Die Groot Geloofswoordeboek: Katolieke Kerk, Ortodokse Kerke en die Pous

Save this PDF as:
 WORD  PNG  TXT  JPG

Maat: px
Weergave met pagina beginnen:

Download "Die Groot Geloofswoordeboek: Katolieke Kerk, Ortodokse Kerke en die Pous"

Transcriptie

1 Die Groot Geloofswoordeboek: Katolieke Kerk, Ortodokse Kerke en die Pous Die Groot Geloofswoordeboek: Katolieke Kerk, Ortodokse Kerke en die Pous Katolieke Kerk Pous Ortodokse Kerke Die eerste kerkskeuring Vir omtrent jaar was die kerk net die kerk, daar was geen besondere name vir bepaalde kerke nie omdat daar nie verskillende kerke was nie. Dit is uit hierdie tyd wat die *Apostoliese Geloofsbelydenis kom waarin ons oor die kerk bely: Ek glo aan n heilige, algemene, Christelike kerk. Dit beteken dat daar n kerk is, net een, soos daar net een maan of een son is. Dit hoort so, en ons behoort vandag nog ons belydenis so te verstaan. Die Here het nooit in gedagte gehad dat daar n klomp kerke sal wees wat mekaar ook nog opponeer nie. In 1054 nc het daar egter n skeuring gekom tussen die kerk in die Ooste en die kerk in die Weste. Onder die kerk in die Ooste verstaan ons die kerk in die Oos-Europese lande, soos Griekeland, Hongarye, Bulgarye, Rusland, en onder die kerk in die Weste die Katolieke Kerk in die Wes-Europese lande. Na eeue lange verskilpunte oor n hele aantal sake het die skeuring uiteindelik gekom oor een enkele klein woordjie wat in Latyn heet filioque en beteken en vanuit die Seun. Die kerk in die Weste, wat later die Katolieke Kerk genoem sou word, het hierdie woordjie by n ou belydenis van die kerk bygevoeg. Die belydenis het gelui dat die Gees van die Vader uitgegaan het, wat beteken dat die Gees sy oorsprong in die

2 Vader het. Maar die kerk in die Weste het geglo dat die Gees ook van die Seun uitgegaan het. Om taamlik ingewikkelde redes wou die kerk in die Ooste dit nie aanvaar nie, en daardeur het daar n skeuring gekom wat vandag nog nie geheel is nie. Vandag praat ons van die Katolieke Kerk en die Oosterse of die Ortodokse Kerke. Ons gebruik in hulle geval die meervoud (kerke) omdat hulle van land tot land taamlik selfstandig langs mekaar funksioneer en nie die soort strukturele eenheid van die Katolieke Kerk het nie. Ortodokse Kerke Die Ortodokse Kerke het nie dieselfde ontwikkelings as die Katolieke Kerk gehad nie. Hulle het geglo dat net die hele kerk saam oor leerkwessies en belydenis kan besluit, en daarom het hulle by die ou belydenisse bly staan en nooit nuwe belydenisse oor nuwe probleme geformuleer nie omdat die hele kerk nie meer saam was nie. Katolieke Kerk Dit word verkeerdelik (en soms ook n bietjie minagtend?) die Roomse Kerk of die Rooms-Katolieke Kerk genoem omdat hulle sentrale gesag in die Vatikaanstad in Rome gesetel is. Die woord katoliek beteken algemeen en word in ons belydenis gebruik: Ek glo aan n heilige, algemene (katolieke) kerk, die gemeenskap van die heiliges. In dié sin bely ons saam met alle ander Christene dat ons (deel van) die algemene (katolieke) kerk is wat oor die hele aarde versprei is. Maar tegnies word hierdie spesifieke kerk die Katolieke Kerk genoem. (*Algemeenheid van die kerk) Die Katolieke Kerk is die grootste Christelike denominasie,

3 met meer as een biljoen lidmate wêreldwyd. Dit is die enigste kerk wat wêreldwyd as een organisasie bestaan. Die ander tradisies het verskillende kerklike organisasies in die verskillende lande, soos verskillende Gereformeerde Kerke wat in die verskillende lande onafhanklik van mekaar funksioneer. Maar die ganse Katolieke Kerk is verenig onder die leierskap van die pous. Net soos die Ortodokse Kerke maak hierdie kerk daarop aanspraak dat hy die voortsetting is van die oorspronklike kerk wat deur die apostels in Handelinge begin is. Vir baie lank het hy homself ook as die enigste ware kerk beskou, maar hy het in die laaste halfeeu meer erkenning aan ander kerke begin gee. Dit is die kerk waarteen die Kerkhervormers soos Luther en Calvyn in die sestiende eeu in opstand gekom het. Die Kerkhervormers (*Hervorming) was oortuig dat die Katolieke Kerk in die Middeleeue so ver van die waarheid afgedwaal het dat hulle nie meer die ware kerk kon wees nie. Daarom het die Hervormers daarop aanspraak gemaak dat hulle die ware kerk verteenwoordig omdat hulle die evangelie glo en verkondig soos dit oorspronklik deur Jesus en die apostels aan ons oorgelewer is in die Nuwe Testament. Hulle het baie negatief oor die Katolieke Kerk geoordeel. Hulle het selfs na die pous as die *antichris verwys. Ons kan dit nie meer vandag soos hulle doen nie omdat daar groot veranderings in hierdie kerk gekom het, veral tydens en na die tweede Vatikaanse Konsilie ( ). Die pous is vandag n simbool van die evangelie, hoe vreemd sommige van sy oortuigings ook al vir baie Christene is. Alhoewel die Katolieke Kerk wêreldwyd een massiewe organisasie is, is daar verskillende ordes of groeperings wat onderling hulle eie beklemtonings het. Hulle het dit egter reggekry om al hierdie groeperings onder een hoof, die pous, verenig te hou. Daarmee het hulle aan die res van die Christene n wonderlike voorbeeld gestel van eenheid in verskeidenheid, iets wat die Protestantse Kerke nooit aangeleer het nie. Die

4 Protestante laat elke keer toe dat verskille hulle uitmekaar skeur en van mekaar verwyder, en sodra n groep n eie selfstandige organisasie het, word hereniging uiters moeilik. Die kinders van die Hervorming vertoon n patetiese prentjie van verdeeldheid aan die wêreld, wat die teenoorgestelde is van wat Christus bedoel het. (*Eenheid van die kerk) Pous Die pous is die leier van die Katolieke Kerk. Daar is twee verskillende sisteme van kerkleiding. Daar is kerke wat, soos die Gereformeerde Kerke, glo dat die leidende figure (ampte) in die kerk gelyk is. In die Gereformeerde kerkregering is daar drie besondere ampte: *predikant, *ouderling en *diaken. (*Amp) Hierdie drie is gelyk en behartig saam die leiding in die kerk. Maar daar is baie kerke wat een persoon aanstel om die leiding te neem soos die *Charismatiese kerke en die *Katolieke Kerk. In die Katolieke Kerk is dit die pous. Onder hom dien die biskoppe, priesters en diakens. n Vrou kan nie pous word of n besondere amp (biskop of priester of diaken) in die Katolieke Kerk beklee nie. Vrouens kan wel besondere dienste verrig, soos nonne, maar hulle kan geen gesag in die kerk uitoefen nie. Die pous kan ook nie getroud wees nie; geen ampsdraer in die Katolieke Kerk mag trou nie. Hulle moet die *selibaat beoefen. Die pous word gekies uit die hoogste groep biskoppe, die kardinale. Hy word lewenslank tot hierdie amp verkies. Die Katolieke is oortuig dat die pous die opvolger van Petrus is. Hulle beskou Petrus as die eerste pous. *Petrus was inderdaad die leier onder die dissipels, en Jesus het aan hom besondere erkenning gegee. Die Katolieke glo dat Jesus Petrus aangewys het as die rots waarop Hy sy kerk sal bou (Matt 16:18, alhoewel baie Protestantse Christene nie met hierdie uitleg saamstem nie) en ook aan hom n besondere

5 verantwoordelikheid teenoor die ander dissipels en die gelowiges in die algemeen gegee het (Luk 22:32; Joh 21:15-19). Ons kry nêrens in die Bybel die indruk dat Petrus opgevolg moes word nie. Protestantse Christene glo dat sy amp, soos dié van die ander apostels, uniek was en nie op iemand ná hulle oorgegaan het nie. Dit kon ook nie, omdat dit n vereiste was dat iemand die Here ná sy opstanding moes gesien het om n apostel te word (Hand 1:21-22). Daar was ná die apostels nie meer sulke mense in die kerk nie. Die ander vraag wat die meeste ander Christene het, is dié oor die onfeilbaarheid van die pous. Beteken dit dat die pous nooit n fout kan maak nie? Nee. Die Katolieke Kerk leer net dat die pous nie n fout kan maak as hy amptelik (ex catedra) n uitspraak maak oor die leer van die kerk nie. Hulle beroep hulle op die belofte dat die Gees die kerk in die hele waarheid sal lei (Joh 16:13). As leier van die kerk sal hy dan altyd die waarheid uitspreek oor die leer van die kerk. Protestante vra egter hoe dit dan strook met wat vir ons lyk na opsigtelike dwalings in die geskiedenis van die Katolieke Kerk. Skrywer: Prof Adrio König

Gemeenskap. Wat is n gemeenskap? n Gemeenskap het n hoof/hoof?

Gemeenskap. Wat is n gemeenskap? n Gemeenskap het n hoof/hoof? Gemeenskap Wat is n gemeenskap? Die woord gemeenskap dui n intieme verband tussen mense aan. Mense wat deel aan iets, maar dit wat hulle deel is baie besonders. Uit die Grieks is die woord vir gemeenskap

Nadere informatie

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra SKRIFLESING: Romeine 12:1-8 TEKS: Romeine 12:1-2 HK 49 TEMA: Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra Psalm 103 : 10, 11 Skrifberyming 28 (10-1) : 1, 2 Psalm 119 : 11 Skrifberyming 78 (13-3)

Nadere informatie

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22 1 BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22 Die sekerheid dat jy 'n kind van God is, is nie die einde van die pad nie maar die begin daarvan. Nou word dit moontlik om as gelowiges te groei. Maar waarheen lei

Nadere informatie

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8) Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8) Teks: Verskeie & HK Sondag 8 Inleiding Geliefdes, die Drie-eenheid van God is seker van die meeste moeilike dinge om te verstaan, en gewoonlik van

Nadere informatie

Paulus kritiseer sy tyd se manier

Paulus kritiseer sy tyd se manier . Datum: 25 Mei 2011 Oorspronklike artikel in Beeld. Kyk ook: - Vrouens en Hoede ********** Paulus kritiseer sy tyd se manier Paulus beveel nie die vroue om aan hul mans onderdanig te wees nie, hy kritiseer

Nadere informatie

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg SKRIFLESING: 1 Johannes 2:1-11 TEKS: 1 Johannes 2:6 TEMA: Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg Psalm 9 : 1, 2, 7 Psalm 31 : 13 (na gebed) Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2 Skrifberyming 78 (13-3) Ook:

Nadere informatie

BYBELSTUDIE OPENBARING LES 4 HOOFSTUK 1:9-13.

BYBELSTUDIE OPENBARING LES 4 HOOFSTUK 1:9-13. 1 BYBELSTUDIE OPENBARING LES 4 HOOFSTUK 1:9-13. Openbaring 1:1-8: In die eerste verse vind ons die oorsprong van die boek Openbaring: God self! Hy het dit aan Jesus Christus gegee om dit verder deur te

Nadere informatie

Die Groot Geloofswoordeboek: Spiritualiteit

Die Groot Geloofswoordeboek: Spiritualiteit Die Groot Geloofswoordeboek: Spiritualiteit Die Groot Geloofswoordeboek: Spiritualiteit Spiritualiteit Kerklike tradisies Gereformeerde spiritualiteit Evangeliese spiritualiteit Evangelicals) Pinkster-Charismatiese

Nadere informatie

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun SKRIFLESING: Johannes 1:1-18 TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13 TEMA: God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun Psalm 45 : 1, 2, 3 Psalm 72 : 6 Skrifberyming 33 (2-4) : 1 Skrifberyming 78 (13-3) 2 Dat ons kinders

Nadere informatie

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

DIE VLEUELS VAN GEBED (9) DIE VLEUELS VAN GEBED (9) DIE VLEUELS VAN GEBED (9) Jan van der Watt Dankie Here! Dankie sê is om jou skuld te betaal. In die tyd van die Bybel was dankie sê iets anders as vandag. Vandag is dankie n woord

Nadere informatie

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3 1 Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps. 116... Sb 33:1,3 1 Johannes 3 1Jn 3:1 Kyk wat n groot liefde die Vader aan ons bewys het,

Nadere informatie

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING? WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING? Daar is geen chronologiese volgorde nie. Daar is egter wel n logiese volgorde. # 1 Bekering Bekering, Regverdigmaking, Wedergeboorte Aanneming, Heiligmaking......alles

Nadere informatie

Die Groot Geloofswoordeboek: Liefde

Die Groot Geloofswoordeboek: Liefde Die Groot Geloofswoordeboek: Liefde Die Groot Geloofswoordeboek: Liefde Liefde (*God) Liefde is een van die kernwoorde van die Bybel, maar miskien juis daarom een van die mees misbruikte woorde. In ons

Nadere informatie

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid Bybel vir Kinders bied aan Die Kerk Kry Moeilikheid Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

Nadere informatie

Hoé weet ons die Bybel is die Woord van God? Erkenning van die gesag van die Skrif en die Heilige Gees

Hoé weet ons die Bybel is die Woord van God? Erkenning van die gesag van die Skrif en die Heilige Gees 1 Hoé weet ons die Bybel is die Woord van God? Erkenning van die gesag van die Skrif en die Heilige Gees Voordrag gehou by die konferensie oor Skrifgesag op 24 September 2014 by die Gereformeerde Kerk

Nadere informatie

Les 1 vir 7 Oktober 2017

Les 1 vir 7 Oktober 2017 Les 1 vir 7 Oktober 2017 Hierdie kwartaal bestudeer ons die boek Romeine. Eerstens, dit is goed om te weet hoe Paulus die skrywer verwant is aan die Christene wat in die belangrikste stad van daardie tyd

Nadere informatie

2. Die skepping van die mens

2. Die skepping van die mens 2. Die skepping van die mens Génesis 1: 26 en 2: 7-25 Die mens as beelddraer van God Die bestaan en doel van die mens rus in God se skepping. Alleen omdat die mens skepsel van God is, is hy ook beelddraer

Nadere informatie

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24 1 15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24 Tema Wanneer jy in Jesus glo, eindig jou lewe nie op die dag wanneer jy doodgaan nie. Jy sal uit die dood opstaan en

Nadere informatie

Preektema: Die doop is n genadedaad van God aan sondaarmense.

Preektema: Die doop is n genadedaad van God aan sondaarmense. 1 Preektema: Die doop is n genadedaad van God aan sondaarmense. Vooraf sang Lied 241:1,2; Nuwe Sb: God spreek deur sy Seun vers 1,2 (Mel Lied 271) Intreelied: Lied 151:1,2 Votum Seëngroet Lofsang: Lied

Nadere informatie

Die Groot Geloofswoordeboek: Joodse Feeste

Die Groot Geloofswoordeboek: Joodse Feeste Die Groot Geloofswoordeboek: Joodse Feeste Die Groot Geloofswoordeboek: Joodse Feeste Joodse feeste Die feeste wat in verband met die Sabbat staan Die groot feeste Die Groot Versoendag Daar was baie Joodse

Nadere informatie

Jesaja sien die Toekoms

Jesaja sien die Toekoms Bybel vir Kinders bied aan Jesaja sien die Toekoms Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

Skriflesing: 2 Tim 2:14-26(word gelees deur gemeentelede uit die banke)

Skriflesing: 2 Tim 2:14-26(word gelees deur gemeentelede uit die banke) Preek 2 Tim 2 : 14-26 Kan jy of kan jy nie? Verwelkoming Votum(Ds. Danie) Seëngroet(Ds. Danie) Lofprysing Gebed Kan jy of kan jy nie? Baie eenvoudige tema, maar het so n wye betekenis. Ek wil vra dat u

Nadere informatie

n Tempel Leier besoek Jesus

n Tempel Leier besoek Jesus Bybel vir Kinders bied aan n Tempel Leier besoek Jesus Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: M. Maillot; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible

Nadere informatie

Die gebed leer ons dat die kerk die eenheid in die Drie Enige God weerkaats en weerspieël.

Die gebed leer ons dat die kerk die eenheid in die Drie Enige God weerkaats en weerspieël. Johannes 17:1-25 Vooraf Verlede Sondag het ons Pinkster gevier. Vanoggend begin die Koninkryksondae wat duur tot aan die begin van Desember as Adventstyd begin. In Koninkrykstydperk is die fokus op ons

Nadere informatie

n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2)

n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2) n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2) n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2) Jan van der Watt DEEL 2[1] DIE VERHALE VAN MATTEUS EN LUKAS Die verhaal van Jesus se geboorte (die kersverhaal)

Nadere informatie

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80 1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80 Votum en seën Psalm 23 : 1, 3 Gebed Skriflesing: 1 Korintiërs 10:1-13 (AV 1983) Belydenis: HK 29:78-30:80 Teks: 1 Korintiërs 10:4 Psalm 105 : 21, 22 Preek: Die Heilige Gees

Nadere informatie

SKRIFLESING: Jesaja 6. TEKS: Jesaja 6:3 HK 8. Voor die drie-maal heilige God buig ons laag. Psalm 99 : 1, 2. Psalm 81 : 11, 12

SKRIFLESING: Jesaja 6. TEKS: Jesaja 6:3 HK 8. Voor die drie-maal heilige God buig ons laag. Psalm 99 : 1, 2. Psalm 81 : 11, 12 SKRIFLESING: Jesaja 6 TEKS: Jesaja 6:3 HK 8 TEMA: Voor die drie-maal heilige God buig ons laag Psalm 99 : 1, 2 Psalm 81 : 11, 12 Skrifberyming 45 (18-7) : 8, 9 Ook: Skrifberyming 54 (2-6) : 5 2 Die Heidelbergse

Nadere informatie

6. Ek glo in Jesus Christus Johannes 3:16-18 en Matteus 1:18-25

6. Ek glo in Jesus Christus Johannes 3:16-18 en Matteus 1:18-25 1 6. Ek glo in Jesus Christus Johannes 3:16-18 en Matteus 1:18-25 Tema Ons glo in Jesus Christus, die God-mens, ons Here wat ons verlos. Agtergrond en interpretasie Ons is besig om oor die Apostoliese

Nadere informatie

14. Ek glo my sondes word vergewe 1 Johannes 1:5 2:2

14. Ek glo my sondes word vergewe 1 Johannes 1:5 2:2 1 14. Ek glo my sondes word vergewe 1 Johannes 1:5 2:2 Tema Wanneer ons bely dat ons sonde doen, vir God daarvan vertel en sê ons is jammer, verseker Hy ons dat Hy ons sonde vergewe. Agtergrond en interpretasie

Nadere informatie

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11)

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11) Les 14 vir 30 September 2017 Paulus se slotrede is eintlik 'n oproep tot die Galasiërs. Paulus was soos 'n herder wat vir sy kudde sorg. Hy wou die waarhede van die geloof in die Galasiërs se gedagtes

Nadere informatie

Deur die eeue heen het hierdie vraag mense besig gehou. Met hierdie vraag kom ons by dit wat die kern en die hartklop van ons Christelike geloof is.

Deur die eeue heen het hierdie vraag mense besig gehou. Met hierdie vraag kom ons by dit wat die kern en die hartklop van ons Christelike geloof is. 1 Lees: Matt.16:13-23 Teks: Matt.16:16-18 Sondag 12 Datum: 21 Februarie 2016 Psalms: Ps.118:1,2; 118:3,8; Ps.32:1; Ps.118:11,12; Ps.118:13,14 1. Inleiding: Wat dink u van Jesus? Deur die eeue heen het

Nadere informatie

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93 1 JOHANNES 4:20 HK 34:93 Votum en seën Psalm 134 : 1, 3 [ ons ] Gebed Psalm 27 : 4 Skriflesing: 1 Johannes 4:7-21 (AV 1983) Belydenis: HK 34:93 Teks: 1 Johannes 4:20 (AV 1983) Preek: God se wil is liefde

Nadere informatie

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL Votum en seën Psalm 118 : 2 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 4 : 3 Gebed Skriflesing: Johannes 19:17-27 (AV 1933/53) Teks: Johannes 19:26-27

Nadere informatie

God, die Almagtige, en die geboorte en lewe van die kerk

God, die Almagtige, en die geboorte en lewe van die kerk 1 God, die Almagtige, en die geboorte en lewe van die kerk Abraham: from embers to a flame Dr AH Bogaards 2012 Lees: Genesis 17 Teks: Genesis 17:1 1. Inleiding In ons tyd is daar n groot diskussie aan

Nadere informatie

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies?

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies? VERGELYK en RANGSKIK GETALLE Om vergelykings te tref tussen verskillende dinge is n vaardigheid waarmee ons almal gebore word. Dit begin vroeg-vroeg al wanneer ons verskillende tipes speelgoed met mekaar

Nadere informatie

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder.

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder. SKRIFLESING: Romeine 8:18-30 TEKS: Romeine 8:28 HK 9 TEMA: God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder. Psalm 30 : 3, 4 Skrifberyming 33 (2-4) : 1 Psalm 119 : 25 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Sb 52

Nadere informatie

Preek, Ds Freddie Schoeman. Sondag 27 Februarie 2011

Preek, Ds Freddie Schoeman. Sondag 27 Februarie 2011 Preek, Ds Freddie Schoeman Sondag 27 Februarie 2011 [Skyfie 1] Op ons almanak staan daar dat ons vandag spesiaal aandag gee aan n organisasie met die naam Bibles for Believers wat Bybels gratis vesprei

Nadere informatie

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol SKRIFLESING: 1 Korintiërs 15:1-20 TEKS: 1 Korintiërs 15:20a TEMA: Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol Psalm 33 : 2 Psalm 33 : 11 Skrifberyming 10 (5-4) : 1, 2 Ook: Sb 27 : 1, 3 1 Weet u

Nadere informatie

DIE BRIEF AAN FILEMON

DIE BRIEF AAN FILEMON DIE BRIEF AAN FILEMON Inleiding Hierdie brief maak saam met die briewe aan die Efesiërs, Filippense en Kolossense die viertal geskrifte uit wat bekend staan as Paulus se gevangenskapsbriewe. By twee geleenthede

Nadere informatie

1 Matteus 24:15-31 handel oor die koms van die Seun van die Mens oor Jesus se wederkoms.

1 Matteus 24:15-31 handel oor die koms van die Seun van die Mens oor Jesus se wederkoms. Matteus 24 Matteus 24 Francois Malan Japie vra: Ek lees vanoggend Matt.24. Ek sal baie bly wees as ek n verklaring kan kry oor die hoofstuk. In verse 15-29,36, 40+41 praat Jesus oor dinge wat ek nie verstaan

Nadere informatie

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek SKRIFLESING: 1 Johannes 2:28 3:10 TEKS: 1 Johannes 3:8b TEMA: Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek Psalm 45 : 1, 3, 5, 6 Psalm 79: 5, 6 Skrifberyming 33 (2-4) : 1, 2 Skrifberyming

Nadere informatie

Tema: Leef jou geloof uit in n persoonlike verhouding met God.

Tema: Leef jou geloof uit in n persoonlike verhouding met God. 1 Tema: Leef jou geloof uit in n persoonlike verhouding met God. Vooraf sang Lied 334: 1,2,3,4 Lied 530: 1,2,3. Ontmoetingsdiens Intreelied Sb 3 4: 1,5 Votum Seën Lofsang Ps. 18 1: 1,20 Woorddiens Gebed

Nadere informatie

12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15

12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15 1 12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15 Tema Jesus het die Heilige Gees gestuur om ons te help. Agtergrond en interpretasie Hierdie ontmoeting sluit by die voriges aan. Een artikel van

Nadere informatie

Vir hierdie herontdekking het die Here veral vir Martin Luther gebruik.

Vir hierdie herontdekking het die Here veral vir Martin Luther gebruik. ROMEINE 14:8 Votum Seën Psalm 46 : 1, 4 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 32 : 3 Formulier vir die Bediening van die Heilige Doop aan Kinders Psalm 68 : 9 (na doop)

Nadere informatie

WAAROM ONS AANHOU MET DIE KINDERDOOP. n Reaksie op Christo Nel se oproep tot n nuwe hervorming, en sy verwerping van die kinderdoop

WAAROM ONS AANHOU MET DIE KINDERDOOP. n Reaksie op Christo Nel se oproep tot n nuwe hervorming, en sy verwerping van die kinderdoop WAAROM ONS AANHOU MET DIE KINDERDOOP n Reaksie op Christo Nel se oproep tot n nuwe hervorming, en sy verwerping van die kinderdoop Christo Nel het n brief geskryf aan alle predikante in Reformatoriese

Nadere informatie

Die Kerk se Geboorte

Die Kerk se Geboorte Bybel vir Kinders bied aan Die Kerk se Geboorte Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Vertaal deur: Gert Badenhorst Aangepas deur: Ruth Klassen Storie 55 van 60 www.m1914.org Bible for

Nadere informatie

20. Groei en bedreiging

20. Groei en bedreiging 20. Groei en bedreiging Handelinge 3 tot Handelinge 5 Christus bewaar sy kerk te midde van aanvegtinge van Satan Die eerste gemeente is kerk van Christus te midde van teenkanting van die wêreld. Die Here

Nadere informatie

Preek Handelinge 15:11 en Efesiërs 2:8

Preek Handelinge 15:11 en Efesiërs 2:8 1 Preek Handelinge 15:11 en Efesiërs 2:8 (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 5 Maart 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff Voor die erediens Sing: Lied 203:1,2 Sing: Lied 231:1,2,3

Nadere informatie

SKRIFLESING: Prediker 1:1-11. TEKS: Prediker 1:3. Los van God bied die lewe niks. Psalm 149 : 1, 2. Skrifberyming 19 (2-1) : 1, 2.

SKRIFLESING: Prediker 1:1-11. TEKS: Prediker 1:3. Los van God bied die lewe niks. Psalm 149 : 1, 2. Skrifberyming 19 (2-1) : 1, 2. SKRIFLESING: Prediker 1:1-11 TEKS: Prediker 1:3 TEMA: Los van God bied die lewe niks Psalm 149 : 1, 2 Skrifberyming 19 (2-1) : 1, 2 Psalm 90 : 2, 3 Psalm 90 : 1, 9 Ook: Ps 39 : 3, 4 Ps 102 : 11, 12 Wanneer

Nadere informatie

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE: VRUGTE VAN DIE GEES VRAE: GEDULD: (Patience) 1. Wat is geduld? 2. Wat is van die goed waarvoor jy geduldig moet wees? 3. Is dit moeilik vir jou om geduldig te wees? 4. Hoe kan jy geduld wys? SELFBEHEERSING:

Nadere informatie

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het.

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het. 1 Preek: 1 Korintiërs 13:1-13 Teksverse: 1 Korintiërs 13:7 Tema: Die Heilige Gees rus jou toe om met ware liefde te leef! Inleiding Geliefde gemeente, ons het afgelope Donderdag op n besondere manier aan

Nadere informatie

Proses van wysiging van Artikel 1 van die Kerkorde

Proses van wysiging van Artikel 1 van die Kerkorde Proses van wysiging van Artikel 1 van die Kerkorde Algemene Sinode 1998/2003 Die Algemene Sinode aanvaar dat die Belydenis van Belhar op sigself genome nie met die drie formuliere van eenheid in stryd

Nadere informatie

Die intrige rondom Hanna kan in die volgende punte saamgevat word:

Die intrige rondom Hanna kan in die volgende punte saamgevat word: Die intrige in n verhaal is die plan waarvolgens n verhaal ontwikkel en word ook die raamwerk van gebeure genoem. Die raamwerk dui op die organisasie van die gebeure in die verhaal en saak en gevolg speel

Nadere informatie

Pretoria- 14 Augustus 2011

Pretoria- 14 Augustus 2011 1 Skriflesing: Prediker 3:1-15 Teks: Prediker 3:1-2a Sing- Ps.118:1,2; Ps.64:1,6,7; Ps. 104:1,12; Ps. 31:1,12 Broeder en suster- Ons lewe mag vir ons lyk soos n groot legkaart, waar ek baie keer voel dat

Nadere informatie

DOOP: Deel 2 INLYDING:

DOOP: Deel 2 INLYDING: DOOP: Deel 2 INLYDING: Daar is 4 soorte doop waarvan ons lees IN DIE Nuwe Testament: 1. 1 Ko 15:29 Anders, wat sal hulle doen wat hulle vir die dode laat doop, as die dode geheel en al nie opgewek word

Nadere informatie

Daar is vandag n tendens onder baie Christene om die Joodse Feeste en die sabbat te hou. Daar is Joodse gemeentes in Christus wat nie Christene

Daar is vandag n tendens onder baie Christene om die Joodse Feeste en die sabbat te hou. Daar is Joodse gemeentes in Christus wat nie Christene DIE JOODSE FEESTE Lev.23:1-3 Moet ons as Christene ook die Joodse feeste hou? Is hierdie Ou Testamentiese Feeste ook verpligtend onder die Nuwe Testament? Of kan ons kies of ons dit wil hou? Of moet ons

Nadere informatie

Petrus en die Krag van Gebed

Petrus en die Krag van Gebed Bybel vir Kinders bied aan Petrus en die Krag van Gebed Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Vertaal deur: Gert Badenhorst Aangepas deur: Ruth Klassen Storie 57 van 60 www.m1914.org

Nadere informatie

BYBELSTUDIE HEBREËRS 6:13-7:28.

BYBELSTUDIE HEBREËRS 6:13-7:28. 1 BYBELSTUDIE HEBREËRS 6:13-7:28. A. OPSOMMING. Hebreërs 6:13-20 verkondig dat God se beloftes vasstaan. Die skrywer gebruik 'n voorbeeld uit Abraham se lewe om die betekenis daarvan aan ons te verduidelik.

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun Bybel vir Kinders bied aan Die Verlore Seun Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

10. Ek is by julle Matteus 28:16-20

10. Ek is by julle Matteus 28:16-20 10. Ek is by julle Matteus 28:16-20 Tema Jesus verseker mense wat Hom aanbid, en selfs dié wat nog twyfel, dat Hy, die Almagtige, by hulle is wanneer hulle uitgaan om dissipels oor die hele wêreld heen

Nadere informatie

Preek Genesis 1:27. (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 6 November 2016)

Preek Genesis 1:27. (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 6 November 2016) 1 Preek Genesis 1:27 (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 6 November 2016) Voor die erediens Sing: Lied 447:1 Sing: Lied 456:1,3 Afkondigings Stilte Ontmoetingsdiens: Toetredelied:

Nadere informatie

VERSPREI GOD SE LIEFDE (2) VERTEL ANDER VAN GOD SE LIEFDE 13 Augustus 2006, Ds Freddie Schoeman

VERSPREI GOD SE LIEFDE (2) VERTEL ANDER VAN GOD SE LIEFDE 13 Augustus 2006, Ds Freddie Schoeman VERSPREI GOD SE LIEFDE (2) VERTEL ANDER VAN GOD SE LIEFDE 13 Augustus 2006, Ds Freddie Schoeman Die basis van ons verhouding met ander is dieselfde as die basis van ons verhouding met God en mekaar: GENADE.

Nadere informatie

Matteus se Judas en die koninkryk

Matteus se Judas en die koninkryk Cobus van Wyngaard http://mycontemplations.wordpress.com http://anderkant.wordpress.com www.twitter.com/cobusvw www.facebook.com/cobus 31 Maart 2009 Familiekerk NG Kameeldrif Matteus se Judas en die koninkryk

Nadere informatie

Preek oor: Wat doen die Heilige Gees? Die Heilige Gees laat die wedergeboorte plaasvind

Preek oor: Wat doen die Heilige Gees? Die Heilige Gees laat die wedergeboorte plaasvind 1 Preek oor: Wat doen die Heilige Gees? Die Heilige Gees laat die wedergeboorte plaasvind (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 29 Mei 2016) Voor die erediens Sing: Psalm 71-1:1,9,12

Nadere informatie

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3. SKRIFLESING: Johannes 8 :12-20 TEKS: Johannes 8:12 TEMA: Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe Psalm 150 : 1, 2, 3 Psalm 43 : 3, 4 Skrifberyming 3 (4-7) : 1, 2 Skrifberyming 9 (18-1) : 1, 6 [Ook: Ps

Nadere informatie

DIE DOOP MET DIE HEILIGE GEES. Hand.2:1-13

DIE DOOP MET DIE HEILIGE GEES. Hand.2:1-13 DIE DOOP MET DIE HEILIGE GEES Hand.2:1-13 Oral waar die tempel van Christus verrys, rig die Satan sy kapel van misleiding op. Jesus berispe die kerklui van Sy tyd:.julle dwaal, omdat julle die Skrifte

Nadere informatie

Alle Paaie lei na Jesus: God se verbond met Abraham (3)

Alle Paaie lei na Jesus: God se verbond met Abraham (3) Alle Paaie lei na Jesus: God se verbond met Abraham (3) Alle Paaie lei na Jesus: God se verbond met Abraham (3) Adrio König God se verbond met Abraham (3) Daar is twee besondere sake in verband met hierdie

Nadere informatie

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48 OPENBARING 5:5 HK Sondag 48 Votum en seën Psalm 93 : 1, 4 Gebed Skriflesing: Openbaring 5 (AV 1933/53) Belydenis: HK 48 Teks: Openbaring 5:5 (AV 1933/53) Psalm 72 : 2 Preek: God sorg self vir die koms

Nadere informatie

SKRIFLESING: Openbaring 1:1-8. TEKS: Openbaring 1:8. Die Here omvat alles altyd. Psalm 90 : 1, 2. Psalm 65 : 2, 4. Psalm 102 : 11

SKRIFLESING: Openbaring 1:1-8. TEKS: Openbaring 1:8. Die Here omvat alles altyd. Psalm 90 : 1, 2. Psalm 65 : 2, 4. Psalm 102 : 11 SKRIFLESING: Openbaring 1:1-8 TEKS: Openbaring 1:8 TEMA: Die Here omvat alles altyd. Psalm 90 : 1, 2 Psalm 65 : 2, 4 Psalm 102 : 11 Skrifberyming 10 (5-4 ) 5, 6 [Ook: Sb 7-2 : 1, 2 Sb 24 : 1, 7] 1 Die

Nadere informatie

9. Ek glo Jesus het opgestaan Johannes 20:1-18

9. Ek glo Jesus het opgestaan Johannes 20:1-18 1 9. Ek glo Jesus het opgestaan Johannes 20:1-18 Tema Jesus se opstanding was ʼn onverwagse verrassing wat vir ons as sy volgelinge moed gee wanneer ons deel word van sy triomftog waarin Hy baie mense saam

Nadere informatie

PSALM 90:2 NGB 1. Votum en seën. Psalm 90 : 1. Gebed. Skriflesing: Psalm 90 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1. Teks: Psalm 90:2 (AV 1933/53)

PSALM 90:2 NGB 1. Votum en seën. Psalm 90 : 1. Gebed. Skriflesing: Psalm 90 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1. Teks: Psalm 90:2 (AV 1933/53) PSALM 90:2 NGB 1 Votum en seën Psalm 90 : 1 Gebed Skriflesing: Psalm 90 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1 Teks: Psalm 90:2 (AV 1933/53) Psalm 102 : 5, 11 Preek: God bestaan [nog] [altyd] Gebed Kollekte Skrifberyming

Nadere informatie

MEKAAR-TEKSTE IN DIE BYBEL

MEKAAR-TEKSTE IN DIE BYBEL MEKAAR-TEKSTE IN DIE BYBEL Die tweede element van ons gemeentevisie is dat ons n hegte en insluitende geloofsfamilie sal wees. Hierdie reeks fokus op hierdie uiters belangrike deel van dissipelskap: Hoe

Nadere informatie

KERSFEES. SKRIFLESING: Matteus 2:1-12. TEKS: Matteus 2:11. Hierdie Kindjie is God en Koning oor alle nasies. Psalm 67 : 1, 2 1.

KERSFEES. SKRIFLESING: Matteus 2:1-12. TEKS: Matteus 2:11. Hierdie Kindjie is God en Koning oor alle nasies. Psalm 67 : 1, 2 1. KERSFEES SKRIFLESING: Matteus 2:1-12 TEKS: Matteus 2:11 TEMA: Hierdie Kindjie is God en Koning oor alle nasies Psalm 67 : 1, 2 1 Psalm 119 : 7 Psalm 66 : 2 Skrifberyming 45 (18-7) : 3, 10 Skrifberyming

Nadere informatie

Deur Christus Alleen

Deur Christus Alleen Gepubliseer op: Deur Christus Alleen Tuisblad van dr. A.H. Bogaards www.enigstetroos.org 1 Die 2016-proefvertaling getoets(2) Dr AH Bogaards 1. Inleidend Op die tuisblad van die vertalingsprojek (http://www.nuwekerkbybel.co.za)

Nadere informatie

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het SKRIFLESING: Galasiërs 6 TEKS: Galasiërs 6:7-8 TEMA: Die Here laat ons maai wat ons gesaai het Psalm 100 : 1, 3, 4 Psalm 50 : 11 Psalm 91 : 1 (na belydenisaflegging) Psalm 126 : 3 Skrifberyming 33 (2-4)

Nadere informatie

eboeke word ontwikkel en gratis verskaf deur die

eboeke word ontwikkel en gratis verskaf deur die Ons praat baie van dinge wat in verhouding tot mekaar is, sonder om dit regtig agter te kom! As jy byvoorbeeld sê dat jy twee van die ses stukke van n pizza geëet het, het jy n verhouding beskryf: Die

Nadere informatie

OPENBARING 21:9-10. Votum en seën. Psalm 122 : 1. Gebed. Psalm 46 : 1, 2. Skriflesing: Openbaring 21:1-21 (AV 1983/91)

OPENBARING 21:9-10. Votum en seën. Psalm 122 : 1. Gebed. Psalm 46 : 1, 2. Skriflesing: Openbaring 21:1-21 (AV 1983/91) OPENBARING 21:9-10 Votum en seën Psalm 122 : 1 Gebed Psalm 46 : 1, 2 Skriflesing: Openbaring 21:1-21 (AV 1983/91) Teks: Openbaring 21:9-10 (AV 1983/91) Preek: Die Here se toekoms vir ons Gebed Kollekte

Nadere informatie

Preek 2 oor gesag (vyfde gebod)

Preek 2 oor gesag (vyfde gebod) Preek 2 oor gesag (vyfde gebod) (Preek gelewer tydens gesamentlike erediens van Geref. Kerke Welkom en Welkom-Noord op Sondag 13 Augustus 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff Voor die erediens Sing: Lied

Nadere informatie

Leef uit jou Doop: 3.6 Die verband tussen die besnydenis en die doop

Leef uit jou Doop: 3.6 Die verband tussen die besnydenis en die doop Leef uit jou Doop: 3.6 Die verband tussen die besnydenis en die doop Leef uit jou Doop: 3.6 Die verband tussen die besnydenis en die doop Adrio König 3.6 Die verband tussen die besnydenis en die doop Ons

Nadere informatie

Die Groot Gebod dennis de wet

Die Groot Gebod dennis de wet Die Groot Gebod dennis de wet Die Groot Gebod Meester, wat is die groot gebod in die wet? En Jesus antwoord hom: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.

Nadere informatie

Goeie Konings, Slegte Konings

Goeie Konings, Slegte Konings Bybel vir Kinders bied aan Goeie Konings, Slegte Konings Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

TEKS: Handelinge 2:39 HK 27:74. Die Here se belofte geld ook vir die kinders van gelowiges

TEKS: Handelinge 2:39 HK 27:74. Die Here se belofte geld ook vir die kinders van gelowiges SKRIFLESING: Handelinge 2:37-47 TEKS: Handelinge 2:39 HK 27:74 TEMA: Die Here se belofte geld ook vir die kinders van gelowiges Psalm 90 : 1 Skrifberyming 15 (16-1) : 1, 2, 3 Psalm 90 : 9 1 Dit gebeur

Nadere informatie

WOORDSKOOL : DOOP VAN DIE GELOWIGES

WOORDSKOOL : DOOP VAN DIE GELOWIGES WOORDSKOOL : DOOP VAN DIE GELOWIGES Jesus Christus gee aan sy dissipels twee eenvoudige beelde aangaande twee groot waarhede van hul geloof. Die eerste was die doop as toonbeeld van die dood, begrafnis

Nadere informatie

23. Reëls vir die pad die padgebruikers

23. Reëls vir die pad die padgebruikers 23. Reëls vir die pad die padgebruikers Oorhoofse tema Die Here is saam met ons op pad. As die Padmaker het Hy vir ons tien padreëls of lewensreëls gegee sodat ons elke dag daarvolgens kan leef. Die eerste

Nadere informatie

Karl Barth was verleë en die nederige mens wat hy was, het geantwoord: Ja, ek ken hom. Ek skeer elke oggend sy baard.

Karl Barth was verleë en die nederige mens wat hy was, het geantwoord: Ja, ek ken hom. Ek skeer elke oggend sy baard. Handelinge 2:37-42 Vooraf Die konteks waarin ons vandag se erediens hou is drieledig: Dit is die derde Sondag van Paastyd ons fokus op Christus se opstanding Dit is Arbeidsondag ons fokus op die voorreg

Nadere informatie

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 13. TEKS: 1 Korintiërs 13:8. Die liefde bly vir ewig. Psalm 103 : 1, 2. Psalm 102 : 11, 12. Skrifberyming 21 (9-4) : 1, 6

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 13. TEKS: 1 Korintiërs 13:8. Die liefde bly vir ewig. Psalm 103 : 1, 2. Psalm 102 : 11, 12. Skrifberyming 21 (9-4) : 1, 6 SKRIFLESING: 1 Korintiërs 13 TEKS: 1 Korintiërs 13:8 TEMA: Die liefde bly vir ewig Psalm 103 : 1, 2 Psalm 102 : 11, 12 Skrifberyming 21 (9-4) : 1, 6 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Sb 33 (2-4) : 2 2 U ken

Nadere informatie

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES 1 BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES DIE HEILIGE GEES. Wie is die Heilige Gees? Wat is sy werk? Met hierdie twee vrae betree ons n terrein wat tot n sekere mate binne Gereformeerde kerkverband onder beklemtoon

Nadere informatie

Dooppreek Mika Bogaards

Dooppreek Mika Bogaards 1 Dooppreek Mika Bogaards Dr AH Bogaards 26 Junie 2016 Lees: Efesiérs 5:18-21; en 6:1-4 Teks: Efesiërs 5:18 en 6:1-4 Psalms: Ps. 105:1,2; 9:7; 32:1,3; 105:5,6; 84:1,2 1. Inleiding Julle het pas hierdie

Nadere informatie

TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5

TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5 SKRIFLESING: Matteus 5:1-12 TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5 TEMA: Verlossing kom nie uit ons nie. Psalm 138 : 3 Skrifberyming 16 (11-3) : 1, 4 Psalm 146 : 2, 5 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Ps 33 :

Nadere informatie

Preek 1 oor gesag (vyfde gebod)

Preek 1 oor gesag (vyfde gebod) 1 Preek 1 oor gesag (vyfde gebod) (Preek gelewer tydens gesamentlike erediens van Geref. Kerke Welkom en Welkom-Noord op Sondag 6 Augustus 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff Voor die erediens Sing: Lied

Nadere informatie

Preek Efesiërs 4:

Preek Efesiërs 4: 1 Preek Efesiërs 4:13 (Preek gelewer tydens gesamentlike erediens van Geref. Kerke Welkom en Welkom-Noord op Sondag 17 September 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff Voor die erediens Sing: Psalm 27-3:3,6

Nadere informatie

Webtuiste. E-pos: Sel: Wie is my Naaste MAT 22:36 MAT 22:37 MAT 22:38

Webtuiste.   E-pos: Sel: Wie is my Naaste MAT 22:36 MAT 22:37 MAT 22:38 Sakkie Parsons E-Pos Bediening Webtuiste. www.sakkieparsons.co.za My blog http://www.eposbediening.blogspot.com E-pos: sparsons@absamail.co.za Sel: 083 457 6669 Wie is my Naaste. Iemand skryf aan my die

Nadere informatie

Skriflesing: 1 Johannes 4:1-5:13 Teks: 1 Johannes 4:2-4; 9; 18-20; 5:12 Sing- Ps 65:2,3; Ps. 73:1,10; Ps. 66:7,9

Skriflesing: 1 Johannes 4:1-5:13 Teks: 1 Johannes 4:2-4; 9; 18-20; 5:12 Sing- Ps 65:2,3; Ps. 73:1,10; Ps. 66:7,9 1 Skriflesing: 1 Johannes 4:1-5:13 Teks: 1 Johannes 4:2-4; 9; 18-20; 5:12 Sing- Ps 65:2,3; Ps. 73:1,10; Ps. 66:7,9 1 Johannes 4:1-5:12 1Jn 4:1 Geliefdes, glo nie elke gees nie, maar stel die geeste op

Nadere informatie

Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)?

Wat beteken Christus is die einde van die wet (Romeine 10:4)? Les 11 vir 16 Desember 2017 Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)? Christus is die doel of die eindebestemming van die wet. Christus is die vervulling van die wet. Christus is

Nadere informatie

Die Kerk as staatskerk

Die Kerk as staatskerk Die Kerk as staatskerk Keiser Konstantyn die Grote Dit is die jaar 312 n.c. Die Romeinse keiser, Konstantyn, staan aan die oewer van die Tiberrivier. Hy is nie die enigste keiser van die Romeinse ryk nie.

Nadere informatie

Deur Christus Alleen

Deur Christus Alleen Gepubliseer op: Deur Christus Alleen Tuisblad van dr. A.H. Bogaards www.enigstetroos.org 1 Lees: Handelinge 3:1-4:12 Teks: Handelinge 4:9-12 H.K.: Sondag 11 Datum: 16 Oktober 2012 Ps's: Ps.118:1,2; 118:5,6;

Nadere informatie

Vir die Here is die hoofsaak dat ons sal glo en gehoorsaam.

Vir die Here is die hoofsaak dat ons sal glo en gehoorsaam. SKRIFLESING: Prediker 11:9 12:14 TEKS: Prediker 12:13 (OAV) TEMA: INHOUD: Vir die Here is die hoofsaak dat ons sal glo en gehoorsaam. Die hoofsaak Psalm 146 : 1, 4, 8 Psalm 19 : 7 Skrifberyming 12-3 :

Nadere informatie

1. So iets het ons nog nooit gesien nie Markus 2:1-12

1. So iets het ons nog nooit gesien nie Markus 2:1-12 1. So iets het ons nog nooit gesien nie Markus 2:1-12 Tema Jesus is God wat ʼn sondige verlamde man help en ons met hierdie Goeie Nuus na ander mense toe stuur. Só sal baie mense God prys. Agtergrond en

Nadere informatie

KOLOSSENSE 3:17 HK Sondag 36

KOLOSSENSE 3:17 HK Sondag 36 KOLOSSENSE 3:17 HK Sondag 36 Votum en seën Psalm 20 : 1, 2, 7 Gebed Skriflesing: Kolossense 3:1-17 (AV 1983) Belydenis: HK 36:99 Teks: Kolossense 3:17 (AV 1983) Psalm 118 : 5 Preek: God se kinders eer

Nadere informatie

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK U alleen is my krag en skild Aan U alleen wy ek nou myself U alleen is

Nadere informatie