Leerder se punte Leerder se % 4 Visuele Kunste:

Nadere informatie

GRAAD: 6 VAK: LEWENSVAARDIGHEDE SKEPPENDE KUNSTE KWARTAAL VIER FORMELE ASSESSERINGSTAAK (FAT) 4

GRAAD: 6 VAK: LEWENSVAARDIGHEDE SKEPPENDE KUNSTE KWARTAAL VIER FORMELE ASSESSERINGSTAAK (FAT) 4 GRAAD: 6 VAK: LEWENSVAARDIGHEDE SKEPPENDE KUNSTE KWARTAAL VIER FORMELE ASSESSERINGSTAAK (FAT) 4 Naam: Klas: Datum: Skool: Onderwyser: FAT Aktiwiteit/Vorm Leerder se punte Leerder se % 4 Visuele Kunste:

Nadere informatie

LPENGPN. Studiebrief 101/0/2018. Taalvaardigheid. Jaarmodule. Departement Taalonderwys, Kuns en Kultuur

LPENGPN. Studiebrief 101/0/2018. Taalvaardigheid. Jaarmodule. Departement Taalonderwys, Kuns en Kultuur /0/2018 Studiebrief 101/0/2018 Taalvaardigheid LPENGPN Jaarmodule Departement Taalonderwys, Kuns en Kultuur Hierdie studiebrief bevat belangrike inligting oor u module. STAAFKODE INHOUD Bladsy 1 INLEIDING...

Nadere informatie

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur Handleiding 11 Belangegroepbestuur 1 11.1 INLEIDING Die kerk het n hele paar belangegroepe wat in ag geneem word, wor, en waarmee daar gereeld gekommunikeer moet word. Die kommunikasie met elk van hierdie

Nadere informatie

Klank en kleur in die skepping

Klank en kleur in die skepping Klank en kleur in die skepping Kuns en Kultuur Graad 7 Saamgestel in opdrag van Arso Uitgegee deur en verkrygbaar by Boekenhout, Dickensonlaan 1180, Waverley Tel 012-3323227/8 e-pos boekenhout@aros.ac.za

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS HUISTAAL V 3 SEPTEMBER 2014

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS HUISTAAL V 3 SEPTEMBER 2014 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS HUISTAAL V 3 SEPTEMBER 2014 PUNTE: 100 TYD: 2½ UUR Hierdie vraestel bestaan uit 7 bladsye INSTRUKSIES EN INLIGTING: 1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE

Nadere informatie

Stuur die aansoekvorm aan:

Stuur die aansoekvorm aan: AANSOEK OM N STUDIEBEURS AANSOEKVORMS MOET DIE ATKV JAARLIKS VOOR OF OP 15 JANUARIE 2016 BEREIK VOORWAARDES VIR AANSOEKE: 1. Alle inligting wat verskaf word, sal streng vertroulik hanteer word. 2. Net

Nadere informatie

ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING

ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL VRAESTEL 3 KREATIEWE - EN TRANSAKSIONELE SKRYFWERK JUNIE 2015 GRAAD 6 Aantal bladsye: 6 TYDSDUUR: PUNTE: 60 1 UUR NAAM EN VAN: INSTRUKSIES:

Nadere informatie

Geagte graad 9-Ouer/Voog en leerder VAKKEUSES VIR VOO-FASE

Geagte graad 9-Ouer/Voog en leerder VAKKEUSES VIR VOO-FASE Geagte graad 9-Ouer/Voog en leerder VAKKEUSES VIR VOO-FASE Die graad 9-leerders moet op 22 September 2017 hul finale vakkeuse vir hul VOO-fase (Verdere Onderrig en Opleiding) in hul hoërskoolloopbaan maak.

Nadere informatie

1 Waar ek vandaan kom

1 Waar ek vandaan kom 1 Waar ek vandaan kom Groepaktiwiteit 1. Lees Psalm 139:13. Leer die Here jou eers ken nadat jy gebore is? Wanneer dan? 2. Waar of vals: Die doel van n baba se doop is om vir hom of haar n naam te gee.

Nadere informatie

RESPECT 4 U. L e s 1. Jou vermoëns en sommige van jou verwagtinge en drome indentifiseer

RESPECT 4 U. L e s 1. Jou vermoëns en sommige van jou verwagtinge en drome indentifiseer WIE KIES EK OM TE WEES? WAT KIES EK OM TE WEES RESPECT 4 U Gedurende hierdie les sal jy: Leer oor die RESPEK vir jouself program en jou ontmoet onderwyser ontmoet Maniere identifiseer om RESPEK te wys

Nadere informatie

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II LEERUITKOMS 3 & 4 LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II LEERUITKOMS 3 & 4 LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR GRAAD 10: PROEFVRAESTEL EKSAMEN 2006 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II LEERUITKOMS 3 & 4 Tyd: 2 uur 100 punte LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR 1. Hierdie vraestel bestaan

Nadere informatie

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE ARBEIDSVERHOUDINGE (I) WET OP ARBEIDSVERHOUDINGE No. 66 van 1995 (soos gewysig) - Vakbonde 22/27 Hierdie nuusbrief handel oor vakbonde en is in n Vraag en Antwoord formaat.

Nadere informatie

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL VRAESTEL

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL VRAESTEL 1 EHLANZENI STREEK JUNIE 2014 GRAAD 10 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL VRAESTEL 3 PUNTE : 100 TYD : 2 UUR Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye. 2 INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 NOVEMBER 2011 PUNTE: 100 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye. Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 2 DBE/November

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2012

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2012 GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2012 PUNTE: 80 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye. Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 2 DBE/November

Nadere informatie

KAROO EISTEDDFOD 2016 KLASSE E & F: DRAMA. Inskrywings sluit: 24 Junie 2016

KAROO EISTEDDFOD 2016 KLASSE E & F: DRAMA. Inskrywings sluit: 24 Junie 2016 KAROO EISTEDDFOD 2016 KLASSE E & F: DRAMA Inskrywings sluit: 24 Junie 2016 Beoordeling vind plaas 15 tot 19 Augustus 2016 1 KLAS E: Enige Taal: SPRAAK EN DRAMA Algemene Riglyne Inskrywings is onderhewig

Nadere informatie

Visuele Kunste en Fotografie

Visuele Kunste en Fotografie Visuele Kunste en Fotografie Voorsitter: Tabita Sales, 072 083 7072 - tabitasales@gmail.com Inhandiging: 24 Augustus 2015 08:00 17:00 Nelspruit Gemeenskapsaal Nelspruit Stadsteater Afhaal van Inskrywings:

Nadere informatie

GRAAD 12 SEPTEMBER 2015

GRAAD 12 SEPTEMBER 2015 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2015 AFRIKAANS HUISTAAL V3 PUNTE: 100 TYD: 2½ uur *AFRHL3* Hierdie vraestel bestaan uit 7 bladsye. 2 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2015) INSTRUKSIES

Nadere informatie

GRAAD 11 ONTWERP EERSTE VRAESTEL (TEORIE) NOVEMBER 2009

GRAAD 11 ONTWERP EERSTE VRAESTEL (TEORIE) NOVEMBER 2009 Province of the EASTERN CAPE EDUCATION NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 ONTWERP EERSTE VRAESTEL (TEORIE) NOVEMBER 2009 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye. 2 ONTWERP EERSTE

Nadere informatie

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS HUISTAAL V3 FEBRUARIE/MAART 2014 PUNTE: 100 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye. Afrikaans Huistaal/V3 2 DBE/Feb. Mrt. 2014 INSTRUKSIES

Nadere informatie

2 nd Chances... Wiskunde

2 nd Chances... Wiskunde Doen jou Gr 11 1ste Kwartaal Wiskunde OOR... hierdie Vakansie... by jou Huis 2 nd Chances... Wiskunde n Geleentheid om reg te wees vir die tweede kwartaal Gr 11 Wiskunde. Word deel van n Whatsapp-metodiek

Nadere informatie

KONSEP BELEID T.O.V. DIE BEHEER EN KONTROLE VAN HANDBOEKE EN LEERHULPMIDDELS

KONSEP BELEID T.O.V. DIE BEHEER EN KONTROLE VAN HANDBOEKE EN LEERHULPMIDDELS KONSEP BELEID T.O.V. DIE BEHEER EN KONTROLE VAN HANDBOEKE EN LEERHULPMIDDELS 1. DOELSTELLINGS VAN DIE BELEID 1.1 Om alle handboeke en leerhulpmiddels te herwin aan die einde van die jaar. 1.2 Die effektiewe

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRFA.3 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 FEBRUARIE/MAART Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRFA.3 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 FEBRUARIE/MAART Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye. NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRFA.3 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 FEBRUARIE/MAART 2010 PUNTE: 100 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye. MIDDAGSESSIE Afrikaans Eerste Addisionele

Nadere informatie

Ingevolge artikel 185 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 55 van 1995, het elke werknemer die reg om nie onbillik ontslaan te word nie.

Ingevolge artikel 185 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 55 van 1995, het elke werknemer die reg om nie onbillik ontslaan te word nie. Beëindiging van ʼn vastetermyndienskontrak 1 Uit FEDSAS se omgewingsontleding van ledeskole blyk dat 28% van opvoeders en 52% van nie-opvoeders deur die beheerliggaam aangestel word. ʼn Groot persentasie

Nadere informatie

Skoolgereed in 10 weke: Week 1

Skoolgereed in 10 weke: Week 1 Skoolgereed in 10 weke: Week 1 www.kinderwerf.co.za Vaardigheid 1: Kan jou kind al skoenveters vasmaak? Indien hy/sy nog sukkel, oefen dit met hierdie oulike skoenveter-rympie! Hasie-gaatjie om die draaitjie,

Nadere informatie

onderskeid tussen verskillende kunsvorme

onderskeid tussen verskillende kunsvorme OpenStax-CNX module: m26092 1 onderskeid tussen verskillende kunsvorme Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 KUNS EN

Nadere informatie

.1 INLEIDING. geleenthede te adverteer en deelname te bevorder Moets

.1 INLEIDING. geleenthede te adverteer en deelname te bevorder Moets Handleiding 9 Riglyne vir plakkate en pamflette [Type text] Page 1 9.1.1 INLEIDING Die doel van ʼn plakkaat is om ʼn boodskap vinnig en maklik te versprei. Dit is ʼn effektiewe manier om groot getalle mense

Nadere informatie

Foto-redigering vir sun.ac.za

Foto-redigering vir sun.ac.za Foto-redigering vir sun.ac.za Foto s is ʼn baie kragtige bemarkingsinstrument. Ons het oor die afgelope paar jaar nuusberigfoto s op ʼn sekere manier hanteer, maar dit is tyd vir vernuwing om die webwerf

Nadere informatie

FAKULTEIT EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE (EBW)

FAKULTEIT EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE (EBW) FAKULTEIT EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE (EBW) Keuringsriglyne vir nuweling eerstejaars: 2019-inname 1. TERMINOLOGIE Voorwaardelike toelating: Studente ontvang voorwaardelike toelating op grond van

Nadere informatie

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

JOHANNESBURG EAST DISTRICT JOHANNESBURG EAST DISTRICT DISTRIK-EKSAMEN GRAAD 11 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL NOVEMBER 2013 PUNTE: 100 TYD: 2 ½ UUR Hierdie VRAESTEL bestaan uit 7 bladsye. Bladsy 1 van 7 INSTRUKSIES EN INLIGTING

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL VRAESTEL 3: SKRYF FEBRUARIE/MAART 2009 PUNTE: 100 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye. Afrikaans Eerste Addisionele

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 NOVEMBER 2015 (R) PUNTE: 100 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye. Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 2 DBE/November

Nadere informatie

OpenStax-CNX module: m Om tyd te leer lees. Siyavula Uploaders

OpenStax-CNX module: m Om tyd te leer lees. Siyavula Uploaders OpenStax-CNX module: m31957 1 Om tyd te leer lees Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 WISKUNDE 2 Bonnie en Tommie

Nadere informatie

2015 AKADEMIESE JAAR

2015 AKADEMIESE JAAR Die sluitingsdatum vir die 2015 akademiese jaar aansoeke is die 5 de Desember 2014 en geen laat aansoeke sal aanvaar of oorweeg word nie. Die indiening van ʼn aansoek is nie ʼn waarborg dat die Trust aan

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL VRAESTEL 3: SKRYF NOVEMBER 2008 PUNTE: 100 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye. Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3

Nadere informatie

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II SKRYF EN AANBIED (LU3) TAAL (LU4)

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II SKRYF EN AANBIED (LU3) TAAL (LU4) GRAAD 11 PROEFVRAESTEL AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II SKRYF EN AANBIED (LU3) TAAL (LU4) Tyd: 2½ uur 100 punte LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR 1. Hierdie vraestel

Nadere informatie

AANSOEK VIR ONDERSTEUNING TEN OPSIGTE VAN N NAVORSINGSPROJEK / STUDIEBEURS

AANSOEK VIR ONDERSTEUNING TEN OPSIGTE VAN N NAVORSINGSPROJEK / STUDIEBEURS AANSOEK VIR ONDERSTEUNING TEN OPSIGTE VAN N NAVORSINGSPROJEK / STUDIEBEURS - 2 - RIGLYNE VIR DIE INDIENING VAN N AANSOEK Opmerking: Die aantal projekte wat ondersteun gaan word, word beperk tot twee per

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT (NSS) GRAAD 11 FINALE EKSAMEN AFRIKAANS HUISTAAL DERDE VRAESTEL (NPS-08) TYDSDUUR: 2½ UUR DATUM: 10 OKTOBER 2012

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT (NSS) GRAAD 11 FINALE EKSAMEN AFRIKAANS HUISTAAL DERDE VRAESTEL (NPS-08) TYDSDUUR: 2½ UUR DATUM: 10 OKTOBER 2012 AFRHIG611 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT (NSS) GRAAD 11 FINALE EKSAMEN AFRIKAANS HUISTAAL DERDE VRAESTEL (NPS-08) TYD: 14H00 16H30 TOTAAL: 100 PUNTE TYDSDUUR: 2½ UUR DATUM: 10 OKTOBER 2012 Hierdie vraestel

Nadere informatie

FAKTORE EN VEELVOUDE

FAKTORE EN VEELVOUDE FAKTORE EN VEELVOUDE Ons gaan nou na n paar stukkies teorie kyk in verband met Natuurlike- en Telgetalle. Voltooi: 3 X 1 = 3 X 2 = 3 X 3 = 3 X 4 = 3 X 5 = Ons sê dus dat 3, 6, 9, 12 en 15 VEELVOUDE is

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 FEBRUARIE/MAART 2018 PUNTE: 100 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 6 bladsye. Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 2 DBE/Feb.

Nadere informatie

DNK TRUST NASORG AANSOEKVORM 2017 n Aparte vorm moet vir elke kind voltooi word

DNK TRUST NASORG AANSOEKVORM 2017 n Aparte vorm moet vir elke kind voltooi word DNK TRUST NASORG AANSOEKVORM 2017 n Aparte vorm moet vir elke kind voltooi word GEBOORTEDATUM: GESLAG: LEERDERBESONDERHEDE GRAAD: HUISTAAL: FISIESE ADRES: VAN EN NAAM VAN MOEDER TELEFOON: BEROEP: SEL:

Nadere informatie

TOEGEWINGSPROTOKOL EN -PROSEDURES (geskryf in 2018) 1. INLEIDING

TOEGEWINGSPROTOKOL EN -PROSEDURES (geskryf in 2018) 1. INLEIDING Privaat sak X6001, Potchefstroom Suid-Afrika 2520 Tel: +2718 299-1111/2222 Web: http://www.nwu.ac.za Studentevoorligting en -ontwikkeling (SVO) Tel: +2718 299-1777 E-pos: Corrie.Rheeder@nwu.ac.za TOEGEWINGSPROTOKOL

Nadere informatie

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM Privaatsak X2, Citrusdal, 7340 E-pos: citrushs@mweb.co.za Tel: (022) 921 2100 Faks: (022) 921 3931 Liewe Ouer of Voog Sien asseblief onderaan

Nadere informatie

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

JOHANNESBURG EAST DISTRICT JOHANNESBURG EAST DISTRICT DISTRIK-EKSAMEN GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISONELE TAAL SEPTEMBER 2014 PUNTE: 100 TYD: 2 ½ UUR Hierdie VRAESTEL bestaan uit 7 bladsye. Bladsy 1 van 7 INSTRUKSIES EN INLIGTING

Nadere informatie

AANSOEKPROSEDURE KEURINGSPROSES EN TOELATINGSVEREISTES BELANGRIKE DATUMS

AANSOEKPROSEDURE KEURINGSPROSES EN TOELATINGSVEREISTES BELANGRIKE DATUMS BA (DRAMA- EN TEATERSTUDIE): Aansoek om toelating 2019 AANSOEKPROSEDURE 1. Voltooi ʼn Voorgraadse Aansoek om Toelating tot die Universiteit elektronies (e-aansoek) of per hand. 2. Betaal die aansoekfooi

Nadere informatie

GRAAD 12 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

GRAAD 12 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN GRAAD 12 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 2017 PUNTE: 100 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 6 bladsye. Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 2 DBE/2017 INSTRUKSIES EN

Nadere informatie

Inleiding Tot Die Jagluiperd

Inleiding Tot Die Jagluiperd Les Plan Een Inleiding Tot Die Jagluiperd KRITIEKE UITKOMSTE KU #1: KU #2: KU #3: Identifiseer en los probleme op en maak besluite deur van kritieke en vindingryke denke gebruik te maak. Werk effektief

Nadere informatie

Handleiding 2. Skep van ʼn webwerf Weergawe 1.0 Februarie 2014 GKSA

Handleiding 2. Skep van ʼn webwerf Weergawe 1.0 Februarie 2014 GKSA Handleiding 2 Skep van ʼn webwerf Weergawe 1.0 Februarie 2014 1 GKSA 2.1.1 INLEIDING Die World Wide Web (www) het ʼn inligtinggebaseerde samelewing geskep, waar beheer oor inligting in die hande van die

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 WISKUNDE V1 NOVEMBER 01 PUNTE: 150 TYD: uur Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye. Wiskunde/V1 DBE/November 01 INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies

Nadere informatie

Kingswood College Departement Afrikaans AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 9 VRAESTEL 2

Kingswood College Departement Afrikaans AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 9 VRAESTEL 2 Kingswood College Departement Afrikaans AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 9 VRAESTEL 2 Eksaminator: Mnr. D. Koen Tyd: 2 UUR Moderators: Mnr. T. Scholtz Totaal: [100] Me. M. Muller November 2014 Me.

Nadere informatie

GRAAD 12 SEPTEMBER 2013 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3

GRAAD 12 SEPTEMBER 2013 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 Province of the EASTERN CAPE EDUCATION NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2013 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 PUNTE: 100 TYD: 2½ uur *AFRFA3* Hierdie vraestel bestaan uit 7 bladsye.

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 FEBRUARIE/MAART 2011

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 FEBRUARIE/MAART 2011 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 FEBRUARIE/MAART 2011 PUNTE: 80 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye. Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 2 DBE/Feb.

Nadere informatie

JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING GRAAD 1 AFRIKAANS HUISTAAL STEL 1: 2012 MODELVRAE

JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING GRAAD 1 AFRIKAANS HUISTAAL STEL 1: 2012 MODELVRAE JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING GRAAD 1 AFRIKAANS HUISTAAL STEL 1: 2012 MODELVRAE RIGLYNE BY DIE GEBRUIK VAN JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERINGSVOORBEELDE (ANA) 1. Algemene oorsig Die Jaarlikse Nasionale

Nadere informatie

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk Doel van les: Voordat ons kan leer van ons nuwe identiteit in Christus, moet ons eers stil staan by wat Christus vir ons kom doen het. Vandag gaan ons gesels

Nadere informatie

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS HUISTAAL V3 NOVEMBER 2011 PUNTE: 100 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 7 bladsye. Afrikaans Huistaal/V3 2 INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 NOVEMBER 2012 PUNTE: 100 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye. Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 2 DBE/November

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 1 DBE/November 2011 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 FEBRUARIE/MAART 2014 PUNTE: 100 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan

Nadere informatie

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees Doel van les: Vandag leer ons van die Vrugte van die Heilige Gees en hoe dit in ons lewens werk. INLEIDING: Sjoe, ons het nou al so baie van die Heilige Gees

Nadere informatie

AANSOEK OM STUDIELENING

AANSOEK OM STUDIELENING AANSOEK OM STUDIELENING 1. PERSOONLIKE INLIGTING VAN AANSOEKER (STUDENT) Vul asseblief volledig in waar van toepassing Van: Volle naam: Geboortedatum: ID Nommer: Is u 'n Suid-Afrikaanse burger? JA Huistaal:

Nadere informatie

Bring jou inligting en prente klas toe, want soos gewoonlik werk ons in die klas.

Bring jou inligting en prente klas toe, want soos gewoonlik werk ons in die klas. 16 Vervoer Vervoertaak Kies enige vervoermiddel, en maak n taak van ongeveer twee bladsye daaroor. Jy moet die volgende hoofpunte hê: Inleiding. Geskiedenis van die vervoermiddel. Hoe die vervoermiddel

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 NOVEMBER 2014 PUNTE: 100 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 6 bladsye. Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 2 DBE/November

Nadere informatie

GRAAD 11 NOVEMBER 2017 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3

GRAAD 11 NOVEMBER 2017 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2017 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 PUNTE: 100 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 6 bladsye. 2 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 (EC/NOVEMBER

Nadere informatie

HUISWERKRIGLYNE - INTERSENFASE: GR

HUISWERKRIGLYNE - INTERSENFASE: GR HUISWERKRIGLYNE - INTERSENFASE: GR. 4 2015 Doel: Die koördinering en monitering van alle graad 4-huiswerk op n daaglikse basis. Duidelike kommunikasie vanaf die graad 4-onderwysers aan die leerders, en

Nadere informatie

AANSOEK OM TOELATING TOT DIE ATKV-Postmatriekjaar

AANSOEK OM TOELATING TOT DIE ATKV-Postmatriekjaar AANSOEK OM TOELATING TOT DIE ATKV-Postmatriekjaar DIE INLIGTING WAT HIER VERSTREK WORD, WORD GEBRUIK OM KANDIDATE TE KEUR. DIT IS DUS IN JOU EIE BELANG OM DIE AANSOEKVORM VOLLEDIG IN TE VUL VUL ASSEBLIEF

Nadere informatie

education Departement van Onderwys MPUMALANGA PROVINSIE

education Departement van Onderwys MPUMALANGA PROVINSIE education Departement van Onderwys MPUMALANGA PROVINSIE AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 GRAAD 11 JUNIE 2017 LEERUITKOMS 3: SKRYF Punte:80 EN AANBIED ALGEMEEN Tyd: 2 ure Hierdie vraestel bestaan uit

Nadere informatie

GRAAD 11 WISKUNDE DERDE VRAESTEL NOVEMBER 2009

GRAAD 11 WISKUNDE DERDE VRAESTEL NOVEMBER 2009 Province of the EASTERN CAPE EDUCATION NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 WISKUNDE DERDE VRAESTEL NOVEMBER 2009 PUNTE: 100 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye, diagramvel en formuleblad.

Nadere informatie

Aansoekvorm: BA Honneurs in Toegepaste Linguistiek 2015

Aansoekvorm: BA Honneurs in Toegepaste Linguistiek 2015 Departement Fakulteit Geesteswetenskappe Aansoekvorm: BA Honneurs in Toegepaste 2015 Die BA Honneursgraadprogram in Toegepaste bestaan uit vyf modules. Studente kies vier modules uit onderstaande lys;

Nadere informatie

P A U L R O O S Gymnasium / Gimnasium

P A U L R O O S Gymnasium / Gimnasium SUID-AFRIKAANSE SKOLEWET, NO. 84 VAN 1996 REGULASIES VIR DIE VRYSTELLING VAN OUERS VAN DIE BETALING VAN SKOOLGELD AANSOEK VIR VRYSTELLING P A U L R O O S Gymnasium / Gimnasium Tel (021) 887 0017/77 Fax

Nadere informatie

INTERNASIONALE AFRIKAANS-EKSPO. vir skoolleerders en studente. jou erfenis!

INTERNASIONALE AFRIKAANS-EKSPO. vir skoolleerders en studente. jou erfenis! INTERNASIONALE AFRIKAANS-EKSPO vir skoolleerders en studente INTERNASIONALE AFRIKAANS-EKSPO 2018 DAGBOEKINSKRYWINGS 1. VOORSKRIFTE 1.1 Algemene voorskri e: 'n Leerder/student mag in een of meer kategorieë

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10 AFRIKAANS HUISTAAL V3 MODELVRAESTEL - 2006 PUNTE: 80 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 7 bladsye. INSTRUKSIES EN INLIGTING 2 1. 2. 3. 4. 5. 6. 7. 8. 9. 10. Hierdie

Nadere informatie

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

JOHANNESBURG EAST DISTRICT JOHANNESBURG EAST DISTRICT DISTRIK EKSAMEN GRAAD 11 HUISTAAL JUNIE 2011 PUNTE: 100 TYD: 2 ½ UUR Hierdie vraestel bestaan uit 7 bladsye. Bladsy 1 van 7 INSTRUKSIES EN INLIGTING INSTRUKSIES: 1. Hierdie vraestel

Nadere informatie

ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING SKEPPENDE KUNSTE VISUELE KUNSTE ASSESSERINGSTAAK JUNIE 2015 GRAAD 9

ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING SKEPPENDE KUNSTE VISUELE KUNSTE ASSESSERINGSTAAK JUNIE 2015 GRAAD 9 ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING SKEPPENDE KUNSTE VISUELE KUNSTE ASSESSERINGSTAAK JUNIE 2015 GRAAD 9 3 Bladsye PUNTE : 50 TYDSDUUR : 1 UUR VISUELE KUNSTE INSTRUKSIES 1. Alle vrae is verpligtend. 2. Skryf

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT (NSS) GRAAD 11 HALFJAAR EKSAMEN AFRIKAANS HUISTAAL DERDE VRAESTEL (NSC11-06) D C

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT (NSS) GRAAD 11 HALFJAAR EKSAMEN AFRIKAANS HUISTAAL DERDE VRAESTEL (NSC11-06) D C AFRHIG611 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT (NSS) GRAAD 11 HALFJAAR EKSAMEN AFRIKAANS HUISTAAL DERDE VRAESTEL (NSC11-06) D10055661-7-C TYD: 14H00 16H30 TOTAAL: 100 PUNTE TYDSDUUR: 2½ UUR DATUM: 5 JUNIE 2013

Nadere informatie

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 WISKUNDE V1

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 WISKUNDE V1 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2013 WISKUNDE V1 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye. 2 WISKUNDE V1 (NOVEMBER 2013) INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees sorgvuldig deur

Nadere informatie

Les 11: Tegnologie in die sake-omgewing

Les 11: Tegnologie in die sake-omgewing Les 11: Tegnologie in die sake-omgewing Aktiwiteit Groot handelsbanke soos Absa, Standard Bank en Nedbank bied verskeie nuwe dienste aan hulle kliënte. Kliënte hoef nie meer soos in die verlede die bank

Nadere informatie

Fase 1: Die beskikbare opsies Klik op die volgende plekke: Stap 1: Stap 2: Stap 3: Vul die Name - en die Description -veld vir die klikker in.

Fase 1: Die beskikbare opsies Klik op die volgende plekke: Stap 1: Stap 2: Stap 3: Vul die Name - en die Description -veld vir die klikker in. Klikker ( Clicker ) Klikker-aktiwiteite is nuttig vir assessering in die klaskamer. Dosente gebruik hierdie assesseringsmetode om studente se verstaansvlak van n besondere begrip te meet terwyl die lesing

Nadere informatie

Dit begin alles hier. Teologie

Dit begin alles hier. Teologie Dit begin alles hier Teologie VRYWARING Kennisgewing: Studie-inligting is onderhewig aan verandering en is slegs ʼn opsomming van die algemeenste studierigtings. Hierdie inligting is opgestel met die oog

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT (NSS) GRAAD 11 HALFJAAR EKSAMEN AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL DERDE VRAESTEL (NSC11-07) D C

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT (NSS) GRAAD 11 HALFJAAR EKSAMEN AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL DERDE VRAESTEL (NSC11-07) D C AFRHIG311 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT (NSS) GRAAD 11 HALFJAAR EKSAMEN AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL DERDE VRAESTEL (NSC11-07) D10055667-7-C TYD: 14H00 16H30 TOTAAL: 100 PUNTE TYDSDUUR: 2½ UUR DATUM:

Nadere informatie

Gemeenskaplike Vraestel GRAAD 10: AFRIKAANS HT VRAESTEL 3: STELWERK INSTRUKSIES EN INLIGTING. OOS-KAAP Onderwysdepartement UITENHAGE DISTRIK

Gemeenskaplike Vraestel GRAAD 10: AFRIKAANS HT VRAESTEL 3: STELWERK INSTRUKSIES EN INLIGTING. OOS-KAAP Onderwysdepartement UITENHAGE DISTRIK INSTRUKSIES EN INLIGTING OOS-KAAP Onderwysdepartement UITENHAGE DISTRIK Gemeenskaplike Vraestel GRAAD 10: AFRIKAANS HT VRAESTEL 3: STELWERK JUNIE 2013 PUNTE: 100 TYD: 2 UUR Hierdie vraestel bestaan uit

Nadere informatie

HUISWERKRIGLYNE - SENIORFASE: GR

HUISWERKRIGLYNE - SENIORFASE: GR HUISWERKRIGLYNE - SENIORFASE: GR. 7 2015 Doel: Die koördinering en monitering van alle graad 7-huiswerk op n daaglikse basis. Duidelike kommunikasie vanaf die graad 7-onderwysers aan die leerders, en veral

Nadere informatie

Hierdie toets bestaan uit 9 bladsye, die voorblad uitgesluit.

Hierdie toets bestaan uit 9 bladsye, die voorblad uitgesluit. PUNTE JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING 2013 GRAAD 1 AFRIKAANS HUISTAAL TOETS PUNTE: 20 TYD: 1 UUR PROVINSIE STREEK DISTRIK NAAM VAN SKOOL OBIS-NOMMER (9 syfers) KLAS (bv. 1A) VAN NAAM GESLAG ( ) SEUN DOGTER

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2016 PUNTE: 80 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye. Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 2 DBE/November

Nadere informatie

Wiskundige Geletterdheid. Data Hantering. Opsomming van Data. Kwartiele

Wiskundige Geletterdheid. Data Hantering. Opsomming van Data. Kwartiele Wiskundige Geletterdheid Data Hantering Opsomming van Data Kwartiele Let wel: KAPV vereis slegs die interpretasie van kwartiele (houer-en-punt stippings). Ek sluit egter die teken van die houer-en-punt

Nadere informatie

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

JOHANNESBURG EAST DISTRICT JOHANNESBURG EAST DISTRICT DISTRIK EKSAMEN GRAAD 10 AFRIKAANS HUISTAAL NOVEMBER 2103 PUNTE: 100 TYD: 2 UUR Hierdie vraestel bestaan uit 6 bladsye. Bladsy 1 van 6 INSTRUKSIES EN INLIGTING INSTRUKSIES: 1.

Nadere informatie

GRAAD 12: AFRIKAANS HT VRAESTEL 3: SKRYF

GRAAD 12: AFRIKAANS HT VRAESTEL 3: SKRYF OOS-KAAPOnderwysdepartement GRAAFF-REINET DISTRIK GRAAD 12: AFRIKAANS HT VRAESTEL 3: SKRYF MEI/JUNIE 2013 PUNTE: 100 TYD: 2½ UUR Eksaminator: M. Marais INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL VRAESTEL 2: SKRYF NOVEMBER 2008 PUNTE: 80 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye. Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 FEBRUARIE/MAART 2012 PUNTE: 80 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye. Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2

Nadere informatie

NOORDWES PROVINSIALE ASSESSERING GRAAD 6

NOORDWES PROVINSIALE ASSESSERING GRAAD 6 NOORDWES PROVINSIALE ASSESSERING GRAAD 6 AFRIKAANS HUISTAAL VRAESTEL 3 NOVEMBER 2017 PUNTE: 30 TYD: 1 uur LEERDER: SKOOL: DISTRIK: AREAKANTOOR: Hierdie vraestel bestaan uit 7 bladsye. Afrikaans Huistaaal/V3/Gr.6

Nadere informatie

SENIOR FASE GRAAD 7 NOVEMBER 2017 WISKUNDE

SENIOR FASE GRAAD 7 NOVEMBER 2017 WISKUNDE SENIOR FASE GRAAD 7 NOVEMBER 2017 WISKUNDE PUNTE: 100 TYD: 2 uur Naam van leerder: Naam van skool: *7WISK* Die vraestel bestaan uit 14 bladsye. 2 WISKUNDE (EC/NOVEMBER 2017) INSTRUKSIES 1. Lees al die

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 FEBRUARIE/MAART 2017 PUNTE: 100 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 6 bladsye. Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 2 DBE/Feb.

Nadere informatie

JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERINGSRIGLYNE 2015 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 5

JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERINGSRIGLYNE 2015 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 5 Inleiding JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERINGSRIGLYNE 2015 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 5 Die 2015-siklus van die Jaarlikse Nasionale Assessering (JNA 2015) sal plaasvind in alle publieke en aanbevole

Nadere informatie

Om getalle voor te stel, te herken en te vergelyk *

Om getalle voor te stel, te herken en te vergelyk * OpenStax-CNX module: m22939 1 Om getalle voor te stel, te herken en te vergelyk * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0

Nadere informatie

KALAHARI KUIERFEES 2-4 NOVEMBER 2017 STALLETJIE AANSOEKVORM

KALAHARI KUIERFEES 2-4 NOVEMBER 2017 STALLETJIE AANSOEKVORM KALAHARI KUIERFEES 2-4 NOVEMBER 2017 STALLETJIE AANSOEKVORM ALGEMENE VOORWAARDES & INLIGTING VAN STALLETJIES LIGGING Die KALAHARI KUIERFEES vind op die Upington Expo gronde plaas. Dis geleë op die hoek

Nadere informatie

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL Graad 11 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL EKSEMPLAAR November 2014 PUNTE: 100 TYD: 2 UUR Hierdie VRAESTEL bestaan uit 7 bladsye. INSTRUKSIES EN INLIGTING INSTRUKSIES: 1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE

Nadere informatie

NUUSBRIEF: JANUARIE 2014

NUUSBRIEF: JANUARIE 2014 NUUSBRIEF: JANUARIE 2014 'n Stukkie goeie nuus wat ons pas ontvang het is dat die Minister van Arbeid haar belofte nagekom het en nie weer n algemene hersiening van die minimum loon vir plaaswerkers gedoen

Nadere informatie

Sentraalbeplande stelsel

Sentraalbeplande stelsel Hoofstuk 1: Ekonomiese stelsels 1 Definisie van die konsep Ekonomiese stelsel: n Ekonomiese stelsel kan beskryf word as die manier waarop besluite geneem word oor: Hoe produksiefaktore / hulpbronne (kapitaal,

Nadere informatie