ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING LEWENSORIËNTERING HALFJAAR EKSAMEN JUNIE 2015 GRAAD 8 AANTAL BLADSYE: 4 PUNTE:70 TYDSDUUR: 1UUR
Instruksies aan leerlinge: Lees alle instruksies aandagtig deur. Nommer jou antwoorde korrek. Skryf so netjies en leesbaar as moontlik. Beantwoord ALLE vrae in Afdeling A en Afdeling B. Beantwoord ENIGE TWEE, van die drie vrae, in Afdeling C. Lewensoriëntering Graad 8 2 Halfjaar-eksamen Junie 2015
AFDELING A VRAAG 1 Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is:- 1.1. n Emosionele, seksuele aantrekkingskrag tot n ander persoon, staan bekend as seksuele oriëntasie. 1.2. Kinestetiese leerlinge is leerders wat die beste deur gehoor leer. 1.3. Jou selfbeeld is hoe jy voel en dink oor jou maats. 1.4. n Verhouding is die konneksie tussen twee of meer persone. 1.5. Misdadigheid is gedrag wat teen die wet indruis en nie aanvaarbaar binne die gemeenskap is nie. (5) VRAAG 2 Voltooi die volgende sinne deur slegs die korrekte woorde in te vul. Skryf slegs die vraagnommer en die antwoord, bv. 2.6.selfbeeld 2.1. Iemand wat die beste leer deur te luister, het n leerstyl. 2.2. n Persoon wat altyd vrae vra en meer wil weet is. 2.3. Dwelmmisbruik kan breinskade veroorsaak en sodoende jou vermoë om te studeer, beïnvloed. 2.4. is vermoëns of talente wat ontwikkel kan word vir toekomstige sukses. 2. 5 is n inherente dryfkrag/dryfveer wat jou aanmoedig om sukses te behaal en spesifieke doelwitte laat bereik. (5) Lewensoriëntering Graad 8 3 Halfjaar-eksamen Junie 2015
VRAAG 3 Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die vraagnommer en korrekte letter van die alfabet neer, bv. 3.9. E 3.1 Mense wat daarvan hou om in beheer te wees, asook onafhanklik te wees in hulle denke en hoe hulle leer: A. Realisties B. Ondersoekend C. Ondernemend D. Konvensioneel (1) 3.2 is baie belangrik om goeie verhoudings te vestig en te onderhou. A. Geld B. Mense C. Televisie D. Kommunikasie (1) 3.3. Artistieke (Kunssinnige) beroepskategorie A. teken breinkaarte B. doen berekeninge C. sing en dans D. maak vreeslik baie lysies (1) 3.4 word nie verpak met n lysie van bestanddele om aan te dui of dit skadelik is, en of dit jou kan doodmaak nie. A. Panado B. Verbode middels C. Alkohol D. Sigarette (1) 3.5 Jou is die sosiale milieu of gebied waarbinne jy woon. A. kultuur B. godsdiens C. omgewing Lewensoriëntering Graad 8 4 Halfjaar-eksamen Junie 2015
D. gemeenskap (1) (5) VRAAG 4 Pas KOLOM B by KOLOM A. Skryf slegs die korrekte nommer en letter van die alfabet neer, bv. 4.6. F KOLOM A KOLOM B 4.1. n Dwelmsmous A Loopbaanrigting (2) 4.2. Seksualiteit B Mens kan daarheen gaan om (2) van verslawing genees te word 4.3. Kultuur en geloof C Hoe jy oor jouself en jou (2) liggaam voel 4.4. Konvensioneel D Dryf handel in verbode middels (2) 4.5 Rehabilitasie sentrum E Beïnvloed die ontwikkeling van jou selfbeeld (2) TOTAAL AFDELING A: 25 AFDELING B Beantwoord alle vrae in hierdie afdeling. VRAAG 5 Een van die belangrikste probleme in enige verhouding is hoe om meningsverskille (konflik) te hanteer. Bespreek ten minste VYF (5) konstruktiewe wyses om meningsverskille te hanteer Lewensoriëntering Graad 8 5 Halfjaar-eksamen Junie 2015
VRAAG 6 Lees Jabu se verhaal en beantwoord dan die vrae wat volg:- Jabu se lewe val uitmekaar uit. Sy skoolpunte is besig om drasties te daal. Hy mis baie van sy skoolwerk, sukkel om te konsentreer en kom gereeld laat by die skool. Hy is buierig, praat nie met sy vriende nie en het opgehou om by die sokkeroefening op te daag. Jabu se vriend weet dat hy met dwelms eksperimenteer en is bekommerd dat hy daaraan verslaaf geraak het. Hulle dink hy steel geld en selfone by die skool, om te betaal vir sy dwelmmiddels. Vry vertaal uit: Life Orientation Today Learners' book. P. 63 6.1. Wat veroorsaak die ongelukkigheid in Jabu se lewe? (2) 6.2. Noem VYF (5) tekens van dwelmmisbruik wat Jabu toon. (5) 6.3. Wat dink jy kan die moontlike gevolge wees indien Jabu nie hulp ontvang vir sy verslawing nie? (3) VRAAG 7 Verduidelik die VIER (4) stappe wat n persoon moet volg om sy/haar ware potensiaal te bereik. (5) TOTAAL AFDELING B: 25 AFDELING C Beantwoord enige TWEE vrae uit hierdie afdeling VRAAG 8 Bespreek die belangrikheid van werk en verduidelik watter impak dit het op die sosiale en ekonomiese behoeftes van die land. Lewensoriëntering Graad 8 6 Halfjaar-eksamen Junie 2015
OF VRAAG 9 Som in VYF (5) reëls op watter invloed die media het op n persoon se seksualiteit. Verskaf VYF (5) voorbeelde om jou stellings te verduidelik (te staaf). OF VRAAG 10 Sibusiso is n nuwe inwoner en vandag is sy eerste skooldag by die nuwe skool. Hy is redelik angstig om nuwe vriende te maak. Verskaf aan hom VYF (5) feite as raad/advies om nuwe vriende te maak/vriendskappe te inisieer, en VYF (5) maniere om die vriendskappe te laat groei en verstewig. TOTAAL AFDELING C: 20 GROOTTOTAAL 70 Lewensoriëntering Graad 8 7 Halfjaar-eksamen Junie 2015
ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING LEWENSORIËNTERING MEMO JUNIE 2015 GRAAD 8 AANTAL BLADSYE: 4 PUNTE: 70
AFDELING A VRAAG 1 1.1. Waar 1.2. Onwaar 1.3. Onwaar 1.4. Waar 1.5. Waar (5) VRAAG 2 2.1. Ouditief 2.2. Nuuskierig/ leergierig 2.3. Permanente/ ernstige 2.4. Potensiaal 2.5. Selfmotivering (5) QUESTION 3 3.1 C ondernemend 3.2 D kommunikasie 3.3 B sing en dans 3.4 B onwettige dwelmmiddel 3.5 C omgewing (5) QUESTION 4 4.1 D Onwettige dwelmmiddels 4.2 C Hoe jy oor jouself en jou liggaam voel 4.3 E Beïnvloed jou selfbeeldvorming 4.4 A n Beroepsveld 4.5 B Mense kan daarheen gaan om van verslawing genees te word TOTAAL AFDELING A: 25 AFDELING B VRAAG 5 Sê wat jy dink en hoe jy voel op n kalm en rustige manier. Luister aandagtig na wat mense sê Moenie iemand in die rede val nie. Gebruik nie-aggressiewe liggaamstaal Hou by die punt (moenie afdwaal nie) Lewensoriëntering Graad 8 2 Memorandum Junie 2015
Wees objektief, sien ander redes in Vertel die waarheid Kom ooreen om te mag verskil Moenie wraakgevoelens koester nie (Enige relevante antwoord) VRAAG 6 6.1. Dwelmmisbruik/ Die gebruik van dwelms 6.2. Punte wat daal; mis skoolwerk; sukkel om te konsentreer; dikwels laat; praat nie meer met sy vriende nie; daag nie by sokkeroefening op nie; vermoede dat hy steel 6.3. Hy kan moontlik skool verlaat ; beïnvloed sy verdere studies ; word siek ; gaan dood a.g.v. oordosis dwelms ; raak betrokke by misdaad; gaan tronk toe; negatiewe selfbeeld ; verloor vriende ; word deur familie verwerp VRAAG 7 Fokus op en identifiseer eie potensiaal Identifiseer jou sterkpunte Stel doelwitte Stel spertye AFDELING C VRAAG 8 TOTAAL AFDELING B: 25 (5) Werk speel n belangrike rol in die ekonomiese en sosiale ontwikkeling van n land. Indien mense nie werk en daarvoor betaal word nie, sal die ekonomie n baie stadige groeikurwe weerspieël en armoede sal n al groter probleem word. Dit veroorsaak n hoër misdaadsyfer waar werklose mense steel om te oorleef. DIt is een van die verantwoordelikhede van n mens om op n sosiale en ekonomiese gebied n bydrae te lewer tot die ontwikkeling van n land. Ons land benodig opgeleide (geskoolde) mense, veral in spesifieke areas van die ekonomiese sektor om aan die behoefte van die land te voldoen. Indien jy n produktiewe bydrae wil maak tot die sosiale en ekonomiese behoeftes van die land moet jy seker maak dat jy in diens geneem kan word. Dit moet vir jou moontlik wees om geld te verdien sodat jy jouself kan onderhou en sodoende n bydrae kan lewer tot die sosiale en ekonomiese behoeftes van ons land. Om in n beroep te staan voldoen aan ons behoeftes om kos te koop, rekeninge te betaal en n plek te hê om te slaap. OF VRAAG 9 Ons jeug word daagliks aan seksuele beelde in ons media blootgestel. Die media bevat baie onderliggende/ verskuilde seksuele boodskappe wat seksuele ingesteldheid en gedrag beïnvloed. Die jeug wil dikwels hulle gunsteling Televisie-sterre naboots en word beïnvloed deur hulle seksuele bedrywighede. Die internet maak seksuele media baie makliker toeganklik deur die blote druk van n knoppie. Die internet maak gratis pornografiese materiaal maklik bekombaar vir Lewensoriëntering Graad 8 3 Memorandum Junie 2015
tieners. Seksuele boodskappe en boodskappe met n seksuele ondertoon, asook suggestiewe foto s, word dikwels deur tieners geplaas a.g.v. groepsdruk. Dit gebeur in kletskamers en sosiale netwerke soos twitter en Facebook. (Enige relevante antwoord). OF VRAAG 10 Maniere om n vrienskap te inisieer (te vorm): Probeer om te glimlag en groet mense al voel jy nie altyd so nie Ontspan en wees selfversekerd, tree normaal op Praat met mense, begin n gesprek, vra mense bv. hoe dit met hulle gaan Wees n goeie luisteraar, moenie net oor jouself wil praat nie Beplan n geleentheid om bymekaar te kom, maak planne om mense te ontmoet en beter te leer ken Moenie oorhaastig wees nie, vriendskappe ontwikkel met die loop van tyd Maniere om n vriendskap te onderhou Hou by jou beloftes Toon belangstelling in ander se probleme Gee altyd iets terug wat jy geleen het Staan op vir n vriend wat gekritiseer of geboelie word Bedank n vriend wat behulpsaam is Vra om verskoning indien jy iemand te na gekom het (Enige relevante antwoord) TOTAAL AFDELING C: 20 GROOTTOTAAL: 70 Lewensoriëntering Graad 8 4 Memorandum Junie 2015