NUUSBRIEF 1 VAN 2017

Vergelijkbare documenten
HOËR VOLKSKOOL HEIDELBERG NUUSBRIEF 3 VAN Geagte Ouer/Voogde

HOËR VOLKSKOOL HEIDELBERG NUUSBRIEF 7 VAN Geagte Ouer/Voogde

LAERSKOOL ELIGWA. 1. PERSONEEL Baie welkom aan die nuwe personeel by ons skool. Ons hoop en vertrou dat hulle baie gelukkig gaan wees.

Geagte graad 9-Ouer/Voog en leerder VAKKEUSES VIR VOO-FASE

TYGERBERG SKOOLFONDS 2015

Graad 1 Alleenlik SKOOLREKENING

DNK TRUST NASORG AANSOEKVORM 2017 n Aparte vorm moet vir elke kind voltooi word

BESONDERHEDE VAN KLEUTER JAAR TOEGELAAT: KLAS EN JUFFROU (KANTOORGEBRUIK) VOLLE NAAM / NAME: NOEMNAAM: SEUN / DOGTER: HUISTAAL: GEBOORTEDATUM:

LAER VOLKSKOOL NASKOOLSENTRUM AANSOEKVORM EN KONTRAK

BELEIDSDOKUMENT. Eksamens / Mini-eksamens Grey Kollege

GROENIE NESSIE KLEUTERSKOOL

AANSOEK OM TOELATING HOËRSKOOL TUINE

NUUSBRIEF 12 VAN 2016

Tygienuus. 18 Oktober 2017 PROGRAM VIR DIE WEEK:

REKORD- EN EINDEKSAMEN

Hoërskool McLachlan. Graad 8 tot 9: (Leerders kan kies tussen voorbereid en onvoorbereid.) waarheid beelde deure

HOËRSKOOL OOS-MOOT OOS-MOOT RAAD GEDRAGSKODE

DURBANVILLE SKOOLKOSHUIS POSBUS 175 QUEENSTRAAT 8

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Aansoek om deur Ruimsig Gemeente Leraar in die eg verbind te word.

1. SKOOLFONDS: R per leerder periaar

LAERSKOOL LORRAINE. -Die skool wat omgee.

Laerskool Stellenbosch

HUISWERKRIGLYNE - INTERSENFASE: GR

AFWESIGHEDE TYDENS EKSAMEN U

OMSENDBRIEF NR. 1/ Januarie 2019

AANSOEK OM TOELATING TOT DIE ATKV-Postmatriekjaar

AANDAG: DIE HOOF & BEELD-KONTAKPERSOON

GOUDVELD - HOëRSKOOL VOERTUIG EN VERVOER BELEID I N H O U D S O P G A W E

Teorie: Gr. 5 en 6 (UNISA en Royal Schools)

GOUDVELD-HOËRSKOOL VOERTUIG EN VERVOER BELEID

My denke bepaal my geluk. Omsendbrief 097 van April 2017 KUNSWEDSTRYD 2017

AANSOEK OM TOELATING TOT HEBRON CHRISTENSKOOL

HOËRSKOOL WONDERBOOM HOËRBOOM WONNIEBELEID

Hierdie dokument is die beleid van Primêre Skool Universitas oor algemene dissipline en optrede teenoor leerders wat hulle skuldig maak aan wangedrag.

RESPECT 4 U. L e s 1. Jou vermoëns en sommige van jou verwagtinge en drome indentifiseer

OOS-RAND AKADEMIE NASKOOLSENTRUMVRYWARING

BROEDIE NUUS. Maandprogram is aangeheg. Welkom Mnr André! Sien Jaarkalender op Communicator

MIDDAGSTUDIEPROGRAM & REëLS

Omsendbrief 1/ Januarie 2019

HUISWERKRIGLYNE - SENIORFASE: GR

Hierdie beleid moet saam met die skool se veiligheidsbeleid gelees word.

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

ROBERTSON. AANSOEK OM TOELATING Vir graad 1-3 VOORBEREIDINGSKOOL - PREPARATORY SCHOOL

Laerskool Horison Graad

KLIËNT INLIGTING KLIËNT. Voornaam: Identiteitsnommer / Geboortedatum: Posadres: Kode: Woonadres: Kode: PERSOON AANSPREEKLIK VIR REKENING.

Koorsang is die een aktiwiteit wat nie seisonaal gekenmerk word nie en dus is leerders wat deelneem hieraan regdeur die jaar pligsgetrou.

AANSOEK OM TOELATING TOT HOëRSKOOL VREDENDAL

AANSOEKVORMS EN INLIGTINGSDOKUMENTE OP JVR-WEBWERF

TYGERBERG. 1. SKOOLFONDS: R per leerder periaar. a) Verpligte Betaling: R300 per leerder per jaar (Alle leerders)

Laerskool Olifantsvallei

1. LEERLINGBESONDERHEDE 2. ALGEMENE INLIGTING

AANSOEK OM TOELATING: NUWE INSKRYWING

Leerling-inligting: Van: Graad:

Graad 7-inligtingsbrief

2 nd Chances... Wiskunde

H u p p e l l a n d. Jan Van Riebeeck Pre-Primêr, Varsityweg, Kaapstad t: e: AANSOEK OM TOELATING

Laerskool Wonderboom BELEID OOR MERIETE (GRONDSLAGFASE: GRAAD 1 TOT 3)

Tygienuus. SATERDAG 28 April Meneer Peet Schoeman verjaar! Juffrou Anje Swanepoel verjaar! Juffrou Estelle Kriek verjaar!

Laerskool STULTING Primary School

Leerders wat sonder n mediese sertifikaat afwesig is, sal nie toegelaat word om die vraestel te skryf nie en sal n 0-punt vir die vraestel ontvang.

HOëR VOLKSKOOL KOSHUIS

Soos in die verlede sal GLB verversings te koop aanbied (sien grondplan vir die kiosk ).

1. ALGEMENE INLIGTING

Ingevolge artikel 185 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 55 van 1995, het elke werknemer die reg om nie onbillik ontslaan te word nie.

HTS SASOLBURG. Alle Leerders en Ouers/Voogde van 2017

LPENGPN. Studiebrief 101/0/2018. Taalvaardigheid. Jaarmodule. Departement Taalonderwys, Kuns en Kultuur

Stuur die aansoekvorm aan:

GRAAD 12 SEPTEMBER 2015

AANSOEK OM TOELATING SLEGS VIR KANTOOR GEBRUIK. Aangeheg. Familie Kode: Toelatingskode:

NUUSBRIEF: JANUARIE 2014

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

Ons Prospektus 1. WELKOM

LAERSKOOL ROODEKRANS INTERMEDIÊRE FASE GRAAD 4-6 AKADEMIESE INLIGTING JANUARIE 2018 AKADEMIESE HOOF (DPS): ME. SUZANNE FOURIE

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

n Hele aantal leerders verdien spesiale vermelding met hul puik uitslae! 8 Onderskeidings: Riekert J.v.Vuuren 6 Onderskeidings: Jade Botha

HOERSKOOL DIAMANTVELD KOSHUISE

AANSOEK OM STUDIELENING

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS HOËRSKOOL DRIEHOEK

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

RUGBYKLINIEK BY U SKOOL IN 2011!!

Rooikat-nuus. Hoërskool Elspark. Uitgawe # 36. Tel: /4. Faks: NUUSBRIEF 7/ Mei 2018 SPORT.

Aansoek om toelating. Naam en Van: Aansoek vir Graad: Vanaf: Datum van Aansoek: Hoërskool Florida

Skaak: Oefening (kamer 59) 13:00 14:00 (gr. 1-2), 14:00 15:00 (gr. 3-7)

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS HUISTAAL V 3 SEPTEMBER 2014

GRAAD 12 SEPTEMBER 2014 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3

Omsendbrief 27/ Oktober 2018

GROOTFONTEIN KUIERFEES

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN DIE PRE-PRIMÊRE SKOOL SENEKAL

Laerskool Bakenkop. Underbergstraat 5, Wierdapark, Centurion. Posbus 51928, Wierdapark, Tel nr faks

Pre-Graad R / Graad R

HOËRSKOOL WATERKLOOF NASKOOLSENTRUM

Graad 12 - OUERAAND

LAERSKOOL EIKESTAD VOORGESKREWE SKOOL- EN SPORTDRAG. (Soos op 19 November 2014)

AANSOEK VORM 1.KIND(ERS) Registrasie datum. Van Volle naam Noemnaam Geslag Geboorte datum Huis taal Voldag, Halfdag, Naskool?

AANSOEK OM TOELATING TOT HTS DROSTDY, WORCESTER

Koorsang is die een aktiwiteit wat nie seisonaal gekenmerk word nie en dus is leerders wat deelneem hieraan regdeur die jaar pligsgetrou.

Transcriptie:

HOËR VOLKSKOOL HEIDELBERG Posbus 215, Heidelberg, Gauteng, 1438 Tel: (016) 341 3165/6 Faks: (016) 341 3987 Epos: hvhadmin@lantic.net NUUSBRIEF 1 VAN 2017 16 Januarie 2017 Geagte Ouer/Voogde 1. UIT DIE HOOF SE KANTOOR Baie welkom terug aan elke personeellid, leerder en ouer van die Volkie-familie. Ons vertrou dat almal goed uitgerus is vir die groot uitdagings en geleenthede wat in 2017 op ons wag. Mag elke onderwyser, leerder en ouer se belangstelling, passie en deursettingsvermoë Volkieland na nog hoër hoogtes in 2017 neem. Ons wens elke ouerhuis voorspoed toe vir 2017. Hartlike welkom aan alle graad 8-leerders en hulle ouers, sowel as nuwe leerders van ander skole wat vir die eerste keer by Volkieland aansluit. Ons weet dat julle baie gelukkig en gou deel van Volkieland sal wees. My raad en wens aan elke Volkie-leerder vir 2017 is om die volgende 6 riglyne as maatstaf te gebruik om n sukses van jou hoërskoolloopbaan te maak: Wees n kind van God Toon respek vir jou onderwyser, asook jou mede-volkies Kies die regte vriende Wees net n kind Strewe daarna om elke dag net jou beste te gee Wees met oorgawe betrokke by die aktiwiteite van die skool 2. NUWE PERSONEEL Die nuwe personeel wat vir 2017 by Hoër Volkskool aangestel is: Mev. M Heymann : Rekeningkunde Gr.11 en 12 Mej. A Breytenbach : Rekeningkunde Gr.10 / EBW Gr.8 en 9 Mej. M Hattingh : English FAL Gr.9 Baie welkom by Hoër Volkskool; mag die skool vir u n inspirasie wees om u passie as opvoeder uit te leef. 3. MATRIEKUITSLAE 2016 Die klas van 2016 het baie goed presteer met n slaagsyfer van 96,18%. Ons as skool skryf hierdie uitslae toe aan n personeelkorps wat hard gewerk het en leerders wat gemotiveerd was om te presteer. 96 (53%) van ons matrikulante kwalifiseer vir graadstudies om by n universiteit te gaan studeer en die gemiddeld per leerder was 61,1%. Baie geluk aan die volgende leerders wat uitsonderlik presteer het: 8 onderskeidings: T van Buren 7 onderskeidings: Z Minnaar / N Dyavu 6 onderskeidings: Y Bhabha / S Louw / B van der Merwe / A de Villiers / A Pretorius 5 onderskeidings: S Steenekamp 4 onderskeidings: P Bezuidenhout / I Coetzee / C Drinkwater / C van Nierop 1

4. AKADEMIE Die ASSESSERINGSPROGRAM en TOETSROOSTER vir kwartaal 1 word op 31 Januarie 2017 uitgestuur. Opdragte in elke vak moet op die vasgestelde datum ingehandig word. PORTEFEULJE OPDRAGTE BELEID: Inhandiging van formele assesserings-opdragte is nie opsioneel nie. Die Departement van Onderwys beskou bewyse van n volledige assesseringsrekord as een van die eerste vereistes vir bevordering na die volgende graad. HUISWERK: U as ouer / voog moet u kind elke dag kontroleer of huiswerkopdragte gedoen is. Die volledigheid van werksboeke (skrifte) vergemaklik die leerproses tydens toetse en eksamens. VERPLIGTE BYKOMENDE KLASSE vir graad 12-leerders is op Maandae en Woensdae. Hierdie klasse begin reeds op 23 Januarie 2017 en is verpligtend vir al die graad 12-leerders. EKSTRA KLASSE Gr.8-12 word vanaf tot Donderdag (14:00 15:00) vir leerders aangebied wat akademiese uitvalle toon. Hierdie klasse begin reeds komende, 30 Januarie 2017. INLIGTINGAAND GR.9-12 vind op 16 Januarie 2017 om 18:30 in die skoolsaal plaas. 5. SKOOLGELDE R2200 per leerder onmiddellik betaalbaar vir Januarie - R1200 (verpligte 1 ste betaling) +R1000 (Januarie skoolgeld) R1100 per leerder per maand vir 10 maande = R11 000-1 ste kind = R1100-00 p.m. - 2 de kind = R1100-00 p.m. - 3 de kind = R 440-00 p.m. - 4 de kind = Gratis 10% korting vir skoolgeld betaling voor 31 Desember 2016 = R1320-00 5% korting vir volle skoolgeld betaling voor 1 Maart 2017 = R660-00 2,5% korting vir skoolgeld wat per debietvolmag betaal word = R330-00 Nigelbusgeld betaalbaar vir 10 maande beloop R2900 p.j. = R290-00 p.m. Skoolgelde is vooruit betaalbaar voor die 7 de van elke maand BANKBESONDERHEDE Bank Naam : ABSA (Tjek) : Hoër Volkskool Heidelberg Rekeningnommer : 500 380 098 Takkode : 632005 Verwysing Bevestig inbetaling per : Soos aangedui op skoolrekening of naam, van & graad : Faks 016 3415247) of e-pos dawida@volkies.co.za 2

INDIEN U AGTERSTALLIG RAAK met die betaling van skoolgeld, moet u asseblief die vrymoedigheid neem om mev. K Janse van Vuuren (016-3412544) te skakel om die saak met haar te bespreek. Rekeninge wat langer as 3 maande agterstallig is, sal vir invordering oorhandig word. Ouers / voogde wat van mening is dat hulle vir subsidie kwalifiseer, moet asseblief so gou as moontlik die nodige vorms (by die finansiële kantoor vanaf 19 Januarie 2017 beskikbaar) voltooi en inhandig. Ouers/voogde word daaraan herinner dat u kind(ers) se skoolgelde n statutêre verpligting is wat nagekom moet word (net soos wat u belasting aan SARS moet betaal, is u verplig om skoolgeld te betaal). 6. GEDRAGSKODE VAN SKOOL Die gedragskode van leerders is hersien en is deur die beheerliggaam goedgekeur. Elke leerder het op 16 Januarie 2017 n afskrif van die gedragskode ontvang en die voogpersoneel het die gedragskode met die leerders bespreek. Elke leerder en ouer moet die ondernemingsvorm teken waarin u as ouer en leerder die gedragskode aanvaar en u sal onderwerp aan die reëls van die skool. Leerders sal voortaan in voogperiode huis toe gestuur word, indien hulle voorkoms nie voldoen aan die vereistes soos uiteengesit in die gedragskode van die skool nie. Herhaaldelike oortredings van leerders se ouers/voogde sal gevra word om hulle kind by Hoër Volkskool uit te klaar. 7. SKOOLTYE U as ouer/voog moet seker maak dat u kind elke dag betyds sal wees vir skool. Elke leerder moet reeds 7:30 by haar/sy registerklas aanmeld. Leerders wat nie opdaag vir die registerklas nie, word as afwesig gemerk. Die skoolure is as volg: Donderdag : Begin 7:30 en eindig 14:00 Vrydag : Begin 7:30 en eindig 13:30 8. UITTEKEN VAN LEERDERS Ons verstaan dat daar soms omstandighede is wat dit vereis om leerders vroeër te kom haal, maar moet in 2017 beperk word. Akademiese tyd word van u kind ontneem en dit is baie ontwrigtend vir personeel wat wil aangaan met nuwe werk. Akademie bly die KERNAKTIWITEIT by Hoër Volkskool. U as ouer/voog is alleenlik verantwoordelik om u kind by die skool te kom afhaal. 9. E-POS ADRESSE Ons wil elke ouer/voog motiveer om hulle korrekte of veranderde e-posadresse by Ria Fourie op te gee. Die nuusbriewe word elektronies aan die ouers/voogde gestuur. 10. GRAAD 8-KAMP Die graad 8-kamp het tydens 12 en 13 Januarie 2017 by die skool plaasgevind. Die kamp was n reuse sukses. Die leerders, tesame met die Volkieraad het dit baie geniet. n Woord van dank aan mev. P du Plessis (Volkieraad-voog) en mev. A Uys (graadhoof), wat die leerders vergesel het en al die kampreëlings getref het. Baie dankie aan al ons graad 8-ouers wat toegesien het dat hulle kind die kamp kon bywoon. 3

11. ATLETIEK: TUISBYEENKOMSTE Daar is twee tuis atletiekbyeenkomste wat op 20 en 27 Januarie 2017 plaasvind. Ons wil baie graag n groot groep van ons ouers/voogde op die pawiljoen hê om ons atletiekspan te ondersteun. Dit is ook n geleentheid waar ons as skoolgemeenskap bymekaar kan kom om n samehorigheidsgevoel kan ervaar. 12. SWEM: INTERHUIS Die jaarlikse sweminterhuis vind op 17 Januarie 2017 (16:00 18:00) plaas. U as ouer/voog moet u kind motiveer om die sweminterhuis by te woon. Massa-deelname in die vorm van deelname of ondersteuning word aangemoedig. Die punte van die atletiek (interhuis) en swem sal bymekaar getel word om die wenspan te bepaal. 13. OUERKOMITEE Baie dankie aan mev. Juline Griesel wat ingestem het om in beheer te wees van die Ouerkomitee. Die doel van die ouerkomitee is waar ouers/voogde behulpsaam is tydens sport en ander skoolfunksies. Indien u belangstel om u hulp aan te bied, kan u haar gerus kontak by 0827738661 14. HOEDJIES VIR SEUNS EN DOGTERS Baie dankie aan al die ouers/voogde wat reeds die hoedjie vir hulle seun of dogter aangekoop het. Ons leerders het op die eerste skooldag tydens die saalopening op 11 Januarie 2017 pragtig gelyk. Indien daar ouers/voogde is wat nie die hoedjie kan bekostig nie, moet u die vrymoedigheid hê om die skoolhoof skriftelik in kennis te stel. Die skool en beheerliggaam gaan donateurs nader om die hoedjie vir leerders aan te koop wat dit nie kan bekostig nie. 15. HOKKIEVERGADERING Daar vind op 25 Januarie 2017 n hokkievergadering by die hokkieveld om 18:30 plaas vir al die ouers/voogde wie se kind(ers) by hokkie betrokke is. 16. PROGRAM: BUITE-KURRIKULÊRE AKTIWITEITE Kwartaal Dag 14:00 15:00 15:00 17:00 17:00 18:30 Atletiek 1 Dinsdag Ekstra klasse Atletiek Woensdag Kultuur Donderdag Atletiek Kwartaal Dag 14:00 15:00 15:00 16:15 16:15 17:30 2 Dinsdag Ekstra klasse Woensdag Kultuur Donderdag Kwartaal Dag 14:00 15:00 15:00 17:30 3 & 4 Dinsdag Ekstra klasse Woensdag Kultuur Donderdag 4

17. GROENTJIEKONSERT Die Groentjiekonsert vir die graad 8-leerders vind op 19 Januarie 2017 om 18:00 in die skoolsaal plaas. Daar sal slegs 600 kaartjies beskikbaar wees. Die kaartjies beloop R20-00 en besprekings kan by die Volkieraad gedoen word. 18. VOLKIEKOSHUIS Baie welkom aan alle leerders wat van die koshuis geriewe gebruik maak. Die koshuis is tans vol bespreek en leerders word op n waglys geplaas. Dankie aan die ouers en kinders wat die openingsvergaderings bygewoon het. Wanneer daar tuis sportbyeenkomste is, is voltydse leerlinge welkom om die Vrydagaand te oornag en na die byeenkoms huis toe te gaan. Geen leerders word oor naweke gehuisves nie. Ons sien uit na n suksesvolle jaar. Enige kommunikasie, klagtes en positiewe insette kan gekommunikeer word aan mnr De Villiers by wyse van e-pos: neelsdv@volkies.co.za of (016) 341 3165. Vir rekening en administratiewe navrae, mev Jansen van Vuuren: koshuis@volkies.co.za of (016) 341 3165. 19. GEDAGTE VIR DIE WEEK [MAG DIE PAD VAN LIG JOU LEI TOT BY JOU DROME] Volkiegroete. HENNIE PIETERSE SKOOLHOOF 5