ROODEKRANS NUUSFLITS

Vergelijkbare documenten
ROODEKRANS BELANGRIKE DATUMS

ROODEKRANS NUUSFLITS

Tygienuus. SATERDAG 28 April Meneer Peet Schoeman verjaar! Juffrou Anje Swanepoel verjaar! Juffrou Estelle Kriek verjaar!

Tygienuus. 18 Oktober 2017 PROGRAM VIR DIE WEEK:

Skaak: Oefening (kamer 59) 13:00 14:00 (gr. 1-2), 14:00 15:00 (gr. 3-7)

1. SPORT 1.1 Krieket Dankie aan die o.9 krieketspelers wat Saterdag aan wedstryde deelgeneem het.

HOËRSKOOL WONDERBOOM HOËRBOOM WONNIEBELEID

BROEDIE NUUS. Maandprogram is aangeheg. Welkom Mnr André! Sien Jaarkalender op Communicator

Skiet: Interprovinsiaal. Skiet: Interprovinsiaal. Netbal: O/14 O/18 GSS Proewe. Kopiereg 2017 Hoërskool Linden. Alle regte voorbehou.

1. JUNIOR PRIMêRE FASE: GR. 1-3

Matriekeindeksamen begin. Kopiereg 2017 Hoërskool Linden. Alle regte voorbehou.

2017 JAARBEPLANNING (OUERS)

Hier trap ons diep spore...

Dit gaan nie oor hoeveel jy omgestamp word nie; dit gaan oor hoeveel keer jy agterna opstaan.

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

Laerskool STULTING Primary School

1. ALGEMENE INLIGTING

LAERSKOOL ELIGWA. 1. PERSONEEL Baie welkom aan die nuwe personeel by ons skool. Ons hoop en vertrou dat hulle baie gelukkig gaan wees.

22 JUNIE 2016, KWARTAAL 2, UITGAWE 18. Vir bespreking kontak gerus vir ds. Natalia Strydom by

SPANVERBAND : Algeheel 1-3 in A Bond Interhoër INDIVIDUEEL: Verwerf 950+(J) en 900+(S) ABSA 2007 punte 2 x Verwerf in seisoen

Privaatsak X01, Helderkruin 1733 Telefoon: /7 Faks: E-Pos: Webblad:

KWARTAALPROGRAM VIR OUERS

JV-NUUS. Meyerstraat 1072 Tel : /1/2 Rietfontein Webblad: ERRATA

Maak jou huisgesin jou nommer een aardse verpligting. ~ Solly Ozrovech ~

LAERSKOOL ELARDUSPARK MERIETE BELEID

LEEUWENHOF AKADEMIE LAERSKOOL NUUSBRIEF NR. 23/ JULIE 2017

Daar is altyd drie opsies:

RESPECT 4 U. L e s 1. Jou vermoëns en sommige van jou verwagtinge en drome indentifiseer

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Laerskool Olifantsvallei

Luister en praat. Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun?

Laerskool Wonderboom BELEID OOR MERIETE: KULTUUR

LEEUWENHOF AKADEMIE LAERSKOOL NUUSBRIEF NR. 12 / APRIL 2017

Indien daar n gelykopuitslag is, sal daar van die 8 sekondestrafhou gebruikgemaak word aangesien dit by Noordvaal ook gebruik gaan word.

GEAGTE OUERS. 14 Oktober 2016 Webtuiste: Uitgawe: 33

Prestasies Menlopark B eindig algeheel 6de van 20 skole in 2009 se Super 12 vir Laerskole kompetisie.

Koorsang is die een aktiwiteit wat nie seisonaal gekenmerk word nie en dus is leerders wat deelneem hieraan regdeur die jaar pligsgetrou.

GEAGTE OUERS VOLGENDE WEEK SE PROGRAM PICK N PAY-PROJEK. 26 Julie 2018 Webtuiste: Uitgawe: 21

NOTULE VAN DIE BOLAND TWEEKAMP JAARLIKSE ALGEMENE VERGADERING WAT GEHOU IS OP 27 MEI 2016 IN DIE PAARL TE CALEDONVILLE

WOENSDAG 16 JANUARIE DAG 3 Fotodag (gr. 2-7): Skooldrag Skaak: Oefening (kamer 59) 13:15 (gr. 1-2) en 14:15 (gr. 3-7) Atletiek: Oefening Sien bl.

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

Omsendbrief 27/ Oktober 2018

LAERSKOOL ROODEKRANS INTERMEDIÊRE FASE GRAAD 4-6 AKADEMIESE INLIGTING JANUARIE 2018 AKADEMIESE HOOF (DPS): ME. SUZANNE FOURIE

REKORD- EN EINDEKSAMEN

Groepsdruk kan sowel negatief as positief wees. Goeie maats is dié wat n positiewe invloed op jou gedrag het

LAASTE UITGAWE BULLETIN 29 NOVEMBER 2017

SAWA - Gebied Goeie Hoop Plus Aangebied deur Albatros 7 tot 9 September 2018 Bergrivier

Wapport 7 24 Februarie 2017

Omsendbrief 19/ Junie 2015

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2012

Laerskool Olifantsvallei

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II LEERUITKOMS 3 & 4 LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR

Kleur jou lewe in! Kleurvol op die Wonniewerf. 2 Maart 2017

GEAGTE OUERS VOLGENDE WEEK SE PROGRAM. 19 Mei 2017 Webtuiste: \ Gimmieraadsokkie

education Departement van Onderwys MPUMALANGA PROVINSIE

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Paulus en sy vriende vertel ander van God

Die plek van rus en vrede oor die fees tyd en oujaar. Of te wel die plek van water en vis! So vernoem ek hom in 2014.

JAARPROGRAM KWARTAAL 1

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

GRAAD 12: AFRIKAANS HT VRAESTEL 3: SKRYF

die ark en neem jou gesin saam. Van almal op die aarde het jy die naaste aan my geleef. Binne 7 dae stuur Ek reën.

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

Uit die hoof se kantoor

HUISWERKRIGLYNE - INTERSENFASE: GR

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

OB2/2017. FOTO S Ons vra asseblief dat alle fotogeld nie later as Woensdag, 17 Mei 2017 by mnr Malan inbetaal sal wees.

RESPECT 4 U. L e s 1 5. Bespreek hoe om n behulpsame, ondersteunende vriend/vriendin te wees waar geweld is of mag plaas vind

eboeke word ontwikkel en gratis verskaf deur die

Rooikat-nuus. Hoërskool Elspark. Uitgawe # 36. Tel: /4. Faks: NUUSBRIEF 7/ Mei 2018 SPORT.

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 FEBRUARIE/MAART 2012

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

Geagte graad 9-Ouer/Voog en leerder VAKKEUSES VIR VOO-FASE

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3

Is jy seker dis nie n voorry nie. Ek wonder of die kinders weet wat n voorry doen.

Kingswood College Departement Afrikaans AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 12 VRAESTEL 2

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

Vinkie. Laerskool Fairland

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRFA.3 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 FEBRUARIE/MAART Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.

TOETSE WAT SELFS TUISGESKOOLDE KINDERS MOET SLAAG INHOUDSOPGAWE

Baie geluk en sterkte aan Artisticulta vir 2018 ons as gemeenskap sê dankie en wees verseker van ons koestering en deurlopende steun.

MENTAL MATHS IN DIE KLASKAMER

DIE OOSTELIKE PROVINSIE TWEEKAMPVERENIGING. TEGNIESE REëLS VIR ATLETE

My denke bepaal my geluk. Omsendbrief 097 van April 2017 KUNSWEDSTRYD 2017

Voorspoed aan elkeen van u met al u verpligtinge as ouer gedurende hierdie kwartaal.

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II SKRYF EN AANBIED (LU3) TAAL (LU4)

2 nd Chances... Wiskunde

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

Laerskool Fairland Norm 2016

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Nota vir die onderwyser/es:

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

1st TERM / 1ste KWARTAAL 2017

Transcriptie:

ROODEKRANS NUUSFLITS UITGAWE: 3 DATUM: April/Mei 2017 E-POS: admin@roodekranslaer.co.za WEBTUISTE: www.roodekrans.net TELEFOON: 011-764-2920 FAKS: 011-764-2207 GEDAGTE VIR DIE MAAND Moenie behep raak met jou kind se akademiese vermoëns nie. Leer hulle die volgende: Om gaaf te wees. Om hulp aan te bied. Om ander aan te moedig. Om aan ander mense te dink. Om te deel. Om vir die mooi en goeie in die lewe te soek. Dit is hoe hulle die wêreld sal verander. Hierdie gedagte kom uit die tydskrif Goeie Huishouding. Dis is so ʼn mooi stukkie wat só mooi inskakel by ons skool se waardes. UIT DIE HOOF SE KANTOOR Die kwartaal is op dreef en die vakansie lankal iets van die verlede. Die tweede kwartaal is altyd 'n baie besige kwartaal op alle gebiede. Ons skryf eksamen, dis netbal, rugby en kultuur daarby. Baie dankie aan elke personeellid, hul gesinne, leerders, ouers en grootouers wat almal alle aktiwiteite so getrou bywoon en ondersteun. Ons besef dis somtyds lang dae vir almal wat betrokke is by die verskillende aktiwiteite. Ons waardeer julle tyd en opoffering opreg. Hieronder is ʼn breedvoerige opsomming van die verskillende aktiwiteite. Akademie: Alle akademiese datums is aangedui op die kwartaalprogram hiernaas. Ons wil asb. ʼn dringende versoek rig dat leerders slegs afwesig sal wees ingeval van siekte of nood. Die grondslagfase is besig met assessering en die intersenfase is hard aan die werk ter voorbereiding vir die eksamen. Daar word daagliks belangrike werk met die grondslagfasesowel as die intersenfase-leerders behandel. Die intersenleerders sal almal die week hulle gedrukte pakkies met die eksamenrooster sowel as alle afbakenings ontvang. Baie sterkte aan al die leerders wat deelneem aan die verskeie olimpiades, Sanlam WOW- Spelfees en ATKV-Spelathon. Julle harde werk word raakgesien en waardeer. Ons glo julle almal gaan puik presteer in die verskillende vlakke van die verskeie kompetisies.

Sport: Die netbal- en rugbyseisoen is tans besig met hulle ligawedstryde. Sterkte vir die opkomende wedstryde. Daar is ook ʼn paar Welpie-rugby en mini-netbaltoernooie wat plaasvind by verskillende skole. Ons wil u herinner dat ons massadeelname bevorder, dus kan alle leerders nie elke wedstryd speel nie. Die afrigters werk op ʼn rotasiebasis om alle leerders ʼn kans te gee om wedstryd te speel. Kultuur: Daar is tans verskeie kultuuraktiwiteite wat wel in verskillende fases van verskeie kompetisies is. Baie geluk aan die Redenaars wat deurgedring het na die volgende rondtes, ons is voorwaar trots op julle. Koor: Juniorkoor Baie sterkte met julle deelname aan Sing in Harmonie. Ons weet julle het baie hard geoefen en julle harde werk sal verseker vrugte afwerp. Sterkte ook met julle ander optredes. Daar lê ʼn besige twee weke vir julle voor. Seniorkoor Sterkte aan julle vir julle optredes by verskillende koorfeeste. Julle harde werk ter voorbereiding klink reeds pragtig. Roodie Karnaval 2017 Laaste maar die minste nie, die grootste gebeurtenis op die Roodie-kalender: Roodie Karnaval 2017. Jaarliks is dit ʼn riem onder die hart om te sien hoe ons personeel, leerders en hulle gesinne almal inspring om ʼn groot sukses te maak van ons Karnaval-naweek. Baie, baie dankie aan ieder en elk vir u bydrae tot die Karnaval-naweek. Dit word opreg waardeer. Dit was ʼn ongelooflike lekker feesnaweek waar die leerders weereens bewys het hoe Roodies saamwerk om suksesvol tot by die eindpunt te kom. Gaan kyk gerus op die skool se Facebookblad en die D6 vir pragtige foto s. Daar sal ook gedrukte weergawes beskikbaar wees in die kantoor. Roodie-groete Mnr. Deon Rousseau PERSONEEL-AANGELEENTHEDE Verjaarsdae Die volgende personeel verjaar in Mei. ʼn Geseënde lewensjaar word u toegewens. Ons hoop u sal ʼn heerlike dag saam met u geliefdes geniet. 3 Mei Bettie Borias Algemene assistent 8 Mei Juffrou Tanie J van Rensburg 30 Mei Me. Scharmain Viljoen - Administratief

Personeel wat ons verlaat: Dit was met ʼn baie swaar hart wat personeel, kinders en ouers vir Juffrou Biance van Biljon moes groet. Baie dankie vir jou jare se harde werk by die skool op alle terreine, niks was ooit te veel gevra nie. Jou kinders in jou klasse het altyd breed geglimlag, op die sportveld het jy net jou beste gegee. Dan praat ons nie eens van al die ekstra takies wat so aangegroei het deur die jare soos die Faceboekblad, foto s neem herwinningsprojekte te help organiseer ens. Baie sterkte in die Kaap. Ons hoop van harte dat julle baie gelukkige jare saam sal deurbring. Roodies gaan jou verseker mis. Personeel wat presteer: Juffrou Leana du Toit het die naweek van 5 en 6 Mei 2017 aan die Suid Afrikaanse Meesters Kampioenskappe deelgeneem in die ouderdomsgroep 30-34. Daar het sy n eerste plek in die 100m, 200m en verspring verower. Baie geluk Juffrou Leana, ons is voorwaar trots op ons eie kampioen! PARKERING OM DIE SKOOL Ouers moet asseblief versigtig in die oggende wees as u uit die parkerings ry wanneer u u kind aflaai. Van ons maatjies is baie klein en soms sien u hulle nie as u uitry nie. Wees asseblief versigtig en maak seker dat u geen leerders in gevaar stel as u in die oggend ry nie. Let ook asseblief daarop dat parkering voor hekke en op geel lyne en en voetoorgange nie toelaatbaar is nie. Dit belemmer die vloei van verkeer en veroorsaak frustrasie aan ander padgebruikers. Daar is baie aflaai en optelpunte om die skool beskikbaar en ons vra dat u asseblief geduldig en bedagsaam sal wees. BELANGRIKE DATUMS VIR 2017 Hiermee die voorlopige kwartaalprogram vir Mei soos ons dit reeds ontvang het vir die verskillende aktiwiteite. Indien daar enige veranderings is, sal dit so gou as moontlik op die D6, sowel as op die web aangebring word. DATUM AKTIWITEIT TYD PLEK Maandag, 8 - Donderdag, 11 Maandag, 8 MEI GSF: Gr. 1 - Gr. 3 SANLAM WOW- SPELFEES (Uitdunne) Intersen: Eksamenafbakenings en eksamenrooster uit na leerders.

MEI DATUM AKTIWITEIT TYD PLEK Maandag, 8 Intersen: Hoërskool Monument-opedag 14:00 Hoërskool Monument vir huidige Gr. 7-leerders. Maandag, 8 Intersen: Wiskunde Olimpiade: 14:00 L/s Culembeeck Gr. 4 6 - Circuit Level. Dinsdag, 9 ATKV-Spelathon: Gauteng-uitdunne. 11:30 Leeuwenhof Akademie Dinsdag, 9 Rugby: Ligawedstryde teen L/s Kenmare. 14:00 L/s Kenmare Dinsdag, 9 Juniorkoor: Sing in Harmonie TVopname 15:15 Silverstar Casino Drome van uitdunne teen ander skole se kore. Woensdag, 10 Intersen: Hoërskool Noordheuwel Opedag 2018 vir huidige Gr. 7-leerders. 13:00 Hoërskool Noordheuwel Woensdag, 10 Netbal: Mini-netbal L/s Dr. Havinga 15:00 L/s Dr. Havinga toernooi. Donderdag, 11 Intersen: Gr. 4 - Gr. 6 Assessering NW en Tegnologie. Donderdag, 11 Intersen: Gr. 7 - Assessering NW. Donderdag, 11 Netbal: Ligawedstryde teen Laerskool 13:30 L/s Fountainebleau Fountainebleau. Vrydag, 12 GSF: Spelfees - Gr. 2 uitdunne. 13:30 Personeelkamer Vrydag, 12 Skaak: Individuele Skole-skaaktoernooi. 13:30 Maragon Ruimsig Saterdag, 13 Netbal: Mini-netbal L/s Dr. Havinga 8:00 L/s Dr. Havinga Toernooi (0/6-, 0/7- en 0/8 twee spanne elk 0/9 A, B en C-span). Saterdag, 13 Rugby: Welpie-rugby L/s Dr. Havinga 8:00 L/s Dr. Havinga Toernooi (0/6-, 07- en 0/8-spanne) Maandag, 15 - Vrydag, 19 GSF: Gr. 1 tot Gr. 3 - Assesseringsweek Afrikaans Maandag, 15 Atletiek: Prysuitdeling. 18:00 Skoolsaal Dinsdag, 16 Intersen: Gr. 4 - Gr. 7 Assessering SW. Dinsdag, 16 Rugby: Ligawedstryde vs Laerskool 13:30 L/s Florida Florida. Dinsdag, 16 Seniorkoor: Hoërskool Noordheuwel Koorfees. 18:00 Hoërskool Noordheuwel Woensdag, 17 GSF: Sanlam WOW-Spelfees Gr. 1-13:30 Personeelkamer uitdunne. Woensdag, 17 Netbal: Mini-netbaltoernooi. 13:30 Roodekrans Woensdag, 17 Juniorkoor: Laerskool Helderkruin-Koorfees. 18:00 Hoërskool Roodepoort Gehoorsaal Donderdag, 18 Netbal: Ligawedstryde vs L/s Kenmare. 13:30 L/s Kenmare Donderdag, 18 Seniorkoor: Laerskool Helderkruin-Koorfees 18:00 Hoërskool Roodepoort Gehoorsaal

MEI DATUM AKTIWITEIT TYD PLEK Vrydag, 19 Registrasies 2018: Herregistrasies vir Gr. 1 tot Gr. 6 vir 2018 eindig. Vrydag, 19 Roodieland: Gr. RR Oupa- en Oumatee. 9:00 Skoolsaal Saterdag, 20 Skaak: Individuele Skole-skaaktoernooi. 8:00 Maragon Ruimsig Saterdag, 20 Netbal: Mini-netbaldag L/s Rapportryer 8:00 L/s Rapportryer Toernooi (0/7 en 0/9-spanne: Twee spanne elk en 0/9-dogters A, B en C). Saterdag, 20 Rugby: Welpie-rugby Laerskool 8:00 L/s Rapportryer Rapportryer toernooi (0/6-, 0/7- en 0/8- spanne). Maandag, 22 - Vrydag, 26 GSF: Gr. 1 - Gr. 2 Assesseringsweek - Wiskunde. Maandag, 22 - GSF: Gr. 3 Assesseringsweek - Engels. Vrydag, 26 Dinsdag, 23 Beheerliggaam: Finansiële Komiteevergadering. 6:30 Dinsdag, 23 Netbal: Ligawedstryde teen Bryanston 13:30 Bryanston Parallel Parallel. Dinsdag, 23 Rugby: Ligawedstryde teen Laerskool 13:30 L/s Randhart Randhart. Woensdag, 24 Intersen: Interne NS/TEG-Olimpiade: Gr. 5 Woensdag, 24 Beheerliggaam: 18:00 Beheerliggaamvergadering. Vrydag, 26 Redenaars: ATKV Rondte 2 - Gr. 1 - Gr. 7. 08:00 Hoërskool Linden Sondag, 28 Seniorkoor: NG Kerk Wilgespruit 18:00 NG Kerk Wilgespruit Pinksterdiens. Dinsdag, 30 Rugby: Ligawedstryde teen Laerskool President Steyn. 13:30 Roodekrans JUNIE Donderdag, 1 Intersen: Gr. 7 Assessering EBW. Donderdag, 1 Netbal: Inter-distrikspele. 13:30 Constantia Primary Vrydag, 2 GSF: Gr. 1 - Gr. 3 Assesseringsweek Afrikaans en Lewensvaardigheid. Vrydag, 2 Roodie Rakkers: Gr. R Oupa- en 10:00 Skoolsaal oumatee. Maandag, 5 - Donderdag, 8 GSF: Gr. 1 - Gr. 3 Assesseringsweek Afrikaans en Lewensvaardigheid. Maandag, 5 Netbal: D12-Netbaluitspele. 13:30 Krugersdorp High School Dinsdag, 6 Intersen: Gr. 7 - Assessering Tegnologie.

JUNIE DATUM AKTIWITEIT TYD PLEK Dinsdag, 6 Rugby: Ligawedstryde teen Laerskool 13:30 L/s Fairland Fairland. Woensdag, 7 Intersen: Eksamen Gr. 4-7 - Eksamen begin. Woensdag, 7 Intersen: Eksamen Gr. 4 - Gr. 6: Woensdag, 7 Intersen: Eksamen Gr. 7: Eerste sessie - EBW. Woensdag, 7 Intersen: Eksamen Gr. 4 - Gr. 6: Tweede sessie - Afrikaans - Skriftelike Stelwerk. Woensdag, 7 Intersen: Eksamen Gr. 7: Tweede sessie - Afrikaans - Skriftelike Stelwerk. Woensdag, 7 Netbal: JOMO-uitspele. 13:30 Krugersdorp High School Donderdag, 8 Intersen: Eksamen Gr. 4 - Gr. 6: Donderdag, 8 Intersen: Eksamen Gr. 7: Donderdag, 8 Intersen: Eksamen Gr. 4 - Gr. 6: Tweede sessie - Engels (EAT/FAL) Language. Donderdag, 8 Intersen: Eksamen Gr. 7: Tweede sessie - Engels (EAT/FAL) Language. Vrydag, 9 GSF: Gr.1 - Gr. 3 Assesseringsweek: Engels en Wiskunde. Vrydag, 9 Intersen: Eksamen Gr. 4 - Gr. 6: Vrydag, 9 Intersen: Eksamen Gr. 7: Vrydag, 9 Intersen: Eksamen Gr. 4 - Gr. 6: Tweede sessie - Engels (EAT/FAL) Creative writing. Vrydag, 9 Intersen: Eksamen Gr. 7: Tweede sessie - Engels (EAT/FAL) Creative writing. Vrydag, 9 Netbal Jomo-uitspele 13:30 Krugersdorp High School Saterdag, 10 Ma- en Dogterdag saam met Jak de Priester. 10:00 Skoolsaal

JUNIE DATUM AKTIWITEIT TYD PLEK Maandag, 12 - GSF: Gr. 3 - Mental Maths. Vrydag, 16 Maandag, 12 - Donderdag, 15 GSF: Gr.1 - Gr. 3 Assesseringweek: Engels en Wiskunde. Maandag, 12 Registrasies 2018: Inskrywings periode vir 2018 sluit. Maandag, 12 Intersen: Eksamen Gr. 4 - Gr. 6: Maandag, 12 Intersen: Eksamen Gr. 7: Maandag, 12 Intersen: Eksamen Gr. 4 - Gr. 6: Tweede sessie - Wiskunde. Maandag, 12 Intersen: Eksamen Gr. 7: Tweede sessie - Wiskunde. Maandag, 12 Intersen: Gr. 6 en Gr. 7 Wiskunde-inaksie vraestel - Geselekteerde leerders. Dinsdag, 13 Registrasies 2018: Laat aansoeke vir 2018 begin tot en met 20 Oktober. Dinsdag, 13 Intersen: Eksamen Gr. 4 - Gr. 6: Dinsdag, 13 Intersen: Eksamen Gr. 7: Dinsdag, 13 Intersen: Eksamen Gr. 4 - Gr. 6: Tweede sessie - SW: Geskiedenis. Dinsdag, 13 Intersen: Eksamen Gr. 7: Tweede sessie - SW: Geskiedenis. Dinsdag, 13 Intersen: Gr. 6 en Gr. 7 Wetenskap-inaksie vraestel - Geselekteerde leerders. Woensdag, 14 Beheerliggaam: Finansiële Komitee-vergadering. Woensdag, 14 Intersen: Eksamen Gr. 4 - Gr. 6: Woensdag, 14 Intersen: Eksamen Gr. 7: Woensdag, 14 Intersen: Eksamen Gr. 4 - Gr. 6: Tweede sessie - NS/Tegnologie. Woensdag, 14 Intersen: Eksamen Gr. 7: Tweede sessie - Natuurwetenskap. Woensdag, 14 Intersen: NS/TEG-Olimpiade: Gr. 5 - Distriksvlak. Donderdag, 15 Intersen: Eksamen Gr. 4 - Gr. 6: 6:30 L/s Die Ruiter

JUNIE DATUM AKTIWITEIT TYD PLEK Donderdag, 15 Intersen: Eksamen Gr. 7: Donderdag, 15 Intersen: Eksamen Gr. 4 - Gr. 6: Tweede sessie - LV/PSW. Donderdag, 15 Intersen: Eksamen Gr. 7: Tweede sessie - LV/PSW. Donderdag, 15 Rugby: Gauteng-kwartfinaal. 13:30 Donderdag, 15 Publieke vakansiedag: Jeugdag. Maandag, 19 Intersen: Eksamen Gr. 4 - Gr. 6: Maandag, 19 Intersen: Eksamen Gr. 7: Maandag, 19 GSF: Gr. 1 - Gr. 3 - Life Skills Celebration School Level. Maandag, 19 Intersen: Eksamen Gr. 4 - Gr. 6: Tweede sessie - Afrikaans - Taal en Begrip. Maandag, 19 Intersen: Eksamen Gr. 7: Tweede sessie - Afrikaans - Taal en Begrip. Dinsdag, 20 Intersen: Eksamen Gr. 4 - Gr. 6: Dinsdag, 20 Intersen: Eksamen Gr. 7: Dinsdag, 20 Intersen: Eksamen Gr. 4 - Gr. 6: Tweede sessie - Skeppende Kuns. Dinsdag, 20 Intersen: Eksamen Gr. 7: Tweede sessie - Skeppende Kuns. Woensdag, 21 Intersen: Eksamen Gr. 4 - Gr. 6: Woensdag, 21 Intersen: Eksamen Gr. 7: Woensdag, 21 Intersen: Eksamen Gr. 4 - Gr. 6: Tweede sessie - SW: Geografie. Woensdag, 21 Intersen: Eksamen Gr. 7: Tweede sessie - SW: Geografie. Woensdag, 21 Rugby: Leeus-Semifinaal. 13:30 Donderdag, 22 Intersen: Eksamen Gr. 4 - Gr. 6: Eerste sessie - Registerperiode. Donderdag, 22 Intersen: Eksamen Gr. 7: Eerste sessie - Tegnologie.

JULIE DATUM AKTIWITEIT TYD PLEK Donderdag, 22 Intersen: Eksamen Gr. 4 - Gr. 7: TWEEDE SESSIE - SKOOL HERVAT PERIODE 4 TOT 8. Donderdag, 22 Intersen: Eksamen Gr. 4-7 - Einde van eksamen. Donderdag, 22 RO: Audiblox en RO staak vir die kwartaal. Donderdag, 22 Beheerliggaam: Beheerliggaamvergadering. 18:00 Vrydag, 23 Intersen: Gr. 4-7 Gewone VRYDAGROOSTER word gevolg. Vrydag, 23 - Krieket: Toer 0/10-0/13-seuns. Camp Discovery Sondag, 25 Vrydag, 23 GSF: Gr. 3 Spell-a-thon - Distriksvlak. Saterdag, 24 Netbal: Gauteng-uitspele. 8:00 Krugersdorp High School Saterdag, 24 Rugby: Leeus Finaal. 8:00 Donderdag, 29 GSF: Gr. R Science Expo - Distriksvlak. L/s Horison Donderdag, 29 GSF: Ouermiddag Gr. RR - Gr. 3. Ouers moet persoonlik rapporte afhaal per afspraak. 13:00-14:30 Registerpersoneel se klaskamers Donderdag, 29 GSF: Oueraand Gr. RR - Gr. 3. Ouers moet persoonlik rapporte afhaal per afspraak. 13:00-14:30 Registerpersoneel se klaskamers Donderdag, 29 Intersen: Oueraand Gr. 4-6. Ouers moet persoonlik rapporte afhaal. 17:30-19:30 Registerpersoneel se klaskamers Donderdag, 29 Intersen: Oueraand Gr. 7. Ouers moet 18:00 - Skoolsaal persoonlik rapporte afhaal. 19:30 Vrydag, 30 Skool sluit - Tweede Kwartaal. 10:00 Saterdag, 1 - Skoolvakansie. Sondag, 23 Maandag, 10 Netbal: Netbal Winter Games. Maragon Ruimsig Maandag, 24 Skool begin derde kwartaal. Maandag, 24 Registrasies 2018: Plasingsaanbod word elektronies sowel as skriftelik aan ouers gemaak. Donderdag, 27 Koor: Junior- en Seniorkoor - Foyer 18:00 NG Gemeente Suiderlig Fees van Musiek saam met Joe Foster. Vrydag, 28 Netbal SASN-toernooi 14:00 Maandag, 31 RO: Alle Audiblox- en buitemuurse RO klasse begin.

AUGUSTUS DATUM AKTIWITEIT TYD PLEK Dinsdag, 1 Registrasies 2018: Ouers aanvaar of verwerp plasingsaanbod vir 2018. Woensdag, 2 RA- Kunswedstryd: Skeppende Kuns. 14:00 Roodekrans Donderdag, 3 Intersen: Toets - Afrikaans - Gr. 4 - Gr. 7. Maandag, 7 - Vrydag, 11 GSF: Gr. 1 - Gr. 3 Assesseringsweek - Afrikaans. Donderdag, 10 Intersen: Toets - Engels Gr. 4 - Gr. 7. Vrydag, 11 - Gesinskamp 2017. Klein Paradys - Brits Sondag, 13 Vrydag, 11 GSF: Gr. 3 Spell-a-thon - Distriksvlak. Vrydag, 11 GSF: Slegs Gr. 1 Assesseringweek: Engels. Maandag, 14 - GSF: Gr. 1 Assesseringsweek: Wiskunde. Vrydag, 18 Maandag, 14 - Dinsdag, 15 GSF: Slegs Gr. 1 Assesseringsweek: Engels. Maandag, 14 - Dinsdag, 15 GSF: Slegs Gr. 1 Assesseringsweek: Engels. Maandag, 14 - Vrydag, 18 GSF: Gr. 2 en Gr. 3 Assesseringsweek: Engels en Wiskunde. Dinsdag, 15 Seniorkoor: NG Gemeente Weltevreden Park Koorfees. 18:00 NG Kerk Weltevreden Park Donderdag, 17 Intersen: Toets - Wiskunde Gr. 4 - Gr. 7. Donderdag, 17 Beheerliggaam: Finansiële Komiteevergadering. 6:30 Donderdag, 24 Intersen: Toets - NW en Tegnologie Gr. 4 - Gr. 6. Donderdag, 24 Intersen: Toets NW Gr. 7. Donderdag, 24 Beheerliggaam: 18:00 Beheerliggaamvergadering. Dinsdag, 29 Intersen: Toets - EBW Gr. 7. Donderdag, 31 Intersen: Toets - SW Gr. 4 - Gr. 7. SEPTEMBER Vrydag, 1 Entrepreneurs: Markdag en Loslitdag. Vrydag, 1 - Pa- en Seunkamp 2017. Sondag, 3 Saterdag, 2 Landloop: Gauteng-kampioenskappe. 8:00 Maandag, 4 - GSF: Gr. 1 - Gr. 3 Assesseringsweek - Vrydag, 8 Afrikaans en Lewensvaardigheid. Dinsdag, 5 Intersen: Toets LV (PSW) Gr. 4 - Gr. 7. Donderdag, 7 Intersen: Toets - Tegnologie Gr. 7. Vrydag, 8 Roodieland: Gr. RR Lente-piekniek. Klein Paradys - Brits

SEPTEMBER DATUM AKTIWITEIT TYD PLEK Maandag, 11 - Vrydag, 15 GSF: Gr. 1 Assesseringsweek - Wiskunde. Maandag, 11 - Vrydag, 15 GSF: Gr. 2 en Gr. 3 Assesseringsweek - Wiskunde en Engels. Maandag, 11 - Donderdag, 22 Revue 2017: Gr. 4 - Gr. 7: Tema: Roodies los spore... kom volg ons reis! Dinsdag, 12 ATKV-Spelathon: Gauteng-finaal. Roodekrans Vrydag, 15 Wow-Spelfees: Provinsiale uitdunne. L/s Fairland Donderdag, 21 RO: Alle Audiblox- en RO-klasse staak vir die kwartaal. Donderdag, 21 Beheerliggaam: Finansiële komiteevergadering. 6:30 Sondag, 24 Publieke vakansiedag: Erfenisdag. Maandag, 25 Skool gesluit: Skoolvakansiedag. Dinsdag, 27 Beheerliggaam: 18:00 Beheerliggaamvergadering. Donderdag, 28 GSF: Ouermiddag Gr. RR - Gr. 3. Ouers moet persoonlik rapporte afhaal. 13:00-14:30 Registerpersoneel se klaskamers Donderdag, 28 GSF: Oueraand Gr. RR - Gr. 3. Ouers moet persoonlik rapporte afhaal. 17:30-19:30 Registerpersoneel se klaskamers Donderdag, 28 Intersen: Oueraand Gr. 4 - Gr. 7. Ouers moet persoonlik rapporte afhaal. 17:30-19:30 Registerpersoneel se klaskamers Donderdag, 28 Intersen: Gr. 7 Oueraand - Ouers moet 18:00 Skoolsaal persoonlik rapporte afhaal. Vrydag, 29 - Landloop: Nasionale Kampioenskappe. Kimberley Saterdag, 30 Vrydag, 29 Skool sluit. 10:00 Saterdag, 30 - Sondag, 8 Okt. Skoolvakansie. OKTOBER Maandag, 9 Skool begin. Saterdag, 14 Roodieland: Gr. RR konsert. 09:00 Skoolsaal Maandag, 16 Maandag, 16 Donderdag, 19 Donderdag, 19 Donderdag, 19 Instappie: Produksie 2000 vertoning vir Gr. 1- tot Gr. 7-leerders. RO: Alle Audiblox en RO begin vir die kwartaal. GSF: Gr. 3 Spell-a-thon - Provinsiale vlak. Intersen: Toets Gr. 4 - Gr. 7 - Afrikaans. Beheerliggaam: Finansiële Komiteevergadering. 6:30

OKTOBER DATUM AKTIWITEIT TYD PLEK Donderdag, 26 GSF: Gr. 3 Asseseringsweek - Wiskunde. - Vrydag, 27 Donderdag, 26 Intersen: Toets Gr. 4 - Gr. 7 - Engels. Donderdag, 26 RO: Alle Audiblox- en RO staak vir die jaar. Donderdag, 26 Beheerliggaam: Beheerliggaamvergadering. 18:00 NOVEMBER DATUM AKTIWITEIT TYD PLEK Maandag, 30 - GSF: Gr. 3 Asseseringsweek - Wiskunde. Vrydag, 3 Maandag, 30 Roodieland: Gr. RR Fotodag - Individuele en klasfotos. Woensdag, 1 Roodieland: Gr. RR Fantasiedag. Donderdag, 2 Intersen: Toets Gr. 7 Tegnologie. Saterdag, 4 Roodie-Rakkers: Gr. R-gradeplegtigheid. 9:00 Skoolsaal Maandag, 6 - Dinsdag, 7 GSF: Gr. 1 - Gr. 3 Assesseringsweek - Engels. Woensdag, 8 - Vrydag, 10 GSF: Gr. 1 - Gr. 3 Assesseringsweek - Afrikaans en Lewensvaardigheid. Donderdag, 9 Intersen: Toets Gr. 4 - Gr. 7 - SK. Vrydag, 10 GSF: Verwelkomingsdag vir Gr. 1-leerders van 2018 09:00 11:00 Vrydag, 10 GSF: Verwelkomingsdag vir Gr. R-leerders van 2018 10:30 12:00 Vrydag, 10 GSF: Verwelkomingsdag vir Gr. RRleerders van 2018 10:30 11:30 Saterdag, 11 GSF: Gr. 3 - Literacy celebrations - Story writing - Provincial level. Maandag, 13 - Dinsdag, 14 GSF: Gr. 1 - Gr. 3 Assesseringsweek - Afrikaans en Lewensvaardigheid. Maandag, 13 Intersen: Gr. 4 - Gr. 7 Moontlike begin datum vir eksamen. Woensdag, 15 - Vrydag, 17 GSF: Gr. 1 - Gr. 3 Assesseringsweek - Engels en Wiskunde. Donderdag, 16 Beheerliggaam: Finansiële Komiteevergadering. 6:30 Maandag, 20 - Dinsdag, 21 GSF: Gr. 1 - Gr. 3 Assesseringsweek - Wiskunde. Donderdag, 23 Beheerliggaam: Beheerliggaamvergadering. 18:00

DESEMBER DATUM AKTIWITEIT TYD PLEK Dinsdag, 5 Beheerliggaam: Finansiële Komiteevergadering. 6:30 Woensdag, 6 Skool sluit vir leerders - Rapporte word afgehaal. 08:00-10:00 OPVOEDKUNDIGE TOERE 2017 Die opvoedkundige toere vir ons Gr. 6 leerders kom nou vinnig nader. Indien u kind op toer gaan, kan u die betalings in die skool se rekening inbetaal, (dit is dieselfde rekening wat u gebruik vir skoolfonds). Gebruik asseblief die volgende as verwysing: Kind se naam en van; Graad Toer. Bv. Piet Grobler Gr. 7 Toer. GR. DATUMS PLEK KOSTES Gr. 6 Maan, 9 Oktober tot Vry, 13 Oktober ATKV Drakensville R2 800 per Harrismith leerder Finale toerreëlings sal op ʼn latere stadium aan u deurgegee word. OPEDAG 2017 VIR 2018 Vrydagmiddag na skool is daar oral ʼn geskarrel, uitpakkery en vlaggies wat opgehang word deur al die gesoute jong juffies van Laerskool Roodekrans. Almal werk saam, almal help waar hul sien ʼn ekstra hand nodig is... En net so was dit Saterdagoggend! Die onderwyserskorps staan soos een man saam help werk en werskaf soos een groot span saam. ʼn Span mense wat toe uiteindelik vir ʼn onvergeetlike oggend gesorg het. Mnr. Deon Rousseau het ouers hartlik verwelkom en gesels oor PS. 139. Mnr. Deon het die beheerliggaam voorgestel en op n professionele manier verduidelik hoe Laerskool Roodekrans as ʼn waardegedrewe skool sal funksioneer in die toekoms. Laerskool Roodekrans se psigometris het met die voornemende Roodie-ouers die leerprobleme, leesprobleme en ander probleme, veral emosionele probleme bespreek asook die oplossings bespreek, en beplan en voltrek word. Mnr. Deon het toe met ouers gepraat oor die tema van die dag: Kom skryf jou storie Ons almal het stories, lewenservaring en gebeurtenisse deurgemaak wat van ons lewe ʼn unieke storie maak. By Laerskool Roodekrans moet elke liewe klein leerder sy storie te kom skryf. Na die saalopening was ouers en voornemende leerders getrakteer met springkastele, stalletjies, speletjies wat gereël en beman is deur verskeie personeel: Daar is mini-hokkie gespeel, tennis, welpie-rugby. Die mini-netbaldogters het sommer hard geoefen tussendeur. Die mini-krieket was ook ʼn belewenis saam Mnr. Jasper.

Juf René Vere het haar Audiblox aangebied, Juf. Maritha se leerders het skaak gespeel, sodat kleintjies die groot prentjie kan sien. Junior-leerders het as klein akteurs en aktrises opgetree in die konsert wat die belangrikste boodskap moes oordra: By Roodies volg ons 5 waardes, nl. Respek, Eerlikhied, Omgee vir ander, Integriteit. Daar was ook Roodie-dansers, naamlik Pom-pom girls wat deur juf. Rozelle afgerig is. Hulle sprankelende gesiggies en mooi bewegings het beslis waarde tot vertoning toegevoeg. Juffrou Ella het E-beam-lesse in haar klas aangebied, terwyl die voornemende Gr. R e en poppekasvertoning van formaat geniet het. Die spinnekop het al ons maatjies lekker rondgejaag. Aan hul gelag en geskreeu kon daar dadelik agtergekom word dat ieder en elk die vertoning terdeë geniet het. Die klein Gr. RR e het boontjiesakspeletjies gespeel. Juf. Nicky het musikale hoela-hopespeletjies met kleintjies gespeel. Hulle wou nie ophou speel nie... Die pom-pom-meisies het pragtig gedans en die junior-koor van Roodies verdien spesiale vermelding met ʼn ongelooflike vertoning. Die juniorkoor het Noag se storie gesing. Daar was selfs unieke geluide gemaak. Alle lede van die koor het gewens die pragtige koor moet net aanhou sing.die Get Juicy liedjie het almal weer na ʼn nuwe vlak geneem. Roodies is tops so het Jenna Cronje dit bewys met ʼn uitstekende redenaarstoespraak. Die klavierspelers het veral gesorg vir ʼn ongelooflike atmosfeer. Dankie aan elkeen wat so hard gewerk het, veral juf Annemarie van Biljon en haar span ongelooflike junior personeel. Baie dankie aan oom Philip en sy span werkers wat meedoënloos werk werk wat min mense gewoonlik raaksien. Roodies ons gaan nog BAIE stories skryf... hierdie is maar net die begin... ROODIE-KARNAVAL - 5-7 MEI 2017 Roodies wat n voorreg!! Die jaarlikse Roodiedag was weer eens n paar dae van onvergeetlike oomblikke. Soos Pastoor Stefan Zeelie tereg gesê het by Sondag se diens: Vrydagaand het ons om die braaivleisvuur nuwe mense ontmoet wat deel is van ons Roodiefamilie... Sosiale en hartlike geselsies en gelag was deurgaans deel van die hele naweek se verrigtinge. Roodies ons maak memories, want so het oud-roodies, nuwe ouers, oumas, oupas, nefies, niggies, oud-ouers en bestaande ouers die geleentheid kom bywoon. Ons bestaande ouers het bitter hard gewerk bygedra het, elke bydrae van elke ouer het bygedra tot n geleentheid van formaat. Vrydagaand was n perfekte aand en juis net daar het die Roodie-familie se naweek in perfekte harmonie begin. Almal het gewapen met komberse, warmklere, kampstoele en verversings opgedaag om die fliekaand by te woon.

Saterdagoggend vroeg kan vergelyk word met n miernes van bedrywighede. Almal was besig om stalletjies op te slaan en, benodigdhede heen en weer te dra. Toe almal gereed was, het die ROODIE-KARNAVAL-optog begin. n Woord van dank aan Mnr. Jasper Theunissen wat n mimiek-kunstenaar was, Mnr. Deon van Heerden wat as kulkunstenaar opgetree het en die stoute Mnr. Arno Coetzee wat weer die naam van NAR n nuwe betekenis gegee het. Hulle het die hele skare soveel genot verskaf. Hulle is voorwaar onnies om op trots te wees. Die optog was n interessantheid op sy eie... n Junior- en seniorklas het getwin en elke klas het n dier se naam getrek, n gesamentlike naam uitgedink en saam maskers gemaak. Daar was Verkleurifantjies, Krokokorings Pikkedisse en name wat jy nooit weer sal hoor nie. Maar dis hoe Roodies dit doen KREATIEF en met PASSIE en OMGEE! Die klasse het almal met groot trots hul karnavalbaniere en maskers ten toon gestel. Wat n pragtige gesig was dit nie... klein, pragtige dogtertjies het wawiele en spronge gedoen wat elke toeskouer met groot trots en vreugde gade geslaan het. Pragtige baniere en interessante maskers het groot bydrae gelewer tot die pragvertoning van die optog. Na die optog het die KARNAVAL-speletjies begin vir elke graad. Elke kind wat daar was, was deel van n wonderlike poging. Sommiges was ernstig en kompeterend en sommige het net gelag en dit geniet. DIT WAS NET LEKKER!! Almal het saam gekuier, nuwe bande is gesmee en die Roodie-familie het weer net aangegroei... Wat n wonderlike voorreg!! Al die kos was uitverkoop en al die speletjies het welgedaan... n spesiale dankie, gaan aan Mnr. Chris Coetzer, Mnr. Liam Perry, Mnr. Jasper Theunissen, Mnr. Deon Rousseau (hoof) en Mnr. Marius Swanepoel (adjunk-hoof) wat bereid was om die Pot- n-onnie te wees. Julle is great!! Sondagoggend was besonders heilig, verfrissend en spesiaal toe die Roodie-karnaval afgesluit is met die gedenkdiens wat gelei is deur Pastoor Stefan Zeelie. n Meer gepaste manier van danksegging aan ons Hemelse Vader sal jy nêrens kry nie. Laerskool Roodekrans bedank graag al die personeel, borge, ouers wat gehelp het, oom Phillip en sy spanwerkers, asook elke Roodie en Roodie-ouer wat hul kant gebring het om n suksesvolle Roodiedag te kon aanbied. Dit was voorwaar n KARNAVAL op sy beste... Word nou aangebied by Laerskool Roodekrans! Graad R tot Graad 3 Gebaseer op skoolkurrikulum Klein groepies, konkrete modelle Kontak: Annette 082 560 9616 mikiroodepoort@gmail.com

STUDIEMETODE-KURSUS VIR GR. 5 TOT GR. 7 Die STUDIEMETODE-KURSUS word aangebied by Laerskool Roodekrans van 13:30-14:30 op 24 en 31 Mei in Juffrou Isolde se klas. Jou kind se leerstyl sal bepaal word en daarvolgens word n verkorte verslag geskryf. Spesifieke memoriseringstegnieke vir elke leerstyl word bespreek. Daar word verder in diepte gekyk hoe om n begripstoets en n eksamenvraestel te beantwoord. Kostes is R250 per leerder en sluit n verkorte evaluering, -verslag en handleiding in. Kontak chirinevanniekerk@gmail.com vir n inskrywingsvorm en n volledige uiteensetting van die kursus. TOP 10-PERSENT VIR DIE EERSTE KWARTAAL VAN 2017 Baie geluk aan die volgende leerders wat onder die Top 10-persent geëindig het vir die eerste kwartaal. Sterkte met julle voorbereiding vir res van die jaar. GR. 4 Dylan van der Merwe 92.3% Mieke Louw 91.4% Chloë Deyzel 91.2% Cornelia Kok 91.0% Thian Steyn 91.0% Abigail Labuschagne 90.4% Hendrik Calitz 90.3% Rachel Wiggill 90.0% Danielle van der Watt 90.0% Carmi Esterhuyse - 89.9% Kariesa Botha 89.6% Carla Muller 89.0% GR. 6 Olivia Strydom 94.6% Lehan Kruger 93.6% Anke Janse van Rensburg 92.1% Quintus Potgieter 92.0% Hanno de Klerk 90.6% Dejané Sutil 90.0% Jordan Binneman 90.0% Janu Pienaar 89.3% Simei Botha 89.0% Keona Visagie 88.4% Erin Taljaard 87.6% Catelynn Viljoen 87.2% GR. 5 Jessy Bekker 96.9% Leila du Plessis 93.6% Emile Odendaal 93.5% Sebastian Piek 91.5% Annika Coetzee 90.2% Eben Rall 88.9% Lelanie Jansen van Nieuwenhuizen 88.3% Karla van den Berg 86.9% Denicke Diedericks 86.7% Rico du Plessis 86.7% Kian Snyman 86.3% Megan Muller 85.7% GR. 7 Lizelle Gordon 95.3% Marianka van den Berg 95.1% Marko Cronje 93.1% Leandri Engelbrecht 92.6% Mart-Mari de Bruyn 91.5% Marno Joubert 91.4% Cailin Trollip 90.7% Magdeli Potgieter 89.1% Nadia Meyer 88.3% Mia Basson 87.9%

ATLETIEK Laerskool Roodekrans het hierdie jaar n uiters suksesvolle atletiekseisoen beleef met vele hoogtepunte. Ons atlete was ware ambassadeurs vir ons skool en hul toewyding en deursettingsvermoë het beslis vrugte afgewerp. Ons is werklik bevoorreg, in die opsig dat ons kan spog met 18 atlete wat in hul verskeie items deurgedring het na die Gautengkampioenskappe. Roodies het definitief hul merk gelaat tydens hierdie prestigekampioenskappe. Ons is veral trots op die volgende 3 atlete wat gekwalifiseer het om aan die SA-Kampioenskappe op 24 en 25 Maart in Potchefstroom deel te geneem het. Jordan Binneman: Jordan het vir die Gauteng-kampioenskappe gekwalifiseer, nadat sy op Distrik Vlak die 10 jaar oue rekord in die 150 meter gebreek het, asook 1ste in die 100 meter geëindig het. Tydens die Gauteng-kampioenskappe eindig sy weer 1ste in beide die items en dring dus deur na die SA- Kampioenskappe waar sy die 150 meter wen met n tyd van 19.50 sekondes en dus met die goue medalje weggestap het. Sy het 2de in die 100 meter geëindig en spog dus ook met n silwer medalje. Dit was nie die einde van haar seges nie. Sy was deel van die 0/12 Gautengaflosspan wat n 1ste plek losgehardloop het en palm toe vir haar n 2de goue medalje in. Hou gerus hierdie dogter dop in die toekoms. Sy gaan voorwaar nog groot hoogtes bereik. Suenè Steenkamp: Suenè kwalifiseer op Distrik Vlak in die volgende 3 items: Diskus, spiesgooi en gewigstoot om aan die Gauteng-kampioenskappe deel te neem. Tydens hierdie kampioenskappe verower sy 3de plek in diskusgooi en verseker so dat sy aan die SA-Kampioenskappe kon gaan deelneem. Met die hulp van haar bekwame afrigter, mnr. Marius Swanepoel, verbeter sy haar persoonlike beste afstand van 24,48 meter na 27,62 meter. Suenè behaal n 6de plek in die finaal. Sy is vasbeslote om volgende jaar te poog om in al drie haar items te kwalifiseer vir die SA- Kampioenskappe. Amy Pretorius: Amy het onderskeidelik in die volgende 3 items deurgedring na die Gauteng-kampioenskappe: 75 m - en 200 meter hekkies, sowel as spiesgooi. Tydens die Roodepoort- en D12 Kampioenskappe het sy 2 rekords in spiesgooi laat spat, asook die rekord in die 75 meter hekkies verbeter. Sy verower n 1 ste plek by Gauteng met haar briljante pogings, stap dus met die goue medalje weg en verseker so haar deelname aan die SA-kampioenskappe. Ten spyte van die feit dat sy tydens dié kampioenskappe deur n by in haar gesig geklits is, het sy steeds haar bes probeer en n 10 de plek verower. Amy is n gedetermineerde dogter en gaan definitief nog groot naam vir haarself maak. Laerskool Roodekrans is baie trots op hierdie 3 dogters en bedank elke ouer, vriend, familielid en afrigters wat hulle deurentyd ondersteun en afgerig het. Julle is waarlik n puik advertensie vir Laerskool Roodekrans. Ons hou julle atletiekloopbaan met valkoë dop.

NETBAL Netballiga Die liga is reeds aan die gang,baie dankie aan elke dogter wat haar hart uitspeel. Ons is voorwaar trotse Roodies. Dankie aan al ons afrigters, skeidsregters en tydhouers. Sterkte vir die res van die seisoen. Uitslae teen Laerskool Midstream wat gespeel is Saterdag, 22 April 2017 OUDERDOMSGROEP UITSLAG TELLING SPEELSTER VAN DIE WEDSTRYD 0/10A Wen 7-3 Kayleigh Wilson Rachel Wiggil 0/11A Wen 13 5 Shalte Boshoff 0/12A Wen 13-4 Jordan Binneman 0/12B Wen 11 7 Katelyn Herne Wilmien van Vuuren 0/13A Wen 19-10 Nikite Schutte 0/13B Verloor 9 8 Mizanne Fourie Uitslae teen wat Laerskool Tygerpoort gespeel is op Saterdag, 22 April 2017 OUDERDOMSGROEP UITSLAG TELLING SPEELSTER VAN DIE WEDSTRYD 0/10A Verloor 15 12 Vinice van Blerk 0/11A Wen 19 5 Jessy Bekker 0/11B Wen 11 3 Ashleigh Collette 0/12A Gelyk 8 8 Olivia Strydom 0/12B Gewen 16 4 Karla Graham 0/13A Wen 21 12 Briana Kitching 0/13B Verloor 14 9 Marize de Waal Uitslae teen Laerskool Helderkruin wat gespeel is op Dinsdag, 25 April 2017. OUDERDOMSGROEP UITSLAG TELLING SPEELSTER VAN DIE WEDSTRYD 0/10A 23 0 Wen Chloe Deysel/ Rachel Wiggil 0/10B 12 4 Wen Allehandri Theron 0/10C 10 1 Wen Bianca de Lange 0/11A 16 5 Wen Leoni Zopic 0/11B 12 4 Wen Ashely Collette 0/11C Kayla Wolmarans/Leila du Plessis 0/12A 18 18 Gelyk Hayley Bothma 0/12B 17 9 Wen Karla Graham 0/12C 8 16 Verloor Keona Visagie 0/13A 15 30 Verloor Amy Pretorius 0/13B 15 16 Verloor Mizanne Fourie 0/13C 21-14 Wen Kayla Scotiriadis

Uitslae teen Laerskool Fairland wat gespeel is op Donderdag, 4 Mei 2017. OUDERDOMSGROEP UITSLAG TELLING SPEELSTER VAN DIE WEDSTRYD 0/10A Wen 19 8 Makayla Gregwar Marion Wolmarans 0/10B Gelyk 10 10 0/10C Verloor 9 6 Nelia Kok 0/11A Wen 22 13 Leoni Zopic 0/11B Wen 13 9 Charne Cronje 0/12A Wen 25 12 Olivia Strydom 0/12B Wen 19 15 Karla Graham Chandré Abraham 0/12C Verloor 9 10 Keona Visagie Emarize le Roux 0/13A Verloor 13 14 Leandri Quinn 0/13B Wen 15 12 Bea Mountfort 0/13C Verloor 13 16 Danielle Day Uitslae teen Laerskool Fontainebleau wat gespeel is op Donderdag, 11 Mei 2017. OUDERDOMSGROEP UITSLAG TELLING SPEELSTER VAN DIE WEDSTRYD 0/10A Wen 20 1 Kayleigh Wilson Rachel Wiggil 0/10B Wen 22 0 Mieke Louw 0/11A Wen 13 5 Mieke Pretorius 0/11B Wen 18 4 Charne Cronje 0/11C Wen 24 1 Courtney Botha Leila du Plessis Marissa Schoombie 0/12A Wen 18 6 Hayley Bothma Olivia Strydom Anke J van Rensburg 0/12B Wen 15 3 Mkayla Steyn 0/12C Wen 43 0 Chanique Sülwald Lara du Plessis Erin Taljaard 0/13A Wen 23 16 Nadia Meyer 0/13B Verloor 10 7 Mia Basson Marize de Waal 0/13C Wen 19 5 Mart-Mari de Bruyn SKAAKTOERNOOI: 17 MAART 2017 SJ Skaak. Akademie het ʼn toernooi Die stryd van die skaakreuse by Horison aangebied. Die deelnemende skole was almal skole waar S.J. n Skaak-Akademie het.

Roodekrans se beste skaakspelers het dus ook die geleentheid gekry om deel te neem. Sonder twyfel was dit uitstekende skaak en moes die kinders elke oomblik konsentreer om hul opponente te probeer uit-oorlê. Die span het bestaan uit: Jovan Botes, Aiden Beukman, Karl Black, Sebastian Piek, Regardt O Callaghan en Leanne O Callaghan. Gesamentlik het hulle in die tweede plek geëindig, ʼn kortkop agter Laerskool Muldersdrif. Daar was ook bordpryse vir die beste spelers op ʼn spesifieke bord. Omdat Regardt en Leanne onderskeidelik al hul wedstryde op bord 5 en 6 gewen het, het hierdie boetie en sussie met die louere weggestap. Welgedaan! Hierdie ses kinders het ons almal trots gemaak om ʼn Roodie te wees. Baie geluk en baie dankie aan almal. Ons sien uit na volgende jaar se toernooi. KULTUUR-NUUS REDENAARS 2017 ATKV-Redenaarskompetisie Die jaarlikse ATKV-Redenaars se eerste rondte Vrydag, 24 Maart 2017, by Hoërskool Linden afgeskop. Skole vanverskeie distrikte het deelgeneem, dus was die kompetisie en die standaard van die toesprake baie hoog. Daar was 18 roodies wat deelgeneem het aan die eerste rondte. Die volgende leerders het deurgedring na die tweede rondte (provinsiale vlak) van die kompetisie wat op Vrydag, 26 Mei 2017 by Hoërskool Linden plaasvind. 1. Jenna Cronje (Gr. 3) 2. Lechanté Coetzee (Gr. 5) 3. Jesse Bekker (Gr. 5) 4. Marianka van den Berg (Gr. 7) Baie geluk aan hierdie leerders en baie sterkte met die voorbereiding van hierdie intense kompetisies. ATKV-SPELFEES: UITDUNNE Op 22 Maart 2017 het 23 Gr. 6-leerders en 26 Gr. 7-leerders aan die interne ATKV-Spelathon uitdunne deelgeneem. Dit was ʼn naelbytstryd gewees tussen die leerders. Elke leerder was baie goed voorbereid en het baie hard geleer vir hierdie senutergende kompetisie. Dankie dat julle so positief was ons onnies is baie trots op julle. Baie geluk aan die volgende leerders was as wenners uit die stryd getree het en wat ons skool op Dinsdag, 9 Mei 2017 by Leeuwenhof Akademie verteenwoordig. Gr. 6 1. Dejané Sutil 2. Mia Smuts

Gr. 7 1. Leandri Engelbrecht 2. Marko Cronje Baie sterkte met die voorbereiding van hierdie kompetisie. KOOR JUNIORKOOR SING IN HARMONIE Op 9 Mei het ons Juniorkoor van bykans 100 lede aan Kykn-net se Sing in Harmonie korekompetisie deelgeneem. Ons leerders was baie opgewonde en het dit geniet om by so ʼn groot geleentheid op te tree. Hulle het pragtig gesing en die gehoor bekoor met die oorspronklike lied Noag, wat Me. Ellen van Eyk-Potgieter vir hulle geskryf het. Ons is baie trots op ons koor en sê dankie aan Juffrou Maricia, Juffrou Elzabé en Juffrou Valda vir julle harde werk met die koor. Hulle sal later vanjaar in Episode 11 op Kanaal 145 te sien wees. PRESTASIE BUITE SKOOLVERBAND Baie geluk aan die volgende leerders wat voorwaar puik presteer in hulle verskeie aktiwiteite. Laerskool Roodekrans is voorwaar trots op jou. Drama Lehan Kruger neem tydens die vakansie deel aan SACOPA Hy verwerf: 4 x 1e plekke vir solo s (goud) 1 x 3e plek vir solo (brons) 2 x 3e plekke vir groepwerk Lehan word ook aangewys as de beste manlike akteur van ouderdom 5 tot 12 jaar en ontvang die overall trophy award Motorsport Leandri Pienaar het die afgelope naweek in Potgietersrus aan ovaal motorsportresies deelgeneem. In haar klas, Ninja Midgets het sy ʼn 1ste plek los gery vir die aand. Talent Africa Clarice Cabral Gr. 5K, het Vrydag, 7 April 2017 aan talent Africa deel geneem in die instrument afdeling (Klavier). Sy het een Goud en een Brons medalje verwoer en het deur gedring na die internasionale kompetisie, talent America in Julie 2017. Sy het ook haar Federation Provincial Colours in Performing Arts

Karate Chante Visage gr. 4L het deelgeneem aan die Gauteng kampoienskappe in karate en brons medalje verower het in haar kata en onder die 1ste 8 geval het vir haar kumite, dus sodoende is sy gekies vir die Gauteng span vir karate in haar kata en kumite waar sy dan die 19de Mei 2017 gaan kompeteer in die SA Kampioenskappe. Akrobatiese dans Hierdie leerders het in Maart 2017 hulle eksamen voltooi met puik uitslae. Mieke Ludick Organge shield 94% Lené Tan shield 96,5%. Landloop Greame Stander het aan die volgende wedlope deelgeneem en puik prestasies behaal. 1. Cradle of mankind Maraton eindig hy 11de uit 300 junioratlete. 2. Wally Hayward Maraton eindig hy 5de uit 800 atlete (Junior en volwassenes) 3. Ruimsig Nite race eindig hy 1ste uit 300 junioratlete. 4. Colgate race eindig hy 9de in die Top 20 groep daar het 9000 atlete deelgeneem.

Laerskool Roodekrans ʼn Waardegedrewe skool EERLIKHEID Behandel ander mense soos jy behandel wil word. Wees konsidererend teenoor ander. Luister as iemand anders praat. Wees behulpsaam teenoor alle mense wat op die skoolterrein beweeg. Groet ander vriendelik. Respek is nie net wat jy sê nie, maar hoe jy dit sê. Respek word verdien. OMGEE VIR ANDER Hanteer ander soos jy hanteer wil word. Moet nooit ander kritiseer en spot nie. Neem ander in ag as jy besluite neem. Werk en speel altyd regverdig. Toon goeie sportmangees. INTEGRITEIT Wees eerlik en erken as jy foute maak. Wees lojaal aan vriende en ander. Neem ander se gevoelens in ag; nie net jou eie nie. Gee rekenskap van jou eie werk, moenie afkyk of afskryf nie. Moenie dat jou maat jou beïnvloed (omkoop) nie. VERANTWOORDELIKHEID Stel altyd n voorbeeld. Neem verantwoordelikheid. Pas jou besittings op. Dink voor jy doen. Neem verantwoordelikheid vir jou skoolterrein. Voltooi wat jy begin het. Doen jou beste en hou aan probeer. RESPEK Wees altyd eerlik teenoor jouself en ander. Praat altyd die waarheid en erken as jy n fout gemaak het. Doen altyd die regte ding al sien niemand jou nie. Indien u enige bydrae wil lewer tot dié waarde-beskrywings stuur e-pos aan hoof@roodekranslaer.co.za