Matriekeindeksamen begin. Kopiereg 2017 Hoërskool Linden. Alle regte voorbehou.

Save this PDF as:
 WORD  PNG  TXT  JPG

Maat: px
Weergave met pagina beginnen:

Download "Matriekeindeksamen begin. Kopiereg 2017 Hoërskool Linden. Alle regte voorbehou."

Transcriptie

1 20 Oktober 2017 KALENDER VIR DIE KOMENDE WEEK Datum Saterdag 21 Oktober Maandag 23 Oktober Dinsdag 24 Oktober Woensdag 25 Oktober Donderdag 26 Oktober Vrydag 27 Oktober Maandag 30 Oktober Aktiwiteit ATKV-Serenade Gr 8-11 Prysuitdeling: Sport Matriekeindeksamen begin Gr 8-11 Prysuitdeling: Kultuur Atletiek Blitsbyeenkoms Swemgala Gr 8-11 Blokdag Gr 8-11 Eindeksamen begin AKADEMIE GeeXpo 2017 Lindeniete wat Inligtingstegnologie as vak neem het vanjaar vir die eerste keer aan die GeeXpo deelgeneem wat deur die NWU Vaal aangebied word. Dit was 'n opwindende dag en die Lindeniete het baie goed gevaar. Janco van Eeden en Matthew Townsend (graad 11) dring deur na die finaal van die PAT-kompetisie en Matthew behaal uiteindelik 'n algehele derde plek. Hy wen 'n beurs vir een jaar se IT-studies. Xander Coetzer (graad 10) behaal 'n tweede plek in die Wiskunde Olimpiade vir graad 10's. Janco van Eeden en Marc Rennison wen die SGI-SA Game. Baie geluk aan hierdie leerders!

2 Matriekprysuitdeling Baie geluk aan die volgende graad 12 s wat die hoogste toekennings tydens vanjaar se matriekprysuitdeling ontvang het: Akademie Akademiese eerste span: Friede van der Berg, Elsje Rabie, Danielle de Villiers Dux-leerder: word gedeel deur Friede van der Berg en Danielle de Villiers (89.7 % gemiddeld) Sport Sportdogter: Zahné Bekker Beste sportspan: Eerste Netbalspan "Aanhouer-Uithouer": Kingsley Merementsi Kultuur Kultuurpersoon - graad 12: Vincent Anderes Mees veelsydige kultuurleerder: Nicola van der Linden Veelsydigste seun: Ruan vd Merwe Veelsydigste dogter: word gedeel deur Ann Snyman en Cara Scholtz Beeldbouer van die jaar: Ann Snyman SPORT Atletiek Baie geluk aan die volgende atlete wat medaljes by die Grey-atletiekbyeenkoms verwerf het: - Gené Coetzee (o.15): goud vir 1500m en silwer vir 3000m. - Alex Viljoen (o.15): silwer vir verspring. - Lana Gouws (o.15): brons vir diskus. - Harrison Vermeulen (o.16) silwer vir driesprong. - Nicola de Bruyn (o.16): brons vir driesprong. - Anja van der Westhuysen (o.16): brons vir 200m.

3 Ons is seker dat Hoërskool Linden se nuwe atletiekoefenprogram alreeds besig is om vrugte af te werp. Die oefenprogram is vir atlete en al die ander sportsoorte by Hoërskool Linden. Laerskool leerders in graad 6 en 7 is ook welkom om in te skakel. Atletiekprogram Item Tye Maandae Dinsdae Naellope 14:30 tot 15:30 X X Hekkies 15:30 tot 16:30 X Middelafstande 14:30 tot 15:30 X X Verspring 14:30 tot 15:30 X Hoogspring 14:30 tot 15:30 X Spiesgooi 14:30 tot 15:30 X Diskusgooi 14:30 tot 15:50 X Gewigstoog 14:30 tot 15:30 X Kondisionering 14:30 tot 15:30 Naellope en hekkies Worpe KULTUUR Artes Die algehele kategorie wenners van Artes 2017 was as volg: - Beeldende Kuns: Adriadne Briel - Skryfkuns: Therese van Deventer - Uitvoerende Kuns: Clara Wessels Clara Wessels, met haar fenominale uitvoering op die dwarsfluit, het met die louere weggestap as die algehele wenner van vanjaar se Artes.

4 SOSIAAL Ukunaka Die Mosaïek Gemeente in Fairland vat hierdie jaar hande met Ukunaka tydens hulle Expressing Hope Benefit konsert. Ukunaka ontvang R30 vir elke kaartjie wat deur Hoërskool Linden verkoop word. Die konsert beloof om 'n inspirerende aand van musiek saam met Matthew Mole, Jo Black en Joshua na die Reën te wees. Die Expressing Hope Benefit konsert vind op 27 Oktober om 19:30 in die Mosaïek Teatro plaas. Kaartjies kan met kontant of per elektroniese oorplasing gekoop word en is beskikbaar by Marleed Rood of enige Ukunaka komiteelid. Bankbesonderhede vir elektroniese betalings: Embark Foundation ABSA Rekening: Takkode: Verwysing: EM003/LINDEN Kaartjiepryse is soos volg: R150 pp (volwassenes) R130 pp (groep van 10 of meer) R110 pp (pensionarisse ouer as 65) R110 pp (kinders onder 12)

5 ADVERTENSIES