Beantwoord die volgende vrae op die antwoordblad wat voorsien is. U mag nie die rekenaar aanskakel alvorens u nie Afdeling A ingehandig het nie.

Save this PDF as:
 WORD  PNG  TXT  JPG

Maat: px
Weergave met pagina beginnen:

Download "Beantwoord die volgende vrae op die antwoordblad wat voorsien is. U mag nie die rekenaar aanskakel alvorens u nie Afdeling A ingehandig het nie."

Transcriptie

1 UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT DEPARTEMENT REKENAARWETENSKAP EN INFORMATIKA RIS 114 DATUM: 7 Maart 2013 TYD: 180 minute PUNTE: 120 ASSESSORE: Prof. P.J. Blignaut & Mnr. F. Radebe (+4 bonuspunte) MODERATOR: Dr. L. de Wet AFDELING A Beantwoord die volgende vrae op die antwoordblad wat voorsien is. U mag nie die rekenaar aanskakel alvorens u nie Afdeling A ingehandig het nie. 1. Gee n voorbeeld van n vlugtige ( volatile ) stoormedium. (1) 2. Gee n alternatiewe naam vir die IEEE1394 standaard. (1) 3. Waarvoor staan die volgende afkortings? 3.1 USB 3.2 PSU 3.3 OS 3.4 OOP 3.5 GUI 3.6 bit 3.7 DVD 3.8 CPU 3.9 BIOS 3.10 UTF 3.11 RAM 3.12 IDE 3.13.cs (lêeruitbreiding) (13) 4. Waarvoor staan die u in ushort? (1) 5. Wat is n kompileerder? (2) 6. Verduidelik die verskil tussen bronkode en objekkode. (2) 7. Verduidelik die verskil tussen n objek en n klas. Gee voorbeelde. (2) 8. Verduidelik die verskil tussen n metode en n property. (2) 9. Verduidelik die verskil tussen n metode en n metode-roep. (2) 10. Verduidelik die verskil tussen n gebeurtenis en n gebeurtenishanteerder. Gee voorbeelde. (2) 11. Wat is die rol van.net in programmering? (2) 12. Hoeveel bisse is daar in n greep? (1) 13. Skakel om na n binêre getal. Toon die intermediêre stappe. (2) 14. Skakel om na n heksadesimale getal. Gebruik u antwoord in 13. (1) 15. Skakel om na n desimale getal. Toon die intermediêre stappe. (2) 16. Tel die twee binêre getalle bymekaar: 1100, Toon die intermediêre stappe. (2) 17. Trek af: Toon die intermediêre stappe. (2) 18. Skryf die waarde van a neer in elke geval: (8) 18.1 int a = 17 % 5 ; 18.2 double a = 17 / 5; 18.3 int a = 17 / 5; 18.4 int a = 17 / 5.0; 18.5 int a = 7; a++; 18.6 int b = 7; int a = b++; 18.7 double a = ; a = (int)(a*1000) / ; 18.8 int b = 3; int a = 4; a *= ++b;

2 2 19. Wat is n konstruktor? (3) 20. Identifiseer die elemente in die volgende reëls kode. U mag uit die volgende moontlikhede kies: Toekenning, klas, namespace, objek, konstruktorroep, gelyk aan, instansieer, property, konstante, omvang, parameter, gebeurtenis, boodskap, tipe, veranderlike, metode roep 20.1 System.Windows.Form frmmain = new Form(); (6) 20.2 int a = 5; (4) 20.3 Console.Write( Druk enige sleutel ); (3) 21. Wat beteken die volgende woorde in die konteks van kodering: (6) 21.1 IntelliSense 21.2 inkeping 21.3 kommentaar 21.4 omvang 21.5 ontfouting 21.6 kontrole (selfstandige naamwoord) [70] NB: U moet Afdeling A inhandig voordat u die rekenaar aanskakel om met Afdeling B voort te gaan. AFDELING B Beantwoord die volgende vrae deur oplossing in C# te ontwikkel. Maak seker dat u u naam, studentenommer en vraagnommer in n kommentaarblok aan die bokant van u kode inskryf vir elke vraag. U sal nie punte kry daarvoor nie, maar u sal 3 punte verloor vir elke vraag as u dit nie doen nie. U mag selfs nul vir die hele toets kry as u dit nie doen nie! Maak seker dat u alle kontroles en veranderlikes behoorlik benaam. Skep die volgende gids op die T-dryf in die formaat Studentenommer_Van, bv _Blignaut Let daarop dat hierdie nie n oopboektoets is nie! Vraag 1 Gebruik CSEC om n konsole toepassing te ontwikkel wat die gebruiker sal toelaat om enige aantal grepe as toevoer te verskaf. Die program moet dan die ekwivalente aantal gigagrepe, megagrepe, kilogrepe en oorblywende grepe vertoon. Onthou dat daar 1024 grepe in n kilogreep is, 1024 kilogrepe in n megagreep en 1024 megagrepe in n gigagreep. Verklaar alle numeriese veranderlikes as long. Vertoon die afvoer soos in die voorbeeld: grepe = 186 GG, 461 MG, 808 KG, 8 G Stoor u program as T:\RIS114\Studentenommer_Van_Vraag1.cs. (12)

3 3 Vraag 2 Gebruik CSEC om n grafiese toepassing soos in die volgende prentjie te ontwikkel. Stoor u program as T:\RIS114\Studentenommer_Van_Vraag2.cs. (12) Vraag 3 Gebruik CSEC om n Windows vorms toepassing soos in die skermafdruk te ontwikkel. Die vorm moet n annotasie ( label ), vier teksbokse en twee knoppies hê. Die teksbokse se MaxLength property moet n waarde van 1 hê. Dit beteken dat nie meer as een karakter in elke boksie ingesleutel kan word nie. Die program aanvaar n binêre getal in die vier teksboksies en skakel dit om na n desimale getal. Aanvaar dat die gebruiker slegs 1 e en 0 e in die teksboksies sal insleutel. Onthou dat die Text property van die teksboksies n string waarde neem wat na n numeriese ekwivalent (bv. int) omgeskakel moet word voordat u berekeninge kan doen. Die Click gebeurtenishanteerder van die Convert knoppie moet die desimale ekwivalent van die binêre getal bereken en die resultaat in n boodskapboksie vertoon. Die Exit knoppie moet die program beëindig. Notas: Begin met die annotasie en die knoppies. Moet nie tyd mors om die uitleg presies soos in die voorbeeld te kry nie. As dit min of meer lyk soos hierbo, is dit in orde. As jy nie die omskakeling kan doen nie, vertoon n boodskapboksie met die boodskap Jammer, Prof. Hierdie is te moeilik vir my! Stoor u program as T:\RIS114\Studentenommer_Van_Vraag3.cs. (30)

4 4 ANTWOORDBLAD Studentenommer: Naam en van : 1. Vlugtige stoormedium: 2. IEEE1394 : 3.1 USB 3.2 PSU 3.3 OS 3.4 OOP 3.5 GUI 3.6 bit 3.7 DVD 3.8 CPU 3.9 BIOS 3.10 UTF 3.11 RAM 3.12 IDE 3.13.cs(lêeruitbreiding) 4. u in ushort? 5. Kompileerder: 6. Bronkode: Objekkode: 7. Objek: Klas: 8. Metode: Property: 9. Metode: Metode roep: 10. Gebeurtenis: Gebeurtenishanteerder: 11. Rol van.net: 12. Bisse in n greep:

5 5 13. Skakel om na binêr: Skakel om na heksadesimaal: Skakel om na desimaal: int a = 17 % 5 ; 18.2 double a = 17 / 5; 18.3 int a = 17 / 5; 18.4 int a = 17 / 5.0; 18.5 int a = 7; a++; 18.6 int b = 7; int a = b++; 18.7 double a = ; a = (int)(a*1000) / ; 18.8 int b = 3; int a = 4; a *= ++b; 19. Konstruktor:

6 System Form frmmain = new Form() 20.2 int a = Console Write Druk enige sleutel 21.1 IntelliSense 21.2 inkeping 21.3 kommentaar 21.4 omvang 21.5 ontfouting 21.6 kontrole (s.nw.)