Provinsie van die OOS-KAAP ONDERWYS Steve Vukile Tshwete Onderwys Kompleks Sone 6 Zwelitsha 5608 Privaatsak X0032 Bhisho 5605 REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA HOOFDIREKTORAAT KURRIKULUM BESTUUR GRAAD 12 LEERDER ONDERSTEUNINGSPROGRAM HERSIENING EN REMEDIËRENDE ONDERRIG INSTRUMENT: VRAE EN ANTWOORDE VAK: AFRIKAANS HUISTAAL DERDE VRAESTEL Junie 2009 Hierdie dokument bestaan uit 9 bladsye. Streng gesproke nie vir toets/eksamen doeleindes nie.
2 AFRIKAANS HUISTAAL DERDE VRAESTEL (AFRHL) (KOPIEREG 06/09) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Kies en beantwoord EEN vraag uit ELKE AFDELING in hierdie vraestel. 2. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings, naamlik AFDELING A, AFDELING B en AFDELING C. AFDELING A: Kreatiewe tekste (50 punte) AFDELING B: Langer transaksionele tekste (30 punte) AFDELING C: Korter transaksionele tekste (20 punte) 3. Nommer die skryfstukke wat jy kies korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is en dui die onderwerp duidelik aan. 4. Voer die opdrag by elke vraag wat jy kies, noukeurig uit. 5. Skryf netjies en leesbaar met swart of blou ink. 6. Begin elke afdeling op ʼn nuwe bladsy. 7. By elke vraag moet genoegsame bewyse van beplanning en redigering wees 8. Onthou, punte word vir beplanning, redigering, taal, styl en inhoud toegeken.
(KOPIEREG 06/09) AFRIKAANS HUISTAAL DERDE VRAESTEL (AFRHL) 3 AFDELING A: KREATIEWE TEKSTE (OPSTEL) VRAAG 1 Kies EEN van die volgende opdragte en skryf ʼn OPSTEL van 400 450 woorde daaroor. Jy moet jou skryfwerk beplan en bewyse van beplanning en redigering ingee. Dui jou finale produk met die volgende duidelike opskrif aan: VRAAG 1: FINAAL, asook ʼn aanduiding van jou keuse, bv. 1.2. 1.1 Skryf ʼn argumenterende opstel waarin jy n standpunt inneem oor bogenoemde stelling van die organisasie Dokters vir Lewe. Onthou, in n argumenterende opstel moet jy standpunt inneem en dit met opgaaf van redes staaf. 1.2 Skryf ʼn verhalende opstel wat soos volg eindig: Alles wat onduidelik in my lewe was, is skielik opgeklaar. Dis soos 'n kanker wat genees het. 1.3 Noem hulle dit regverdigheid! In ʼn beskrywende opstel beskryf die insident wat daartoe aanleiding gegee het dat u die bostaande uitroep geüiter het. 1.4 Skryf ʼn bespiegelende opstel met die onderstaande titel: BOUSTENE VIR ʼn NUWE LEWE
4 AFRIKAANS HUISTAAL DERDE VRAESTEL (AFRHL) (KOPIEREG 06/09) 1.5 Kyk na die onderstaande strokie. Gee jou verbeelding vrye teuels en skryf ʼn kreatiewe respons hierop. Verskaf jou eie titel. 1.6 Kies EEN van visuele prikkels en ontwikkel jou eie tema. Die aard van die opstel kan verhalend, beskrywend, beredenerend, feitelik, bespiegelend of argumenterend wees. 1.6.1 [Bron: Verlore Skakels]
(KOPIEREG 06/09) AFRIKAANS HUISTAAL DERDE VRAESTEL (AFRHL) 5 1.6.2 1.6.3 [Bron: American Government: Principles and Practices] 1.6.4 [Bron: Sarie, Mei 2008] [Bron, Vrouekeur, 3 Junie 2005]
6 AFRIKAANS HUISTAAL DERDE VRAESTEL (AFRHL) (KOPIEREG 06/09) 1.6.5 [Bron, Vrouekeur, 3 Junie 2005] TOTAAL AFDELING A: 50
(KOPIEREG 06/09) AFRIKAANS HUISTAAL DERDE VRAESTEL (AFRHL) 7 AFDELING B: LANGER TRANSAKSIONELE TEKSTE VRAAG 2 2.1 Kies EEN van die volgende opdragte en skryf ʼn skryfstuk van 180 200 woorde daaroor. Jy moet jou skryfstuk beplan en bewyse van beplanning en redigering ingee. Dui jou finale produk aan. Kinders glo die dood is omkeerbaar en verstaan nie aldag die betekenis daarvan nie. Drie tieners is gearresteer in verband met die wrede moord op ʼn vyfjarige seuntjie van hul woonbuurt. Wat is besig om met ons kinders te gebeur? [Bron: Vrouekeur] Skryf ʼn brief aan die pers waarin jy jou mening oor bostaande aangeleentheid gee. Rig jou brief aan: Die Redakteur, Oosterlig, Posbus 12, OOS-LONDEN, 5489. 2.2 In die vorige klas het u in ʼn groot penarie of verleentheid beland. Skryf ʼn brief aan u vriend/in waarin u hom/haar van die gebeure vertel.
8 AFRIKAANS HUISTAAL DERDE VRAESTEL (AFRHL) (KOPIEREG 06/09) 2.3 [Bron, Vrouekeur, 9 November 2007] BUITEMUURSE AKTIWITEITE HET BESLIS ʼn WAARDE, MAAR WORD DIT NIE OORDOEN NIE? Skryf ʼn artikel vir jou skoolkoerant waarin jy die kwessie van buitemuurse aktiwiteite aanspreek. Kyk in jou artikel na aspekte soos voordele en nadele daaraan verbonde en maak ook voorstelle/aanbevelings in die verband. TOTAAL AFDELING B: 30
(KOPIEREG 06/09) AFRIKAANS HUISTAAL DERDE VRAESTEL (AFRHL) 9 AFDELING C: KORTER TRANSAKSIONELE STUKKE VRAAG 3 Kies EEN van die volgende opdragte en skryf ʼn skryfstuk van 100 120 woorde daaroor. Jy moet jou skryfstuk beplan en bewyse van beplanning en redigering ingee. Dui jou finale produk aan. 3.1 Jy het jou ouma se huis met meubels en al geërf. Die huis het jy alreeds verkoop, maar sukkel met die meubels en ander losgoed. Ontwerp ʼn advertensie van ʼn veiling wat jy gaan hou om van die meubels en ander losgoed ontslae te raak. Plaas ook daarin besonderhede van die afslaer in geval van enige navrae 3.2 Maak ʼn dagboekinskrywing oor ENIGE van die onderstaande hofies: DAGBOEK VAN ʼn EENSAME Pappa, Mamma, julle ken nie my pyn nie! Dis my toevlugsoord. 3.3 [Bron: Vrouekeur, 23 Mei 2008] Sommige verhoudings weerstaan die toets van tyd en ander nie. Die vraag is: Wat maak ʼn verhouding betekenisvol? Gee ʼn paar nuttige wenke wat jy dink nodig is om ʼn verhouding betekenisvol en blywend te maak. TOTAAL AFDELING C: 20 GROOTTOTAAL: 100